South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 108
| Noteup
| LawCite
S v Lingeveld (116/84) [1984] ZASCA 108 (24 September 1984)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (APPÉLAFDELING)
In die appèl van:
JAN LINGEVELD appellant
teen
DIE STAAT respondent
Coram: Wessels ek Van Heerden ARR, et Galgut Wn AR. Datum van verhoor: 21 Augustus 1984
Datum van uitspraak: 24 September 1984.
UITSPRAAK
GALGUT Wr AR.
Appellant, 'n 39-jarige Kleurlingman, na wie ek hierná verwys as die beskuldigde, het in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop voor 'n regter en twee assessore
2
tereggestaan op aanklagte van verkragting en moord. Die Staat se saak
was eerstens dat die beskuidigde op 29 Desember 1982 geslagsgemeenskap
met
Katrien Bruintjies, 'n Kleurling-dogter, gehad het terwyl sy onder die ouderdom
van toestemming te wete 10 jaar oud, was; tweedens,
dat hy gedurende of kort na
die verkragting die dogtertjie opsetlik doodgemaak het deur haar te verwurg
en/of te verdrink. Op die
eerste aanklag het hy skuldig gepleit. Hy is skuldig
bevind en is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die tweede aanklag het
hy aan strafbare manslag skuldig gepleit. Hy is aan moord skuldig bevind deurdat
hy, terwyl hy besig was om die meisie te verkrag,
haar keel toegedruk het, as
gevolg waarvan sy beswyk het. Die hof a quo het bevind dat die
beskuldigde nie bewys het dat daar versagtende omstandighede aanwesig was nie.
Ooreenkomstig die bevinding het
die geleerde regter a quo die doodvonnis
opgelê.
/ Die.
3
Die beskuldigde kom nou, met verlof van die regter a quo, in hoër beroep teen die bevinding dat versagtende omstandighede nie bewys is nie en teen die daaropvolgende doodvonnis.
Op 30 Desember 1982 het die beskuldigde 'n verklaring
voor 'n landdros afgele. Die relevante deel lees:
"Gistermiddag die 29ste Desember is ek en my vrou saam na my skoonma se huis toe. Van my skoonma se huis af is ek na Hendrik Vy toe. Toe ek daar by Hendrik Vy sit, toe kom haal my vrou die donkiekar waarmee. ons ry en ry daarmee in die pad af. Ek het toe agterna geloop. Ek loop toe tot op Doringkloof, daar kry ek 'n meisie. Ek vat toe die meisie aan haar hand en loop met haar tot by 'n dam. Daar by die dam het ek eenkeer met haar gemeenskap gehou. Ek was toe bang dat sy sal praat toe vat ek haar en sit haar in die water by die dam. Ek druk toe haar kop onder die water en toe los ek haar daar in die water en toe gaan ek huis toe. Dit is al."
Die distriksgeneesheer het 'n lykskouing uitgevoer
op die liggaam van die oorledene. Dit blyk uit sy ge-
tuienis dat haar vagina geskeur was tot by die perineum;
dat daar kneusings was aan beide kante van die nek; dat
die oorsaak van dood verwurging was.
/ Al....
4
Al getuienis wat deur die Staat gelei is, is dié van die geneesheer, die beskuldigde se verklaring en die polisiegetuienis aangaande plekke uitgewys deur die beskui-digde en waar die oorledene gevind is.
Die beskuldigde het getuienis afgelê. Hy het getuig dat nadat sy vrou met die donkiekar weg is, en toe dit reeds donker was, hy per pad huis toe geloop het; dat hy langs die pad die oorledene, wat aan hom bekend was, ontmoet het; dat hy toe (soos hy dit gestel het) gemeenskap met haar langs die sloot gedryf het (daar is digte gras en bome langs die sloot); dat, toe sy begin skree het, hy haar keel met sy regterhand toegedruk het sodat sy nie hard kon skree nie; dat hy slegs ongeveer vyf minute en nie die hele tyd nie sy hand op haar nek gehou het; dat hy haar keel gelos het voordat hy klaar gemeenskap met haar gehad het; dat ná hy klaar gemeenskap met haar gehad het, hy haar in die sloot gegooi het sodat die mense haar nie moes sien nie; dat hy toe reeds geweet het dat sy dood was
/ dat
5. dat hy nie bedoel het dat sy moes sterf nie. Hy het verder
bygevoeg dat hy nie geweet het hoe lank 'n mens iemand se keel moet
toedruk
voordat die dood intree nie. Onder kruisverhoor het die beskuldigde erken dat hy
ten tyde van die voorval geweet het dat
'n mens deur verwurging gedood kan word.
Alhoewel die beskuidigde deurgaans onder kruisverhoor verklaar het dat hy nie
daaraan gedink
het dat die oorledene sou sterf weens die drukking wat hy op haar
nek tcegepas het nie, het hy egter ook getuig dat hy waargeneem
het dat sy
swakker word nadat hy haar aan die nek begin wurg het. Op die pertinente vraag
wat hy daarvan gedink het, was sy antwoord
dat hy nie daaraan gedink het nie en
dat hy nie sy gedagtes laat gaan het oor die feit dat sy swakker begin word het
nie. Verder
het hy, in antwoord op die vraag waarom hy die oorledene nie gelos
het toe sy swakker geword het nie, gesê dat toe hy haar
gelos het sy reeds
stil gelê het.
Die hof a quo het tot die gevolgtrekking gekom dat
/ die
9
die beskuldigdé nie as 'n geloofwaardige getuie aanvaar kan word nie. Die beskuldigde het dikwels tersaaklike vrae probeer ontwyk, meermale lank gedink voordat hy 'n vraag beantwoord het en ook teenstrydige antwoorde op belangrike aspekte gegee. Die bevinding van ongeloofwaardigheid i.s, tereg, nie in hierdie Hof, aangeval nie. Dit is nie in hierdie hof betwis dat die beskuldigde se optrede deur haar aan baar keel te wurg die oorsaak van die meisie se dood was nie. Die hof a quo moes die beskuldigde se geestestoestand be-oordeel volgens sy relaas van die gebeure en het bevind dat beskuldigde se eie gekuienis die afleiding regverdig dat hy besef het dat sy verwurging van die oorledene haar dood tot gevolg kon hê maar dat hy nietemin voortgegaan het daar-mee, ongeag die gevolge daarvan. Die hof a quo het verder bevind dat 'n persoon wat met hierdie wete volhou met verwurging ten minste 'n opset by moontlikheidsbewussyn het. In sy uitspraak het die geleerde regter gesê:
/ "Ons
10
"Ons is nie tevrede dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat beskul-digde in die stadium toe hy nog met haar gemeenskap gehad het, haar dood gewil het
nie
Ons is tevrede dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde opset by moontlikheidsbewussyn gehad het en vind hom skuldig aan moord soos aangekla."
Soos alreeds gesê, die appél is gerig teen die bevinding dat versagtende omstandighede nie bewys is nie en die daaropvolgende doodvonnis. Die advokaat het in hierdie hof, asook in die hof a quo, aan die hand gedoen dat die volgende faktore 'n bevinding van versagtende omstandig-hede regverdig, veral as die kumulatiewe effek daarvan in ag geneem word:
(a) dat direkte opset om te dood afwesig was;
(b) dat gedurende die pleging van die verkragting, die beskuldigde onderhewig moes gewees het aan emosionele en fisiese opwellings wat met die seksuele daad gepaard gegaan het;
/ (c)dat......
11
(c) dat die opwellings sy gemoedstoestand en gees-
tesvermoëns moes beinvloed het en daartoe gelei het dat hy groter druk op die keel van die oorledene toegepas het en hierdie druk ook langer volgehou het as wat nodig was om haar stil te hou;
(d) dat die bogenoemde omstandighede noodwendig
daartoe moes gelei het dat die moontlikheid van
dood ver verwyder was van die subjektiewe gedagbe
van die beskuldigde.
Aangaande (b) en (c) hierbo: Dit mag wel wees dat beskuldigde se seksuele drifte tot 'n mate sy oordeel beïnvloed het. Nietemin blyk dit uit die getuienis dat hy in staat was om te begryp dat daar moeilikheid kon kom as mense die oorledene se geskree sou hoor. Hy het berekend opgetree om dit te verhoed. Hy was besig om 'n wederregtelike daad te pleeg en sy motief toe hy die oorledene se keel toegedruk
/ het
12
het terwyl hy besig was om haar te verkrag, was om te voorkom dat mense hom steur.
Aangaande (d) hierbo: Beskuldigde het geweet dat 'n persoon kan sterf van verwurging. Hy het nietemin vir vyf minute aangehou met die verwurging. Die hof a quo het. bevind dat beskuldigde se eie getuienis "die afleiding regverdig dat hy besef het dat sy verwurging van die oor-ledene haar dood tot gevolg kon hê, maar nietemin (het hy) voortgegaan daarmee, ongeag die gevolge daarvan". Dit volg uit wat hierbo gesê is dat die betoë in (b), (c) en (d) nie kan slaag nie.
Aangaande (a) hierbo: Die moontlikheid van dood was nie ver verwyder van die beskuldigde se gedagtes nie. Hy het bewus geword dat sy swakker word maar nietemin het hy aangehou met die verwurging. Dit is dus nie 'n geval waar die bevinding van dolus eventualis kan dien as 'n versagtende omstandigheid nie.
/ Die
13
Die hof a quo het die betoë in (a), (b), (c) en (d) oorweeg
en het besluit dat selfs die kumulatiewe effek daarvan nie 'n bevinding van
versagtende
omstandighede regverdig nie. Ek is nie oortuig dat die hof a quo
gefouteer het nie.
Die appèl word van die hand gewys.
O GALGUT.