South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 126

| Noteup | LawCite

S v De Beer (124/84) [1984] ZASCA 126 (6 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
S.P. DE BEER Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: CILLIé, HEFER, ARR et VIVIER Wn AR Verhoor: 20 September 1984 Gelewer: 6 November 1984

UITSPRAAK

CILLIé, AR :

Die appellant kom in hoër beroep teen

sy skuldigbevinding aan diefstal in die streekhof op

Tzaneen .... / 2.

2

Tzaneen. Hy het na die Transvaalse Provinsiale Afde-ling van die Hooggeregshof geappelleer. Daar is sy
appèl van die hand gewys maar hy is verlof verleen om na hierdie Hof te appelleer teen sy skuldigbevinding.
Die klagstaat waarop die appellant tereggestaan het en skuldig bevind is, is deur nadere besonderhede aangevul en het soos volg gelui:

Op of omtrent Desember 1980 - die
presiese datum is aan die.Staat onbekend - het die
beskuldigde wederregtelik 20 gebruikte, oranjekleurige
ysterpype van 6½ meter by 3 duim self op een of meer
geleenthede verwyder en gesteel vanaf die perseel van
Lulukop Ingenieurswerke, soos aangewys deur Foskor;
die pype was die eiendom van Foskor en in die besit

van .... / 3

3

van Foskor,(of die beskuldigde). Die pype is op 27
Oktober 1981 op 'n perseel in Letsitele in besit van
die beskuldigde gevind.

Op hierdie aanklag het die appel-

lant onskuldig gepleit. Sy regsverteenwoordiger het

die verhoorhof meegedeel dat hy geen verklaring oor-

eenkomstig die bepalings van art 115 van die Straf-

proseswet, no 51 van 1977, wou doen om die grondslag

van sy verdediging aan te dui nie. Die hof is ver-

der in kennis gestel dat sekere erkennings later ge-

doen sou word. Die skriftelike erkenning wat toe in

die loop van die verhoor ingedien is lui soos volg:

"Die verdediging erken dat die pype waar-na in die klagstaat verwys word, oorspronklik deel ge-vorm het van die reagens pyplyn wat aan Foskor behoort

het .... / 4

4

het en deur Foskor op 'n stadium afgebreek is en as skroot besit is soos deur die staatsgetuies tot dus-ver beskryf is."

Daar word dus nie erken dat die pype wat op die appel-

lant se perseel gevind is, op daardie stadium of toe
hulle vroeer in die appellant se besit gekom het, nog
aan Foskor behoort het, of dat hulle van Foskor ge-

steel is nie.

Tydens die kruisondervraging van

staatsgetuies het die ondervraer verwys na getuienis
wat die appellant en 'n sekere mnr Boshoff sou lewer.

Na afhandeling van die Staat se saak, egter, is die

appellant se saak gesluit sonder dat enige getuienis

deur of namens hom afgelê is. Dit blyk nie uit die

oorkonde dat enige aansoek om die ontslag van die

appellant / 5

\

5

appellant gedoen is voordat sy saak gesluit is nie.
Hy is aan die diefstal van die twintig pype skuldig
bevind. Die opgelegde straf, wat ietwat verwarrend

in die vonnis gestel en foutiewelik op die klagstaat
weergegee is, was die volgende: 'n Boete van R120,00
of 30 dae gevangenisstraf opgeskort vir drie jaar op
voorwaarde dat die appellant nie skuldig bevind word aan

diefstal of bedrog of 'n poging tot diefstal of bedrog ge-
pleeg gedurende die opskortingstydperk nie, en waarvoor
gevangenisstraf (vermoedelik sonder die keuse van 'n
boete) opgelê word. Die straf het geen verdere aan-
dag nodig nie aangesien daarteen nie geappelleer word

nie. Sover dit die skuldigbevinding aangaan is dit
die appellant se standpunt dat die Staat nie sy skuld

bo .... /6

6

bo redelike twyfel bewys het nie; derhalwe moet hier-
die Hof al die getuienis wat voor die verhoorhof geplaas

is, in oënskou neem.

By 'n waardebepaling van die getuie-
nis is twee aangeleenthede veral van besondere beteke-

nis. Die eerste is die leuens wat die appellant by die
ondersoek na die misdryf sou vertel het en die tweede

sy. stilswye by sy verhoor. Verder is dit belangrik
dat, in 'n geval soos hierdie een, die volgende riglyne

in gedagte gehou word; hierdie en ander verwante rig-

lyne word met die aanhaling van die nodige gesag saam-

gevat in Hiemstra, S A Strafproses, derde uitgawe, p

272-273 en p 315-318; Landsdown and Campbell, S A

Criminal Law and Procedure, vol v p 523-525 en p 912-

913; en Hoffman and Zeffert, Law of Evidence, 3rd

edition..../7
7
edition pp 460 en 461.

1.Die feit dat die appellant as be-skuldigde geen pleitverduideliking aangebied of geen getuienis by sy verhoor afgelê of gelei het nie, kan nie 'n wesenlike gebrek in die Staat se saak aan-vul nie. Die bewyslas rus nog op die Staat om al die elemente van die misdaad, en so die beskuldigde se skuld, bo redelike twyfel te bewys.
2.Leuens wat 'n beskuldigde voor sy ar-restasie, bv oor sy besit van die gesteelde artikels, vertel het, kan ook nie wesenlik gebrekkige getuienis aanvul nie.
3.Getuienis word nie aanvaarbaar slegs

omdat dit nie weerspreek of weerlê is nie.

4.../8

8

4. Wanneer die Staat se saak op om-
standigheidsgetuienis berus, soos in die onderhawige
geval, en daar bestaan 'n mate van twyfel of die prima
facie bewys wat die beskuldigde impliseer, sodanig
is dat dit ook sy skuld bo redelike twyfel stel, dan is sy stilswye en sy leuens, soos hierbo vermeld, omstandighede wat saam met al die ander tersaaklike getuienis en omstandighede oorweeg moet word by die besluit of die beskuldigde se skuld bewys is.
5. Indien 'n beskuldigde swyg wanneer hy
die enigste persoon is wat aantygings teen hom kan
verduidelik of met gemak sou kon weerlê as hy onskul-
dig was, kan sy swye as 'n faktor teen hom in die
weegskaal geplaas word.

6. Dit is nie die taak van die hof om

na .... / 9

9

na verduidelikings te soek vir 'n beskuldigde wat ge-

swyg het nie.

Volgens die getuienis het Foskor nie

die pype van die ou pypleiding gebruik nie maar dit
as skroot aan die publiek verkoop. Die onverkoopte
pype is geberg op 'n perseel wat Foskor op sy terrein
toegewys het aan Lulukop Ingenieurswerke (hierna Lulu-
kop genoem), Lulukop het as 'n kontrakteur werk vir
Foskor onderneem en verrig. Die appellant was in
diens van Lulukop en ten tye van die beweerde diefstal
was hy die voorman op die perseel. Toe die pype later
op sy kleinhoewe by Letsitele gevind is, was hy nie
meer 'n werknemer van Lulukop nie maar 'n mededingende
kontrakteur.

Foskor .... / 10

10

Foskor se terrein, en dus ook Lulukop -se perseel, was.met 'n veiligheidsheining omring. Daar was net een uitgangshek. Getuies het verklaar dat dit besonder moeilik was om met materiaal en góedere by hier-die hek uit te kom. Selfs Lulukop se werkers het glo gesukkel om hul eie gereedskap uit te neem. Permitte was nodig om enigiets deur die hek na buite te verwyder.
'n Getuie het verduidelik dat hy vir die verkoop van skroot aan kopers kwitansies uitgereik het en dat dié kwitansies dan gebruik was om permitte vir die verwy-dering van gekoopte goedere te verkry. Die getuie kon nie onthou of hy sulke kwitansies ten tye van die beweerde diefstal uitgereik het nie; hy het toegegee dat ander amptenare ook kwitansies vir die verkoop van

skroot .... / 11

11

skroot kon uitreik.

Die Staat het 'n sekere Elmond Teku as
getuie opgeroep. Hy was in diens van Lulukop en veral
met die laai van goedere by die perseel gemoeid. Hy het
getuig dat hy gedurende Desember 1980 in opdrag van die
appellant groot pype op 'n vragmotor moes laai. Hierdie
pype, met 'n deursnee van 15 tot 18 duim, moes na 'n werks-
plek buite Foskor se terrein vir herstelwerk geneem word.
Daar was ook kleiner pype van die ou pypleiding om op

te laai. Omdat die groot pype die bak van die vragmotor

vol gelê het, was daar geen plek vir die kleiner pype nie.

Die appellant het die getuie toe opdrag gegee om die

kleiner pype binne in die groot pype te plaas. Volgens

Teku het net die punte van die kleiner pype by die

groot .... / 12

12

groot pype uitgesteek. Die laaiwerk het openlik by die

perseel plaasgevind. Toe Teku gevra is of die bestuur-
der van die vragmotor 'n permit vir die vrag gehad het,
was sy antwoord: "Ja, hy moes een gehad het, nie so nie,

sou hulle nie toegelaat het dat hy deur die hek gaan nie."

Daar was geen getuienis oor die volgende aspekte van die

voorval nie; of daar 'n kwitansie of permit vir die ver-

wydering van die kleiner pype was of nie; of die kleiner

pype by die hek deurgelaat is; of hulle buite die hek

afgelaai is en, indien wel, waar; of sulke pype uit die

voorraad van Foskor toe of later vermis is; of die

kleiner pype op so'n manier in die groter pype versteek

kon word dat hulle nie by die hek opgemerk sou word nie;

en of die pype wat opgelaai is, dieselfde pype is as die

wat .... / 13

13

wat later in besit 'van die appellant gevind is. Tydens kruisverhoor is aan Teku gestel dat die appellant sou getuig dat die voorval nooit plaasgevind het nie; die appellant het glad nie getuig nie. Na 'n soortgelyke geval met betrekking tot getuienislewering word later verwys. By 'n oorweging van al die relevante omstandig-hede het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die getuie-nis van Teku aanvaar moet word. Daardie getuienis regverdig egter nie 'n gevoigtrekking dat die appellant die kleiner pype met 'n dieftige opset laat oplaai het nie. Die enigste redelike afleiding van Teku se ge-tuienis is dat sulke pype miskien op so'n wyse sonder 'n permit van Foskor se terrein verwyder sou kon word

en dat die appellant daarvan bewus moes gewees het.

Teku .... / 14

14

Teku het ook getuig dat hy pype soortgelyk aan die kleiner pype wat hy op die vrag-motor gelaai het, by die appellant se huis, etlike kilometers van Foskor se terrein af, gesien het. Dle
pype het openlik langs die huis gelê. Daar is nie be-
wys dat hierdie pype dieselfde pype was wat op die vrag-motor gelaai , of wat in die appellant se besit gevind is nie. Te oordeel na die kruisondervraging gee die appellant toe dat sulke pype by sy huis gelê het. Hoewel hy in staat was om dit te doen, het hy hie aan die hof verduidelik watter pype dit was en waarom hulle daar gelê het nie. Van hierdie feite kan geen gevolg-trekking ten gunste van of teen die appellant afgelei

word nie.

Laat .... / 15

15

Laat in 1981 het Foskor 'n klagte van

die diefstal van pype by die polisie aanhangig gemaak.
Die saak is deur speurder-sersanb Potgieter van die
S A Polisie ondersoek. Op 27 Oktober het Potgieter
as ondersoekbeampte na die appellant se kleinhoewe te
Letsitele gegaan. Na 'n soektog het hy twintig oranje-
kleurige pype aan die onderpunt van 'n land gevind.
Hulle was met takke toegepak en versteek. Potgieter
het 'n aantal foto's van die pype geneem en die appel-

lant toe gaan opsoek. Hy het aan die appellant gesê
dat hy 'n klagte van diefstal van pype ondersoek en hom
gevra "of hy enigiets weet van pype, oranje-kleurige
pype wat daar op sy plot mag wees." Die appellant
het geantwoord dat hy geen kennis daarvan dra nie.

Toe .... / 16

16

Toe die foto's aan hom getoon is, het hy verklaar dat
daar 'n komplot teen hom gesmee is; hy het gevra dat hy
toegelaat word om met 'n verteenwoordiger van Foskor te
praat. Hy het gesê dat hy nie weet van iets onwettigs

in verband met die pype nie maar as daar iets onwettigs
was wou hy dit regstel. Later is hy met Potgieter na

sy kleinhoewe toe; op pad het hy verklaar dat hy nie
weet waar die pype was nie.

Potgieter het die appellant na 'n

sekuriteitsbeampte van Foskor, ene Van der Westhuizen,
geneem en hom toegelaat om alleen met hierdíe persoon
te praat. In die gesprek wat gevolg het, het die
appellant herhaal dat daar 'n komplot teen hom was en

het hy gevra dat daar nie met die ondersoek van die

saak .... / 17

17

saak voortgegaan moet word nie. As rede het hy aange-
gee dat hy, as 'n kontrakteur, nie moeilikheid met Foskor
wil hê nie. Hy het aangebied om die pype aan Foskor

terug te gee; dit het hy dan ook later die dag deur 'n
bestuurder met sy vragmotor laat doen. As 'n verdere
rede waarom die ondersoek liewer gestaak moes word, het
hy aangevoer dat daar te veel mense is wat teen hom sal
getuig. In hierdie verband het hy die naam van 'n sekere
Willie Faasen genoem. Volgens Van der Westhuizen het
hy ook gesê dat "Faasen die pype weggery het en dit op
'n latere geleentheid aan hom gegee het."

Die Staat het Faasen as getuie opge-

roep. Onder eed het hy die appellant se aantyging ont-
ken. Tydens die kruisondervraging is aan Paasen gestel

dat..../ 18

18

dat die appellant en die genoemde mnr Boshoff sou getuig
dat hy, Faasen, in hulle teenwoordigheid sou gesê het
dat hy die pype aan die appellant as geskenk gegee het.

Faasen het dit ontken en nóg die appellant nog Boshoff

het getuig. As 'n staatsgetuie getuienis ontken wat aan

hom gestel word as synde getuienis wat 'n verdedigings-

getuie later sou lewer, dan het die gestelde getuienis

weinig, indien enige, bewyskrag of weerleggingswaarde

as dit nie onder eed bevestig word nie. Na oorweging

van al die relevante omstandighede is ek van mening dat

Paasen se getuienis dat hy nie die pype verwyder en aan die

appellant gegee het nie, nie weerlê is nie en aanvaar moet

word. Die getuienis van Potgieter en Van der Westhuizen

is nie in kruisondervraging betwis nie en word ook aanvaar.

By..../ 19

19

By 'n oorweging van al hierdie ge-
tuienis en omstandighede is dit nie nodig om aandag te
skenk aan die leerstuk van "onlangse besit" nie; die
pype is ruim tien maande na die beweerde diefstal eers

in besit van die appellant gevind. Nogtans is sy besit
van die pype van die grootste belang. Hy het sy besit
probeer versteek, probeer wegpraat en probeer verskoon.
Daar is geen bewys dat dieselfde pype ooit langs sy

huis naby Foskor se terrein gelê het nie. Dit is uit-

eindelik elders op sy kleinhoewe gevind; dit was onder

takke weggesteek. Hy alleen kon verduidelik het waar-

om die pype na Letsitele geneem en daar weggesteek is.

Hy het ook 'n leuen vertel oor sy besit toe hy ontken

heb dat hy iets van die pype weet. Hy alleen is verant-

woordelik .... / 20

20

woordelik vir die onvermydelike gevolgtrekking dat sy besit van die pype nie onskuldig was nie en vir die ver-werping van sy verklaring aan Potgieter dat hy nie bewus was van enigiets "onwettigs" in verband met die pype nie. Indien daar werklik 'n komplot teen hom gesmee was en dit hierdie gevolgtrekking kon beïnvloed het, moes hy dit aan die verhoorhof voorgelê en verduidelik het. Dit kon hy doen maar hy het nie; dit was nie die verhoorhof se taak om oor so'n moontlikheid te bespieël nie.

Tydens die ondersoek na die misdryf het die appellant die skuld vir die verwydering van die pype uit Foskor se besit op die skouers van Faasen gepak. Faasen het die aantyging onder eed ontken; die appellant

het nie getuig nie. Soos reeds aangedui is Faasen se

getuienis .... / 21

21

getuienis aanvaar. In die afwesigheid van enige ver-

duideliking deur die appellant is dit 'n geregverdigde

gevolgtrekking van al die getuienis dat die appellant
verantwoordelik was vir die verwydering van die pype.

Ten slotte is daar die feit dat die

appellant die pype aan Foskor teruggegee het. Daar

is geen aanduiding dat hy dit gedoen het in die uit-

voering van 'n ooreenkoms dat hy daardeur nie sy kontrak-

werk sou verloor of nie vervolg sou word nie. Hy

alleen weet waarom hy dit gedoen het en hy het die ver-

hoorhof nie in sy vertroue geneem nie. In die om-

standighede is dit 'n geregverdigde gevolgtrekking dat

hy dit gedoen het omdat hy oortuig was of geweet het

dat Foskor die regmatige eienaar van die pype was.

Die .... /22

22

Die verhoorhof is nie ingelig van wanneer af hy geweet het dat Foskor die regmatige eienaar was nie. Van sy versteking van die pype en sy leuens oor sy besit daar-van, kan afgelei word dat hy geweet het wie die eienaar was solank as hy in besit van die pype was.
Na my mening is dit duidelik van die geheelbeeld van die getuienis, die omstandighede en die geregverdigde gevolgtrekkings dat die appellant die pype met 'n dieftige opset bekom en behou het en dat hy der-halwe tereg aan diefstal skuldig bevind is. Die appèl kan dus nie slaag nie.

Die appèl word afgewys.

P.M. CILLIé, AR

HEFER, AR )

stem saam

VIVIER, Wn AR )