South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2009 >>
[2009] ZAGPPHC 303
| Noteup
| LawCite
J v J (17705/05) [2009] ZAGPPHC 303 (11 August 2009)
Download original files |
SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy |
IN DIE HOË HOF VAN SU1D-AFRIKA
(NOORD GAUTENG HOË HOF. PRETORIA)
SAAK NR: 17705/05
DATUM: 2009-07-14
11 August 2009
Not Reportable
Not of interest to other judges
10 In die saak tussen
J P J[….]……………………………………………………………………Applikant
en
E G J[…]…………………………………………………………………Respondent
UITSPRAAK
HARTZENBERG. R: Hierdie is die soveelste aansoek tussen hierdie partye wat in die vroeë tagtigerjare getroud is en wat sedert 2005 nie
20 meer saam woon nie. Dit blyk dat nadat die partye uitmekaar uit is die applikant, die man, baie siek geword het en in die intensiewe eenheid van die hospitaal was en dat hy vir 'n ruk deur die respondente verpleeg is. Daar was skynbaar vooruitsigte dat daar 'n versoening kon wees wat toe nie gerealiseer het nie. Dit is baie duidelik dat die moeilikheid tussen die partye eenvoudig is dat die partye nie eens is oor hoe die partye se uitgawes befonds moet word nie.
Hierdie aansoek word gebring as 'n aansoek ingevolge Reel 43(6) van die hofreëls en die respondente argumenteer dat die applikant hoegenaamd geen saak uitgemaak het dat daar veranderde omstandighede bestaan nie. Ek kan nie akkoord gaan met daardie argument nie.
Die applikant sit uiteen dat toe die vorige bevel gemaak is hy 'n inkomste uit 'n makelaarsbesigheid gehad het van R10 000 per maand. Hy toon aan dat daardie inkomste weggeval het. Nou as dit nie 'n
10 veranderde omstandigheid is nie dan weet ek nie wat is 'n veranderde omstandigheid nie.
Maar meer nog, dit blyk dat die applikant intussen 'n nekoperasie ondergaan het en dat dit 'n ernstige inpak op sy verdienstevermoë moet hê. Ek is tevrede dat daar wel veranderde omstandighede is en dat die hof moet kyk of daar 'n verandering van die bevel moet wees.
Die respondente beweer dat die applikant moet iewers geld hê, maar daar is nie bewys daarvan dat hy wel geld het nie. Sy sê 'n mens moet kyk na die eiendomme wat hy gehad het en wat verkoop is en wat die verkoopprys was en dan moet die afleiding wees dat hy groot
20 hoeveelhede geld gehad het wat hy op een of ander manier iewers wegsteek.
Daar word nie deur haar uiteengesit van watse skulde hy gehad het en hoe dit gekom het dat hy die eiendomme moes verkoop nie. Op die stukke soos dit tans voor my is, is ek tevrede:
1. Dat daar veranderde omstandighede is, en
2. Dat die applikant se verdienstevermoë nie sodanig is dat hy in
staat is om 'n bydrae te maak tot die onderhoud van die respondente nie.
In die gevolg maak ek die volgende bevel:
1. Die bestaande bevel ingevolge Reel 43 word opgeskort hangende die egskeiding in hierdie saak.
2. Die koste van hierdie aansoek sal koste in die egskeidingsgeding wees.
10
ME VAN NIEKERK