South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2008 >> [2008] ZAGPHC 238

| Noteup | LawCite

Rennie v Rennie (3443/2008) [2008] ZAGPHC 238 (24 July 2008)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELING)

In die saak van RENNIE, ZELDA


SAAKNR.: 3443/2008






Applikant

en

RENNIE, MYLES PETER



Respondent





CORAM: EBERSOHN WR. AANGEHOOR OP 25 APRIL 2008 UITSPRAAK AFGEGEE OP 24 JULIE 2008











UITSPRAAK








EBERSOHN AJ.

[1] In hierdie aansoek doen die applikant in bede 1 aansoek vir »n bevel wat die respondent ter gevangesetting verwys weens beweerde minagting van die bevel verleen fn hierdie Hof deur Jooste WR op 23 Oktober 2007 onder saaknommer 43046/2007. Ek sal, gerieflikheidshalwe, wanneer ek na die ander verrigtinge tusen die partye verwys, steeds na hulle as die applikant en respondent, respektiewelik, verwys.



[2] Die applikante vra voorts in bede 2 dat die bevel na verwys in paragraaf 1 hierbo opgeskort word hangende verskeie handelinge wat sy van die respondent verg. (Sien Fakie NO v CCll Systems (Edms) Bpk. [2006] ZASCA 52; 2006 (4) SA 326(SCA)).



[3] In smeekbede 3 vorder die applikante 'n bevel wat die applikante magtig om, as die bevel in smeekbede 1 verleen word en die respondent kom nie haar eise soos in smeekbede 2 uiteengesit word, na nie, sonder verdere stukke die Griffier van hierdie Hof kan nader om 'n lasbrief vir die respondent se gevangesetting uit te reik.



[4] In smeekbede 4 vorder die applikante die koste van die aansoek op die skaal van prokureur en eie klient.



[5] Volgens die stukke is die applikante en die respondent getroud met mekaar. Hulle het 'n duur woning aangeskaf en redelik luuks geleef want albei van hulle het 'n inkomste gehad wat hulle gepoei en dan gebmik het ter vereffening van hul gesamentlike maandelikse verpligtinge. Volgens die stukke het die applikante egter 'n liefdesverhouding met iemand anders aangeknoop en by horn ingetrek. Die poel van fondse geskied derhalwe nie meer nie of nie meer in die mate soos tevore nie. Die gevolg is dat die respondent in die duur huis sit waarvoor daar volgens adv. Els, wat vir die respondent verskyn het, tans nie !n mark is nie vanweë die algemene swak aanvraag vir huise. Boonop het die respondent aksie ingestel teen die applikante se nuwe minnaar. Dit het blykbaar die toorn van die applikante verwek as gelet word op watter venynige wyse die applikante hierdie aansoek teen die respondent gebring en voortgesit het.




[6] Vir sover nodig word die respondent se versuim om sy verklarings betyd in te dien gekondoneer.




[7] Dit is nodig om na sekere eienaardighede in hierdie aansoek te verwys.

[8] Dit blyk dat die respondent tevore verrigtinge teen die applikante in tenne van reel 43 onder saaknommer 43046/07 aanhangig gemaak het in hierdie Hof.



[9] Op 23 Oktober 2007 het 'n sekere adv. Marinda Veldsman, in opdrag van prokureurs Weavind & Weavind, namens die respondent verskyn voor Jooste WR en daar 'n skikkingsakte van die reel 43-aansoek aangegaan met die applikante se regsverteenwoordigers. Die skikkingsakte is 'n bevel van die Hof gemaak deur Jooste WR.



[10] Op haar brevet verskyn 'n aantekening deur adv.Veldsman soos volg : "23/10 - aansoek tussen advokate geskik plus bevel soos gegee aan u Jolindie, baie dankie."




[11] Daarna het blykens die korrespndensie wat by die stukke aangeheg is,'n sekere D.R. Manley, 'n direkteur van Weavind & Weavind, die respondent se destydse prokureurs, 'n gesprek met adv. Veldsman gehad die middag van 23 Oktober 2007 waartydens Manley vir Veldsman gevra het of sy 'n mandaat gehad het om die saak te skik op die basis waarop dit geskik is waarop Veldman horn op 'n aggressiewe wyse meegedeel het dat as hy en die respondent nie tevrede is nie hulle die saak met die Balieraad kon opneem en sy het ook, klaarblyklik met bravade gevul, besonderhede van persone by die Balie gegee by wie so'n klagte aanhangig gemaak kon word. Manley het ook 'n sterk skrywe aan adv. Veldsman gerig waarin daar pertinent aan haar uitgewys was dat sy 'n skikking tot ernstige nadeel van die respondent aangegaan het sender magtiging van Manley wat deurgaans beskikbaar op die telefoon was. Hy verg daarin ook van haar 'n verduideliking vir haar optrede. Sy het het blykbaar geen skriftelike verduideliking gegee nie. Volgens die stukke het Manley die aangeleentheid na die Balieraad verwys maar aangesien die stukke verder swyg daaroor sal hierdie Hof dit in elk geval na die Balieraad verwys.



[12] Hierdie skikkingsakte het vir die respondent sekere ernstige finansiele verpligtinge meegebring wat, volgens horn, hy nie kan nakom nie. Adv. Els het in antrwoord op sekere kommentaar en vrae van die Hof geantwoord dat sy klient, die respondent, nie oor die finansies beskik om 'n substantiewe tersydesteliinsaansoek te bring nieen eerder'n aoedkoper .

en vinniger metode om die skade ongedaan te maak, naamlik 'n beroep op die onderhoudshof, gevolg het.




[13] Dit is gemeensaak dat na die verlening van die bevel deur Jooste WR en nadat die respondent nie die verpligtinge horn opgele deur die skikking kon nakom nie, die applikante 'n lasbrief ter uitwinning teen die respondent uitgereik het en beslag geie het op die meubels in die luukse huis.




[14] Op 4 Desember 2007 het Van der Merwe & Associates, die respondent se nuwe prokureurs, nadat Weavind & Weavind hulle aan die saak onttrek het, 'n lang skrywe gerig aan Couzyn, Hertzog & Horak, die applikante se prokureurs waarin hulle 'n duidelike uiteensetting gegee het van die finansiele penarie waarin die respondent horn bevind het na die ongemagtige "skikking" van die reel 43-aansoek deur adv. Veldsman welke skikking besig was om die respondent fmansieel te ruineer.




[15] In die gemelde skrywe word ook duidelik uiteengesit dat die respondent - finansieel nie in staat is om die seldelike las wat die ongemagtigde skikking horn meegebring het, na te kom nie.



[16] In die skrywe bied prok. van der Merwe aan om prok. de Jager van Couzyn, Hertzog & Horak by lg. se kantoor te gaan besoek sodat die saak tusen die prokureurs bespreek kan word.




[17] Op 24 Januarie 2008 het die applikante se prokureurs egter die onderhawige minagtingsaansoek uitgereik.




[18] Op 4 Maart 2008 het die respondent se prokureurs 'n antwoord ontvang op hul skrywe vanaf prok. de Jager van Couzyn, Hertzog & Horak welke skrywe soos volg lees:



MOns het u rweede, sonder benadeling van regte skrywe, baie kortliks met ons klient bespreek. U klient se voorstelle is sodanig onredelik dat ons klient nie eers kan oonveeg om die saak op die basis soos deur horn voorgestel te skik nie/'

Geen teenvoorstelle blvk uit die skrywe nie.



[19] Volgens adv. Els dien die aansoek voor die onderhoudshof in Junie van hierdie jaar.



[20] Mnr. Botes, wat namens die applikante verskyn het, het geargumenteer dat 'n opgeskorte gevangesettingbevel verleen moes word en hy het geargumenteer dat die respondent in luuksheid leef in die duur huis. Dit was ook verstommend om te hoor, tydens sy argument, dat die respondent se optrede om in die luukse huis aan te bly as tekenend van 'n beweerde algemene laakbare gedrag aanvaar moes word deur hierdie Hof terwyl op feite en waarskynlikhede die respondent bloot daar aangebly het om die plek op te pas totdat 'n geskikte koper opdaag anders sou dit spoedig gevandaliseer en deur plakkers betrek word.



[21] Mnr. Els, wat namens die respondent verskyn het, het geargumenteer dat alvorens die aansoek gebring was die applikante geweet het dat die respondent nie die finansiele verpligtinge sou kon nakom nie (Sien Nod Lancaster Sands (Edms) Beperk v Theron 1974 (3) SA 688(T) op 692 E - G) maar dat die applikante uit nyd die aansoek gebring het en dat die aansoek afgewys behoort te word aangesien 'n bevoeade hof, naamlik die onderhoudshof, alreeds bevange is met die saak. Hy het voorts searsumenteer dat daar in elk seval feiteseskille is en as die Hof nie die aansoek afwys nie, die saak vir getuienis verwys behoort te word.




[22] Hierdie Hof is nie tevrede met die toedrag van sake nie en ook nie met die finansiele aspekte soos deur die partye geskets nie en daar is gewis ernstige feitegeskille. Wat egter duidelik is, is dat die applikante heel haastig, met die wete dat die respondent nie uit sy eie inkomste die voile maandelikse laste kon delg nie, dat die "skikking" in die gedrang is en dat 'n bevoegde hof, naamlik die onderhoudshof, alreeds bevange is met die saak. die minagtingsaansoek gebring het. Sy moes besef het en moes ook so geadviseer gewees het dat dit nie raadsaam was om onder die heersende omstandighede die minagtingsaansoek te bring nie maar die partye moes eerder op 'n rasionele wyse kopppe bymekaar te gesit het om die finansiele aspekte sinvol op te los.

[23] Dit is duidelik dat die applikante haar nie gekvvyt het van die bewyslas nie en nie 'n saak van opsetlike minagting van die Hof teen die respondent uitgemaak het nie en behoort te geweet het dat sy nie daarin sou slaag nie maar sy het desondanks voortgestorm in haar klaarblyklike toornagtigheid jeens die respondent. Hierdie Hof sal horn nie laat misbruik deur 'n party om kleinlike vetes te besleg nie. Die applikante moet haarself tot besinning ruk en haar prokureur moet noulettend sy eie posisie oorweeg in sulke gevalle.



[24] As gevolg van die laakbare gedrag van die applikante sal die Hof 'n bestraffende kostebevel teen haar maak.



[25] Die Griffier sal ook gelas word om hierdie uitspraak aan die Balieraad te stuur sodat die optrede en gedrag van adv. Veldsman ondersoek kan word as dit nie alreeds sedoen word nie.

<—-




[26] Die volgende bevel word gemaak:

  1. Die respondent se versuim om tydiglik sy verklarings in te dien word gekondoneer.

  2. Die applikante se aansoek word afgewys.

  3. Die applikante moet die respondent se koste op die skaal van prokureur en klient betaal

  4. Die Griffier word gelas om 'n afskrif van die stukke in hierdie saak en van hierdie uitspraak aan die Balieraad van Pretoria te stuur om adv. Veldsman se optrede en gedrag te ondersoek as dit nie alreeds sedoen word nie.
















.Z. EBBRSOHN

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOGGEREGSHOF



Applikant se advokaat Applikant se prokureurs




Respondent se advokaat Respondent se prokureur

Adv. F. Botes Couzyn, Hertzog & Horak (Verw. Mnr. de Jager) Adv. A.P.J. Els Van der Merwe & Associates