South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2008 >>
[2008] ZAGPHC 340
| Noteup
| LawCite
Elto Motors CC h/a Auto Traders v Absa Bank Beperk (52629/2007) [2008] ZAGPHC 340 (31 October 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: 52629/2007
31 OCTOBER 2008
In die saak tussen:
ETLO MOTORS CC h/a AUTO TRADERS Applikant
EN
ABSA BANK BEPERK Respondent
UITSPRAAK
BOTHA R:
Die applikant is Etlo Motors BK wat handel dryf as Auto Traders
Die respondent is Absa Bank Bpk.
Die applikant vra ‘n bevel dat hy die eienaar is van ‘n Land Rover Defender voertuig (die voertuig) met registrasie nommer NJH 291 GP en dat die respondent die voertuig aan horn lewer.
Die applikant beweer dat hy die voertuig op 31 Mei 2007 van Magri Motors gekoop het vir R116 000.00 en op dieselfde dag aan Jansen Wheels CC wat handel gedryf het as Mr Wheels vir R125 000.00 verkoop het
Na my mening moet dit op die stukke aanvaar word dat die applikant die eienaar van die voertuig geword het.
Dit blyk ook dat die applikant 'n belasting faktuur gedateer 31 Mei 2007 aan Mr Wheels uitgereik het. Mr Wheels was 'n motorhandelaar.
Die belasting faktuur het gedrukte koopvoorwaardes bevat waarvolgens eiendomsreg eers by betaling per tjek sou oorgaan. Sien p 17. Daar is voorsiening daarvoor dat die belasting faktuur by aanvaarding onderteken kan word.
Dit blyk dat so 'n belastingfaktuur aan Mnr Jansen van Mr Wheels oorhandig is, maar dat dit nie op 31 Mei 2007 namens Mr Wheels onderteken is nie.
Ten spyte van sekere weersprekings en skeptisisme aan die kant van die respondent is daar geen rede om die applikant se weergawe te betwyfel nie naamlik dat:
die voertuig eers op 8 Junie 2007 aan Mr Wheels gelewer is nie en
Mnr Jansen namens Mr Wheels toe geteken het dat hy die verskoopsvoorwaardes aanvaar.
Die respondent kon nie die applikant se weergawe weerle nie. Daar is geen rede om te aanvaar dat die applikant met Mr Wheels sou saamgespan het om die hof of die respondent te bedrieg nie.
Dit blyk dat Mr Wheels 'n tjek vir R125 000.00, tjek 5363, gedateer 8 Junie 2007. aan die applikant verskaf het (sien p25) en dat die tjek na trekker verwys is.
Die netto resultaat hiervan is dat eiendomsreg nie op Mr Wheels oorgegaan het nie. Selfs as mens sou aanvaar dat daar nie 'n voorbehoud van eiendomsreg was nie, word dieselfde resultaat bereik op die aanname dat dit 'n kontant koop was. Daar is geen basis in die getuienis om te aanvaar dat krediet aan Mr Wheels verleen is nie.
Die respondent het hom in die alternatief verlaat op estoppel.
Dit blyk dat die respondent op 7 Junie 2007 deur Mr Wheels voorsien is van 'n afskrif van die applikant se belasting faktuur gedateer 31 Mei 2007 wat toe nog nie deur Mnr Jansen onderteken is nie. Sien p102. Saam met die afskrif van die belasting faktuur is die respondent voorsien van 'n afskrif van 'n tjek getrek deur Jansen Wheels BK, ten gunste van die applikant in 'n bedrag van R125 000.00. Die datum van die tjek is 31 Mei 2007. Die nommer daarvan is 5368.
Dit blyk dat die afskrif van die tjek 'n vervalsing is. Tjek 5368 was 'n tjek vir R1 716.30 wat op 9 Junie 2007 gewissel is. Sien p106.
Die respondent beweer dat hy die voertuig op 7 Junie 2007 van Mr Wheels gekoop het vir R125 000.00 ingevolge 'n vloerplan skema. Op 20 Julie 2007 is Mr Wheels (Jansen Wheels BK) gelikwideer
Die respondent maak staat op die volgende vir sy verweer van estoppel:
dat die voertuig op 31 Mei 2007 gelewer is;
dat die belasting faktuur nie onderteken is nie;
dat die belasting faktuur, wat 31 Mei 2007 gedateer is. meld dat Natis dokumente aangeheg is en
dat die applikant aldus Mr Wheels in staat gestel het om die respondent te oortuig dat hy die eienaar van die voertuig geword het en eiendomsreg aan die respondent kon oordra.
Die registrasie sertifikaat (die Natis dokument) is inderdaad op 1 Junie 2007 aan Mr Wheels oorhandig tesame met blanko getekende oordrag vorms. Op daardie stadium het die applikant self by die Ermelose registrasie owerheid registrasie vir die voertuig in sy naam bekom.
Met behulp van daardie dokumente het Jansen Wheels BK op 6 Junie 2006 die geregistreerde eienaar van die voertuig geword. Sien p105.
Die respondent beweer dat hy normaalweg die volgende vorms vereis voordat hy 'n transaksie aangaan soos die een wat hy met Mr Wheels aangegaan het:
'n faktuur van die verkoper;
'n afskrif van die registrasie sertifikaat;
bewys van betaling.
In hierdie geval het die faktuur nie aangedui dat eiendomsreg voorbehou is nie en die afskrif van die tjek is as bewys van betaling aangeheg. Dan was daar 'n afskrif van "n registrasie sertifikaat. Onder die omstandighede het die respondent die transaksie met Mr Wheels goedgekeur.
Dit blyk uit die repliserende verklaring dat die respondent sekere interne vereistes het wat behels dat bewys van betaling gevra word in die vorm van byvoorbeeld 'n betaalde tjek wat gestempel is en 'n gestempelde deposito strokie. Die punt word ook gemaak dat die respondent Mr Wheels se bankier was en maklik kon vasgestel het of Mr Wheels sy verskaffer betaal het.
As daar na die feite gekyk word, kan daar nie gese word dat die applikant die voertuig op 31 Mei 2007 aan Mr Wheels gelewer het en op daardie wyse voorgegee het dat Mr Wheels oor die voertuig kon beskik nie. Wat wel waar is, is dat hy die voertuig op 8 Junie 2007 afgegee het, en wel op
'n stadium voordat dit vasgestaan het dat Mr Wheels se tjek. wat op daardie dag verskaf is, betaal sou word
Wat lewering betref. is daar geen getuienis dat dit enige rol kon gespeel het nie. Die respondent het nie geweet wanneer die voertuig aan Mr Wheels gelewer is nie
Die applikant het hom teenoor Mr Wheels beskerm deur die voorbehoud van eiendomsreg
Die vraag is of hy 'n voorstelling gemaak het op grond waarvan die respondent redelikerwys kon aflei dat Mr Wheels geregtig was om oor die voertuig te beskik.
Mr Wheels was 'n handelaar en dit was onder die omstandighede te wagte dat Mr Wheels die voertuig so gou as moontlik sou verhandel. Die wyse waarop die voertuig van 31 Mei 2007 tot 6 Junie 2007 drie geregistreerde eienaars gehad het, wys dit.
Die blote afgee van dokumente wat registrasie moontlik maak en selfs die feit van registrasie, is nie opsigself 'n aanduiding dat eiendomsreg oorgegaan het nie Die feite van hierdie saak wys dit. Die applikant het die voertuig op 31 Mei 2007 gekoop en die geregistreerde eienaar op 1 Junie 2007 geword. op die waarskynlikhede voor sy tjek betaal is. Die respondent weer beweer dat hy die eienaar geword het van "n voertuig wat geregistreer was in die naam van Mr Wheels.
Wat duidelik is. is dat ons hier te doen het met vinnig opeenvolgende verhandelings waar betalings per tjek skering en inslag was en waar die voorbehoud van eiendomsreg (sien die applikant se faktuur) nie onbekend is nie. In so 'n omgewing meen ek dat daar na enige transaksie "n tydperk is waar die oorgang van eiendomsreg afhanklik is van die uitbetaling van 'n tjek. Almal. en veral die respondent, moes dit geweet het.
Dat die respondent daarvan bewus was, blyk uit sy aandrang op bewys van betaling. Daarom het Mr Wheels die vervalste tjek van R125 000.00 gedateer 31 Mei 2007 aangeheg Waar die faktuur 31 Maart 2007 gedateer was, kon die respondent se amptenaar wat die transaksie hanteer het, mnr Moyahu, moontlik gedink het dat daar genoeg tyd verloop het vir die tjek om betaal te gewees het. As hy so gedink het, is hy beinvloed deur die bedrog van Mr Wheels.
Dit is egter duidelik dat selfs die vervalste tjek gedateer 31 Mei 20C7 geen bewys van betaling was nie. Dit was op die oog af nog in die besit van Mr Wheels. As daar gevra is vir bewys van betaling, al was dit net by wyse van "n gestempelde deposito strokie, sou die kaartehuis van die bedrog inmekaar getuimel het.
In hierdie lig gesien is dit die bedrog van Mr Wheels, en nie enige voorstelling deur die applikant nie, wat die oorsaak was van die transaksie wat die respondent met Mr Wheels aangegaan het.
As Mr Wheels nie bedrog gepleeg het nie, sou hy nie op 7 Junie 2007 'n tjek gehad het om aan die respondent voor te le nie. Onder sulke omstandighede sou die transaksie met die respondent nooit van die grond kon gekom het nie. Selfs as hy op 8 Junie 2008 die respondent genader het, sou hy steeds nie 'n tjek kon voorgele het nie. want die tjek was toe in die besit van die applikant of die bank. Ten beste sou hy 'n gestempelde deposito strokie kon voorgele het, maar die respondent sou duidelik van die datum kon afgelei het dat daar nog eers tyd moes verloop voor die daadwerklike betaling van die tjek. Dit alles wys net dat dit die bedrog van Mr Wheels is wat die transaksie tussen Mr Wheels en die respondent moontlik gemaak het.
Op die keper beskou het die applikant die volgende gedoen wat as voorstellings aangemerk kan word:
'n faktuur uitgereik op 31 Mei 2007.
'n Natis dokument en getekende oordrag vorms op 1 Junie aan Mr Wheels beskikbaar gestel;
Die voertuig self op 8 Junie 2007 aan Mr Wheels gelewer.
Dit alles is gedoen voordat dit vasgestaan het dat die tjek gedateer 8 Junie 2007 betaal is.
Die uitreiking van die faktuur was na my mening geen voorstelling waarop die respondent kan steun nie. Dit se net dat die transaksie op 31 Mei 2007 plaasgevind het. Dit se nie wanneer lewering en betaling plaasgevind het nie. As dit iets se, is dit dat die applikant 'n standaard voorwaarde het waarvolgens hy eiendomsreg voorbehou.
Die oorhandiging van die dokumente wat oordrag moontlik maak, se op die ou end niks wat betref die daadwerklike oorgang van eiendomsreg nie. Die respondent het dit goed geweet. Vandaar sy aandrang op bewys van betaling.
Soos reeds vermeld het die lewering van die voertuig geen rol gespeel nie. Trouens toe die respondent sy transaksie met Mr Wheels aangegaan het, het die applikant die voertuig nog nie gelewer nie.
Die respondent het Mr Wheels betaal voor Mr Wheels lewering ontvang het. Die respondent se nerens dat hy geweet het dat Mr Wheels lewering ontvang het nie. Daar kan dus nooit gese word dat die applikant deur lewering te laat geskied, die respondent onder enige indruk gebring het nie.
Om al hierdie redes is ek van oordeel dat die respondent se beroep op estoppel nie kan slaag nie.
'n Bevel word verleen ingevolge bedes 1, 2 en 3 van die kennisgewing van mosie.
C. BOTHA
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF.