South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2011 >> [2011] ZAGPPHC 167

| Noteup | LawCite

Deale v Padongelukfonds (21484/2008) [2011] ZAGPPHC 167 (16 September 2011)

Download original files

PDF format

RTF format


NOT REPORTABLE

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA



SAAKN0MMER:- 21484/2008

DATUM:16/09/2011


In die saak tussen:

M.S. DEALE..................................................................................................................... EISER

en

PADONGELUKFONDS..................................................................................... VERWEERDER


UITSPRAAK



HIEMSTRA WR

[1] Die geskil in hierdie saak gaan oor die vraag of skade weens verlies van onderhoud gely deur die weduwee van die oorledene as gevolg van die nalatige bestuur van 'n versekerde motorvoetuig verminder moet word weens die bydraende nalatigheid van die oorledene deurdat hy 'n motorfiets bestuur het sonder 'n vaihelm. Indien so bevind word, moet die Hof die mate bepaal waartoe enige skadevergoeding verminder moet word.


[2] Die partye is dit eens dat bestuurder van die versekerde voertuig die botsing veroorsaak het deurdat hy 'n stopteken verontagsaam net, en dat die verweerder derhaiwe aanspreelik is vir 100% van die eiseres se bewese of ooreengekome skade.


[3] Die verweerder het ingevolge Reel 33(4) van die Eenvormige Hofreels versoek dat die vraag van aanspreeklikheid van die verweerder vir die eiseres se skade en die verdeling daarvan ingevolge artikel 1(1) van die We top er-deling van Skadevergoeding, 34 van 1956 soos gewysig, geskei word van die vraag ten aansien van die kwantum van die skade. Mnr Geach het hierdie aansoek bestry, maar toegegee dat die bewoording van die subreel nie voorsiening maak daarvoor dat sodanige versoek geweier kan word nie. Ek het derhaiwe sodanige bevel gemaak, en die saak ten aansien van die kwantum van die skade sine die uitgestel. Mnr Geach het verder betoog dat ek die verweerder moet gelas om die verspilde koste te betaal wat teweeggebring is deur die uitstel. Hierdie versoek is gegrond op die feit dat die verweerder op 'n laat stadium aangedui het dat hy sodanige versoek sou rig, en dat die eiser om daardie rede voorbereid was om op beide aanspreeklikheid en quantum voor te gaan. Ek het sodanige bevel gemaak insluitend die koste van die deskundige verslae wat betrekking het op die kwantum van die eiseres se skade.


[4] Mnr Willem Deale (die oorledene) is oorlede as gevolg van 'n botsing tus-sen 'n motorfiets en 'n Toyota Corolla. Die oorledene het die motorfiets bestuur en mnr John Hoddamby, die eienaar daarvan, was 'n passassier agter op die motorfiets. Volgens mnr Hoddamby het die bestuurder van die versekerde voetuig die stopteken op die hoek van Oxford- en Benonistrate, Rustenburg, verontagsaam en reg voor die motorfiets ingery. Volgens skatting het die motorfiets tussen 80 en 100 km per uur gery in Benonistraat onmiddellik voor die botsing.


[5] Dit is gemeensaak dat die oorledene nie 'n valhelm gedra het nie.


[6] Hy het beswyk as gevolg van frakture van die skedel met ekstensiewe be-serings van die inferior oppervlakte van die regter temporale lob asook die frontale iobbe van die brein.


[7] Ek is verwys na al die toepaslike gesag oor die vraag of die versuim om 'n valhelm te dra of van 'n veiligheidsgordel gebruik te maak, bydraende nalatigheid kan uitmaak. Na voeere beslissings tot die teendeel, is dit nou geykte reg dat dit we I bydraende nalatigheid daarstel waar die beserings van so 'n aard is dat 'n vaiheim of veiligheidsgordel op die waarskynlikhede die skade sou beperk het.1


[8] Beide partye steun op deskundige getuienis wat handel met die mate waartoe die dra van 'n valhelm die risko van dood of ernstige beserings kan beperk. Dr J.W. Van der Spuy, 'n geregistreerde chirurg en voormalige hoof van die Medico-regsdepartement aan die Universiteit van Kaapstad, met be-sondere ervaring van verkeerstrauma het ten gunste van die eiseres getuig. Hy het verwys na 'n aansienlike volume internasionale portuur-beoordeelde (peer reviewed) literatuur. Die literatuur is gebaseer op hospitaalstatistieke en sluit derhaiwe nie ongelukke in waar bestuurders geen beserings opgedoen het nie. Die statistieke reflekteerdus die beskermende effek van valheims laer as die werklikheid. Volgens dr Van der Spuy se analise van die literatuur is die oorweldigende mening die volgende:


[8.1] Persone wat nie valheims dra nie, se kanse om skedelfrakture op te doen is tien maal hoer as die wat dit wel dra, vier maal hoer om ernstige bre-inskade op te doen en drie maal hoer om gesigbeenfrakture op te doen.


[8.2] Deur 'n valhelm te dra, die oorledene die risiko van 'n noodlottige geisoleerde skedel- en breinbeserings sou verminder het met 90 persent; anders gestel, as hy 'n valhelm gedra het sou daar 'n 10 persent moontlikheid gewees het dat hy 'n hoofbesering sou opdoen. In daardie gevai is dit hoogs waarskynlik dat die beserings veel minder ernstig sou wees. Hy bevind ook dat dit hoogs onwaarskynlik is dat hy noodiottig beseer sou word.


[9] Dr Leon Wagner, 'n regsgeneeskundige konsultant en forensiese patoloog en entosiastiese motorfietsryer, het ten gunste van die verweerder getuig. Sy getuienis en versiag is in wese 'n antwoord op die verslag van dr Van der Spuy. In sy verslag is hy snydend in sy kritiek teen dr Van der Spuy se bevindinge en verskil ten sterkste daarvan.

Afrika. Valhelms vir motorfietsryers is ook diesiefde. Die statistieke is dus uni-verseel.


[9.2] Hy verskil "ten sterkste" met die stelling dat die dra van 'n valhelm 'n noodlottige hoofbesering sou voorkom. Dit is egter gladnie wat dr Van der Spuy gese het nie. Hy het gese dat 'n noodlottige hoofbesering hoogs onwaarskynlik sou wees ("distinctly unlikely").


[9.3] Hy beweer dat die verslag veralgemeen en geensins handei met die di-rekte feite, beserings en/of nagevolge van hierdie betrokke geval nie. Geeneen van die twee deskundiges dra kennis van die betrokke geval nie en grond hulle getuienis op die verslag van die nadoodse ondersoek. Dr Wagner was dus in presies dieselfde posisie as dr Van der Spuy. Tot die mate dat dr Van der Spuy se verslag nie met die direkte feite en beserings handei nie, handei sy eie verslag ewe min daarmee.


[9.4] Hy beweer dat die internasionale statistieke waarna dr Van der Spuy ver-wys nikseggend is. Hierdie is 'n onverklaarbare stelling. Die mensiike skedel in die Verenigde State of enige ander piek is presies dieselfde as in Suid-Afrika. Valhelms vir motorfietsryers is ook diesiefde. Die statistieke is dus uni-verseel.


[10] Dr Wagner se konklusie in sy verslag is dat daar geen bewyse is dat die dra van 'n goedgekeurde motorfietsvalhelm die beserings en/of komplikasies van hierdie besering sou kon voorkom nie. Onder kruisverhoor moes hy egter toegee dat die waarskynlikheid van 'n noodlottige besering minder sou wees indien die oorledene 'n valhalm sou gedra het. Hy het 'n persentasie van 33.3 persent gewaag teenoor dr Van_der Spuy se 90 persent.


[11] Ek vind dr Wagner se verslag en getuienis foutvinderig en geniepsig. Insoverre hy verskil van dr Van der Spuy, verkies ek die getuienis van dr Van der Spuy.


[12] Die mate van vermindering van risiko deur die dra van 'n valhelm is egter nie bepalend van die persentasie waartoe die skade van die eiseres verminder moet word nie. Die vraag is uitvoering behandel in General Accident Versekeringsmaatskappy v Uijs N.O2 (die Uijs-saak). Die eerste vraag is hoe-ver die eiser (in hierdie geval die oorledene) afgewyk het van die norm van die bonus pater familias.3 In hierdie geval meen ek dat dit so voor die hand liggend is dat 'n valhelm in alle gevalle gedra moet word, dat die oorledene se versuim om een te dra neerkom op 'n 100 persent afwyking van daardie norm.


[13] Die partye is dit eens dat die bestuurder van die versekerde voertuig ook 100 persent afgewyk het van die norm van die bonus pater familias. Daar kan dus moontlik betoog word dat albei gelyke skuld het met betrekking tot die veroor-saking van die skade. Ingevolge arikel 1(1)(a) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding moet sy skade egter verminder word tot die mate waartoe dit regverdig en billik is. Die skuld van die twee bestuurders is anderssoortig. Die oorledene het geensins bygedra tot die veroorsaking van die botsing nie. As dit nie vir die versekerde bestuurder se nalatigheid was nie, sou geen botsing plaasgevind het nie. Daarom ag ek dit biliik dat die verweerder vir die grootste deel van die skade aanspreekiik gehou moet word.


[14] Die persentasie skuld toegeken in gevalle waar persone versuim om sit-plekgordels te gebruik skyn nie 25 persent te oorskry nie. Die hot a quo in die Uijs-saak het gese dat daar geen gerapporteerde Suid-Afrikaanse uitspraak is waarin meer as 25% skuld op 'n eiser geplaas is nie.4 Ek kon ook geen latere saak vind waar 'n hoer persentasie skuld op so 'n eiser geplaas is nie. Ek kon ook nie 'n gewysde vind wat spesifiek handei met dieversuim om 'n valhelm te dra waar 'n verdeling van skadevergoeding toegepas is nie.


[15] Daar is nie 'n beginselverskil tussen die versuim om 'n sitplekgordel te dra en die versuim om 'n valhelm te dra nie. Ek meen egter dat die risiko ver-bonde aan die versuim om :n valhelm te dra groter is as die versuim om 'n sit-plekgordel te dra. 'n Persoon in 'n motorvoertuig is immers geisoleer deur die kajuit van die voertuig. Verder val 'n persoon in ln motorvoertuig nie nood-wendig op die pad nie, soos dit onvermydelik die geval is by 'n motorfiets. Ek beskou 'n persoon wat versuim om 'n valhelm op ln motorfiets te dra as veel meer roekeloos en onverantwoordelik as 'n persoon wat versuim om 'n sit-plekgordel te dra.


[16] Na my mening is dit regeverdig en biliik om die skade wat die eiseres bewys te verminder met 30 persent.

Gevolglik maak ek die volgende bevel:

1. Die verweerder is aanspreekiik vir 70 persent van die skade wat die eiseres mag bewys;

2. Die verweerder word gelas om die eiser se koste tot op datum te betaal insluitende die koste van die deskundige verslag van dr Leon Wagner, asook die Eiseres se reis- en verblyfkostes vir bywoning van die Hof.


HIEMSTRA

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOE HOF


Datum van die verhoor: 2011-09- 14

Datum van uitspraak: 2011-09-16

Advokaat vir die Eiser: Adv B.P. Geach SC

Prokureur vir die Eiser:N. Geach Prokureurs

Advokaatj/jr die Verweerder:Adv-W.W. Geyser

Prokureur vir die Verweerder:Dyason Ing


1Union National South British Insurance Co Ltd v Vitoria 1982 (1) SA444 (A); Vorster & An­other v AA Mutual insurance Association Ltd 1982 (1) SA 145 (T); Bowkers Park Komga Co­operative Ltd v South African Railways & Harbours 1980 (1) SA 91 (E); Genera! Accident Versekeringsmaatskappy v Uijs NO 1993 (4) SA 228 (A)

2Supra

3Op 235C-D

4Uijs-saak op 234G-l