South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2014 >>
[2014] ZAGPPHC 417
| Noteup
| LawCite
Yield Avello (Edms) Bpk v Hendrik (60383/12) [2014] ZAGPPHC 417 (12 June 2014)
Download original files |
IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA
GAUTENG AFDELING, PRETORIA
Saaknommer: 60383/12
Datum: 12 Junie 2014
In die saak van
YIELD AVELLO (EDMS) BPK..................................................................................................................Eiser
en
LOOTS PATRICK HENDRIK..........................................................................................................Verweerder
UITSPRAAK-AANSOEK OM SKEIDING VAN DISPUTE :REËL 33(4)
BAM R
1. Die eiser het in Oktober 2012 aksie teen die verweerder ingestel vir die betaling van meer as RUM. Die pleitstukke was gesluit en 'n verhoordatum, 4 Junie 2014, was toegeken.
2. Die eiser se saak is gebaseer op ooreenkomste tussen die eiser en 'n maatskappy (“Retail"), verteenwoordig deur die verweerder, wat op 1 Maart 2008 gesluit is. Ingevolge die eerste ooreenkoms sou goedere op konsessie basis deur die eiser aan Retail gelewer word. Die tweede ooreenkoms was 'n krediet ooreenkoms wat aan Retail toegestaan is. Op dieselfde dag het die eiser en die verweerder 'n borgstelling ooreenkoms aangegaan waarkragtens die verweerder homself ten behoewe van Retail teenoor die eiser verbind het. Die eiser beweer dat goedere ooreenkomstig die konsessie ooreenkoms aan Retail gelewer is en dat Retail die ooreenkomste verbreek het deur nie die verskuldigde bedrag van meer as RUM aan die eiser te betaal nie. Die verweerder word op grond van die borgstelling daarvoor aangespreek.
3. In die gewysigde verweerskrif pleit die verweerder dat klousules 11.1 en 11.4 van die konsessie ooreenkoms, asook klousule 14.1 van die die borgstelling ooreenkoms, ongeldig is. Benewens voorgaande het die verweerder ook die inhoud van die borgstelling ooreenkoms, soos deur die eiser in paragraaf 7 van die besonderhede van eis uiteengesit, ontken. Die verweerder het verder ontken dat die eiser die goedere gelewer het soos deur die eiser beweer is. Die verweerder het ook gepleit dat die eiser sekere bedrae van Retail oorverhaal het en het ontken dat die bedrag deur die eiser geëis verskuldig is. Die verweerder het later, na die aanvanklike pleitstukke reeds gesluit was, sy stukke gewysig deur, onder andere, ook vyf teeneise by die reeds bestaande teeneis the voeg, wat die totale bedrag wat deur die verweerder gevorder word, opgeskuif het na ongeveer R12M. Hierdie teeneise is gegrond op verskeie beweerde mondelinge en skriftelike ooreenkomstetussen die partye, wat nie die ooreenkomste waarop die eiser se saak berus, insluit nie.
4. Op 15 Mei 2014 het die eiser 'n aansoek geloods vir die skeiding van sekere van die dispute, met betrekking tot twee regsvrae wat op die eiser se eis betrekking het. Die aansoek word deur die verweerder ge-opponeer.
5. Volgens die eiser het hierdie aansoek gevolg na 'n voorverhoorkonferensie tussen die partye op 27 Maart 2014 toe die verweerder die voorgenome wysiging van sy pleitstukke ter tafel bekend gemaak het. Die eiser voer aan dat die wysiging uitgebreid is, wat insluit die vermeerdering van die teeneise.
6. Dit is gemenesaak dat die pleitstukke toe her-open is, maar dat dit nou reeds weer gesluit is na die liassering van die eiser se verdere repliek.
7. Wat die proses van skeiding van dispute betref, bepaal Reël 33(4) van die Hofreëls as volg:
“Indien in 'n hangende aksie, die Hof mero motu meen dat daar 'n regs- offeitevraag is wat gerieflik besiis kan word voordat getuienis gelei word of afsonderlik van enige ander vraag, kan die Hof die afhandeiing van so 'n vraag na goeddunke voorskryfen bevel dat alle verdere verrigtinge tot dan opgeskort word, en moet die Hof op aansoek van 'n party so voorskryfen so beveei tensy dit blyk dat die vrae nie geriefiik afsonderiik besiis kan word nie."
8. Dit blyk dat die primêre doel van die Reel is om verhore te verkort en nie te verleng nie. In hierdie verband verskyn daar in ERASMUS, SUPERIOR COURT PRACTICE, te Bl-235, die volgende stelling:
"The procedure is aimed at facilitating the convenient and expeditious disposal of litigation."
9. Die Reel hou ook in dat oorweging gegee moet word of die aspekte, oftewel dispute, wat op versoek van 'n party geskei moet word, wel geriefiik geskei en afsonderlik verhoor kan word, en of sodanige proses tot voordeel en gerief van die partye en die Hof sal wees, en dat onnodige tyd en koste bespaar sal word.in hierdie verband moet ook in gedagte gehou word dat dit in die belang van die partye en geregtigheid is dat litigasie nie onnodig lank uitgerek word nie en dat finaliteit bereik behoort te word.
Dit beteken dus dat ’n objektiewe oorweging geskenk moet word, nie slegs aan dienstigheid, doelmatigheid en wensiikheid van die voorgestelde skeiding nie, maar ook aan beginseis van billikheid, regverdigheid en redelikheid.
Wat natuurlik ook by die oorwegings ingesluit en van kardinale belang is, is dat beide die gedingspartye se voordeel, of moontiike nadeel, ter sprake is. As die voordele vir al die partye die nadele oorskry sal so 'n aansoek weliswaar toegestaan moet word. Beide die regspanne het my verwys na verskeie relevante gerapporteerde beslissings, en ander gesag, wat bogemelde beginseis en oorwegings by herhaling bespreek en beklemtoon het. In die lig daarvan dat, na my mening, die gemelde oorwegings en beginseis tans vasstaan en as ge-yk beskou kan word, vind ek dit onnodig om daardie sake en gesag hier te noem, of te bespreek.
Wat uiteraard in hierdie Afdeling van die Hoë Hof ook ’n faktor is, is dat indien die skeidings aansoek suksesvol is, dit sal beteken dat die verrigtinge met betrekking tot die verweerder se teeneise opgeskort word hangende die afhandeling van die eiser se eise, wat, konserwatief gestel, meer as twee jaar mag duur.
10.Die regsvrae wat volgens die eiser geskei moet word, is soos volg deur die eiser geformuleer:
(i) Is klousules 11.1 en 11.4 van die kredietooreenkoms in stryd met die gemeenskapsopvatting en derhalwe ongeldig, soos wat verweerder in paragraaf 7.1 van sy gewysigde pleit beweer?
(ii) Is klousule 4.1 van die borgooreenkoms in die vorm waarop eiser in paragraaf 2 van sy gewysigde replikasie steun, in stryd met die gemeenskapsopvatting en derhalwe ongeldig, soos wat verweerder in paragrawe 8.2 en 13.2.4 van sy gewysigde pleit beweer?
11. Die regslui wie vir die eiser verskyn het, Adv La Grange SC, bygestaan deur Adv Smuts, het gesubmitteer dat indien bogenoemde regsvrae wat deur die eiser ge-opper word in die guns van die eiser beslis word, daardie gedeelte van die saak bloot met argumente voor die vehoorhof gevoer sal word, en sal net die verweerder se teeneise vir beregting oorbly. Die gemelde vrae kan afsonderlik en gerieflik van enige ander aspek bereg en dit sal tot voordeel van beide partye wees. Dit hou ook in dat dit 'n wesenlike verskil sal maak aan die tyd en omvang van die litigasie tussen die partye.
12. Adv Malan, wie die verweerder verteenwoordig het, het nie saamgestem nie.
Volgens Mnr Malan sal dit nodig wees vir die verweerder om mondelinge getuienis aan te bied wanneer die eiser se regsvrae beslis word, welke getuienis oorvleuelend sal wees tot die verweerder se teeneise. In hierdie verband het Mnr La Grange toegegee dat die aanbied van mondelinge getuienis dalk nie uitgesluit kan word nie, maar dat dit, indien relevant, baie beperk sal wees.
13. Dit was gemenesaak dat die dispute waaroor die skeidings aansoek gaan, beperk is. Beide regspanne het die Hof ook toegespreek oor die oorwegings en regsbeginsels wat van toepassing mag wees by die argumente wat betrekking sal hê op hoofsaaklik die interpretasie van die gewraakte klousules in die ooreenkomste waarop die eiser se saak gegrond is, waarna ek reeds hierbo verwys het.
14. In hierdie verband is dit egter van belang om in gedagte te hou dat hierdie Hof nie geroepe is om daardie dispute te bereg nie. Daarmee het beide die eiser en die verweerder se advokate saamgestem.
15. Wat betref die vraag na die aard en omvang van die regsargumente, en moontlike mondelinge getuienis, kan hierdie Hof wel bevind dat die eiser se saak besmoontlik binne een dag afgehandel sal kan word. Alhoewel dit op hierdie stadium nie duideiik uit die hofstukke blyk dat die mondelinge getuienis wat deur die verweerder aangebied mag word, inderdaad oorvleuelend sal wees nie, kan dit nie sondermeer uitgeskakel of afgemaak word nie. In hierdie verband het Mnr Malan verskeie oortuigende submissies gemaak wat ek nie nodig vind om te herhaal nie.
16. Indien die getuienis tersprake wel oorvleuelend sal wees, sal dit inhou dat daardie deel van die getuienis weer in die verweerder se saak herhaal moet word. Sodanige proses mag potensiële nadeel vir die eiser inhou, ook met inagneming aarvan dat dit weer aangebied sal word na verloop van 'n relatiewe lang tydperk. Dit was nie op hierdie stadium moontlik om te bepaal welke getuienis, en presies waaroor, sodanige getuinis tans sal handel en tot welke mate dit wel oorvleuelend sal wees met getuienis wat in die verweerder se saak aangebied mag word.
17. Dit blyk wel so te wees dat die geskilpunte wat betref die eiser se eise beperk is. Die verhoor proses sal ook skynbaar deur argumente oorheers word. Uit die aard van die saak is dit vir hierdie Hof onmoontlik om te bepaal, indien enige mondelinge getuienis met betrekking tot die regsvrae, deur watter party ookal, aangebied, wat die aard en omvang van sodanige getuines sal wees, en tot welke mate daar oorvleueling sal wees.
18. Dit blyk egter ook dat die genoemde twee regsaspekte wat uit die eiser se eise spruit, en die teeneise van die verweerder, ten minste sekere gemenedelers het. Dit is gemeensaak dat die verweerder voorheen 'n direkteur van die eiser was, dat hy ook 'n direkteur van Retail was en dat hy aktief en intensief betrokke was by al die beweerde ooreenkomste, asook by die sake van Retail. Dit blyk ook dat die quantum in beide sake potensieel deur skuldvergelyking uitgewis kan word.
19. Alhoewel dit nie vasstaan dat die mondelinge getuienis, wat moontlik deur die partye tydens die moontlike verhoor van die regsaspekte aangebied mag word, ook relevant tot die verhoor met betrekking tot die verweerder se teeneise sal wees nie, kan dit op hierdie stadium nie uitgesluit word nie. Uiteraard sal herhaling van getuienis nie in die belang van die party wat dit moet herhaal wees nie. Na my mening spreek dit vanself.
20. Alhoewel die verweerder se teeneise nie 'n oorwegende rol speel by die beoordeling van die aansoek nie, bly dit steeds 'n faktor wat in ag geneem behoort te word. Uit die peitstukke blyk dit in ieder geval dat die quantum van die verweerder se teeneise die van die eiser oorskry. Sou die eiser met sy eis slaag en die verweerder eers jare daarna met syne, sal dit duidelikook benadeling vir die verweerder inhou. Dit is eweneens vanselfsprekend.
21. Na aanleding van bogenoemde omstandighede is daar, na my mening, gladnie 'n vooruitsig dat skeiding van die dispute enigsins tot voordeel van die verweerder sal wees nie, en is daar eweneens nie gronde om te bevind dat skeiding van dispute die verrigtinge juis sal verkort nie. Na my mening mag die teenoorgestelde waar wees. Dit sal ook duidelik 'n onnodige vertraging in die afhandeiing van die saak teweegbring asook onnodig-verspilde koste.
22. Dit volg dus dat skeiding van die regsvrae wat deur die eiser ge-opper word, na my mening, nie toegestaan behoort te word nie.
23. Wat die koste betref, meen ek dat die eiser dit moet betaal. Die aansoek van die eiser was sonder meriete en moes nie gebring gewees het nie. Die verweerder was deur die eiser verplig om hof toe te kom.
Bevel
Die aansoek word van die hand gewys met koste.
AJ BAM REGTER VAN DIE HOË HOF
6 Junie 2014