South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2015 >>
[2015] ZAGPPHC 902
| Noteup
| LawCite
Cornelius v Cornelius (40390/2014) [2015] ZAGPPHC 902 (4 September 2015)
Download original files |
Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. |
IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
[GAUTENG DIVISION, PRETORIA]
CASE NUMBER: 40390/2014
4/9/2015
NOT REPORTABLE
NOT OF INTEREST TO OTHER JUDGES
REVISED
In the matter between :
ANDRE JAN LEENDERT CORNELIUS APPLICANT
and
WILHELMINAJACOBA CORNELIUS RESONDENT
UITSPRAAK
A.J. LOUW AJ
[1] Die aansoekstukke is in Engels opgestel. Die partye is egter duidelik Afrikaanssprekend. Die skikkingsooreenkoms waaroor hierdie geskil handel is eweneens in Afrikaans opgestel. Die advokate, synde advokaat Visser vir die Applikant en advokaat Erasmus vir die Respondent het hulle argumente in Afrikaans gevoer. In die omstandighede gee ek die uitspraak in Afrikaans.
[2] Die partye was met mekaar getroud binne gemeenskap van goedere. Hulle is geskei by wyse van 'n hofbevel van hierdie Hof op 19 Maart 2013. Die partye het die egskeidingsgeding geskik in terme van 'n skikkingsooreenkoms wat hulle onderteken het op 23 Januarie 2013. Die geskil wat bereg moet word handel oor die interpretasie van die skikkingsooreenkoms.
[3] Die skikkingsooreenkoms bestaan eerstens uit 'n aanhefparagraaf. Paragraaf 1. handel met die partye wat oor en weer erken dat die huwelik onherstelbaar verbrokkel is en dat die Applikant op onverdedigde basis kan voortgaan om 'n egskeidingsbevel te bekom. Paragraaf 2 handel met die Applikant en Respondente se regte en verpligtinge met betrekking tot die minderjarige kinders wat uit hulle huwelik gebore is. Paragraaf 3 handel met onderhoud ten opsigte van die minderjarige kinders. Paragraaf 4 bepaal dat die partye oor en weer afstand doen van 'n reg op onderhoud teenoor mekaar. Paragraaf 5 handel oor wat as opskrif gegee word "Eiendomsregtelike (sic) eise".
[4] Die eiendomsregtelike geskille word in terme van 'n aantal subparagrawe geskik. Paragraaf 5.1 handel met meublement, paragraaf 5.2 met motorvoertuie, paragraaf 5.3 met persoonlike items, paragraaf 5.4 met die onroerende eiendom en paragraaf 5.5 met pensioenvoordele, polisse en annuneite. Paragraaf 5.6 handel met vuurwapens en paragraaf 6 met skulde.
[5] Hierna volg verdere bepalings:
Paragraaf 7 handel met regskoste en paragraaf 8 gee die Respondente die reg om, as die Applikant sou versuim om 'n egskeidingsbevel aan te vra, self 'n egskeidingsbevel aan te vra. Paragraaf 9 sit bepalings oor die skikking van eise uiteen en paragraaf 10 handel met die bepalings van Artikels 6(5) en 10 van die Kinderwet 38 van 2005.
[6] Paragraaf 5.4 bepaal dat die Applikant as sy uitsluitlike eiendom die onroerende eiendom wat die gewese gemeenskaplike woning was, ontvang in ruil waarvoor hy die voile verantwoordeli kheid en aanspreeklikheid vir die uitstaande balans en ander verpligtinge oor die eiendom aanvaar. Hy is ook verantwoordelik vir vereffening van die oordragkoste ten einde die Respondente se onverdeelde halwe aandeel op sy naam te laat registreer en om enige aanspreeklikheid van haar teenoor Absa Bank ten opsigte van die huisverband te beeiindig.
[7] Paragraaf 5.5.1 bevestig dat beide partye lid is van die Nasionale Pensioenfonds vir Munisipale Werkers (hiema genoem "die pensioenfonds").
[8]. In paragraaf 5.5.2 word ooreengekom dat die Respondente R325 000.00 van die Applikant se pensioenbelang ontvang soos op datum van die egskeiding. Dit word bevestig dat die Respondente geen verdere aanspraak sal he op die Applikant se pensioenfonds nie. Paragraaf 5.5.3 magtig dan die pensioenfonds om of direk die R325 000.00 aan die Respondente te betaal of om dit oor te dra na 'n goedgekeurde pensioenfonds, na haar keuse. Paragraaf 5.5.4 bepaal dat die Applikant geen aanspraak op die Respondente se pensioenbelang in die pensioenfonds het nie.
[9] Ek haal paragraaf 9 wat oor skikking van eise gaan aan:
"9.1 Hierdie ooreenkoms is die voile ooreenkoms tussen die partye en geen eis behalwe die wat in hierdie ooreenkoms vervat is, sa/ verder tussen die partye bestaan nie.
9.2 Hierdie ooreenkoms kan s/egs gewysig word deur 'n skriftelike dokument wat deur beide partye onderteken is,
9.3 Die Agbare Hof sal versoek word om hierdie ooreenkoms in 'n finale egskeidingsbevel te beliggaam."
[10] Die regshulp wat die Applikant aanvra is dat 'n bevel vir spesifieke nakoming van die skikkingsooreenkoms teen die Respondente uitgereik word aangesien die Respondente weier om die oordragsdokumente te taken wat die oordrag van haar halwe onverdeelde aandeel in die gewese gemeenskaplike woning aan die Applikant sal beWerkstellig. Sy weier so aangesien die volgende gebeur hat met die R325 000;00 wat in terme van die skikkingsooreenkoms aan die Respondente betaalbaar is: Die Applikant se pensioenfonds is gedebiteer met R325 000.00.Met ander woorde sy pensioenbelang in die pensioenfonds is inderdaad met R325 000.00 verminder. Die Respondente. he!egter slegs R289 163.64 ontvang vanaf ·die pensioenfonds. Die rede vir die ontvangs van die verminderde bedrag is dat die R325 000.00 deur die Suid-Afrikaanse lnkomstediens in die Respondente se hande belas is in terme van die bepalings van die lnkomstebelasting Wet 58 van 1962.
[11] Uit hoofde van die voorgaande gebeure; voer die Respondente aan dat die bepalings van die skikkingsooreenkoms nie nagekom is nie aangesien sy nie R325 000.00 ontvang het nie.
[12] Van belang hier is die volgende feite en omstandighede. Die ondergemelde feite en omstandighede is van belang vanuit die oogpunt van die interpretasie van die skikkingsooreenkoms. Die betrokke feite is: die partye was in gemeenskap van goedere met mekaar getroud op 7 Augustus 1993. Hulle het hUlle gewese gemeenskapl ike woning as 'n bate in die gemeenskaplike woning ontvang in eiendomsreg op 16 Julie 1998. Daar is 'n huisverband geregistreer oar die eiendom ten gunste van Absa Bank. Die huwelik is ontbind, socs reeds vermeld, op 19 Maart 2013. Die skikkingsooreenkoms gedateer 23 Januarie 2013 is tussen hulle aangegaan. Die skikkingsooreenkoms is deel van die hofbevel gemaak. Die partye het van dieselfde prokureur (wat in hierdie aansoek die prokureur van rekord van die Applikant is) gebruik gemaak.
[13] Die Applikante se in die opponerende beedigde verklaring dat sy nie geadviseer is oar die belastingimplikasies Van die skikking nie. Hieroor bestaan daar op die oog af 'n twis. Die Applikant beweer dat die R325 000,00 inderdaad 'n verhoogde bedrag is aangesien daar juis vir doeleindes van inagneming van belastingverpligtinge, die betrokke bedrag opgeskuif is vanaf R300 000.00 na R325 000.00.
[14] In hierdie verband is 'n konsepskikking, wat opgestel was in aanloop tot die skikkingsooreenkoms wat uiteindelik op 23 Januarie 2013 onderteken is, in die aansoekstukke. Daarin word inderdaad voorsiening gemaak vir 'n R300 000.00 betaling deur die Applikant aan die Respondente ten opsigte van sy pensioenbelang.
[15] Tydens argument het ek verneem of die Respondente meen dat die saak na verhoor of getuienis moet gac:m. Adv Erasmus het aangedui dat sy nie vra dat die saak na verhoor verwys word nie. Adv Visser het geargumenteer dat, indien die Respondents enige wysiging aan die skikkingsooreenkoms wil he, di!by wyse van 'n eis Vir rektifikasie sou moes wees en as daar enige wysiging aangebring moet word moet·die aangeleentheid na mondelinge getuienis of aksie verwys word.
[16] Ek he! die opponerende stukke nagegaan. Geen saak vir rektiftkasie word uitgemaak nie. Daar word ook geen saak vir dwaling of wanvoorstelling uitgemaak nie. Die verweer teen die aansoek vir spesifieke nakoming is dat · die . skikkingsooreenkoms verkeerd ge' nterpreteer word en dat die Respondente R325 000.00 "skoon" uitbetaal moet word, met ander woorde dat die belastinggedeelte watin haar hande belas is, inderdaad deur die Applikant betaal moat word. Dit is ook die basis waarop Adv Erasmus se hoofde opgestel is.
[17] In die omstandighede moat ek bepaal hoe die skikkingsooreenkoms ge'interpreteer moet word met betrekking tot die vraag . of die Respondente die verminderde bedrag van R289 163:64 moet ontvang al dan nie. In wese moet bepaal word wie van die partye vir. die belastinggedeelte van R35 836.36 aanspreeklik is.
[18] Die wyse waarop wetgewing en ooreenkomste en ander dokumente ge'interpreteer moet word, hat oor die jare verander. · Die huidige benadering tot interpretasie van onder andere ooreenkomste soos die onderhawige skikkingsooreerikoms word uiteengesit in Natal Joint Municipal Pension Fund v Endumeni Municipality 2012 (4) SA 593 (SCA) in paragrawe 18 en 19. Sien ook BothmaBatho Transporl (EdmsJ . Bpk v Bothma en Seun . Transporl (Edms} Bpk 2014 (2) SA 494 (SCA) paragraaf 12. In laasgenoemde aangeleentheid word dit as volg in paragraaf 12 gestel:
'Whilst the starting point remains the words of the document, which are the only relevant medium through which the parties have expressed their contractual intentions, the process of interpretation does not stop at a perceived literal meaning of those words, but considers them in the light of all relevant and admissible context, including the circumstances in · which the document came into being. The former distinction between permissible background and surrounding circumstances, never very clear, has fallen away. Interpretation is no longer a process that occurs in.stages but is "essentially one unitary exercise"."
[19] Artikel 7(8) van die Egskeidingswet 70 van .1979 maak voorsieningvir die ·oordrag van 'n pensioenbelang of gedeelte van 'n pensioenbelang soos wat in hierdie skikking gebeur het.
[20] Die lnkomstebelastingwet het voor 1 Maart 2012 in sy Tweede Skedule in paragraaf 28 daarvan bepaal dat ..so 'n pensioenbelang wat betaal moet word aan die persoon wat in Respondents se posisie is, die persoon in die posisie van die applikant toeval. Die persoon in die applikant se posisie het egter 'n vorderingsreg teen sy voormalige eglied vir die belasting wat betaalbaar word deur die persoon in die applikant se posisie. Sien in hierdie verband die bespreking in die beslissing van Russow v Reid and Another [2011] 3 All SA 106 (GSJ). Die bepalings van Skedule 2 van die lnkomstebelastingwet is met ingang van 1 Maart 2012 gewysig soda! die persoon in die posisie van die Respondente, aan wie die betrokke pensioenvoordeel uitbetaal word, aanspreeklik is vir die belasting betaalbaar daarop. Daar is egter 'n aftrekking beskikbaar indien die persoon in die Respondente se posisie, die betrokke pensioengeld in 'n pensioenfonds laat en. nie laat uitbetaal nie.
[21] . Hierdie gevolg is ook in die vooruitsig gestel en is pensioenfondslede van die pensioenfonds hieroor gewaarsku in 'n mediaverklaring van die Nasionale Tesourie gedateer 13 Maart 2012 en 'n afskrif waarvan aangeheg is by die Applikant se funderende stukke (sien gepagineerde bladsye 57 tot 59).
[22] Op die beginsels van interpretasie soos hierbo uiteengesit is daar na my mening net een interpretasie wat aan die bepalings van die skikkings ooreenkoms oor betaling van die. R325 000.00 gegee kan word. Dit is naamlik dat die skikkingsooreenkoms dit duidelik uiteensit dat die Applikant R325 000.00 van sy pensioenbelang aan die Respondente verskuldig is. Die betrokke R325 000.00 is teen sy pensioenfonds gedebiteer, soos ooreengekom. Die Respondente het die R325 000.00 ontvang maar is deur die Suid•Afrikaar\se lnkomstediens ooreenkomstig die toepaslike belastingwetgewing daarop belas en gevolglik hetsy slegs die verminderde bedrag, na aftrekking van die belastinggedeelte tot haar beskikking.
[23] Hierdie interpretasie is in ooreenstemmi ng met die wetgewing en met die bewoording van die ooreenkoms. Dit is ook in ooreenstemming met die bewoording van paragraaf 9 van die skikkingsooreenkoms wat dit duidelik stel dat die inhoud van die skikkingsooreenkoms die enigste ooreenkoms tussen die partye is.
[24] Bogemelde uiteensetting word ondersteun ook deur die ·feit dat die Respondente inderdaad in 'n posisie was om die R325 000.00 te ontvang sonder dat die .belastinggedeelte afgetrek sou word. Omdat sy dit as 'n kontantbetaling wou ontvang, is daar belasting daarteen gehef.
[25] In die omstandighede is daar Volkome aan die bepalings van die skikkingsooreenkoms voldoen en is die Respondente se verweer teen die aansoek om spesifieke nakoming ongegrond.
[26] Die volgende aangeleentheid wat oorweeg moet word is die vraag watter kostebevel gemaak moet word. In hierdie verband is die·Applikantdeur die Respondente verplig om die hof te nader vir 'n bevel soos in sy kennisgewing van mosie aangevra. Op die oog af en in die normale loop van sake betaken dit dat die Respondente die koste vandie geding moet betaal. Ek is egter nie oortuig dat dit in die omstandighede van die geval billik teenoor die Respondente sal wees nie. Ek neem in hierdie verband in ag dat die partye van 1993 tot 19 Maart 2013 met .mekaar getroud was. Dit is ongeveer 'n periode van 20 jaar. Uit hulle huwelik is twee kinders gebore wat tans nog minderjarig is en wat deur die partye versorg moet word. Van oorwegende belang na my mening is die feit dat die partye dieselfde prokureur gebruik het om hulle te adviseer met betrekking tot die egskeiding en die skikking.
[27] In elk geval verder is die partye steeds verplig om met mekaar te kommunikeer met betrekking tot hulle kinders en is ek in die omstandighede van die geval nie oortuig dat hierdie 'ri geval is waar die kostebevel gemaak moet word ooreenkomstig die gewone toepassing van die beginsel dat die wenner in die litigasie geregtig is op sy koste nie. Die feit dat die partye tevore egliede was en deur 'n enkele prokureur bygestaan is in die egskeiding, weeg na my mening swaarder in die omstandighede van die geval. Ek.is gevolglik van mening dat elke party in hierdie geval sy eie koste behoort te dra.
[28] Ek maak gevolglik die volgende bevel:
1. Die Respondente word galas om alle stappe te neem en alle dinge te doen wat nodig is, ingeslote .die ondertekening van alle dokumente wat nodig is, om oordrag van die Respondente se halwe onverdeelde aandeel in die Resterende Gedeelte van Erf […], Wonderboom Suid Dorpsgebied, Registrasie Afdeling JR, Provinsie van Gauteng, Groot 1276 vierkante meter en gehou kragtens Akte van Transport 101704/98 (hierna genoem "die onroerende eiendom") aan die Applikant oor te dra deur alle nodige dokumente by die kantore van mnre Robinson & Kruger Prokureurs te onderteken binne 15 (vyftien) dae vanaf datum van aflewering van hierdie bevel by die kantore van die prokureurs van rekord van Respondente.
2. lndien die Respondente versuim om binne 15 (vyftien) dae na aflewering van hierdie bevel by haar prokureurs van rekord se kantore te voldoen aan die bepalings van bede 1 hierbo, word die Balju vir die toepaslike distrik van die bogemelde Agbare Hof gemagtig en gelas om alle stappe te neem en alle dokumente te onderteken wat nodig is om uitvoering te gee daaraan dat oordrag van die Respondente se halwe. onverdeelde aandeel in die onroerende eiendom aan die Applikant geskied.
3. Elke party betaal sy/haar eie koste.
________________
AJ LOUW
WAARNEMENDE REGTER