South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2010 >> [2010] ZAGPPHC 185

| Noteup | LawCite

Pierce v Padongeluk Fonds (21591/2008) [2010] ZAGPPHC 185 (8 November 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


NEE RAPPORTEERBARE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF)


Saak nommer: 21591/2008

Datum: 8 November 2010


In die saak tussen:

D.T. PIERCE........................................................................................................Eiser

en

DIE PADONGELUK FONDS...........................................................................Verweerder


UITSPRAAK


PRETORIUS R,


Hierdie is 'n aksie ingestel deur die eiser vir skadevergoeding as gevolg van persoonlike beserings wat hy opgedoen het tydens 'n motorbotsing. Die partye het ooreengekom om slegs getuienis ten opsigte van die meriete te lei en dan die hof toe te spreek met betrekking tot kwantum.


Die enigste feit in geskil was of die eiser en of versekerde bestuurder nalatig was en of daar, indien 'n bevinding ten opsigte van nalatigheid gemaak word, 'n verdeling moet wees tussen die eiser en verweerder as gevolg van die eiser se bydraende nalatigheid.

Mnr David Pierce, die eiser. het getuig dat hy op 18 Julie 2006 die bestuurder van 'n bakkie met registrasienommer PJD492GP was, die eiendom van Mnr Burger. Mnr Burger was die passasier en het hulle gery op die alternatiewe Potgietersrus roete vanaf Tzaneen in 'n noord-suid rigting. Dit was ongeveer 20h00, die weer was goed, en dit was reeds donker. Die betrokke pad is smal en reguit.


Die eiser het 'n vragmotor van voor sien aankom. sy ligte verdof en gesien dat die vragmotor ook sy ligte verdof het. Toe die vragmotor by die eiser se bakkie kom, het die eiser skielik 'n sleepwa met hout reg voor die bakkie in die pad gesien in die vragmotor se ligte. Dit was te laat om uit te swaai. Die eiser het rem getrap en agter in die sleepwa vasgery. Die eiser se getuienis was dat hy op daardie stadium tussen 80-100 kilometer per uur gery het en geen kans gehad het om die botsing te vermy nie. Hy getuig dat hy nie die chevronstrepe en agterligte van die sleepwa gesien het nie, aangesien die vrag hout dit bedek het. Hy het egter nie gesien die hout bedek die chevronstrepe, agterligte en weerkaatsers van die sleepwa nie, maar het slegs so 'n afleiding gemaak.

Hy het verskeie beserings aan sy kop, sy gesig, sy linkerarm en been opgedoen en is afgevoer na die hospitaal. Hy was vir meer as 'n maand nie in staat om te werk nie. Hy het egter geen permanente beserings opgedoen wat horn in die toekoms onbevoeg sou maak om te werk nie.


Onder kruisverhoor getuig hy dat hy dikwels die pad ry en dit goed ken. Hy is bewus daarvan dat daar gevare op die pad kan wees in die donker, soos beeste en donkies. Verder getuig hy dat die vragmotor se ligte horn deels verblind het. Die vragmotor was 200 meter van horn af toe hy dit die eerste keer gesien het. Hy kan geen verklaring gee waarom hy die sleepwa so laat gesien het terwyl sy motor se ligte en die vragmotor se ligte aan was nie. Hy getuig dat hy spoed verminder het toe hy die vragmotor van voor sien aankom het, maar dat hy op daardie stadium tussen 80 tot 100 kilometer per uur gery het.


Mnr Burger, die eienaar van die voertuig en die passasier in die bakkie se getuienis het die saak nie veel verder geneem nie, aangesien dit duidelik blyk uit sy getuienis dat sy aandag nie op die pad was nie. Hy het die vragmotor van voor en die sleepwa skielik gesien en die volgende oomblik het die botsing plaasgevind. Hy het foto's van die bakkie, trekker en sleepwa, wat ingehandig is as bewysstukke, geneem na die botsing.

Die versekerde bestuurder, mnr J Masetloa, getuig dat hy met 'n trekker en sleepwa langs die pad van Noord na Suid gery het. Die sleepwa was gepak met brandhout en daar het twee mense op die hout gesit. Al die ligte van die trekker en sleepwa was aangeskakel en het gewerk. Hy het gevoel hoe 'n voertuig van agter met die sleepwa gebots het.


Hy ontken dat die hout die chevronstreep en agterligte en weerkaatsers van die sleepwa bedek het . Hy het teen 15 kilometer per uur gery ten tye van die botsing. Die sleepwa en regterkantste lig van die sleepwa was beskadig. Geen deskundige getuienis is gelei ten opsigte van die toneel van die botsing en van hoe die botsing kon plaasgevind het nie.


Mnr Kilian, namens Verweerder, gee toe dat die getuienis van die versekerde bestuurder ten opsigte van waar hy gery het, nie aanvaar kan word nie. Die hot moet saamstem met mnr Killian dat die hot geen afleidings kan maak uit die skade wat die onderskeie voertuie opgedoen het nie. Daar is ook geen deskundige getuienis in hierdie verband gelei nie. Dit is duidelik dat die eiser die afleiding gemaak het dat die hout die chevron streep en ligte bedek het, aangesien hy dit nie gesien het nie.


As die hof aanvaar dat die versekerde bestuurder wel nalatig was ten opsigte van die sigbaarheid van die sleepwa, moet die hof vasstel of die eiser bydraend nalatig was.

Aangesien daar geen ander getuienis ten opsigte van die toestand van die sleepwa was net voor die botsing is nie, moet die hof op waarskynlikhede bevind dat dit moontlik is dat die chevronsteep en ligte deur hout bedek was.


In Santam Versekeringsmaatskappy Bpk v Strydom 1977 (4) SA 899 (AA) het Diemont AR in 'n soortgelyke saak bevind op p 912

"n Versigtige bestuurder, meen ek, sou nie onder die omstandighede met gedompte ligte tussen 'n spoed van 80 en 100 kilometer gery het nie, veral op 'n betreklike nou pad waar die ligte van die verkeer horn moontlik gaan lastig val. Respondent het onder kruisverhoor eiken dat hy verblind is toe die aankomende kar se ligte na die draai op horn geval het." (Hof se klem)

en "Die afleiding is dat dit dus nie 'n skielike of onverwagte verblinding was nie en dat die respondent 'n tout begaan het om slegs sy voet van die petrol-pedaal afte haal. Hy moes sy remme getrap het."


Die hof bevind dat die eiser wel tot 'n mate nalatig was deur steeds 80 tot 100 kilometer per uur te ry terwyl hy getuig het dat die aankomende vragmotor se ligte horn verblind het. Hy was bewus daarvan dat dit 'n nou pad was en was bewus dat dit 'n gevaarlike pad in die nag was. Die hof bevind dus dat die eiser nie behoorlike uitkyk gehou het in die omstandighede wat geheers het nie. Die versekerde bestuurder was egter veel meer nalatig en sal 'n verdeling van 85%.- 15% billik wees.


Die verweerder het toegegee met betrekking tot die onderneming, die bedrag ten opsigte van gelede mediese uitgawes en die bedrag ten opsigte van verlies aan inkomste vanaf die botsing totdat die dagvaarding uitgereik is.


Na aanleiding van die eiser se getuienis het Mnr du Plessis, namens die eiser tereg toegegee dat geen toekomstige verlies aan inkomste toegestaan behoort te word nie. Die hof is van oordeel, nadat al die getuienis, asook die deskundige getuienis oorweeg is, dat 'n bedrag van R250 000.00 billik is vir algemene skade vir pyn en lyding en verlies aan lewensgenietinge.


Die hof maak die volgende bevel:

1. Die Verweerder betaal die Eiser die bedrag van R257,053.00 (Tweehonderd sewe en vyftig duisend drie en vyftig rand) welke betaal moet word in die trustrekening van prokureur Nicolene van der Walt, Stone Prokureurs Trust Rekening, Nedbank, Rekening nommer: 1604741783, Takkode 160445, Verwysing: TP/P068/1681;

2. Die bedrag hierbo moet betaal word in trust van die eiser se prokureur en nadat die koste op prokureur en klientskaal afgetrek is, moet die restant aan die eiser betaal word.

3. Die Verweerder lewer aan die Eiser 'n onderneming kragtens Artikel 17(4)(a) van die Pad Ongelukke Fondswet 45 of 1996, om die eiser se koste te betaal ten opsigte van toekomstige verblyf van die eiser in 'n hospitaal of verpleeginrigting, of behandeling of lewer van 'n diens of goedere gelewer aan horn wat voortspruit uit beserings wat hy


C Pretorius

Regter van die Hooggeregshof