South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2008 >> [2008] ZAGPHC 362

| Noteup | LawCite

Marais v Schoombee (33634/2001) [2008] ZAGPHC 362 (10 October 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

[TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING]



SAAKNOMMER: 33634/2001

10/10/2008


In die saak tussen:


ANNA-MARIE MARAIS EISERES


en


ANDRIES GOTTLIEB SCHOOMBEE VERWEERDER



Skadevergoeding - kontrakbreuk deur prokureur - ontneming van geleentheid om te litigeer het ingetree as gevolg van die kontrakbreuk - skadebereking gebaseer op die "beste " wat die hof kan doen. Prokureur as eerlike getuie bevind deur Ilof.


Van Rooyen Wn R

[1] Hierdie saak vind sy oorsprong in 'n verhoor wat in Augustus 2005 begin het. Die eiseres het haar prokureur vir skadevergoeding van etlike miljoene Rand gedagvaar. Dit is gebaseer op alternatiewe bedes, wat weer gebaseer was op die regsvraag of sy buite of binne gemeenskap van goedere getroud was. Dit is onnodig om hierdie besonderhede nou weer te herhaal, aangesien die uitspraak gerapporteer is : [2006] JOL 18487(T).


[2] Die verhoor het om verskeie redes drie jaar geneem om af te handel: mev Marais kon nie langer bekostig om haar eerste advokaat te betaal nie en toe het sy regshulp van die Regshulpraad ontvang. Noodwendig moes die nuwe advokaat eers die getuienis bestudeer. Toe dit op stadium van argument kom. het dit geblyk dat die Regshulpraad nie meer vir haar optree nie. Mev Marais was dus onverteenwoordig toe nalatigheid en skade argumenteer is en sy het haar saak self argumenteer. Toe dit by die vraag van kousaiiteit kom. het ek aan die regsverteenwoordiger van die verweerder voorgestel dat dit onregverdig teenoor n leek sou wees om die argument te laat voortgaan. Ek sou die vraag of daar nalatigheid aan die kant van die prokureur was eers beslis en indien ek dan sou bevind dat hy wel nalatig was, sou die eiseres kon besluit om 'n advokaat aan te stel om die argument van kousaliteit en skade te argumenteer. Mnr Vorster, vir die verweerder. het hierdie benadering nie opponeer nie.


[3] Na bestudering van die getuienis het ek beslis dat die verweerder wel nalatig was in een opsig: hy moes as redelike prokureur mev Marais adviseer het dat sy kragtens Reël 43 tussentydse hulp van haar eggenoot kon bekom het ten einde 'n waardeerder van die talle plase van die verweerder aan te stel. Die verweerder, wat ek beskou as 'n eeriike getuie, het self toegegee dat hy versuim het om haar aldus te adviseer. My bevinding was dat die blote feit dat daar geskik is op die aankooppryse van die piase soos 'n rooi vlag die verweerder moes gewaarsku het dat alles nie pluis is nie.


[4] Soos afgespreek, het die eiseres toe die geleenthied gehad om n advokaat aan te stel om die skade en kousaliteit-vraag te argumenteer. Alhoewel ek in die eerste beslissing aangedui het dat die eiseres nie die geleentheid sou kry om verdere getuienis te lei nie, het Mnr Ellis SC, wat vir die eiseres opgetree het, aansoek gedoen dat ek tog die saak heropen en verdere getuienis toelaat. Hy het my verwys na gesag wat dit moontlik maak. Ek het toe, onderhewig aan voorwaardes wat verband hou met die betaling van verspilde koste en n tydbeperking. toegelaat dat die eiseres 'n waardeerder kon aanstel om die plase van mnr Marais, haar gewese eggenoot, te waardeer teen markwaarde soos dit in 1998, tydens die egskeiding, daar uitgesien het.


[5] By die hervatting van die verhoor het dit geblyk dat die waardeerder die oorgrote meerderheid van die eiendomme waardeer het. Sy totale waardasie was egter minder as die waardes wat tydens skikking op die tafel was. Die partye het oreengekom om die waardasie te aanvaar.


[6] Mnr Vorster het argumenteer dat die eiseres nie daarin geslaag het om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat selfs indien die Reël 43-aansoek geslaag het en 'n waardeerder aangestel is, sy met die verhoor sou voortgegaan het nie.Hy het verwys na verskeie onsekerhede in haar besluitnemingsprosesse, soos dit uit haar eie getuinis geblyk het. Hy het gedetailleerd aangedui dat daar nie voldoen is aan die vereiste van kousaliteit volgens die leerstuk van conditio sine qua non nie. Mnr Vorster het my verwys na wat FH Grosskopf AR in Sentrachem Bpk v Wenhold 1995(4) SA 312(A) in dié verband gesê het:

"Die eiser moet natuurlik sy skade bewys. Die algemene beginsel in hierdie verband word soos voig in Hersman v Shapiro & Co 1926 TPD 367 op 379-380 saamgevat: 'Monetary damage having been suffered it is necessary for the Court to assess the amount and make the best use it can of the evidence before it. There are cases where the assessment by the Court is very little more than an estimate; but even so, if it is certain that pecuniary damage has been suffered, the Court is bound to award damages. It is not so bound in the case where evidence is available to the plaintiff which he has not produced; in those circumstances the Court is justified in giving, and does give, absolution from the instance.' (Vgl Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A) op 969H-970H.)

Die plig wat daar op 'n eiser rus om alle beskikbare getuienis wat sou kon hydra tot die berekening van sy skade voor die Hof te lê, word verder soos volg in Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A) op 631H-632D verduidelik:

om die bedrag van gelede skade te bereken is aan 'n dergelike voorbehoud onderhewig gestel in die saak van Klopper v Mazoko 1930 TPD 860 op 865, waar Regter Tindall opgemerk het dat:

'... when a plaintiff is in a position to lead evidence which will enable the Court to assess the figure he should do so and not leave the Court to guess at the amount' ".


[7] Mnr Ellis het egter argumenteer dat die Hof moet aanvaar dat 'n waarskynlike gevolg van die inste! van die Reël 43-aansoek sou wees dat die saak tog op verhoor sou gegaan het en dat die Regter dan sy diskresie ingevolge art 7(3) van die Egskeidingswet sou uitgeoefen het ten gunste van die eiseres en 'n aansienlik groter bedrag as R600 000 aan haar sou toegeken het.


[8] Ek het al die SALR- uitsprake wat op die saamgevatte beginsels in Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz (supra) gebaseer is nagegaan. Dié uitsprake verwys dikwels ook terug na wat Stratford R in Hershman v Shapiro Co 1926 TPD 367 gesê het en wat hierbo aangehaal is in die uitspraak van FH Grosskopf AR.

In Mutual & Federal Ins Co Ltd v Da Costa 2008(3) SA 439(SCA) verwys Farlam AR na hierdie benadering van skadeberekening as 'n "robust approach". In Minister of Safety and Security & Another v Rudman & Another 2005(2) SA 16(SCA) ontleed Farlam AR dan ook die gedagterigtings wat hierdie benadering in die praktyk ondersteun.

[9] in First National Bank of Southern Africa v Barclays Bank plc & Another 2003(4) SA 337(SCA) verwys Schutz AR met goedkeuring na die benadering in Chaplin v Hicks [1911] 2 KB 786 (CA). In hierdie Engelse beslissing is die vergoeding wat aan die eiseres toegeken is gebaseer op haar verlies van die geleentheid wat sy ontneem is deur die kontrakbreuk van die verweerder, wat 'n kompetisie uitgeskryf het. Hy het versuim om haar betyds te laat weet van die finale uitdun van die skoonhede wat gekies sou word om as aktrises op te tree. Vaughan Williams LJ sê op bl 791:

"I agree that the presence of all the contingencies upon which the gaining of the prize might depend makes the calculation not only difficult but incapable of being carried out with certainty or precision. The proposition is that, whenever the contingencies on which the result depends are numerous and difficult to deal with, it is impossible to recover any damage for the loss of the chance or opportunity of winning the prize....I only wish to deny with emphasis that, because precision cannot be arrived at, the jury has no function in the assessment of damages' (beklemtoning in kursief bygevoeg deur Schutz AR).

Schutz AR verwys ook na die toepassing van hierdie beginsel in G Hendrie and Company Ltd v McGarry 1936 SR 209 en sê te para [31]:


"The Court declined to award the full amount claimed, in recognition of the facts that the mandate was revocable and that the plaintiff might not have succeeded in selling the property. Nonetheless a substantial award of damages was made, because of the wrongful deprivation of the chance of the plaintiffs earning commission. Chaplin's case was also cited with apparent approval in this Court in Esso Standard SA (Pty] Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A) at 970A - B. (beklemtoning in kursief bygevoeg)


Schutz AR verwys ook na Boyd v Nel 1922 AD 414 en sê

" In other words, the plaintiff had been deprived of a chance and on principle the defendant was liable to him, whatever the ultimate damages award might be " (beklemtoning in kursief bygevoeg).

Vir huidige doeleindes volstaan ek met die paar aanhalings uit die insiggewende uitspraak van die geleerde Appëlregter.


Evaluering

[10] Dit is moeilik om uit die getuienis van die eiseres af te lei waarom sy nie die aanbod van R600 000 in die Hof wou bestry nie: waarskynlik was sy eenvoudig net nie, uit n gemoedshoek, in staat om so 'n proses te verduur nie. Dit het dan ook uit haar getuienis geblyk dat sy aan n angsversteuring ly en dat sy daagiiks n anti-depressant moes en moet gebruik. Sy doen dan uiteindelik 'n beroep op Mnr Marais om. op menslikheidsoorwegings, haar R700 000 te gee. Maar, tevergeefs. Indien daar dus 'n kousale verband gevind moet word wat afhanklik is van die klaarblyklik wisselende gemoedstoestand van mev Marais. sou dit net nie moontlik wees nie.


[11] Na my mening lê die kousaliteit egter op 'n ander vlak. Op die keper beskou het die verweerder die eiseres van die geleentheid ontneem om 'n finale oordeel te vel of sy in die Hof die aangebode R600 000 sou bestry. Schutz AR beklemtoon dan ook die verlies van 'n geleentheid in paragrawe [30], [31] en [32], soos hierbo na verwys. Die geleerde Appélregter dui in elk geval aan dat dit moeilik kan wees om altyd te onderskei tussen kousaliteit en skadeberekeing in hierdie tipe gevalle.

"Causation is one thing and quantification is another, although I readily concede that it is not always possible to distinguish clearly between them in cases like the present one. It has never, within the range of my knowledge and experience, been the approach of our Courts, when charged with the assessment of damages, to resolve by an application of the burden of proof such uncertainties as I have referred to. "

[12] Ek het reeds bevind dat die verweerder nalatig was deur nie die eiseres te adviseer dat sy 'n Reël 43-aansoek kon loods om finansiële hulp te verkry ten einde die grond te laat waardeer nie. Ek het bevind dat die skikking, wat gebaseer was op aankoopwaardes van die 13 plase, soos 'n rooi vlag die verweerder moes oortuig het om die eiseres tot 'n waardasie te oortuig en 'n Reël 43-aansoek vir geldelike bystand van mnr Marais, om dit te laat doen, in die verband te gebruik. Te oordeel aan die 2008-waardasie van wat die waardes in 1997 was, sou wel geargumenteer kon word dat aangesien die waardes selfs laer is as die waardes soos bloot gelê deur mnr Marais, dit onwaarskyniik is dat eiseres die aanbod van R600 000 in die Hof sou gaan bestry het. Maar, myns insiens, sou so 'n redenasie die punt mis. Die nalatige omissio van die verweerder, wat kontrakbreuk daargestel het, het direk veroorsaak dat die eiseres nie 'n keuse kon uitoefen om te litigeer of nie te litigeer nie. Dit is dan die skade-veroorsakende handeling, soos ook geïdentifiseer in paragrawe [30],[31] en [32] in First National Bank of Southern Africa v Barclays Bank plc & Another (supra). Myns insiens word daar ook voldoen aan die toepasfíke kriteria van die kousaliteitstoets - vgl International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley 1990(1) SA 680(A) op 700E-704. Alhoewel laasgeneomde besiissing oor die deiiktereg gaan. sou dieseifde kriteria ten aansien van die kontrakbreuk in die onderhawige geval toepaslik wees.


[13] Vir sover dit die omvang van die skade betref is ek tevrede dat die eiseres alle beskikbare inligting aan die Hof voorgelê het. Eerstens was daar die ongeveer R6 miljoen bates van Mnr Marais, soos wat dit deel gevorm het van die nadere besonderhede wat mnr Marais beskikbaar geste! het in die egskeidingsaksie. Die effense laer waardering deur die waardeerder wat in 2008 aangestel is, gaan nie 'n beduidende verskil aan die uiteindelike bedrag maak nie en ek beskou dit as onbelangrik. Tweedens was daar die getuienis van mnr

Jacobson, 'n geoktrooieerde rekenmeester, wat die waarde per maand van onderhoud vanaf die egskeiding tot verwagte afsterwe uitgewerk het met verwysing na vier scenarios, wat weer gebaseer was op R3000 per maand en R9000 per maand : met inflasie en sonder inflasie. Ten einde eersgenoemde bedrag te verseker sou, inflasie inaggenome, 'n kapitale bedrag van R 1 107 433 nodig wees. Om R9000 per maand te verseker, sou R3 322 311 nodig wees. Mnr Jacobson het ook bereken wat mev Marais as advokaat of prokureur sou verdien het as sy haar ideaal in die verband sou kon uitgeleef het. Alhoewel die B-graad van mev Marais aanduidend is van haar bekwaamheid. is die getuienis in verband met haar voitooiing van 'n regsgraad en opleiding te vaag om van waarde te wees ten einde by te dra tot die skadeberekening of selfs die ingeligte skatting waartoe ek geroepe is volgens die gesag.


[14] My volgende taak is om te oorweeg wat 'n Regter in so 'n bestrede saak in 1998 aan mev Marais sou toegeken het. In dié verband het ek, onder andere, kennis geneem van Beaumont v Beaumont 1987(1) SA 967(A), Buttner v Buttner [2006] 1 All SA 429(SCA) en Lord Denning se een-derde leidraad in Wachtel v Wachtel [1973] EWCA Civ 10; [1973] 1 All ER 829(CA). Ongelukkig weet ek nie wat mnr Marais sou getuig het nie. Ek is dus versigtig met enige aantygings wat mev Marais teen hom gemaak het vir sover dit die geskille tussen hulle betref voor 1986. Ek gaan dus nie enigsins oorgaan tot 'n poging om skuld tussen die partye op te weeg nie; dit is, in elk geval, 'n proses wat nie normaalweg gebruik word in so 'n toekenning nie. Die uitgangspunt van ons howe is dat 'n vrou in die posisie van mev Marais min of meer een derde behoort te kry van die boedel van die man. Die egpaar is in 1972 getroud en basies het hulle elkeen nie iets noemenswaardig besit nie. As gevolg van tweespalt tussen hulle het die eiseres op die dorp gaan bly in 1986. Volgens mev Marais het beskuldigings van mnr Marais dat sy 'n buite-egtelike kind gehad het en struwelinge oor die kinders uit sy vorige huwelik, die ernstige onenigheid aangevuur. By tye het sy die huis verlaat, maar later het mnr Marais haar weer gaan haal. Die bloedtoetse wat aangetoon het dat hy die pa is, het die probleem nie opgelos nie. Mnr Marais het in 1986 'n huis op haar naam gesit en 'n bedrag van R5000 per maand is aan haar betaal vir haar eie onderhoud en die van die kinders. Tot in 1996 het sake redelik vlot verloop: volgens mev Marais het sake eintlik beter gegaan as toe hulle saam op die plaas gewoon het. Sy het nietemin naweke na die plaas gegaan en die huwelik is, soos van ouds, voortgesil, insluitend die uitoefening van huweliksregte. Omdat mev Marais teen 1996 die aanvoeling gekry het dat sy nie oor die naweke meer die rol van gasvrou/huisvrou vervul nie, het sy besluit om te dagvaar vir egskeiding. In die proses het sy afgekom op dokumentasie wat daarop gedui het, volgens haar, dat hulle binne gemeenskap getroud was aangesien die huweliksvoorwaarde-kontrak, as sodanig, nie deur haar geteken is nie. In die eerste uitspraak het ek bevind dat hulle wel buite gemeenskap van goed getroud was en dat die verweerder geregverdig was om te adviseer dat die geldigheid van die HVK nie suksesvol in die Hof aangeval sou kon word nie. Volgens eiseres het mnr Marais egter by die aanvang van die huwelik aan haar gesê dat "jy kry buitendien eendag alles en. tweedens, ek laat alles aan jou na, jy moet net my kinders wat uit die vorige huwelik gebore is nie indoen nie en hul regmatige deel vir hulle gee".


[15] Toe mev Marais op die dorp gaan bly het in 1986, was sy nie meer gedurende die week verantwoordelik vir die instandhouding van die plaashuis en tuin nie. Tog was die kinders aan haar toevertrou en is daar niks wat daarop dui dat sy nie haar plig in dié verband nagekom het nie. In die sin het sy steeds indirek bygedra tot die bou van die boedel van mnr Marais. Ek sal egter vir hierdie 12 jaar wat sy nie op die plaas gebly het nie, die een derde ietwat verminder. Wanneer daar gekyk word na die bateregister van mnr Marais, kan mens nie anders as om geskok te wees met die R600 000 wat hy aan mev Marais aangebied het nie. Sy het haar reg op onderhoud afgeteken en daar was ook geen sprake van mediese versorging nie.


[16] Volgens my skatting - gebaseer op die "beste" wat ek kan doen met die inligting tot my beskikking - het ek besluit dat 'n Hof in 1998 R1,7 miljoen aan mev Marais sou toegeken het. alternatiewelik onderhoud, plus mediese versorging plus 'n kapitale bedrag wat op hierdie bedrag sou uitgekom het. Die gebruiklike derde van R6 miljoen, word met R100,000 verminder omdat sy nie meer op die plaas gebly het gedurende die week nie. Die Hof sou in ag geneem het dat sy 'n huis op haar naam gekry het in 1986. Ek weet nie wat die vervangende waarde van die huis tydens die egskeiding was nie, maar ek sal aanvaar dat dit R200 000 was. Ek het dit reeds in ag geneem by die berekening van die R1,7 miljoen rand. Die tweedehandse bakkie en meubels wat sy gekry het in 1986 behoort nie te tel nie, aangesien sy huisvesting vir die kinders moes verskaf. Die onderhoud wat sy vir haarself en die kinders gekry het tel ook nie: daarmee moes sy die pot aan die kook hou en die kinders versorg. Ek is nie seker watter ander noemenswaardige bates mev Marais andersins gehad het tydens die egskeiding nie. Ek sal aanvaar dat sy 'n voertuig, klere en meubels gehad het maar, binne die groter milieu, sal dit nie eintlik saak maak nie. Haar potensiaal om weer skool te hou was nie goed gewees nie, vanweë probleme wat sy by haar skool gehad het.

Haar stelling dat sy werk by Radio Rippel sou kon kry, het duidelik nie realiseer nie. Uiteindelik moet aanvaar word dat mev Marais, soos baie getroude vrouens, haar lewe vir haar kinders en haar man opgeoffer het en self nie tot haar potensiaal kon ontwikkel in 'n beroep nie, ten spyte van haar ideale. As ek kyk na die 13 plase, 14 trekkers, 2 vragmotors, 5 ander motorvoertuie en 3 stropers van mnr Marais, om nie eens te praat van die 225 000 (R945 000) OTK aandele en die beeskudde van 576 beeste teen R1000 per bees nie, dan kan ek nie anders as om verstom te staan oor die skrale R600 000 wat sy gekry het nie; al neem mens in ag dat sy in 1986 op die dorp gaan woon het.


[17] Ten slotte wil ek herhaal dat ek mnr Schoombie 'n baie eerlike getuie gevind het en dat ek, op een na, alle aantygings van nalatigheid teen hom in die eerste verhoor verwerp het. In sy eie getuienis het hy egter eerlik toegegee dat hy nagelaat het om mev Marais weer te adviseer dat sy tussentydse geldelike huip van haar man sou kon kry om n waardeerder aan te stel. Ek het bevind dat hy in die enkele opsig nalatig was. Dit het egter op kontrakbreuk neergekom en hom verantwoordelik gemaak om skadevergoeding aan haar te betaal.


[18] Uit 'n professionele hoek wil ek ook byvoeg dat ek alle aantygings van onprofessionele gedrag, gemaak deur mev Marais in haar getuienis teen mnr Pistorius, die prokureur van mnr Marais, verwerp as ongegrond es spekulatief.


[19] Afgesien van verspilde koste wat ek by wyse van tussentydse bevele teen mev Marais gemaak het, is ek van mening dat haar getuienis onnodig uitgerek en omslagtig was en dat sy die koste vir twee hofdae van haar getuienis moet betaal.


Bevel:

  1. Verweerder moet skadevergoeding van R1,1 miljoen (een miljoen een honderd duisend rand) aan die eiseres betaal met rente teen 15.5% per jaar vanaf 8 Januarie 1999. Die rente is nie saamgestelde rente nie.

  2. Verweerder moet, behalwe vir twee dae van haar getuienis, die eiseres se getakseerde regskoste betaal. Eiseres moet die verweerder se getakseerde regskoste vir die twee dae betaal.

  3. Ander bevele van getakseerde verspilde koste betaalbaar deur die eiseres soos op vroeëre stadia beveel, moet deur die eiseres betaal word.


CW van Rooyen

Waarnemende Regter

10 Oktober 2008


Vir die Eiseres, P Ellis SC in opdrag van Le Cornu Ing, p/a Rooth en Wessels, Pretoria Vir die Verweerder JP Vorster SC in opdrag van Savage Jooste & Adams, Pretoria.