South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2013 >>
[2013] ZAGPPHC 5
| Noteup
| LawCite
Van De Wetering Engineering (Edms) Bpk v Regent Insurance Company (4436/2010) [2013] ZAGPPHC 5 (11 January 2013)
Download original files |
REPORTABLE
IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
SAAKNOMMER: 4436/2010
DATUM:11/01/2013
VAN DE WETERING ENGINEERING (EDMS) BPK..........................EISER
en
REGENT INSURANCE COMPANY.........................................................VERWEERDER
UITSPRAAK
A.A. LOUW R
Inleiding
[1] Die eiser is die bekende vervaardiger van AFRfT sleepwaens. Op 9 Oktober 2008 het die eiser ‘n gholfdag vir kliente gereel by Zebula Country Estate.
[2] Die gholfdag het ingesluit dat kliente asook werknemers van die eiser ‘n rondte gholf speel en daarna probeer om ‘n “hole-in-one” te slaan van die oefenbof af. Die teiken was egter nie ‘n putjie nie maar ‘n sleepwa, oftewel treiler, wat op ‘n afstand van 160m dwars oor die baan geparkeer was. Die sleepwa was halfpad met sand gevul. Die persoon wat 'n volmaakte gelukhou slaan, dit wil se ‘n bal wat binne in die treiler land en nie uitspring nie, sou die treiler as prys wen. Blykbaar is die waarde van die treiler R456 000.
[3] Om die eiser te beskerm teen die risiko dat iemand so n hou sou slaan, is gebeurlikheidsversekering uitgeneem by die verweerder. Dit is gemene saak dat aanhangsel A tot die besonderhede van vordering hierdie polis is.
[4] In die polis word die afmetings van die treiler beskryf asook die afstand daarvan vanaf die oefenbof. Die kardinale klousules van die polis is die volgende:
To indemnify the insured in respect of their liability to award a price to the value of R456 000 (Four Hundred and Fifty Six Thousand Rand only) to the first golfer who attempt to hit inside the treiler, only if the ball lands inside the treiler and not bounce out, will it be deemed a win whilst participating in the insured event.”
[5] Verder is die skadeloosstelling soos volg in die polis beskryf:
INSURING AGREEMENT
The company shall indemnify the insured for the expense incurred by the insured in presenting the prize stated in the declarations to a contestant golfer for making a hole-in-one ..." (my klem)
[6] Nerens in die polis staan dit dat ‘n werknemer van die eiser nie die prys mag wen nie.
[7] Die dispuut het ontstaan op grond van die feit dat die besturende direkteur van die eiser, Andre van de Wetering (“AvdW”) voor die kompetisie afgekondig het dat ‘n werknemer van die eiser nie die prys mag wen nie. AvdW het die eerste hou geslaan en dit was in.
[8] Daar is twee dispute om te besleg naamlik:
1. Was AvdW ‘n werknemer van die eiser?
2. Is hy op grond van sy afkondiging voor die kompetisie gediskwalifiseer om die prys te wen?
Is/was hy ‘n werknemer al dan nie
[9] Daar bestaan by my geen twyfel dat hy wel ‘n werknemer van die eiser was nie. Trouens sy eerste woorde in hoofgetuienis was, verwysende na die eiser, “dit is die maatskappy waar ek werk”. Hy is deurentyd beskou as ‘n werknemer en het homself ook as sulks beskou. Lachenicht was die makelaar. In ‘n e-pos ‘n week voor die beweerde eisoorsaak, 2 Oktober 2008, skryf Lachenicht aan die verweerder dat: “the winner will be announced at the prize-giving.”
[10] Dit staan onbetwis in die getuienis (trouens AvdW was die enigste getuie) dat hy nie die aand by die prysuitdeling 'n prys toegeken is nie. Daar was ook nie groot feesvierininge omdat hy hierdie groot bedrag sou gewen het nie. Alhoewel mense horn geiukgewens het, het niemand daardie dag dit beskou dat hy die prys sou gewen het nie.
[11] Na die voorvaL in korrespondensie oor die dispuut met die verweerder, word AvdW deurentyd as £n werknemer beskryf. Op 14 Oktober 2008 skryf hy aan Lachenicht soos volg:
7 was not sure whether AFRIT employees could win the prize, and could not ask anyone during my speech. Rather than disappointing someone later on, i decided to mention that AFRIT employees can’t win but must still try. Thinking about if later on made me realise that it does not make sense that AFRIT employees can’t win, for there is nothing we could have done to make it easier for ourselves or influence the outcome " (my klem)
[12] Lachenicht skryf vervolgens, op dieselfde dag, aan die verweerder soos volg:
uThe employee ... was requested to say a few words prior to the event taking place. /As he had not had sight of the actual policy schedule, he erred on the cautious side and made a misstatement ... that any employee of the insured winning the
event would be excluded, mistakenly thinking that they (employees) would be excluded, which is not the case per the policy document ” (my klem)
[13] Namens die eiser is ek verwys na Henochsberg On the Companies Act te p1038. Die stelling, heel tereg, word gemaak dat ‘n besturende direkteur nie noodwendig ‘n werknemer van die maatskappy is nie. Of hy wel is, al dan nie, hang af van die statute van die maatskappy asook die kontrak wat hy met die maatskappy gesluit het.
[14] Daar is geen getuienis deur die eiser aan my voorgehou dat AvdW in terme van die statute nie beskou moet word as ‘n werknemer nie. Verder is sy dienskontrak ook nie aan my voorgele nie. Op grond van die vele stellings, etlike waarvan hierbo aangehaal, en uit sy eie getuienis dat hy by die eiser werk, bevind ek dat hy wel ‘n werknemer was.
Diskwalifikasie van werknemer as gevoig van vooraf afkondiging
[15] Die getuienis is dat AvdW, voor die eerste hou geslaan is, aan die omstanders gese het dat werknemers van die eiser nie die kompetisie om die treiler kon wen nie. Hulle is egter wel toegelaat om net vir die opwinding daarvan, na die teiken te slaan.
[16] Op die stadium wat die aankondiging gemaak is het AvdW nog nie die polis onder oe gehad nie. Hy het dit eers gesien terug by die werk, na die naweek. Toe hy daarin sien dat werknemers nie uitgesluit is nie, het sy makelaar namens hom gepoog om die prys van die verweerder te verhaal. Die eiser het die eis gerepudieer soos blyk uit die volgende korrespondensie:
1. Op 5 November 2008 skryf Carel Labuschagne namens die verweerder soos volg:
“Sarachan Reddy, the representative of Crawford, [die assessor wat die verrigtinge dopgehou het] confirmed, Mr van de Wetering stating, 'no one employee employed by
AFRIT is allowed to win the treiler; but they are going to have a shot at the treiler for fun’. By stating this, this automatically formed part of the competition rules which in turns form part of the policy conditions. For a risk to materialize, all competing golfers must comply with the competition rules as well as comply with the policy conditions. I cannot agree with Noel Lachenicht’s e-mail, stating this as an unfortunate misstatement’!
Mr van de Wetering was therefore not eligible for the prize as he was;
1. An employee and director of AFRIT group;
2. He was not competing and never had the intention to compete in the competition. His shot could therefore not be regarded as an attempt as per the operative clause. ”
2. Die repudiasieskrywe gedateer gedateer 17 November 2008 stel dit soos volg:
“During the processing of the claim it came to our attention that Mr Andre van de Wetering exempted himself from the treiler competition in that, prior to the commencement of the event, he stated that he would not be allowed to win the treiler prize and that any shot taken by him would be for fun. This exemption automatically formed part of the competition rules and therefore the policy conditions. Accordingly, Mr van de Wetering was not eligible for the treiler prize ”
[17] Die argument namens die eiser is dat AvdW se afkondiging nie die terme van die polis kon wysig nie. Met hierdie stelling is niks fout te vind nie. Hierdie argument verloor egter uit die oog dat die ooreenkoms tussen die eiser en die verweerder irrelevant is ten einde die aanspreeklikheid van die eiser teenoor die deelnemers in die kompetisie te bepaal.
[18] Sou AvdW niks gese het voor die kompetisie nie, sou die verweerder sekerlik aanspreeklik gewees het. Die eiser is egter slegs verseker teen ‘n spesifieke risiko. Voordat die eerste bal gesiaan is het AvdW ondubbelsinnig die moontlikheid dat enige werknemer die prys kon wen, uitgesluit. Die essensie van ‘n kontrak van versekering, soos die onderhawige, is dat die versekerde ‘n risiko moet loop om in die geval van ‘n omskrewe gebeurlikheid, iets te betaal. In die afwesigheid van enige risiko is daar geen versekerbare belang nie en kan ‘n versekeraar klaarblyklik nie aanspreeklik wees nie.
[20] Relevante gesag is die volgende:
In DM Davis Gordon & Getz on The South African Law of Insurance (1997) word die volgende gestel te p83:
“ In contracts of indemnity insurance the insured is entitled to recover the actual commercial value of what he has lost through the happening of the event insured against." (my klem) en verder:
“The authorities have repeatedly stressed the indemnity aspect of the property insurance contract. Thus Grotius says of it: in facto praestandae indemnitatis circa casus fortuitos aversio periculi. Similarly in Malcher & Molcomess v Kingwilliamstown Fire & Marine Insurance & Trust Co, Barry JP said: ‘The very essence of the contract of insurance is, that it is a contract of indemnity; its sole and exclusive object is to procure for the assured indemnity, in strictest sense of the word, for any losses he may sustain, through the agency of the risk against the effect of which the underwriter, by the terms of his policy stands pledged to protect him." (my klem)
[21] Dieselfde word gestei in Reinecke et a! General Principles of Insurance Law (2002) p 216 waar twee van die vyf voorvereistes vir die ontstaan van ‘n gefdige versekeringseis soos volg bewoord word:
“(c) the peril insured against must have occurred during the currency of the contract;
the insured must have suffered a loss as a result of the peril insured against;’'.
[22] Die eiser het geen verlies gely nie. Geen bedrag of treiler is aan AvdW oorhandig nie. Hy het getuig dat in die week na die kompetisie die eiser besluit het dat die treiler aan horn toegeken word. Dit is ‘n baie vae stelling - dit kon nie uit sy getuienis vasgestel word wie so besfuit het en wanneer nie. Ook nie of dit by ‘n direksievergadering gedoen is al dan nie. Hy se egter dat die strekkinq daarvan was dat die maatskappy besluit het hulie was verseker, die voorwaarde is aan voldoen en dat AvdW die treiler kry. Direk na hierdie stelling het hy bygevoeg dat dit is op voorwaarde dat daar dekking was, dat die treiler aan horn gegee word.
[23] Die eiser se eis moet dus van die hand gewys word met koste. Wat koste betref is dit so dat koste voorbehou is op 28 Julie 2011. Daar is geen argument aan my voorgehou hoekom die voorbehoue koste nie die uitslag van die saak moet volg nie.
[24] Ek maak dus die volgende bevel:
1. Die eis word van die hand gewys met koste.
2. Die koste sluit die voorbehoue koste van 28 Julie 2011 in.
A.A. LOUW
REGTER VAN DIE HOE HOF