South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2013 >>
[2013] ZAGPPHC 3
| Noteup
| LawCite
Mostert v Senwes Beperk (6509/2011) [2013] ZAGPPHC 3 (11 January 2013)
Download original files |
NOT REPORTABLE
IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
SAAKNOMMER: 6509/2011
DATUM:11/01/2013
J. A: MOSTERT.................................................................EISER
en
SENWES BEPERK …....................................................VERWEERDER
UITSPRAAK
A.A. LOUW R
[1] Die eiser is ‘n boer van die plaas Doomkuil, Ottosdal.
[2] Die verweerder is Senwes Bpk, ‘n maatskappy met hoofplek van besigheid te Klerksdorp. Die verweerder het ook 'n tak te Voortrekkerstraat 26, Ottosdal.
[3] Dit is nie in dispuut dat die eiser op 4 Desember 2009 die onderdeie afdeling van Ottosdal Senwes besoek het en op ‘n oliekol gegly het waarna hy ‘n rak met sy linkerhand vasgegryp het om te verhoed dat hy val as gevolg waarvan hy, na bewering (en dit is dispuut) beserings aan sy arm, skouer en nek opgedoen het.
[4] In par 5 van die besonderhede van vordering beweer die eiser dat die oliekol ontstaan het as gevolg van olie wat deur ‘n werknemer van die verweerder wat opgetree het terwyi hy aan diens was en binne sy diensbestek gemors is alternatiewefik is dit deur iemand anders gemors terwyl sodanige persoon opgetree het in belang van die besigheid van die verweerder.
[5] In par 6 van die besonderhede word agt gronde van nalatigheid beweer. Dit is die volgende:
“1. Die olie is, nadat dit op die vioer gemors is, nie skoongemaak en verwyder nie.
2. Die oliekol wat nie sigbaar was nie, was nie behoorlik afgesper sodat persone nie daarin trap nie.
3. Die oliekol wat nie sigbaar was nie, was nie behoorlik gemerk met waarskuwingstekens sodat persone nie daarin trap nie.
4. Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om te verseker dat die vloere waar persone op beweeg te alle tye skoon en vry van oliekolle is.
5. Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om 'n skoonmaakdiens daar te stel ten einde te verhoed dat oliekolle op die vioer aanwesig is en aanwesig bly wat 'n gevaar vir persone wat die wilnkel besoek.
6. Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om persone wat die winkel besoek te waarsku van die gevaar van oliekolle op die vioer.
7. Die Verweerder en/of sy werknemers het versuim om te verhoed dat die Eiser val en homself beseer.
8. Die Verweerder en/of sy werknemers het onredelik opgetree deur nie binne ‘n redelike tyd die oliekol te verwyder nie. ”
[6] Die eiser beweer dat as gevolg van hierdie vasgryp aan die rak hy skade van meer as R1 000 000 opgedoen het.
[7] Wat opvallend is aan die dagvaarding is dat daar geen gronde van onregmatigheid beweer word nie. Dit is belangrik dat alle eise van hierdie aard, in hierdie geval ‘n ommissio, moet beweer waarom die handeling van die verweerder, of versuim daaraan, onregmatig is gemeet aan die boni mores van die samelewing.
[8] Ek is nie voornemens om die getuienis in detail te behandel nie aangesien ek meen dat die eiser geensins daarin geslaag het om of onregmatigheid of nalatigheid te bewys nie.
[9] Die eiser het vier getuies geroep en die verweerder twee.
[10] Eers tydens betoog het die advokaat vir die eiser, mnr D Venter agtergekom dat hy onregmatigheid moet beweer. Dit is nadat betoog gelewer is deur mnr B Boot namens Senwes.
[11] Na die verhoor het die eiser par 5 van die besonderhede van vordering gewysig deur die bestaande paragraaf 5, (na verwys in par 4 hierbo) te vervang met die volgende:
'5.1 Die voormelde oliekol het ontstaan as gevolg van die olie wat deur !n werknemer van die Verweerder, v\/at opgetree het terwyi hy aan diens was en binne sy diensbestek gemors is, alternatiewelik is dit deur iemand anders gemors terwyi sodanige persoon opgetree het in belang van die besigheid van die Verweerder.
5.2 Die onderdeie afdeling word deur lede van die publiek besoek en het lede van die publiek ongekontroleerde toegang tot sodanige onderdeie afdeling.
5.3. Op grond daarvan dat lede van die publiek ongekontroleerde en vrye toegang tot die onderdeie afdeling gehad het, was daar 'n regsplig op die Verweerder teenoor lede van die publiek om die vloer van die onderdeie afdeling te a He tye skoon en vry van oliekolle of ander gevaarlike toestande te hou sod at dit nie 'n gevaar skep vir persone wat die onderdele afdeling besoek nie.
5.4 Indien die Verweerder versuim om sy regsplig teenoor lede van die publiek na te kom tree die Verweerder onregmatig op en is aanspreeklik vir skade wat ‘n per soon ly wat die onderdele afdeling besoek. ”
[12] Die regsplig wat nou beweer word is daarop gebaseer dat die publiek ongekontroleerde en vrye toegang tot die onderdele afdeling gehad en dat daar derhalwe ‘n regsplig op die verweerder teenoor lede van die publiek was om daardie afdeling te alle tye skoon en vry van oliekolle te hou. Daardie versuim word as onregmatig beweer.
[13] Wat beweerde deliktuele skade betref is dit altyd goed om die volgende vertrekpunt, soos deur Harms AR gestel in Telematrix (Pty) Ltd v Advertising Standards Authority SA 2006 (1) SA 461 (SCA) ingedagte te hou:
“[12] The first principle of the law of delict, which is so easily forgotten and hardly appears in any local text on the subject, is, as the Dutch author Asser points out, that everyone has to bear the loss he or she suffers. The Afrikaans aphorism is that 'skade rus waardit val'. Aquilian liability provides for an exception to the rule and, in order to be liable for the loss of someone else, the act or omission of the defendant must have been wrongful and negligent and have caused the loss. But the fact that an act is negligent does not make it wrongful although foreseeability of damage may be a factor in establishing whether or not a particular act was wrongful. ”
[14] Ten opsigte van onregmatigheid is die eerste vraag dus of dit inderdaad so is dat die publiek ongekontroleerde en vrye toegang het tot die onderdeie afdeling wat agter die toonbank gelee is. Volgens die fotos wat voor die hof geplaas is soos in bewysstuk “A”, bladsye 19-26 daarvan, blyk dit dat daardie afdeling agter die toonbank ‘n groot area beslaan. Daar is talle rakke met onderdeie en ‘n gryserige sementvloer. Op die foto A25 word ‘n “geen ingang” bord vertoon. Daar is ‘n dispuut tussen die getuies vir die eiser en die verweerder of daardie bord ten tye van die voorval daar aangebring was. Vir doeleindes van hierdie uitspraak vind ek dit nie nodig om daaroor te beslis nie.
[15] Op die twee fotos op bewysstuk A26 word die voile toonbank aangetoon waar klante moet wag om bedien te word.
[16] Dit is duidelik uit die eiser se eie getuienis dat mens nie bloot mag deurstap, dit wil se verby die toonbank na die die agterste gedeelte nie. Hy se dat hy op 4 Desember 2009 ‘n probleem gehad het met sy John Deere planter en ‘n sekere pyp gesoek het. Hy het gewag by die toonbank van die onderdele-afdeling en gestaan op dieselfde plek waar hy altyd staan. Dit as sulks bewys dat hy nie bloot net kon deurstap nie.
[17] Hy het die pyp waarmee daar ‘n probleem was vir Hendrik Welemane gegee. Sy vriend Tommy Wiersma, wat ook ‘n boer in die Ottosdal omgewing is, het langs hom kom staan.
[18] Opvallend is dat nie een van hulle twee bloot deurgestap het om te kry wat hulle ookai wou he nie.
[19] Na ‘n ruk het Welemane teruggekom, gese dat hy nie so ‘n pyp het nie en gevra dat die eiser en Wiersma horn kom help. Daar is 'n gedeelte aan die agterkant, nadat ‘n mens deur al die rakke beweeg het, en links gedraai het waar daar ‘n masjien is wat pype sny en weer aanmekaar heg.
[20] Dit is toe die eiser nou so deur die rake geloop het dat hy op ‘n oliekol, hy se een m2 in grootte, gegly het en aan die rak vasgegryp het. Op daardie stadium was dit tot groot vermaak van Wiersma en niemand het besef dat hy toe die, na bewering baie ernstige, beserings opgedoen het nie.
[21] Nadat hy in kruisverhoor aanvanklik getuig het dat boere, “mechanics” en ander mense daagliks verby die toonbank na agter beweeg, het hy op die volgende vraag van mnr. Boot saamgestem dat die publiek nie vrye toeqanq het nie.
[22] Die volgende getuie was Wiersma wat die vorige dag ook Senwes Ottosdal besoek het met ‘n soortgelyke probleem.
[23] Sy getuienis was dat die oliekol waarop die eiser gegly het, dieselfde oliekol was as die vorige dag. Op vrae van my kon hy nie bevredigend antwoord hoekom dit nou dieselfde oliekol sou wees nie.
[24] Die derde getuie van die eiser was ‘n vorige werker van die verweerder, Hendrik Welemane, wat in Februarie 2010 daar weg is nadat hy vir vier en ‘n half jaar daar gewerk het.
[25] Hy het die eiser se vorige getuie, Wiersma direk weerspreek deur te se dat hy die oggend van die voorval nou en dan verby daardie punt geloop het en dat daar geen oliekol was nie. Hy het inderdaad gese dat die vorige dag wat hy Wiersma gehelp het daar ook nie ‘n oliekol was nie.
[26] Die laaste getuie van die eiser was ook ‘n boer, mnr. Kotze. Hy het die eiser se saak niks goeds gedoen nie. Sy getuienis was dat “na my mening is daar vrye toegang, maar uit ordentlikheid vra n mens maar.” En verder “hang af hoe besig hulle is”. En laastens, “soms vra hulle jou om saam te kom”.
[27] In konteks gesien, beteken ai hierdie steilings van hom dat daar nie vrye toegang is agter die toonbank nie, dit bloot afhang hoe besig die personeel daar is en dat soms klante gevra word om verby die toonbank na agter te beweeg.
[28] Die verweerder se eerste getuie was Abel Maleke. Sy plig is om die vloer skoon te hou. Hy se hy doen dit in die oggend as hy inkom en na ‘n tydjie weer. Hy doen rondtes. Op die spesifieke dag het hy gewerk vanaf 7h30 tot 17h00. Hy se dat hy die oggend toe hy begin werk het skoongemaak het en dat daar nie op daardie spesifieke plek ‘n oliekol was nie. Daarna het hy tweemaal rondtes geloop en daar was nie olie nie.
[29] Hy het verder getuig dat die iaaste keer voor die gly-voorval hy ongeveer 'n uur voor dit gebeur het ‘n rondte gedoen het. Hy het olie eers vir die eerste keer gesien nadat die eiser gegly het.
[30] Sy getuienis in kruisverhoor was duidelik dat hy ongeveer elke uur rondtes doen. As ‘n persoon spesifiek aan hom rapporteer dat daar olie is, sal hy dit onmiddellik skoonmaak. Niemand het op daardie dag aan hom gerapporteer nie. Van kardinale belang is dat Abel Maleke se getuienis in kruisverhoor onbetwis gelaat is.
[31] Sy getuienis was ook dat klante slegs met toestemming mag inkom na die afdeling agter die toonbank.
[32] Die laaste getuie was Ephraim Williams. Sy getuienis het die saak nie veel verder geneem nie.
[33] Uit die voormelde maak ek die volgende gevoigtrekkings:
Onregmatigheid is nie bewys nie. Die getuienis toon inderdaad aan dat die grond van onregmatigheid naamlik “ongekontroleerde en vrye toegang tot die onderdele afdeling” nie bewys is nie. Tweedens kan die aksie nie slaag aangesien nalatigheid nie bewys is nie . Daar was ‘n sisteem in plek waarvolgens die vloer elke ongeveer een uur skoongemaak was. Hierdie getuienis staan onbetwis.
[34] Daar kan nie van werkers, in die posisie van die werknemers in diens van die verweerder, verwag word om elke minuut elke gedeelte van daardie groot onderdele-afdeling te inspekteer nie. Daar was wet ‘n werkbare stelsel in plek.
[35] Die posisie kan vergelyk word met ‘n hipotetiese geval. Sou daar in ‘n stadsgebeid £n stopteken afgery word, daarna ‘n ongeluk plaasvind en die eiser stel ‘n eis teen die Munisipaliteit in, sou daar te opsigte van nalatigheid ten minste die volgende bewys moet word: dat die verweerder nie tydig, en dit sal afhang van al die omstandighede van die geval die betrokke straat ge-inspekteer het nie alternatiewelik nie spoedig gereageer het nadat dit gerapporteer is, deur of 'n waarskuwingsteken daarop te sit of die teken te herstel nie. Die tydsverloop tussen die omry van die stopteken en die botsing sou ook van groot belang wees om oor nalatigheid te oordeel. Uit die getuienis voor hierdie hof staan dit vas dat die oliekol nooit gerapporteer is nie.
[36] Die eiser het dus gefaal om onregmatigheid en nalatigheid te bewys, Die aksie moet dus van die hand gewys word
[37] Ek maak die volgende bevel:
Die aksie word van die hand gewys met koste.
A.A. LOUW
REGTER VAN DIE HOE HOF