South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2009 >> [2009] ZAGPPHC 288

| Noteup | LawCite

S v Khaliswayo (PSH59/08) [2009] ZAGPPHC 288 (25 September 2009)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA)

DATUM: 25 SEPTEMBER 2009

LANDDROS SE REEKS NO: 12/09

SAAK NO: PSH59/08

HOOGGEREGSHOF VERW NO:1138

 

 

DIE STAAT VS SIPHO SAMSON KHALISWAYO

HERSIENINGSUITSPRAAK

EKSTEEN WR:

Die beskuldigde is op 22 Mei 2008 in die streekhof te Piet Retief skuldig bevind aan ' n aanklag van Korrupsie (oortreding van artikel 3(a)(1)(aa) van Wet 12 van 2004) en die sertifisering van 'n onpadwaardige voertuig as padwaardig (oortreding van Regulasie 141(6) van wet 93 van 1996). Dit het op 22 Januarie 2008 tot die voorsittende streeklanddros se kennis gekom (voor vonnis opgele kon word) dat die dokumentere bewysstukke wat deur die Hof ontvang is en waarop die skuldigbevinding gebaseer is nie verwys na 8 Maart 2007 nie maar na 8 Maart 2006. Die skuldigbevinding is in geheel gebaseer op die verkeerde aanname dat die dokumentasie verwys na 8 Maart 2007.

Die Streeklanddros het gevoigiik die oorkonde van die verrigtinge deurgestuur vir spesiale hersiening. Die beskuidigde het erken dat hy wel die padwaardigheidsertifikaat uitgereik het en dat die enigste betaling wat ontvang is ampteiike betaling vir die toets en uitreiking van die sertifikaat was. In die iig daarvan dat die sertifikgat op 8 Maart 2006 uitgereik was en nie op 8 Maart 2007, soos verkeerdelik aanvaar is nie, blyk dit dat die beskuidigde nie met die aanklagte verbind word nie.

Gevoigiik word die volgende bevel gemaak;

Die skuldigbevinding word tersyde gestel.

C.J EKSTEEN

WAARNEMEDE REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Ek stem saam



C BOTHA

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF