South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2008 >>
[2008] ZAGPHC 376
| Noteup
| LawCite
S v Jonker (A721/08) [2008] ZAGPHC 376 (1 September 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING
Hooggeregshof Verw. Nr : 564
Landdros Reeks Nr: 21/07 (Soutpansberg)
Hersieningsaak Nr: LA 4531/2007
DIE STAAT
vs
THOMAS PHILLUPUS JONKER
HERSIENIGSUtTSPRAAK
[1] Die beskuldigde is 28 Desember 2007 in die Landdroshof van Louis Trichardt skuldig bevind op 'n aanklag van die oortreding van artikel 31(1) van die Wet op Onderhoud Wet 99 van 1998. aangesien hy versuim het om onderhoudsbetalings ingevolge n onderhoudsbevel te maak.
[2] Die beskuldigde het op die aanklag skuldig gepleit en is daama ingevolge die bepalings van artikel 112(1 )(b) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, deur die voorsittende landdros ondervra. Hy is hiema skuldig bevind aan die ten laste gelegde aanklag. Die beskuldigde het te alle tye in persoon verskyn.
[3] Die beskuldigde is gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf of 'n boete van R1000.00. die helfte waarvan opgeskort was vir 'n lydperk van 3 jaar op voorwaarde dat hy die bedrag van R3000.00 per maand betaal soos gelas ingevolge die oorspronklike onderhoudsbevel, plus 'n addisionele R1000.00 per maand ten opsigle van agterstallige gelde met ingang van 31 Desember 2007 totdat die agterstallige bedrag afbetaal is.
[4] Die aangeleentheid het ingevolge artikel 302 van die Strafproseswet outomaties op hersiening voor hierdie Hof gedien. As hersieningsregter het ek die landdros versoek om redes aan te voer ten aansien van beide die skuldig-bevinding en die vonnis van die beskuldigde. Ten aansien van die skuldigbevin-ding het die navraag grootliks gehandel met die vraag of die kriptiese ondervraging van die beskuldigde in terme van artikel 112(1 )(b) van die Strafproseswet volledig genoeg was om 'n skuldigbevinding te regverdig en. tweedens, of die skuldigbevinding van die beskuldigde, op sy pleit van skuldig, regtens korrek was aangesien dit tydens die latere verrigtinge geblyk het dat die beskuldigde wel 'n verweer openbaar het.
[5] Die navraag ten opsigte van die vonnis het grootliks gehandel met die vraag of die vonnis gepas was in omstandighede waar dit duidelik geblyk het dat die beskuldigde se finansiële omstandighede van so aard was dat hy nie sy verpligtinge ooreenkomstig die vonnis sou kon eerbiedig nie. Die vraag was ook gevra of hierdie nie 'n geval was waar die verrigtinge omskep moes gewees het in 'n ondersoek na die finansiële posisie van beide partye nie.
[6] In sy reaksie net die landdros volhard met sy siening dat die proses voldoende en korrek was en dat die beskuldigde korrek skuldig bevind was Die landdros het ook sy indrukke van die feite en van die beskuldigde as persoon weergegee Onder andere was hy van mening dat die beskuldigde se uitgawes nie eg was nie. dat die beskuldigde die verrigtinge me ernstig opgeneem het nie en dat daar nie bewys was dat die beskuldigde se omstandighede verander het nie Die landdros het bygevoeg dat hy dit nie nodig gevind het om die verrigtinge te omskep in 'n ondersoek nie en dat hy n "boodskap" aan die beskuldigde wou stuur ten einde hom te dwing om sy verpligtinge na te kom
[7] Na ontvangs van die redes van die landdros het ek die aangeleentheid voorgelé aan die Direkteur van Openbare Vervolging. Transvaal, vir sy kommentaar. My dank gaan uit aan Advokaat AP Wilsenach. die staatsadvokaat wat 'n geskrewe opinie voorberei het. en Advokaat HM Meintjies SC, wat met die opinie van Advokaat Wilsenach saamgestem het Soos gewoonlik was die opinie van hierdie advokate op die punt at en uiters deeglik gemotiveer Groot gedeeltes van hierdie uitspraak herhaal gevolglik wesenlik wat in die advokate se opinie verskyn het en ek doen dit met voile erkenning aan die werk wat die advokate in die eerste plek gedoen het
[8] Ek handel eerstens met die vraag of die beskuldigde skuldig bevind kon gewees het op sy pleit van skuldig en na aanleiding van die ondervraging van artikel 112 (1)(b) van die Strafproseswet Artikel 112 dien ter beskerming van 'n beskuldigde wat verkeerdelik van mening is dat hy skuldig is. Die voorsittende beampte ondervra derhalwe die beskuldigde met verwysing na die beweerde feite van die saak ten einde vas te stel of die beskuldigde inderdaad die bewerings in die aanklag erken, en verder moet die landdros homself daardeur tevrede stel dat die beskuldigde wel skuldig is aan die misdryf wat horn ten laste gelê word
[9] In die onderhawige saak was die ondervraging van die beskuldigde ingevolge artikel 112(1)(b) uiters knpties Die relevante gedeelte van hierdie ondervraging was die volgende
"HOF Is u bewus van die bevel van die hot Dil blyk die bevel was in Junie 2007 by Lebowakgomo gemaak. Is u bewus van die inhoud van daardie bevel? BESKULDIGDE Ja Edelagbare.
HOF Dit word in die klagle gestel dat u is nou agterstallig met die betalings vanaf Augustus tot Desember hierdie jaar. is dit so? BESKULDIGDE Ja Edelagbare
HOF: En die agterstallige bedrag in omslandighede is R4000.00 (vierduisend rand) Stem u saam?
BESKULDIGDE Ja Edelagbare/
[10] Hierna is die beskuldigde skuldig bevind Ten einde vas te stel of die landdros tevrede kon gewees het dat die beskuldigde wel skuldig is. is dit nodig om na die inhoud van artikel 31 (1) en (2) van die Wet op Onderhoud. Wet 99 van 1998. te verwys Artikel 31(1) lui soos volg
"31 Mtsdrywe met betrekking tot ondemoudsbevele —
(1) Behoudens die bepalings van subartikel (2) is 'n persoon wat versuim om 'n bepaalde betaling ooreenkomstig 'n onderhoudsbevel te doen aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens een jaar of met daardie gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete.
[11 ] Die voorbehoudsbepaling in artikel 31(1) skep 'n wettige verweer soos meer volledig omskryf in artikel 31(2). welke artikel soos volg bepaal:
"(2) Indien die verweer by 'n vervolging weens 'n misdtyf ingevolge hierdie artikel geopper word dat 'n versuim om onderhoud ooreenkomstig 'n onderhoudsbevel te betaal aan 'n gebrek aan vermoens aan die kant van die aangeklaagde le wyte was. is hy of sy nie bloot op grond van sodanige verweer op vryspraak geregtig nie indien daar bewys word dat die versuim aan sy of haar onwilligheid om te werk of wangedrag te wyte was." (my beklemtoning)
[12] Die elemente van die misdryf wat deur artikel 31 geskep word, en waaraan die beskuldigde skuldig bevind was, was ontleed in die aangeleentheid van S v Magagula 2001(2) SASV 123 (T). Op p143A - C het sy edele Stegman R die elemente van die misdryf soos volg uiteengesit:
"(44] To sum up, both for the reasons given and those to follow in respect ot the element of a guilty mind and the means of the accused, I hold that the elements of the offence of failing to comply with a maintenance order in contravention of s 31 of Act 9 of 1998 are the following tour
(i) a maintenance order directed to the accused;
(ii) a failure on the part ot the accused to comply with it:
(iii) that
at the time ot his default, the accused had the means to comply with
the order;
and
(iv) a guilty mind."
(Sien ook in hierdie verband die aangeleenthede van S v Seroke 2004(1) SASV 456 (T) en S v Mphuti 2006 (2) SASV 391 (T).
[13] In die onderhawige aangeleetheid was die landdros se ondervraging van die beskuldigde slegs tot n slaafse navolging van die bewerings in die klagstaat beperk Die ondervraging was derhalwe beperk tot slegs die eerste twee elemente van die misdryf soos hierbo uiteengesit. naamlik die bestaan van 'n onderhoudsbevel teen die beskuldigde en sy versuim om daaraan te voldoen Ten aansien van die derde en vierde elemente. soos in die Magagula saak (supra) uiteengesit. was daar geen ondervraging deur die landdros gewees nie Daar was dus geen ondervraging wat gerig was op die vraag of die beskuldigde, in die tyd wat hy versuim het om aan die hofbevel te voldoen. inderdaad in staat was om aan die bevel te voldoen nie Daar was msgelyks ook geen ondervraging ten aansien van die vraag of daar mens rea. selfs in die vorm van nalatigheid. teenwoordig was nie (sien S v Magagula (supra) op p145B en verder)
[14] Die bewyslas rus op die Staat om al vier die elemente van die misdryf van 'n oortreding van artikel 31 van Wet 99 van 1998 te bewys en die landdros moes vanwee sy vraestelling en die antwoorde daarop. tevrede gewees het dat die beskuldigde al daardie elemente erken het
[15] In die onderhawige geval was die landdros se ondervraging. soos reeds vermeld beperk tot die eerste twee elemente van die misdryf en kon hy derhalwe nooit tevrede gewees het dat die beskuldigde ook die derde en vierde elemente van die misdryf erken het nie. Die landdros kon derhalwe nooit tevrede gewees het dat die beskuldigde wel skuldig is aan die misdryf wat horn ten laste gelê is nie
[16] Die landdros se versuim om die beskuldigde behoorlik te ondervra ten aansien van al die elemente van die misdryf. was 'n wesenlike mistasting Die skuldigbevinding wal daarop gevolg het was derhalwe verkeerdelik uitgebring en behoort tersyde gestel te word.
[17] Dit kan verder opgemerk word dat indien die landdros wel vrae aan die beskuldigde gestel het rakende die redes vir sy versuim om aan die onderhoudsbevel te voldoen. die beskuldigde waarskynlik wel as rede sou aangevoer het dat die veranderde omstandighede en sy gepaardgaande onvermoë om die betalings te maak, daartoe aanleiding gegee het Dit was immers die aspekte wat later uit die getuienis van die beskuldigde ter strafversagting. na vore gekom het Indien daardie bewerings tydens die landdros se ondervraging ingevolge artikel 112 na vore gekom het. sou die landdros verplig gewees het om die bepalings van artikel 113 toe te pas en die beskuldigde se pleit na een van onskuldig te verander en met die verhoor voort te gaan
[18] Die voornoemde Staatsadvokaat en Adjunk Direkteur van Openbare Vervolging het in hulle voormelde skriftelike opinie na 'n verdere onreelmatigheid verwys wat na my mening vermelding verdien. Hierdie onreelmatigheid slaan op die pligte van 'n voorsittende beampte om hulp aan n onverteenwoordigde beskuldigde te verleen wat van n oortreding van artikel 31 van Wet 99 van 1998 aangekla word.
[19] In hierdie verband het sy edele Stegman R in die Magagula saak (supra) op p162D - 164A die volgende gesê:
"This means that when a court is faced with an unrepresented accused who has been charged with failing to comply with a maintenance order in contravention of s 31 of Act 99 of 1998. the court should assist the accused in the following ways: 1 By establishing whether the accused admits or denies one or more of the elements of the alleged offence, being:
f he existence of a maintenance order directed to the accused and of which the accused had knowledge;
the failure of the accused to comply with the order in the respects alleged in the charge;
whether the accused knew that it was unlawful to fail to comply with a maintenance order in the absence of a lawful excuse.
By explaining to the accused that the only lawful excuse for failing lo comply with a maintenance order is a lack of means, provided that it does not result from his own unwillingness to work or misconduct.
By explaining further that the law makes provision for the conversion of the trial into a maintenance enquiry if there are grounds for it: and that if the accused believes that he has grounds on which to contend that the maintenance order is not valid, or that it should be varied in any way. he should inform the court of his grounds to enable the court to consider whether or not to convert the trial into a maintenance enquiry.
By asking the accused whether he believes that the maintenance order is invalid or that it should be varied, and if so. on what grounds.
If the accused discloses what might be a proper ground for converting the trial into an enquiry, the court should pursue it so that if it appears that a conversion will inevitably become necessary, the necessary order for conversion should be made as early as possible and no further time should be wasted on the trial.
If the accused has no apparently subslantial grounds on which the court might consider converting the trial into an enquiry, the accused should be asked to state, in the plea proceedings if he so chooses, whether he is raising the defence of a lack of means.
It should be explained to him that 'lack of means' is not confined to a complete absence of means: that it includes inadequate means to comply with the maintenance order in full; and that he may be acquitted of the charge if the prosecutor should fail to satisfy the court that his means were adequate to pay the maintenance instalments to a greater extent lhan he did pay them, or that his shortage of means was caused by his unwillingness to work or by his misconduct 8. If the accused indicates that he does raise that defence, a plea ot not guilty should be entered The accused should not be asked by the court to give any particulars lo explain why he did not pay the maintenance, or why he did not pay it in full, or how he came to fall into arrears. Since the accused no longer has any burden of proof in this regard, questions ot Ihis kind (that formerly were necessary lo help the accused to discharge ms burden ot proof If he had Hie evident) are no longer appropriate. The answers can no longer assist him They can only prejudice his position He should not be asked anything more than is necessary to determine whether he is raising the defence of lack of means It is then for the prosecutor to prove the rest' Ek stem met eerbied met hierdie bevindings saam
[20] Behalwe dus dat die landdros versuim het om vas te stel of die beskuldigde al die elemente van die misdryf erken of ontken. het hy ook versuim om die beskuldigde in te lig dat die enigste verweer een is soos omskryf in artikel 31(2) van Wet 99 van 1998 Die beskuldigde is ook nie ingelig van die moontlike wysigmg van die oorspronklike onderhoudsbevel nie asook nie van die feit dat die verhoor in sekere omstandighede omskep kan word in n ondersoek nie.
[21] Selfs nadat die beskuldigde tydens strafversagting n verweer openbaar het naamhk dat hy nie oor die vermoe beskik het om sy onderhoudsverpligtinge na te kom nie. het die landdros steeds versuim om die beskuldigde van die bepalings van artikel 31 (2) van Wet 99 van 1998 in te lig en ook versuim om horn in te lig dat die saak in 'n ondersoek omskep kan word. Die landdros het inderdaad klaarblyklik versuim om self oorweging daaraan te skenk om die saak in 'n ondersoek te omskep of om die bepalings van artikel 113 van die Strafproseswet toe te pas.
[22] Die voornoemde advokate in die kantoor van die Direkteur van Openbare
Vervolging het verder die volgende submissies gemaak
"Die
verrigtinge is so deurspek met onreelmatighede dat tersydestelling
van beide
skuldigbevinding en vonnis wenslik is. In my submissie
sal 'n terugverwysing van die saak
na die verhoorhof. om te
bepaal of die verhoor moet voongaan (na die aanteken van
'n
onskuldig pleit ingevolge artikel 113 van Wet 51 van 1977 ot
'n verhoor de
novo)
of om te
bepaal of die verrigtinge omskep moet word in 'n
ondersoek. geen verdere doel dien nie.
Daar is genoegsame
materiaal reeds op rekord wat aanduidend is daarvan dat die
mees
doelmatige en regverdige wyse waaropdaar verder met die
aangeleetheid gehandel behoort
te word is dat die volgende bevel
gemaak moet word ".
[23] Ek stem saam met die submissie ten aansien van ander onreelmatighede maar vind dit nie nodig om verder daarna in besonderhede te verwys nie Ek stem ook saam dat dit nie doelmatig sal wees of in die belang van geregtigheid sal wees indien die aangeleentheid na die betrokke landdros terug verwys word nie.
[24] Alvorens ek die bevel maak wat strook met die een wat deur die genoemde advokate voorgestel is. is daar n laaste aspek om na te verwys. Die advokate het die praktiese uitwerking van die voorgestelde bevel nagevors en vasgestel dat hoewel die beskuldigde die boete wat horn opgelé is. betaal het. hy nie aan die ander opskortingsvoorwaardes voldoen het nie. Hy het slegs twee betalings van R3000 elk gemaak op 12 Februarie 2008 en 10 Maart 2008. Volgens die klerk van die betrokke landdroshof is die beskuldigde egter tans in hegtenis op'n ander onverwante saak. Die advokate doen aan die hand dat dit derhalwe duidelik is dat die beskuldigde tans nie oor die vermoe beskik om sy onderhoudsverpligtinge na te kom nie en dat n onderhoudsondersoek derhalwe aangewese sou wees Ek stem met hierdie mening saam
[25] Bygevolg word die volgende bevel gemaak:
1 Die skuldigbevmding en vonnis word tersyde gestel; 2. Die verhoor word ingevolge die bepalings van artikel 41 van Wet 99 van 1998. saamgelees met artikel 304(2)(c)(iv) van Wet 51 van 1977. omskep in n onderhoudsondersoek 3 Die saak word ingevolge artikel 304(2)(c)(v) van Wet 51 van 1977 na die landdroshof terug verwys sodat n onderhoudsondersoek ingevolge Wet 99 van 1998 mgestel kan word en dit word verder gelas dat n landdros anders as die landdros wat betrokke was by die verhoor waar die beskuldigde skuldig bevind was. die onderhoudsondersoek moet behartig.
CP. RABIE
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Eh stem saam
J. MURPHY
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF