South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 110
| Noteup
| LawCite
Munisipaliteit van Windhoek v Ministersraad van Swa/Namibia en 'n Ander (93/83/AV) [1984] ZASCA 110 (25 September 1984)
Download original files |
DIE MUNISIPALITEIT VAN WINDHOEK
EN
DIE MINISTERSRAAD VAN
SWA/NAMIBIA
DIE SUIDEWES-AFRIKAANSE MUNISIPALE PERSONEELVERENIGING
93/83/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DIE MUNISIPALITEIT VAN
WINDHOEK Appellant
DIE MINISTERSRAAD VAN SWA/NAMIBIA Eerste
Respondent
en
DIE SUIDWES-AFRKAANSE MUNISIPALE
PERSONEELVERENIGING Tweede Respondent
CORAM: Wessels, Jansen,Van Heerden, Hefer, ARR et Eloff, WAR
VERHOOR: 11 September 1984
GELEWER: 25 September 1984
UITSPRAAK WESSELS, AR
Gedurende Maart 1982 is 'n aansoek kragtens die
bepalings
2 bepalings van art 33(1) van
Ord. 35 van 1952 (S.W.A.) deur tweede respondent aan eerste respondent gerig vir
die in-stelling van
'n versoeningsraad ter oorweging en skikking van 'n geskil
wat na bewering tussen appellant en tweede respondent sou ontstaan het.
Na
aanleiding van hierdie aansoek het eerste respondent op 8 April 1982 die
instelling van 'n versoeningsraad goedgekeur.
Op 30 April 1982 het appellant
ooreenkomstig die bepalings van art 72(1) van die voormelde ordbnnansie kennis
gegee dat hy na die
Hooggeregshof van Suidwes-Afrika in hoer beroep gaan teen
die beslissing van eerste respondent om 'n
versoeningsraad in te-stel. Die eerste respondent het aanvanklik kennis gegee dat die appèl bestry sou word, maar
later
3 later te kenne gegee dat by die uitspraak van die hof
berus sou word.
Die appèl is deur regters Mouton en Bethune verhoor.
Vir huidige doeleindes is dit onnodig om te verwys na die geskilpunte
wat in die
appèl geopper is. Die bevel van die hof was dat die appèl met
koste van die hand gewys word. Daarna is kennis
gegee dat appellant na hierdie
hof appelleer teen die uitspraak van die Hooggeregshof van Suid-wes-Afrika.
Appellant het nie die
hof a quo versoek om verlof tot appèl na
hierdie hof toe te staan nie. Die appèl is ter rolle geplaas vir verhoor
deur hierdie
hof op Dinsdag 11 September 1984. Op 26 Julie 1984 het die griffier
van hierdie hof 'n skrywe aan die partye se plaaslike
prokureurs
4 prokureurs gerig waarin hulle meegedeel is dat die
voorsit-tende regter die indiening versoek van betoogshoofde oor die vraag of
verlof om te appelleer nie verkry moes gewees het nie. Die advokate wat namens
die partye opgetree het, het aan die versoek voldoen.
Uit die betoogshoofde wat
namens die appellant ingedien is, het geblyk dat dit appellant se houding was
dat dit onnodig was om verlof
tot appèl van die hof a quo te
verkry. By die verhoor van bogemelde punt in limine in hierdie hof was
dit nog steeds appellant se houding. Wat tweede respondent betref, het dit uit
betoogshoofde wat ingedien is geblyk
dat dit sy standpunt was (alhoewel dit met
'n mate van teësin gestel is) dat verlof tot appèl verkry moes
gewees het.
By
5 By die verhoor van die appèl het tweêde
respondent se ad-vokaat egter van standpunt verander en betoog dat dit on-nodig
vir appellant was om verlof tot appèl van die hof a quo te
verkry.
Nadat die advokate hul betoë in verband met die punt in
limine gelewer het, is beveel dat die appèl met koste van die rol
geskrap word. Dit is te kenne gegee dat die hof se redes vir sy
bevel ter
geleëner tyd verstrek sou word. Hulle volg hieronder.
Dit is namens
appellant betoog dat in die onder-hawige geval die appèl aangeteken is
ooreenkomstig die be-palings van art 14(1)(b)
van die Staatspresident se
Prokla-masie No 222 van 1981, waardeur 'n eie Hooggeregshof vir die
gebied
6
gebied Suidwes-Afrika ingestel is. Die appèl is teen die
uitspraak van die volle hof wat gelewer is na aanleiding van 'n appèl
wat
voor daardie hof gedien het. Die voor-melde art 14(1)(b) bepaal dat 'n
appèl teen die uitspraak van die volle hof na hierdie
hof sal wees.
Voorts is betoog dat verlof tot appèl nie nodig is nie omdat art 14
(2)(b) saamgelees met art 14(3) van die
voormelde Prokla-masie bepaal in welke
gevalle verlof tot appèl nodig is, en die onderhawige appèl is nie
een van sodanige
gevalle nie. Dit is ook betoog dat art 20 van die
Hooggeregshofwet 59 van 1959 (die Wet) slegs op appelle vanaf die provinsiale en
plaaslike afdelings van die Hooggeregshof van Suid-Afrika van toepassing is. Art
20 van die Wet is vir die Hoog-
geregshof
7
geregshof van Suid-Afrika wat art 14 van die voormelde
Proklamasie vir Suidwes-Afrika is. Met ander woorde,
dit handel oor dieselfde onderwerp, nl., die reg van appèl ,
van en na watter howe appèl aangeteken kan word, in welke
gevalle verlof tot appèl vereis word en van welke hof dit
verkry
moet word.
Na my mening kan die betoog nie opgaan nie.
Eerstens moet onthou word dat die bepalings van die
Proklamasie nie in Suid-Afrika geldend is nie. Voorts
bepaal art 14(2)(c) van die Proklamasie dat
"die reg van appèl is onderworpe aan enige wetsbepalings waarby daardie reg uitdruklik beperk word."
Die regsbevoegdheid van hierdie hof om appelle te
verhoor
8
verhoor en te beslis word verleen deur artikels 20 en 21
van die Wet.
Art 20 bepaal onder meer dat 'n appèl teen
'n uitspraak of bevel van
die hof van 'n provinsiale of
plaaslike afdeling van die Hooggeregshof in 'n
siviele geding
deur hierdie hof verhoor word. Art 20(4) van die Wet
lui
soos volg:
"4. Daar is geen appèl teen 'n uitspraak
of bevel van die hof van 'n provinsiale of plaaslike afdeling in 'n siviele ge-ding of teen enige uitspraak of bevel van daardie hof op appèl na hom gegee nie behalwe -
(a) in die geval van 'n uitspraak of bevel
in 'n siviele geding deur die
volle hof
van so 'n afdeling gegee op appèl na hom
ingevolge
subartikel (3), met die spe-
siale verlof van die appelafdeling;
(b) in enige ander geval, met verlof van
die hof teen die uitspraak of
bevel
waarvan
9
waarvan die appèl aangeteken staan te word of, waar sodanige verlof geweier is, met verlof van die appelafdeling."
Art 21(1) en (lA)(soos, wat Suidwes-Afrika betref,
gewysig deur Proklamasie ZZZ) lui soos volg:
"21. (1) Benewens enige regsbevoegdheid deur hier-die wet of ander wetsbepalings aan hom verleen, is die appèl afdeling regsbe-voeg, behoudens die bepalings van hier-die artikel en enige ander wetsbepaling, om 'n appël teen enige beslissing van die hof van 'n provinsiale of plaaslike afdeling te verhoor en te beslis.
21,(1A) Die appelafdeling het dieselfde regs-
bevoegdheid om 'n appèl teen 'n beslissing van die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika of van 'n hooggeregshof of hoërhof van 'n staat waaraan onafhanklikheid by wet verleen is, te verhoor en daaroor te beslis as wat hy ten opsigte van 'n be-slissing van die hof van 'n provinsiale of plaaslike afdeling het, en 'n bepaling van hierdie Wet of 'n ander wet of hofreël
wat
10
wat in verband met 'n appèl teen 'n beslis-sing van 'n hof van 'n provinsiale of plaaslike afdeling van toepassing is, geld mutatis mutandis met betrekking tot 'n appèl teen 'n beslissing van die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika of van 'n hooggeregshof of hoërhof van so 'n staat. "
Na my mening behoef dit geen betoog nie dat die regs-bevoegdheid van hierdie hof om appelle te verhoor en te be-slis slegs deur wetgewing wat in Suid-Afrika geldend is bepaal kan word. Aangesien die Hooggeregshof van Suid-wes-Afrika en die hooggeregshof of hoërhof van 'n staat waaraan onafhanklikheid by wet verleen is, nie 'n provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika vir die doeleindes van die Wet is nie, was dit nodig om by
wetgewing
11 wetgewing wat in Suid-Afrika geld te bepaal, dat hierdie
hof regsbevoeg is om appelle van die voormelde howe te verhoor en te beslis.
Daardie regsbevoegdheid is deur art 21 (1A) geskep. Na my mening blyk dit
duidelik uit die bewoording van art 21(1A) dat, met die
nodige aanpassings
(mutatis mutandis), die bepalings wat hierdie hof se regs-bevoegdheid om
appelle vanaf 'n provinsiale of plaaslike afdeling te verhoor en te beslis
ook
van toepassing is op appelle vanaf die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika. Dit
volg, na my mening, dat art 20 (4) ook van toepassing
is in die geval van 'n
appèl na hierdie hof teen 'n uitspraak van die Hooggeregshof van
Suidwes-Afrika. Met ander woorde,
hierdie hof sou slegs regsbevoegdheid gehad
het om
die
12 die onderhawige appèl te verhoor en te beslis indien verlof tot
appèl van die hof a quo verkry is of, indien die aansoek om verlof
geweier is, verlof tot appèl deur hierdie hof ver-leen is.
Ten slotte
dien gemeld te word dat art 20(6)(b) van die Wet nie die appellant baat nie,
want dit het klaar-blyklik betrekking op "bepalings
van enige ander wet" wat
territoriale gelding in Suid-Afrika het, en daarom nie op die bepalings van art
14 van die Proklamasie wat,
soos reeds aangedui, nie hier geldend is nie.
P J WESSELS, AR JANSEN, AR
VAN HEERDEN, AR
HEFER, AR Stem saam
ELOFF, WnAR