South Africa: North West High Court, Mafikeng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North West High Court, Mafikeng >>
2013 >>
[2013] ZANWHC 13
| Noteup
| LawCite
Bezuidenhout v Bezuidenhout (1954/2011) [2013] ZANWHC 13 (14 February 2013)
Download original files |
IN DIE NOORDWES HOOGGEREGSHOF
(MAFIKENG)
SAAK NR. : 1954/2011
In die saak tussen:
LAZELLE BEZUIDENHOUT .......................................................APPLIKANT
en
PIETER CHRISTIAAN BEZUIDENHOUT ............................RESPONDENT
_______________________________________________________________
UITSPRAAK
________________________________________________________________
LANDMAN R:
[1] Die applikante verdien R42 208 per maand. Die aftrekkings wat haar werkgewer maak beloop R38 042. Dit laat haar met ‘n netto salaries van R4 166 per maand.
[2] Die applikante se maandelikse uitgawes, wat sy uiteengesit het, beloop R23 790.
[3] Die applikante se maandelikse huurgeld, selfoon, water en ligte, voertuig afbetalings is deur haar werkgewer afgetrek.
[4] Dit beteken dat haar uitgawes met R11 761 verminder moet word. Haar te kort beloop dus R7 863.
[5] Die respondent verdien R10 369 netto. Dit skyn dat hy ook van tyd tot tyd ander bedrae bv betaling vir oortyd gewerk, verdien. Sy uitgawes beloop R10 488 insluitend R2 000 per maand wat hy ten opsigte van onderhoud van die kinders betaal. Nie een van die partye kan bekostig om ‘n bydrae tot die ander party se koste te kan maak nie.
[6] Derhalwe word die volgende bevel verleen:
1. Ouerlike regte en verantwoordelikhede word aan beide die applikante en die respondent toegestaan en die kinders se primêre woning word by die applikante geplaas.
2. Die respondent het die reg van kontak tot die minderjarige kinders te alle redelike tye met besoek regte elke laaste naweek van die maand.
3. Die respondent word gelas om voort te gaan om die maandelikse bedrag van R2 000.00 aan die applikante te betaal.
4. Die respondent word gelas om voort te gaan om die applikante en die minderjarige kinders op sy mediese fonds geregistreer te hou.
5. Bedes 5 en 6 van die applikante se bedes en bedes 21.5 en 21.6 van die respondent se bedes word van die hand gewys.
6. Die koste sal koste in die geding wees.
A A LANDMAN
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
VERSKYNINGS:
datum van verhoor : 7 Februarie 2013
datum van uitspraak : 14 februarie 2013
vir die applikante : adv g maree
vir die respondent : adv p smit
prokureur vir applikante : nienaber & wissing
prokureur vir respondent : herman scholtz prokureur