South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 23
| Noteup
| LawCite
Du Preez en 'n Ander v Vennote (22/79) [1984] ZASCA 23 (23 March 1984)
Download original files |
SAAK NO. 22/79
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
LOUIS JAMES ANDREW DU PREEZ EERSTE APPLIKANT
en
MONICA ELIZABETH DU PREEZ TWEEDE
APPLIKANT
teen
MARAIS PIENAAR EN
VENNOTE RESPONDENT
Coram: Trengove, Viljoen ARR et Galgut
Wnde AR Verhoor: 13 Maart 1984 Gelewer: 23 Maart 1984
UITSPRAAK
TRENGOVE, AR/
2. TRENGOVE, AR
Die
eerste applikant en sy eggenote, die tweede applikant, doen aansoek om
kondonasie van hul versuim om betyds die nodige afskrifte
van die oorkonde van
'n saak, waarin hulle appèl aangeteken het, by die griffier van hierdie
hof in te dien. Die applikante
het in Februarie 1974, in die Kaap die Goeie Hoop
Provinsiale Afdeling, 'n aksie vir skadevergoeding teen die respondent, 'n
prokureursfirma,
aanhangig gemaak. Die verhoor het op 2 Maart 1976 begin en tot
16 Junie 1976 voortgeduur. Na 'n ver-traging van twee-en-'n-halfjaar,
wat
blykbaar
grootliks/
3.
grootliks te wyte was aan omstandighede buite die
verhoorregter se beheer, het hy op 15 Desember
1978 uitspraak teen die applikante gegee en hulle
eise afgewys, met koste.
Die applikante het toe
op 16 Januarie 1979 appèl teen die uitspraak
aan-
geteken maar, soos reeds vermeld, daarna versuim
om die nodige
afskrifte van die oorkonde, ooreen-
komstig die bepalings van reël 5(4)
van die reëls
van hierdie hof, by die griffier in te dien.
Die
onderhawige aansoek is op 4 Oktober 1982 by hierdie
hof aanhangig
gemaak.
Voordat ek op die meriete van die
aansoek ingaan, verwys ek eers kortliks
na die
gebeurde/
4. gebeurde wat tot die geding teen die respondent aanleiding gegee het. Die applikante was op 17 Desember 1968 beseer in 'n botsing tussen 'n motorvoertuig wat deur die eerste applikant bestuur is en 'n motorvoertuig bestuur deur ene Rafferty. Laasgenoemde voertuig was ingevolge die bepalings van die Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942 (die Wet) deur die A A Onderlinge Assuransie Assosiasie Beperk (die versekeraar) verassureer. Aangesien die applikante van oordeel was dat die botsing geheel en al aan die halatigheid van Rafferty te wyte was, het hulle op 13 Mei 1970 eise ingevolge die
bepalings/
5. bepalings van art. 11 bis (1) van die Wet aan die versekeraar gestuur. Toe daar nie aan hierdie eise voldoen is nie, het die applikante besluit om 'n aksie om skadevergoeding teen die versekeraar, in te stel. Hulle het gevolglik op 18 Februarie 1970 die respondent opdrag gegee om hulle belange in dié verband te behartig, welke opdrag die respondent aanvaar het. Die respondent het om een of ander rede, wat nie uit die oorkonde blyk nie, die dagvaarding in verband met die applikante se eise eers op 15 Februarie 1971 aan die versekeraar laat beteken. Dit was een dag te laat. Die eise het reeds kragtens die
bepalings/
6.
bepalings van artikel 11(2) van die Wet verjaar
en toe die versekeraar hom
hierop beroep, kon
daar nie met die saak voortgegaan word nie.
Dit blyk
dat die respondent toe op 31 Julie
1972 'n skrywe aan die applikante gerig
het wat
soos volg lees:
"i/s: ASSURANSIE-EIS. Ons verwys na ons onderhoud en bevestig dat u eis teen die Derdepartyversekeraars verval
het vanweë die feit dat be-stelling van die dagvaarding met een dag te laat gedien is.
Ons bevestig voorts dat ons onder omstandighede as Prokureurs wat vir u in hierdie eis opgetree het, moet onttrek en dat u moet oorweeg 'n eis teen ons firma vir skade wat u mag gely het."
Só/
7. Só het dit gebeur dat die applikante toe in Februarie 1974 die aksie teen die respondent ingestel het waarin hulle onderskeidelik skadevergoeding ten bedrae R79 752,74 en R1 335,00 geëis het. By die verhoor was die hoof geskilpunte (a) of dit die respondent se skuld was dat die applikante se eise teen die versekeraar verjaar het en, indien wel, (b) of die applikante onderskeidelik voormelde bedrae van die versekeraar sou verhaal het indien hulle eise nie verjaar het nie. Die verhoorregter het die eerste geskilpunt ten gunste van die respondent beslis en dit ge-volglik nie nodig geag om enigsins op die
meriete/
8.
meriete van die tweede geskilpunt in te gaan nie.
Die verloop van sake na die uitspraak van die verhoorhof op 15 Desember 1978, kan in breë trekke soos volg saamgevat word:
(a) Die applikante het, soos reeds vermeld, op
16 Januarie 1979
appèl teen die uitspraak aange-teken. Vanweë die finansiële
verknorsing waarin die applikante destyds
verkeer het (en blykbaar nog steeds
verkeer), het hulle ook reeds op 18 Desember 1978 by die Regshulpraad om
regshulp aangeklop.
Ten spyte van herhaalde vertoë is hul aansoek op 17
April 1979 finaal afgewys.
(b)/
9.
(b) Op 16 Maart 1979 het die applikante die
respondent versoek om toe te stem (i) tot 'n ver-
lenging van die termyn vir die indiening van die
afskrifte van die oorkonde, en (ii) dat die
applikante die appèl in forma pauperis voer indien
hulle aansoek om regshulp nie slaag nie. Na heel-
wat briewewisseling is
die applikante op 3 Julie
1979,meegedeel dat die respondent toestem dat die
appel in forma
pauperis gevoer word "sonder om toe
te gee dat daar redelike vooruitsig
op sukses bestaan."
Daar was toe verdere briewewisseling oor die
appli-
kante se versoek om uitstel in verband met die in-
diening van die
afskrifte van die oorkonde.
(c)/
10.
(c) Die applikante het intussen, naamlik op 25
Julie 1979, 'n aansoek by
hierdie hof ingedien
(i) om kondonasie van hul versuim om betyds aan
die
voorskrifte van reëls 4(7)(a) en 5(4) van die
reëls van hierdie hof
te voldoen, en (ii) om
toestemming om in forma pauperis te
appelleer.
Nadat die respondent toegestem het dat die appèl
in
forma pauperis gevoer word, is hierdie aansoek teruggetrek. Op 27 Julie
1979 het die applikante die Regshulpraad weereens om hulp genader maar ook
hierdie aansoek is afgewys.
(d) Op 14 Desember 1979 het die respondent
die
applikante meegedeel dat verdere uitstel vir
die/
11.
die indiening van die afskrifte van die
oorkonde nie
verleen kon word nie en dat
die saak, wat die respondent betref, as
af-
gehandel beskou word. Daarna het die respondent
vir ongeveer 21 maande
lank hoegenaamd niks van
die applikante verneem nie. Dit blyk dat
die
applikante inmiddels gespartel het om geld in
die hande te kry om die
nodige getal afskrifte
van die oorkonde te laat maak. Hoe dit ook sy,
op 2
September 1981 skryf die applikante se
prokureurs o a soos volg aan die
respondent:
"As you are aware, our client is in an impoverished state, and has not been able to
accumulate/
12.
accumulate the sum of approxi-mately R1,000,00 which would be required. Our client has how-ever now finally succeeded in borrowing various sums from a number of people and has in fact paid the required amount into our offices. As our client is substantially out of time, we have been instructed to request you formally, as we hereby do, for an extension of time within which to lodge the necessary copies of the record. Should you not consent to our aforesaid request, we shall be obliged to make application to Court for such condonation, and we shall naturally request an appropriate order in respect of costs. Kindly let us hear from you per return."
Die applikante is op 4 Desember 1981 meegedeel dat
die respondent nie
bereid is om aan hierdie
versoek/
13. versoek te voldoen nie.
(e) Hierna
verloop daar ongeveer 6 maande voordat die respondent weer iets van die
applikante hoor. Op 2 Junie 1982 skryf die applikante
se prokureurs aan die
respondent en sê, met verwysing na hulle brief van 2 Desember 1981, dat
dit agterna geblyk het dat die
applikante se fondse onvoldoende was om die koste
van die voorbereiding van die afskrifte van die oorkonde te dek. Hulle sê
verder dat die applikante besig was om pogings aan te wend om die bedrag wat
kortkom in die hande te kry, en dat hulle steeds van
voorneme is om met die
appèl voort te gaan. Die applikante het blykbaar
kort/
14. kort hierna daarin geslaag om die addisionele
fondse in die hande te kry en op 4 Oktober 1982
het hulle toe uiteindelik die onderhawige aansoek
by hierdie hof ingedien. Dit word op verskeie
gronde deur die respondent
teengestaan.
Die hof se uitgangspunt en
benadering by die oorweging van 'n aansoek
van
hierdie aard is bekende reg. In Melane v Santam
Insurance Co. Ltd. 1962(4) S A 531(A) 532 C-E
het Holmes, AR dit so
gestel:
"In deciding whether sufficient cause has been shown, the basic principle is that the court has a discretion, to be exercised judicially upon a consideration
of/
15.
of all the facts, and in essence it is a matter of fairness
to both sides. Among the facts usually relevant are the degree of lateness,
the
explanation there-for, the prospects of success, and the importance of the case.
Ordi-narily these facts are interrelated:
they are not individually decisive,
for that would be a piecemeal approach incompatible with a true discretion, save
of course that
if there are no prospects of success there would be no point in
granting condonation. Any attempt to formu-late a rule of thumb would
only serve
to harden the arteries of what should be a flexible discretion. What is needed
is an objective conspectus of all the facts. Thus a slight delay and a
good explanation may help to compensate for prospects of success which are not
strong.
Or the importance of the issue and strong prospects of success may
tend/
16.
tend to compensate for a long
delay."
(Kyk ook: Federated Employers Fire and General Insurance Co. Ltd. v.
McKenzie, 1969(3) S A 360(A) op 362 F-H; United Plant Hire (Pty) Ltd. v.
Hills and Others 1976(1) S A 717(A) op 720 E-G)
Die applikante se
grootste struikelblok in hierdie saak is die feit dat daar bykans
drie-en-'n-halfjaar verloop het voordat die onderhawige
aansoek by die hof
ingedien is. Hoe-
wel die applikante reeds teen ongeveer 16 Maart
1979
besef het dat hulle aansoek om kondonasie behoort te
doen, is hierdie
aansoek eers op 4 Oktober 1982
aanhangig gemaak. Mnr Lenhoff het, namens
die
applikante/
17. applikante, geredelik toegegee dat hulle versuim oor 'n buitengewoon lang tydperk gestrek het, maar hy het betoog dat die hof dit desnietemin behoort te kondoneer. Hy het in dié verband verwys na die feite en omstandighede wat in sub-paragrawe (a), (b), (c) en (e) hierbo uiteengesit is en aangevoer dat die applikante se versuim in der waarheid aan omstandighede buite hulle beheer te wyte was. Ek kan nie met hierdie argument saamstem nie. Ek aanvaar dat die applikante deurentyd in 'n benarde finansiële posisie verkeer het en dit nie kon bekostig om die nodige afskrifte van die oorkonde te laat maak nie. Dit verklaar
egter/
18.
egter nog nie waarom hulle so lank met hierdie aansoek gesloer het nie. Volgens die gegewens voor die hof is dit duidelik dat hulle finansiële posisie nie so haglik was dat hulle nie alreeds op 'n baie vroeër stadium hierdie aansoek kon ingedien het nie. Ons weet bv. dat die applikante gedurende Junie 1979 'n soortgelyke aansoek aanhangig gemaak het maar dit toe weer teruggetrek het. Hierdie hof het al by herhaling beklemtoon dat waar 'n party vind dat hy in versuim geraak het, dit sy plig is om sonder verdere uitstel aansoek om kondonasie te doen. (Kyk bv. Commissioner for Inland Revenue v. Burger, 1956(4) S A 446(A) op 449 en Meintjies v. H D
Combrink/
19. Combrink (Edms) Bpk. 1961(1) S A 262 (A) op 264 A-B). Die applikante het geen verduideliking verstrek nie waarom hulle hul vroeëre aansoek teruggetrek het en daarna ongeveer drie jaar lank gesloer het voordat hulle weer aansoek om kondonasie gedoen het. Mnr Lenhoff het aan die hand gedoen dat die applikante waarskynlik gemeen het dat dit sinneloos sou wees om weer aansoek te doen alvorens hulle oor vol-doende fondse beskik om die koste van die afskrifte van die oorkonde te dek. Maar dít is geen verskoning nie. 'n Appellant moet so spoedig moontlik na sy versuim aansoek om kondonasie doen en dit aan die hof oorlaat om in die lig van al die omstandighede van
die/
20.
die geval te besluit of kondonasie verleen moet word en, indien wel, op welke voorwaardes. Om, in 'n geval soos die onderhawige, die bepaling van die tydstip waarop aansoek om kondonasie gedoen moet word aan die eie oordeel van 'n appellant oor te laat, sal 'n onhoudbare toestand skep. Dit is ook dienstig om in hierdie stadium weer daarop te wys dat die applikante by twee geleenthede vir lang tydperke aaneen - vir ongeveer 21 maande en ongeveer 6 maande onderskeidelik - die respondent geheel en al in die duister gelaat het aangaande hulle voornemens. (Kyk sub paragrawe (d) en (e) hierbo).
Daar is ook namens die applikante
aangevoer/
21. aangevoer dat daar redelike vooruitsigte is dat hul appèl sal slaag. Redelike vooruitsigte op sukses is 'n belangrike oorweging maar dit is nie noodwendig altyd 'n deurslaggewende faktor nie. (Kyk: Immelman v. Loubser en 'n Ander, 1974(3) S A 816(A) op 824(C) en die gewysdes daar aangehaal.) Soos reeds hierbo aangedui, het die verhoorregter nie al die geskilpunte voor die hof in sy uitspraak behandel nie. Hy het hom beperk by die vraag of die applikante bewys het dat dit die respondent se skuld was dat die dagvaarding nie betyds aan die ver-sekeraar beteken is nie. Hy het bevind dat die applikante hulle nie van die bewyslas t o v
hierdie/
22.
hierdie geskilpunt gekwyt het nie. Hy het o m
gesê:
"In die loop van die verhoor van die onderhawige saak is daar hoe-genaamd geen direkte getuienis van nalatigheid deur Verweerder (handelende deur sy lede of werknemers) aangevoer nie en daarbenewens ook geen ge-tuienis waarvan afgelei kan word -self prima facie - dat die skuld vir die omstandigheid dat die dag-vaarding te laat beteken is by Ver-weerder tuishoort liewers as by Eisers, hul advokaat, die Griffier,
die Adjunk-Balju of iemand anders nie. Om die waarheid te sê is dit nie eers moontlik om uit die aan-gevoerde getuienis enige indruk hoe-genaamd te verkry m b t die tydstippe waarop enige van die verskeie stappe ter voorbereiding van Eisers se saak, wat klaarblyklik voltooi
moes/
23.
moes geword het voordat die dag-vaarding aan die A A Onderlinge beteken kon word (soos werklik gebeur het - alhoewel laat), gedoen is nie. Dus is daar geen aan-duiding in die getuienis welke van die genoemde stappe gedurende die laaste paar weke of (wat seker in werklikheid van meer kritieke belang was) gedurende die laaste paar dae van die verjaringstermyn gedoen is nie. Dit volg dat 'n mens nie eers kan be-gin om vas te stel wie verantwoordelik was vir die noodlottige versuim wat plaasgevind het nie."
Mnr Lenhoff het betoog dat die verhoor-
regter misgetas het. Hy het hom beroep op die re-
spondent se brief van 31
Julie 1972 aan die applikante
(wat hierbo volledig aangehaal is), en die feit dat
niemand by die verhoor
namens die respondent verduidelik
het/
24. het waarom die dagvaarding nie betyds aan die versekeraar beteken is nie. Hy het betoog dat die verhoorregter in die lig van hierdie feite moes bevind het dat die applikante, inderdaad, volgens oor-wig van waarskynlikheid, bewys het dat die respondent nalatiglik versuim het om die dagvaarding betyds te laat beteken. Hierdie betoog is, op die oog af, nie sonder meriete nie. Dit is egter nie nodig om daarop in te gaan nie want selfs al word dit ten gunste van die applikante aanvaar dat die ver-hoorregter op hierdie punt gefouteer het, beteken dit nie sondermeer dat hul appèl sal slaag nie. Die vraag sal dan ontstaan of die applikante by
die/
25. die verhoor ook, volgens 'n oorwig van waarskynlik-heid, bewys
het dat hulle albei teen die versekeraar sou geslaag het indien
hulle eise nie
as gevolg van die respondent se toedoen verjaar het nie. Die applikante sal in
so 'n geval die hof om volgens 'n oorwig
van waarskynlikheid moet oortuig dat
Rafferty, die bestuurder van die versekerde voertuig, kousaal nalatig was.
Hieroor kan ons op
die oomblik geen oor-deel vel nie omdat die applikante
hoegenaamd geen besonder-hede van die strekking van die getuienis by die
ver-hoor
aan hierdie hof voorgelê het nie. Dit is gemene saak dat die
applikante insae in die oorkonde gehad het, of kon gehad het.
Die minste wat
hulle in
die/
26. die onderhawige geval moes gedoen het was om 'n kort en bondige
samevatting van die getuienis by die verhoor by hulle aansoek
aan te heg. Hulle
het dit nie gedoen nie en hulle het ook nie enige verduideliking gegee waarom
dit nie gedoen is nie. Dit is ook
gemene saak tussen die partye dat as hierdie
hof by appèl die eerste geskilpunt ten gunste van die applikante sou
uitwys,
die saak nie na die verhoorhof terug verwys behoort te word nie. Hierdie
hof sal dan na sy beste vermoë volgens die oorkonde
moet oordeel of die
applikante hulle ook van die bewyslas t o v die tweede geskilpunt gekwyt het. By
ontstentenis van enige aanduiding
van/
27. van die strekking van die getuienis by die verhoor, is dit onmoontlik om selfs by benadering te oordeel wat die applikante se vooruitsigte op sukses by appèl is.
Mnr Lenhoff het, ten slotte, betoog dat die appèl vir beide applikante 'n saak van wesentlike belang is. Ek aanvaar dat dit die geval is - veral wat die eerste applikant betref -en dat dit 'n faktor is wat die hof by die uitoefening van sy diskresie in aanmerking moet neem. Die eerste applikant het 'n betreklike hoë bedrag (R79 752,74) as skadevergoeding geëis. Ongelukkig weet ons weer eens nie of die applikante by die verhoor daarin
geslaag/
28. geslaag het om te bewys dat hulle skade gely het, en indien wel, wat die omvang daarvan is nie. Ek aanvaar nietemin ten gunste van die applikante dat die appèl vir hulle 'n saak van wesentlike belang is. Die hof moet by die uitoefening van sy dis-kresie egter ook op die belange van die respondent ag slaan. Wat die respondent betref, geld veral die volgende oorwegings. Dit is vir die respondent, net soos vir enige ander litigant, van belang dat gedingvoering nie onnodig vertraag word nie. Hoewel die verhoorhof, soos hierbo vermeld, reeds op 15 Desember 1978 ten gunste van die respondent uitspraak gegee het, is die geskil tussen die
partye/
29. partye nog nie finaal afgehandel nie.
Die respondent is nie verantwoordelik vir hierdie ver-traging nie. Hierbenewens
blyk dit
dat die re-spondent se direkte uitgawes in verband met die verhoor R17
500 beloop het. Ten spyte van die kostebevel ten gunste van
die respondent is
daar, vanweë die applikante se swak finansiële omstandig-hede, weinig
kans dat enige koste van hulle
verhaal sal kan word. As hierdie aansoek
toegestaan word, sal die respondent aan 'n soortgelyke finansiële risiko
blootgestel
wees.
Om saam te vat. Ek het met inagneming van al die
omstandighede hierbo uit-
eengesit/
30. eengesit tot die slotsom gekom dat die applikante nie genoegsame redes aangevoer het vir kondonasie van hulle versuim om aan die voorskrifte van reel 5(4) te voldoen nie.
Die applikante se aansoek word derhalwe, afgewys.
TRENGOVE, AR
Viljoen AR )
) Stem saam Galgut Wnde AR)