South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 103
| Noteup
| LawCite
S v Tsotetsi en 'n Ander (36/83) [1984] ZASCA 103 (20 September 1984)
Download original files |
Saaknommer: 36/83
WHN
LUKAS TSOTETSI Eerste Appellant
en
DANIEL NKWANE Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
LUKAS TSOTETSI . .... Eerste Appellant
en
DANIEL NKWANE
Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT, BOTHA et VAN HEERDEN ARR. Verhoordatum: 7 September 1984 Leweringsdatum: 20 September 1984
UITSPRAAK
JOUBERT, AR :
/Appellante .....
2
Appellante 1 en 2 is in die streekhof te Pretoria as beskuldigdes 1 en 2 saam met twee ander beskuldigdes op drie aanklagte aangekla. Aanklag 1 is dat hulle op of omtrent Vrydag 24 Julíe 1981 ten aansien van 'n winkel van ene Lurie te Pretoria huisbraak gepleeg het met die opset om te steel en aldaar ongeveer Rl 500 kontant, 'n pistool en ammunisie gesteel het. Aanklag 2 is dat hulle wederregtelik in besit van ammunisie was terwyl aanklag 3 is dat hulle wederregtelik in besit van 'n pistool was. Appellant 1 het skuldig gepleit op aanklag 3 maar onskuldig op die ander aanklagte. Appellant 2 en die ander twee beskuldigdes het op al drie aanklagte
/onskuldig
3
onskuldig gepleit. Hulle is verhoor en aan die einde van die verhoor is beskuldigde 4 op al die aanklagte vrygespreek. Op 27 Mei 1982 is appellant 1 skuldig bevind op al drie aanklagte. Op aanklag 1 is hy gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf waarvan 1 jaar gevangenisstraf voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Aanklagte 2 en 3 is as een geneem vir doeleindes van vonnis en daarop is hy 'n vonnis van 1 jaar gevangenisstraf opgelê. Appellant 2 is skuldig bevind op aanklag 1 maar onskuldig op aanklagte 2 en 3. Hy is op aanklag l 'n vonnis van 5 jaar gevangenis= straf opgelê waarvan 1 jaar gevangenisstraf voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Beskuldigde 3 is ook skuldig bevind op aanklag 1 en onskuldig op aanklagte 2 en 3.
/Appellante
4
Appellante 1 en 2 asook beskuldigde 3 het na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling teen hul skuldig= bevindings en vonnisse geappelleer.
Beskuldigde 3 se
appèl teen sy skuldigbevinding op aanklag l en sy vonnis is
gehandhaaf. Die appelle van appellante 1 en 2 is afgewys. Die aansoek
van
appellante 1 en 2 om na hierdie Hof teen hul skuldigbevindings en vonnisse te
appelleer is deur die Transvaalse Provisiale Afdeling
afgewys. Met spesiale
verlof kom die appellante tans in hoër beroep na hierdie Hof teen hul
skuldigbevindings en vonnisse.
Op 27 Augustus 1981 het luitenant Loock vir appellant 2 by sy huis in Mamelodi gearresteer. Speurder
/adjudant
5.
adjudant-offisier Viljoen was teenwoordig. Hulle is daarvandaan na Johannesburg. Uiteindelik het luitenant Loock vir appellant 1 in Cleveland gearresteer waar hy gewerk het. Appellant 1 het hulle na sy huis in Natalspruit geneem waar hy 'n vuurwapen (Bewysstuk 1) met ammunisie uit 'n nuwe stoof gehaal het en dit aan Viljoen oorhandig het. In 'n kas in die kombuis het appellant 1 'n sak uitgehaal waarin 'n hoekslyper, lemme, handskoene en twee bankboekies was. Namens die appellante is in hierdie Hof kritiek uitgeoefen en beswaar gemaak teen beweerde erkennings wat die appellante na hul arres= tasies teenoor luitenant Loock en viljoen sou gemaak het
/waardeur ....
6
waardeur hulle betrek sou word by die pleging van die misdaad waarop aanklag 1 betrekking het. Vir doeleindes van hierdie appèl is ek nie voornemens om hierdie be= weerde erkennings in ag te neem by die opweeg van die totaliteit van die getuienis nie. Dit doen ek sonder om in te gaan op die vraag of die kritiek teen die be= weerde erkennings gegrond is of nie en derhalwe sonder om te beslis of die beweerde erkennings teen die appellante as getuienis toelaatbaar is al dan nie.
Lurie is die besturende direkteur van 'n groothandelbesigheid wat sake doen in die verskaffing van
/boute
7
boute, moere en gereedskap in 'n winkel, bekend as "The Screw Man". Hierdie winkel is geleë op die hoek van van der Walt- en Strubenstrate te Pretoria. Toe hy Vrydag 24 Julie 1981 om 6 nm. die besigheids= perseel verlaat het, was al die deure gesluit en die vensters toe. Sondag 26 Julie 1981 om 10 vm. het hy die winkel besoek. In die kantoor het hy bemerk dat 'n groot liasseerkas verskuif is en voor die brandkluis geplaas is. Laasgenoemde se deur was oopgesny. Hy het deur die winkel gestap en gevind dat die agterdeur oop was en dat die hangslotte daarvan verwyder is. Hy het ook gesien dat die dubbele diefwering van 'n hoë
/venster
8
venster agter in die winkel oopgebreek is. Toe hy buite die gebou loop, het hy aan die agterkant daarvan gevind dat leë kartonhouers op mekaar gestapel is om vanaf die grond 'n trap te vorm na die hoë venster wat oopgebreek is. Hy het die polisie ontbied en toe het hy ontdek dat ongeveer Rl 200 kontant, 'n .22 pistool en ammunisie uit die brandkluis vermis word benewens 'n hoeveelheid gereedskap uit die winkel. Hy het Bewysstuk 1 uitgeken as die vermiste pistool wat in die brandkluis was. Ek sal straks verwys na Lurie se getuienis oor die kartonhouers.
/Speurder-
9
Speurder-konstabel Lubbe van die Suid-Afrikaanse Kriminele Buro is 'n vingerafdrukdeskundige. Hy het Maandagoggend 27 Julie 1981 „The ScrewMan" besoek. Hy het aan die kant van die groot liasseerkas wat voor die brandkluis geskuif was deur middel van foelien palmafdrukke afgehaal. Hy het later op 27 Augustus 1981 van speurder-sersant Munro, die ondersoekbeampte 'n stel vinger- en palmafdrukke van appellant 1 ontvang. Toe hy hulle vergelyk met die palmafdrukke wat hy afgehaal het, het hy gevind dat hulle identies was. Hierdie getuienis is ook nie namens appellant 1 betwis nie. Lubbe het ook beslag gelê op die twee boonste kartondose wat heel bo op die stapel kartondose onder die agterste venster gelê het.
10
Toe hy hierdie kartondose met silwernitraat behandel, het vingerafdrukke wat baie vars was daarop te voorskyn gekom. Hy het later op 27 Augustus 1981 van Munro 'n stel vinger- en palmafdrukke van appellant 2 ontvang. Toe hy hierdie vinger- en palmafdrukke vergelyk met die vingerafdrukke op die bwee kartondose het hy gevind dat hulle identies was. Hierdie getuienis is nie namens appellant 2 betwis nie. Ek sal straks na verdere aspekte van Lubbe se getuienis oor die kartondose en die vingerafdrukke daarop verwys.
Die strekking en aard van die getuienis waarop die Staat steun om appellant 1 te verbind met aanklagte 1, 2 en 3 is die volgende :
/1. die ....
11
1. die pistool (Bewysstuk 1) en die ammunisie (Bewys= stuk 2) wat appellant 1 in sy huis te Natalspruit aan die polisie oorhandig het, 2. die vingerafdrukke van appellant 1 op die kant van die groot liasseerkas in die kantoor van "The Screw Man", en 3. appellant 1 in sy getuienis ter verdediging plaas homself op die toneel van die misdaad op Saterdag 25 Julie 1981.
Appellant 1 het in sy getuienis die volgende verduideliking gegee hoe sy vingerafdrukke op die kant van die groot liasseerkas sou gekom het en hoe dit gebeur
/het
12
het dat hy homself op die toneel van die misdaad op Saterdag 25 Julie 1981 bevind het. Hy is 'n drywer en 'n werktuigkundige. Saterdagoggend 25 Julie 1981 het sy neef, beskuldigde 3, saam met ene Bennie by sy huis opgedaag. 'n Hoekslyper is toe aan Bennie oorhandig. Laasgenoemde het aan appellant 1 ver= duidelik dat hy die hoekslyper op 'n voertuig in Pretoria wou gebruik. Hy het met Bennie ooreengekom om laasgenoemde na Pretoria te vervoer teen betaling van R30. Beskuldigde 3 het agtergebly terwyl appellant 1 vir Bennie na Pretoria geneem het. So tussen 12 vm. en 1 nm. het hy Bennie met die hoekslyper by 'n straat in Pretoria afgelaai terwyl
/hy
13
hy in die motorkar vir Bennie gewag het. Bennie het by 'n gangebjie na sy werksplek ingegaan. Na 'n rukkie het appellant 1 dors geword. Hy het besluit om na Bennie te gaan om water te kry. By die ingang van die werksplek het hy drie persone aangetref wat besig was om kartondose eenkant te pak. Hulle het Bennie vir hom ontbied en Bennie het hom agter in die werksplek geneem waar Bennie aan hom water in n beker gegee het. Daar was in die omgewing rakke met goedere daarop. In sy hoofgetuienis het hy soos volg getuig oor die kwessie van sy vingerafdrukke wat op die groot liasseerkas gevind is:
/„Jy
14
„Jy het gehoor dat die polisie getuig het dat jou vingerafdrukke gevind is op 'n kabinet - - (onhoorbaar) ? - - Ek weet nie op watter plekke ek kon geraak het nie, want ek het daar binne-in gegaan om water te gaan drink."
In kruisondervraging was sy getuienis oor hierdie aange=
leentheid soos volg:
„Het jy aan enige kaste gevat daar op die perseel ? - - Nee, ek het nie. Is jy seker daarvan ? - - Ek is seker. Kaste waar ?
Op daardie perseel waar Bennie gesê het waar sy werksplek is ? - - Nee. U was net haastig om by die toilet uit te kom om water te kry en weer te loop. Is dit reg ? - - Ja.
U het nie daar rondgestaan en aan die goed gevat nie ? - - Ek is nie seker of ek aan iets geraak het of nie. Ek is nie seker nie. Ek het nie geweet wat daar aangegaan het nie.
/Jy....
15
Jy het nou-nou vir die Hof gesê jy is seker jy het nie aan 'n staalkas of enige kas gevat nie ? - - Miskien as ek water drink kon ek toevallig aan iets raak (Getuie demonstreer met sy hand). Waar het jy water gedrink ? - - Dit is agter, maar binne.
Daar waar iy gedrink het, is daar enige staalkaste ? - - Daar is rakke en goedere is gepak op die rakke.
HOF: Die vraag is of daar staalkaste is ?
- - Ek het nie opgelet nie.
AANKLAER: Het u aan enige staalkas gevat of net aan rakke ? - - Aan die rakke. Nie aan 'n staalkas nie ? - - Ek weet nie. Hoekom het u vróeër vir die Hof gesê u is seker u het nie aan 'n kas gevat nie ?
- - Die rede is dat ek nie mooi na die plek
gekyk het waar ek gestap het
nie."
In herondervraging het appellant 1 op 'n leidende vraag
van sy advokaat bevestigend geantwoord:
/„Is
16
„Is dit moontlik dat jy aan 'n staalkas kon geraak het ? - - Ja."
Bennie het aan hom gesê om gou te maak omdat hulle besig
was om
voorraad op te neem. Bennie het ook beweer dat die
blankes met hom sou raas
indien hulle appellant 1 in die
gebou sien. Nadat hy water gedrink het, is
appellant 1
terug na sy motorkar. Sowat l½ uur later het Bennie
met
die hoekslyper en 'n klein doos teruggekeer na die motor=
kar. Bennie
het aan hom verduidelik dat hy nie die
hoekslyper gebruik het nie omdat die
persoon op wie se
voertuig hy dit sou gebruik het van diens af was. Hy
het
Bennie na Germiston se stasie geneem. Daardie aand
/het
17
het Bennie hom gebel en meegedeel dat hy die klein doos waarin daar 'n vuurwapen was in appellant se motorkar vergeet het. Appellant 1 het dit toe in sy huis gebêre waar hy dit drie weke later aan die polisie oorhandig het.
Die polisie kon Bennie wat oorkant beskuldigde 3 se huis in Soweto woon nie opspoor nie . Hy het blykbaar verdwyn. Bennie was gevolglik nie beskikbaar om by die verhoor te getuig nie.
In hierdie Hof is namens appellant 1 aangevoer dat sy weergawe oor hoe sy vingerafdrukke op die kant van
/die
18
die groot liasseerkas gekom het en hoe hy in besit van die vuurwapen en die ammunisie gekom het redelik moontlik waar is en nie bo redelike twyfel as vals verwerp kan word nie. Na my mening is appellant 1 se verduideliking nie redelik moontlik waar nie en moet dit bo redelike twyfel as vals verwerp word weens die volgende redes. Toe Lurie die perseel van „The Screw Man" Vrydagmiddag 24 Julie 1981 verlaat het, was al die deure gesluit en die vensters toe. Met sy terugkeer Sondagoggend 26 Julie 1981 het hy toegang verkry deur 'n deur (voordeur) oop te sluit wat klaarblyklik ongeskonde na die inbraak was. Volgens Lurie se getuienis is dit duidelik dat appellant 1 toegang tot die gebou slegs
/deur
18
die groot liasseerkas gekom het en hoe hy in besit van die vuurwapen en die ammunisie gekom het redelik moontlik waar is en nie bo redelike twyfel as vals verwerp kan word nie. Na my mening is appellant 1 se verduideliking nie redelik moontlik waar nie en moet dit bo rédelike twýfel as vals verwerp word weens die volgende redes. Toe Lurie die perseel van „The Screw Man" Vrydagmiddag 24 J'ulie 1981 verlaat het, was al die deure gesluit en die vensters toe. Met sy terugkeer Sondagoggend 26 Julie 1981 het hy toegang verkry deur 'n deur (voordeur) oop te sluit wat klaarblyklik ongeskonde na die inbraak was. Volgens Lurie se getuienis is dit duidelik dat appellant 1 toegang tot die gebou slegs
/deur
20
voorwerpe hy met sy hand aangeraak het. Hy het eers
ontken dat hy aan kaste gevat het. Later het hy bewéer
dat hy rakke
aangeraak het. Hy het ook gesê dat hy nie
seker was of hy aan 'n staalkas gevat het nie. Dit
klink vals. Wat meer is
die betrokke groot liasseerkas
was nie agter in die gebou nie maar voor in
'n kantoor
waar dit vanaf 'n muur verskuif is tot voor die
brandkluis
waarvan die deur tydens die inbraak oopgesny is. In
die
omstandighede is die enigste redelike afleiding dat
appellant 1 se
vingerafdrukke aan die kant van die groot
liasseerkas aangebring is toe laasgenoemde tydens die
inbraak van die muur tot voor die brandkluis geskuif is.
/Appellant
21
Appellant 1 se verduideliking moet derhalwe bo redelike twyfel as vals verwerp word en hy is tereg deur die streeklanddros skuldig bevind op klagte 1, 2 en 3 (op laasgenoemde het hy skuldig 'gepleit).
Die Staat steun op die aanwesigheid van appellant 2 se vingerafdrukke op die twee kartondose om hom direk met die pleging van die inbraak te verbind.
Appellant 2 het die volgende verduideliking. gegee oor hoe sy vingerafdrukke moontlik op die kartondose gekom het. Hy is 'n taxiryer. Op die hoek van van der Walt en Strubenstrate is daar 'n staanplek vir taxi's waar hy dikwels sy motorkar parkeer. Dit is naby „The
/Screw
22
Screw Man" en dit is gemene saak dat daar 'n kafee langs
of
naby „The Screw Man " is. Hy het nooit die perseel
van „The Screw
Man" betree nie. Dit was sy gewoonte
om vis en skyfies by die kafee te koop
en dan by die
randsteen van die sypaadjie te sit om dit te eet. Hy
het
verwys in sy getuienis na 'n geleentheid toe soldate
kartondose by „The
Screw Man" op die sypaadjie afgelaai
het. Hy het op 'n bondel platgedrukte
kartondose
gesit en eet. Op 'n vraag van die verhoorhof het hy
gesê
dat dit die enigste geleentheid was wat hy aldus
op kártondose gesit
en eet het. Op 'n verdere vraag
van die verhoorhof het hy gesê dat dit
was gedurende die
/week
23
week wat hy gearresteer is. Namens hom is voor hierdie Hof
betoog dat appellant 2 moontlik 'n fout
gemaak het om die geleentheid te
verbind met die week waarin hy gearresteer is. Soos reeds vermeld, is appellant
2 op 27 Augustus
1981 gearresteer.
In hierdie verband moet die getuienis van Lurie wat vir die Staat getuig het, in ag geneem word. Volgens Lurie was die kartondose nuut wat ten tyde van die inbraak opmekaar gestapel is om 'n trap na die agterste venster te vorm. Hy het hulle 6 maande voor die inbraak bestel en hulle is ongeveer 3 maande voor die inbraak afgelewer. Toe hulle afgelewer is, is hulle
/deur
24
deur sy personeel op die sypaadjie voor „The Screw Man" geplaas en hulle is dieselfde middag na die agterplaas van die perseel geneem.
Daar is ook aspekte van Lubbe se getuienis wat in hierdie verband relevant is. Volgens Lubbe was die twee boonste kartondose waarop hy beslag gelê het skoon afgesien van stofmerke en skoenmerke. In kruisondervraging het hy beweer dat daar geen vetmerke op hulle was nie. Indien daar vetmerke op hulle was, sou dit die vingerafdrukke 'n geruime tyd gepreserveer het en sou hy die vingerafdrukke kon afgeneem het sonder
/om
25
om die kartondose met silwernitraat te behandel. Soos
reeds vermeld, was die vingerafdrukke volgens hom baie
vars. Onder vars
bedoel hy dat die vingerafdrukke nog
nie verhard het nie. In kruisondervraging het hy erken dat hy
nie presies
kan sê hoe oud 'n vingerafdruk is nie maar
hy kan ongeveer sê hoe
oud 'n vingerafdruk is. Daar is
immers 'n verskil tussen 'n vingerafdruk van 3 maande en
een van 2 dae.
Omdat die vingerafdrukke so goed en
so duidelik ontwikkel het, het hy die mening uitgespreek
dat hulle nie
ouer as 48 uur was nie. Hy het ook
vasgestel volgens die posisie waarin die
twee kartondose
/was
26
was voordat hy hulle verwyder het dat die vingerafdrukke in die rigting van die agterste venster gewys het.
Indien appellant 2 se verduideliking in samehang met hierdie getuienis van Lurie en Lubbe as onpartydige getuies beskou word dan is dit bo redelike twyfel duidelik dat dit onmoontlik is dat appellant 2 se vingerafdrukke op die twee kartondose kon gekom het terwyl hy daarop sou gesit en eet het soos hy verduidelik het. Appellant 2 se verduideliking moet derhalwe bo redelike twyfel as vals verwerp word en hy is tereg deur die streeklanddros op aanklag 1 skuldig bevind.
/Wat
27
Wat die vonnisse van die appellante betref, kan hierdie Hof
nie ingryp nie tensý die streeklanddros sy goeddunke nie regterlik
uitgeoefen het nie, d.w.s. tensy die vonnisse aangetas is deur
onreëlmatigheid, mistasting of so swaar is dat daar 'n treffende
wan=
verhouding is tussen die opgelegde vonnisse en dié wat
hierdie Hof in
die omstandighede sou opgelê het. Die
streeklanddros het by die oorweging van die vonnisse wel
rekening gehou met die relevante feite wat betrekking het
op die persoonlike omstandighede van die appellante, die
omstandighede van die pleging van die inbraak waaraan
hulle skuldig bevind is en die belange van die gemeenskap.
/Die
28
Die appellant se advokate het in hierdie Hof betoog dat die vonnisse onvanpas swaar is en dat 'n groter gedeelte daarvan opgeskort moes gewees het. Wat appellant 1 betref, het die streeklanddros wel aanklagte 2 en 3 saamgeneem vir doeleindes van vonnis. Hy het ook die kumulatiewe effek van appellant 1 se vonnisse in aanmerking geneem. Ek is van oordeel dat daar wat appellant 1 se vonnisse betref geen grond aanwesig is vir hierdie Hof om met die opgelegde vonnisse in te meng nie. Wat appellant 2 betref, is daar na my mening geen grond aanwesig vir hierdie Hof om met die opgelegde vonnis in te meng nie.
/nie
29
Die resultaat is dan soos volg: Die appèlle word afgewys.
C. P. JOUBERT, AR.
BOTHA, AR.)
VAN HEERDEN, AR.) Stem saam.