South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 60
| Noteup
| LawCite
S v Mako en Andere (60/84) [1984] ZASCA 60; [1984] 2 All SA 390 (A) ; 1984 (3) SA 677 (A) (25 May 1984)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die appèl van:
PHAMONG MAKO eerste appellant,
SEWA CHELE tweede appellant,
THABO MOTAUNG . derde appellant,
KANETSI TSOPANE vierde appellant,
teen
DIE STAAT respondent
Coram: KOTZÉ et VILJOEN, ARR, et SMUTS Wn AR.
Datum van
appèl : 2 Mei 1984.
Datum van uitspraak: 25 Mei
1984
UITSPRAAK KOTZE, AR:
Op 5 Februarie 1982 het 'n bende manne
/ strooptogte....
2 strooptogte uitgevoer op die plase Kleinbegin (distrik
Odendaalsrus) en Kruisboom (diskrik Allanridge) en in die loop daarvan 'n
groot
aantal ernstige misdade begaan. Die bende het die betrokke aand hul byeenkomplek
(of "mpogo") op die plaas Power gebruik as
afspringplek vir hul bose planne.
Voortspruitend uit die strooptogte het nege beweerde lede van die bende in die
rondgaande plaaslike afdeling voor waarnemende
Regter MALHERBE en assessore tereggestaan op 'n akte van be-skuldiging wat
elkeen vyf-en-twintig oortredings
ten laste lê. Ofskoon nie een van die beskuldigdes getuienis afgelê het nie, het
die Verhoorhof slegs die vier appellante, onderskeidelik beskuldlgdes 1, 4, 8 en
9 by die verhoor
(en hierna so genoem), skuldig bevind en wel aan aanklagte
nommers 1, 2, 3, 5, 7, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18 en 20. "Aanklagte
1 en 2
het
/ betrekking....
3 betrekking op die moord van Kakole Maqhama en Edgar
Posholi onderskeidelik. Versagtende omstandighede is in die geval van al vier
die beskuldigdes bevind, Origens het die Hof die vier beskuldigdes skuldig
bevind aan een aanklag van poging tot moord (aanklag 3),
twee van huisbraak met
die opset om te roof en roof (aanklagte 5 en 7), agt van roof (aanklagte 11, 12,
13, 14, 15, 16, 18 en 20)
en een van diefstal (aanklag 17). Aan beskuldigde 1 is
die ondervermelde vonnisse opgele: aanklagte 1 en 2, tien jaar gevangenisstraf
elk; aanklag 3, vyf jaar gevangenisstraf; aanklag 17, een jaar gevangenis-straf
en die oorblywende aanklagte, twee jaar gevangenisstraf
elk. Met uitsondering
van aanklagte 1 en 2 loop die vonnisse saam. Dit volg dat die effektiewe
gevangenisstraf van beskuldigde 1
twintig jaar is. Die ander drie
beskuldigdes
/ was
4
was gelykelik gestraf: aanklagte 1 en 2 nege jaar gevangenis-
straf elk en op die oorblywende aanklagte was hulle gelykelik
met
beskuldigde 1 gestraf. Met uitsondering van aanklagte
1 en 2 loop die vonnisse saam. Dit volg dat die effektiewe
gevangenisstraf
van beskuldigdes 4, 8 en 9 agtien jaar is.
Die vier beskuldigdes kom nou, met verlof van
die Verhoorregter, in
hoër beroep.
Op hierdie stadium is dit gemeensaak dat die strooptogte plaasgevind het en dat die bende die misdade, hierbo vermeld, gepleeg het. Dit kan voorts nie betwyfel word dat dit die gesamentlike oogmerk van iedere lid van die bende was om in te breek, te roof en te plunder nie en dat die moontlikheid van moordery in die uitvoering van die stroop-
/ togte
5
togte deur hulle voorsien moes gewees het en dat hulle des-ondanks daarmee
voortgegaan het. Die korrektheid van die bevinding dat
die misdade wel gepleeg
is kan dus nie bevraag-teken word nie. Die enigste vraag wat tans ontstaan is of
die aangevoerde getuienis
die bende-lidmaatskap van die vier beskuldigdes en hul
deelname aan die strooptogte buite redelike twyfel bewys. Wat die appèl
betref, beperk ek my dus tot hierdie vraag.
MALHERBE Wn. AR het die getuienis
wat tot iedereen van die vier beskuldigdes se skuldigbevinding gelei het as volg
opgesom:
Beskuldigde 1:
"Daar is reeds bevind dat Kori se getuienis dat beskuldigde 1 die leier van die bende is, aanvaar word, veral omdat nommer 1 dit nie betwis het nie, Dat hy die aand op Power was is gemenesaak. Die nabyheid van die
/ huise
6
huise aan die bome waar die bende vergader het, blyk uit die foto's, bewysstukke L en M. 'n Leier van so 'n bende sal ook waar-skynlik 'n meer prominente rol speel as 'n gewone lid en Kori se getuienis in hierdie verband is logies en oortuigend, naamlik dat nommer 1 die besiuit aangekondig het dat die groep moet vertrek vanaf Power; dát hy instruksies gegee het omtrent waar die kieries geplaas moes word; dat hy met sy motor gery het; dat hy ook op Kleinbe-gin instruksies gegee het dat die oorledene in aanklag 1 gedood moes word. Hy word wel nie deur enige van die ander getuies op die toneel of tonele van misdaad geplaas nie, maar die Hof is bo redelike twyfel tevrede dat hy inderdaad die groep na die onderskeie plase vergesel en aangevoer het".
Beskuldigde 4:
"Benewens Kori, plaas die getuies Joseph Raleting en Seqatsi David Majeseng ook vir beskuldigde 4 op die toneel. Albei getuig dat hulle beskuldigde 4 vantevore geken het. Daar is egter redelik ingrypende weersprekings
/ in
7
in hulle getuienis, sommige waarvan reeds
genoem is...
Die moontlikheid dat beide van hulle tot 'n meerdere of 'n mindere mate onder die invloed van drank was, is ook nie uit die oog verloor nie. Ons meen verder dat Kori se getuienis as geheel nie net vir beskul-digde 4 in 'n algemene sin op die toneel plaas nie, maar pertinent by die aanranding op die oorledene in klagte 1. Beskuldigde 4 se versuim om te getuig regverdig na ons mening die bevinding bo redelike twyfel dat hy inderdaad saam met Kori en die ander bendelede na Kleinbegin en Kruisboom was."
Beskuldigde 8:
"Kori sonder hom ook uit vir 'n besondere rol, naamlik dié van fluitjieblaser. Tweedens, is dit gemenesaak dat hy die langste van die beskuldigdes is en ook die langste op die uitkenningsparade was. Daarbenewens het hy 'n besondere gesig. Hy het nie 'n gewone plat neus soos by baie Swart mense aangetref word nie; sy neusvleuels is oopgesper en hy het 'n besondere deurdringende kyk in sy oë.
/ Dit.
8
Dit was ook tydens die verhoor gemenesaak
dat hy nle soos een van die ander beskuldigdes
lyk nie. Na ons mening is dit billik om
te sê dat hy 'n besondere gesig het Hy het
deur middel van sy advokaat erken dat hy 'n
tatoeëermerk op elke wang aangebring het terwyl
hy verhoorafwagtend was in hierdie saak,
maar nadat die uitkenningsparade gehou was.
Laastens word hy positief geïdentifiseer
deur beide Alinah Molehe en haar moeder,
Maria Molehe wat destyds op die plaas
Kruisboom gewoon het
Ook Joseph Raleting identifiseer vir beskuldigde 8. Om onder bogenoemde omstandighede, kumulatief geneem, nie te getuig nie, regverdig na ons mening die bevinding dat hy deel gevorm het van die groep mense wat beide die betrokke plase besoek het."
Beskuldigde 9:
"Ook hy word deur Joseph Raleting geidenti-fiseer en ook hy het desnieteenstaande nie getuig nie. Dieselfde bevinding word ten opsigte van hom gemaak as wat ten opsigte van nommer 8 gemaak is."
/ Uit
9 Uit hoofde van die verwysing in die uitspraak na Kori, Joseph Raleting,
Seqatsi David Majeseng, Alinah Molehe en Maria Molehe, gaan
ek terstond oor tot
'n kort bespreking van hulle getuienis.
Kori, 'n medepligtige, is die spil
waarom die Staat se saak draai. Sedert sy inhegtenisneming op 8 Februarie 1982
tot die datum waarop
hy getuig het (29 Oktober 1982) was hy deurentyd deur die
polisie aangehou. Tussen hierdie twee datums het die polisie hom meegedeel dat hy 'n getuie vir die Staat sou wees.
Hy het getuig dat hy 'n burger van Leeotho is wak saam met landgenote van hom
arbeid verrig
op die goudmyne van die Vrystaat. Sommige van hierdie mense
groepeer hulself in bendes wat bekend staan as MaRussians
/ of
10 of Russians. Hy en die nege beskuldigdes behoort aan die Matsleng
groep van die Russians. Hy weet van nog 'n groep, t.w. die Molapo
groep. Hierdie
bendes se doelstellings is nie vreedsaam nie: die Matsieng groep baklei met die
Molapo groep; hulle pleeg moord en
roof in die algemeen. Op Vrydagaand 5
Februarie 1982 het lede van sy bende, waaronder die nege beskuldigdes, by die
mpogo hierbo
genoem gesellig byeengekom. Onder aanvoering van hulle leier,
beskuldlgde 1, het byna dertig van die lede hul weg gewend na stette
op die
plaas Kleinbegin. Daar aangekom het beskuldigde 8 die fluitjie geblaas. Dit is
die teken dat daar tot wapengeweld oorgegaan
moet word en toe is die strooptogte
en misdade, waarna in die openingsparagraaf hierbo verwys word, geloods. Onder
andere het die
bende
/ toegesak
11
toegesak op twee mans en hulle met kieries geslaan. Een van hulle het
uitgeroep, "Sotho" (waarskynlik verwysende'na beskuldigde 1),
"Sewa"
(waarskynlik venwysende na beskuldigde 4) "Kheola, Letula, julle is ons mense!
Waarom maak julle my dood?" Hierdie uitroep
het die volgende opdrag van
beskul-digde 1 ontlok: "Julle moet nie daardie persoon los nie. Hy
gaan 'n
klagte teen julle lê, julle moet hom doodmaak".
Albei die persone het
gesterf. Die fluitjie het weer 'n keer geblaas. Dit was die teken om verder te
gaan na Kruis-boom waar die strooptogte
ten einde geloop het.
Joseph
Raleting, die klaer op aanklag 13, het besonderhede verstrek van die stormloop
wat die bende uitgevoer het op Kleinbegin en
van die wyse waarop hy beroof
/ is
12 is in die kamer van ene Mathebang waar Seqatsi David Majeseng ook
teenwoordig was. Hy het beskuldigde 4 uitgeken
as een van die lede van die bende. Beskuldigde 4 het hy reeds tevore geken. Hy
het sy gesig sowel as sy stem herken. Twee
ander lede van die bende wat hy
herkén het was beskuldigde 9 wat 'n flits in sy oë geskyn het en
beskuldigde 8 wat hom
gevloek het. Hy het laasgenoemde twee persone later op 'n
uitkenningsparade uitgeken.
Seqatsi David Majeseng het bevestig dat hy saam
met Joseph Raleting in 'n kamer op Kleinbegin was toe die bende toegeslaan het.
Hy
het beskuldigde 4 aangedui as een van die lede van die bende. Sy getuienis
het in etlike opsigte nie gestrook met sy verklaring aan
die polisie nie.
/ Alinah
13 Alinah Molehe, die klaer op aanklag 20 en 'n dogter van Maria
Molehe, woon op Kruisboom en het getuig dat meer as tien lede van
die bende haar
huis die betrokke aand betree het en haar beroof het van haar polshorlosie en
drie rokke. Sy het een van die manne
se gesig gesien - dit was beskuldigde 8. Hy
was lank en sy het opgemerk dat hy 'n plat neue het - 'n waarneming wat in die
Hof bevestig
is. Sy het hom later op 'n uitkenningsparade uitgeken.
Maria
Molehe het ook beskuldigde 8 op die uitkenningsparade uitgeken as een van die
misdadigers.
Die uitspraak in die Hof a quo getuig van 'n uiters versigtige benadering. Soos reeds hierbo aangedui, is die getuienis van Kori die spil waarom die Staat se saak draai. Dit het die Hof a quo terdeë besef en sy getuienis met groot omsigtigheid benader. Eerstens blyk dit uit die
14
noukeurige vêrwysing na R v Ncanana, 1948 SA 399 (A) dat
die
versigtigheid waarmee die getuienis van 'n medepligtige benader
moet
word wel deeglik deur die Hof voor oë gehou is. Tweedens
het die Hof a
guo by die evaluasie van sy getuienis daarmee
rekening gehou dat hy "sedert sy arrestasie op 8 Februarie
1982.... todat hy bykans nege maande later getuienls afgelê
het" in
hegtenis was en dat dit "'n verdere rede (is) waarom
(sy) getuienis versigtig benader móet word". Nieteenstaande
hierdie
oorwegings het die Hof a quo soos volg bevind:
"Kori was betreklik lank in die ge-tuiebank. Hy het met sy hoofgetuienis begin op Vrydag 29 Oktober 1982, om ongeveer half tien die oggend. Dit was kort na die oggend—teeverdaging voltooi. Sy kruisondervraging het die res van die dag in beslag geneem, plus die hele daar-opvolgende Maandag, behalwe die laaste
/ halfuur
15
halfuur. Die indruk wat hy op al drie
lede van die Hof gemaak het terwyl
hy getuig
het is dié van 'n openhartige getuie wat
na die beste van
sy vermoë probeer het om so
getrou as moontlik die gebeure van
etlike
maande vantevore te herhaal. Hy het geluis-
ter na die tolk se vrae
en sonder aarseling
daarop geantwoord. By talle geleenthede
was die
verontwaardiging in sy stemtoon,
asook in sy vinnige antwoorde,
duidelik
waarneembaar wanneer stellings aan hom
gemaak is dat die
beskuldigdes nie Russians
is nie of was nie, of dat hulle glad
nie
deelgeneem het aan die gebeure waaroor hy
getuig het nie, of wanneer
daar aan hom
gestel is dat hy voorgesê is om te getuig
wat hy getuig
het. Wat sy gedrag in
die getuiebank betref, is die eenparige
bevinding
van die Hof dat dit gunstig be-
ïndruk het "
Met inagneming van die voordele wat 'n verhoorhof by die
beoordeling van
geloofwaardigheid geniet en die korrekte
benadering waarvan die uitspraak in
die Hof benede getuig,
/ kan
16
kan daar met bovermelde bevinding nie fout gevind
word nie.
Alhoewel mnr Krüger, wat voor ons namens beskuldigdes 1,
4, 6 en 9 opgetree het, dit
wel deeglik besef het, het hy
nietemin aandag gevestig op die ondervermelde
belangrike
passasie in die uitspraak van MALHERBE, Wn R:
"As Kori se getuienis in die geheel aan minder kritiek onderhewig was, sou die beskuldigdes se versuim om te getuig waarskynlik genoegsaam gewees het om 'n skuldigbevinding te regverdig."
Voorts het mnr Krüger aangedui dat beskuldigd.es 2, 3, 5, 6 en
7 slegs deur Kori
betrek word by die gebeure van 5 Februarie
en om daardie rede vrygespreek is.
Hulle, soos hul medebe-
skuldigdes, het ook versuim om te getuig. Derhalwe het mnr
Kruger betoog
dat daar by die Hof twyfel moes bestaan het ook
oor die skuld van
beskuldigdes 1, 4, 8 en 9. In die geval
/ van
17
van beskuldigde 1, het hy aangedui, bestaan daar met
uitsondering van Kori
se getuienis geen stawende getule-
nis hoegenaamd nie, terwyl in die geval
van beskuldigdes
4, 8 en 9 het hy aangevoer dat die stawende getuienis slegs
minimale oortuigingskrag het. Ek het reeds aangedul dat 'n versigtige
benadering
die uitspraak van die Hof a quo kenmerk. Trouens, die benadering kom my
eerder voor as een van uiterste versigtigheid. As voorbeeld van die Hof a
quo se besondere versigtige benadering haal ek uit die uitspraak die rede
aan waarom beskuldigde 2 skuidigbevindihg vryspring:
/ "Die
8
"Die Staat vra nie 'n skuldigbevinding teen hom nie. Na ons mening kan hy homself gelukkig ag dat dit die Staat se houding is, maar die Staat se houding is 'n sterk faktor wat by ons net genoeg-same twyfel wek sodat ons hom die voor— deel daarvan moet laat toekom. Ons kan derhalwe nie bevind dat hy inderdaad op Kleinbegin en Kruisboom teenwoordig was nie."
Wat beskuldigde 1 betref is dit duidelik dat
hy weens sy posisie van leierskap
sou uitstaan en die be-
nadering van die Hof a quo dat sy gevolglike
prominente rol
aandag op hom sou vestig, en dat Kori se enkele
getuienis
voldoende is vir skuldigbevinding, is heeltemal
geregverdig.
Beskuldigde 4 word benewens Kori ook deur Joseph Raleting
/ en
19
en Seqatsi David Majeseng geplaas op die plekke waar die
misdade gepleeg was. Weliswaar bestaan daar ernstige weersprekings in hulle
getuienis maar die uitspraak van die Hof benede be-
klemtoon dat "Raleting gunstiger beindruk (het) as Majeseng".
Beskuldigde
8 - die fluitjieblaser - het ook 'n prominente rol gespeel wat aandag op hom sou
vestig. Benewens dit het hy "'n besondere
gesig" en word hy betrek deur
Raleting, Alinah Molehe en haar moeder Maria Molehe. Ofskoon ernstige verskille
tussen moeder en dogter
se getuienis bestaan, was Alinah 'n besonder oortuigende
getuie soos blyk uit ondervermelde passa-
sie uit die uitspraak:
"Daar is betreklik ernstige verskilie tussen hulle getuienis, maar ons aan-vaar eenparig Alinah se getuienis waar dit bots met dié van haar moeder. Sy
/ was
20
was na ons mening een van die heel beste getuies in hierdie saak."
Wat beskuldigde 9 betref word Kori se getuienis gestaaf deur
Joseph
Raleting. Nog beskuldigde 1, nóg beskuldigde 4,
nog beskuldigde 8, nog
beskuldigde 9 het die vrymoedigheid
gehad om te getuig. In die lig van al die
omstandighede
uiteengesit in die kort relaas hierbo is daar nie meriete
in
die appelle nie.
Die Staat het 'n versoek, buitengewoon en,
sover my kennis strek, uniek van aard, aan hierdie Hof gerig,
nl. dat die
bevinding van die Hof a quo "dat daar versagtende
omstandighede
aanwesig was by die pleging van die moorde
op aanklagte een en twee, vervang
word met 'n bevinding dat
daar geen versagtende omstandighede aanwesig was by
die
/ pleging
21 pleging van genoemde moorde nie". Hierdie Hof beskik, na my
mening, nie oor die bevoegdheid om aan hierdie versoek gehoor te gee
nie. My
redes volg.
Die Staat grond sy aansoek op art. 322 van die Strafproseswet No.
51 van 1977 en op die vertolking daaraen ! verleen in S v E, 1979 (3)SA
973 (A) waar 'n skuldigbevinding aan onsedelike aanranding mero motu deur
hierdie Hof ver-ander is na een van verkragting en 'n swaarder straf
opgelê is. Ek is nie van voorneme om die artikel
hier aan te haal nie.
Sover relevant doen CORBETT AR dit op bl 975 H en op die volgende bladsy som hy
die essensie daarvan soos volg
op:
/ "Die
22
"Die Appèlhof word dus uitdruklik gemagtig om die uitspraak te gee wat by die verhoor gegee behoort te gewees het of die vohnis oplë wat by die verhoor opgelê behoort te gewees het. In verband met strawwe word die Hof ook uitdruklik gemagtig om 'n. swaarder straf op te lê as dié wat die Verhoorhof opgele het".
Die jurisdiksie om te bepaal of versagtende omstandighede
teenwoprdig is
al dan nie word in Rex. v Taylor, 1949 (4) SA
702 A() op bl 717 deur
SCHREINER AR beskryf as 'n "special
jurisdiction". Ek haal die relevante
passasie aan:
"It is clear that in arriving at a -conclusion as to whether to express the opinion that extenuating circumstances are or are not present a jury or Court of Judge and asses-sors, has not only to find facts relevant to the subject of extenuation but has also, after considering those facts and the extent of Lheir probable influence on the accused's conduct, to form what is essentially a moral judgment as to whether the circumstan-ces ought to be characterised as extenuating, so as to enable a sentence other than the death sentence to be imposed. The expressed
/ opinion
23
opinion by the triers of fact that extenuating circuntstances are or are not present is not part of the sentence or part of the Judge's reasons for the sentence; it is a distinct procedural step in relation to the power to sentence a convicted murderer. Whether, therefore, the matter comes before us on appeal or by wáy of some other procedure, this Court cannot substitute its opinion for that of the triers of fact merely be-cause it considers that that opinion was wrong. The Legislature has entrusted ,to the triers of fact and to no one else this special jurisdiction, in effect, to modify the inevitability of the death penalty, by stating, if they think it right, that a sentence of less than death may be imposed."
Alhoewel die Staat sy aansoek inklee as 'n "kennisgewing" is
dit in wese
'n teenappèl, nie teen 'n uitspraak, regsvraag of
vonnis soos beoog
deur art. 322 nie maar teen die wyse waarop
die uitsluitlike beoordelaar van
feite (nl regter en assessore)
die prosessuele stap uitgeoefen het wat die besondere juris-
diksie om die uiterste vonnis te matig, in werking stel.
/ Hiervoor
24
Hiervoor maak art. 322 nie voorsiening nie. Voor ons het mnr Louw, wat namens die Staat opgetree het, tereg, na my mening, nie volhard in 'n stelling vervat in sy geskrewe hoofde van betoog dat art. 22(b) van die Wet op die Hooggeregshof, No. 59 van 1959, hierdie Hof beklee metbevoegdheid om die Staat se versoek toe te staan. nie. Gemelde artikel het slegs betrekking op uitsprake en bevele wat aan appèl onderhewig is.
By die afwesigheid van enige bevoegdheid om 'n bevinding van versagtende omstandighede by die pleeg van 'n moord te kan vervang met 'n bevinding tot die teenoor-gestelde effek, word daar nie aan die Staat se versoek voldoen nie.
/ Die
25 Die appelle van al die appellante word afgewys.
G.P.C. KOTZÉ
VILJOEN AR) SMUTS Wn AR) STEM SAAM.