South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 159

| Noteup | LawCite

S v De Beer (195/84) [1984] ZASCA 159 (29 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


PIETER WILLEM DE BEER

EN

DIE STAAT

195/84/AV

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
PIETER WILLEM DE BEER Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: Wessels, Wnd AR, Jansen, Joubert, Van Heerden, ARR
Smalberger, Wnd AR

VERHOOR: 13 November 1984
GELEWER: 29 November 1984

UITSPRAAK
WESSELS, WND AR

Appellant en sy jonger broer (Zagarias) is in die
Noordelike Rondgang Plaaslike Afdeling te Pietersburg deur

regter
2
regter GROSSKOPFF en twee assesore weens moord (drie aan-

klagte) en poging tot moord (twee aanklagte) skuldig bevind.

In Zagarias se geval is bevind dat versagtende omstandighede

by die pleging van die drie moorde aanwesig was en die voor-

sittende regter het in die uitoefening van sy diskresie ge-

vangenisstraf beveel. Wat appellant betref was dit die

eenparige bevinding van die verhoorhof clat dit nie deur hom

bewys is dat in sy geval versagtende omstandighede by die

pleging van die drie moorde aanwesig was nie. Die voor-

sittende regter het gevolglik die doodvonnis ten opsigte van

elkeen van die moorde beveel. 'n Aansoek om verlof om na

hierdie hof te appelleer teen die bevinding dat versagtende

omstandighede nie by die pleging van die moorde aanwesig was

nie ................

3
nie, is deur die voorsittende regter afgewys. 'n Petisie

wat daarna aan die Hoofregter gerig is, het egter geslaag,

en is verlof aan appellant verleen om na hierdie hof te ap-

pelleer.

Die voorval wat tot die vervolging van appellant

en Zagarias gelei het, het op Sondagaand 17 April 1983 in

'n kompartement van 'n spoorwegwa by die Pietersburgse stasie

plaasgevind. Die 5 Swartmans wat in die akte van beskul-

diging genoem word, het in die kompartement gesit toe ap-

pellant sonder enige vooraf waarskuwing met 'n pistool op

hulle losgebrand het. Drie van hulle is met noodlottige

gevolge getref, terwyl twee die aanslag oorleef het. Ap-

pellant het in sy getuienis ter versagting by herhaling gesê

dat ..............

4

dat hy alle Swartmense haat, en dat hy bedoel het om die

passasiers in die kompartement dood te skiet bloot omdat

hulle Swartmans was. Uit die oorkonde blyk dat appellant

op tienjarige leeftyd 'n traumatiese ervaring beleef het toe

hy meegedeel is dat sy raoeder op heterdaad betrap is waar sy

ontug met 'n Swartman gepleeg het. Dit blyk dat sy 'n al-

koholis was en ontug met die Swartman gepleeg het ten einde

drank van hom te kry. Appellant kon hierdie ervaring nie

verwerk nie, en hy het voortdurend daaroor nagedink veral

wanneer hy gedrink het terwyl hy na "treurige" musiek geluis

ter het. Die gesinslewe is ontwrig. Appellant en

Zagarias het etlike jare in Kindertehuise tuisgegaan.

Appellant het Swartmense as 'n groep geblameer vir die on-

heil ..........

5
heil wat hom en sy mense getref het.

Wat skoolopleiding betref het appellant tot stan-

derd nege gevorder toe hy besluit het om die skool te verlaat

ten einde werk by die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste te ver-

kry. Hy is aangestel as assistent van die bestuurder

van 'n diesel eenheid. Hy was gelukkig in sy werk

en het 'n redelik goeie salaris verdien. Hy het later

'n huis te huur gekry waar sy vader, suster en 'n werklose

broer by hom ingewoon het. Hy en Zagarias het die

milie onderhou. Albei van hulle het motorvoertuie besit,

alhoewel appellant nie 'n rybewys gehad het nie.

Gedurende die namiddag van die betrokke Sondag

het appellant na plate geluister en ook brandewyn gedrink

Hy ............

6
Hy het weer oor sy ongelukkige jeugjare nagedink en dit het

sy haat jeens Swartmense laat oplaai tot so 'n mate dat hy

besluit het om Zagarias se pistool te leen ten einde Swart-

mans op die Pietersburg stasie dood te skiet. Hy het sy

voorneme met Zagarias bespreek en laasgenoemde het te kenne

gegee dat hy bereid was om saam te werk. Gedurende die

loop van die namiddag het appellant 'n halfbottel brandewyn

leeg gedrink. Getuienis wat ter versagting namens ap-

pellant afgelê is wou die indruk skep dat hy redelik sterk

onder die invloed van drank verkeer het toe hy kort na 18h00

saam met Zagarias die huis verlaat het ten einde vir diens

by die stasie aan te meld. Van die stasie personeel wat

met appellant in noue aanraking was het egter getuig dat

hulle .............

7
hulle geensins die indruk gekry het dat hy in enige merkbare

opsig onder die invloed van drank was nie. Hy het sy

take met sy gebruiklike nougesetheid uitgevoer. Hy het

normaal gepraat en geloop. Die hof a quo het bevind dat

die getuienis van appellant se vader en dié van ander getuies

wat getuig het dat hy merkbaar onder die invloed van drank

was nie geloofwaardig was nie. Die hof was beïndruk

deur die getuienis van die loodsvoorman (mnr Bezuidenhout)

en die drywer van die dieseleenheid waarop appellant later

die aand as assistent sou optree (mnr Viviers) dat appellant

"heeltemal normaal" voorgekom en opgetree het. By op-

weging van die getuienis in verband met drankgebruik en die

gevolge daarvan bevind die hof a quo soos volg:

"Die ..........

8
"Die onus rus op díe beskuldigde om
op 'n oorwig van waarskynlikhede ver-
sagtende omstandighede aan te toon.
Wat die aspek van drank betref, is die
getuienis van die Staatsgetuies
Bezuidenhout en Viviers nie werklik
in geskil geplaas nie. Dit is veral nie
aan die Staatsgetuies gestel wat die
beskuldigdes se vader en halfbroer Van
Rensburg met betrekking tot die toestand
van beskuldigde 1 sou getuig nie.
In die omstandighede is ek van mening
dat die Hof nie die getuienis van die be-
skuldigdes se vader en Van Rensburg
met betrekking tot beskuldigde 1 se
toestand van intoksikasie bo dié van
Bezuidenhout en Viviers kan aanvaar nie.
Die Hof is trouens van mening dat die
beskuldigdes se vader en halfbroer, Jan
van Rensburg, hulle getuienis in hiérdie
verband aangedik het en dat beskuldigde
1 beslis nie tot so 'n mate onder die
invloed van drank was as wat hulle wil
voorgee nie.
Die Hof aanvaar dat beskuldigde 1
wel die betrokke Sondag gedrink het,

maar

9

maar die Hof is eenparig van mening
dat die drank níe beskuldigde 1 se ge-
moedstoestand op so 'n wyse beïnvloed het
dat hy, wat sy wandade betref, met minder
verwyt bejeen kan word nie."

Die appellant en Zagarias is vir die tydperk 16
Junie 1983 tot 20 Julie 1983 onder observasie by Weskoppies
Hospitaal aangehou. Prof. Plomp, eerste psigiater verbonde
aan die hospitaal en mede-professor in psigiatrie aan die
Universiteit van Pretoria, het met betrekking tot die geestes-
toestand van appellant en Zagarias getuig. Dr. J P Verster,
'n psigiater in privaat praktyk, het ook vir appellant en
Zagarias ondersoek. Die twee psigiaters het gesamentlik
verslag gedoen. Wat dit betref lui die uitspraak soos
volg:

"Volgens

10

"Volgens gesamentlike psigiatriese
verslae van hierdie twee psigi.aters
blyk dit dat daar nie by een van die twee
beskuldigdes enige geestesongesteldheid
of geestesgebrek gevind was nie. In die
geval van beide beskuldigdes het die
psigiaters egter bevind dat die beskul-
digdes emosioneel onvolwasse is. Die
psigiaters het egter verder bevind dat
die graad van emosionele onvolwassen-
heid in nie een van hierdie twee gevalle
voldoende is om 'n diagnose van persoon-
likheidsafwyking te maak nie. Prof.
Plomp het die hele verhoor bygewoon en
al die getuienis aangehoor. Prof.
Plomp het tydens sy getuienis daarop
gewys dat beide beskuldigdes gedurende
die laaste jare goed in die samelewing
funksioneer. Hulle het die finansiële
verantwoordelikheid van hulle vader,
werklose broer en suster op hulle geneem
en hulle ondersteun. Dit blyk selfs
dat hulle hulle vader en suster op
emosionele vlak ondersteun het. Verder
blyk dit dat beide beskuldigdes geluk-
kig in hulle werk by die Suid-Afrikaanse

Vervoerdienste

11

Vervoerdienste was en dat hulle hulle
onderskeie take daar nougeset verrig
het.
Op grond van hulle bevindings was
die psigiaters eenparig van oordeel dat
daar geen persoonlikheidsgebrek by
enigeen van die twee beskuldigdes was
nie. Aan die ander kant was daar wel
tekens van emosionele onvolwassenheid
by beide die beskuldigdes gevind.
Volgens prof. plomp blyk dit onder andere
uit beskuldigde 1 se inter-persoonlike
afhanklikheid van sy jonger broer, be-
skuldigde 2, wat amper drie jaar jonger
as hy _is. 'n Verdere teken van beskul-
digde 1 se emosionele onvolwassenheid
blyk uit sy onredelike en irrasionele
haat teenoor Swartmense as 'n groep.
Prof. Plomp het in hierdie verband ook
gewys op beskuldigde 1 se self pynigende
martelaarshouding met betrekking tot
die onaangename gebeure uit sy jeugjare
en beskuldigde 1 se neiging om die
hartseer te vertroetel tot op 'n punt
van selfbejammering."

In ................

12

In die hof a quo is namens appellant betoog:

".... dat die Hof hierdie aspek van die
emosionele onvolwassenheid van beskuldigde
1 sal oorweeg as 'n faktor wat saam met
beskuldigde 1 se agtergrond, sy jeug-
digheid en sy drankverbruik beskuldig-
de 1 se gedagtegang tot so 'n mate be-
invloed het dat dit beskuldigde 1 se
morele verwytbaarheid vir die dade ver-
minder."

Die slotsom waartoe die hof a quo geraak het blyk
uit die volgende passasie in die uitspraak:

"Ek mag meld dat beskuldigdes uitdruk-
lik getuig het dat hulle nie hierdie
dade gepleeg het omdat hulle lede van
enige politieke party is of omdat hulle
deur enige politieke party opgesweep is
om hierdie dade te verrig nie. Dit is
trouens gemene saak dat die politiek
as sodanig geen rol by die pleging van
hierdie misdade gespeel het nie.

Die Hof het ernstige oorweging ge-

gee ........

13

gee aan die faktore wat deur mnr. Van
den Heever namens beskuldigde 1 aange-
voer is, maar die Hof het eenparig be-
vind dat dit nie versagtende omstan-
dighede uitmaak nie. Die Hof kan nie
uit die oog verloor op watter genade-
lose wyse beskuldigde 1 volgens sy eie
getuienis die vyf onskuldige Swart slag-
offers doelbewus na 'n leë kompartement
gelei het met die uitdruklike oogmerk
om hulle daar koelbloedig af te maai
nie. Beskuldigde 1 het getuig dat hier-
die vyf Swartes hom hoegenaamd geen leed
aangedoen het nie maar dat hy Swartes
in die algemeen gehaat het en dat hy
hierdie vyf geskiet het met die doel
om hulle dood te skiet.

In die lig van al hierdie omstandighed
is die Hof eenparig van mening, en is dit
ook die Hof se bevinding, dat daar in
die geval van beskuldigde 1 GEEN VER-
SAGTENDE OMSTANDIGHEDE met betrekking
tot die drie moord aanklagte aanwesig
is nie."

In hoër beroep voor hierdie hof is namens appellant

betoog

14
betoog dat alhoewel hy tydens die pleging van die misdrywe
21 jaar oud was, hy

"inderdaad die peil van ontwikkeling,
agtergrond en rypheid van 'n jeugdige
en selfs tienderjarige gehad het."

Dit is betoog dat die hof a quo gefouteer het deur nie appellant
se jeugdigheid as 'n versagtende omstandigheid te aanvaar nie.
Alhoewel die psigiatriese getuienis op 'n mate van emosionele
onvolwassenheid by appellant dui, blyk dit uit die getuienis
as 'n geheel dat hy nogtans in die gewone loop van sake as
'n volwassene opgetree het. Hy het, by voorbeeld, 'n vaste
betrekking gehad en sy werk op 'n nougesette wyse verrig.
Hy het verantwoordelikheid aanvaar vir die onderhoud van sy
vader, 'n werklose broer en 'n jonger suster. Dit blyk

ook

15

ook nie dat appellant die misdrywe gepleeg het as gevolg van

beïnvloeding deur andere nie.

Voorts is betoog dat die hof a quo te min gewig ge-

heg het aan die psigiatriese getuienis met spesifieke ver-

wysing na appellant se agtergrond. Die hof a quo het

nie die psigiatriese getuienis verontagsaam nie, maar het

appellant se agtergrond nie as 'n versagtende omstandigheid

aanvaar nie. Na my mening verstrek appellant se agter-

grond 'n verduideliking vir die onredelike en irrasionele

haat wat hy jeens Swartmense gekoester het. Na my mening

het dit nie 'n versagtende omstandigheid daargestel nie.

Dit is ook aangevoer dat die hof a quo gefouteer

het deur te min gewig te heg aan die rol en die effek wat die

drank ................

16

drank op appellant se oordeelsvermoë gespeel het in die

beplanning en uitvoering van die misdrywe. Na my mening

het die hof a quo om goeie redes getuienis dat appellant

sterk onder die invloed van drank was toe hy die huis verlaat

het om hom by die stasie vir diens aan te meld verwerp.

Die hof a quo het aanvaar dat appellant gedurende die loop

van die namiddag brandewyn gedrink het. Getuienis dat

hy níe merkbaar onder die invloed van drank was nie toe hy

hom by die stasie vir diens aangemeld het is deur die hof

a quo aanvaar. Dit blyk na my mening moontlik te wees dat

drank 'n rol by die beplanning van die misdrywe gespeel het.

Die vraag is egter of dit in enige mate 'n rol by die pleging

van die misdrywe gespeel het. Wat dit betref het die

hof .........

17
hof a quo na my mening om goeie redes besluit dat nie bewys
is dat sterk drank enige beduidende rol by die pleging van
die misdrywe gespeel het nie.
Ten slotte is betoog dat die hof a quo te min
gewig geheg het aan die impulsiwiteit van die appellant
se besluit die betrokke dag insoverre dit die beplanning
van die betrokke misdrywe betref. Na my mening kan dit
kwalik gesê word dat die getuienis daarop dui dat die be-
planning "impulsief" was. Die beplanning is gedoen
terwyl appellant gedrink het en musiek gespeel het wat bere-
ken was om hom tot droefheid te stem. In ieder geval
blyk dit uit die getuienis dat appellant ruim tyd tot besin-
ning gehad het voordat hy op die Swartmans geskiet het.

Na

18
Na my mening blyk dit uit die oorkonde dat die

hof a quo, wat betref die bevinding dat dit nie bewys is

dat versagtende omstandighede by die pleging ván die mis-

drywe aanwesig was nie, geen onreëlmatigheid of mistasting

begaan het nie. Geen wesentlike aspek wat op moontlike

versagting gedui het is buite rekening gelaat nie. Na

my mening kan dit ook nie gesê word dat 'n hof nie redeliker-

wyse tot die slotsom kon geraak het dat versagtende omstan-

dighede nie by die pleging van die moorde aanwesig was nie.

Inmenging deur hierdie hof in die bevinding van

die hof a guo dat nie bewys is dat versagtende omstandig-

hede by die pleging van die misdrywe aanwesig was nie is

derhalwe nie geregverdig nie.

Derhalwe word die appël afgewys

P J WESSELS, Wn AR

19
JANSEN, AR
JOUBERT,AR
VAN HEERDEN, AR
SMALBERGER, Wnd AR

Stem saan