South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2015 >>
[2015] ZAGPPHC 595
| Noteup
| LawCite
Triotrade Gauteng CC v Grainco (Edms.) Bpk. (10375/12) [2015] ZAGPPHC 595 (22 June 2015)
Download original files |
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD GAUTENG AFDELING: PRETORIA)
Saak Nr.:10375/12
(1)
REPORTABLE: YES/NO
(2)
OF INTEREST TO OTHER JUDGES YES/NO
(3) REVISED √
_____________ ___________________
DATE SIGNATURE
In die saak tussen:
TRIOTRADE GAUTENG CC Eiser
en
GRAINCO (EDMS)BPK Verweerder
UITSPRAAK
CORAM: RABIE R
1. Die Eiser het 'n skadevergoedingsaksie teen die Verweerder ingestel vanwee die beweerde verbreking van 'n koopkontrak tussen die partye ingevolge waarvan die Eiser 500 ton grondbone van die Verweerder aangekoop het. Die Verweerder het ontken dat daar ooit so 'n kontrak tussen die partye tot stand gekom het. Aangesien die partye voor die verhoor ooreenkoms bereik het ten aansien van meeste van die aspekte wat in dispuut was, is die enigste vraag wat hierdie hof tans moet beoordeel, die een ten aansien van die totstandkoming, al dan nie, van 'n koopkontrak tussen die partye.
2. Die Eiser, wie se hoofkantoor in Pretoria is, is een van die grootste hande - laars in die grondbonemark in Suid Afrika. Die Eiser koop grondbone aan, ontdop dit en verkoop dit dan aan ander besighede wat dit dan verder verwerk in die tipe produk waarin hulle onderskeidelik besigheid bedryf. Die Verweerder, wat onder andere vanuit die Paarl besigheid doen, is een van die groot graanhandelaars in die land. Gedurende 2011, toe die relevante gebeure tussen die partye plaasgevind het, het die Verweerder pas besluit om ook die grondbonemark te betree.
3. Volgens die Eiser se besonderhede van vordering het die Eiser, verteen-woordig deur Mnr Chris van Zyl (hierna “Mnr van Zyl”), gedurende Julie/Augustus 2001 'n deels mondelinge deels skriftelike koopooreenkoms gesluit met die Verweerder, soos verteenwoordig deur Me Helena Nogueira (hierna “Me Nogueira”). lngevolge die ooreenkoms het die Eiser 200 ton Chilambana grondbone en 300 ton CG7 grondbone van die Verweerder aangekoop teen 'n koopprys van R9 300,00 per ton. Die Verweerder het beoog om die grondbone vanuit Malawi in te voer en teen die genoemde prys aan die Eiser in Johannesburg te lewer. Volgens die Eiser het die Verweerder die ooreenkoms repudieer deur te versuim om die grondbone te lewer. Eiser het die repudiasie aanvaar. Volgens die Eiser was die prys om die genoemde grondbone le vervang hoer as die ooreengekome kontraksprys en het hy derhalwe tot daardie mate skade gely vanwee die Verweerder se genoemde repudiasie. Die Eiser se eis teen die Verweerder was vir hierdie skade. Die partye het voor die verhoor ook ooreenkoms bereik ten aansien van die quantum van die Eiser se eis indien daar bevind sou word dat daar inderdaad 'n kontrak tussen die partye tot stand gekom het.
4. Die Verweerder het in sy veiweerskrif ontken dat daar ooit 'n koopkontrak tussen die partye tot stand gekom het en het derhalwe ontken dat daar ooit 'n verpligting op die Verweerder gerus het om die genoemde grondbone, of enige grondbone, aan die Eise te lewer.
5. Ek meld terloops dat die Eiser sedert instelling van die eis van 'n beslote korporasie na 'n private maatskappy verander is. Niks draai egter om hierdie aspek nie.
6. Namens die Eiser het Mnr Van Zyl, 'n bemarkingsbestuurder van die Eiser asook Mnr RW Higgs, die besturende direkteur van die Eiser en Mnr AM Cohn, 'n deskundige in die bemarking van en handel in grondbone, getuig. Namens die Verweerder het Me Nogueira getuig. Ek verwys vervolgens kortliks na die getuienis wat deur hierdie persone gelewer is.
7. Wat Mnr Van Zyl se getuienis betref kan na die volgende verwys word: Daar was gedurende 2011 'n algemene tekort aan grondbone in die Suid Afrikaanse mark. Gedurende Julie 2011 kom dit tot Mnr Van Zyl se kennis dat Me Nogueira, wat by die Verweerder werksaam was, dalk grondbone uit Malawi beskikbaar het. Mnr Van Zyl was bekend met Me Nogueira se naam. Hy het haar gevolglik op 27 Julie 2011 in die Paarl gebel.
8. Sy het Mnr Van Zyl meegedeel dat die Verweerder ook nou diverse produkte hanteer en dat sy daarvoor verantwoordelik is. Hulle het gesels oor die beskikbaarheid van grondbone en Me Nogueira het hom meegedeel dat sy wel grondbone uit Malawi kan verkry. Die partye het verdere inligting oor die aard en omvang van die produk uitgeruil en sekere algemene kwessies aangeraak.
9. Op dieselfde dag, 27 Julie 2011, het Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl gestuur wat soos volg lui:
“Dear Chris,
Re: Groundnuts ex-Malawi
I refer to our brief telcon discussion this morning. I believe that Trio Trade is the end buyer of the Malawi groundnut stock I have available. Since Trio Trade is a new customer to BKB GrainCo, please find attached our credit application - I need to get CGIC cover for you on this deal/transaction!
Please call me when you have a chance, so we can discuss the details of this transaction, ie. import permit, etc.
Looking Forward to hearing from you and doing our 1st transaction. Best regards”.
10. Steeds op dieselfde dag, 27 Julie 2011, het Mnr Van Zyl per e-pos geantwoord. Die e-pos lui soos volg:
“Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
Helena
Thanking you for your e'mail received. Good to talk to you again. Will complete credit application and forward back to you today.
Import permits are not a problem, just need your postal address etc for the application. Will the seller be BKB Grainco ??
Just a few questions:
· Cultivar (presume Chilimbana)
· Tonnage (presume 300 ton)
· What additional tonnage might you have available??
· Price (R9300 P T delivered JHB - Possibility for a better price??)
· Quality (Presume FAQ, is a sample possible) Any Aflatoxin results/tests/levels available
· Packaging (Presume 50 kg PP bags)
· Payment – Ad
· Shipment period – Advise
Please advise as soon as possible. Thanking you in this regard.
Regards”
11. Die kredietaansoek waarna verwys is, is dieselfde dag deur Mnr Van Zyl per telefax aan Me Nogueira teruggestuur. Dit is egter gemene saak dat die Eiser nie op krediet by die Verweerder sou aankoop nie. Om dit te kon doen sou 'n omslagtige proses vereis ingevolge waarvan, onder andere, 'n komitee van die Verweerder eers die aansoek om krediet sou moes oorweeg en goedkeur. Die partye was egter haastig om die transaksie te doen en die Eiser was in staat om met lewering te betaal. Volgens Me Nogueira was die ingevulde aansoek, waarby ander inligting aangeheg was, egter in elk geval nodig sodat die Verweerder die voile besonderhede van die Eiser op rekord kon hê.
12. Volgens Mnr Van Zyl was die telefoniese gesprek die betrokke oggend van 27 Julie 2011 nie baie volledig nie en wou hy duidelikheid he oor die relevante aspekte van 'n moontlike kooptransaksie met die Verweerder. Dit is waarom hy die vrae in sy opvolgende e-pos gevra het. Me Nogueira het baie gou, op dieselfde dag van 27 Julie 2001, geantwoord. Haar e-pos aan Mnr Van Zyl lees soos volg:
“Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi Importance: High
27 July 2011 Hi, Chris
Thanks for the below e-mail. Okay - will wait for you to revert with our Credit Application. Regarding, your several questions, please see below reply:
· Cultivar: Chilimbana (Yes!)
· Tonnage: 210 metric tonnes - 7 full truck loads We shall revert with regards to additional product.
· Price: R9300/t CPT Johannesburg (unfortunately, on this transaction I have already booked and not much stock around)
· Quality: Yes, quality is FAQ - I am in the process of obtaining sample.
· Packaging: 50 kg bags
Will revert with regards to the payment terms, but seems in order regarding the Bank Guarantee.
Best regards”
13. Ten aansien van die inhoud van laasgenoemde twee e-posse moet 'n paar aspekte uitgelig word. Dit was gemene saak dat die Eiser dringend op soek was na grondbone en dat hy in besonder in die Chilambana variëteit belanggestel het. 'n Hoeveelheid is genoem maar Mnr Van Zyl het in 'n groter hoeveelheid belanggestel indien dit moontlik was. Verder dat die Eiser die grondbone van die Verweerder sou aankoop en nie van die verskaffer in Malawi nie. Die Eiser sou nie die grondbone invoer nie. Die prys van R9300,00 per ton sou betaal word vir lewering van die produk in Johannesburg. Die Eiser sou dus nie addisioneel vir vervoer betaal nie. Die kwaliteit sou FAQ (“Fair Average Quality”) wees. Mnr Van Zyl wou 'n voorbeeld van die produk gehad het sodat hy self kon sien wat die kwaliteit daarvan is. Die Verweerder sou twee vragte van 30 ton elk op een slag na Johannesburg stuur. Die Eiser sou met aflewering vir hierdie twee vragte betaal. Sodra dit gebeur sou die Verweerder die volgende twee vragte stuur. Mnr Van Zyl het aangedui dat die Eiser 'n waarborg van R600 000,00 aan die Verweerder sou lewer wat die koopsom van twee vragte sou kon delg. Die waarborg sou egter slegs aangebied word indien die Eiser nie op lewering betaal nie. lndien wel betaal word, sou die waarborg geld ter sekurering van die koopprys van die volgende twee vragte wat dan gestuur word. Dit sou die posisie bly tot al die vragte afgelewer was.
14. Dit blyk gemene saak te wees dat die partye aanvaar het dat die Eiser die grondbone so gou as moontlik wou hê. Volgens Mnr Van Zyl kon verwag word dat daar twee vragte elke week afgelewer sou word. Volgens Me Nogueira se getuienis kon dit egter tussen 'n week en tien dae geneem het om die grondbone uit Malawi na Johannesburg te vervoer. Me Nogueira het getuig dat sy nie in die laaste e-pos na die afleweringsdatum verwys het nie aangesien sy nog nie 'n kontrak vir die vervoer van die grondbone met 'n vervoerkontrakteurgesluit het nie. Volgens Mnr Van Zyl het sy egter tydens hulle gesprekke aangedui dat vervoer wel beskikbaar was. Ek kan ook byvoeg dat hoewel daar op hierdie stadium slegs na 210 ton Chilambana grondbone verwys is, 'n verdere 300 ton CG7 grondbone later ook by die transaksie gevoeg is en die hoeveelheid Chilambana 200 ton sou wees.
15. Twee dae later, op Vrydag 29 Julie 2011 stuur Mnr Van Zyl 'n voorbeeld van een van Eiser se vorige kontrakte met 'n ander instansie, aan Me Nogueira. Volgens Mnr Van Zyl het Me Nogueira tydens een van hulle vorige gesprekke aan hom genoem dat Verweerder nie oor 'n voorbeeld van 'n kontrak beskik vir die aankoop van grondbone uit Malawi nie. Mnr Van Zyl het op haar versoek een van Eiser se vorige kontrakte aan haar gestuur. Mnr van Zyl het getuig dat Me Nogueira aangedui het dat sy wou kyk of sy van die beginsels van so 'n kontrak kan toepas in hulle kontrak.
16. Die voorbeeld van die kontrak wat Mnr Van Zyl gestuur het is een wat betrekking gehad het op die aankoop en invoer van grondbone vanuit Malawi. Dit was nie 'n voorbeeld van 'n koopkontrak vir grondbone tussen twee partye in Suid Afrika nie. Ek sal hieronder weer na hierdie aspek verwys.
17. Ten aansien van die aard van kontrakte wat handelaars met mekaar in die grondbone industrie sluit het Mnr Van Zyl getuig dat by ver die grootste persentasie van sulke kontrakte mondeling gesluit word en dat die terme daarvan slegs later per e-pos of ander tipe dokument geboekstaaf word. Laasgenoemde is nodig vir effektiewe rekordhouding en, soos in die onderhawige geval, om 'n bankwaarborg by die Eiser se bank le bekom. Daarom sou dit nodig wees om 'n dokument te onderteken wat die terme van die partye se kontrak bevat. Dit was egter, volgens Verweerder, nooit die bedoeling dat die geldigheid van die partye se ooreenkoms onderhewig sou wees aan die bestaan van 'n getekende skriftelike kontrak nie. Sy getuienis was ook dat daar nooit op enige stadium so iets deur hom of Me Nogueira gesê was nie.
18. Op Dinsdag 2 Augustus 2011 stuur Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl waarin sy hom verwittig dat die monster van die produk in Johannesburg arriveer het en deur die Eiser afgehaal kan word. Die e-pos lees soos volg:
“Subject: Re: Groundnuts - Samples Dear Chris
Re: Groundnuts – Samples
Samples have arrived in Johannesburg and are ready for collection, if you could send your driver, please!
They are currently with my travel agent, details below:
Seajay Travel
33 Tudor Park
61 Hillcrest Avenue Blairgowrie, Randburg
(just off Jan Smuts Avenue) Tel: 011 789 5163
Contact Person: Celeste Redman
Thanks in advance and look forward to hearing from you shortly, once you have the samples in hand.
Best regards”
19. Mnr Van Zyl het getuig dat hy en ander persone van die Eiser die monster beskou het en tevrede was met die kwaliteit daarvan. Op Donderdag 4 Augustus 2011 het hy gevolglik vir Me Nogueira gebel en haar meegedeel dat die Eiser tevrede is met die kwalitiet van die monster en 500 ton grondbone wil bestel op voorwaarde dat dit van dieselfde kwaliteit as die monster is. Tydens die vorige gesprekke het Me Nogueira reeds aangedui dat sy 200 ton Chilambada en 300 ton CG7 grondbone beskikbaar het om te verkoop. Nadat hy aan Me Nogueira aangedui het dat die Eiser die 500 ton wou aankoop het sy gesê dat sy bevestiging daarvoor in skrif vir hom sal stuur.
20. Op Vrydag 5 Augustus 2011 het Me Nogueira haar bevestiging per e-pos aan Mnr Van Zyl gestuur. Daardie e-pos lees soos volg:
“Subject: Re: Contract for 500 mt Malawi Groundnuts
Dear Chris
Re: Contract for 500 mt Malawi Groundnuts
Just to drop you a quick line based on our discussion yesterday morning. TrioTrade confirms ordering 500 mt Malawi groundnuts : Split 200 mt Chi/imbana's and 300 mt CG7's. Quality: As per samples supplied. Price R9300/t in 50 kg bags CPT Johannesburg, South Africa. Payment terms: Bank Guarantee for the value of R600 000 worth of product, and payment to be effected upon delivery of loads (we need to just iron this point out, since I don't want trucks to be delayed in loading due to payment, etc.)
I will finalize the contracts on Monday and forward same to you.
Wishing you a good weekend.
Best regards”
21. Volgens Mnr Van Zyl het hierdie bevestiging deur Me Nogueira tot gevolg gehad dat daar 'n ooreenkoms tussen die Eiser en die Verweerder tot stand gekom het op die terme soos na verwys in die e-pos en verder soos mondeling tussen hulle ooreengekom. Volgens hom het die sin in hakies slegs beteken dat Me Nogueira nie wou he dat die laai van opvolgende vragte in Malawi vertraag word deur laat betaling deur die Eiser nie. Oilhet nie geslaan op iets wat die partye nag ten aansien van die ooreenkoms moes onderhandel nie. Verder was sy getuienis dat die verwysing na kontrakte slegs 'n verwysing was na die dokument wat gebruik sou word om aan die bank te toon ten einde 'n bankwaarborg te kon kry en wat vir rekordhouding sou dien en was dit nie beoog om 'n voorvereiste vir die geldigheid van die ooreenkoms tussen die partye te wees nie. Hy het getuig dat daar op geen stadium tydens hulle onderhandeling ooit sprake was dat die ondertekening van 'n skriftelike ooreenkoms 'n voorvereiste vir die ontstaan van 'n geldige ooreenkoms tussen die partye sou wees nie. Die dokument, of “kontrak”, soos die partye daarna verwys het, sou slegs die terme reflekteer wat reeds tussen die partye op ooreengekom was en dus bloat as stawing daarvan dien.
22. Ter stawing van sy getuienis dat kontrakte vir die handel in grondbone meesal mondeling tussen handelaars gesluit word, het Mnr Van Zyl na etlike voorbeelde van sulke kontrakte verwys. So byvoorbeeld sluit die skriftelike weergawe van etlike sulke kontrakte, waarvan die Verweerder 'n party was, af met die volgende klousule:
“Acceptance/Signature
Buyer to return the copy of this document duly signed. However, failure of buyer to return same duly signed contract, will not in any way affect or alter the validity of this Contract/Confirmation. Clauses can not be amended without the written consent of the seller.”
23. Voorbeelde van ander kontrakte waarby die Eiser in die verlede 'n party was, en met die opskrif “Booking Confirmation”, sluit af met die volgende term:
“Please sign and return the attached copy. Failure to do so shall in any event constitute acceptance of the term and conditions hereon”. (sic)
24. Volgens Mnr Van Zyl kom die bevestiging van 'n bestelling neer op die bevestiging van 'n transaksie en reflekteer dit dus dat daar 'n ooreenkoms tussen die betrokke partye tot stand gekom het. Op skrif stelling en/of ondertekening is nie 'n voorvereiste vir die geldigheid van die ooreenkoms nie.
25. Ten einde die chronologie van gebeure te behou verwys ek na die getuienis van Me Nogueira dat die kontrakte tussen die Verweerder en Agri Commodities & Finance FZE, (hierna “Agri”), vir die aankoop van 200 ton Chilambana grondbone en van 300 ton CG? grondbone onderskeidelik, ook op 5 Augustus 2011 bevestig is. Oil was vir die aankoop van die grondbone in Malawi wat aan die Eiser gelewer sou word. Die afleweringstydperke vir daardie grondbone was onderskeidelik Augustus en September 2011 en Augustus, September en Oktober 2011. Die skriftelike dokumente wat daardie ooreenkomste reflekteer is, terloops, onder andere, die kontrakte waarna so pas hierbo verwys is.
26. Me Nogueira het nie die kontraksdokument op Maandag 8 Augustus 2011 aan Mnr Van Zyl gestuur soos wat sy in haar e-pos van Vrydag 5 Augustus 2011 onderneem het om te doen nie. Op Woensdag 1O Augustus 2011 stuur Mnr Van Zyl aan Me Nogueira 'n e-pos wat soos volg lui:
“Subject: Malawi Groundnut Contract
Helena
Good afternoon. I hope you are well.
Sorry for the Boy's High 1 point loss over the weekend!
Sure they will get over it.
Please forward the contract as discussed as soon as possible as need to get a idea on delivery dates and times in order to get things in place on my side.
Thanking you in this regard.
Regards.”
27. Volgens Mnr Van Zyl het hy die kontraksdokumente nodig gehad om die bankwaarborg te verkry en om reelings vir die ontvangs van die grondbone te tref.
28. Op Vrydag 12 Augustus 2011 stuur Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl wat soos volg lui:
“Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
Dear Chris
Re: Groundnuts ex-Malawi
Apologizes for not reverting sooner, we have had a large overseas delegation with us this week and my time has been taken up with them. Also, was awaiting for feedback ex-Malawi regarding when we could load our first trucks? Appears next week will be out as there is a large “Strike Action” planned for the 17th August 2011 in Lilongwe, Malawi. So at this stage 1st trucks expected to load the following week 22nd – 26th August.
I will re-confirm above with you on Monday as well as forward you the relevant paperwork.
Thanks/Regards”
29. Volgens hierdie skrywe blyk dit dus dat Me Nogueira beoog het om die eerste besending grondbone reeds die week van die 15de Augustus te stuur maar vanwee probleme dit toe die volgende week van 22 Augustus sou doen. Ek verwys later weer na hierdie aspek.
30. Op dieselfde dag, 12 Augustus 2011, stuur Mnr Van Zyl aan Me Nogueira 'n e-pos wat soos volg lui:
“Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
Helena
Thanks for the update, awaiting the paperwork at your earliest convenience.
Regards.”
31. Me Nogueira het egter nie die kontraksdokumente, waarna sy as die “relevant paperwork” verwys het, op die volgende Maandag, 15 Augustus 2011, gestuur nie. Op Vrydag 19 Augustus 2011 het die partye weer telefoniese kontak gehad. Volgens Mnr Van Zyl het hy, onder andere, Me Nogueira om die papierwerk gevra en wou hy besonderhede oor die eerste vrag he. Me Nogueira het hom, onder andere, meegedeel dat sy probleme ondervind ten opsigte van die produk vanwee die nadelige Rand/Dollar wisselkoers en ook probleme ervaar om vervoer te reel vanwee politieke probleme in Malawi.
32. Op dieselfde dag, Vrydag 19 Augustus 2011, het Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl gestuur wat soos volg lees:
“Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
Dear Chris
Re: Groundnuts ex-Malawi
Thanks for the brief chat this morning and your agreement to postpone your visit to Zimbabwe for my visit. I need to come and discuss our Malawi deal with you, hence the reason I have not been able to forward you the Sales AgreemenUContract.
For your guidance, we have secured the stock from Malawi - (500 metric tonnes)!
But there have been some recent developments that have worked against us, namely transport availability and transport rates ex-Malawi (due to the recent political and economic volatility in Malawi) and the most important the Rand/US Dollar exchange rate!
Since, we have worked well in the past and I wish to move forward with this and other transactions I felt it prudent to rather meet up face to face and place on the table all the various issues.
Can we please meet @ 8.30 am at you offices in Silverton, Pretoria?
Best regards”
33. Mnr Van Zyl was bereid om met Me Nogueira te vergader. Op Maandag 22 Augustus 2011 het Me Nogueira die vergadering in Pretoria bygewoon. Mnr Van Zyl en Mnr W. Higgs, die besturende direkteur van die Eiser, was teenwoordig. Volgens Mnr Van Zyl het hulle ter aanvang oor en weer bevestig dat daar wel 'n ooreenkoms tussen die partye bestaan het en het Me Nogueira voortgegaan om haar probleme met die lewering van die grondbone uiteenle sit. Sy het weer na die probleme verwys wat veroorsaak is deur die verswakte wisselkoers en die vervoer van die grondbone na Suid Afrika. Volgens Mnr Van Zyl was hy redelik verras aangesien hy onder die indruk gebring was dat Me Nogueira reeds die aankope “vasgemaak” het sodat skommelinge in die wisselkoers haar nie nadelig sou tref nie. By navraag wat die effek van die nadelige wisselkoers was het sy hulle meegedeel dat dit 'n prysstyging impliseer van R9 300,00 per ton na R9 900,00 per ton.
34. Volgens Mnr Van Zyl het hy, ten einde haar tegemoet te kom, 'n voorstel gemaak dat die hoeveelheid van die grondbone kan verminder na 300 ton en dat sy dan vry sal wees om die oorblywende 200 ton op die mark te verkoop teen die hoer prys. Dit sou haar verliese tot 'n mate dek. Nadat die partye in die algemeen ander produkte bespreek het, het Mnr Van Zyl teen die einde van die vergadering 'n ander voorstel aan Me Nogueira gemaak. Daarvolgens sou die Eiser 250 ton grondbone, verkieslik Chilambana, aanvaar teen die ooreengekome kontraksprys en die balans van 250 ton teen 'n hoer prys. Me Nogueira kon die presiese prys later aan hulle deurgee. Volgens Mnr Van Zyl was hulle bereid om die Verweerder tegemoet te kom omdat hulle enersyds die kontrak wou red en ten minste 'n hoeveelheid grondbone wou kry en, andersyds, goeie verhoudinge wou bou met die Verweerder. Me Nogueira sou later reageer op die voorstelle namens die Eiser. Ek verwys hieronder na Mnr Higgs se getuienis oor hierdie vergadering.
35. Aangesien Mnr Van Zyl gedurende die loop van die week niks van Me Nogueira gehoor het nie, stuur hy aan haar 'n e-pos op die eersvolgende Maandag 29 Augustus 2011. Die e-pos lees soos volg:
“Subject: Groundnuts ex-Malawi
Helena
Good Morning, hope all is well.
any feedback regarding our discussions on Monday 22/0812011??
Need to know for our own planning purposes.
Please to advise as soon as possible.
Thanking you in this regard.
Regards”
36. Op Woensdag 31 Augustus 2011 stuur Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl wat soos volg lees:
“Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
Dear Chris,
Re: Groundnuts ex-Malawi
Apologizes for only reverting now, but the situation out of Malawi is complicated right now. We are really struggling with transport south. What we were quoted at the beginning of the month of August is no longer valid. Transport rates have jumped to US$130 - 140/t - if you can lay your hands on a truck that is!
We are close to finalizing the 1st loads of Malawi groundnuts (Chilimbana's). Price indication: R10 350 - R10 500/t. Unfortunately, I can't give you a confirmed price just yet, since it's a holiday in Malawi today. I can only get confirmation on transport tomorrow.
Let me know if you can work with this or not before I offer out to others.
Best regards”
37. Volgens Mnr Van Zyl het hy hierdie e-pos verstaan as verwysende na die tweede helfte van 250 ton wat tydens die vergadering aangedui is wat die Eiser sal oorweeg om teen 'n hoer prys aan te koop sodra Me Nogueira die nuut-bepaalde prys aan hulle sou verskaf. Dat die e-pos hom egter onrustig moes gemaak het is duidelik uit die e-pos wat Mnr Van Zyl 'n uur later op dieselfde dag, Woensdag 31 Augustus 2011, aan Me Nogueira gestuur het. Daardie e-pos lees soos volg:
“Subject: Re: Groundnuts ex-Malawi
HELENA
THANKING YOU FOR THE FEEDBACK. AS PER OUR DISCUSSIONS, I WOULD LIKE TO STRESS THAT WE STILL HAVE A VERBAL CONTRACT AS PRESENTED BY BKB FOR 500 TON @ R9 300 PIT DELIVERED.
AS DISCUSSED, WE ARE HOWEVER PREPARED TO LOOK AT A POSSIBILITY TO REDUCE THE TONNAGE OF THE AGREEMENT IN ORDER TO ACCOMMODATE YOUR POSITION, BUT NOT THE PRICE!!
AS STATED I NEED FROM YOU A INDICATION WHAT TONNAGE CAN BE DELIVERED @ R9 300, AND WHAT TONNAGE CAN BE DELIVERED AT THE HIGHER PRICE (EG R10 350 - R10 500) DUE TO THE SITUATION.
WE ARE THUS PREPARED TO POSSIBLY COMPROMIZE ON TONNAGE, BUT NOT ON PRICE! WE MIGHT BE ABLE TO POSSIBLY LOOK AT A 200 TON CONCESSION IN THE TONNAGE.
PLEASE ADVISE AS SOON AS POSSIBLE.
THANKING YOU IN THIS REGARD.
REGARDS.”
38. Volgens Mnr Van Zyl was daar geen twyfel by enige van hulle dat daar 'n ooreenkoms tussen die partye bestaan het nie en dat hulle slegs bereid was om die Verweerder tegemoet te kom ten opsigte van die hoeveelheid wat ingevolge die ooreenkoms gelewer moes word, maar nie ten opsigte van die prys nie. Dit was inderdaad ook sy en Mnr Higgs se houding tydens die vergadering van 22 Augustus 2011.
39. Die eerste reaksie van Me Nogueira was 'n week later, op Woensdag 7 September 2011, toe Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl gestuur het. Die inhoud van die e-pos lees soos volg:
“Subject: RE: Groundnuts ex-Malawi
Importance: High
7 September 2011
Dear Chris
I have forwarded your below proposal to my management for their feedback/consideration - unfortunately, they have been travelling for the past week. However, I have an appointment with Cobus tomorrow morning to discuss various issues including this transaction.
Please bear with me for another day or so and I will revert tomorrow afternoon or Friday morning with our response.
Best regards”
40. Me Nogueira het nie die volgende middag terugrapporteer aan Mnr Van Zyl nie. Wat sy wel gedoen het was om op daardie dag, Donderdag 8 September 2011 om 13:03, 'n e-pos te stuur aan Falcongate Logistics, 'n vervoerkontrakteur. Daardie e-pos lees soos volg:
“Dear John
Re: Trucks to l oad Groundnuts ex-Malawi
PLEASE HELP !!!! I have a contract for 200 mt Malawi Groundnuts, which we need to move from Lilongwe, Malawi to Krugersdorp, Johannesburg over September/October.
If you could assist me with 1 load (truck a week)? Please advise as soon as possible and your rate?
Best regards”
41. Die reaksie per e-pos die volgende dag van Falcongate logistics was dat hulle nie op daardie stadium oor 'n termyn aflewerings kon doen nie en slegs een vrag kon aflewer.
42. Me Nogueira het ook nie op Vrydag 9 September 2011 aan Mnr Van Zyl terugrapporteer soos wat sy in die e-pos van 7 September 2011 onderneem het om te doen nie. Volgens Mnr Van Zyl was daar geen terugvoering van haar kant af nie en het hy toe, ongeveer 2 weke later, op Donderdag 22 September 2011, 'n e-pos aan Verweerder gestuur. Daardie e-pos lees soos volg:
“Subject: Groundnuts ex Malawi
Helena
Been two weeks since your last e'mail in regards to our proposed concession for your concideration and feedback???
Please advise urgently in this regard as we need to finalize this agreement. Awaiting your favourable reply.
Thanking you in this regard.
Regards”
43. Op ongeveer 17:00 die volgende dag, Vrydag 23 September 2011, stuur Me Nogueira 'n e-pos aan Mnr Van Zyl wat soos volg lees:
“Subject: Re: Groundnuts Transaction ex-Malawi
Dear Chris
Re: Groundnuts Transaction ex Malawi
This potential transaction has been evaluated and discussed at length with my management and they are of the opinion that GrainCo did not sign a Contract to supply the 500 mt groundnuts and hence we do not have an obligation to supply this product.
Unfortunately, market conditions are also not feasible for us to consider assisting you with the supply of 200 m.t. groundnuts, as per your proposal.
Kind regards”
44. Na ontvangs van hierdie skrywe het Eiser sy prokureurs genader wat die aangeleentheid verder geneem het.
45. Eiser is deurtastend deur Adv Roux SC, namens die Verweerder, gekruisverhoor. Mnr Van Zyl het bylye gesukkel om homself behoorlik uit te druk maar ek is tevrede dat die sogenaamde weersprekings waarna Adv Roux verwys het, nie werklik weersprekings was nie. In die eerste plek het dit gegaan oor aspekte wat nie werklik enige van die partye se saak geraak het nie, maar andersyds loon 'n behoorlike ontleding daarvan dat die gewraakte dele van Mnr Van Zyl se getuienis veroorsaak is deurdat hy 'n interpretasie van sekere e-posse probeer gee het eerder as wat dit gespruit het uit direkte getuienis wat hy gegee het. Ek is derhalwe tevrede dat nie gesê kan word dat Eiser se getuienis ongeloofwaardig was ten opsigte van die betrokke aspekte nie en in elk geval nie ten opsigte van sy getuienis as geheel nie.
46. In geheel beskou het Mnr van Zyl by sy weergawe gehou en het dit totaal ingepas by die inhoud van die e-posse en die verloop van die hele proses. In besonder het Eiser nooit afgewyk van sy getuienis dat 'n ondertekende skriftelike kontrak nie 'n voorvereiste vir die bestaan van 'n geldige kontrak tussen die partye was nie en dat dit nooit so tussen hom en Me Nogueira op ooreengekom of eers bespreek was nie. Dit is insiggewend dat dit nooit aan Eiser gestel is dat hy en Me Nogueira ooit tydens hulle onderhandelinge teenoor mekaar genoem het dat so 'n skriftelike kontrak eers opgestel en onderteken moes word alvorens daar 'n geldige kontrak tussen die partye sou wees nie.
47. Die getuienis van Mnr van Zyl dat hy 'n geskrewe kontrak geverg het om 'n waarborg by die bank te kon bekom, is ook nie betwis nie. Hy het nooit afgewyk van sy getuienis dat die kontraksdokument wat opgestel sou word, bloot as stawende dokument die terme sou vervat waarop hy en Me Nogueira reeds op ooreengekom het.
48. Uit sy kruisverhoor het dit duidelik geblyk dat die partye wel oor al die wesenlike aspekte van die ooreenkoms eenstemmigheid bereik het. Dit was, onder andere, die tipe produk, die kwaliteit van die produk, die hoeveelheid, die prys, die verpakking en die tydperk van lewering. Die spesefieke datums waarop die verskillende vragte gelewer sou word was kennelik nie iets wat kontraktueel met enige sekerheid vasgele kon word nie. Wat die partye wel ooreengekom het, en waaroor daar absolute sekerheid was, was dat die Eiser die grondbone sou gou as moontlik wou he en dat nadat die eerste vragte gelewer was, die volgende vragte in Malawi gelaai sou word sodra betaling van die gelewerde vragte geskied het. Dit sou dan tussen ongeveer nege en twaalf weke geneem het om al die vragte af te lewer. Die Eiser het gepleit dat dit 'n ge”impliseerde term of eerder 'n stilswyende term van die ooreenkoms was dat die grondbone binne 'n redelike tyd sou geskied. Dit was presies wat Eiser en Me Nogueira in gedagte gehad het en wat geblyk het uit hulle onderhandelinge. Daaroor het hulle geen twyfel gehad nie. Mnr van Zyl se getuienis dat teen 5 Augustus gesê is dat die eerste aflewering aan die einde van Augustus, begin September sou geskied doen ook nie afbreuk hieraan nie. Dit pas juis in by wat hy en Me Nogueira met mekaar ooreengekom het. Volgens Me Nogueira was die grondbone reeds deur die Verweerder bekom en was daar geen sprake van enigiets wat 'n vertraging kon veroorsaak nie.
49. Daar kan kortliks na die getuienis van Mnr W. Higgs verwys word. Hy was voorheen 'n lid van die Eiser toe dit nag 'n beslote korporasie was en hy is tans die besturende direkteur van die eiser maatskappy. Mnr Higgs het getuig dat hy van die begin op hoogte gehou was oor die stand van sake ten opsigte van die betrokke kontrak met die Verweerder. Hy het ook aanvanklik saam met Mnr Van Zyl die monster van die produk wat Me Nogueira gestuur het, onder oe gehad en saam besluit om voort te gaan met die kontrak.
50. Mnr Higgs het getuig dat hy op 19 Augustus 2011 deur Eiser genader was toe Me Nogueira haar probleme geopper het en die vergadering van 22 Augustus 2011 versoek het. Hulle afleiding van Me Nogueira se e-pos was dat die Verweerder uiteindelik 'n probleem met die prys sou he waarop ooreengekom was aangesien die koste daarvan in die tussentyd vir die Verweerder verhoog het. Hulle het egter nie kennis gehad van die omvang van die Verweerder se probleem nie. Hy en Mnr Van Zyl het die situasie bespreek en alternatiewe oorweeg. Daar is uiteindelik besluit dat gegewe die tekort van grondbone in die mark, hulle die grondbone wil he maar dat as gevolg van die probleme wat die Verweerder gehad het, hulle bereid sou wees om die Verweerder tegemoet te kom deur afstand te doen van 'n gedeelte van die tonnemaat wat aangekoop was.
51. Mnr Higgs het getuig dat hy in sy dagboek notule gehou het van die vergadering. Die afskrif daarvan het voor die hof gedien en die aantekeninge was baie kripties. Die eerste inskrywing is van belang. Dit verwys na die twee varieteite, die tonne maat van elk en die prys daarvan. En dan, daarnaas, verskyn die aantekening:
“NB. Offer accepted, but have problem.”
52. Volgens Mnr Higgs het beide Eiser en Me Nogueira aan die begin van die vergadering bevestig dat daar wel 'n kontrak tussen die partye bestaan vir die aankoop van die 200 ton Chilambana en 300 ton CG7 grondbone teen R9300,00 per ton. Me Nogueira het toe verduidelik dat sy probleme ervaar met die Rand/Dollar wisselkoers en die vervoertarief uit Malawi. Volgens Me Nogueira was die probleem dat sy nie 'n kontrak vir die grondbone gehad het nie en dat sy dus nie dekking kon neem om haar te beskerm teen skommelinge in die wisselkoers nie. Mnr Higgs se nota in hierdie verband lees:
“Could not cover $ because no firm contract in Malawi = problem.”
53. Volgens Mnr Higgs het Me Nogueira in die verdere besprekings gesê dat hierdie faktore die prys verhoog met ongeveer R600,00 per ton na R9 900,00 per ton. Die Verweerder sou 'n verlies van ongeveer R300 000,00 op die kontrak met die Eiser maak. Sy nota in hierdie verband lees:
“New price R9 900 = (R300 000) less for BKB”
“BKB” is 'n verwysing na die Verweerder.
54. Hy en Eiser het haar hierop meegedeel dat hulle nie die voorgestelde verhoogde prys kan betaal nie aangesien hulle 'n kontrak vir R9 300,00 per ton het maar dat hulle bereid was om van 200 ton afstand te doen wat sy dan kan verkoop om haar tekorte wat sy op die 300 ton mag he, op te maak. Sy nota in hierdie verband lees soos volg:
“Suggestion: Tonnage wise adjustment - Take 300 Mt at Price!
- Sell 200 Mt at high price!”
55. Daar is 'n verdere inskrywing onder hierdie voorstel wat nie leesbaar is nie.
56. Volgens Mnr Higgs het Mnr van Zyl en Me Nogueira die versending van die voorraad bespreek wat gedurende die tweede helfte van September en Oktober 2011 sou wees aangesien dit toe reeds die 22ste van die maand was. Sy inskrywing in hierdie verband lees soos volg:
“2nd Part September 11 + October 11 - Shipment”
57. Volgens Mnr Higgs was die besprekings oor die kontrak hiermee afgehandel en het hulle oor ander produkte gepraat. Dit is nie nodig om daarna te verwys nie. Die notule verwys daarna. Aan die einde van die vergadering is daar teruggekeer na die kontrak en is 'n verdere finale voorstel aan Me Nogueira gemaak. Dit was naamlik dat die Eiser 250 ton grondbone sal neem teen die bestaande kontraksprys en die balans van 250 ton ook sal koop maar teen die nuwe verhoogde prys. Sy moes hulle laat weelwat die prys sou wees en indien die prys aanvaarbaar was, sou die Eiser dit aankoop. Die inskrywing in die notule ten aansien van hierdie voorstel lees soos volg:
“Conclusive suggestion: Tonnage delivery: 250 Mt or certain ton at Contracted Price. Additional stock new price”
58. Volgens Mnr Higgs was daar geen twyfel by Mnr van Zyl en Me Nogueira dat daar 'n kontrak tussen die Eiser en die Verweerder bestaan het nie. Dit was so bevestig deur hulle. Volgens sy getuienis is dit duidelik dat die gesprek juis ook op daardie basis geskied het. Hy het ook in sy nota na die “contracted price” verwys. Volgens hom het hulle juis probeer om die Verweerder se probleme aan te spreek en was hulle bereid om die Verweerder tegemoet te kom. Volgens Mnr Higgs was dit omdat hulle geweet het dat weens die aard van hulle besigheid, wat ook die besigheid van die Verweerder was, en waar kontrakte gesluit word, daar soms probleme ontstaan. Wanneer 'n persoon dan persoonlik kom en die probleme verduidelik, soos Me Nogueira gedoen het, dan sou hulle bereid wees om so 'n persoon te probeer help.
59. Mnr Higgs het verder getuig dat ongeveer 90% van ooreenkomste vir die verkoop van grondbone, mondeling en/of per e-pos geskied. Dit is gewoonlik net die voor-seisoen kontrakte met produsente, wat eers lank daarna uitgevoer word, wat volledig in skrif uiteengesit word. Hy het die bogenoemde voorbeelde van ander kontrakte waarna Eiser verwys het, bevestig.
60. Mnr A.M. Cohn het ook namens die Eiser getuig. Hy is 'n persoon met baie ervaring as handelaar in die grondbone bedryf en bedryf tans sy eie konsultasie besigheid. Die belangrikste komponente van Mnr Cohn se getuienis het geslaan op die belangrikheid van die invloed van die wisselkoers op oorgrens-transaksies en ook dat dit algemene praktyk is om verkooptransaksies mondeling te sluit en dan soms op te volg met geskrewe kontrakte ter bevestiging van waarop ooreengekom is. Dit gebeur in die meeste van gevalle volgens sy ervaring. Baie van Mnr Cohn se getuienis was nie werklik van deskundige aard nie en ek verwys derhalwe nie daarna nie. Hy het ook nie persoonlike kennis van die onderhandelinge tussen die partye ten aansien van die huidige geval gehad nie en sy getuienis oor wat in die ooreenkoms was of sou gewees het, is eenvoudig irrelevant en van geen waarde.
61. Me H. Nogueira was die enigste getuie namens die Verweerder. Sy was in die graan handel industrie vir die laaste ongeveer 20 jaar. Die Verweerder, vir wie sy in 2010 begin werk het, het ook begin handeldryf in produkte soos grondbone. Teen die middel van 2011 het sy te hore gekom van grondbone wat in Malawi beskikbaar is en ook dat die Eiser moontlik in die aankoop daarvan sou belangstel. Op daardie stadium het Mnr Van Zyl met haar in verbinding getree.
62. Me Nogueira het getuig dat die Verweerder die invoerder van die grondbone uit Malawi sou wees en bloot die ingevoerde produk aan die Eiser sou verkoop. Sy het getuig oor die aanvanklike gesprekke met Mnr Van Zyl, die vrae wat hy gevra het en haar antwoorde daarop. Dit is vervat in die e-posse hierbo na verwys. Wat die prys betref was die R9 300,00 per ton die aanbod wat sy kon maak. Volgens haar het sy die grondbone by die verkoper voorbehou. Die waarborg wat bespreek was met Mnr van Zyl, was beskou as die beste en goedkoopste opsie om betaling te verseker omdat beide die Eiser en die Verweerder in Suid Afrika was en dat dit die minste vertraging sou oplewer. Die betaling sou op lewering wees en die Eiser het geen krediet geverg nie. Me Nogueira het bevestig dat Mnr Van Zyl die grondbone so gou as moontlik wou he. Hy wou nie die 30 dae wag wat 'n kredietaansoek sou neem nie en was daarom bereid om kontant met lewering te betaal.
63. Wat aflewering betref het Me Nogueira getuig dat sy op daardie stadium nog nie finaal vervoer gereel het nie en dus nie afleweringsdatums kon spesifiseer nie.
64. Sy het getuig dat tydens die onderhandelinge met Mnr Van Zyl sy hom gevra het watter terme hy in die kontrak wou he. Hy het toe aangedui dat hy 'n konsep ooreenkoms aan haar sou stuur en sy sou die terme daarvan invoeg by die terme van die Verweerder se kontrak om 'n kontrak vir die betrokke transaksie op te stel.
65. Sy het die kwessie van die verskaffing van die monster en Eiser se tevredenheid daarmee, bevestig.
66. Wat betef die e-pos van 5 Augustus 2011 het Me Nogueira getuig dat sy geboekstaaf het wat hulle bespreek het. Volgens haar wou sy die aankoop van die grondbone in Malawi gelyktydig doen met die verkoop daarvan aan die Eiser. Sy het egter teenstrydige inligting oor die kwessie van vervoer uit Malawi ontvang en kon daarom nog nie die presiese afleweringsdatums bevestig nie. Volgens haar moes daar ook nog ander aspekte uitgeklaar word soos die tipe dokumentasie wat aan die Eiser oorhandig sou moes word en ook welke dokumente sy sou nodig he om die bankwaarborg te laat uitbetaal indien dit nodig sou word.
67. Me Nogueira het getuig dat hoewel sy in die e-pos aangedui het dat sy die kontraksdokument op die Maandag sou stuur, sy nie in staat was om dit te finaliseer nie.
68. Verder met verwysing na die konsep ooreenkoms het Me Nogueira getuig dat sy en Eiser nog heelwat ander aspekte moes bespreek. Hulle moes byvoorbeeld bespreek of die reg van Malawi sou geld indien daar 'n dispuut ontstaan; hulle moes bespreek of 'n sogenaamde force majeure klousule ingevoeg moet word; hulle moes bespreek of die dokument genoem in klousule 5 van die konsep ooreenkoms ook geverg sou word. Dit sluit in dokumente soos 'n “fumigation certificate”, 'n “Phytosanitary certificate”, 'n “certificate of origin”, 'n “Non GMO certificate” en 'n “COMESA/SADC certificate and CD1 form and Export Permit”. Verder het Me Nogueira getuig dat 'n klousule bespreek moes word soos onder die opskrif “Non Conformity of Delivery” in paragraaf 8 van die konsep. Ook die geval van versuim om te lewer moes aangespreek word en onderhandel word. Ook moes die kwessie van “additional delivery” onderhandel word. Ook die kwessies van die effektiewe datum van die kontrak; die kwessie ten aansien van die beeindiging van die kontrak; die oplos van geskille; die kwessie van wysigings van die kontrak en die kwessie van kennisgewing en van kommunikasie met mekaar. Hierdie is alles apekte wat in die konsep ooreenkoms na verwys is. Later in haar getuienis voeg Me Nogueira by dat selfs die prys nie vasgestaan het nie en nog kon verander en dat Mnr Van Zyl dit geweet het. Later in haar getuienis onder kruisverhoor het sy egter weer die teendeel getuig naamlik dat die prys wel vasgestaan het.
69. Ten aansien van die e-pos van 12 Augustus 2011 was Me Nogueira se getuienis dat sy nog besig was om met die instansies in Malawi te onderhandel oor die beskikbaarheid van die voorraad en oor die vervoer daarvan. Daar was ook politieke onrus en 'n staking was beplan vir 17 Augustus 2011. Volgens haar was daar nog geen vaste ooreenkoms in plek tussen die partye nie.
70. Ten aansien van die e-pos van 19 Augustus 2011 waarin sy 'n vergadering aangevra het, het Me Nogueira getuig dat haar posisie baie moeilik was as gevolg van die onbeskikbaarheid van vervoer en die politieke onrus en dat sy met die Eiser wou vergader om te sien hoe hulle kan voortbeweeg met al die kwessies wat nog uitgeklaar moes word en hoe daar voortgegaan kan word te midde van die probleme. Volgens haar het die vervoerkontrakteurs hulle tariewe erg verhoog. Die beskikbaarheid van transport, die transporttariewe en die nadelige wisselkoers was die probleme wat sy ervaar het.
71. Ten aansien van die vergadering op 22 Augustus 2011 het Me Nogueira getuig dat sy haar probleme verduidelik het. Sy se dat hulle ook die uitstaande kwessies bespreek het omdat sy die ooreenkoms wou finaliseer. Dit was die kwessie van vervoer, die afleweringsdatums, die betalingsterme en al die ander genoemde terme wat nog uitgeklaar moes word. Volgens haar kon hulle egter nie ooreenkoms oor hierdie aspekte bereik nie.
72. Me Nogueira het verder getuig dat Mnr van Zyl se houding was dat die partye 'n bindende ooreenkoms gehad het en dat Verweerder verplig was om die grondbone te lewer maar dat sy van hom verskil het.
73. Me Nogueira het bevestig dat daar aan haar voorgestel was dat die omvang van die besending kan verminder maar haar getuienis oor wat dit behels het was weersprekend en onduidelik. Wat sy wel bevestig het was dat die Eiser Chilambana grondbone verkies het.
74. By haar terugkeer na die Paarl het Me Nogueira weer kontak gemaak met die vervoerkontrakteurs. Ten aansien van haar e-pos van 31 Augustus 2011 het Me Nogueira getuig dat sy baie naby was aan die finalisering van die aankoopkontrak van die grondbone maar dat haar probleme ten opsigte van vervoer voortgeduur het. Die kwoteerde prys was derhalwe volgens haar nie meer geldig nie.
75. Me Nogueira het die verdere e-posse bevestig en getuig dat volgens haar daar geen bindende ooreenkoms met die Eiser was nie.
76. Die getuienis van Mnr van Zyl en Higgs was bevredigend. Ek het reeds na die beweerde teenstrydighede in Mnr van Zyl se getuienis verwys. Sy getuienis strook ook met die inhoud van die e-posse en die waarskynli khede van die saak. Mnr Higgs se getuienis was ook bevredigend. Daar was geen teenstrydighede in sy getuienis nie en dit het gestrook met die notule wat hy gehou het en die latere e-posse wat geskryf is.
77. Me Nogueira se getuienis was egter totaal onbevredigend. Sy het haarself talle kere weerspreek en haar getuienis aangepas soos dit haar op daardie oomblik gepas het. Dit het veroorsaak dat haar getuienis bylye deurmekaar was en dit onduidelik was wat haar weergawe werklik was. Daar was geen twyfel dat sy ten alle koste die Verweerder se saak wou bevoordeel en nie geskroom het om haar getuienis aan te pas om dit te doen nie.
78. Ek sal vervolgens na 'n paar van hierdie aaspekte en ander relevante aspekte verwys.
79. In kruisverhoor was daar talle aspekte wat Me Nogueira oor getuig het wat nie aan die Eiser se getuies gestel was nie. Dit het byvoorbeeld gegaan oor die feit dat kontrakte in die betrokke industrie mondeling geskied; dat dit meesal mondeling geskied; en kontrakte slegs ter bevestiging daarvan opgestel word en soms onderteken word. Haar ontkenning dat dit ooit gebeur is nooit aan Mnr van Zyl of Mnr Higgs gestel nie.
80. Haar getuienis dat die prys nooit vasgestaan het nie, was ook nooit aan Mnr van Zyl gestel nie. Dit was derhalwe te wagte dat sy later weer van hierdie weergawe sou afwyk.
81. Ten opsigte van die vergadering het Me Nogueira getuig dat hulle al die terme wat volgens haar neg in die kontrak vervat moes word, bespreek het en ook dat hulle nie consensus ken bereik nie. Hierdie weergawe is nooit gestel aan Mnr Van Zyl of Mnr Higgs toe hulle getuig het nie. Dit verskyn ook nie in die notule van Mnr Higgs nie. Hierbenewens het Mnr van Zyl getuig dat indien Me Nogueira daarna verwys het, daar wel aspekte was wat hy nie sou omgegee het om deel van die ooreenkoms te maak nie. In die lig hiervan is dit dus onwaarskynlik dat hulle, soos Me Nogueira getuig het, op geen van die beweerde uitstaande terme ooreenstemming ken bereik nie. Die enigste afleiding is dat hierdie aspekte en beweerde terme nooit na verwys is tydens die vergadering nie. Ek meld volledigheidshalwe dat daar geen rede is om Mnr Higgs se getuienis nie te aanvaar nie. Oil geld ook vir sy getuienis oor sy notule. Dit is totaal onwaarskynlik dat sy notule nie korrek na die kwessies verwys het wat bespreek was nie. Sy notule het geensins verwys na die terme van die ooreenkoms wat Me Nogueira beweer bespreek was en nie op ooreengekom kon word nie. Ek vind die getuienis dat oor die beweerde ander terme gepraat is, totaal onwaarskynlik. Behalwe dat die notule nie daarna verwys nie, was daar ook nie daarna deur enige van die partye in hulle gesprekke of e-posse daarna verwys nie. Oil sou op die waarskynlikhede inderdaad die geval gewees het as Me Nogueira se getuienis die waarheid was.
82. Oil was ook nooit aan Mnr van Zyl of Mnr Higgs gestel dat Mnr van Zyl wel tydens die vergadering gestel het dat daar 'n ooreenkoms tussen die partye was en dat sy nie met hom saamgestem het nie. Op die waarskynlikhede sou so 'n dispuut belangrik gewees het en opslae veroorsaak het. Tog verwys Mnr Higgs se notule geensins daarna nie en bevestig dit eerder die teendeel.
83. Ten einde teloon dat geen bindende ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom het nie het Me Nogueira uit haar pad gegaan om te loon dat daar etlike ander terme nog bespreek moes word en in 'n skriftelike kontrak vervat moes word. Ek het reeds na daardie beweerde terme verwys. Vir hierdie doel het sy, onder andere, verwys na die konsepooreenkoms wat Mnr van Zyl aan haar gestuur het. Na my mening was Me Nogueira duidelik opportunisties in hierdie paging. Daardie terme was kennelik op 'n totaal ander tipe kontrak van toepassing en haar getuienis daaroor was uitaard geforseerd, onwaarskynlik en by tye gewoon onwaar. Dit is verder totaal onwaarskynlik dat Mnr Van Zyl sou aandring op terme wat kennelik irrelevant tot hulle ooreenkoms was. Hierdie gedeelte van Me Nogueira se getuienis het getoon dat sy ten alle koste haar getuienis sou aanpas om die Verweerder se saak te ondersteun.
84. Nog 'n sterker aanduiding dat hierdie ander terme waarop Me Nogueira haar beroep het, eenvoudig nooit ter sprake of relevant was nie, spruit uit 'n beskouing van Me Nogueira se e-posse waarin sy telkens onderneem het om die geskrewe kontrak aan Mnr van Zyl te stuur. Op Vrydag 5 Augustus 2011 se sy dat sy dit op Maandag 8 Augustus 2011 sou stuur. Die Saterdag en Sondag wat sy dus tot haar beskikking gehad het was nie naastenby genoeg om haar in staat te stel om al daardie aspekte aan te spreek nie, veral as hulle op die Vrydag juis nie ooreenkoms daaroor kon bereik nie. Tydens kruisverhoor het sy voorgehou dat daar op haar weergawe ten minste nog 15 aspekte was wat uitsorteer moes word.
85. Dieselfde geld vir Me Nogueira se onderneming in die e-pos van 12 Augustus 2011 dat sy die “paperwork” op Maandag 15 Augustus sou stuur. Niks het intussen gebeur wat dit vir haar moontlik sou maak om die beweerde uitstaande terme le onderhandel en uit te klaar oor die naweek nie. Sy het tot op daardie stadium ook nie eers vir Mnr van Zyl oor enige van die beweerde aspekte genader nie.
86. Op die waarskynlikhede bevind ek dat daar op die vergadering van 22 Augustus 2011 niks oor hierdie ander terme gesê was nie. Die waarskyn likste afleiding uit daardie feit is dat daar inderwaarheid nooit sprake was van enige ander terme waaroor die partye moes onderhandel nie. Die Enigste terme waaroor onderhandel was, en waarop ooreengekom was, en wat die ooreenkkoms tussen die partye sou beliggaam, was die terme vervat in die e-posse en in besonder die e-pos van van 5 Augustus 2011.
87. Ook insiggewend is die feit dat Me Nogueira die hele Augustus en tot in September, geen poging aangewend het om enige van die beweerde terme met Mnr van Zyl op te neem nie. Soos genoem is die sterkste afleiding om van haar versuim in hierdie verband te maak, die afleiding dat daardie terme nooit beoog was om deel van die partye se ooreenkoms te wees nie.
88. Tydens sy kruisverhoor is Mnr van Zyl uitgevra oor elkeen van hierdie beweerde addisionele terme. Sy antwoorde was basies dat indien Me Nogueira dit in die kontrak wou gehad het, hulle daaroor sou onderhandel het. Hierdie antwoord verander egter nie aan die saak nie. Me Nogueira het eenvoudig nie oor daardie terme onderhandel nie. Dit was nooit tydens die onderhandelinge genoem nie. Die betrokke terme was ook nie wesenlik vir die ooreenkoms wat die partye wou bereik nie. lndien dit uit die getuienis blyk dat daar andersins wel 'n ooreenkoms tot stand gekom het baat dit Me Nogueira nie om op hierdie laat stadium sekere aspekte te opper en te se dat sy nag daaroor wou onderhandel nie.
89. In hierdie verband is dit nodig om apart na die konsep ooreenkoms te verwys aangesien dit namens die Verweerder betoog is dat die terme daarvan, of meeste van die terme daarvan, in die die ooreenkoms tussen die Eiser en die Verweerder ingevoeg sou word en dat dit derhalwe bewys dat die finale ooreenkoms nag onderhandel moes word en daar dus nie 'n afdwingbare kontrak tussen die partye bestaan het nie. Tydens sy kruisverhoor het Mnr Van Zyl wel aangedui dat Me Nogueira die ooreenkoms versoek het om as riglyn te dien vir die kontrak wat sy wou opstel. Uit die verdere kruisverhoor het dit egter geblyk dat die terme waarna Mnr van Zyl verwys is, betrekking het op 'n kontrak vir die invoer van produkte uit die buiteland na Suid Afrika. Dit het nie te doen met die koop en verkoop van produkte in Suid Afrika nie. Mnr Van Zyl se aanvanklike herinnering aan die rede vir die beskikbaarstelling van die konsep was dus klaarblyklik foutief. In verdere kruisverhoor het hy dan ook gesê dat Me Nogueira se versoek gehandel het met 'n invoerkontrak. Die waarskynlike verduideliking is dat Me Nogueira die konsep ooreenkoms benodig het as voorbeeld vir die invoerkontrak wat sy sou sluit. Haar getuienis was immers dat sy al talle ooreenkomste binnelands gedoen het maar dat hierdie die eerste keer sou wees dat sy grondbone na Suid Afrika invoer. Sy sou dus nie 'n konsep vir die binnelandse kontrak met die Eiser benodig het nie maar inderdaad een vir die invoer van die grondbone.
90. Die getuienis van Me Nogueira ten aansien van die konsep ooreenkoms was insgelyks onbevredigend. Sy het uit haar pad gegaan om te probeer aantoon dat die terme van die konsep relevant was vir die ooreenkoms tussen die Eiser en die Verweerder. Hierin het sy totaal gefaal. So byvoorbeeld was haar getuienis dat die reeks dokumente na verwys in paragraaf 5 van die konsep, ook in die partye se kontrak gemeld moes word, kennelik verkeerd. Dit is dokumente wat die verkoper aan die koper meet verskaf. In 'n geval socs die onderhawige, wat nie die invoer van grondbone na Suid Afrika sou behels nie, sou die Eiser nie daardie dokumente benodig het nie. Hy sou immers bloat die vrag grondbone ontvang en moes dit dan nagaan en sou dan daarvoor moes betaal. Dit sal eerder die Eiser, as koper, wees wat 'n bewys van ontvangs aan die Verweerder, as verkoper, moes gee. Daarmee sou die Verweerder, indien dit nodig sou word by wanbetaling deur die Eiser, die bankwaarborg te gelde ken laat maak.
91. Namens die Verweerder is ook betoog dat die partye neg oor die kwessie van betaling moes onderhandel. Na my mening het die partye reeds ooreenkoms oor hierdie aspek bereik. Die omslagtige bepalings ten opsigte van betaling in die konsep ooreenkoms is duidelik nie van toepassing op die partye se ooreenkoms nie.
92. In hierdie verband kan ook verwys word na die aanmerking deur Me Nogueira in die e-pos van 5 Augustus 2011 dat die kwessie van betaling met lewering uitgestryk moes word. Namens die Verweerder was gepoog om hierdie aanmerking te gebruik om aan te toon dat die kwessie van betaling nog onderhandel moes word en dat daar dus nog nie sprake van 'n finale ooreenkoms tussen hulle bestaan het nie. Hierdie poging was opportunisties. Die betaling was op ooreengekom. Dit sou geskied met lewering. Niks meer was nodig nie. Wat Me Nogueira klaarblyklik na verwys het is dat sy en Mnr Van Zyl net moet praat oor hoe die betaling met aflewering prakties uitgevoer sal word sodat daar nie onnodige vertaging is nie. Volgens die getuienis sou 'n vrag tussen sewe en lien dae neem om afgelewer te word. Selfs al word Mnr Van Zyl verwittig van die vertrek van die vrag, sal hy nie presies weet wanneer die vrag gaan arriveer nie. Me Nogueira sou dit ook nie weet nie. 'n Praktiese reeling sou dus getref moes word sodat die geld gereed kan wees as die vrag arriveer. Desnoods sou dit behels dat Me Nogueira vir Eiser op hoogte sal hou van die vordering van die vrag en desnoods op die dag voor die arrivering van die vrag, hom daarvan in kennis stel. Die betaling sou in alle waarskynlikheid deur middel van 'n internet oorbetaling gemaak gewees het. Wat ook al die reelings sou wees wat die partye mog getref het, dit bly praktiese reelings wat nie die totstandkoming van die ooreenkoms kon affekteer nie.
93. Die feit dat Eiser ook in sekere van sy e-posse navraag gedoen het na die kwessie van aflewering doen ook nie afbreuk hieraan nie. Hy kon hoogstens gehoop het om 'n aanduiding te kry van min of meer wanneer die eerste vragte gelewer sou word. Dat hy dit wou weet om sy eie sake in orde te kry kan nie as 'n versinsel afgemaak word nie. Dit is ook nie in stryd met sy ander getuienis oor die eerste lewering wat aan die einde van Augustus of begin September sou geskied of die getuienis dat die leweringstydperk oor die volgende twee of drie maande sou wees nie. Ook nie met sy getuienis dat die eerste lewering sou geskied sodra Me Nogueira haar “logistiek” in plek het. lnteendeel, vanwee die aard van die omstandighede en in besonder die feit van die tydsame vervoer oor 'n baie lang afstand en deur drie grensposte, pas al hierdie getuienis juis daarby in en is dit nie teenstrydig nie. Die kwessie van aflewering kon nouliks met groter akkuraatheid bepaal gewees het. Die eiser se verwysing in sy besonderhede van vordering dat die grondbone binne 'n redelike tyd en binne 'n maksimum van drie maande gelewer moes word, is derhalwe nie strydig met die getuienis nie. Die lewering waarna verwys word is die lewering van al die vragte. Net die eerste vrag se naastenbye afleweringsdatum kon met redelike sekerheid bepaal word, maar nie die die afleweringsdatums van die latere vragte nie.
94. Laastens in hierdie verband is dit dan ook insiggewend dat in die kontrakte vir die aankoop van die betrokke grondbone deur die Verweerder, Me Nogueira self aangedui het dat die lewering daarvan tydens Augustus, September en Oktober sou wees. Dit strook met en bevestig die getuienis van Mnr van Zyl.
95. Ten aansien van die vraag of 'n skriftelike kontrak 'n voorvereiste vir die geldigheid van hulle ooreenkoms sou wees was Me Nogueira se getuienis, soos ek reeds gesê het, ook glad nie bevredigend nie. Aanvanklik het sy toegegee dat 'n ooreenkoms geldig kan wees sonder dat die partye dit onderteken het maar het sy dan weer totaal tot die teendeel getuig en dit ontken. Dan het sy weer getuig dat 'n mondelinge ooreenkoms net geldig is as die partye oor al die terme gepraat het. Sy het haar getuienis bylye so aangepas of gekwalifiseer en dan weer tot so 'n mate probeer regverdig dat dit bykans aan die absurde gegrens het. Dit het op 'n stadium voorgekom asof sy selfs ontken dat daar so iets soos 'n mondelinge kontrak tussen partye moontlik is, net om dit daarna weer le kwalifiseer. Sy het ook botweg geweier om die laaste paragraaf in selfs die Verweerder se eie kontrakte, wat hierintevore aangehaal is, en wat bepaal dat die mondelinge ooreenkoms tussen die partye geldig is ongeag die feit dat die skriftelike kontrak nie onderteken word nie, te aanvaar. Sy het later volhard dat 'n ondertekende skriftelike kontrak altyd 'n voorvereiste is. Die kontrak vir die aankoop deur die Verweerder van die CG7 grondbone vanaf Agri in Malawi en wat deur haar as 'n geldige kontrak beskou was, was nie deur haar onderteken nie. Ook nie die skriftelike ooreenkoms tussen die Verweerder en Blancom Processors in November 2011 nie. Haar antwoord dat daar wel 'n afskrif bestaan wat deur haar onderteken is, maar wat nie voor die hof geplaas is nie, is so onwaarskynlik dat dit met veiligheid verwerp kan word.
96. Wat betref die ooreenkoms tussen Verweerder en Blancom wat in November 2011 gesluit is ten opsigte van dieselfde grondbone uit Malawi blyk dit dat daardie geskrewe ooreenkoms basies net die essensiele terme bevat en glad nie die terme wat Me Nogueira oor getuig het nodig is nie. Haar verduidel iking was dat daardie kontrak anders was aangesien die produk toe reeds in Suid Afrika was. 'n Ontleding van haar redes vir waarom daardie terme egter in die kontrak met die Eiser moes wees, loon dat dieselfde redes ook ten opsigte van die kontrak met Blancom geldig sou wees. Haar verduideliking was dus eenvoudig sender enige meriete. Die feit dat die kontrakte ongeteken was strook derhalwe nie met die Me Nogueira se getuienis dat alle kontrakte eers deur albei partye onderteken moes wees nie.
97. Me Nogueira se getuienis tydens kruisverhoor oor die vergadering op 22 Augustus 2011 was eweneens verwarrend en teenstrydig. Ek het reeds na sekere aspekte daarvan hierbo verwys. Aspekte wat volgens Mnr Van Zyl na verwys was, socs byvoorbeeld die verhoogde prys van R9 900,00, en wat deur Mnr Higgs in sy notule geskryf was, is deur Me Nogueira ontken. Sy het gesê dat sy nooit so 'n bedrag genoem het nie en dat dit van Mnr Van Zyl of Mnr Higgs moes gekom het. Hierdie getuienis is totaal onwaarskynlik in die omstandighede en was ook nooit aan Eiser en Mnr Higgs gestel toe hulle getuig het nie. Me Nogueira se ontkennig dat Mnr Van Zyl ooit aangebied het dat sy die 200 ton waarvan hulle sal afstand doen, in die mark kon verkoop, is insgelyks klaarblyklik vals. Dit was die crux van die eerste voorstel aan haar om die Verweerder tegemoet te kom. Die teendeel is ook nooit aan Eiser of Mnr Higgs gestel toe hulle getuig het nie. Later in haar kruisverhoor het Me Nogueira egter wel gesê dat daardie voorstel wel aan haar gemaak was. Haar getuienis was derhalwe tot so 'n mate teenstryding ten aansien van wesenlike aspekte dat daar nie op haar getuienis gesteun kan word nie.
98. Verder ten aansien van die vergadering het Me Nogueira getuig dat Mnr Van Zyl wel gesê het dat die partye 'n geldige ooreenkoms het en dat sy dit toe ontken het. Ek het ook reeds na hierdie aspek verwys. Dit dien egter ook daarop gelet te word dat later in haar kruisverhoor, toe die klem ietwat verskuif was na die vraag hoekom sy nie dadelik die standpunt dat daar 'n geldige kontrak tussen die partye bestaan het, betwis het en dit desnoods in 'n e-pos vervat het nie, Me Nogueira getuig het dat dit nie gestel was tydens die vergadering dat 'n geldige ooreenkoms tussen die partye bestaan het nie en dat Eiser dit vir die eerste keer gedoen het in sy e-pos van 31 Augustus 2011. Toe sy oor haar vorige teenstrydige getuienis konfronteer was, het sy gesê dat Eiser dit wel kon gesê het maar dat sy nie daarmee saamgestem het nie. Die gemak waarmee Me Nogueira haar getuienis verander of aangepas het, soos wat hierdie aspek 'n voorbeeld van was, veroorsaak dat haar getuienis ongeloofwaardig was en nie daarop staatgemaak kan word nie.
99. Verder tot hierdie aspek is daar natuurlik ook die vraag waarom Me Nogueira hoegenaamd al die pad van die Paarl gereis het vir hierdie vergadering. Gegewe haar probleme wat beteken het dat sy dit nie sou kon bekostg om die grondbone vir R9 300,00 te verkoop nie, kon sy dood eenvoudig vir Mnr van Zyl laat weet het dat vanwee die genoemde faktore, sy nou slegs teen 'n hoer prys kan verkoop. Hierdie aspek kon sy nie bevredigend verduidelik nie.
100. 'n Verdere insiggewende faktor wat die bestaan van 'n ooreenkoms tussen die partye ondersteun blyk uit die feit dat Me Nogueira in haar aanvanklike e-posse na die onderwerp van die skrywe as “Groundnuts ex-Malawi” verwys het. In die e-pos van 5 Augustus 2011 verwys sy na “Contract for 500 mt Malawi Groundnuts”. In haar skrywe van 19 Augustus verwys sy ook na “our Malawi deal”. Hierdie verwysing na 'n kontrak strook met Mnr van Zyl se getuienis dat die partye se ooreenkoms op 5 Augustus tot stand gekom het.
101. Dieselfde tipe beskrywing van die stand van sake tussen die partye verskyn ook in die e-pos van Me Nogueira op 8 September 2011 aan die vervoerkontrakteur Falcongate Logistics. In daardie e-pos vra sy hulp omdat sy 'n “contract for 200 Malawi Groundnuts” het wat gedurende September en Oktober na Johannesburg vervoer moes word. Die feit dat sy na 'n kontrak verwys strook met die Eiser se getuienis dat daar inderdaad 'n bindende ooreenkoms tussen die partye bestaan het.
102. Seker een van die mees deurslaggewende faktore wat daarop dui dat die partye wel 'n bindende ooreenkoms gehad het, blyk uit Me Nogueira se e-pos van 12 Augustus 2011. Daaruit is dit duidelik dat sy in werklikheid reeds die grondbone sou vervoer het in die week van 15 Augustus as dit nie vir die staking was nie en dat sy dit in die week van 22 Augustus sou stuur. In haar getuienis het sy ook bevestig dat sy wel die grondbone sou gestuur het indien sy wel vervoer beskikbaar gehad het. In die lig hiervan is dit dus onteenseglik so dat Me Nogueira self van mening was dat daar 'n bindende ooreenkoms tussen die partye was en verder dat daar geen terme was wat nog onderhandel moes word nie. Daar was dus ook nie sprake daarvan dat 'n ondertekende skriftelike dokument 'n voorvereiste was nie. Sy sou immers nooit die vragte laat aflewer het sander dat daar 'n bindende ooreenkoms tussen die partye was nie.
103. Laastens kan verwys word na die feit dat Me Nogueira reeds op 22 Augustus tydens die vergadering, en ook daarna uit die e-pos van 31 Augustus, deeglik kennis geneem het van Mnr van Zyl se houding dat daar 'n bindende ooreenkoms tussen die partye bestaan. Sy betwis hierdie feit egter hoegenaamd nie. Nie telefonies nie en ook nie in haar volgende e-posse nie. Sy doen dit vir die eerste keer in haar e-pos van 23 September 2011. Hierdie optrede is op die waarskynlikhede slegsle vesoen met die feit dat Me Nogueira wel ook van mening was dat daar wel 'n bindende ooreenkoms tussen die partye bestaan het. As dit nie die geval was nie, sou sy sekerlik onmiddellik baie anders opgetree het, veral gegewe die feit dat sy geweet het dat sy waarskynlik nie vervoer sou kon reel nie en dit in elk geval slegs teen 'n baie hoer tarief sou kon doen indien sy dit wel kon regkry.
104. Die wete dat daar wel 'n bindende ooreenkoms tussen die partye bestaan het, strook dan ook met haar optrede na die e-pos van Mnr van Zyl op 31 Oktober 2011. Sy kontak 'n vervoerkontrakteur en smeek hom om die betrokke grondbone, waarvoor sy 'n “kontrak” het, af te lewer. Ek het reeds na hierdie apek van die skrywe verwys. Sy verwys egter verder ook net na 200 ton grondbone wat 'n aanduiding was dat sy die voorstel van 'n verminderde tonnemaat wat tydens die vergadering deur Mnr van Zyl gemaak is, oorweeg het. lndien Me Nogueira van mening was dat daar geen bindende ooreenkoms tussen die partye bestaan het nie, sou sy eenvoudig vir Mnr van Zyl meegedeel het dat hulle nog nie 'n bindende ooreenkoms gehad het nie.
105. In die lig van, onder andere, al die voorgaande, is ek van mening dat op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys is dat daar wilsooreenstemmi ng tussen die partye was oor al die terme wat die partye, uitdruklik en stilswyend, as materieel beskou het vir die totstandkomi ng van 'n bindende ooreenkoms. Geen ander terme was tydens die onderhandelinge gemeld of was wesenlik vir die ooreenkoms wat die partye gesluit het nie. Die getuienis het ook getoon dat die partye dit nie beoog het dat ooreenkoms oor enige ander terme bereik moes word alvorens daar 'n bindende ooreenkoms tussen hulle tot stand sou kom nie.
106. In die vooropstelling bevind ek derhalwe dat die Eiser wel daarin geslaag het om op 'n oorwig van omstandighede te bewys dat daar wel 'n bindende mondelinge ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom het en dat dit nie 'n voorvereiste vir die geldigheid van die partye se ooreenkoms was dat die kontrak in skrif beliggaam en onderteken moes gewees het nie. Bygevolg, en ingevolge die ooreenkoms bereik tussen die partye voor die aanvang van die verhoor, behoort daar derhalwe vonnis in die guns van die Eiser te wees.
107. Wat die kwessie van koste betref is daar geen rede waarom die koste van die geding nie die uitslag sal volg nie. Beide partye was dit eens dat die koste van senior Advokaat deel van hierdie koste moet wees. Ek is ook tevrede dat die koste van Senior Advokaat ten opsigte van die voorverhoor ook by sulke koste insgesluit moet word. Wat betref die koste wat voorheen voorbehou is kon die advokate nie submissies maak nie. lndien die partye nie daardie aspek kan skik nie, kan dit weer voor hierdie hof geplaas word vir beregting.
108. Weshalwe word die volgende bevel gemaak:
1. Die Verweerder word gelas om die bedrag van R850 000,00 aan Triotrade Gauteng (Edms) Bpk te betaal.
2. Die Verweerder word gelas om aan Triotrade Gauteng (Edms) Bpk rente te betaal op die bedrag van R850 000,00 teen die koers van 15,5% per jaar vanaf 5 Maart 2012 tot 31 Julie 2014 en teen die koers van 9% per jaaar vanaf 1 Augustus 2014 tot datum van betaling.
3. Die Verweerder word gelas om Triotrade Gauteng (Edms) Bpk se koste te betaal welke koste sal insluit die koste van senior Advokaat sowel as die koste van Senior Advokaat ten opsigte van die voorverhoor.
4. Ten aansien van die koste wat voorheen voorbehou is kan die partye, indien die kwessie nie geskik word nie, dit weer voor hierdie hof terrolle plaas vir beregting.
Sy Edele Regter C.P. Rabie