South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2015 >>
[2015] ZAGPPHC 1115
| Noteup
| LawCite
M en 'n ander vRossgro Chickens (EDMS) BPK en 'n ander (31022/11) [2015] ZAGPPHC 1115 (16 October 2015)
Download original files |
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA
(GAUTENG AFDELING, PRETORIA)
Saak nr.: 31022/11
In die saak tussen:
M. N. WllD 1ste Eiser
C. TAIT N.O. 2de Eiser
en
ROSSGRO CHICKENS (EDMS)BPK 1ste Verweerder
ROSSGRO HOLDINGS (EDMS)BPK 2de Verweerder
UITSPRAAK
1. Die eerste eiser, Mnr M.N. Wiid ("Mnr Wiid"), en die tweede eiser, die trustee van 'n trust wat deur Mnr Wiid beheer word, het twee eise teen die verweerders ingestel. Die verweerders is deel van die Rossgro groep van maatskappye waarvan tweede verweerder, Rossgrow Holdings (Edms)Bpk ("Holdings") die beherende maatskappy was en eerste verweerder, Rossgro Chickens (Edms)Bpk ("Chickens"), een van die filiale was. Te alle tersaaklike tye was die ander filiale van die groep Rossgro Voere (Edms)Bpk ("Voere") en Rossgro Broiler Farms (Edms)Bpk ("Farms").
Agtergrond
2. Mnr Wiid het gedurende 2007 as konsultant by die groep betrokke geraak en sedert April 2008 was hy, soos blyk uit 'n latere geskrewe bestuurs ooreenkoms met Holdings van Februarie/Maart 2009, die Hoof Uitvoerende Beampte ("HUB") van die groep. Terselfdertyd was hy die besturende direkteur van Chickens en 'n direkteur van Holdings. Die Rossgro groep het behoort aan die Rossouw familie en die aktiwiteite was verdeel tussen Mnr Rossouw Senior en sy drie seuns, te wete Mnr Chris Rossouw ("Mnr Rossouw"), Mnr Naude Rossouw ("Naude") en Mnr Adriaan Rossouw ("Adriaan"). Te alle relevante tyse was Mnr Rossouw die Voorsitter en Direkteur van Holdings en Chickens en was hy ook die meerderheids aandeelhouer van Holdings.
3. Gedurende April 2009 het Mnr Wiid kennis gegee van beeindiging van sy diens. Gedurende September 2009 was daar weer samesprekings tussen Mnr Wiid en Mnr Rossouw en het Mnr Wiid weer effektief vanaf 1 September 2009 voltyds by die groep betrokke geraak.
4. Teen die einde van 2009 het die groep ernstige finansiele druk ervaar en verskillende bedryfsopsies is oorweeg. Teen hierdie agtergrond het Mnr Rossouw gedurende Januarie 2010 aan Mnr Wiid aangebied om kommissie aan horn te betaal in 'n sekere geval. Die partye het na hierdie ooreenkoms as die "kommissie ooreenkoms" verwys.
5. Ten aansien van Mnr Wiid se werksverhouding het 'n geskrewe bestuursooreenkoms die lig gesien wat op 26 Januarie 2010 onderteken is. Dit is die sogenaamde "tweede bestuursooreenkoms" tussen die partye. In werklikheid was hierdie ooreenkoms, net soos die geval met die eerste bestuursooreenkoms, met Mnr Wiid se familietrust, die tweede verweerder, gesluit, maar verwys ek om doelmatigheidsredes verder na hierdie ooreenkoms en die eis wat daaruit ontstaan het asof dit Mnr Wiid se ooreenkoms en sy eis is. Daar is 'n geskil tussen die partye of die ooreenkoms met Holdings dan wel met Chickens gesluit was.
6. Op 15 April 2010 het Mnr Wiid bedank en is die tweede bestuursooreenkoms beeindig.
7. Gedurende Mei 2011 het Mnr Wiid die huidige twee eise teen Chickens en Holdings ingestel. lngevolge die eerste eis, Eis A, eis Mnr Wiid kommissie van R1,1 miljoen op grand van die sogenaamde kommissieooreenkoms van Januarie 2010 wat met Chickens alternatiewelik Holdings gesluit is. Die grondslag van die eis is dat Mnr Wiid beweer dat hy ingevolge die kommissie ooreenkoms geregtig sou word op 0,5% kommissie op die verkoopprys indien Chickens verkoop sou word. Mnr Wiid het beweer dat Chickens op 1 April 2010 as 'n lopende saak verkoop is vir R220 miljoen aan Afgri Operations Limited ("Afgri") en dat hy derhalwe op R1,1 miljoen geregtig geword het.
8. lngevolge Mnr Wiid se tweede eis, Eis B, eis hy die bedrag van R950 760,00 voortspruitend uit die tweede bestuursooreenkoms. lngevolge die besonderhede van vordering was hierdie ooreenkoms met Chickens gesluit. Daarvolgens sou Mnr Wiid die HUB van die groep, bestaande uit Holdings en die ander filiale, wees en sou hy maandeliks deur Chickens vergoed word.
9. lngevolge hierdie bestuursooreenkoms sou Mnr Wiid uit die ooreenkoms kon tree en ses maande se vergoeding ontvang indien "Rossgro" meer as 51% van sy aandele aan 'n buitestaander verkoop. Volgens Mnr Wiid was die verwysing na "Rossgro" 'n verwysing na Chickens. Mnr Wiid het verder gepleit dat vanwee 'n fout in die bewoording van die ooreenkoms, die ooreenkoms in sekere opsigte nie die partye se bedoeling korrek weergegee het nie. In hierdie veband is die volgende gepleit:
10. Eerstens, dat die datum van ondertekening nie 26 Januarie 2009 was nie maar 26 Januarie 2010.
11. Tweedens, dat paragraaf 1.1 daarvan verkeerdelik na die registrasie nommer van Rossgro Chickens verwys as "2007/025102/02" terwyl dit "2006/006574/07" moes gewees het. Alternatiewelik, dat die definisie van "Rossgro" as synde verwysend na "Rossgro Chickens", verkeerd was aangesien dit die partye se gemeenskaplike bedoeling was dat die kontrakterende party "Rossgro Holdings" met registrasie nommer 2007/025102/02 was.
12. Derdens, dat klosule 3.3 van die bestuursooreenkoms nie die partye se gemeenskaplike bedoeling korrek weergee nie deurdat dit Mnr Wiid se eis om vergoeding beperk tot die verkoop van meer as 51% van die aandele in Chickens aan 'n buitestaander instede daarvan om ook voorsiening te maak vir die verkoop van Chickens se besigheid aan 'n buitestaander.
13. In besonder het Mnr Wiid gepleit dat die voornoemde foute veroorsaak is deur 'n gemeenskaplike fout van die partye wat die ooreenkoms onderteken het in die bona fide maar foutiewe geloof dat die ooreenkoms wel hulle ooreenkoms korrek weergee. Gevolglik het Mnr Wiid gepleit dat die ooreenkoms rektifiseer moet word soos volg:
14. Eerstens, die datum 2009 moet vevang word met die datum 2010. Hierdie wysiging is onkontensieus en klop met beide partye se weergawes.
15. Tweedens, die registrasie nommer 2007/025102/02 moet vervang word met nommer 2006/006574/07. Alternatiewelik, dat die naam "Rossgro Chickens" vervang moet word met die naam "Rossgro Holdings" waar dit ookal in die ooreenkoms verskyn en ook om Rossgro Holdings se registrasie nommer te verander om te lees 2007/025102/02.
16. Derdens, dat klousule 3.3 gewysig moet word deur die invoeging van die woorde ",or in the event that Rossgro Chickens sells more than 51% of its assets,".
17. In die alternatief to die voorgaande wysiging het Mnr Wiid gepleit dat dit 'n stilswyende bepaling van die bestuursooreenkoms was dat hy op die ses maande vergoeding geregtig sou word indien Chickens sy besigheid verkoop.
18. Mnr Wiid pleit verder ten opsigte van sy Eis B dat Chickens op 1 April 2010 'n verkoopooreenkoms met Afgri gesluit het ingevolge waarvan Chickens se besigheid as 'n lopende saak verkoop is en waarvoor Chickens gedurende April 2010 betaal is. Derhalwe, so pleit Mnr Wiid, het hy op die geeisde bedrag geregtig geraak.
19. Ten aansien van Eis A, die kommissie eis, het die verweerders gepleit dat Mnr Wiid slegs op kommissie geregtig sou word indien hy die effektiewe oorsaak was van 'n transaksie; dat die transaksie met 'n ander party moes wees as, byvoorbeeld, die Afgri groep, met wie daar op daardie stadium reeds onderhandelinge aan die gang was; en dat die transaksie binne ses maande van die mandaat aan Mnr Wiid gesluit moes gewees het. Volgens die verweerders is aan nie een van hierdie voorwaardes voldoen nie en kan Mnr Wiid nie met Eis A slaag nie.
20. Ten aansien van Eis B, die rektifikasie eis, het die verweerders in die eerste plek gepleit dat die ooreenkoms nie met Chickens was nie maar met Holdings. Die eis om rektifikasie van die datum van die ooreenkoms en van die verwysings na Holdings in die ooreenkoms, was dus nie deur die verweerders betwis nie. Wat wel betwis was, is die poging tot rektifikasie van die ooreenkoms om ook te verwys na die verkoop van Chickens se besigheid.
21. Meer in besonder was dit dus die verweerders se saak dat die ooreenkoms verwys het na die verkoop van meer as 51% van Holdings se aandele, en dat aangesien dit nie gebeur het nie, Mnr Wiid op geen vergoeding geregtig geraak het nie. Verder was dit ook die verweerders se saak dat die verkooptransaksie in elk geval eers op 5 Augustus 2010 plaasgevind het, en nie gedurende April 2010 nie, en dat Mnr Wiid toe reeds, op 15 April 2010, bedank het. Mnr Wiid het derhalwe reeds bedank en die bestuurs ooreenkoms het tot 'n einde gekom, op die stadium dat Chickens se besigheid verkoop is, en daarom kan hy nie aanspraak maak op enige vergoeding uit hoofde van die ooreenkoms nie.
Die Rektifikasie Eis
22. Ten aansien van Eis B, die rektifikasie eis, is die eerste vraag wie die kontraksparty was, naamlik Chickens of Holdings. Volgens Mnr Wiid se besonderhede van vordering was dit die een of die ander. Sy getuienis tydens die verhoor was egter dat dit Chickens was. Ek sal na hierdie aspek terugkeer.
23. Die tweede vraag wat beantwoord moet word is of klousule 3.3 van die ooreenkoms verkeerdelik nie die partye se gemeenskaplike bedoeling weergee nie deurdat dit Mnr Wiid se eis om ses maande se vergoeding beperk tot die geval waar meer as 51% verkoop word van die aandeelhouding in Chickens aan 'n buitestaander instede daarvan om ook voorsiening te maak vir die verkoop van Chickens se besigheid aan so 'n buitestaander. Hand aan hand met hierdie kwessie is die vraag of dit 'n stilswyende term van die partye se ooreenkoms was dat die vergoeding betaalbaar sou wees indien Chickens se besigheid verkoop word.
24. lndien hierdie twee vrae ten gunste van Mnr Wiid bevind word, is die derde vraag wat beantwoord moet word naamlik of die verkooptransaksie wel gedurende April 2010 plaasgevind het voordat Mnr Wiid bedank het. lndien dit nie die geval is nie, sal die eis misluk.
25. Dit is nodig om eers kortliks na die eerste bestuursooreenkoms te verwys wat die posisie van Mnr Wiid tussen April 2008 en April 2009 beheer het. Die ooreenkoms was tussen Mnr Wiid (se trust) en "Rossgro", synde Holdings. Mnr Wiid se dienste was aan Holdings gelewer en hy was die HUB van die groep. Hy is vergoed deur Holdings maar elkeen van die filiale het in vasgestelde bedrae bygedra tot sy maandelikse vergoeding.
26. Klousule 3.3 bepaal dat indien meer as 51% van die aandeelhouding in Holdings aan 'n buitestaander verkoop word, Mnr Wiid die keuse het om die ooreenkoms te beeindig en in welke geval Holdings Mnr Wiid sy aandele in Holdings kon terugkoop. 'n Verkoping van meer as 51% van Holdings se aandele sou die beheer van die groep van maatskappye vir alle praktiese doeleindes uit die hande van die Rossouw familie geneem het. In so 'n geval sou Mnr Wiid dus nie verplig gewees het om in die groep aan te bly nie. Mnr Wiid het inderdaad sy aandele in Holdings aan Atterbury verkoop na sy eerste bedanking.
27. Dit is gemene saak dat Mnr Wiid self die tweede bestuursooreenkoms opgestel het. Tot 'n groat mate is dit woordeliks dieselfde as die eerste ooreenkoms. Op die eerste bladsy van die tweede ooreenkoms word egter verwys na die bestuursooreenkoms tussen "Rossgro Chickens ("Rossgro")" en Mnr Wiid wat as die bestuurder beskryf word. In klousule 1, wat die partye beskryf, word oak na Chickens verwys maar word Holdings se registrasienommer aangedui. Hierdie is aspekte wat grootliks daarop dui dat Chickens die party was wat die ooreenkoms met Mnr Wiid gesluit het.
28. Daar is egter klousules wat die verweerders se weergawe ondersteun dat die ooreenkoms met Holdings was. Daar kan, onder andere, na die volgende verwys word.
29. Klousule 3.4 bepaal dat
"The agreement is made based on commitment to finalise an incentive scheme (whether by way of shares or otherwise}, before the end of February 2010."
In Januarie 2010, toe die ooreenkoms opgestel is, was dit reeds duidelik dat Chickens nie meer sou voortbestaan soos voorheen nie. Die verkoop van Chickens se aandele of van 'n deel van sy besigheid of die geheel daarvan, was voor die deur en onderhandelinge met buitestaanders was reeds goed op dreef. Dit is na my mening onwaarskynlik dat Mnr Wiid aandele in Chickens sou wou koop as 'n insentief vir goeie werk wat hy moes lewer. Dit sou horn eerder gebaat het om, soos vroeer, aandele in Holdings te verkry.
30. lngevolge klousule 3.1 was die beoogde tydperk wat die ooreenkoms sou duur, tot 31 Augustus 2012. Om dieselfde redes sou dit onwaarskynlik wees dat Mnr Wiid, in die lig van die heersende omstandighede, homself tot Chickens sou verbind vir so 'n lang tyd. Dit is veral so in die lig van die feit dat 'n ooreenkoms met Afgri op daardie stadium baie waarskynlik gelyk het en dit volgens Mnr Wiid self 'n feit was dat hy en Afgri nie om dieselfde vuur gesit het nie en hy hoegenaamd nie 'n pad met hulle in die toekoms sou stap nie. Dit is derhalwe meer waarskynlik dat die dienstydperk in die geledere van Holdings beoog was.
31. Klousule 5.1 bepaal soos volg: "The Manager undertakes -
5.1 to act as Chief Executive Officer (CEO) of the Rossgro Group of Companies comprising of Rossgro Holdings, and any of its subsidiaries and to perform the services according to good industry practice and with the highest degree of care, diligence and commitment to providing a service reasonably required to the satisfaction of Rossgro."
Hierdie klousule laat wynig twyfel dat Mnr Wiid se ooreenkoms wel met Holdings was. Chickens, as filiaal van Holdings, sou immers nie die bevoegdheid gehad het om 'n HUB vir Holdings en die ander filiale aan te stel nie.
32. Klousule 4 bevestig dat 'n bestuursooreenkoms en nie 'n diensooreenkoms gesluit word nie en bepaal dan dat die "Manager will be a director of Rossgro and/or some of the subsidiaries and will therefore also assume the fiduciary duties accordingly". Weer eens sou dit nie vir Chickens moontlik gewees het om Mnr Wiid as direkteur van die filaiale aan te stel nie. Slegs Holdings sou dit kon bewerkstellig.
33. Ten aansien van sy finansiele vergoeding bepaal klousule 6.1 soos volg:
"6.1 During the term of this agreement and in consideration for the services provided by the Manager to Rossgro and its subsidiaries, the Manager will invoice Rossgro an amount of R 139 000,00 excluding VAT which will be payable before the end of each calender month Hierdie klousule voorsien ook pertinent 'n diens aan "Rossgro and its subsidiaries" en kan dit slegs verwys na Holdings en sy filiale. Binne die groep het slegs Holdings filiale gehad. Chickens het geen filiale gehad nie.
34. Ter opsomming blyk dit dus dat benewens die verwysing na die partye as Mnr Wiid en Chickens, is heelwat wesenlike bepalings van die ooreenkoms slegs versoenbaar met 'n ooreenkoms wat met Holdings gesluit is.
35. Wat betref die getuienis wat gelewer is het Mnr Wiid in sy hoofgetuienis getuig dat hy na sy eerste bedanking nog op 'n ad hoc basis by die groep betrokke was. Met verloop van tyd het hy meer betrokke geraak en op 'n vraag van Advokaat Heysteck, namens Mnr Wiid, oor sy uiteindelike voltydse betrokkenheid, antwoord Mnr Wiid soos volg:
"Dit is korrek, ek het weer teen September op 'n meer voltydse basis betrokke geraak. Ons het toe 'n nuwe ooreenkoms aangegaan dat ek weer voltyds as CEO van die groep sal optree."
Volgens Mnr Wiid het hy weer betrokke geraak op versoek van Mnr Rossouw.
36. Dit was dus aanvanklik Mnr Wiid se uitdruklike getuienis dat hy weer, soos in die verlede, die HUB van die groep sou wees. Soos ek reeds gese het pas hierdie feit, wat later in die geskrewe ooreenkoms bevestig is, slegs in by die feit dat die ooreenkoms weer eens met Holdings gesluit was. Later in sy getuienis het Mnr Wiid getuig dat die ooreenkoms met Chickens was. Toe hy tydens kruisverhoor met sy aanvanklike weergawe konfronteer was, kon Mnr Wiid nie bevredigend daarop antwoord nie. Uiteindelik het hy boonop getuig dat hy en Mnr Rossouw nie voor die sluiting van die tweede ooreenkoms, bespreek het dat die nuwe ooreenkoms met Chickens sou wees nie. Volgens horn het hy bloat aanvaar dat daar van Chickens gepraat word.
37. Volgens Mnr Wiid het hy hierdie aanname gemaak, onder andere, omdat Chickens die hoof ekonomiese aktiwiteit van die groep bedryf het en verder dat sy kontak met die ander filiale by wyse van ander onderlinge kontrakte tussen die filiale geskied het. Mnr Wiid se getuienis in hierdie opsig was nie bevredigend nie. Hy het telkens lang en onsamehangende verduidelikings gegee en nie geskroom om sy getuienis aan te pas, uit te brei en te kwalifiseer wanneer die skoen geknyp het nie. In elk geval het Mnr Rossouw ontken dat Chickens die hoof ekonomiese aktiwiteit van die groep was.
38. Daarteenoor was die getuienis van Mnr Rossouw van 'n goeie gehalte en was daar nooit die indruk gewek dat hy nie die waarheid praat nie. Hy is duidelik nie iemand wat horn oormatig besig hou met die detail van elke faset van die besigheid of met papierwerk nie. Daarvoor het hy immers kundiges aangestel, soos onder andere Mnr Wiid, om horn en sy broers in die verskillende besighede te help. Sy getuienis dat Mnr Wiid nooit slegs deur Chickens aangestel sou word nie, het gestrook met die waarskynlikhede. Sy broers is beide mediese dokters wat in praktyk staan. Die uitvoerende rol wat Mnr Wiid aan hulle wou toedig tydens sy tweede tydperk by die groep en waarom hy dus slegs by Chickens betrokke sou wees, is moeilik om te glo. Waarom dit dan ook juis sou verskil van die situasie 'n kort rukkie tevore, toe hy deur Holdings kontrakteer is as HUB van die groep, is nooit bevredigend verduidelik nie.
39. Volgens Mnr Rossouw sou Chickens ook nooit die enorme maandelikse bedrag wat aan Mnr Wiid betaal moes word, naamlik R139 000,00 plus verdere voordele, kon bekostig nie. Soos tevore is hierdie uitgawe dan ook inderdaad, soos in die verlede, deur al die filiale betaal. Dit strook met die getuienis van Mnr Rossouw dat die tweede ooreenkoms weer eens met Holdings was en nie slegs met Chickens nie.
40. Mnr Wiid kon dan oak geen bevredigende verduideliking gee waarom daar voortgegaan is om al drie filiale te faktureer vir sy maandelikse vergoeding nie. Sy getuienis dat dit ingevolge 'n administratiewe reeling was en dat dit getref was met Naude en Adriaan kan nouliks korrek wees. Hy kon geen ondersteuenende dokumentasie daaroor voorle nie. Meer insiggewend is egter dat hy deur beide die filiale konfronteer was oor die feit dat hulle bydraes tot sy inkomste moes maak. Dit sou hulle, eerstens, sekerlik nie gedoen het indien daar wel 'n reeling met Naude en Adriaan was nie. Verder het Mnr Wiid nie, toe hulle horn konfronteer het en navraag gedoen het oor die fakture aan hulle, die filiale daarop gewys dat daar so 'n reeling was nie. Hy skryf in sy antwoordende e-pos op hierdie navraag die volgende:
"Korrek - ek is weer voltyds in diens vanaf 1 Okt en invoice dus weer die volle bedrag soos ooreengekom met Mnr Rossouw en Flip."
Hierdie reaksie wys, eerstens, op 'n ooreenkoms met Mnr Rossouw, en nie die ander twee broers nie. Tweedens, bevestig dit Mnr Rossouw se getuienis dat Mnr Wiid weer vir Holdings, en dus die groep, gewerk het.
41. Mnr Wiid het ter ondersteuning van sy weergawe dat hy slegs vir Chickens aangestel was, ook verwys na 'n skrywe van Mnr Rossouw van 19 Januarie 2010 waarin hy gevra word om 'n bestuursooreenkoms op te stel. Volgens Mnr Wiid het Mnr Rossouw hierdie brief namens Chickens geskryf en sou dit dan 'n bewys wees van die feit dat die ooreenkoms met Chickens was. Hierdie getuienis van Mnr Wiid kan egter nie die waarheid wees nie. Die brief toon in geen opsig aan dat dit van Chickens afkomstig is nie. Die briefhoof toon slegs die "Rossgro" logo wat tipies van Holdings se skrywes was. Maar meer nog - die skrywe vra dat 'n aandeelhouersvergadering gehou moet word, en Mnr Wiid moes toegee dat dit na 'n aandeelhouers vergadering van Holdings verwys het. Die skrywe vra ook 'n vraag oor hulle blootstelling aan Atterbury, 'n maatskappy wat 'n finansiele belang in die groep gehad het. Hierdie vraag het slegs op Holdings betrekking gehad en nie op Chickens alleen nie. Anders as wat Mnr Wiid voorgegee het, toon die skrywe van 19 Januarie 2010 dus eerder dat Mnr Wiid se ooreenkoms op die waarskynlikhede inderdaad met Holdings was.
42. Daar kan ook verwys word na 'n organigram wat deur Mnr Wiid self opgestel was. Hy het aanvanklik getuig dat dit die struktuur van die groep weerspieel na sy tweede aanstelling. Daarvolgens word hy bokant die filiale aangetoon as HUB van die groep. Die filiale resorteer dus onder horn. Toe hy tydens kruisverhoor daaroor konfronteer is dat sy getuienis onversoenbaar is met sy weergawe dat die tweede bestuursooreenkoms met Chickens gesluit is, het Mnr Wiid die organigram probeer kwalifiseer as bloot 'n visie of droom wat hy gehad het en dat dit nie die werklike posisie reflekteer het nie. Benewens die feit dat sy getuienis oor hierdie aspek onbevredigend was en weer eens 'n geval was waar hy nie geskroom het om sy getuienis aan te pas nie, is dit duidelik dat dit boonop hoegenaamd nie binne sy werksfeer sou geval het om so 'n organigram op te stel, al was dit net 'n visie, indien hy slegs in diens van Chickens gestaan het nie.
43. Mnr Rossouw se getuienis was ondubbelsinnig dat die tweede bestuursooreenkoms, soos dit die geval met die eerste bestuursooreenkoms was, tussen Mnr Wiid en Holdings was. Hy het getuig dat dit aan horn voorgehou was en deur horn aanvaar is as soortgelyk aan die eerste ooreenkoms. Hy het nooit opgemerk dat daar in die verwysing na die partye op die eerste twee bladsye, na Chickens verwys word nie. Ek het reeds aangetoon dat Mnr Rossouw se getuienis geloofwaardig was. Daar was geen relevante weersprekings nie en daar was nooit die indruk dat hy sy getuienis aanpas of verander nie. Belangrik is ook die feit dat dit met die waarskynlikhede gestrook het soos wat ek reeds hierbo aangedui het.
44. Ten aansien van die vraag of klousule 3.3 rektifiseer moet word deur ook aan Mnr Wiid die reg te gee om te bedank en ses maande se vergoeding te kry indien Chickens se besigheid verkoop word, en ook ten aansien van die vraag of daar so 'n stilswyende ooreenkoms bestaan het, kan na die volgende verwys word.
45. Ek verwys in die eerste plek na Mnr Wiid se getuienis oor die rede waarom hy ook die geleentheid moes he om te bedank indien meer as helfte van Chickens se besigheid verkoop word. Volgens horn het dit om beheer gegaan en was dit nodig dat hy sou kon bedank indien daar 'n verandering in beheer is. Namens die verweerders is betoog dat hierdie rede nie water hou nie en ek stem daarmee saam. lndien Chickens se besigheid verkoop sou word, sou dit geen impak op die beheer van Chickens gehad het nie. Chickens sou 'n baie groot bedrag geld ontvang en dit het ook so gebeur. Dit was dus nie die einde van Chickens nie. Dit sou ook nie 'n impak op Holdings se beheer gehad het nie. Die groep en die maatskappye daarin sou voortbestaan het, soos wat dit inderdaad uiteindelik die geval was. Selfs al sou Afgri die besigheid van Chickens koop, soos wat Mnr Wiid gevrees het, sou Afgri immers niks verder met die groep te doen gehad het nie. Volgens Mnr Rossouw se getuienis was daar selfs na die verkoop van Chickens se besigheid heelwat vir Mnr Wiid om binne die groep te doen en het hulle horn nodig gehad. Die maatskappye het steeds onder die beheer van die Rossouw familie gestaan en daar is nie afstand van beheer gedoen nie. Ek vind derhalwe dat Mnr Wiid se getuienis oor die grondslag of rede waarom die gewraakte gedeelte in die ooreenkoms moes verskyn het, teen die waarskynlikhede is.
46. Benewens die voorgaande is dit gemene saak dat die eerste bestuurs ooreenkoms in klousule 3.3 aan Mnr Wiid die reg gegee het om te bedank indien meer as 51% van Holdings se aandele aan 'n buitestaander verkoop word. Mnr Wiid het toegegee dat hy nooit met Mnr Rossouw bespreek het dat die nuwe ooreenkoms met Chickens sou wees en nie met Holdings nie. Mnr Wiid het ook toegegee dat die gedeelte wat hy wil invoeg by wyse van rektifikasie of 'n stilswyende term, naamlik die gedeelte wat verwys na die verkoop van Chickens se besigheid, ook nooit met Mnr Rossouw bespreek is nie. Mnr Rossouw se getuienis was dat hy klousule 3.3 van die tweede ooreenkoms nooit verstaan het om ook te geld indien Chickens meer as helfte van sy besigheid verkoop nie. Ek vind sy getuienis geloofwaardig en dat dit strook met die waarskynlikhede.
47. Ten einde te slaag met sy pleit van rektifikasie moes Mnr Wiid feite voorhou wat duidelik wys dat hy geregtig is op die aangevraagde rektifikasie. Hy moes dus bewys dat die gemeenskaplike bedoeling anders was as wat in die skriftelike ooreenkoms gestipuleer was. Sien Soil Fumigation Services v Chemfit Technical Products 2004(6) SA 29 (SCA) op p38J-39C. Mnr Wiid het in geen opsig hierin geslaag nie. Mnr Rossouw se getuienis daaroor, wat ek aanvaar as geloofwaardig en in pas met die waarskynlikhede, is immers direk tot die teendeel. Daar is derhalwe geen ruimte vir rektifikasie van die klousule of van 'n stilswyende ooreenkoms soos aangevoer deur en betoog namens Mnr Wiid nie.
48. Wat betref die pleit van 'n stilswyende term moet bevind kan word dat op die feite van die saak die afleiding gemaak kan word dat die partye noodwendig op die betrokke term ooreengekom het maar dat dit om die een of ander rede nie in die skriftelike stuk vervat is nie. Sien City of Cape Town (CMC Administration) v Bourbon-Leftley and another NNO 2006(3) SA 488 (SCA) te par [19]. Met verwysing na Mnr Rossouw se getuienis en die omstandighede waarna ek reeds verwys het kan die afleiding nie gemaak word dat die verkoop van Chickens se besigheid wel aan Mnr Wiid die beweerde regte sou verskaf nie. Volgens Mnr Rossouw het dit gegaan oar die verkoop van die meerderheid van die aandele in Holdings. Tot tyd en wyl dit geskied sou Mnr Wiid se dienste wel benodig word. Daar is derhalwe nie ruimte vir die stilswyende term soos beweer deur Mnr Wiid nie.
49. In die lig van my bevinding dat Mnr Wiid se beroep op rektifikasie of 'n stilswyende term nie kan slaag nie, is dit nie nodig om na die verweerders se verweer te verwys dat Mnr Wiid in elk geval bedank het voordat Chickens se besigheid verkoop is. Vir saver ek egter verkeerd mag wees in my eersgenoemde bevindings, verwys ek na wat ek hieronder bespreek en bevind ten aansien van die uiteindelike verkoopooreenkoms van die besigheid van Chickens. Soos wat uit daardie bespreking blyk is Chickens se besigheid eers in Augustus 2010 verkoop en dus nadat Mnr Wiid reeds bedank het. Om hierdie rede kan Mnr Wiid derhalwe ook nie met sy Eis B slaag nie.
Die Kommissie Eis
50. Ek verwys nou na die kommissie eis. Vir hierdie eis het Mnr Wiid op die e pos van Mnr Rossouw gedateer 19 Januarie 2010 gesteun welke brief, volgens Mnr Wiid, die ooreenkoms beliggaam. Daarin skryf Mnr Rossouw die volgende:
"Hiermee offer ek jou ook 'n kommissie van 0,5% op enige transaksie wat kan plaasvind binne die volgende 6 maande, indien ons 'n substansiele grater offer kry kan die persentasie aangepas word."
51. Volgens Mnr Wiid het hy geregtig geword op hierdie kommissie indien Chickens verkoop word, ongeag aan wie verkoop word of hoe die verkoop transaksie tot stand gekom het. Hy hoef dus niks te gedoen het ten einde die kommissie te verdien nie. Die verweerders se weergawe, soos ook deur Mnr Rossouw getuig, was dat Mnr Wiid die effektiewe oorsaak van die transaksie moes wees ten einde aanspraak op kommissie te maak.
52. Mnr Rossouw het getuig dat die agtergrond was dat ongeveer teen die einde van 2009 Chickens, en eintlik die hele groep, ender finansiele druk was. Een of ander plan moes gemaak word. Daar was verskillende moontlikhede. So byvoorbeeld kon dele van die besigheid verkoop word of aandele kon verkoop word of 'n vennoot kon ingeneem word of finansiering kon verkry word. Aan die begin van 2010 was Mnr Rossouw se onderhandelinge met Afgri vir die koop van die besigheid van Chickens reeds ver gevorder. Mnr Wiid het niks daarmee te doen gehad nie. Afgri het gedurende Desember 2009 reeds 'n koop aanbod van R200 miljoen gemaak. Mnr Rossouw het getuig dat Mnr Wiid vriende was met ene Mnr Le Maitre wat deel was van die Kuiper groep van maatskappye. Die Kuiper groep kon moontlik in een of ander opsig 'n haalbare transaksie voorstel. Mnr Wiid het gesprekke gehad met Le Maitre waarvan hy Mnr Rossouw ingelig het. Mnr Wiid het egter aangedui dat hy nie verder wil onderhandel of iets doen voordat hy nie iets gehad het om horn te "motiveer" om dit te doen nie. Volgens Mnr Rossouw wou Mnr Wiid vergoeding of kommissie he selfs al bekom hy uiteindelik slegs 'n lening vir Chickens.
53. Mnr Rossouw getuig dat sy aanbod aan Mnr Wiid nooit ingehou het dat dit sou geld indien 'n ooreenkoms gesluit word waaroor hy, Mnr Rossouw, reeds besig was om te onderhandel nie. Hy was bereid om die aanbod aan Mnr Wiid te maak om horn te motiveer om die groep te help maar dit was om iets anders op die tafel te kry as wat reeds daar was. Hy moes dus self moeite doen en hulp in die een of ander vorm van iewers verkry. Dan sou hy kommissie op so 'n transaksie kry. Hy sou nie kommissie kry indien hy niks doen of indien 'n transaksie gesluit word waarmee hy niks te doen gehad het nie.
54. Die bewyslas rus op Mnr Wiid om hierdie ooreenkoms te bewys. Na my mening is die waarskynlikhede sterk teen die weergawe van Mnr Wiid. Die gedagte dat hy meer as R1 miljoen, of in elk geval 'n baie groat bedrag, sou ontvang vir iets wat sou gebeur en waartoe hy geen bydrae gelewer het nie, is erg onwaarskynlik. Mnr Wiid se getuienis dat hy vergoed sou word om die besigheid staande te hou tot die nuwe koper oorneem is net so onwaarskynlik. Dit was immers sy gewone daaglikse taak om alles tot voordeel van die maatskappy te doen. Daar was geen rede om horn nag verder daarvoor te vergoed nie. En dan oak verder, indien hy dan wel die besigheid in stand moes hou, waarom het hy dit nie gedoen nie? Hy het feitlik onmiddellik bedank toe hy gedink het die besigheid is verkoop. Mnr Rossouw se weergawe, daarenteen, strook totaal met die waarskynlikhede.
55. Namens Mnr Wiid is sterk gesteun op die woorde "enige transaksie wat kan plaasvind", maar na my mening kan dit ewe goed, en inderdaad meer waarskynlik, verwys na enige iets anders as die verkooptransaksie wat toe reeds onder oorweging was. Dit wil se dat die kommissie betaalbaar sou wees selfs indien daar bloat finansiering verkry word, of indien daar 'n ander verkoop van 'n gedeelte of die geheel van die besigheid bewerkstellig sou word, of indien 'n vennoot teen vergoeding ingeneem sou word. So 'n interpretasie sou juis voorsiening maak vir Mnr Wiid se aandrang op vergoeding indien hy selfs net 'n lening bewerkstellig. Dit is meer waarskynlik dat Mnr Rossouw hiervoor wou voorsiening maak juis omdat die woord kommissie meer dikwels in die volksmond verwys na vergoeding indien 'n verkooptransaksie bewerkstellig is.
56. Mnr Wiid het hierteenoor getuig dat sy gesprek met Le Maitre eers plaasgevind het nadat die aanbod reeds aan horn gemaak was en wel tydens 'n besoek deur homself, Mnr Rossouw, Le Maitre en ander aan Suid Amerika. Mnr Rossouw se getuienis was egter dat Mnr Wiid reeds voor die tyd met Le Maitre gepraat het en dat dit juis die rede was waarom hy saam was na Suid Amerika, naamlik om dit daar verder met Le Maitre te neem. Hierdie weersprekende getuienis help nie veel om die vraag onder bespreking te beantwoord nie.
57. Na my mening le die antwoord op die vraag in die gebruik van die woord "kommissie". Dit is 'n alombekende woord met 'n baie spesifieke betekenis in die algemene omgangstaal. Dit is naamlik die vergoeding wat betaalbaar is aan die een wat die effektiewe oorsaak is van 'n transkasie, meer gewoonlik 'n verkooptransaksie. Ek kan eenvoudig aan geen rede dink waarom die woord "kommissie" gebruik sou word indien Mnr Wiid eenvoudig niks sou gedoen het nie. Dit was op daardie stadium reeds 'n aanvaarde feit dat die een of ander transaksie gesluit sou word om die finansiele druk te verlig. Waarom sou daar dan nog 'n enorme bedrag aan Mnr Wiid betaal word? Geen rede doen horn voor nie. Mnr Wiid het immers op daardie stadium maar slegs ongeveer vier maande ingevolge die tweede ooreenkoms by die groep gewerk. lndien dit seker was dat Mnr Wiid die groep sou verlaat en hulle wou horn om een of ander duistere rede vergoed, sou daar bloot direk na sodanige vergoeding verwys gewees het. Daar was geen rede om dit as 'n aanbod ("offer") voor te hou nie en daar was oak geen rede om dit as "kommissie" te verdoesel nie.
58. Ek het reeds hierbo bevind dat ek Mnr Rossouw se getuienis aanvaar dat Mnr Wiid slegs op vergoeding sou kon aanspraak maak indien meer as 50% van Holdings se aandele verkoop word. Mnr Rossouw kon dus nie die gedagte gekoester het dat Mnr Wiid die groep sou verlaat nie. Die groep het horn inderdaad nag nodig gehad. In daardie omstandighede sou daar nog minder rede gewees het om aan horn 'n so 'n enorme bedrag of enige bedrag te betaal. Mnr Wiid se maandelikse vergoeding was reeds uiters hoog. Dit is onwaarskynlik dat Mnr Rossouw enige motivering sou sien om horn daarbenewens nog soveel as R1 miljoen of meer te betaal veral indien hy hulle in die steek sou laat.
59. Ek bevind derhalwe dat die aanbod van Mnr Rossouw aan Mnr Wiid slegs van toepassing sou wees indien Mnr Wiid die effektiewe oorsaak van 'n uiteindelike transaksie was. Dit was nie die geval nie en Mnr Wiid kan derhalwe nie met Eis B slaag nie.
60. lndien ek verkeerd is in hierdie bevinding is daar 'n ander rede waarom hierdie eis nie kan slaag nie. Mnr Wiid se eis volgens sy besonderhede van vordering, is baseer op die verkoopooreenkoms wat op 6 Augustus 2010 gesluit is. Dit is val egter buite die ses maande tydperk waarbinne die transaksie moes plaasvind soos na verwys in Mnr Rossouw se aanbod in die e-pos van 19 Januarie 2010.
61. Tydens kruisverhoor is Mnr Wiid met hierdie feit konfronteer en hy het toe ontken dat sy eis op daardie ooreenkoms baseer is en gese dat sy eis baseer is op 'n ooreenkoms wat op 1 April 2010 gesluit is. Aansoek is gedoen om die besonderhede van vordering te wysig om na die ooreenkoms van 1 April 2010 te verwys.
62. Die ooreenkoms van 1 April 2010 waarna Mnr Wiid tydens sy getuienis na gegryp het, verskyn in die vorm van 'n aanbod wat deur Afgri gemaak is vir die aankoop van die besigheid van Chickens. Aan die einde van die brief is dit onderteken en aanvaar deur Mnr Rossouw.
63. Die aanbod is deurspek van voorwaardes waaraan voldoen moes word. So byvoorbeeld bepaal klousule 2 dat daar 'n paar sogenaamde "supply agreements" gesluit moes word deur Rossgro Feeds en Rossgro Farms met Afgri sowel as met ander ongenoemde maatskappye. Nie al die wesenlike terme van daardie ooreenkomste is uiteengesit nie. Verder word die sluiting van 'n Verkoopooreenkoms tussen, onder andere, Afgri en Chickens voorsien vir die aankoop van Chickens se besigheid. 'n Menigtal terme wat in daardie ooreenkoms vervat moet word, word uitgelig maar weer eens is daar wesenlike terme wat nog op ooreengekom sou moes word.
64. Klousule 4 van die 1 April 2010 ooreenkoms voorsien hierdie verdere noodsaaklike onderhandelings en ooreenkomste wat nog gevoer en bereik sal moet word. Nadat die klousule begin deur te bepaal dat die Rossgro maatskappye vir 60 dae nie met iemand anders 'n ander soortgelyke ooreenkoms sal sluit nie, sluit dit af met die volgende sin:
"If, prior to the expiry of the aforesaid 60 day period, all of the parties agree that negotiations to conclude the proposed transaction is futile and/or that negotiations are at an end then this clause shall terminate."
65. 'n Verdere bepaling wat relevant is, is klousule 5 wat bepaal dat die verpligting om die beoogde toekomstige verkoopsooreenkoms te sluit asook om die ander voorsieningsooreenkomste te sluit, sal afhang van die voorwaarde dat Afgri tevrede is met die uitslag van 'n deurtastende noulettentheidsondersoek. Hierdie klousule sluit af met die volgende sin:
"If this condition precedent fails then this entire letter shall terminate."
66. Dit is nie nodig om na ander terme van hierdie ooreenkoms te verwys nie. Dit is duidelik bloot 'n ooreenkoms tussen die partye om verder te onderhandel en verdere ooreenkomste te sluit, met bekende en onbekende partye. Daar is geen meganisme in die ooreenkoms wat enige dispute of onvermoe om suksesvol te onderhandel sal ondervang nie. lnteendeel, die ooreenkoms antisipeer juis in soveel woorde dat die nodige beoogde ooreen komste moontlik nie bereik sal kan word nie en bepaal dan dat in so 'n geval dit hierdie betrokke ooreenkoms se einde sal beteken. Dit is dus nie 'n geval waar hierdie ooreenkoms van krag sou bly indien die uitstaande aspekte en die beoogde ooreenkomste, wat die koopooreenkoms ingesluit het, nie op ooreengekom sou kon word nie.
67. Die ooreenkoms van 1 April 2010 is derhalwe nie 'n ooreenkoms soos gepleit namens Mnr Wiid, naamlik 'n "sale of business agreement in terms whereof the purchaser acquired the business of Rossgro Chickens as a going concern". Die feit dat daar geld aan Chickens geleen is soos beoog is in een van die klousules van die aanbod van 1 April 2010, verander nie aan hierdie feit nie.
68. Volgens Mnr Wiid se getuienis was dit tydens 'n gesprek met onder andere Mnr Rossouw bespreek dat die kooptransaksie finaal is en dat die tweede bestuursooreenkoms met onmidellike effek aan die einde van April beeindig word. Ek vind hierdie getuienis totaal onwaarskynlik. Mnr Rossouw het geweet dat dit nie feitelik die geval was nie en van wat nag alles sou moes gebeur alvorens so 'n koopkontrak wel tot stand sou kon kom. Daar was geen rede vir horn om 'n valse weergawe aan Mnr Wiid voor te hou nie. Daar was oak geen rede om die bestuursooreenkoms te beeindig nie. Volgens Mnr Rossouw was Mnr Wiid se dienste immers nog nodig vir die groep. Veral vir doeleindes van die noulettentheidsondersoek van Afgri sou sy hulp en insette noodsaaklik gewees het. Mnr Rossouw se getuienis van hoe daar vir doeleindes daarvan rondgeskarrel is omdat Mnr Wiid nie meer daar was nie, ondersteun hierdie beskouing.
69. Die koopooreenkoms is uiteindelik eers In Augustus 2010 gesluit. Die ooreenkoms is derhalwe eers gesluit meer as ses maande nadat die aanbod aan Mnr Wiid gemaak is. Derhalwe kan Mnr Wiid se Eis A om hierdie rede ook nie slaag nie. Ek het hierbo reeds daarna verwys dat hierdie feit, naamlik dat die koopooreenkoms eers in Augustus 2010 gesluit is, ook beteken dat aangesien Mnr Wiid toe reeds bedank het, Eis 8 ook nie kan slaag nie.
70. In die lig van die voorgaande het die eerste en die tweede eisers derhalwe nie daarin geslaag om enige van hulle eise teen enige van die verweerders te bewys nie en moet daardie eise van die hand gewys word.
71. Ten aansien van koste is daar geen rede waarom koste nie die uitslag moet volg nie. Die partye was dit eens dat die kostebevel die koste van 'n senior advokaat moet insluit. Ek stem daarmee saam.
72. In die vooropstelling word die volgende bevel gemaak:
1. Die Eisers se Eis A en Eis 8 word beide van die hand gewys.
2. Die Eisers word gelas om gesamentlik en afsonderlik die koste van die Verweerders te betaal welke koste die koste van senior advokaat insluit.
Sy Edele Regter C.P. RABIE