South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2011 >> [2011] ZAGPPHC 134

| Noteup | LawCite

Du Toit en Anders v Direkteur van Openbare Vervolging en Anders (33769/11) [2011] ZAGPPHC 134 (21 July 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


NOT REPORTABLE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA NOORD

GAUTENG, PRETORIA.


SAAKNOMMER 33769/11

DATUM:21/07/2011

In die tussen:.


M DU TOIT en 5 ANDER.......................................................................................APPLIKANTE

vs

DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGING.......................................le RESPONDENT

DIE MINISTER VAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT..................................... 2e RESPONDENT

MINISTER VAN KOSTITUSIONELE ONTWIKKELING.................................3e RESPONDENT

MINISTER VAN KORREKTIEWE DIENSTE................................................. 3e RESPONDENT


UITSPRAAK

Gelewer op


R D CLAASSEN R:


1.

Die vyf applikante vorm deel van die beskuldigdes wat in hierdie hof teregstaan in die sg Boeremagsaak. Op 31 Mei 2011 het van die ander beskuldigdes probeer ontsnap vanuit die hofsaal tydens 'n verdaging. As gevolg van die voorval is baie van die voordele en voorregte wat die beskuldigdes geniet het, summier ontneem. Die ses applikante was nie deel van diegene wat inderdaad probeer wegkom het nie. Op grond van daardie feit bring hulle hierdie aansoek op sterkte van art. 38 van die Grondwet, vir die onmiddellike herstel van al hul voormalige (mense-)regte. Hierdie saak het voor my gekom as 'n dringende aansoek. Dit handel oor hulle menseregte, en meer in besonder hoe hulle hanteer word, binne en buite die hof. Die volgende hoftermyn begin weer volgende week. Dit is vir hulle belangrik dat hierdie aansoek voor daardie tyd beslis word. Die beginsels hier ter sprake is diepgaande vir ons regspleging. Vanwee die kort tyd tot my beskikking sal dit nie moontlik wees 'n diepgaande en rigtinggewende uitspraak daaroor te gee nie. Ek kan maar hoogstens na sekere van die feite van die besondere saak verwys, en daarop beslis. Daarvoor moet ek by voorbaat verskoning vra.

2.

Volgens die Kennisgewing van Mosie eis hulle in wese die herstel van die volgende "regte":

2.1 Dat hulle sonder voetboeie in die hof verskyn

2.2 Dat hulle selle eers 22.00 uur saans gesluit word

2.3 Herstel van reelings m.b.t. Vorige konsultasies met regsverteenwoordigers en mede beskuldigdes

2.4 Besoeke, insluitende kontakbesoeke, met familie en naasbestaandes

2.5 Gebruik van skootrekenaars in die hof en in die gevangenis

2.6 Ontvangs van kos- en ander pakkies

2.7 Dat Sesde Applikant se besoeke deur sy Sielkundige en Geestelike werker herstel word, by die hof asook by die gevangenis.

2.8 Dat die Applikante in 'n aparte voertuig vanaf die tronk na die hof vervoer word.

3.

Dit is gemeensaak dat die leier van die Eerste Respondent se regspan, die dag na die ontsnapping, in die hof aangekondig het dat al bg regte summier ingekort word. Daar was geen konsultasie vooraf met die beskuldigdes se regspanne hieroor nie.


4.

Op versoek van die applikante, is die (dringende) aansoek verhoor in dieselfde hof waar die strafverhoor plaasvind. Dit is duidelik gedoen om aan my, wat nie betrokke is in die strafverhoor nie, te wys wat die omstandighede is met betrekking tot die beveiliging van die beskuldigdes tydens hofsittings. As gevolg van die verskillende eise gestel deur die applikante, het ek toe ook 'n inspeksie ter plaatse gedoen van die omstandighede buite die hof, asook onder in die aanhoudingsgebied. Daar kan kortliks na die volgende aspekte verwys word:

4.1 In die hof alleen was daar ten minste 12-14 uniform-polisiemanne en -vroue teenwoordig, wat reg rondom die hof gestaan het, afgesien van die ondersoekbeampte. Binne en buite elke deur.was daar ten minste 3-4 polisie teenwoordig. Die regter se toegangsdeur word gesluit tydens die hofverrigting. Onder in die aanhoudingsgebied, waar die beskuldigdes,

volgens inligting van die balie af, in verskillende selle aangehou word, was daar ten minste 7-8 polisie teenwoordig.

4.2 Die konsultasiekamer agter die hof, wat deel is van die algemene openbare foyer van die hofgebou, is aan die Oostekant van die foyer, en kan sekerlik tegnies afgesper word. Dit bevat egter ook 'n openbare toilet, en daar is 'n buitedeur, wat nie tans gesluit kan word nie. Die konsultasiekamer self, kan egter gesluit word. In daardie omgewing het ek ook talle polisie opgemerk, en die ondersoekbeampte was in besit van die deur se sleutel.

4.3 Die konsultasiekamers onder in die aanhoudingsgebied, waarvan daar omtrent 5 is, bevat elkeen dieselfde geriewe as in die een buite die hof. Die groot verskil is dat die kamers van tralies voorsien is, nie vensters nie, maar kan ook gesluit word. Die groot probleem is dat elke kamer direk aanliggend is tot die algemene gang, wat baie nou is. Dit was duidelik, selfs onder die omstandighede waar net die lede van die hof teenwoordig was, dat daar 'n baie groot eggo-effek is, en dat die geringste geluide in die gang, baie steurend sal wees vir enige konsultasie in daardie kamers.

5.

Die belang van die verskillende konsultasie-geriewe, by die hof, is dat die applikante, en hulle regspanne, ernstig kla dat konsultasies onder in die aanhoudingsgebied, totaal onmoontlik is, omdat die polisie wat daar diens doen so 'n lawaai maak, dat hulle nie sinvol met mekaar kan kommunikeer nie. Daarom wil hulle die konsultasiekamers in die foyer, agter die hof, gebruik. Die polisie het vanwee die feite reeds na verwys, beswaar hierteen uit 'n sekuriteitsoogpunt.

6.

Die kern van die geskil gaan natuurlik oor die botsing enersyds tussen wat die applikante beskryf as hulle menseregte om met waardigheid behandel te word, en onderskei te word van die betrokke beskuldigdes wat probeer ontsnap het, en andersyds, die belange van die respondente om die veiligheid en bewaring van die beskuldigdes en die veiligheid van die publiek te verseker. Hierdie aspekte moet teenoor mekaar opgeweeg word.

7.

Dit is dienstig om met die verskillende eise afsonderlik te handel, en dan soos dit van toepassing is op die Derde en Vierde Respondente

onderskeidelik. Ek handel eerstens met die Vierde Respondent se betrokkenheid. In wese is die eise teen Vierde Respondent die volgende:

7.1 Herstel van die regte vervat in "Aanhangsels B" en "CI - C4".

7.2 Selle sal eers om 22.00 uur gesluit word i.p.v. 16.00 uur

7.3 Gebruik van rekenaars, en dat hulle in dieselfde konsultasiekamer met hul regsverteenwoordigers, langsmekaar, mag sit sodat hulle gelyktydig na mekaar se rekenaars kan kyk.

8.

Tot en met 31 Mei 2011 was daar 'n regime wat geheers het in die gevangenis m.b.t. al die beskuldigdes. Dit is vervat in 'n skrywe van die Staatsprokureur wat in 2004 'n bevel van die hof gemaak is. (Aanhangsel B tot die aansoek.) Dit is algaande aangevul deur verdere reelings, wat vervat is in verdere skrywes, wat aangeheg is as Aanhangsels CI - C4 van die aansoek. Hierdie reelings is getref terwyl die beskuldigdes in "C Max"-gevangenis aangehou was. Hulle was van Pretoria "Lokaal" daarheen oorgeplaas terwyl verbeterings gedoen was aan Lokaal. In April hierdie jaar is hulle toe weer teruggeplaas in Lokaal terwyl verbeterings aan C Max gedoen word. Op 23 Mei 2011 het die betrokke Staatsprokureur (Mnr Nel) aan die Vierde Respondent 'n brief geskryf waarin lg meegedeel word dat Aanhangsels B en CI - C4 net gegeld het ten opsigte van C Max en dat die besondere regte summier opgeskort moet word. Daar was geen verklaring van Nel aangeheg nie. Dit het onder andere behels dat die beskuldigdes saans opgesluit is om 16.00 uur, in plaas van 22.00 uur soos tevore. Die situasie in Lokaal is ook sodanig dat konsultasies geskied vanuit aparte lokale wat teenoor mekaar is, maar met tralies geskei word. Hulle moet dus deur die tralies konsulteer. Dit is egter moontlik om dokumente en geheuestokkies en dies meer oor en weer te gee. In C Max was daar geriewe waar hulle langsmekaar kon sit. Dit het gesorg dat die besondere advokaat en klient langs mekaar kon sit en gelyktydig mekaar se rekenaars kon lees en vergelyk.

9.

Wat betref die toesluit ure, is dit gemeensaak dat sedert hul terugkeer na Lokaal, was hulle selle eers gesluit om 22.00 uur, totdat Nel se brief ontvang is. Vierde Respondent maak beswaar teen die latere tyd omdat dit strydig is met hulle gewone roetines en dissipline, en dalk ekstra marmekrag verg om "na ure" die selle te sluit. Daar is geen verduideliking hoekom dit vroeer kon geskied het, maar nie nou meer nie, behalwe vir die skrywe van Nel. Sonder 'n ander verklaring is dit vir my duidelik dat die reeling gegeld het omdat

die spesiale omstandighede van die saak dit vereis het, en nie omdat dit slegs ten opsigte van C Max gegeld het nie. Die feit dat dit wel vir omtrent 'n maand bestaan het, bewys dat dit moontlik is. Die beswaar van die Vierde Respondent in hierdie opsig gaan nie op nie. Wat betref die spesiale omstandighede van die saak, verwys ek onder andere na die feit dat die beskuldigdes besig is met hulle slot betoe, ten opsigte van 'n oorkonde van omtrent 80 000 bladsye, en 7000 bladsye se hoofde van argument. Daarbenewens het sekere van die beskuldigdes (nie noodwendig die applikante nie), ook nuwe raadsmanne bekom. Dit is duidelik dat dit intensiewe studie en samewerking verg.

10.

Die konsultasie geriewe is egter 'n probleem. Die Vierde Respondent se dat hulle eenvoudig nie sulke geriewe het nie. Die huidige geriewe is sodanig dat slegs tralies hulle van mekaar skei. Dit is dus moontlik om die rekenaars om te draai dat die ander party dit kan lees. Hierdie aspek lyk dus nie vir my na 'n onoorkomelike probleem nie.

11.

Wat betref die ander eise wat voortspruit uit die betrokke aanhangsels, het dit meer betrekking op die Derde Respondent (die "Polisie"). Soos Mnr Sithole SC namens die Vierde Respondent gese het, spruit dit alles voort uit die ontsnapping per se, wat by die hof gebeur het, onder die jurisdiksie van die Polisie, en het met hulle niks te doen nie.

12.

Wat betref die Polisie, is dit hoofsaaklik 'n opweging van belange wat die veiligheid en bewaking van die applikante behels, teenoor hulle eie "regte", voorregte en eise. Geen twee sake is dieselfde nie. Hierdie is 'n buitengewone saak wat al meer as 8 jaar duur, en, volgens 'n skatting vanaf die balie, nog meer as 'n jaar sal duur. Sekere van die regte en voorregte geld al tussen 4-8 jaar. Alles geld nie noodwendig vir alle beskuldigdes nie. Die groot verskil vir doeleindes van die huidige saak is dat daar op 31 Mei 2011 'n derde ontsnappingspoging was. Twee van die beskuldigdes, nie die applikante nie, was al tevore betrokke by sulke pogings. Hulle is ook sedertdien anders behandel as die huidige applikante. Die detail daarvan is nie van belang vir die huidige nie, behalwe dat twee van hulle sedert die vorige ontsnapping in voetboeie in die hof verskyn. Dit is gemeensaak dat nie een van die applikante gepoog het om te ontvlug nie. Hulle word ook nie daarvan aangekla in die huidige ondersoek na die voorval nie. Hulle aanslag

in die huidige aansoek is dat hulle nou gestraf word" vir die wandade van andere, wat onmenslik en onregverdig is. Hulle voer aan dat hulle oor die jare heen of gevestigde regte, of redelike verwagtings verkry het wat nie eensydiglik en summier ontneem mag word nie.

13.

Aan die anderkant is die polisie se houding, in kort, dat *n noodtoestand geheers en nou ontstaan het wat noodmaatreels verg. Daar word verwys na hulle regulasies oor die hantering en behandeling van gevangenes na en van, en by die hof. Eerstens mag "uncontrollable" individue ook in die hof geboei word. Yerder is dit duidelik uit die aanhangsels na verwys, dat as enige reel oortree word kan die regte ingetrek word. Dan is daar die kwessies van nie alleen beskikbare mannekrag nie, maar ook vir gespesialiseerde dienste ten opsigte van vervoer en bewaking. Daar is betoog dat selfs met die huidige kontingent van meer as 24 polisie, wat ek self waargeneem het, en voetboeie, die ontsnapping nie gekeer kon word nie. Daar word op gewys dat, deur valse voorwendsels, middels ingesmokkel is wat die ontsnappers in staat gestel het om te ontsnap. Op grond van daardie oorwegings, in die bree, was dit noodsaaklik om die reelings te verander. Ek sal nou na die besondere aspekte verwys.

14.

Voetboeie.

Hierdie is waarskynlik die neteligste kwessie van almal. Die argument hieroor werk twee kante toe. Enersyds het voetboeie nie 'n ontsnapping gekeer nie, en andersyds was dit nie genoeg om dit te keer nie. Volgens die polisie is die ondersoek nog aan die gang. Daarom kon geen inligting daaroor bekendgemaak word nie. Daar is ook die verklaring van Majoor-Generaal Hankel. Hy- meld onder andere: "Previous intelligence in this regard which was liaised and ope

rationalised led to the foiling of the escape attempt on 2011-05-31 where numerous of the individuals were charged vide Pretoria Central CAS 1672/05/2011 for escaping or attempting to escape." (Par 4 pl75). (My klem) Hy is ook in besit van hoogs betroubare inligting dat sommige van die beskuldigdes nog 'n ontsnapping beoog binnekort. Niks daarvan is bekendgemaak nie. Wat egter wel blyk is dat die inligting deurgegee is, maar dit is of nie deur die regte persone ontvang nie, en/of nie toegepas nie. Dit maak dit moeilik om veel waarde aan die polisie.se besware te heg. Dit lyk eerder asof die polisie nalatig was in die hele affere. Om daardie rede lyk dit nie vir my asof dit nodig is om die applikante in hierdie opsig te enigsins

daaraan te onderwerp nie. Ek vind dat hulle sonder voetboeie mag verskyn in die hof.


15.

Konsultasies by die hof:

Ek het reeds verwys na die omstandighede by die hof. Die beswaar teen konsultasie in die selle, is die lawaai wat deur die polisie gemaak word. Behoudens dit, is daar geen rede om dit nie in die aanhoudingsgebied te hou nie. In hierdie opsig moet daar eenvoudig 'n bevel gemaak word dat die polisie die applikante (en die ander beskuldigdes) se regte in hierdie opsig moet beskerm deur die nodige stilte te bewaar. Indien dit nie gebeur nie, sal daar noodwendig na ander moontlikhede gekyk moet word, en dan moet die polisie hul nie bekla daaroor nie.

16.

Skootrekenaars by die Hof:

Hierdie geskil is reeds opgelos deurdat die polisie toegegee het dat die applikante (en ek vermoed al die beskuldigdes, maar ek maak geen bevinding daaroor nie) wel hul rekenaars mag inbring hof toe, maar sonder die drasakke. Hierdie toegewing is deur die applikante aanvaar.

17.

Besoeke en ontvangs van pakkies.

Voorheen kon die beskuldigdes op Vrydae na die hofsitting kontakbesoeke ontvang by die hof. Kontakbesoeke by die tronk word nie toegelaat nie. Daar kon ook kos- en ander pakkies oorhandig word. Dit is alles opgeskort. Weereens is daar "wedersyds vernietigende" argumente hieroor. Die applikante se dit geld al amper 8 jaar. Daar is geen bewys dat enige van die applikante enigsins betrokke was of behulpsaam was met die oordra van ontsnappingsmiddels nie. Daar is ook geen bewering vanaf die polisie dat enigeen van hulle (by naam) betrokke was nie. As dit nie vir hierdie besoeke was nie, sou een of meer van hulle nog nie eens hul nuutgebore kinders kon vashou nie. Vyf van die beskuldigdes is ook alreeds geskei. Daarom word hierdie besoek so hoog geag. Behalwe om weereens te verwys na wat vroeer gese is oor die polisie se inligting, en dat daar goed "ondere valse voorwendsels" ingebring is, kan die polisie die saak nie eintlik verder voer nie. Indien daar "valse voorwendsels" was, moes dit aan iemand gemaak gewees het. Daar is geen aanduiding aan wie, deur wie, of waar dit gemaak is nie. Enersyds verstaan mens dat bekendmaking daarvan dalk die ondersoek na die gebeure kan belemmer of bemoeilik. Andersyds egter is daar tot op hede die onbetwiste getuienis dat nie een van die applikante daarby betrokke was nie. Weereens kan mens nie help om te dink dat daar dalk ook nalatigheid by die polisie was nie. Daardie soort optrede kan nie teen die applikante gehou word nie. In die omstandighede moet hierdie soort besoeke hervat word.

18.

Sesde Applikant se besoeke:

Hierdie applikant het nie alleen by die tronk nie, maar ook by die hof tydens etenspouses, sekere besoeke ontvang van 'n Me Jordaan, wat horn as geestelike en sielkundige raadgewer bygestaan het. Die besoeke by die hof is ook afgeskaf. Wat my betref kon die polisie geen aanvaarbare rede verskaf hoekom dit nodig was nie. Dieselfde argumente geld hier soos m.b.t die andere besoeke. Om dieselfde redes moet dit herstel word.

19.

Aparte vervoer na en van die hof:

Hierdie is ook 'n moeilike vraagstuk. Die Derde Respondent se dit sal feitlik dubbel die mannekrag en voertuie verg om dit te realiseer. Dit vereis die betrokkenheid van spesiale magte, wat ook elders moet diens doen. Dit is vir hulle feitlik onmoonthk. Die Applikante se dat wel in die begin stadium gedoen is, en daar is geen rede verskaf hoekom dit nie weer gedoen kan word nie. Hulle vrese is dat as daar weer 'n ontsnappingspoging sou wees, kan dit hulle lewens en omstandighede in gevaar stel. Weereens moet daar verwys word na al die feite reeds vroeer opgenoem. Indien na alles gekyk word, is ek nie oortuig dat hulle lewens ens tot so 'n mate in gevaar gestel word, dat dit hierdie eis regverdig nie. Dit word dus afgewys.

20.

Die laaste aspek wat oorbly is koste. Die applikante het wesenlike sukses gehad. Hulle is geregtig op hulle koste. Die vraag is of die koste van twee advokate geregverdig is. Myns insiens wel. Die Vierde Respondent het 'n senior en junior advokaat gehad. Die Polisie is deur 'n baie ervare senior-junior advokaat verteenwoordig. Dit behoef geen betoog nie dat dit eneresyds 'n baie besondere saak is, en andersyds ook baie belangrik is vir al die partye. Daarom sal die koste van twee advokate ('n senior en 'n junior) toegelaat word.


By gevolg maak ek die volgende bevel:

1.Die Applikante moet sonder voetboeie in die hof verskyn.

2. Die kontakbesoeke en oorgee van pakkies, ten opsigte van die Applikante, moet herstel word.

3. Die gebruik van skootrekenaars in die hof deur die applikante, moet herstel word, maar sonder drasakke.

4. Konsultasies met regsverteenwoordigers sal geskied in die aanhoudingsgebied onder hof.

5. Sesde Applikant se besoeke deur sy geestelike en sielkundige raadgewer moet herstel word.

6. Die selle van die Applikante moet eers om 22.00 uur gesluit word.

7. Die Derde en Vierde Respondente moet die Applikante se kostes betaal, gesamentlik en afsonderlik, wat insluit die koste van 'n senior en junior advokaat.

8. Die eis vir aparte vervoer word afgewys.


RD CLAASSEN

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF.