South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2009 >>
[2009] ZAGPPHC 263
| Noteup
| LawCite
Absa Bank Beperk h/a Bankfin v Ntt Toyota (14684/2004) [2009] ZAGPPHC 263 (24 August 2009)
Download original files |
IN DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF, PRETORIA
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNR.: 14684/2004
DATUM:14/08/2009
In die saak tussen:
ABSA BANK BEPERK h/a BANKFIN...............................................Eiser
en
NTT TOYOTA …...................................................................................Verweerder
UITSPRAAK
[1] Die eiser, Absa Bank Beperk handeldrywend as Bankfin (hierna die “Bank" genoem), het op 20 Julie 2002 ‘n tweedehandse Mitsibushi Pajero voertuig (hierna die “voertuig”genoem) aangekoop van die verweerder, ‘n motorhandelaar, vir die uitsluitlike doel om dit aan ‘n sekere Mnr Jordaan, ‘n klient van die bank, te verkoop in terme van ‘n afbetalingsverkoopooreenkoms. Mnr Jordaan het die voertuig in ontvangs geneem nadat hy 'n deposito van R27 000.00 aan die verweerder betaal het. Die eiser het die balans van die koopprys (R108 585.14) aan die verweerder betaal en het ingevolge die bepalings van die destydse Wet op Kredietooreenkomste, Wet 75 van 1980, bereken dat rente in die bedrag van R53 273.26 oor die duur van die ooreenkoms deur Mnr Jordaan betaai sou word.
[2] Op of ongeveer 15 September 2003 is die voertuig deur die Suid- Afrikaanse Polisiediens (hierna die “SAPD” genoem), in beslag geneem op sterkte van ‘n verdenking dat dit gesteel is aangesien daar na bewering met die enjin- en onderstelnommers gepeuter was.
[3] Op 15 Oktober 2003 het die eiser ‘n amptenaar na die SAPD op Nylstroom gestuur om die aangeleentheid te ondersoek. Die ondersoeker het nie getuienis afgele nie en dit is nie bekend wat sy ondersoek opgelewer het nie.
[4] Op 12 November 2003 het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, (hierna “SAID" genoem), wat intussen betrokke geraak het, die SAPD en Mnr Jordaan per brief in kennis gestel dat die voertuig aangehou word ingevolge artikel 88(1 )(a) saamgelees met artikel 87 van die Doeane en Aksyns Wet, Wet 91 van 1964.
[5] Op 12 Januarie 2004 het Mnr Jordaan se prokureurs die bank in kennis gestel van die aanhouding van die voertuig deur die SAID, waarna hy kwytgeskeld is van verdere betaling.
[6] Op 29 April 2004 het die eiser se prokureur die verweerder in kennis gestel dat die voertuig aangehou word en onder andere in die skrywe die volgende gese:
“4. On or about November 2003 the South African Revenue Services (SARS) took possession of the vehicle and retained it in terms of section 68 (moetlees 88) read with section 87 of the Customs and Exiles (sic) Act (91 of 1964).
5. A copy of the letter from SARS is annexed hereto for your ease of reference.
6. With reference to the common law warranty against eviction our client is entitled to reclaim the full purchase price from yourselves being the amount of R108 505.14.
7. Taken into account the fact that our client is a financial institution and that your company is a well-known motor dealer, it is also within the contemplation of the parties that our client would re-sell the vehicle in terms of the instalment sale transaction and that our client would have made a profit on the finance charges.
8. The finance charges as indicated in the instalment sale agreement amounted to R53 373.208.
In the circumstances we confirm that our client has no bona fide defence of whatever nature against the repossession and detention of the vehicle by SARS ... If your company, alternatively your attorneys would like to discuss the matter, please feel free to contact writer hereof...."
[7] Ten spyte van ‘n verdere skrywe van die eiser se prokureur op 10 Mei 2004 het die verweerder nie op die brief geantwoord nie.
[8] Op 15 Julie 2006 het die SAPD op Modimolle ‘n skrywe gerig aan die Hoof Lisensiebeampte op Mokopane, die inhoud waarvan soos volg lees:
“1. The following vehicle was seized on 2003-09-15 by members of this unit due to the fact that the vehicle ivas illegally imported.
1.1. Make : Mitsibushi Pajero
1.2. Model: 1994
1.3. Reg nr. DXX821N
2. The said vehicle will be handed to SARS Poiokwane.
3. Please assist Mr Jordaan in de-registering the vehicle from the time it was impounded as it never went back to him.
4. Your co-operation in this regard is highly appreciated. ”
[9] Op 10 Augustus 2007 het die eiser se prokureurs soos volg berig aan die prokureurs van die verweerder:
"We refer to the above matter and we confirm that we have been informed by SARS that the vehicle in question herein is of Japanese origin and was therefore imported into this country for local use. Kindly confirm with our offices if your client is in possession of the following documentation:
1. Proof of importation of the vehicle.
2. Letter of authority from SABS for the vehicle.
3. Import permit for the vehicle... ”
[10] Hierdie brief is na 3 aanmanings soos volg beantwoord deur die verweerder se prokureur:
“Ons klient was nie betrokke by die invoer van die voertuig nie en kan ons derhalwe nie enige inligting aan u voorsien in die verband nie. ”
[11] Op 5 September 2007 het die SAID die volgende skrywe uitgereik aan die eiser se prokureurs:
“The team has noted that the vehicle in question is of Japanese origin and therefore it was imported into the country for local use. We requested the proof of importation, letter of authority from SABS and the import permit for the vehicle without success. It is against this background that this team has decided to issue you with this seizure notice. If you have any objection regarding this notification or would like to take legal proceedings against the seizure, you are kindly advised to respond within ninety days of receipt of this letter. Note : Failure to respond to this notice within the specified time frame as mentioned above will result in the vehicle being forfeited to the state in terms of section 88(1 )(c) of the Customs and Excise Act, 91 of 1964.”
[12] Hierdie skrywe is onderdekking van ‘n brief gedateer 14 September 2007 aan die verweerder se prokureur gestuur, maar het weer eens geen reaksie uitgelok nie.
[13] Op 13 Desember 2007 het SAID die voertuig formeel ingevolge die bepalings van artikel 88(1 )(c) in beslag geneem en aan die Staat verbeurd verklaar.
[14] Die enigste geskilpunt in die saak is die vraag of uitwinning reeds plaasgevind het toe die dagvaarding uitgereik is.
[15] Die eiser het die getuienis aangebied van Mnr WHE Gertenbach, ‘n bankamptenaar wat homself as ‘n spanlid beskryf het, in beheer van die leer. Hy het getuienis afgele met betrekking tot die dokumente wat vervat is in die bewysstuk-bundel A, waarna ek reeds hierbo verwys het. Die dokumente is nie in geskil geplaas nie, en sy getuienis is nie in kruisondervraging wesenlik aangeval nie..
[16] Die eiser het ook die getuienis van Mnr Edgard Mboweni, ‘n “senior antismuggling officer” in diens van die SAID, gelei. Mnr Mboweni het die voormelde feite bevestig. Uit sy getuienis het dit geblyk dat die somtotaal van die ondersoek wat SAID in die geval onderneem het, die skrywes was waarna ek reeds hierbo verwys het. Mnr Mboweni het nie self die voertuig ge'fnspekteer of by die SABS navraag gedoen of die voertuig na behore gedokumenteer is by die invoer daarvan nie. Hy het die standpunt ingeneem dat die onus op die eienaar, synde die eiser, is om die behoorlike invoer van die voertuig te bewys.
[17] In kruisverhoor met Mnr Mboweni toegegee dat, op die datum toe dagvaarding uitgereik is, sy ondersoek nog nie afgehandel was nie en dit nog onsekerwas of die voertuig uiteindelikin beslag geneem enverbeurd verklaar sal word, aldan nie.
[18] Mnr Roos, wat namens die verweerder verskyn het, het aangevoer dat, omdat daarten tye van die uitreiking van die dagvaarding nog niefinaliteit bereik is deur die SAID met betrekking tot die lot van die voertuig nie, uitwinning nog nie plaasgevind het nie. Hy het aangevoer dat uitwinning eers plaasgevind het op 13 Desember 2007 toe daar op die voertuig beslag gele is ingevolge artikel 88(1 )(c) van die Wet, dit wil se na uitreiking van die dagvaarding.
[19] Zulman en Kairinos, Normans Law of Purchase and Sale in South Africa (5th Edition), p145 beskryf die aard van uitwinning soos volg:
“Eviction has been defined as any lawful interference with vacua possessio by the vendor himself or another or any lawful menace to such vacua possession (Voet 21.2.1 - Games Translation, Volume 3, p661 - 662) owing to a flaw in the title of the seller (Van Staden v Pretorius, 1965 (1) SA 582 (T)). ... It thus includes a demand on the part of the third person to hand over the property sold to him if the purchaser is unable to resist such a claim; the refusal of the person in possession of the property to relinquish it to the purchaser; the demand for payment of a sum of money by the purchaser in order to retain the whole or portion of the res vendita; and conceivably the existence of a concealed servitude over the property which interferes with the use and possession of the property. In short anything which weakens the purchaser's right to the whole or portion of the thing sold or which constitutes a menace to his right of having free and undisturbed possession.’’
[20] Met betrekking tot die in beslagneming van goedere deur die doeane owerhede se Mfalila R in Mojo v Jani 1985 (3) SA 362 (ZHC) op 366 I - J:
“If a purchaser is physically dispossessed of his purchase there can in my view be no clearer case of eviction. The Act of so dispossessing the purchaser fits in very well with the definitions of eviction quoted above as it amounts to a ‘serious and successful threat against his (the purchaser’s) possession’."
[19] In Sirius Motor Corporation (Ptv) Ltd v Kaiee & Others f19971 2 All SA 159 (T) op 1641- j beslis Magid R soos volg:
“This passage demonstrates in my view that it is not necessary, in order to found an action based upon the implied warranty against eviction, that the eviction must take place at the instance of someone with some clear right in the merx itself. In my view if the third party has an unassailable right to possess the merx adverse to the purchaser, the dispossession of the purchaser constitutes an eviction for the purpose of an action based on the breach of warranty. ”
[20] In Lavers v Hein & Far BK1998 (3) SA 195 (HHA) op 99 C beslis Hefer AR :
“Dit volg dus dat die betoog namens die appellant dat verjaring in die onderhawige geval reeds by die beslaglegging begin loop het, verwerp moet word. Op daardie stadium was daarinderdaad geen skuld waarop artikel 12 in die Verjaringswet van toepassing kon wees nie. Wat oorbly is die vraag wanneer dit vir die eerste maal tot die respondent se kennis gekom het dat die voertuig nie aan hom terugbesorg sal word nie."
[21] Ten einde die datum te bepaal wanneer dit tot die eiser se kennis gekom het dat die voertuig nie aan Mnr Jordaan teruggegee sal word nie, is dit nodig om die statutere agtergrond waarteen sodanige kennis oorweeg moet word, na te gaan. Artikel 87(1) van die Wet bepaal soos volg:
“Enige goedere wat strydig met die bepalings van hierdie Wet ingevoer, uitgevoer, vervaardig, opgeslaan, verwyder, ofandersins mee gehandel is, of ten opsigte waarvan enige misdryf kragtens hierdie Wet gepleeg is (met inbegrip van die houers van enige sodanige goedere) of enige instailasie wat strydig met die bepalings van die Wet by die vervaardiging van enige goedere gebruik is, is aan verbeuring onderhewig, waar en in wie se besit dit ookal gevind word: met dien verstande dat verbeuring nie strafbaarheid met enige ander pene of straf wat ingevolge hierdie of enige ander Wet opgeloop is of aanspreeklikheid vir enige onbetaalde reg of vordering ten opsigte van sodanige goedere, raak nie.
[22] Artikel 88(1) van die Wet bepaal soos volg:
“(a) ‘n beampte, landdros, of lid van die polisiemag kan enige skip, voertuig, installasie, stof of goedere op enige plek aanhou met die doe! om i/as te stel of daardie skip, voertuig, installasie, stof of goedere kragtens hierdie Wet aan verbeuring onderhewig is.
(b) ...
(bA) ...
(c) Indien sodanige skip, voertuig, installasie, stof of goedere kragtens hierdie Wet aan verbeuring onderhewig is, kan die kommissaris op daardie skip, voertuig, installasie, stof of goedere beslag le.
[23] Artikel 102(1) van die Wet bepaal soos volg:
“Any person selling, offering for sale, or dealing in imported or excisable goods or fuel levy goods or any person removing same or any person having such goods entered in his books or mention in any documents referred to in section 75(4A) or 101 shall when requested by an officer produce proof as to the person from whom the goods were obtained and if he is the importer or manufacturer or owner, as to the place where the duty due thereon was paid, the date of payment, the particulars of the entry for home consumption and the marks and numbers of the cases, packages, bales and other articles concerned which marks and numbers shall correspond to the documents produced in proof of the payment of the duty. ”
[24] Dit volg uit voormelde statutere bepalings dat die eiser as eienaar van die voertuig, geroepe was, ten einde die aanspraak van SAID te ontkom, om teenoor SAID bewys te lewer, van die datum, tyd en plek en ander besonderhede van die invoer van en betaling van die invoerbelasting op die voertuig.
[25] Ek is van mening dat uitwining plaasvind het toe die eiser tot die gevolgtrekking gekom het dat hy as eienaar nie in die vermoe is om die SAID tevrede te stel dat die voertuig inderdaad behoorlik ingevoer is en dat die invoerbelasting na behore betaal is nie.
[26] In die kennisgewing uitgereikdeurSAIDop 12 November 2003, ingevolge waarvan kennis gegee is van die aanhouding van die voertuig en welke kennisgewing op 12 Januarie 2004, aan die eiser versend is word die volgende gese:
“You are requested to comply with the provisions of section 102 on or before 12:00 on 12 December 2003 failing which steps will be taken as deemed necessary and appropriate in the circumstances including the enforcement of the provisions of the Act.”
[27] Dit moes dus reeds op 12 Januarie 2004 by ontvangs van gemelde kennisgewing aan die eiser duidelik gewees het dat die bank nie aan die bepalings van artikel 102 kon voldoen nie en dat die aanspraak van SAID onaanvegbaar is. Daardie datum is voor uitreiking van die dagvaarding. Die feit dat SAID jare daarna nog geweifel het en eers op 13 Desember 2007, vier jaar later, oorgegaan het tot beslaglegging ingevolge artikel 88(1 )(c), is na my mening irrelevant vir doeleindes van die bepaling van die datum waarop die uitwinning plaasgevind het.
[28] In die lig daarvan die ander feite met betrekking tot die eiser se eis onbetwis is, meen ek dat die eiser se eis behoort te slaag.
[29] Bygevolg maak ek die volgende bevel:
“Vonnis word toegestaan teen die verweerder ten gunste van die eiser
vir:
1.1. Betaling van die bed rag van R161 778.40;
1.2. Rente op die bed rag van R161 778.40 bereken teen ‘n koers van 15.5% per jaar vanaf 29 April 2004 tot datum van betaling;
1.3. Koste van die geding.”
P. ELLIS
WAARNEMENDE REGTER