South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 150
| Noteup
| LawCite
S v Mtsweni (131/84) [1984] ZASCA 150; [1985] 3 All SA 344 (AD) (29 November 1984)
Download original files |
131/84 N v H
STEPHANUS FANA MTSWENI en DIE STAAT SMALBERGER, Wn AR:-
131/84
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING) In die saak :-
STEPHANUS FANA MTSWENI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: RABIE, HR, JANSEN, MILLER, ARR,
et SMALBERGER, VIVIER, Wn ARR.
VERHOORDATUM: 23 NOVEMBER
1984
LEWERINGSDATUM: 29 NOVEMBER 1984
UITSPRAAK
SMALBERGER, Wn AR;-
Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling deur CURLEWIS, R, en twee assessore daaraan
skuldig bevind dat hy
Willem Magagamela (die oorledene)
vermoor /
2 vermoor en beroof het. Ten aansien van die moord= aanklag
het die Verhoorhof geen versagtende omstandig= hede bevind nie, en die
appellant
is bygevolg die dood= straf opgelê. Wat die roofaanklag betref, ten
opsigte waarvan daar verswarende omstandighede
bevind is, is die appellant tot
10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die appellant kom nou in hoër beroep, met
die verlof van die
Verhoorregter, teen sy skuldigbevindings.
Dit is gemene
saak dat die oorledene op 27 Desember 1982 sy huis naby Kinross in sy rooi
Chevrolet stasiewa verlaat het onderweg na
sy werk te Springs. Hy sou op 30
Desember teruggekeer het. Die oorledene is op 30 Desember laas lewendig gesien
toe hy sy werk te
Springs verlaat het. Op 19 Januarie 1983 is die
ontbonde / ,
3 ontbonde lyk van die oorledene onder 'n bruggie op die
gruispad tussen Kriel en Trichardt, waar dit skynbaar deur iemand versteek
was,
gevind. weens die ontbinding van die lyk kon die oorsaak van die oorledene se
dood nie by 'n lykskouing wat die volgende dag
gehou is, vas= gestel word
nie.
Die getuienis vir die Staat, wat deur die Verhoorhof aanvaar is, kom
kortliks op die volgende neer. Die appellant het die nag van
30 Desember 1982 by
die huis van die getuie Elinah Mgebe aangekom. Hy het by haar huis oornag, en
die volgende oggend vertrek. Die
appellant het gery met wat die getuie as 'n
"langerige rooi voertuig" beskryf het, 'n beskrywing wat grotendeels in oor=
eenstemming /
4
eenstemming is met dié van die oorledene se
voertuig
Die aand van 8 Januarie 1983 het die getuie Simon Phala
en 'n
vriend drie persone, onder wie die appellant, by 'n
voertuig gevind —
dit is gemene saak — dié van die
oorledene was. Die polisie is
ontbied, en hulle het
later op die toneel opgedaag. Die appellant is omtrent
die voertuig
ondervra. Hy het aanvanklik gesê dat die
voertuig syne is, maar toe sy
woord in twyfel getrek is,
het hy gesê dat dit aan sy vader behoort. Die appellant
is deur die polisie aangehou, en Phala is versoek om die
oorledene se voertuig tydelik in sy bewaring te neem.
Die volgende oggend het die appellant en 'n polisieman
by Phala se huis opgedaag om die voertuig te kom haal.
Hulle is met die voertuig daar weg. Later dieselfde
oggend /
oggend het Phala en sy vriend weer op die voertuig afgekom waar
dit langs die pad geparkeer was. Daar was niemand by die voertuig
nie. Hulle het
toe die oorledene se vrou gaan haal om die voertuig aan haar te wys. Nadat hulle
met die oorledene se vrou terugge=
keer het, het die appellant, wat skynbaar
intussen deur die polisie vrygelaat is, en daar naby gedobbel het, by die
voertuig aangekom.
Hulle is toe almal, die appellant inkluis, na die
polisiestasie nadat daar brandstof in die voertuig gegooi was. Die polisie=
beampte
op diens het geweier om die appellant aan te hou, en die appellant is
later op die plek terugbesorg waar hy vroeër gedobbel
het voordat Phala, op
versoek van die oorledene se vrou, die voertuig gaan bêre het.
Óf /
6
Of na sy aankoms by die voertuig of by die polisiestasie (die
getuies verskil van mekaar oor waar dit gebeur het), het die appellant
beweer
dat die voertuig aan een van sy vriende behoort het, en dat hy daarmee weggery
het nadat hy en die betrokke vriend by 'n sj.ebeen
'n uitval gehad het. Die
appellant is die volgende dag deur die polisie in hegtenis geneem. Op 'n latere
geleentheid het die appellant
die ondersoekbeampte, sersant Mnisi, die plek gaan
uitwys waar die oorledene se lyk vroeër gevind is.
Toe hy getuig het,
het die appellant al die getuienis teen hom voor die voet ontken. Hy het ontken
dat hy by Elinah se huis met 'n
voertuig opgedaag hêt, dat hy ooit in
besit van die oorledene se voertuig was,
dat /
7 dat hy die beweerde teenstrydige verduidelikings ten opsigte van
sy besit van die voertuig gegee het, en dat hy die plek waar die
oorledene se
lyk gevind is, aan die polisie uitgewys het. Die appellant se ontkennings is
deur die Verhoorhof as leuenagtig verwerp.
Die Verhoorhof se bevindings,
afgesien van dié met betrekking tot die uitwysing, is tereg nie op
appèl aangeval nie.
Die feite in die Staat se saak geopenbaar, gepaard
met die appellant se leuenagtige ontkennings, het die Verhoorhof tot die slotsom
laat kom dat die oorledene beroof en vermoor is, dat die appellant deel daaraan
gehad het, en regtens daarvoor verantwoordelik was.
Die vraag ontstaan of die
Verhoorhof geregtig was om krag= tens die getuienis tot hierdie gevolgtrekking
te kom.
In die /
8
In die onderhawige saak is daar geen direkte
getuienis wat die appellant met enige aanval
op die
oorledene verbind nie. Sy skuld al dán nie moet
gevolglik
bepaal word aan die hand van die omstandigheidsgetuienis
en die
afleidings wat deur die bewese feite geregverdig
word. Afleidings moet van
bespiegeling onderskei word,
en moet op behoorlik bewese objektiewe feite
gefundeer
word. Die opmerkings van Lord Wright in caswell v
Powell
Duffryn Associated Colleries Ltd (1939) 3 ALL E R
722
op 733, wat met goedkeuring in S v Essack and Another
1974 (1) SA 1 (A) op 16 D aangehaal word, is in die opsig
gepas:-
"Inference must be carefully distinguished from conjecture or speculation. There can be no inference unless there are objective facts from which to infer thê other facts
whinh /
9
which it is sought to establish. In some
cases the other facts can be inferred with
as much practical certainty as if they had
been actually observed. In other cases the
inference does not go beyond reasonable
probability. But if there are no positive
proved facts from which the inference can
be made, the method of inference fails and what is left is mere speculation or conjecture."
Die beoordeling van skuld by wyse van afleiding moet
ook geskied met behoorlike inagneming van die logiese
voorskrifte soos
kernagtig uiteengesit in R v Blom 1939
AD 188 op 202/3, naamlik
"(1) The inference sought to be drawn must
be consistent with all the proved facts. If it is not, the inference cannot be drawn.
(2) The proved facts should be such that
they exclude every reasonable inference from them save the one sought to be
drawn. If they do not exclude other reasonable inferences,
then there must be a
doubt whether the inference sought to be drawn is correct."
10 Terwyl die
leuenagtige getuienis of ont= kenning van 'n beskuldigde van belang is wanneer
dit by die aflei van gevolgtrekkings
en die bepaling van skuld kom, moet daar
teen gewaak word om oormátige gewig daaraan te verleen. Veral moet daar
gewaak word
teen 'n afleiding dat omdat 'n beskuldigde 'n leuenaar is, hy daarom
waarskynlik skuldig is. Leuenagtige getuienis of 'n valse verklaring
regverdig
nie altyd die uiterste afleiding nie. Die gewig wat daaraan verleen word, moet
met die omstandighede van elke geval verband
hou. Hierdie benadering is onlangs
bevestig in S v Steynberg 1983(3) SA 140 (A) waarin die denkrigting in R
v Mlambo 1957(4) SA 747 (A) op 738 B - D en die aanvaarde uitgangs= punt in
Goodrich v Goodrich 1946 AD 390 op 396 in oenskou
geneem /
11
geneem is, en die korrekte toepassing van die Mlambo-benadering toegelig is. By die beoordeling van leuenagtige getuienis deur 'n beskuldigde moet daar, onder meer, gelet word op:-
(a) Die aard, omvang en wesenlikheid van die leuens, en of hulle noodwendig op 'n skuldbesef dui. (b) Die beskuldigde se ouderdom, ontwikkelings= peil, kulturele en maatskaplike agtergrond en stand in soverre hulle 'n verduideliking vir sy leuens kan bied. (c) Moontlike redes waarom mense hulle tot leuens wend, byvoorbeeld, omdat in 'n gegewe geval 'n leuen meer aanneemlik as die waar= heid mag klink. (d) Die neiging wat by sommige mense mag ont= staan om die waarheid te ontken uit vrees dat hulle by 'n misdaad betrek gaan word, of omdat hulle vrees dat erkenning van hulle betrokkenheid by 'n voorval of misdaad,
hoe gering ook al gevare inhou van 'n afleiding van deelname en skuld buite verhouding tot die waarheid.
Wat is /
12
Wat is die bewese feite in die onderhawige geval waarkragtens die appellant se skuld al dan nie oorweeg moet word? Voordat 'n skuldigbevinding aan moord kan geskied moet daar bewese feite wees wat by wyse van afleiding die appellant aan die dood van die oorledene koppel. By ontstentenis daarvan bestaan daar nie 'n prima facie saak teen die appellant nie, en kan sy leuenagtige getuienis, net soos in die geval waar hy nie getuig nie, nie die leemtes in die Staat se saak aanvul en 'n gevolgtrekking van skuld regverdig nie
(cf. The State v Masia 1962(2) SA 541 (A) ). In die verband steun die Staat veral daarop dat die oorledene op 30 Desember 1982 laas lewendig gesien is, en dat die
appellant /
13 appellant dieselfde nag in besit van sy voertuig was,
asook die latere uitwysing deur die appellant aan die polisie van die plek
waar
die oorledene se lyk gevind is (waarvan afgelei kan word dat die appellant
kennis van die oorledene se dood gedra het, wat 'n
verduideliking van hom sou
verg).
Elinah se getuienis regverdig die prima facie afleiding dat die
voertuig waarmee die appellant op 30 Desember 1982 by haar huis aangekom het
dié van die oorledene
was. Die afleiding word versterk deur die feit dat
daar sonder twyfel bewys is dat die appellant nege dae later in besit van die
oorledene se voertuig was. Dit is uiters onwaarskynlik dat die voertuig waarmee
die appellant by Elinah opgedaag het 'n ander voertuig
was as
dié /
14 dié wat later in sy besit gevind is en dit kan
dus, myns insiens, op die getuienis aanvaar word dat dit die= selfde voertuig
was. As dit bewys was dat die oorledene laas die middag van 30 Desember lewendig
in sy voertuig gesien was, sou die appellant se
aankoms etlike ure daarna by
Elinah se huis in die oorledene se voertuig 'n verbintenis tussen die oorledene
se verdwyning en die
appellant se besit van sy voertuig skep wat moontlik tot
verdere afleidings teen hom kon lei. Daar is egter nie sodanige getuienis
nie.
Die erkenning dat die oorledene laas lewendig gesien is op 30 Desember behels
nie 'n erkenning dat hy toe nog in besit van sy
voertuig was nie. Die getuienis
toon slegs dat hy in besit daar= van was op 27 Desember. Wat daarna van die
voertuig
geword /
15 geword het totdat die appellant daarmee by Elinah se huis
opgedaag het, weet ons nie. Gevolglik weet
ons nie presies wanneer die
oorledene die besit van sy voertuig verloor het nie.
Myns insiens het die
Staat ook nie bo redelike twyfel bewys dat die appellant die plek waar die
oorledene se lyk vroeër gevind
is, aan sersant Mnisi uitgewys het nie. In
sy hoofgetuienis het Mnisi duidelik die indruk geskep dat die betrokke plek eers
deur
konstabel Nyondo aan hom uitgewys is, en toe deur die appellant. Met die
aanvang van sy kruisondervraging wek hy nog dieselfde indruk.
Hy het later
ontken dat dit wel so was, en hy het beweer dat die plek eerste deur die
appellant aan hom uitgewys was. uit Mnisi se
getuienis as 'n geheel
bestaan /
16 bestaan daar onsekerheid of Nýondo of die appellant
die plek eerste uitgewys het, en selfs of die appellant hom na die betrokke
plek
geneem het, of andersom. Volgens Mnisi was hy van twee ander polisiebeamptes
vergesel toe die uitwysing deur die appellant geskied
het. Hulle is egter nie as
getuies geroep om die onsekerheid wat ontstaan het uit die weg te ruim nie.
Tydens die verhoor is Mnisi
se getuienis aangaande 'n ander aspek van sy
ondersoek van die saak deur die Verhoorhof as onbevredigend en onaanvaarbaar
bestempel.
In die omstandighede sou dit gevaarlik wees om op Mnisi se getuienis
aangaande die uitwysing peil te trek, en moes die Verhoorhof
sy getuienis in
dié verband buite rekening gelaat het by die beoordeling van die
appellant se skuld.
17 Die bewese feite waarvolgens die appellant se skuld
beoordeel moet word kom,dus op die volgende neer. Die oorledene is op 27
Desember
in sy voertuig van sy huis af weg. Hy is op 30 Desember laas lewendig
gesien. Ons weet nie wanneer die oorledene besit van sy voertuig
verloor het
nie, maar die nag van 30 Desember was dit in die appellant se besit. Op 8
Januarie 1983 was die voertuig nog in die appellant
se besit. Die appellant het
verskeie valse verduidelikings vir sy besit van die voertuig verstrek.
Daarbenewens is die appellant
by die verhoor 'n leuenagtige getuie bevind te
wees.
Al sou die bewese feite, en veral die appellant se besit van die oorledene se voertuig, die redelike
afleiding /
18 afleiding regverdig dat hy die voertuig van die oorledene
met geweld verkry het, is dit nie die enigste redelike afleiding wat
gemaak kan
word nie. Die feite is eweneens vatbaar vir die afleiding dat hy net die
voertuig gesteel het, 'n afleiding gegrond op
die feit dat die voertuig in sy
besit was hoogstens enkele dae nadat dit laas by die oor= ledene gesien is, en
hy geen verduideliking
daarvoor gegee het nie, waarvan afgelei kan word dat hy
dit op 'n onbehoor= like wyse in die hande gekry het. Aangesien die afleiding
van aandadigheid aan roof nie die enigste redelike afleiding is nie, moes die
appellant nie aan roof skuldig bevind gewees het nie,
maar eerder aan die
mindere misdaad van diefstal. As daar nie bevind kan word dat die appellant die
oor= ledene beroof het nie bestaan
daar, by ontstentenis van
ander /
19 ander getuienis om hom met die dood van die oorledene te verbind, hoegenaamd geen grondslag vir 'n bevinding dat hy vir die dood van die oorledene aanspreeklik is nie. Die appellant moes gevolglik nie aan moord skuldig bevind gewees het nie. Alles in ag genome sou 'n gepaste vonnis in die onderhawige saak vir die
diefstal een van 3 jaar gevangenisstraf wees.
Bygevolg slaag die appèl . Die skuldigbe= vinding en vonnis ten opsigte van die moordaanklag word ter syde gestel. Die skuldigbevinding aan roof word verander na een van diefstal, en die vonnis word verminder na 3 jaar gevangenisstraf.
J W SMALBERGER WAARNEMENDE APPèLREGTER. RABIE, HR)
JANSEN,
AR)
MILLER, AR) STEM SAAM
VIVIER, Wn AR)