South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 68
| Noteup
| LawCite
S v Koopman (404/83) [1984] ZASCA 68 (30 May 1984)
Download original files |
Saak nr 404/83 M C
DAWID KOOPMAN
-en-DIE STAAT
JANSEN AR.
Saak Nr 404/83
M C
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DAWID KOOPMAN Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent
Coram: JANSEN, CILLIé ARR et HOWARD Wn. AR. Verhoor: 11 MEI 1984. Gelewer: 30 MEI 1984.
UITSPRAAK
2.
JANSEN AR:-
Die appellant,'n 26-jarige plaasarbeider
van die distrik Fraserburg,is tydens rondgang op
Beaufort-Wes (per LATEGAN R en assessore) aan moord
op sy 23-jarige houvrou,Mietjie Visser, skuldig bevind.
Die hof was van oordeel dat daar geen versagtende
omstandighede aanwesig was nie en die appellant is ter
dood veroordeel. Met verlof van die verhoorregter
kom die appellant teen die bevinding insake versagtende
omstandighede en die doodvonnis in hoër beroep.
In breë trekke was die verloop van sake die
betrokke Saterdagaand die volgende. Die appellant en
oorledene, met hul baba van ongeveer 8 maande, asook
andere, het by "Sakkie" op 'n naburige plaas gaan kuier.
Daarna /
3
Daarna is die appellant na "Piet" se huis, ook in
die
omgewing, om te gaan dans. Die oorledene het hom
(vermoedelik ietwat later) daarheen gevolg en die
baba in die sorg van Let
De Wee by Sakkie se huis
gelaat. Toe Let se ouers haar roep om huis toe
te
gaan was die baba baie lastig en sy besluit toe om
hom aan die
oorledene terug te gee. Op pad na piet
se huis kom sy die appellant teë en hy neem die baba
by haar en vra
haar om die oorledene te sê om huis toe
te kom. Die appellant self is
toe huis toe met die
baba. Later, toe die oorledene nie opdaag nie, is die appellant, nadat hy 'n sakmes bekom het, terug na
piet se huis, vergesel van Els De Wee. Die appellant
het die baba nog steeds by hom gehad. Voordat hulle
Piet /....
4. piet se huis bereik het, het die appellant vir Els gesê om die oorledene te gaan roep. Hy self het hom agter n bos versteek. Toe Els en die oorledene opdaag, spring die appellant agter die bos uit en hy vra die oorledene "hoekom kyk jy nie na ons kind nie". Sy vra hom toe om die kind vir haar te gee en toe sy hom vat, steek hy haar met die mes in die arm tot op die been, met die gevolg dat die baba val. Hierdie steek was die eerste van 18 steke wat die appellant die oorledene daar toegedien het - drie waarvan die borskás binne= gegaan het, een tot in die hart. Die oorledene moes kort daarna gesterf het.
Die appellant het op die moordaanklag skuldig
gepleit /
5. gepleit, die Staat het slegs Els en Let De Wee as
getuies oor die gebeure geroep en blykbaar 'n bekentenis
deur die appellant aan 'n landdros sonder beswaar
ingehandig; die appellant het sy saak gesluit.
Daarop het die hof die appellant aan moord skuldig
bevind. Op grond van o.a. die appellant se eie
bewering in sy bekentenis
dat hy terwyl hy agter die
bos geskuil het, reeds besluit het om die
oorledene
dood te maak, bevind die hof dat opset as oogmerk aan=
wesig was.
Ter versagting het slegs die appellant getuig.
Hy het hom nie daarop beroep dat hy tydens die stekery
onder die invloed van drank was nie, of dat daar drank by
Sakkie /
6. Sakkie of Piet gebruik is nie. Trouens, beide Let en Els De Wee sê
ook dat hy nie gelyk het soos iemand wat " 'n dop in het"
nie. Weliswaar vertel
hy dat hy die Saterdagmiddag eie gemaakte bier gedrink het, maar hierdie
verdagte getuienis strook nie met
die van Let en Els nie. Dit word nie nou
aangevoer dat die verhoorhof gefouteer het om drank buite rekening te laat nie.
Die verdediging
was by die.verhoor veral
daarop toegespits om aan te toon dat
teen 'n agtergrond
van onderlinge wrywing tussen die appellant en die
oorledene, die gebeure op die betrokke aand tot 'n
emosionele uitbarsting deur die appellant gelei het.
Hierdie aspek behandel die verhoorhof soos volg :-
"Jy / .....
7.
"Jy het wesenlik een faktor, as 'n mens die totale getuienis in oënskou
neem, aan die Hof voorgelê wat jy vra wat as 'n
versagtende omstandigheid
beskou moet word. Dit is dat vanweë huislike probleme met jou vrou en
vanweë optrede van haar
wat jou verneder het gedurende julle saamwoon oor
die jare, jy 'n wrok teen haar in jou hart opgebou het. Dat jy van haar ontslae
wou raak, maar dat sy nie van ontslae geraak wou wees nie.
Jou getuienis
hieroor is nie vir ons - my assessore is daarmee eens met my - oortuigend nie,
naamlik dat jy dan sodanig oor die jare
deur jou vrou verneder was dat dit tot
so 'n ontsaglike wrok in jou hart teen haar opgebou het nie.
Die term 'Vuil
Dawid' was vir die eerste maa in hierdie Hof gebruik deur die getuie Els, wat
deur die Staat gelei was. Sy het gesê
die
mense noem jou Vuil Dawid
omdat jy blykbaar nie
baie van klere verwissel nie. Ek sou verwag het, op die
waarskynlikhede, dat indien dit jou instruksies was aan jou raadsman reeds
in
daardie stadium, dat hierdie term 'Vuil Dawid' sy oorsprong het in die mond van
jou vrou, dat daardie suggestie aan die vrou Els
gemaak
sou / ....
8.
sou gewees het op een of ander wyse in
kruisverhoor. Dit was nie gedoen nie. Ek
noem dit slegs as 'n faktor wat vir ons in
twyfel laat oor die egtheid van jou bewering
in jou getuienis dat jy dan so gewéldig verneder
was deur jou
vrou.
Daar was ook nie aan enige van die Staatsgetuies wat hier getuienis
gegee het op enige wyse hoege= naamd gevra of gestel dat jou vrou
kennelik aan
almal in die gemeenskap waarin julle jul bevind het, jou voor mense probeer
verneder het nie, soos wat jy vandag hier
beweer nie.
Ons is egter bereid om aan te neem dat daar
twiste was in jou huis, soos wat daar sekerlik in
meeste mense se huise
is, in elke klas van
samelewing, in elke kleur van samelewing,
omdat
wanneer twee mense so nou op mekaar aangedring
is om in dieselfde huis saam te lewe, en hulle dan
nog van verskillende
geslagte ook is, sal daar
klaarblyklik een of ander tyd wrywing
tussen
hulle wees. In jou geval sê jy het jou vrou
jou soms gevloek. Ons kry nie die indruk op die
geheel van die getuienis,
dat jy en jou vrou 'n
twistende gesin was nie, behalwe uit wat jy vir
ons sê. Maar selfs uit jou eie getuienis is
daar vir ons nie 'n beeld geskep dat jy in 'n
onuithoudbare situasie geplaas was nie, soos jou
advokaat / ....
9
advokaat dit in argument gestel het, en dat hierdie opgekropte wrokkige
gevoelens van jou dan uiteindelik hierdie aand gekulmineer
het in 'n ontploffing
waarin jy 'n dodelike instrument agtien maal in jou vrou se liggaam ingedruk het, sommige tot binne-in
haar hart.
Daar is nie 'n beeld ván faktore wat op daardie oomblik,
toe jy besluit het om haar dood te maak, iets laat breek het in jou
nie. Jy
sê weliswaar dat jy ontevrede was dat sy die kind by 'n vriendin gelaat
het in een huis en toe in 'n ander huis gaan
dans hét. Weer eens blyk dit
ook uit die getuienis dat jy feitlik saam met jou vrou gestap het van die huis
af waar sy die
kind gelos het en dat jy gesien het dat sy sonder die kind daar
wegloop en blyk dit dat eers na jy al 'n rukkie aan die dans was
jy toe vir haar
gevra het, maar hoekom het jy nie die kind saamgebring nie, of waar is die kind,
of iets van die aard. Dit wys dat
dit jou nie só verskriklik gehinder het
dat sy die kind daar in die sorg van 'n ander vrou gelaat het nie. Dit is vir
ons
ook, trouens, heel aanvaarbaar en 'n heel natuurlike optrede van 'n ma wat
die hele week met 'n kind op haar rug moet loop en na
hom moet kyk en na sy
gehuil moet luister en hom aan haar moet laat drink ook, dat so 'n
vrou vir
'n oomblik oor 'n naweek graag vir 'n
uurtjie / ....
10
uurtjie saam met haar vriende sal wil ontspan sonder hierdie kind wat
aan haar hang. Dit is in ons oordeel hoegenaamd nie optrede
van jou vrou wat van
so 'n aard was dat dit in jou eie gemoed, so 'n ontploffing kon veroorsaak het
dat jy besluit het om haar daaroor
doód te maak nie.
Jy het ook op
pertinente vrae vir ons gesê dat jy eintlik van hierdie vrou wou ontslae
raak, jy wou haar nie meer hê nie,
jy wou haar van jou af weg hê en
jy het haar al by herhaling, sê jy, weggejaag en dan wou sy nie loop nie.
Ons kry die
indruk, op al die waarskynlikhede van hierdie saak, dat jy met
voorbedagte rade haar by daardie bos ingewag het; dat jy vroeër
daardie
aand al besluit het dat jy gaan haar doodmaak; dat jy jou mes by die huis geneem
het met die gedagte om haar minstens ernstig
seer te maak en dat jy iewers op
jou pad vanaf die huis, met die mes in jou sak en voor jou vrou by jou aangekom
het, besluit het
vanaand gaan ek haar doodmaak. Ons kan nie
uit die omstandighede wat 'n rol in jou gemoed
gespeel het, enige omstandigheid haal wat in
ons oordeel genoegsaam is om hierdie besluit
van jou om jou vrou, die moeder van jou kind,
koelbloedig dood te steek op 'n wrede wyse,
enigsins minder laakbaar te maak nie.
Drank/..........
11.
Drank het geen rol gespeel in jou geestes= toestand nie, in jou gemoed, toe jy die daad gepleeg het nie. Niks ekstern het jou gemoed bewolk en jou oordeel bewolk toe jy besluit het om die vrou dood te maak nie. Jy was nugter en jy het in nugtere sinne besluit om haar te vermoor, vir, in ons oordeel, onbenullige redes. As elke man wat nie meer sy vrou wil hê nie, haar kan doodmaak en dan vra dat die feit dat hy nie van haar gehou het nie as versagting moet dien, sal in my oordeel, indien dit as algemene tender aangebied word, dit die begrip van versagtende omstandighede ver te wyd neem."
Dit
word nie voor ons aangevoer dat die verhoorhof hier enige wesenlike mistasting
of onreëlmatigheid begaan
het nie. Daar word slegs betoog dat die
verhoorhof
versagting wel "kon" bevind het op grond van die volgende:
(a) Appellant se besorgdheid oor sy enigste
kind, 'n 7-maande oue baba en sy
oortuiging dat oorledene nie na behore
na die kind omgesien het nie;
(b) /....
12.
(b) Appellant se vernedering wat hy moes
verduur wanneer sy vrou hom as "Vuil Dawid" aanspreek;
(c) Appellant se ongeskooldheid, eenvoud
en ongeletterdheid;
(d) Die neerhalende houding van die
oorledene ten opsigte van die
appellant;
(e) Die kumulatiewe effek van bogenoemde
faktore oor 'n tydperk van twee jaar
waartydens appellant saam met oorledene
geleef het.
Die verhoorhof was wel van hierdie aspekte bewus en het
klaarblyklik tot die gevolgtrekking gekom dat in die
mate wat hierdie aspekte deur die getuienis gestaaf word,
hulle nie die omstandighede die moord minder laakbaar
maak /..
13. maak nie. Dit kan nie gesê word dat hierdie mening nie
redelikerwys gehuldig kan word nie. Die appèl word afgewys.
E.L. JANSEN AR.
CILLIé AR.
STEM SAAM. HOWARD WND. AR.