South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 48

| Noteup | LawCite

S v Vaaltyn (378/1983) [1984] ZASCA 48; 1984 (3) SA 524 (A) (11 May 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No. 378/1983

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

Insake die appèl van:

ELIZABETH VAALTYN Appellante
teen
DIE STAAT Respondent

CORAM: KOTZé, VAN HEERDEN, ARR, et HOWARD,

WN AR

VERHOORDATUM: 4 MEI 1984 LEWERINGSDATUM: 11 MEI 1984

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN, AR ...

2. VAN HEERDEN, AR:

Die appellante is in die Kaapse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord met versagtende om-standighede maar is nogtans deur die verhoorregter

(Van den Heever, R) die doodstraf opgelê. Met die nodige verlof is die onderhawige appèl slegs teen die vonnis gerig.

Dit blyk dat die appellante gedurende Oktober 1982 'n middeljarige vrou met 'n byl doodgekap het. Kort voor die noodlottige gebeure was daar 'n struwel-ing tussen die appellante en die oorledene se dogter, Ennie. Die oorledene het die appellante probeer kalmeer en op 'n stadium vir Ennie geskreeu om weg te

/hardloop ...

3.

hardloop. Sy het egter niks gedoen wat as provokasie vir die latere aanval op haar kon dien nie. Nadat die appellante met die byl in haar hand vir Ennie agterna gesit het, het sy teruggekeer na die plek waar die oor-ledene nog steeds gestaan het. Uit die bloute het die appellante se suster toe vir eersgenoemde gesê om die oorledene dood te kap. Die appellante het ge-hoor gegee en die oorledene oor die kop gekap. Die oorledene het geval waarna die appellante haar nog 'n aantal kapwonde toegedien het.
Die verhoorhof se bevinding dat versagtende omstandighede aanwesig was, is op die volgende gebaseer: dat die appellante tot 'n mate onder die invloed van

/drank ...
4.

drank en moontlik ook dagga was, dat dit die appellante se suster was wat die byl op die toneel gebring het en die aanmoediging uitgeroep het "wat die vonk in die kruitvat was", en dat die moord nie vooraf beplan was nie.
By vonnisoplegging het die verhoorregter in ag geneem dat die appellante 'n een-en-dertigjarige ge-skeide vrou was wat 'n kind van twaalf moes versorg en dat sy reeds op 'n vroeë ouderdom die skool verlaat en begin werk het, maar ook dat die opsetvorm by die moord dolus directus was. Dit is egter duidelik dat die verhoorregter nie die doodstraf sou opgelê het nie indien die appellante nie voorheen geweldsmisdade

/gepleeg ...

5.

gepleeg het nie. Die appellante is naamlik op twee geleenthede in 1969 en weer in 1978 en in 1979 skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te be-seer. Wat die eerste twee oortredings betref, begaan toe sy nog slegs 17 jaar oud was, is die oplegging van vonnis uitgestel. In 1978 is sy 'n boete van R90 of 90 dae gevangenisstraf opgelê, en in 1979 is sy gevonnis tot vier maande gevangenisstraf wat voor-waardelik opgeskort is. By die eerste twee aan-randings was 'n mes, en by die derde aanranding 'n kierie, betrokke.

Die appellante is voorts na die moord op die oorledene skuldig bevind aan strafbare manslag ten

/opsigte ...
6. opsigte van 'n voorval waarin sy ook 'n ander persoon, ene Freddie, met 'n byl doodgekap het. Sy was trouens verhoorafwagtend toe sy die onderhawige misdaad ge-pleeg het.
Aan die een kant van die skaal het die ver-hoorregter in aanmerking geneem dat, geoordeel na die vonnise wat opgelê is, nie een van die aanrandings as ernstig beskou is nie, en dat die appellante nog nooit voorheen gevangenisstraf ondergaan het nie. Aan die ander kant is daarop klem gelê dat die appellante telkens van geweld gebruik gemaak het, dat dit juis-'n kombinasie van drank en dagga was wat daartoe gelei het dat sy vir Freddie gedood het, en dat die feit

/dat ...

7.

dat sy verhoorafwagtend was haar nie daarvan weerhou
het nie om weer drank en moontlik ook dagga te ge-
bruik op die geleentheid toe sy die oorledene ver-
moor het nie. Daarna is die volgende gesê:

"Die hof het geen waarborg dat gevange-nisstraf haar sal rehabiliteer waar sy blykbaar uit haar aard 'n persoon is met

'n humeur wat aan haar drifte toegee. Daar is geen waarborg dus dat sy nie sou, wanneer sy eendag op vrye voet gestel word, weereens iemand die lewe kan ont-neem nie. Daar is geen waarborg, hoewel die kanse skraler is, dat sy nie selfs in die gevangenis ander minstens sou kon beseer nie, medegevangenes of staflede.

Waar haar vorige veroordelings tel by die beslissing wie se belange beskerm moet word, beskuldigde sin of dié van onskuldiges in die samelewing, het die hof na my mening nie inderdaad 'n keuse

/nie ...

8.

nie. Die beskuldigde het reeds die dood van twee persone in afsonderlike insidente veroorsaak. Sy is reeds 31 jaar oud en haar persoonlikheid en karakter moet dus reeds gevorm wees.

Die sterkte van die risiko dat sy 'n derde kan dood, kan nie in gevangenisopset na behore getoets word nie. Sy sal sekerlik daarso nie dagga en drank in kombinasie kan bekom in die normale loop nie. Daardie risiko is een waaraan die hof die same-lewing nie na my mening behoort bloot te stel nie."

Die appellante se advokaat het betoog dat die verhoorregter in wesentlike opsigte mistastings begaan het en, tot die mate wat hieronder blyk, meen ek dat hy gelyk gegee moet word.

Wanneer in 'n geval soos die onderhawige in

/die . ..
9.

die lig van vorige veroordelings oorweeg word of beskerming van die belange van die gemeenskap verg dat die doodstraf opgelê moet word, is die vraag nie of daar sekerheid ("'n waarborg") is dat indien dit nie gebeur nie die beskuldigde nie verdere gewelds-misdade sal pleeg nie. Ek vind dit trouens moeilik om my 'n geval voor te stel waarin sodanige sekerheid sal blyk. Indien 'n beskuldigde reeds etlike kere geweld teen andere gebruik het, is daar immers van-selfsprekend 'n risiko dat hy dit weer mag doen. Die probleem is om die sterkte van die risiko te probeer bepaal in die veronderstelling dat hy 'n langtermyn gevangenisstraf sal ondergaan.

/Dat ...

10.

Dat die appellante in die verlede grif haar drifte laat seëvier het - veral wanneer haar verstand benewel was - val nie te betwyfel nie. Eweneens is dit duidelik dat die moordaanklag, waarop sy uiteindelik aan strafbare manslag skuldig bevind is, haar nie daarvan weerhou het nie om terwyl dit oor haar hoof gehang het drank te misbruik en die oorledene noodlottig aan te val. Ek kan egter nie aanvaar nie dat omdat die appellante ten tyde van die verhoor reeds 31 jaar oud was haar persoonlikheid en karakter reeds tot so 'n mate permanente gestalte aangeneem het dat daar 'n aanmerklike risiko van ver-dere geweldsuitoefening na verloop van, sê, 20 jaar

/was ...

11.

was. Dit is bekend dat ouderdom 'n temperende effek het, en hoewel die appellante moontlik altyd probleme sal ondervind om haar drifte té beheer, is dit te verwagte dat die intensiteit van daardie drifte met verloop van tyd sal verminder. Uiteraard sal die liggaamskragte wat nodig is om drif in geweldsuitoefen-ing te laat konkretiseer ook afneem. Daarbenewens kan die hervormende effek van gevangenisstraf, met die oorvloedige geleentheid vir besinning wat dit bring, ook nie uit die oog verloor word nie. Kortom meen ek nie dat daar 'n onaanvaarbare risiko is dat die appellante na verblyf van 'n lang tydperk in die gevangenis weer iemand sal dood of ernstig beseer nie.

/Die ...

12.

Die moontlikheid, waarop die verhoorregter gewys het, dat die appellante in die gevangenis 'n ander persoon sou kon beseer, bestaan wel, maar om-dat sy waarskynlik nie in 'n posisie sal wees om deur drank benewel te word nie, kan dit nie hoog aange-slaan word nie.
In die lig van die voorgaande, en selfs met inagneming van die onuitgeloktheid en wreedheid van die moord, is ek van mening dat nie die doodstraf nie, maar wel 20 jaar gevangenisstraf, 'n gepaste vonnis is.

Die appèl slaag en die doodstraf word ter-syde gestel en vervang met 20 jaar gevangenisstraf.

/Enige ...

13.

Enige oorblywende gedeelte van die straf van 5. jaar gevangenissetting wat die appellante op 24 Maart 1983 opgelê is op grond van haar skuldigbevinding aan strafbare manslag sal samelopend met die termyn van 20 jaar wees.

H.J.O. VAN HEERDEN, AR

KOTZé AR

STEM SAAM HOWARD WN AR