South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2009 >> [2009] ZAGPPHC 309

| Noteup | LawCite

Unicorn Security Bk v Iyanga Trading (Pty) Ltd (Ebersohn J) [2009] ZAGPPHC 309; 20479/09 (25 September 2009)

Download original files

PDF format

RTF format


SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD GAUTENG HOGGEREGSHOF. PRETORIA)

SAAK NO: 20479/09

2009-07-08

10

In die saak tussen



UNICORN SECURITY BK……………………………………………………….Applikant

en

IYANGATRADING [PTY] LTD…………………………………………..1ste Respondent



J P NEL………………………………………………………………………2de Respondent

UITSPRAAK



EBERSOHN, R: Omdat die hof net ‘n tussentydse bevel gaan verleen

20 is dit nie betaamlik dat die hof hom uitspreek oor enige van die punte in geskil nie, behalwe net om te bevind dat op die balans van gerief en in die lig van die getuie, mnr Nel, se erkenning dat daar wel so ‘n sender is op die berg dat ‘n tussentydse bevel verleen moet word in die belang van die gerief van die gebruikers van die alarm sisteem in die dorp. Hierdie bevinding van my moet nie beskou word as enige vooruitloping van enige bevel wat ‘n latere hof op die keerdatum sal maak nie. Dit moet ook so verstaan word.



Ek het na oorweging besluit om die volgende tussentydse bevel te maak wat ons vinnig laat tik het en wat aan die partye beskikbaar gestel sal word.

1. Dat die applikant se versuim om te voldoen aan die vorms en betekening soos voorgeskryf deur reel 6 gekondoneer word en dat hierdie aansoek ingevoige die bepalings van reel 6(12) as 'n dringende aansoek aangehoor word.

10 2. Dat ‘n tussentydse bevel hiermee uitgereik word waarkragtens die eerste en/of tweede respondente beveel word om die applikant en/of sy verteenwoordigers of werknemers in onmiddellike herbesit te plaas van en/of aan die applikant se verteenwoordigers of werknemers onmiddellike en ongestoorde toegang te verleen tot die sekuriteit radiosender [repeater] wat deur die applikant bedryf word op Gedeelte 94 van die plaas B[...] 4[...], distrik B[...], Limpopo Provinsie ten einde die applikant sodoende in staat te stel om die batterye van die sender te vervang en/of onmiddellike noodreparasies daaraan te verrig en/of enige ander noodsaaklike

20handelinge met betrekking tot die bedryf daarvan te verrig.

3. Dat indien die respondente sou versuim om stiptelik te voldoen aan die bepalings van paragraaf 2 hiervan, die balju hiermee gemagtig word om die eiendom waarop die gemelde radio sender geleë is en bedryf word te betree en enige slotte of ander hindernisse tot die radio sender te verwyder en/of die radio sender onder sy beheer te neem en/of die applikant se verteenwoordigers en/of werknemers ongestoorde toegang daartoe en/of die beheer daaroor te verleen vir die doel om die batterye van die sender te vervang en/of onmiddellike noodreparasies daaraan te verrig en/of enige ander noodsaaklike handeling met betrekking tot die bedryf daarvan te verrig.

4. Dat die bepalings van paragrawe 2 tot 3 van hierdie bevel as ‘n tussentydse bevel sal dien.

5. Dat die eerste en die tweede respondente hiermee opgeroep word

10 om op Dinsdag 4 Augustus 2009 om 10:00 of so spoedig doenlik daarna as wat die saak aangehoor kan word om redes, indien enige, voor hierdie hof aan te voer:

5.1 Waarom paragrawe 2 tot 3 van hierdie bevel nie bekragtig moet word nie.

5.2 Waarom hulle nie beveel moet word om die koste van hierdie aansoek te betaal nie.

5.3 Of waarom alternatiewe regshulp nie aan die applikant toegestaan moet word nie.

6. Dat die bepalings van hierdie bevel telefonies deur die griffier aan

20 die balju voorgelees en/of per telefaks aan die balju versend mag word vir dringende uitvoering.

Ek handig die bevel af.