South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 138

| Noteup | LawCite

Smit v Senator Verseringsmaatskappy Bpk (78/83) [1984] ZASCA 138 (23 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer: 78/83 WHN

EDWARD JOHN RANDAL SMIT Appellant

en

SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK. .. Respondent

JOUBERT AR,:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

EDWARD JOHN RANDAL SMIT Appellant

en

SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK. ... Respondent

CORAM: JOUBERT, HEFER ARR. et SMALBERGER Wn. AR.

Verhoor: 1 November 1984 Gelewer: 23 November 1984

UITSPRAAK

JOUBERT AR. :

/Die

2

Die appellant is blykbaar Afrikaanssprekend want hy het in die hof a quo in Afrikaans getuig. Gelet op die slotsom waartoe ek in hierdie appèl
geraak het, ag ek dit derhalwe raadsaam om hierdie uitspraak in Afrikaans te gee.

Die appellant het as eiser 'n aksie vir skadevergoeding in die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die respondent as verweerder ingestel weens die beserings wat hy opgedoen het tydens 'n botsing wat plaasgevind het toe hy die aand van 12 Mei 1978 as 'n voetganger in Voortrekkerweg, Pretoria,raakgery is deur 'n motorvoertuig wat deur Mej. Wólhuter bestuur

/is

3

is en wat deur die respondent as versekeraar kragtens
Wet 56 van 1972 verseker is. By die aanvang van die
verhoor op 22 Februarie 1983 voor NESTADT R. het die
partye aangekondig dat hulle die quantum van die
skadevergoeding by ooreenkoms vasgestel het. Volgens
die pleitstukke het die bewyslas op die appellant gerus
om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat die
botsing deur die nalatigheid van Mej. Wolhuter veroorsaak

is. Op 24 Februarie 1983 het die hof a quo die

appellant se eis met koste afgewys. Die appellant

kom nou in hoër beroep na hierdie Hof teen die uitspraak

van die hof a quo.

/Dit

4

Dit blyk uit die onbetwiste getuienis van konstabel Sezuidenhout wat vir die appellant getuig het dat Voortrekkerweg van noord na suid loop met 'n sperstreep as middellyn sodat dit verkeer in beide rigtings kan dra. Dit was trouens gemene saak dat Voortrekkerweg twee rybane het wat verkeer van noord na suid neem asook twee rybane wat verkeer van suid na noord neem. Volgens konstabel Bezuidenhout is die totale breedte van Voortrekkerweg se ryoppervlakte 12,9 m. By die toneel van botsing maak Jacobsstraat wat van oos na wes loop 'n T-aansluiting met die oostekant van Voortrekkerweg wat deur verkeersligte beheer word.

/Aan

5

Aan die noordelike kant van hierdie T-aansluiting is daar 'n voetgangerskruising oor Voortrekkerweg wat deur twee strepe begrens word. Hy het op sy sketsplan wat nie volgens skaal is nie voorsiening gemaak vir 'n „moontlike punt van botsing" wat hy in hierdie voetgangerskruising geplaas het. Hy het egter geen onafhanklike herinnering van wat hy by die toneel van die botsing waargeneem het nie sodat hy nie kon ver= duidelik waarom hy sy punt van botsing as 'n „moontlike punt van botsing" beskou het nie. Hy kon ook nie verduidelik aan die hand waarvan hy sy punt van botsing as 'n „moontlike punt van botsing" vasgestel het nie.

/Dit

6

Dit is gemene saak dat daar in die onmiddellike
omgewing van die toneel van die botsing besigheidspersele
aan beide kante van Voortrekkerweg is, dat Voórtrekker=
weg 'n reguit pad is en dat 'n motorvoertuig se bestuur wat van noord
na suid in Voortrekkerweg ry 'n onbelemmerde uitsig het
van minstens 100 meter na die toneel van die botsing.

Die appellant het getuig dat hy niks van die botsing kan onthou nie vanweë breinbeserings wat hy ten tyde van die botsing opgedoen het. Hy het in Trouwstraat gewoon wat van wes na oos loop en 'n T-aansluiting met die westekant van Voortrekkerweg maak.

/Dit

7

Dit is gemene saak dat hierdie T-aansluiting byna teenoor (dog nie direk teenoor nie) die T-aansluiting van Jácobsstraat met Voortrekkerweg is. Dit is ietwat meer na die suidekant van Voortrekkerweg gelee as die T-aansluiting van Jacobsstraat. Die appellant het die gewoonte gehad om saans Voortrekkerweg oor te steek van wes na oos om 'n drankie te gaan drink in 'n hotel wat ten ooste van Voortrekkerweg gelee is.

Mej. Wolhuter wat die versekerde motorvoertuig ten tyde van die botsing bestuur het, het vir die appellant getuig. Sy was die enigste ooggetuie wat ten aansien yan die plaasvind van die botsing getuig het.

/Dit

8

Dit blyk uit die oorkonde dat die oggend voordat die verhoor in die hof a quo 'n aanvang geneem het beide partye se advokate met haar gekonsulteer het. Die advokate wat voor hierdie Hof verskyn het, het ook in-die hof a quo opgetree. Tydens die konsultasies is haar aandag gevestig op die inhoud van 'n skriftelike verklaring wat sy op 27 Julie 1978 vir die respondent oor die plaasvind van die botsing gemaak het. In haar hoofgetuienis het sy erken dat haar skriftelike verklaring haar geheue in sommige opsigte verfris het:

"And this had in certain respects refreshed your memory - -Yes."

/Dit

9

Dit is dan ook opvallend dat sy in haar hoofgetuienis
verskeie kere uit eie beweging na haar skriftelike
verklaring verwys het. Dit blyk uit haar getuienis
as 'n geheel dat sy nie in staat was na 'n tydsverloop
van bykans vyf jaar na die plaasvind van die botsing om

belangrike aspekte daarvan te onthou nie. Tereg het

die verhoorregter in sy uitspraak die volgende evaluasie

van haar as 'n getuie gemaak:

"She was not able to recollect with any degree of detail exactly what happened."

In kruisondervraging is die skriftelike verklaring nie aangewend om haar geloofwaardigheid as 'n getuie te toets nie maar dit is ingehandig as Bewysstuk "A" en

/sy

10

sy is gevra om die inhoud daarvan as die waairheid te bevestig. Sy het dit dan ook gedoen. Die rede waarom die respondent se advokaat dit gedoen het, was klaarblyklik omdat sy in haar skriftelike verklaring die volgende bewering gemaak het:

"I noticed a man about a metre away from
me, I slowed down. The robot was in
my favour, green, I thought

the man had stopped for me to go my right of way, when all of a sudden he jumped in front of me."

Die feit dat Mej. Wolhuter die inhoud van haar skrif=

telike verklaring (Bewysstuk "A") as die waarheid

bevestig het, maak dit nie toelaatbare getuienis in

die hof a quo nie. Geen basis is gelê om dit as

/getuienis ....

11

getuienis in die hof a quo toelaatbaar te maak nie.
Dit is immers 'n erkende beginsel van ons bewysreg dat
'n getuie se ooreenstemmende verklaring ontoelaatbaar
as getuienis in 'n hof is behalwe in sekere uitsonderings=
gevalle. Schmidt, Bewysreg, 2e uitgawe, bl 363 e.v.
In die onderhawige geval is daar nie 'n grondslag gelê
om dit binne een van die erkende uitsonderingsgevalle
te bring nie.

Volgens die aanvaarbare getuienis van Mej. Wolhuter het sy die betrokke aand alleen in haar motorvoertuig van noord na suid in Voortrekkerweg gery met die doel om 'n kennis te gaan besoek. Sy was nie haastig nie. Dit was reeds donker. Haar

/motorvoertuig

12

motorvoertuig se ligte was gedomp en die straatligte

het gebrand. Haar uitsig was goed. Haar motor= ,
voertuig het 'n regterhandse stuur. Sy het in die

regterkantse rybaan aan haar korrekte kant van die
pad gery sodat sy langs die sperstreep wat in die
middel van Voortrekkerweg is, gery het. Die
verkeersligte by die T-aansluiting van Jacobsstraat
was groen in haar guns. Toe sy die verkeersligte
nader,het sy iets aan haar regterkant opgemerk maar

sy kon nie onthou hoe ver dit van haar af was nie.

In haar hoofgetuienis het sy dit soos volg gestel:

/"I

13

"I do remember seeing something, but I cannot really say now for sure what distance there was."

Vermoedelik was sy so te sê op die iets want skielik

het sy met die appellant gebots:

"I was proceeding along and all of a sudden I collided with this person who - it felt at the time that he had actually come from above me instead of the side of me and landed in the centre of my bonnet, and coming through the windscreen."

Haar onmiddellike reaksie was om te rem en na links

te swaai. Sy het haar motorvoertuig feitlik onmiddellik

tot stilstand gebring en uitgeklim. Die voorste

stamper van haar motorvoertuig, die regterkant van haar

voorruit en die middel van haar masjienkap asook die

/middel

14

middel van haar dak was beskadig. Die botsing met die appellant het in die voetgangerskruising plaas= gevind. Mej. Wolhuter was nie in staat om te ver= duidelik waarom sy die appellant nie eerder gesien het nie. Sy het erken dat sy nie die appellant Voortrekkerweg sien oorsteek het nie.

Geen getuienis is ten behoewe van die respon= dent aangebied nie.

Die vraag is of Mej. Wolhuter in die omstandig= hede verwyt kan word dat sy redelikerwyse versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou, m.a.w. of sy die appellant redelikerwyse op 'n vroeër stadium kon of moes gesien het sodat sy betyds stappe kon geneem het

/om

15

om 'n botsing met hom te vermy. Na my mening
is die antwoord op hierdie vraag ontkennend weens
die volgende redes:

1.Daar is geen getuienis om aan tetoon of die appellant besig was om Voortrekkerweg in die voetgangerskruising of skuins oor te steek nie. Die appellant het vermeld dat hy geneig was om Voortrekkerweg skuins oor te steek en nie by 'n verkeerslig in die voetgangerskruising nie.
2.Daar is geen getuienis om aan te toon of die appellant gestap of gehardloop het terwyl hy besig was om Voortrekkerweg oor te steek nie.

/3. Daar

16

3.Daar is geen getuienis oor die aard of kleure van die appellant se kleredrag ten tyde van die botsing nie.
4.Daar is geen getuienis oor die aard van Voortrekker= weg se beligting by die voetgangerskruising waar die botsing plaasgevind het nie.
5.Daar is geen getuienis om aan te dui wat die gesigsafstand van die ligte van Mej. Wolhuter se motorvoertuig was nie.

Dit geld ook vir die aard van haar gesigsveld met betrekking tot haar motorvoertuig se ligte en die beligting van Voortrekkerweg se straatligte in die omgewing van die toneel van die botsing.

/Dit

17

Dit volg derhalwe dat die appellant na my oordeel nie daarin geslaag het om op 'n oorwig ván waarskynlikhede te bewys dat die plaasvind van die botsing aan die nalatigheid van Mej. Wolhuter toe te skryf is nie.

In die resultaat word die appèl afgewys met koste.

C.P. JOUBERT, AR.

HEFER, AR. )

SMALBERGER, Wn. AR. ) Stem saam.