South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 146

| Noteup | LawCite

S v Motshabi en 'n Ander (141/84) [1984] ZASCA 146 (28 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOFGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 141/84

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

ELIAS MOTSHABI ............... Eerste Appellant
JOHANNES DIKWEKWI Tweede Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: RABIE, HR, CILLIé, AR et VIVIER, Wn AR

Verhoor: 20 November 1984

Gelewer: 28 November 1984

UITSPRAAK
CILLIè AR :

Die twee appellante het in die Oranje-

Vrystaatse Provinsiale Afdeling tereggestaan op 'n

aanklag .... / 2

2
aanklag dat hulle op 28 November 1983 te Bainsvlei,
Bloemfontein, die misdaad van roof gepleeg het en
dat daar verswarende omstandighede by die pleging
van die misdaad aanwesig was. Hulle het skuldig
gepleit. Na die aanhoor van getuienis is hulle
skuldig bevind soos aangekla en ter dood veroordeel.
Met verlof van die verhoorhof appelleer hulle teen
die vonnisse wat hulle opgelê is.

Ten aanvang is dit nodig om kortliks
na die misdaad en ook na die getuies te verwys.
Die twee appellante het teen ongeveer agtuur die
betrokke aand by die plaashuis van mnr en mev A J
de Villiers ingebreek, 'n terreuraanval van amper

drie uur lank op die twee inwoners gedoen, hulle

ernstig .... / 3

3
ernstig beseer en van R310 en 'n pistool beroof.
Die vyftigjarige mev De Villiers het getuig hoe sy
deur die twee appellante beseer is terwyl sy geen
weerstand gebied het nie. Dr P J C Buys het haar
laat die nag van die aanval behandel. Volgens
hom het sy 'n neusfraktuur gehad, een skeurwond
aan haar onderlip en 'n ander aan haar linker-
wenkbrou. Haar oë was toe-geswel en dit het later
geblyk dat sy as gevolg van die beserings aan die
oogkas dubbelsigtig was. Die laasgenoemde toestand
het haar ten tyde van die verhoor nog gepla. Haar
twee-en-tagtig jarige man kon nie getuig nie.
Volgens 'n getuie, dr S P M Mulder, sou hy sekerlik
gesterf het as hy nie na die aanval mediese hulp

ontvang ..../ 4

4
ontvang het nie. Hy het 'n steekwond van ses senti-
meter lank in sy linkerflank gehad; sy ingewande
het by die wond uitgepeul. Sy kop was vol kneus-
en skaafwonde en daar was ook 'n skedelbasisfraktuur
agter sy oë. Sy vrou het getuig dat hy voor die
aanval 'n normale lewe gelei het, sy eie motor bestuur
en betreklike lang afstande gestap het terwyl hy
ook sy eie sake kon behartig. Maar ten tyde van
die verhoor, en die geneesheer stem met haar saam
hieroor, was hy "heeltemal 'n afhanklike, verstande-
lose mens. Hy weet nie wat aangaan nie." Hy
moes, onder andere, deur die neus gevoed word.
Later is hy permanent opgeneem in 'n inrigting vir
verswakte bejaardes.

Albei ...... /5

5

Albei die appellante het getaig.
Hulle het erken dat hulle by die huis ingebreek en
die inwoners aangerand en beroof het. Maar die
een pak die skuld op die ander en elkeen beweer
dat die ander een die plan gemaak het, die leier
was en die opdragte gegee het. Deur hierdie ge-
tuienis word geeneen van hulle verontskuldig nie
want die een het hom onteenseglik met die ander se
optrede vereenselwig. Die verhoorhof het tereg
bevind "dat hulle mededaders was en dat albei
skuldig is aan die misdaad van roof."
Die verswarende omstandighede wat,
volgens díe verhoorhof by die roof aanwesig was,
blyk uit die volgende: Die twee appellante het

die .... / 6

6

die inbraak en rooftog breedvoerig bespreek en be-
plan. So het hulle, byvoorbeeld, op pad na die
plaashuis elkeen twee stukkies doringdraad opgetel
en saamgeneem; daarmee sou hulle later die twee
slagoffers vasbind. Hulle het die inwoners van
die huis deur 'n venster dopgehou en geweet dat die
dame en die bejaarde man alleen tuis was. Die
eerste appellant het 'n mes in sy besit gehad en
die tweede appellant het dit geweet voordat hulle
die huis binnegegaan het. Laasgenoemde het 'n
klip as wapen saamgeneem. Die omstandighede met
betrekking tot hierdie klip is insiggewend. Die
tweede appellant het gesê dat sy makker hom opdrag

gegee het om die klip op te tel. Hy het dit toe

gedoen .... / 7

7
gedoen maar toe hulle reeds deur 'n oop venster
in die huis ingeklim het, het hy besef dat hy die
klip buite laat lê het. Die eerste appèllant
het hom aangesê om die klip te gaan haal. Daar-
op het hy by die venster uitgeklim en teruggekom
met die klip terwyl die eerste appèllant vir hom
binne gewag het. Hieruit blyk nie slegs dat
albei die appellante van die klip as 'n belangrike
wapen bewus was nie, maar ook dat die tweede appèl

lant wat, na sy eie bewering, onder dwang van die
eerste appellant opgetree het, hier 'n goeie ge-
leentheid gehad het om hom uit die voete te maak.
Dit het hy nie gedoen nie. Hy het erken dat hy

mev De Villiers met die klip in die gesig geslaan

het .... / 8
8
het.

Dit was nie die enigste aanval op

mev De Villiers nie. Sy is herhaaldelik deur al-
bei die appellante met die vuis in die gesig en
op die lyf geslaan. Die beserings wat sy opgedoen
het is reeds genoem. Toe die geleentheid hom voor-
doen om te vlug, het sy uit die huis uit gehardloop.
Die appellante het haar agtervolg. Toe hulle
haar jaag en vang, is al haar klere van haar lyf
afgeskeur met die uitsondering van haar broekie.
So is sy teruggebring. Haar hande is agter haar
rug met díe doringdraad wat hulle opgetel het, vas-
gebind. Plekke waar die "dorings" of stekels

haar beseer het, is later opgemerk. Tydens hierdie

bedrywighede .... / 9

9
bedrywighede het een van die appellante opgemerk

dat hy met haar gemeenskap wou hê. Sy het hom

met sukses gesmeek om dit nie te doen nie. Sy

is in 'n muurkas geprop en toegesluit. Volledig-

heidshalwe kan net bygevoeg word dat sy later,

toe alles in die huis stil geword het, die kas

oopgeskop het. Sy het uitgeklim en vasgestel

dat haar man nog leef. Vasgebind en gekleed

soos sy was, het sy in die reën en modder na die

huise van hulle werknemers gestrompel. Haar mond

was te seer om hulle te roep. Van die werkers

het haar arms losgemaak maar was blykbaar so be-

vrees dat hulle haar nie huis toe wou vergesel

nie. Sy het alleen na die huis teruggegaan.

Sy ..... /10

10

Sy het die drade van haar man se arms afgehaal
en hom gemaklik gemaak. Sy het uitgevind dat
die gehoorbuis van die telefoon afgesny en weg
was. Die appellante het hiervoor gesorg.
Met haar motor het mev De Villiers toe na haar
broer, sowat twee kilometer daarvandaan, gery
en hulp ontbied.

Mnr De Villiers, wat 'n mate van
weerstand getoon het, is met die intrapslag met
die mes in die maag gesteek. Hy het op die
vloer geval. Die verhoorhof het die getuienis
van mev De Villiers aanvaar naamlik dat albei
appellante die gewonde mnr De Villiers herhaalde-

lik teen die kop geskop het totdat hy bewusteloos

was .... / 11

11

was. Daar is steun vir hierdie getuienis in die
bevinding van die geneesheer wat hom ondersoek en
die wonde en merke aan sy kop gevind het. Sy
arms is ook deur die appellante met doringdraad
vasgebind. Die appellante het dit erken maar
kon geen aanvaarbare rede gee waarom hulle 'n man
wat so ernstig beseer was en magteloos op die
grond gele het, moes skop en met doringdraad vas-
bind nie. Hulle het probeer om hom ook in 'n
muurkas te druk maar kon nie daarin slaag nie.

Uit hierdie feite het die verhoor-
hof tereg tot die beslissing gekom dat daar ver-
swarende omstandighede by die pleging van die mis-

daad aanwesig was. Derhalwe kon die verhoorhof

die ..... / 12

12

die appellante kragtens die bepalings van art
277(1)(c) (i) van die Strafproseswet, no 51 van
1977, díe doodstraf oplê. By die besluit of
so'n vonnis geregverdig is en of 'n mindere vonnis
nie van pas sou wees nie, is dit nodig om al die
relevante omstandighede van die saak en ook van
die skuldigbevondenes saam met die verswarende
omstandighede waaroor reeds besluit is, in oor-
weging te neem. Die volgende aangeleenthede is
ten opsigte van so 'n besluit oor die eerste ap-
pellant se straf aan hierdie hof voorgelê.

Ten eerste is daarop gewys dat
dié appellant "op die dag van die voorval sterk

drank gedrink het." Hy het getuig dat hy in die

loop .... / 13

13

loop van die dag alleen vyf "quarts" bier gedrink
het en víer saam met die tweede appellant. In
antwoord op 'n vraag wat sy toestand was toe hy om
agtuur die aand op mnr De Villiers se plaas aan-
gekom het, het hy gesê:

"Ek was nog reg gewees. Alhoewel ek
gedrink gewees het, was ek nie so sterk
onder die invloed van drank gewees nie."

Dit wil nie voorkom asof hierdie appellant se
drankinname op die bepaaldé dag, toe hy nog planne
vir die rooftog kon smee, van noemenswaardige be-
lang by die oorweging van sy straf kan wees nie.

Ten tweede is aangevoer dat daar
nie gesê kan word dat hy nie gerehabiliteer kan

word nie. Die appellant' het vyf vorige

veroordelings .... / 14

14

veroordelings; drie van diefstal, een van huis-
braak en diefstal en een van ontsnapping. Daar
is geen getuienis van moontlike, of onwaarskynlike
rehabilitasie nie. Soos reeds in hierdie Hof
bevind is, is die moontlikheid van rehabilitasie
ook nie van deurslaggewende belang nie.

Ten derde is daarop gewys dat die
werklike geroofde bedrag betreklik klein was.
Die belangrikheid van hierdie feit krimp aansien-
lik as die manier waarop die rooftog uitgevoer is,
in ag geneem word.

Ten vierde is aangevoer dat die
eerste appellant "nog relatief jeugdig is." Sy

ouderdom is weliswaar as tussen twintig en vier-en-

twintig .... / 15

15

twintig jaar geskat, maar sy misdaadsgeskiedenis
het volgens sy vorige veroordelings reeds in 1971
begin en sy optrede in verband met die rooftog het
beslis selfstandig en volwasse voorgekom.
Met betrekking tot die tweede appel-
lant is die volgende omstandighede aan hierdie hof
voorgelê: Ten eerste is daar sy jeugdigheid.
Die distriksgeneesheer het sy ouderdom op tussen
18 en 22 jaar geskat; hy het self gesê dat hy
een-en-twintig jaar oud was. Die moontlikheid
dat ander hom as 'n onvolwasse jeugdige sou
beinvloed, word deur sy selfstandige optrede uit-
gesluit. Die verhoorhof het dan ook bevind dat

hy die leiding by die plaashuis geneem het en

dat .... / 16

16

dat hy waarskynlik die een was wat voorgestel het
dat hulle mnr en mev De Villiers gaan beroof.
Daar was geen aanduiding in sy optrede dat hy
enigsins onder dwang verkeer het nie.
Ten tweede is aangevoer dat hier-
die appellant geen vorige veroordelings het en
dit derhalwe nie gesê kan word dat hy nie rehabi-
liteerbaar is nie. Daar is betoog dat 'n termyn
gevangenisstraf dus die aangewese straf sou wees.
By die oorweging van hierdie aangeleentheid moet
nie uit die oog verloor word nie dat die uiterste
straf nie deur die moontlikheid van rehabilitasie
uitgeskakel word nie. Hierdie moontlikheid

moet egter by die finale beslissing oor 'n gepaste

straf .... / 17

17

straf ook in aanmerking geneem word.

'n Beskouing van al die omstandig-
hede namens die twee appellante voorgelê sowel as
dié wat reeds as verswarend bestempel is, het my
tot die gevolgtrekking gedwing dat die vonnisse
wat die verhoorregter opgelê het, nie onvanpas of
buitensporig is nie. Daar kan nie gesê word dat
hulle vonnisse is wat nie redelikerwys deur 'n
hof opgelê sou word nie.

Ten slotte kan net bygevoeg word
dat daar geen mistasting of onreëlmatigheid in
die afhandeling van die verhoor voorgekom het nie.
Om al die genoemde redes kan die appèl na my mening

nie slaag nie.

Die . . . . / 18

18
Die appèl word afgewys.

P M CILLIé, AR

RABIE, HR )

stem saam

VIVIER, Wn AR)