South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 109

| Noteup | LawCite

S v Tamboekie (117/84) [1984] ZASCA 109 (24 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)
In die appèl van:

KAROOLS TAMBOEKIE appellant,

tcen

DIE STAAT respondent.

Coram: Wessels AR, Van Heerden AR et Galgut Wn. AR. Datum van verhoor: 21 Augustus 1984. Datum van uitspraak: 24 September 1984.

UITSPRAAK

GALGUT Wn AR
Appellant, 'n Kleurlingman, na wie ek hierna verwys as die beskuldigde, is skuldig bevind in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop aan verkragting en moord. Op die verkragbingaanklag is hy tok 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die moordaanklag het die hof

2

a quo, 'n regter en twee assessore, bevind dat versagtende omstandighede nie aanwesig was nie. Ooreenkomstig dié bevinding het die regter a quo die doodvonnis opgelê. Verlof om te appelleer is deur die verhoorregter verleen. Die appèl is gerig teen die bevinding dat versagtende omstandighede nie aanwesig was nie en teen die daaropvolgende doodvonnis.

In die akte van beskuldiging het die Staat beweer
dat die beskuldigde op Saterdag, 16 April 1983, 'n agtjarige
Kleurlingmeisie, Jenny Jaqueline Christoffels, verkrag het
en dat hy haar daarna vermoor het deur haar met 'n graaf

oor die kop te slaan. Toe die klagstaat aan beskuldigde
gestel is, het hy op albei klagtes skuldig gepleit. Sy

advokaat het die volgende pleitverduideliking aan die hof

gegee:

"Beskuldigde en die oorledene se moeder en vader sowel as die oorledene self, en sy broer en dié se vrou het op Saterdag, die 16de van die 4de maand 1983, almal gesit en

/ drink

3

drink. Op hierdie gcleentheid is claar 'n sesmankan uikgedrink deur al vyf persone, en beskuldigde en sy broer het reeds voor dit 'n driemankan mos uitgedrink wat hulle by die boer gekry het op wie se plaas hulle werk of het hulle present gekry.

Hulle het dan ook die driemankan uitgedrink

vroeër die dag en beskuldigde het ook van

dagga gebruik gemaak. Die beskuldigde het

die oorledene gestuur na 'n ander huis daar

naby waar hy sy drank hou en toe sy weg is,

haar soontoe gevolg na die spesifieke huis

toe. Daar het hy teen haar sin met haar gesiag-

telike gemeenskap gehad. Sy het gehuil maar

nie geskree nie. Nadak hy met haar gemeen-

skap gehad het, het hy haar gevra of sy haar

ma gaan sê waarop sy geantwcord het nee.

Hy het haar weer gevra gaan jy jou ma sê,

toe sc sy ja, sy sal moet want sy bloei.

Beskuldigde wou nie gehad hct sy moet daarvan

wect nie en het met 'n graaf die oorledene een

hou oor die kop gekap en gcdood. Hy het die

lyk in 'n streepsak gesit en weggesteek onder

'n klomp klippe. Dit is al."

Die beskuldigde het dié weergawe bevestig en die regter a quo het die pleite van skuldig aangeteken.

Die distriksgeneesheer het 'n lykskouing uitgevoer op die liggaam van ciie oorledene. Hy het getuig dat die

/ totale

4
totale lengte van die posteriorwand van haar vagina geskeur was en dat daar twee skedelbreuke en breinbeserings was. Hy het verder getuig dat twee houe toegedien moes gewees het met 'n voorwerp met 'n skerp kant (dit is gemene saak dat die voorwerp 'n graaf was). Die distriksgeneesheer het die be-skuldigde ondersoek om sy ouderdom vas te stel. Hy was van mening dat hy tussen 20 en 24 jaar oud was en seer sekerlik nie jonger as 20 jaar nie.

Anna Christoffels, die moeder van die oorledene, na wie ek hierna verwys as Anna, het getuig dat sy en haar man saam met die oorledene en hul twee ander kinders vroeg die Saterdagoggend by die huis van die beskuldigde se.broer 'n besoek afgelê het; dat beskuldigde daar was en dat hy op 'n bed "onder die komberse" gesit het; dat hy besig was om kitaar te speel; dat die mense van die huis besig was om te drink en dat hulle haar en haar man drank gegee het. Haar getuienis in antwoord op vrae wat aan haar gestel is

/ gedurende
5
gedurende hoofondervraging aangaande die toestand van be-

skuidigde lees soos volg:

"Die beskuldigde, daar waar hy gesit het, watter indruk het jy van hom gekry oor sy toestand? Het hy vir jou dronk gelyk?— Hy was dronk gelyk, ja.

Het jy gehoor dat hy praat miskien met die ander mense daar?— Hy het met my man gesit en gesels, ja meneer, en met sy broer.

HOF: Jy sê die beskuldigde het hoe gelyk?— Hy het dronk gelyk, meneer.

MNR VAN ZYL: Maar hoe het hy gepraat? Het hy verstaanbaar gepraat of het hy deurme-kaar gepraat?— Hy het nie deurmekaar gepraat nie.

Heb hy 'n behoorlike gesprek gevoer?— Ja.

Jy het ook vir my gesê dat hy het op een stadium probeer opstaan en toe kon hy nie opstaan nie?-- Ja.

En jy het gedink dit was omdat hy so dronk was, korrek?— Ja."

Gedurende kruisondervraging het sy gesê:

"O ja meneer, hy was dronk gewees want hulle het daar onder die kombers gesit want toe ons daar kom toe sit hulle daar en drink."

Sy het verder getuig dat toe sy begin dronk raak, het sy, haar man en die drie kinders geloop; dat ná hulle 'n entjie

/ gestap

6
gestap het, die beskuldigde haar seuntjie geroep het; dat beskuldigde gestaan het met sy arms gevou oor 'n draadheining; dat die seun na hom gegaan heb maar huilend teruggekom het en gesê het dat beskuldigde vir die dogtertjie (die oorledene) geroep het; dat sy (Anna) aan die dogtertjie gesê het sy kan nie gaan nie; dat die kind geantwoord het: "Ek gaan die geld by Oom Karolis (beskuldigde) vir my haal, dan spaar ek dit vir my"; dat die kind wel gegaan het en deur die draad gekruip het; dat sy nie teruggekom het nie; dat die seun gestuur is om haar te roep en dat hy teruggekeer het en gesê het die kind is nie by die huis nie. Anna en haar man het daarna aangestap tot by hulle huis en die twee kinders daar gelaat. Sy en haar man is toe terug om hul dogter te soek. Anna het getuig dat hulle die beskuldigde en sy broer ontmoet het en gevra het waar hul kind is. Daar was toe 'n skellery en beskuldigde het growwe vloek-woorde teenoor hulle gebesig en ook klippe na hulle gegooi.

/ Dit
7 Dit was al getuienis wat die Staat aangevoer het. Die beskuldigde het sy saak gesluit sonder om getuienis af te lê. Die hof a quo het hom hierna skuldig bevind soos aangekla.

Daarna het die beskuldigde en sy broer ten opsigte van versagtende omstandighede getuienis afgeiê. Die broer het die Vrydag 'n driebottelkan mos van sy werkgewer gekry. Beskuldigde en sy broer het elkeen 'n sesbotkeikan wit wyn gekoop. Na ete, die Vrydagaand, het hy en sy broer die driebottelkan mos uitgedrink. Die heifte van een sesbottelkan wyn is ook die Vrydagaand voor slapenstyd deur hulle twee uitgedrink. Dit blyk dat die oorblywende helfte en die tweede sesbottelkan deur beskuldigde, sy broer, sy broer se vrou en Anna en haar man in die vroeë oggendure van Saterdag uitgedrink is. Die broer het getuig dat hy na die drinkery op Vrydagaand gaan slaap het. Daar is geen direkte getuienis dat die beskuldigde

/ ook

8

ook gaan slaap het nie. Die hof a quo het aangeneem dat hy wel gaan slaap het.

Die broer het uiteindeiik erken dat Anna en haar man later die Saterdag teruggekom het en gevra het waar die dogtertjie was en dat daar 'n geskel en klipgooiery plaasge-vind het waarby beskuldigde betrokke was. Die beskuldigde het ontken dat hy later die Saterdagoggend Anna en haar man weer gesien het. Dit is nodig om by te voeg dat be-skuldigde getuig het dat hy vroeg die Saterdagoggend dagga gerook het en dat hy die Saterdagoggend dronk was. Die broer het getuig dat hy nie gesien het dat die beskuldigde dagga rook nie. Die hof het aanvaar dat beskuldigde dagga gerook het.

Fotos is voor die hof a quo geplaas. Hulle toon die huis aan waar die verkragting en moord gepleeg is en ook die stapel klippe waaronder die beskuldigde die liggaam

/ van
9
van die oorledene weggesteek het. Die tersaaklike distansies is ook voor die hof a quo geplaas.

Die hof a quo het bevind dat die beskuldigde 'n onbetroubare getuie was, veral in verband met die insident toe Anna en haar man teruggekom het om te verneem na die dogter wat verdwyn het.

Die hof a quo het die beskuldigde se afsonderlike inname van drank bereken. Dit het in hierdie opsig fouteer deur die tweede sesbotteikan, wat die vyf bogenoemde persone uitgedrink het, buite rekening te laat. Die hof a quo het verder bevind dat die beskuldigde die Vrydagaand gesiaap het en dat, as gevoig daarvan, daar 'n uitskeiding van drank was.

Dit blyk uit die getuienis dat, nadat die oorledene by die beskuidigde aangekom het, hy haar na 'n leë gebou 350 treë van sy woning af geneem of gestuur het. Daar het

/ hy

10

hy die verkragting en moord gepleeg. Daarna het hy haar 170 treé gedra en onder klippe verberg.

Vir redes wat later sal blyk is dit nodig om tersaaklike aanhalings uit die beskuldigde se getuienis uiteen te sit. Gemelde aanhalings lui:

"Julle het net begin aan die tweede ses-mankan?— Ja.

En wat jy baie dronk gewees?— Ek was dronk gewees.

Maar he t jy nog altyd geweet jy doen ver-keerd?— Ja dit moet wees, ek het geweet ek doen verkeerd.

Jy het geweet jy doen 'n verkeerde ding daar-die dag?— Ja.

Maar sou jy dit gedoen het as jy nie dronk was nie, daardie goed?— Ek sou dit nie gedoen het nie.

Hoe voel jy nou oor hierdie storie, Karolis, hoe voel jy oor wat jy gedoen het?— Ek voel seer in my binnekantste vir wat ek gedoen het.

Drink jy baie keer?-- Ek drink, ek het baie gedrirk. Ek drink baie keer, baas, en ek is

gewoond om te drink

Toe die polisie daar by my kom, ek het nie gestry nie, want ek het gevoel in my binnekantste, baas.

Het jy nie die Sondag berou gehad oor wat jy gedoen het nie?— Ek het berou gehet, ek het weg van daardie plaas af gegaan.

/ Maar

11

Maar as jy nou berou gehad het, hoekom het jy nie vir die kind se ma gaan sê wat jy gedoen het nie?— Omdat ek het die Saterdagmiddag al weggegaan, na ek die misdaad klaar gepleeg het.

Maar sy het nou net hier getuig, jy het dit gehoor, sy het vir jou mooi gevra waar is die kind, sê sy?— Sy was nog nooit by my gewees nie.

Het jy jou broek uitgetrek?-- Ek het hom opgetrek.
Maar voor die tyd, het jy jou broek afgetrek?— Ja.
En na die tyd het jy jou broek weer opgetrek?— Ja.
Wat het jy gemaak met die kind? Het sy 'n broekie aangehad?— Ja, sy het 'n broek aangehad.
En wat het jy daarmee gemaak - afgetrek?--Ek het gesê sy moet hom uittrek.

Wie het hom uitgetrek?— Die oorledene. Sy?— Ja.
En na die tyd, het sy die broek weer aangetrek?— Baas, nee, toe na die tyd het sy nog nie die broek weer asngetrek nie.
Sy het nie weer die broek aangetrek nie?-- Nee. Dit is nou nadat jy met haar klaar was?— Ja.
Toe het sy nie weer die broek aangetrek nie?--Nee.
Toe praat jy met haar?—- Ja, ek kan nou nog onthou. Ek kan onthou ek het met haar gepraat. En jy het vir haar iets gevra?— Ja. Wat?-- Ek het haar gevra of sy nie sal praat nie.

/ Ja, en

12

Ja, en wat sê sy?— Toe sê sy ja, sy sal. moet praat.
Ja, maar eerste het sy mos gesê sy sal nie praat nie?-- Ja.

Reg?— Toe vra ek haar weer, baas, gaan sy nie praat nie....
Is dit reg so, sy het gesê sy sal nie praat nie?-- Ja.

Ja?— Toe vra ek haar weer.

Toe vra jy haar weer?— Ja.

Ja?-- Jenny, gaan jy jou ma sê.

En toe, toe sê sy sy gaan?— Ek gaan my ma sê, ek moet my ma se.

Hoekom die tweede keer?-- Want jy het my seergemaak.

As ek reg verstaan het die eerste keer hier in die hof, sy het gese omdat sy gebloei het?— Ja.

Sal dit reg wees?-- Dit is reg.

Toe dit gebeur - toe sy sê sy sal moet vir haar ma se?— Baas, boe het my gewete gevoel sy moet nie - ek wou nie hê sy moet sê nie wat gebeur het met haar nie.

Ja, en toe?— Toe staan daar 'n graaf by my.

Ja, en toe?— Toe vat ek daardie graaf en koe slaan ek vir Jenny.

En toe?— En toe is sy dood en toe roer ek aan haar om te kyk of sy nog gaan wakker.

Wil jy toe seker maak sy is dood?— Nee kyk, baas, ek het gekyk of sy nie dood is nie. Toe wil ek seker maak of sy dood is, toe kyk... toe roer ek aan haar, maar sy hek nie....

Toe is sy dood?-- Sy het nie vir my antwoord gegee nie.

/ En toe?--

13

En toe?-- Toe het ek ook weer begin bang raak en toe vat ek die lyk, baas, toe kry ek 'n sak langs my lê, by my in daardie huis, toe sit ek haar in die sak en ek het gegaan na 'n dam toe, onderkant by 'n dam gekom waar 'n hoop klippe lê. Toe bêre ek haar daar onder die klippe."

Namens die beskuldigde is dit in hierdie hof
betoog dat die hof a quo verskeie mistastings begaan het.
Hierdie mistastings, so word aangevoer, hou verband met
die vraag of versagtende omstandighede aanwesig is. Ek

meld en bespreek die beweerde mistastings hieronder:

(a) Daar was geen basis vir die bevinding dat beskuldigde die aand geslaap het en dat as gevolg daarvan daar 'n uitskeiding van drank was nie.

Weliswaar was daar geen direkte getuienis dat die beskul-digde geslaap het nie. Daar is getuienis dat die broer geslaap het. Toe Anna en haar man die Saterdagoggend daar aankom, het die beskuldigde in 'n bed "onder die komberse" gesit. Dit is onwaarskynlik dat hy van Vrydagaand, na

/ die

14

die ete en drinkery, tot Saterdagoggend wakker gebly het. Hy het gepoog om te bewys dat hy baie dronk was. As hy wakker gebly het sou hy seer sekerlik gedrink het. Hy het nie te kenne gegee dat hy wakker gebly en gedrink het ge-durende die tyd dat sy broer gesLaap het nie. Ek is dus van mening dat die hof a quo kereg bevind het dat hy geslaap het. Gesien die feit dat etlike ure verloop het van Vrydag-aand tot Saterdagoggend, is die feit dat daar 'n uitskeiding van drank was wel geregverdig.

(b) Die verhoorhof het verkeerdelik bevind dat

die beskuidigde 'n behoorlike gesprek kon voer.

Anna het getuig dat gedurende die tyd dat hulle daar was het die beskuldigde en haar man 'n gesprek gevoer. Sy het nie geluister na hulle gesprek nie. Sy was van mening dat beskuidigde 'n behoorlike gesprek gevcer het. Dit is 'n feit dat haar man en beskuldigde 'n lang tyd daar gesit en praat het. Daar is dus geen rede om te aanvaar dat hulle nie 'n behooriike gcsprek gevoer het nie.

/ (c)....

15

(c) Die hof a quo het die hoeveelheid drank wat
beskuldigde gedrink het onderskat.

Soos alreeds gesê het die hof in hierdie opsig gefouteer. In die lig van wat hieronder in (d) gemeld word, steun hierdie mistasting nie die beskuldigde se saak nie.

(d) Die verhoorhof het verkeerdelik bevind dat beskul-
digde se optrede logies was en dat sy geheue
goed was en verder het die verhoorhof ver-keerdelik bevind dat die beskuldigde slegs in 'n beperkte mate onder di e invloed van drank was.

Die antwoord op hierdie betoog blyk uit Anna se getuienis en ook uit die beskuldigde se eie getuienis. Hy het die oor-ledene laat roep en na 'n betreklik afgeleë plek - 350 treë" van sy eie huis af - geneem of gestuur. Dit bewys dat hy die verkragting beplan het. Hy het onthou dat hy sy broek afgetrek het en na die daad weer opgetrek het; dat sy 'n broekie aangehad het; dat hy haar beveel het om dit uit te trek; dat hy twee maal gevra het of sy gaan vertel; dat,

/ toe..

16

toe sy bevestigend antwoord, hy haar met die graaf geslaan
het. Hy het haar liggaam daarna 170. treë gedra en dit
verberg. Dit alles bewys dat hy al die gebeure onthou,
dat hy logies opgetree het eerstens toe hy die verkragting
beplan het en, tweedens,dat hy toe stappe gedoen het om
te vermy dat sy dade ontdek word. Sy optrede bewys dat
die invloed wat die drank op hom gehad het, beperk was.

(e) Die verhoorhof het misgetas deur geensins te

handel met die situasie van paniekbevangenheid, waarin die beskuldigde hom bevind het sowel as die afwesigheid van voorafbeplanning met be-trekking tot die moord nie.

Die antwoord op hierdie betoog is te vinde in die beskuldigde

se eie getuienis. Sy paniekbevangenheid het eers ingetree

nadat hy die kind vermoor het. Om te sê dat hy die moord

nie vooraf beplan het nie, ignoreer die feit dat hy die

verkragting vooraf beplan het en dat hy daarna doelbewus die

moord gepleeg het om sy wederregtelike optrede te verberg.

/ Dit

17

Dit volg uit wat hierbo vermeld is dat die betoë in A, B, C D en E ongegrond is. Hulle stel geen ver-sagtende omstandighede daar nie.

Dit is verder betoog dat die verhoorhof nie genoeg klem gelê het op die jeugdigheid van die beskuldigde en die feit dat hy later berou gekry het nie. Die beskuldigde het self gesê dat hy 20 jaar oud is. Die hof a quo het bevind dat sy jeugdigheid "maar min of geringe uitwerking" op die erns van sy wandaad gehad het. Wat berou betref het die hof a quo bevind dat dit nie onmiddelik na die misdade bestaan het nie maar dat dit in ieder geval in die omstandighede van hierdie saak die beskuldigde se morele skuld nie kan verminder nie. Ek is van mening dat hierdie bevindings nie aanveg-baar is nie.

Dit volg uit wat hierbo vermeld word, dat die

appèl nie kan slaag nie en dit word van die hand gewys.

O GALGUT.

WESSELS AR) VAN HEERDEN AR) STEMSAAM.