South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2008 >> [2008] ZAGPHC 263

| Noteup | LawCite

Van Rooyen v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en 'n Ander (36950/2005) [2008] ZAGPHC 263 (21 August 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


LVS
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNOMMER: 36950/2005
DATUM: 21/08/2008
ONRAPORTEERBAAR






In die saak tussen:


PHILIPPUS PETRUS VAN ROOYEN                                EISER
Vs
MINISTER VAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT EERSTE VERWEERDER
KAPTEIN MF MOLAPO                                   TWEEDE VERWEERDER
______________________________________________________________
UITSPRAAK

BOTHA R:

         Die eiser eis R210 000.00 weens onregmatige arrestasie en aanhouding.

         Die eerste verweerder is die minister van Veiligheid en Sekuriteit en die tweede verweerder is Kaptein (nou senior superintendent) M.F Molapo.

         Die eis i
s gebaseer op twee arrestasies, die eerste op 25 November 2004 en die tweede op 17 Desember 2004.
Daar word beweer dat albei arrestasie deur die tweede verweerder uitgevoer is en dat albei sonder `n lasbrief uitgevoer is.

In die geval van die arrestasie op 25 November 2004 word daar beweer dat die eiser gearresteer is weens die beweerde onwettige besit van wapens en ammunisie, dat hy aangekla is, na d
ie landdroshof te Mahwelereng geneem is en op borgtog vrygelaat is.

Die tweede
arrestasie het na bewering om 8h15 by die polisie kantoor te Mokopane plaasgevind. Daar word beweer dat die eiser tot ongeveer 18h00 aangehou is en toe op waarskuwing vrygelaat is. Hy is aangekla van die diefstal, alternatiewelik nalatige verlies van vuurwapens.

Daar word beweer dat die arrestasies onregmatig was omdat die eiser sonder `n geldige lasbrief gearresteer is, alternatiewelik onder omstandighede waar die tweede verweerder moes geweet het dat die lasbrief ongeldig was.

Daar word beweer dat die aanklagte teen die eiser in Mei 2005 teruggetrek is en dat geen vervolging teen hom ingestel is nie.

Die bedrag van R210 000.00 word as volg saamgestel:
Arrestasie op 25 November 2004: R50 000.00
Arrestasie op 17 Desember 2004: R60 000.00
Kwaadwillige vervolging na arrestasie R50 000.00
                                             ___________
                                                      R 210 000.00
         Ten aansien van die eerste arrestasie word daar gepleit dat die eiser deur inspekteur Dima gearresteer is. Daar word erken dat hy sonder `n lasbrief arresteer is, maar daar word beweer dat die eiser die misdryf in die teenwoordigheid van inspekteur Dima gepleeg het.

Ten aansien van die tweede arrestasie word dit beweer dat dit uit hoofde van `n lasbrief plaasgevind het en wel om 11h15. Die lasbrief was net vir die nalatige verlies van vuurwapens.

Daar word gepleit dat die eerste arrestasie regmatig was omdat die inspekteur `n redelike vermoede gehad het dat die eiser sonder lisensie in die besit van vuurwapens en ammunisie was.

Daar word beweer dat
die tweede arrestasie regmatig was omdat dit uit hoofde van `n wettige lasbrief geskied het.

Daar word erken dat die aanklagte teen die eiser teruggetrek is.


In sy repliek ontken die eiser dat enige lasbrief ooit aan hom getoon is.

In die voorverhoornotule is sekere erkennings geboekstaaf, onder andere:
(a)     
dat die eerste arrestasie sonder `n lasbrief geskied het.
(b)      dat die tweede arrestasie met `n lasbrief geskied het.
(c)      dat die Suid Afrikaanse Polisie op 11 Desember 2003 beslag gel het op wapens wat in die name van wyle mnr Ricci en mev Ricci geregistreer was.
(d)      Dat die eiser tydens beslaglegging in fisiese beheer van die wapens was in die sin dat hy die sleutel tot mev Ricci se kluis gehad het.
(e)      dat die betrokke polisiemanne deurgaans binne hulle diensbestek opgetree het.

`n Hofbundel, gemerk A, is ingehandig. Daar is erken dat die dokumente daarin vervat, is wat hulle voorgee om te wees.

Die bundel is ingehandig op die grondslag dat net dokumente waarna in getuienis verwys word, voor die hof sou wees.

Die eiser het self getuig
het en sy swaer, mnr A.J Geldenhuys, as getuie geroep.

Namens die
verweerder het getuig superintendent Molapo, (na wie ek voorheen as kaptein Molapo sal verwys) en kaptein Dima

Die eiser het getuig dat hy vir mnr Ricci as plaasbestuurder gewerk het. Mnr Ricci is in 2001 oorlede. Daarna het hy vir mev Ricci gewerk. Hy het gewoon in `n woonhuis ongeveer sewe kilometer van mev Ricci se huis.

In mev Ricci se huis was `n inloop kluis waarin daar `n groot versameling vuurwapens was.

Op 12 August
us 2003 het `n superintendent Louw die versameling kom inspekteer. Hy het afskrifte van die lisensies van die wapens met hom geneem.

Op 11 Desember 2003 het die tweede verweerder op die plaas opgedaag. Hy wou na die wapens kyk. Hy wou hom nie eers toelaat nie, maar na `n gesprek met superintendent Louw het hy hom toegelaat.

Mev Ricci was oorsee maar hy het `n bos sleutels gehad wat ook die sleutel van die kluis bevat het. Die tweede verweerder het toe op die wapens beslag gel en hulle verwyder.

Die volgende dag het hy by die polisie stasie `n afskrif van die SAP 13 inskrywing ontvang. Dit toon 73 vuurwapens. Sien A38-41.

Op 25 November 2004 het kaptein Molapo vroeg die oggend by die plaas opgedaag en hom gearresteer weens die onwettige besit van vuurwapens.

Hy is geneem na die Tin Myn
e polisie stasie waar sy vingerafdrukke geneem is en toe na die hof op Mahwelereng waar hy die middag op R4 000.00 borgtog vrygelaat is nadat die saak tot 28 Februarie 2005 uitgestel is.

Geen waarskuwingsverklaring is van hom geneem nie. Geen lasbrief is aan hom getoon nie.

Die Donderdag 16 Desember 2004 het kaptein Molapo hom gebel en gevra of hy die volgende dag na die polisie stasie te Mokopane sou kom.

Die volgende dag was hy om 8h15 daar. Kaptein Molapo het hom gearresteer maar geen rede verstrek nie. Hy is geen lasbrief getoon nie. Hy is om 9h30 na `n sel geneem en om 10h45 uitgehaal. Hy is ges dat daar na twee wapens gesoek word. Eers is sy huis deursoek. `n Kommando wapen waarvoor hy `n permit gehad het, is gevind. Hy het die permit getoon.

Toe is hulle na mev Ricci se huis. Mev Ricci was nie daar nie. Hy het nie die sleutels gehad nie. Toe hy gevra is om die huis oop te maak, het hy ges dat hy nie die sleutels gehad het nie en dat hulle by sy huis was. Kaptein Molapo het ges dat hy nie tyd gehad het om vir die sleutels te wag nie. Hy het toegang verkry deur `n venster te breek. Kaptein Molapo wou toe h dat hy die kluis moes oopmaak. Hy het ges dat mev Ricci die sleutel gehad het.
Kaptein Molapo het `n slotmaker gehad om die kluis oop te maak. Hulle kon die kluis nie oopkry nie.

Hy is toe na die Tin Myn
e polisie stasie geneem waar hy van die diefstal van vuurwapens aangekla is. Daarna is hy geneem na die hof op Mahwelereng. Sy swaer het daar opgedaag em met kaptein Molapo oor borgtog onderhandel. Na `n lang ruk is hy op sy eie verantwoordelikheid vrygelaat.

Hy is ges om Maandag 20 Desember 2004 by die hof te wees. Die saak is toe tot 28 Februarie 2005 uitgestel.

Mev Ricci het gereeld oorsee gegaan en die plaas in sy toesig gelaat. Hy het geweet van die wapens.

Hy was op geleentheid in die kluis maar nie in verband met die wapens nie. Hy het geen opdragte in verband met die wapens van mev Ricci ontvang nie. Hy was self tot 1995 in die polisie.

Hy het nie geweet dat `n persoon sonder skriftelike magtiging iemand anders in besit van wapens kan laat nie. Hy het nie toestemming van mev Ricci gehad om vuurwapens
te verwyder nie. Hy sou dit kon doen omdat hy die sleutels gehad het.

Op 11 Desember 2003 was kaptein Molapo alleen op sy plaas. Hy was nie bewus van die bewerings dat daar snags op die plaas geskiet is nie. Kaptein Molapo het homself nie identifiseer nie.

Op die ou end het hy sy getuienis gekorrigeer en erken da
t hy op 25 November 2004 na Mokopane polisie stasie gegaan het en daar gearresteer is. Daarna is hy na die Tin Myne polisie stasie geneem. Kaptein Molapo het hom na Tin Myne vervoer. Van die hof is hy terug met sy prokureur.

Hy was nie daarvan bewus dat twee haelgewere waarvoor daar lisensies was, nie gevind kon word onder die wapens waarop beslag gel is nie.

Mev Ricci het nie weer die kluis se sleutel vir hom gegee na die beslaglegging nie. Sy het besluit om dit by haar te hou. Sy het ook juwele in die kluis gehad.

Hy het ontken dat kaptein Molapo op 16 Desember 2004 op die plaas was. Hy het sy handtekening op `n waarskuwingsverklaring gedateer 17 Desember 2004
(A67) bevestig. Om 11h20 toe die verklaring na bewering voltooi is, was hulle op pad na die plaas.

Hy het ontken dat die lasbrief, A68, ooit aan hom getoon is. As hy in besit van die wapens was, het hy nooit geweet dat dit onwettig was nie.

Hy is nooit ges dat twee wapens weggeraak het nie. Hy het ontken dat hy nooit in `n sel was nie. Hy was by die polisie stasie in `n sel. Hy is nooit geboei nie.

Mnr A.J Geldenhuis het getuig dat hy na `n mededeling van die eiser op 17 Desember 2004 vroeg die oggend na die polisie stasie te Mokopane is. Hy het die eiser in die teenwoordigheid van kaptein Molapo en ander polisie manne aangetref. Kaptein Molapo het die eiser se selfoon geneem, en hom arresteer. Kaptein Molapo het die eiser na die polisie stasie geneem en later alleen uitgekom. Kaptein Molapo wou nie vir hom s waaroor hy die eiser arresteer nie. Hy is in die polisie stasie in en het gesien dat die eiser in die aanhoudingsel was. Hy is toe buite toe om met kaptein Molapo borgtog te re l. Kaptein Molapo het hom na `n ander lid verwys. Toe hy weer sien was almal weg, insluitende die eiser. Op die ou end het hy
hulle by die hof te Mahwelereng opgespoor. Op `n stadium het hy met die aanklaer, mev Pretorius, oor die telefoon gepraat met die oog op `n borg aansoek. Hy het die telefoon op `n stadium aan kaptein Molapo oorhandig. Dit het geklink of daar `n argument tussen hom en die aanklaer was.

Kaptein Molapo het gedreig om die eiser oor die naweek aan te hou. Hy het ges dat die eiser `n ongelisensieerde R4 geweer in sy huis gehad het. O
p die ou end is die eiser om 18h00 vrygelaat.

Hy het bevestig dat hy kaptein Molap
o van Middelburg ken waar hulle kollegas was.

Hy het op sy ho
rlosie gekyk toe die eiser om 9h30 gearresteer is. Hy het bevestig as iemand in `n sel aangehou word, moet daar `n aantekening wees in die voorvalle boek (SAP10) en die sel register (SAP14). Van die hof het die eiser met hom teruggery.

Die tweede verweerder het getuig dat hy verbonde was aan `n spesiale eenheid wat met vuurwapens belas was. Hulle het versamelaars van vuurwapens besoek. Hy het mnr Ricci by sy geregistreerde adres in Midrand probeer besoek en verneem dat die wapens nou op die plaas was.

Op 11 Desember 2003 is hy na die plaas. Hulle was 12 lede van sy eenheid. Nog 4 lede van Mokopane het
hulle by hulle aangesluit. Hy het hom aan die eiser voorgestel en sy aanstellingsertifikaat getoon. Na hy beslag op die vuurwapens gel het, het hy die eiser gevra of hy `n magtiging gehad het.

Hy moes by die plaaslike distriksvuurwapen offisier `n magtiging gekry het om die wapens te stoor. Die eiser het ges dat hy dokumente het maar dat hulle nie byderhand is nie. Hy het hom versoek om die dokument vir hom te bring. A3 is `n voorbeeld van so `n vorm.

Die vuurwapens is ingeboek in die SAP13. Die eiser het die volgende dag `n afskrif van die SAP13 inskrywing gekry. Hy het nooit `n afskrif van enige magtiging gekry nie.

Op 25 November 2004 het hy die eiser volgens afspraak by Tin Myn
e ontmoet. Die eiser was van sy prokureur vergesel. Hy is gearresteer omdat hy versuim het om `n magtiging te bring.

A34-37 is die waarskuwingsverklaring wat van die eiser geneem is. Die eiser is met sy eie voertuig na die hof. Hy was nie geboei of in `n sel aangehou nie. Daar was nie beswaar teen borgtog nie.

Intussen het die mense van die distrikskantoor ontdek dat daar 2 vuurwapens kort.

Op 16 Desember 2002 het hy die eiser gesien en hom meegedeel dat hy `n arrestasie lasbrief het van die twee vermiste vuurwapens. Hy wou die kluis laat oopmaak maar die eiser het ges dat hy nie `n sleutel het nie. Hy het `n slotmaker gekry wat op die ou end die kluis oopgemaak het. Daar was niks daarin nie. Toe is hy na die eiser se huis. Die eiser het ges dat hy nie vuurwapens het nie, maar hy het `n R1 geweer gekry. Hy het daarop beslag gel . Die eiser het ges dat di
t `n kommando geweer is. Om 21h00 die aand het hy die eiser versoek om die volgende oggend om 9h00 by Tin Myne te rapporteer.

Die volgende oggend was die eiser daar en hy het `n waarskuwingsverklaring (A68) geneem na hy gearresteer i
s. Sy prokureur was by. Om 11h20 was hulle klaar. Hulle is toe na die hof. Die eiser het in sy bakkie gery. Hy het vir die aanklaer ges dat die saak gekoppel is aan die ander saak en die saak is ook na 28 Februarie 2005 uitgestel. Die eiser is gewaarsku.

Die eiser was nooit in die selle nie. As hy in die selle was sou dit aangeteken gewees het. Hy was nie op 17 Desember 2004 op die plaas nie. Die eiser het heeltyd saamgewerk.

Hy ken mnr Geldenhuys baie goed. Hy het hom nie op 17 Desember 2004 gesien nie. Die saak teen die eiser is teruggetrek omdat mev Ricci nie teruggekeer het nie.


Hy het ontken dat hy met die aanklaer op mnr Geldenhuys se selfoon gepraat het.

Toe hy verwys is na A5, `n skrywe van superintendent Louw oor `n wapen inspeksie, het hy geantwoord dat superintendent Louw se inspeksie ongeldig was omdat dit buite sy gebied was.

Hy is verwys na A71 waarvolgens dit blyk dat dit op 9 November 2004 vasgestel is dat twee vuurwapens vermis is.

Hy het bevestig dat die tweede dossier op 12 November 2004 geopen is. Sien A61.

Hy is gevra hoekom hy nie in die dossier geskryf het dat hy op 16 Desember 2004 na die plaas toe is nie. Sien A90. Hy het geantwoord dat hy dit in sy dagboek geskryf het.

Hy is gevra hoekom hy nie in sy verklaring
dit gemeld het dat daar klagtes was dat daar snags op die plaas geskiet word. Hy het geantwoord dat dit was omdat die bewerings hoors was.

Dit is aan hom gestel dat daar geen rede was om die eiser op 17 Desember 2004 te arresteer nie omdat hy reeds op die eerste saak moes verskyn. Hy het geantwoord dat daar `n lasbrief was en dat hy dit nie kon kanselleer nie.

Die ondersoek in verband met die vuurwapens waarop beslag gel is, was `n lang proses. Hy het verskeie telefoniese navrae aan die eiser gerig oor sy magtiging.

As die eiser vir hom op 16 Desember 2004 ges het dat die sleutels van mev Ricci se huis by sy huis was, sou hy dit laat haal het. Hy het onthou dat hulle eers die eiser se huis deursoek het.

Hy is verwys na die tweede waarskuwings
verklaring wat te Potgietersrus (Mokopane) afgel is. Sien A63 en A67. Hy het verduidelik dat Tin Myne in die gebied van Potgietersrus val.

Inspekteur Dima het by hom opdrag ontvang oor die eerste arrestasie. Sy was albei geleenthede op die plaas. Dit is aan hom gestel dat die eiser nie `n versamelaar was nie en dat hy nie `n magtiging hoef te gehad het nie. Hy het geantwoord dat hy `n polisieman was, en nie `n gewone lid van die publiek nie.

Kaptein Dima (destyds `n inspekteur) was teenwoordig by al die geleenthede waarby kaptein Molapo betrokke was.

Sy het bevestig dat hulle op 11 Desember 12 persone was. Hulle is
soontoe oor inligting dat daar snags geskiet word. Sy het `n klomp vuurwapens gesien en gewonder of hulle wettig besit word. Sy het nie die gesprek tussen die eiser en kaptein Molapo gehoor nie.

Op 25 November 2004 was sy betrokke by die arrestasie van die eiser. Kaptein Molapo het haar gevra om die waarskuwingsverklaring af te neem.
Kaptein Molapo het die eiser gearresteer.

Twee weke later, sy dink op 16 Desember 2004, was sy weer saam na die plaas. Kaptein Molapo het die eiser gevra om die huis oop te maak. Daar was nie `n sleutel nie. Na `n gesukkel is hulle in die huis. `n Slotmaker is ontbied om die kluis oop te maak. Daarna is die eiser se huis deursoek en `n geweer is gevind.

Sy het bevestig dat sy die applikant was in die aansoek om `n lasbrief, A68. Sy het die aansoek gedoen op instruksies van kaptein Molapo.

Sy was teenwoordig toe die eiser op 17 Desember 2004 gearresteer is. Hy is by Tin Myne polisie stasie gearresteer.

Sy het bevestig dat sy niks op eie inisiatief gedoen het nie.
Sy het in opdrag oorgetree.

Sy het nie gehoor dat die eiser s dat hy `n permit het nie. Kaptein Molapo het ges hulle moet die vuurwapens
verwyder totdat `n permit gebring word.

Op 25 November 2004 het sy die eiser en kaptein Molapo by die polisie stasie gekry. Die eiser was reeds gearresteer.

Sy het na Desember 2003 self geen kennis opgedoen oor of die eiser `n permit gehad het nie. Sy weet nie of die eiser op 17 Desember 2004 in sy eie voertuig na die hof gery het nie. Daar was `n privaat bakkie. Sy het sy prokureur gesien. Daar was ook onbekende privaat mense. Sy weet nie of die eiser by Mokopane in die selle was nie.

Dit som die getuienis in bre trekke op.

Daar is heelwat feite in geskil waarvan baie nie belangrik is. Dit is byvoorbeeld nie belangrik of mev Ricci se huis voor die eiser se huis deursoek is en of die slotmaker die kluis kon oopkry of nie.

Die belangrikste feite in geskil het betrekking op die tweede arrestasie: of daar `n besoek aan die plaas op 16 Desember 2004 was en of alles op 17 Desember 2004 gebeur het; en of die eiser in `n sel aangehou is.

Die getuienis van mnr Geldenhuis is hier van belang. Sy getuienis was baie pertinent dat hy teenwoordig was. Hy het `n rol gespeel om borgtog te probeer re l. Hy het `n gesprek met `n aanklaer gehad en selfs die telefoon aan kaptein Molapo oorhandig. Dit is nooit in kruisverhoor ontken nie. Dit is duidelik dat hy en kaptein Molapo mekaar goed geken het. Opvall
end is die feit dat kaptein Dima s dat daar op die dag behalwe die eiser se prokureur ander burgerlike persone teenwoordig was.

Die inskrywing in die ondersoek dagboek op 16 Desember 2004 (sien A90) is meer te rym daarmee dat daar nie op daardie dag `n besoek aan die plaas was nie en dat alles op 17 Desember 2004 plaasgevind het.

Die feit dat die waarskuwingsverklaring wat op 17 Desember 2004 afgeneem is, voorgee om op Potgietersrus afgeneem te gewees het, staaf die eiser se weergawe dat hy op Mokopane gearresteer is. Die verduideliking van kaptein Molapo dat Tin Myne in die gebied van Potgietersrus val, is onoortuigend. Die waarskuwingsverklaring wat op 25 November 2004 by Tin Myne geneem is (A34-37) is `n gedrukte Tin Myne vorm.

Om al hierdie redes is ek van oordeel dat die waarskynlikhede die eiser se weergawe oor die gebeure op 17 Desember 2004 begunstig. Vir soverre sy weergawe nie strook met die tye aangedui op die waarskuwingsverklaring nie, mag hy hom oor die tye vergis het.

Teen die agtergrond van hierdie feite bevinding sal ek nou die regmatigheid van die twee arrestasies behandel.

Daar is `n weerspreking tussen kaptein Mol
apo en kaptein Dima oor wie die eiser op 25 November gearresteer het. Die eiser bevestig eintlik dat dit kaptein Molapo is.

Mnr Holland-M tter het o
p die basis dat dit kaptein Dima is wat die eiser gearresteer het, betoog dat sy geen kennis gehad het op grond waarvan sy die eiser kon gearresteer het nie. Na my mening dui die waarskynlikhede daarop dat kaptein Molapo die arrestasie uitgevoer het. Hy het duidelik persoonlike kennis van die saak gedra.

Ek verstaan nie hoe kaptein Molapo `n redelike verdenking kon gehad het dat die eiser die vuurwapens besit het net omdat hy die sleutels van mev Ricci se huis gehad het nie. Die besit of oorhandiging van sleutels kan soms `n simboliese betekenis h . In hierdie geval is die getuienis niks meer as dat die eiser in die afwesigheid van mev Ricci die sleutels van haar huis gehad het. Hy het nie daar gewoon nie. Hy het 7
kilometer verder gewoon. Hy was die plaas bestuurder. Hy het geen reg gehad om die kluis te betree en die inhoud daarvan te hanteer nie. Mnr Coetsee, wat namens die verweerders verskyn het, het verwys na S v Mnguni 1962(3) SA 662N waar bevind is dat `n vrou besit gehad het van vuurwapens van haar man wat in hulle kluis was. Die hof se bevinding was daarop gebaseer dat die vrou in beheer van die vuurwapens was in die sin dat sy hulle kon hanteer. Hierdie geval is meer analoog aan die feite van R v Kay 1957(1) SA 242T waar die hof die oppasser van `n huis as `n waghond beskou het. In die voorbeeld genoem op 246 G- 247 P, het die hof dit duidelik gemaak dat `n oppasser van `n huis wat weet dat daar `n vuurwapen in die huis is, maar wat nie die reg het om dit te hanteer nie, dit nie besit nie. Op daardie basis meen ek dat die eerste arrestasie nooit regmatig kan wees nie.

Al fouteer ek in die verband meen ek dat die arrestasie onregmatig was omdat daar eenvoudig geen rede was om die eiser te arresteer ten einde hom voor die hof te kry nie.
Hy het `n vaste adres gehad. Hy het `n vaste werk gehad. Sy vrou was trouens `n burgerlike in diens van die Suid Afrikaanse Polisie te Mokopane. As gesag hiervan verwys en na Louw v Minister of Safety and Security 2006(2) SASV 178T op 185b-187g en die gesag daar aangehaal.

Dieselfde sal met meer krag geld vir die tweede arrestasie. Op daardie stadium was die eiser reeds uit op borg en d
ie eerste aanklag was uitgestel tot 28 Februarie 2005. Dit was kennelik die oogmerk dat die tweede aanklag saam met die eerste aanklag verhoor moes word, want dit is uitgestel 28 Februarie 2005.

Daar was dus geen re
de om die eiser op die tweede aanklag te arresteer net om hom te waarsku om op 28 Februarie 2005 in die hof te wees nie. Hy moes alreeds op daardie dag in die hof verskyn.

Kaptein Molapo se getuienis dat die eiser op 17 Desember 2004 gearresteer moes word omdat
die lasbrief nie gekanselleer kon word nie, maak geen sin nie. In elk geval is die lasbrief op 30 November 2004 verkry, nadat die eerste saak alreeds uitgestel is na 28 Februarie 2005 en die eiser op borgtog van R4 000.00 vrygelaat is.

Afgesien hiervan is daar die feit dat daar op die feite tot kaptein Molapo se beskikking geen rede was om te aanvaar dat die eiser verantwoordelik was vir die feit dat daar twee lisensies was waarvoor daar nie vuurwapens gevind kon word nie.

Mnr Coetsee het betoog dat `n landdros die lasbrief uitgereik het en dat die eiser moet bewys dat sy uitoefening van sy diskresie verkeerd was. Dit is so dat die eiser nie die feite wat voor die landdros gedien het voor hierdie hof geplaas het nie.

Hierdie hof weet
egter uit die getuienis van kaptein Molapo wat die somtotaal van die getuienis is wat voor die landdros geplaas kon gewees het. Dit regverdig geensins die afleiding, as `n redelike vermoede, dat die eiser twee vuurwapens laat wegraak het nie.

Gevolglik moet ek bevind dat ook die tweede arrestasie onregmatig was.

Dit bring my by die kwessie van die kwantum.

Die eerste arrestasie het nie gepaard gegaan met enige aanhouding in `n sel nie. Dit het eintlik, uiterlik gesien, nie veel verskil van `n situasie waar `n persoon vrywilliglik die polisie na die hof vergesel nie. Daar is geen getuienis dat die eiser aan enige vernederende behandeling bloot gestel is nie.

Die geval van die tweede arrestasie is anders. Die vryheidsberowing was meer langdurig en dit het gepaardgegaan met aanhouding in `n sel. Andersins is die appellant nie geboei en aan openbare vernedering bloot gestel nie.

Mnr Holland-M tter het verwys na Minister of Safety and Security v Seymour 2006(6) SA 320 HHA en betoog dat die hof vir die twee arrestasies saam `n bedrag van R100 000.00 moet toestaan.

Vir sover soortgelyke toeken
nings leiding aan `n hof te bied vind ek die sake aangehaal in Seymour se saak supra van groot hulp.

As ek alles in ag neem is ek van oordeel dat `n bedrag van R50 000.00
`n billike solatium vir die twee arrestasies is.

Daar was geen getuienis ten aansien van die derde been van die eis nie, naamlik kwaadwillige vervolging na arrestasie.

Ofskoon ek gevra is om hooggeregshof koste toe te staan ingeval die toekenning binne die jurisdiksie van die landdros hof val, meen ek nie dat dit
van pas is nie. `n Landdros kon met die beskikbare gesag as leiding tot dieselfde gevolgtrekking gekom het. Feitelik was die saak glad nie ingewikkeld nie.

Die volgende bevel word gemaak:
1.      
Vonnis word ten gunste van die eiser verleen teen die verweerders gesamentlik en afsonderlik in `n bedrag van R50 000.00 met koste.
2.      
Die verweerders moet die koste betaal op die toepaslike landdroshof skaal.







________________________________
C. BOTHA
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF.