South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 50
| Noteup
| LawCite
S v Khoza en Andere (324/83) [1984] ZASCA 50; 1984 (1) SA 57 (A) (18 May 1984)
Download original files |
Saak Nr 324/83
NvH
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
GEORGE KHOZA Eerste Appellant
JAMES MOHLABANE Tweede Appellant
SIPHIWE DLAMINI Derde Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: MILLER, CILLIé ARR et HOWARD Wnd AR.
Verhoor: 1 MEI
1984.
Gelewer: 18 Mei 1984
UITSPRAAK
2. MILLER AR :-
Die appellante is in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling skuldig bevind
aan (1) moord, (sonder versagtende omstandighede) en (2) roof, met verswarende
omstandighede.
Elkeen van hulle is op klagte (1) tot die dood veroordeel en op
klagte (2) 'n vonnis van vyf jaar gevangenisstraf opgelê. _
Hulle kom nou
met verlof van die Verhoorregter (ELOFF, R) in hoër beroep teen die
skuldigbevindings. Dit blyk uit die uitspraak
wat gelewer is op die aansoek vir
verlof om te appelleer dat die appellante se aansoek slegs betrekking gehad het
op die skuldigbevindings;
geen aansoek vir verlof om teen die vonnisse te
appelleer is deur enige van hulle gemaak nie.
3.
Toe die lyk van die oorledene, 'n swartman
omtrent 30 jaar oud, in 'n oop ruimte in die Khutsong
woonbuurt, naby
Carltonville, gevind is, was hy net in
sy onderbroek geklee. Sy skoene, broek
en hemp wat
hy voorheen aangehad het, het verdwyn. Dit het
geblyk dat hy
kwaai aangerand en vermoedelik beroof is.
Die nadoodse ondersoek het getoon
dat hy twee steekwonde
toegedien is en dat daar ook 'n kneusing op sy voorkop
en
bloeding van die neus was. Een van die steekwonde was
in die "linker borskas sesde rib interspasie" en die
ander in die linker
buik, "onder die ribrand". Daar I
was penetrasie tot in die hart en
laserasies van sy long
en die milt. Die dood is veroorsaak deur die twee
steekwonde. Die kernvraag in die saak is of dit bewys is
dat /
4. dat die drie appellante die betrokke misdadigers
was.
Die getuie wat op die doen en late van die oorledene op die betrokke dag
lig kon werp en wat die appellante by die aangeleentheid
betrek het, is Martha
Motsheneng (Martha). Daar was 'n liefdesverhouding tussen haar en die oorledene
gewees. Op Vrydag, 20 Augustus
1982 (die dag voor die ontdekking van die
oorledene se lyk) het sy en oorledene 'n kafee in Carltonville besoek en heelwat
tyd daar
deurgebring. Die oorledene, wat by die Western Deep Levels myn werksaam
was, was van plan om laat in die namiddag na die myn terug
te keer. Hy sou met
'n huurmotor daarheen ry. Martha sou van hom afskeid neem by die
huurmotorstaanplek. Omstreeks sesuur namiddag
het /
5. het sy waargeneem dat die oorledene, wat in 'n mate
gedrink was, in 'n huurmotor beland het wat hom nie na die myn sou neem nie,
maar wel na die Khutsong woonbuurt. Sy het die drie appellante in die huurmotor
gesien. Sy het hulle geken van sien en het hulle
ook vroeër op daardie
besondere
dag in Carltonville gesien. Dit was hulle gewoonte om saam
in daardie omgewing rond te beweeg. Sy het probeer verhoed
dat die oorledene met die verkeerde huurmotor wegry, maar
tevergeefs.
Volgens haar getuienis het die appellante hulle
verset teen haar poging om
die oorledene uit die huurmotor
uit te kry; sy het die oorledene aan sy trui
beetgekry en
dit van hom afgepluk. Onmiddellik daarna het die
huurmotor
vertrek met die oorledene en die appellante daarin. Die
dag / .....
6. dag daarna het Martha die derde appellant op
straat gesien. Hy het die oorledene se klere, asook sy skoene, aangehad. Daar is
ook
aanvaarbare getuienis dat eerste appellant 'n paar dae daarna dieselfde
skoene, in die teenwoordigheid van die derde appellant, aan
ene Maringa
verkoop-het. Op 'n latere geleentheid het Martha vir die tweede appellant op
straat in Carltonville gesien. Sy het die
polisie daarvan verwittig en die
tweede appellant is toe gearresteer. Nadat hy die gewone waarskuwing gegee is,
het die tweede appellant
die polisie vrywilliglik geneem na die huis van gemelde
Maringa, wat oorledene se skoene van die eerste
appellant gekoop het, en
daarna na die huis van Sanna
Modisane waar hy 'n bandspeler uitgewys het. Die
bandspeler /
7. bandspeler was voorheen in die besit van die eerste en
derde appellante.
Die eerste appellant is aan die polisie deur Martha
uitgewys toe hy in 'n sel by die kommissarishof te Oberholzer opgesluit was (nie
in verband met hierdie saak nie) en Martha daarvan te hore gekom het. Daar was
'n hele aantal -manspersone in die sel toe dit oopgesluit
is. Martha het sonder
aarseling eerste appellant uitgewys as een van die persone wat saam met die
oorledene en die ander appellante
weggery het in 'n huurmotor wat bestem was om
na die Khutsong woonbuurt te gaan. Wat die derde appellant betref, het Martha
hom,
weereens sonder aarseling, op 'n uitkenningsparade uitgewys as die
derde
van /
8.
van die mans wat saam met die oorledene in die huurmotor gery het die dag voordat sy lyk gevind is. Dit is nie betwis nie dat die parade behoorlik en regverdiglik gehou is. Die derde appellant het 'n geskrewe verklaring voor "'n landdros afgelê. Hy het tydens die verhoor van die saak aangevoer dat hy die verklaring nie vrywilliglik gemaak het nie, maar wel uit vrees, omdat hy deur ene Malibe ('n speurder-adjudant-offisier en ook die ondersoekende beampte in hierdie saak) aangerand is. Die Hof a quo het om gegronde redes na aanhoor van die getuienis in daardie verband bevind dat die verklaring vrywilliglik gemaak is. Die verklaring is natuurlik nie teen die eerste en tweede appellante toelaatbaar nie maar dit is
van /
9.
van besondere belang wat die derde appellant betref omdat,
alhoewel dit in 'n mate 'n verontskuldigende verklaring is,
dit 'n erkenning bevat dat die derde appellant teenwoordig
was toe "die
mynpersoon" met wie hy en andere saam gery
het vanaf Carltonville, naby die Khutsong woongebied
aangerand en beroof
is. Dit strek derhalwe ook tot
stawing van Martha se getuienis dat die derde appelïant
een van die
persone was wat saam met die oorledene in die
rigting van die Khutsong
woongebied weggery het.
Elkeen van die appellante het getuienis afgelê
tot die effek dat hulle niks van die aangeleentheid weet
nie en het
probeer verduidelik waar hulle op die betrokke
dag was en wat hulle
dié dag gedoen het. Die Hof a quo
was /
10. was geensins deur hulle beindruk nie en het, weereens om grondige redes, wat in die uitspraak genoem is en wat onnodig is om hier te herhaal, hulle getuienis verwerp. In hierdie verband is dit voldoende om slegs te noem dat hulle ontken het dat hulle mekaar goed kén en dikwels saam rondbeweeg, wat strydig is nie alleen met Martha se ge= tuienis nie, maar ook met ander betroubare getuienis. -Hulle kon geen bevredigende verduideliking gee in verband met die getuienis aangaande die oorledene se klere en skoene nie. Die derde appellant se getuienis was nie met sy bogenoemde geskrewe verklaring versoenbaar nie; sy verduideliking van hoe dit gekom het dat hy in die vorige verklaring erken het dat hy teenwoordig was toe oorledene
aangeval /
11.
aangeval is, is met reg deur die Hof a quo as
"leuenagtig" beskou.
Namens die appellante is voor ons aangevoer dat die Hof
a guo fouteer het deur Martha se getuienis te aanvaar; dit is betoog dat
sy 'n onbevredigende en onbe= troubare getuie was en dat sy haar
in wesentlike
opsigte weerspreek het. Soortgelyke argumente is blykbaar ook aan die Verhoorhof
gerig. Dit blyk baie duidelik uit
die uitspraak van ELOFF, R, dat hy aanvaar het
dat Martha nie in alle opsigte 'n goeie getuie was nie. Hy het daarop gewys dat
sy
" 'n beperkte intelligensie en 'n beperkte vermoë om vrae te begryp"
het. Ook is deur die geleerde Regter besef dat sy ietwat
vaag en onseker was wat
betref
die / ....
12. die omstandighede waaronder die oorledene hom in die
huurmotor, saam met die appellante, bevind het en presies
op watter wyse die appellante verhoed het dat sy die
oorledene uit die huurmotor uit kry. Maar ten spyte
daarvan was die Hof a-quo tevrede dat Martha 'n eerlike
getuie was. Ek haal aan uit die uitspraak :
"Wat volgens ons oordeel bo redelike twyfel vasstaan is dat Martha die vertrek van die oorledene in die Kombi in verband gebring het met die drie beskuldigdes. Daar kan geen twyfel wees nie dat sy na die gebeure die
stelling dat die oorledene met drie persone saam weg was, gemeld het, en dat sy in die weke wat gevolg het vir die drie beskuldigdes die een na die ander uitgewys het. Dit was ook nie ernstig disputeer nie dat sy bekend was met die drie beskuldigdes en hulle voorheen gesien het."
En /
13. En later in die uitspraak :
"Ons dink dat ons met vertroue Martha se getuienis kan aanvaar dat sy die drie beskuldigdes die betrokke dag in die omgewing van die standplaas en die restaurant gesien het. - Ons meen verder dat ons as voldoende bewese kan aanvaar dat sy met kommer die oorledene se vertrek in 'n Kombi taxi in verband gebring het met optrede van die drie beskuldigdes. Daar is geen redê nie om haar getuienis te betwyfel dat sy gesien het dat die oorledene in die-verkeerde Kombi klim wat nie na die myn sou gaan nie, en dat sy gepoog het om hom te kry om uit te klim. Sy kon immers sy trui aan die Hof produseer wat sy in haar poging om hom te kry van sy lyf afgetrek het."
Die geleerde Regter het ook verwys na die getuienis en
omstandighede wat
Martha se getuienis bevestig. Ek het
alreeds verwys na die getuienis in
verband met die oorledene
se / ....
14. se skoene; ook is melding gemaak van 'n bandspeler waarvan die appellante kennis gedra het. Dit is, o.a., aan die polisie uitgewys deur die tweede appellant.
Ek vind dit onnodig om spesifiek te verwys na
" al die getuienis wat tot stawing van Martha se getuienis
strek. Die geleerde Verhoorregter het die getuienis
en die kritiek wat op Martha se getuenis gelewer is,
breedvoerig en op sorgvuldige wyse behandel. Ons vind
dit onmoontlik om te beslis dat hy fouteer het deur
"die substansie" van Martha se getuienis in wesenlike
opsigte te aanvaar of deur die verontskuldigende getuienis
van die appellante te verwerp. Dit is ook namens appellante aangevoer dat al
sou / ....
15. sou Martha se getuienis aanvaar word, daar onvoldoende getuienis is om die afleiding dat die drie appellante saam en met gemeenskaplike opset die oorledene aangeval het, te regverdig. Weereens is ons dit met die Hof a quo eens dat onder al die omstandighede enige ander afleiding "totaal vergesog en verwerplik" sou wees.
Die appèl van elkeen van die appellante
word van die hand gewys.
S. MILLER AR.
CILLIé, AR )
) STEM SAAM
HOWARD, Wn ÁR )