South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 33
| Noteup
| LawCite
S v Mugwedi and Another (271/82) [1984] ZASCA 33 (29 March 1984)
Download original files |
Saak Nr 271/82
E N MUGWEDI en P MULAUPZI
en DIE STAAT
JANSEN AR.
Saak Nr 271/83. M.C.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ELIAS NEMAKHAVHANI MUGWEDI ... Appellant Nr 1.
PETRUS
MULAUDZI Appellant Nr 2.
- en -
DIE STAAT Respondent.
Coram: JANSEN AR et SMUTS, HOWARD Wnd ARR.
Verhoor: 17
Februarie 1984. Gelewer: 29 Maart 1984.
2. UITSPRAAK.
JANSEN AR :-
Die twee appellante is in die Hooggeregshof van Venda deur Hoofregter VAN RHYN en assessore aan die moord van 'n vrou, ene Masindi Makhezha Mugwedi,
skuldig bevind - in die geval van die tweede appellant met versagtende omstandighede. Die eerste appellant is ter dood veroordeel en die tweede appellant is gevangenisstraf van 6 jaar opgelê. Met verlof ingevolge art 316(8) (c)(ii) van Wet 51 van 1977 appelleer hulle teen die skuldigbevindings.
Masindi (so is sy deur die getuies genoem)
het
/
3. het alleen in 'n stat, bestaande uit twee hutte geleë te
Tshamavhudzi, in die Sibasa-distrik gewoon. Een nag, vroeg in Februarie
1982,
het Masindi se twee hutte afgebrand en Masindi self het spoorloos verdwyn. Later
is egter vlekke, wat na bloedkolle gelyk het,
op die vloer en aan die deurkosyne
van een van die hutte (nl dié een waarin sy geslaap het) bemerk.
Die
Staat se saak is dat gedurende die betrokke nag die eerste appellant, 'n sg
"kruiedokter", vergesel van die tweede appellant en
andere, na Masindi se stat
gegaan het en die woonhut binnegegaan
het /
4.
het; dat terwyl die tweede appellant met 'n flits lig verskaf het, die eerste appellant Masindi, waar sy op haar bed gelê en slaap het, met 'n byl teen die kop en nek gekap het en daarna haar skaam= dele afgesny het, haar oë uitgehaal het en haar buik oopgesny het en binne 'n stukkie vet verwyder het; dat ene Piet Nemalamangwa haar borste en 'n hand of arm afgesny het; dat die liggaamsdele in 'n plastieksakkie gesit is; dat Masindi se lyk toe in komberse toegedraai en met 'n tou vasgemaak is en op die deur van die hut, wat vir hierdie doel afgeruk is, na die eerste appellant se motorvoertuig gedra
is en / ....
5.
is en daarin gelaai is; dat die eerste appellant intussen Masindi se hutte
aan die brand gesteek het; dat daarna die eerste appellant,
vergesel van die
tweede appellant en andere, met sy voertuig die toegedraaide lyk na die
Levuburivier vervoer het; dat aldaar klippe
as gewigte tussen die komberse en
lyk ingesteek is, en dat die bondel toe in die rivier gegooi is.
Die Staat se
saak berus op twee getuies, Samuel Makasela en Maria Ndou, wat volgens hul eie
relase saam met die twee appellante en
andere dié nag na Masindi se stat
gegaan het. Makasela sê
dat hy / ....
6.
dat hy deurgaans aanwesig was totdat die lyk in
die rivier gegooi is terwyl Ndou sê dat sy nie
saam met die voertuig gegaan het toe dit met die
lyk vertrek het nie. Oor die gebeure tot op
daardie tydstip staaf Makasela en Ndou mekaar ten
volle oor die
besonderhede hierbo uiteengesit.
Die appellante het albei getuig.
Elk het hoegenaamd enige betrokkenheid by die
gebeure ontken en daarop
aanspraak gemaak dat hy
die betrokke nag by sy woonplek deurgebring
het.
Geen stawende getuienis is egter ten behoewe
van die appellante voorgelê nie. 'n Poging deur die eerste appellant om 'n
rede /
7.
rede te verstrek waarom Samuel Makasela hom valslik sou beskuldig, is tereg
deur die Hof a quo as die gryp na 'n strooihalm bestempel; die tweede
appellant kon hoegenaamd geen beweegrede aandui waarom die twee getuies hom
valslik
sou impliseer nie.
Die Hof a quo het Maria Ndou as 'n "besondere
goeie getuie" beskou en Samuel Makasela het " 'n eerlike indruk" op die Hof
gemaak.
Die Hof het hulle geglo waar hul mekaar oor en weer staaf en die
getuienis van die appellante verwerp "as nie redelik moontlik waar
nie, wanneer
na die totaliteit van die
getuienis / ....
8.
getuienis in die hele saak gekyk word". Die Hof het Ndou en Makasela as
medepligtiges (of moontlik medepligtiges) benader en uit die
uitspraak is dit
heel duidelik dat die Hof ten volle bewus was van die gevare wat hier skuil en
die reël dat getuienis van medepligtiges
met omsigtigheid benader moet
word.
'n Moord op Masindi word nie namens die appellante betwyfel nie; ook
word nie uitdruklik op enige mistasting deur die Hof a guo as sodanig
staatgemaak nie. Wesenlik kom die betoog namens die appellante wel daarop neer
dat, gesien die
kwaliteit / ....
9. kwaliteit van Samuel Makasela en Maria Ndou se getuienis en die
omstandighede van hul arrestasie en aanhouding en die feit dat
hulle as
medepligtiges met omsigtigheid benader moet word, die Hof a quo fouteer
het deur hulle sonder aliunde stawing te glo oor die appellante se
aandadigheid en die appellante se ontkennings te verwerp.
Die aanval op Maria
Ndou se getuienis behels hoofsaaklik die volgende: vanweë haar swak gesig
kon sy nie behoorlik gesien het
waarvan sy getuig nie; sy is nie konsekwent oor
wie, die eerste appellant of Piet Nemalamangwa, sekere
praatwerk / ....
10.
praatwerk gedoen het nie en ook nie oor wanneer presies sy so verskrik was dat haar afskeidings= funksies haar oorval het nie; sy vertel 'n "blatante leuen" as sy sê dat die polisie nog nooit met haar "oor die saak gepraat het" nie. Dié punte van kritiek is egter nie van wesenlike aard nie. Gesien die strekking van die gebeure waaroor Maria Ndou getuig, is die inkonsekwensies nie vreemd nie en nog minder agterdogwekkend; in die samehang van die kruisverhoor is dit ook duidelik dat Maria Ndou die vraag "het die polisie met u gepraat oor hierdie saak ?" moes verstaan
het as / ...
11.
het as 'n vraag of die polisie haar voorgesê het; sy self getuig dat sy
in die algemeen nie te goed sien nie maar dit sou moeilik
wees om fout te vind
met die Hof a guo se bevinding, op grond van 'n
toets in die Hof
uitgevoer, dat sy wel kon gesien het waarvan sy getuig. Trouens, 'n versigtige
nalees van Maria Ndou se getuienis
as geheel bevestig die Hof a quo se
indruk dat sy 'n goeie getuie was.
Ten opsigte van Samuel Makasela se
getuienis word in hoofsaak twee punte van kritiek geopper: hy is nie konsekwent
oor watter nag
die moord
plaasgevind/
12.
plaasgevind het nie - hy het begin deur Saterdag= nag (6-7 Februarie) te
noem, daarna oorgeslaan na Sondagnag (7-8 Februarie) en toe
weer teruggekeer na
Saterdagnag; hy ontken eers dat hy aanvanklik
'n plek aan die
ondersoekbeampte uitgewys het as synde waar hy van die voertuig afgeklim het en
gevolglik nie aanwesig kon gewees
het met die hantering van die lyk by die
rivier nie - later erke.n hy dat hy so 'n plek uitgewys het maar ver= duidelik
dat hy toe
nog in vrees verkeer het. Dit word betoog dat uit die voorgaande dit
blyk dat Samuel Makasela leuenagtig is. In sy uitspraak
verwys / ....
13.
verwys die Hof a quo egter na Samuel Makasela se inkonsekwentheid oor wanneer die moord plaasgevind het en kom dan tot die gevolgtrekking dat dit aan blote verwarring aan sy kant toe te skryf is. Nalees van sy getuienis openbaar geen grond om hieroor van die Hof a quo te verskil nie en dit dien eerder om die gevolgtrekking te steun. Wat die uitwys van die genoemde plek betref, gee die desbetreffende getuienis ook 'n indruk van verwarring -beide by die ondervraers en Samuel Makasela self. Dit is selfs nie heeltemal duidelik nie of Samuel Makasela wel aanvanklik ontken het dat hy die
uitwysing / .....
14.
uitwysing gedoen het nie, vanweë die aard van die vraag deur die Prokureur-generaal gestel en sekere tussenwerpsels wat geskied het alvorens die antwoord deur die tolk van die getuie verkry is. Maar hoe dit ook al sy, dit is moeilik om in te sien hoe 'n eie weerspreking oor hierdie aspek noemenswaardig kan afdoen aan die geloofwaardigheid van Samuel Makasela in die lig van sy getuienis oor die algemeen. 'n Vroeëre verklaring deur hom is in 'n sekere stadium in die Hof a quo deur die Staat aan die appellante se advokate beskikbaar gestel maar hulle het dit nie opgevolg nie en dit is ook nooit aan die hand
gedoen /
15.
gedoen dat sy getuienis 'n onlangse fabrikasie is nie.
Namens die
appellante word ook op sekere onderlinge weersprekings van Maria Ndou en Samuel
Makasela gewys. Een van dié is dat
eg. sê dat die gebeure Sondagnag
plaasgevind het, terwyl lg. benewens van Sondagnag ook van Saterdagnag gepraat
het. Daar is
ook andere wat nie nou opgenoem hoef te word nie. 'n Noukeurige
nalees van die ge= tuienis toon egter geen rede om af te wyk van
die Hof a quo
se beskouing dat enige weersprekings sodanig is dat hul in die lig van die
gebeure waarvan getuig
word /
16.
word, geen argwaan wek nie maar eerder te wagte is. Wat wel met die nalees
opval, is nie die onderlinge afwykings nie, maar die belangrike
opsigte waarin
dié twee getuies inderdaad mekaar in besonderhede staaf.
Ten slotte
word namens die appellante daarop gewys dat Samuel Makasela en Maria Ndou voor
die verhoor nege maande lank in aanhouding
was en dat die voordeel van vrywaring
van vervolging aan hulle voorgehou moes gewees het. Trouens, hulle was
oorspronklik saam met
die appellante medebeskul= digdes. Dit word aan die hand
gedoen dat in die
lig /
17.
lig hiervan die moontlikheid van 'n sameswering tussen die twee getuies en die polisie, of net tussen die twee getuies onderling, om die appellante by die moord te betrek, nie uitgesluit kan word nie. 'n Getuienis-basis vir so 'n moontlikheid is egter nie gelê nie - die moontlikheid is nie eers uitdruklik aan Samuel Makasela of Maria Ndou gestel nie. Lg is wel gevra of sy ooit met eg oor die saak gepraat het en haar antwoord was: "Nooit nie, ons was saam in hegtenis geneem en ek het hom nie weer gesien nadat ons gearresteer was nie". Elders sê sy dat sy aangehou is in 'n sel by die Sibasa
polisiestasie / ....
18.
polisiestasie en dat sy nie weet of Samuel Makasela ook daar aangehou is nie:
"ek word by die vrouens se sel aangehou". Hierdie bewerings
van haar is nie
aangeveg nie. Die "moontlikheid" waarop staatgemaak word, blyk uit die getuienis
hoogstens spekulasie te wees.
Uit die voorgaande behoort dit duidelik te wees
dat die kritiek op die Hof a quo se aanslag van Samuel Makasela en Maria
Ndou as getuies in die algemeen nie gegrond is nie.
Die Hof a quo het
die getuies as medeplig= tiges beskou, hul getuienis met omsigtigheid
benader
en hulle / ....
19. en hulle geglo waar hulle mekaar staaf en die getuienis van die appellante verwerp. Gesien die voordeel wat die Hof gehad het om die getuies te gesien en te gehoor het, bestaan daar geen voldoende rede om in die Hof se geloofwaardigheids= bevindings in te gryp nie. In die lig van hierdie bevindings is daar in die besondere omstandighede, soos hulle uit die getuienis blyk, ook geen voldoende grond om tot die gevolgtrekking te geraak dat aliunde stawing van die appellante se aandadigheid onontbeerlik was nie. Die appelle word afgewys.
E.L. JANSEN AR.
SMUTS Wnd. AR.)
Stem saam.
HOWARD Wnd. AR.)