South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 80

| Noteup | LawCite

Konstruksie Mynbou Toerusting Maatskappy (Edms) Bpk v Steenkamp (80/82) [1984] ZASCA 80 (17 August 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

KONSTRUKSIE MYNBOU TOERUSTING

MAATSKAPPY (EDMS) BEPERK appellant,
en

J J STEENKAMP respondent
Coram: KOTZÉ et CILLIE, ARR, et SMUTS, Wr. AR.

Datum van appèl : 22 Mei 1984

Datum van uitspraak: 17 Augustus 1984

U I T S P R A A K KOTZE AR:
Na 'n verhoor wat op 11 Mei, 12 Mei en 29 Oktobcr 1982 in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling plaasgevind het in 'n geding tussen die appellant (eiser) en die respondent

/ (verweerder)
2 (verweerder) het regter KOTZÉ (toe nog 'n waarnemende regter) eersgenoemde se eis vir betaling van R5 500,00 van die hand gewys met koste. Teen daardie bevel kom die eiser, 'n maatskappy met beperkte aanspreeklikheid, nou in hoër be-roep.
Die eiser se oorspronkitke besonderhede van eis, soos aangevul deur nadere besonderhede, is ten effekte dat:

(1) die eiser, verteenwoordig deur E Minnaar, en verweerder op 6 Maart 1978 te Bloemfontein mondeling ooreen-gekom het dat eiser aan verweerder twee nuwe Inter-national 674 trekkers verkoop teen.'n prys van R7 500,00 per trekker;
(2) dit 'n beding van die ooreenkoms was dat verweerder

/ as

3 as gedeeltelike betaling van die prys twee gebruikte International 674 trekkers aan die eiser sou lewer teen 'n ooreengekome waarde van R4 750,00 per trekker;

(3)dit 'n verdere beding van die ooreenkoms was dat die balans van R5 500,00 deur verweerder betaal suu word by lewering van die nuwe trekkers, alternatiewe-Lik binne 'n redelike tydperk na lewering;
(4)die twee nuwe trekkers kort na 6 Maart 1978 aan die verweerder gelewer is en ondanks verstryking van 'n 'n redelike tyd na lewering en aanmaning, weier en versuim verweerder om die bedrag van R5 500,00 aan eiser te betaal.

Nadat die eiser se enigste getuie, Minnaar hierbo in die pleitstukke na verwys, getuig het en net voor die afsluiting

/ van
4 van eiser se saak het die Verhoorregter op aansoek namens die eiser, die besonderhede van eis gewysig: (a) deur die vervanging in (1) van die datum "6 Maart 1978" met die woorde "Gedurende die periode Julie 1977 tot Oktober 1977" en (b) deur die byvoeging na "Bloemfontein" van die woorde "alterna-tief Vreaefort".

In sy verweerskrif het die verweerder die bewerings

in (1), (2) en (3) hierbo ontken en in die alternatief soos
volg gepleit:

"Verweerder (het) gedurende of omtrent Augustus 1977 'n mondelinge ooreenkoms aan-gegaan met eiser te 'Vaalzicht', Vredefort, in terme waarvan verweerder vier nuwe McCormick 674 trekkers by eiser gekoop het. Verweerder het vier van sy gebruikte trekkers ingeruil en was die balans bekaalbaar op die koopprys

/ deur

5

deur verweerder die bedrag van R9 000.00 Dit was 'n verdere uitdruklike, alternatiewelik impliseerde term van die ooreenkoms dat die koopsom betaalbaar sal wees teen volledige lewering van die vier trekkers wat verweerder aangekoop het. Eiser het versuim om volledig te presteer in terme van voormelde ooreenkoms aangesien eiser slegs twee trekkers aan ver-weerder gelewer het en het eiser verder, in verbreking van die voormelde ooreenkoms, versuim om gratis diens op verweerder se woon plaas te verrig."

Op 24 Maart 1982 is die verweerskrif gewysig deur

die toevoeging van die volgende verdere alternatief:

"Eiser, soos verteenwoordig deur Mnr Minnaar en verweerder (het) persoonlik te Vredefort en wel te die kantoor van Mnr Tomlinson gedurende 1978, mondeling ooreengekom dat dle partye geen verdere verpligtinge teen-oor mekaar het in terme van die ooreenkoms soos deur verweerder beweer nie en sou eiser in terme

/ van

6
van voormelde ooreenkoms derhalwe nie meer twee nuwe trekkers aan verweerder lewer nie, sou verweerder nie meer twee tweedehandse trekkers inruil by eiser nie en sou verweerder nie aanspreeklik wees vir enige verdere beta-lings aan eiser in terme van voormelde ooreen-koms nie."

In 'n replikasie gedateer 27 April 1982 het die eiser iedere bewering in die alternatiewe en verdere alternatiewe dele van die pleit ontken. Alternatiewelik het die eiser beweer dat, indien bevind sou word dat die ooreenkoms na verwys in die verdere alternatiewe verweer wel gesluit is, Minnaar nie magtiging gehad het om namens die eiser sodanige oor eenkoms te sluit nie.

Minnaar, soos reeds gemeld, was die enigste persoon wat namens die eiser getuig het. Hy was te alle relevante

/ tye
7 tye die eiser se takbestuurder te Bloemfontein. Gedurende hoofondervraging het hy vertel van 'n besoek deur hom en sy ver-koopsman, Crous, aan die verweerder se plaas Vaalzicht (distrik Vredefort) gedurende 1976. Daar het hulle na vier gebruikte 674 trekkers (almal in feitlik dieselfde toestand) gekyk en voorlopig met die verweerder die aankoop deur hom van nuwé trekkers teen R7 500-00 per stuk teen die inruil van gebruikte trekkers teen R4 750-00 per stuk bespreek. Aangesien hy deur sy hoofkantoor verbied was om sonder magtiging inruil transaksies aan te gaan het hy daar en dan 'n vrugtelose poging aangewend om die vereiste toestemming te verkry. Hy en Crous is toe terug na Bloemfontein toe enhy het eiser belowe dat hy sou poog om magtiging te verkry. Na verloop
van ongeveer 'n maand het die verweerder en Crous weer vertoë

/ aan
8 aan hom gerig as gevolg waarvan hy, op eie houtjie toegegee het en die verweerder telefonies meegedeel dat, ofskoon hy nie magtiging het nie, hy tog twee gebruikte trekkers sou neem, hulle op die vloer van die vertoonkamer sou plaas en sodra hy hulle verkoop die ander twee sou inneem en hulle dan probeer verkoop. Hiertoe het die verweerder ingestem. As gevolg het hy twee nuwe krekkers op die verweerder se plaas afgelewer en terselfdertyd twee van die gebruikte trekkers na die vertoonkamer geneem. Na 'n geruime tyd, toe Crous reeds die eiser se diens verlaat het en die eiser die agentskap reeds laak vaar het, het hy die twee gebruikte trekkers verkoop. Daarna, so lui sy getuienis, "I could not
carry on with anything we invoiced Mr Steenkamp
considerably later than the actual delivery of these tractors".

/ Die
9 Die invordering van die uitstaande bedrag het hy aan die ouditeure oorgelaat. Voorts het Minnaar getuig van 'n geleent-heid wat hy 'n raadgewer van die verweerder - mnr Tomlinson vermeld in die verder alternatiewe verweerskrif - op laas-genoemde se kantoor ontmoet het toe daar 'n vrugtelose onder-handeling in verband met die twee oorblywende nuwe trekkers plaasgevind het. Hierna het hy op 'n sekere dag weer aangedoen by Tomlinson se kantoor. Die verweerder was ook teenwoordig en baie ontevrede omdat die laaste twee nuwe trekkers nie af-gelewer was nie. Sy antwoord aan die verweerder was dat "right from the word go 1 had explained to you that we were
not allowed to take trade in's unless we could pre-sell them".
Die verweerder het in 'n ontstoke toestand die kantoor verlaat

/ en

10

en verklaar dat hy die aangeleentheid aan Tomlinson oorlaat. Hy en Tomlinson is toe na die verweerder se plaas toe waar hy sekere verduidelikings aan Tomlinson gegee het. Daarna het hy 'n brief van laasgenoemde ontvang waarin bevestig sou gewees het dat die verweerder R5 500,00 aan die eiser skuld en dat die saak na sodanige betaling afgehandel sou wees. Gemelde brief het egter verlore gegaan on hy kon dit nie te voorskyn bring en aan die Verhoorhof toon nie. Minnaar het ten sterkste ontken dat hy die ooreenkoms soos gepleit in die verdere alternatiewe verweerskrif aangegaan het en het bygevoeg: "I would never have been able to do a thing like that, because I would have had to answer to my superiors how I could give away tractors for nothing".

/Kruisondervraging

11

Kruisondervraging van Minnaar het 'n aantal afwykings van sy getuienis gedurende hoofondervraging aan die lig gebring, asook verklarings wat onversoenbaar is met die besonderhede van eis. Hy het toegegee dat die beweerde transaksie en lewering van die nuwe trekkers ongeveer gedurende Julie of Augustus 1977 en nie in Maart 1978 (soos in die besonderhede van eis beweer) plaasgevind het. Hy het ook toegegee dat met die eerste besoek aan die plaas die verkoop van vier 674 trekkers, die ontvangs van vier gebruikte trekkers, betaling deur ver-weerder van R9 000,00 en dat die eiser 'n waarborg sou verstrek, bespreek was, maar dat dit onderworpe was aan goedkeuring van sy hoof kantoor. Hierna het die verweerder per telef oon navraag gedoen wanneer die vier nuwe trekkers afgelewer

/ sou

12 sou word. Minnaar het erken dat toe hy die twee nuwe trekkers gelewer het, hy geen betaling ge-eis het nie

"because we had done a transaction with him previously
there were no hassles or anything like that, because he had a very good name with the banks and everything like that, I trusted him". Met betrekking tot Tomlinson, het Minnaar erken dat hy, verweerder en Tomlinson gedurende Maart of April 1978 in laasgenoemde se kantoor byeengekom het. Hy het ontken dat hy gesê het dat hy die transaksie nie kon deurvoer as ge-volg van 'n drastiese prysstyging nie maar het erken dat hy wel gesê het dat as hy dit sou deurvoer hy sy betrekking sou verloor weens verontagsaming van die opdrag om eers ingeruilde trekkers te verkoop. Aan die einde van die kruisondervraging het die Verhoorregter 'n vraag, gegrond op die besonderhede van eis

/ van
13 van die eiser, aan Minnaar gestel vermoedelik met die doel om te bepaal of die afwykings tussen sy getuienis en gemelde besonderhede versoenbaar is. Die betrokke uittreksel lui soos volg:

"Now I want to put a version of one of the parties to you, and I want you to tell me whether it transpired or not. In March 1978, .... (indistinct).... the following agreement was entered into between you and Mr Steenkamp, namely that you would sell two new 674 tractors for the amount of R7 500 each to him, and that you would take in two used tractors for the amount of R4 750 each, what do ycu say to that?— In March 1978?

Yes?— No Sir.

What do you say about the place of the agreement, here in Bloemfontein?— No it was in Bloemfontein.

What do you say about the terms, in other words that you would sell two new tractors and take in two used tractors?—- Yes.

At... in other words, the agreement is

that you agree on one particular day, firstly

to sell two new tractors, and secondly to take

the two used tractors. What do you say to that?--

/No

14

No, there was no such an agreement.

There was no such an agreement according to your evidence.— No."

Te oordeel slegs aan die geskrewe woord, soos hierbo

uiteengesit, is Minnaar se getuienis ver van oortuígend.
Maar beskou in die lig van die Verhoorregter se bevinding

i.v.m. sy geloofwaardigheid, waarna ek terstond verwys, is

sy getuienis beslis nie aanvaarbaar nie en was dit tereg

verwerp. O.a. lui die uitspraak:

VReeds gedurende mnr Minnaar, eiser se enigste getuie, se hoofverhoor hct ek die gevoel gekry dat daar iets nie pluis is nie. Hy, synde 'n man in sy veertiger jare, het toe reeds in hoofverhoor 'n te onsekere en ongemaklike houding gehad vir iemand wat 'n besigheid bestuur. Toe sy kruisverhoor aangebreek het, het dit gou duidelik geword van waar die ongemak kom en dit wel dat dit nie die gevolg was van een of ander per-soonlikheidseienskap nie, maar wel vanweë die feit dat hy nie die waarheid vertei nie."

/ Hierna

15

Hierna meld die Verhoorregter etlike voorbeelde van Minnaar

se onbetroubaarheid - sommige hiervan blyk uit die reeds

aangehaalde uittreksel uit die Regter se ondervraging -

en sluit dan soos volg af:

"Hoe langer sy kruisverhoor aangehou het hoe meer het sy verhaal uitgerafel en uitein-delik het hy vir die Hof probeer vertel dat hy die twee nuwe trekkers in stryd met instruksies van sy hoofkantoor afgelewer het, iets wat ook net nie aanvaar kan word nie."

Teenoor die ongunstige bevinding m.b.t. die getuienis van
Minnaar het die Verhoorregter gunstige geloofwaardigheids-
bevindinge m.b.t. verweerder se eie getuienis en die van
Tomlinson gemaak.

Die verweerder het op die Verhoorregter 'n "uiters

gunstige en geloofwaardige indruk....gemaak" en sy getuienis is

/ sonder

16 sonder huiwering "in die totaal daarvan aanvaar. Hy het deurentyd vir die advokaat wat vrae aan hom gestel het en vir die Hof ook in die gesig gekyk en op 'n kalme, selfver-sekerde wyse sy antwoorde gegee". Kortliks gestel is die getuienis van verweerder dat Minnaar en Crous hom gedurende Augustus 1977 op Vaalzicht besoek het; sy vier gebruikte trekkers "deurgekyk" het; hulle onderhandel het en ooreengekom het dat eiser aan verweerder vier nuwe 674 trekkers sou verskaf; verweerder sy vier gebruikte trekkers sou inruil en R9 000,00 sou "toebetaal"; twee nuwe trekkers aan hom gelewer is en twee van sy gebruikte trekkers deur die eiser weggeneem is; ondanks verskeie navrae hy nie die ander twee nuwe trekkers ontvang het nie; gedurende Maart

/1978

17 1978 het Minnaar, hy en Tomlinson in laasgenoemde se kantoor bymekaargekom; na hy aandag gevestig het op aansienlike styging in die prys van nuwe trekkers en daling in die pryse van gebruikte trekkers 'n wedersydse kwytskelding (soos uit-eengesit in die verdere alternatiewe verweerskrif) plaasgevind het.
Tomlinson het die verweerder se getuienis in alle wesentlike opsigte gestaaf. Hy is vier-en-sestig jaar oud, het op die Verhoorregter 'n "goeie indruk" gemaak en sy ge-tuienis is in geheel sonder huiwering aanvaar.

Die enigste oorblywende getuie was Crous. Sy getuienis het basies dié van die verweerder gestaaf. Hy het die ver-hoorhof egter nie as getuie beindruk nie en sy getuienis is slegs

/ aanvaar

18

aanvaar "in soverre dit stawing vind in die getuienis van

verweerder".

Dit is teen bovermelde feitlike agtergrond wat

hierdie appèl beslis moet word. Die slotsom waartoe die
Verhoorregter gekom het, is soos volg:

"Verweerder se relaas omtrent die gebeure (is) die waarheid en Minnaar se bewerings dat die kontrak deelbaar was, dat daar geen skikking of wedersydse kwytstellingsooreenkoms tussen die partye was nie en dat hy nie mag-tiging gehad het om 'n kwytstellingsooreenkoms aan te gaan en al die ander wesenlike aspekte van die saak nie die waarheid is nie. Inteendecl vind ek dat hy doelbewuste leuens vir die Hof vertel het ten einde 'n eis vir die eiser te kan grond."

Mnr Wessels, wat in hierdie Hof sowel as in die Hof a quo
namens die eiser opgetree het, het ons aandag gevestig op

/ sekere...
19 sekere botsings tussen die verweerder en Tomlinson se getuienis, op 'n gebrek aan konsekwensie in die verwere ge-opper deur die verweerder en op grond daarvan betoog dat Minnaar se getuienis i.p.v. die getuienis van die verweerder se getuies aanvaar moes gewees het. Die uitspraak van die Ver-hoorregter getuig van versigtige oorweging en, hoewel daar-teen gewaak moet word dat 'n reg van appèl nie tot 'n blote skim gereduseer wo,rd nie, bestaan daar nie grondige redes waarom daar in hierdie saak met sy geloofwaardigheidsbevindinge ingemeng behoort te word nie. Trouens die afwykings in Minnaar se getuienis waarna ek reeds verwys het en die ant-woorde wat hy verstrek het aan die Verhoorregter in die uittreksel hierbo aangehaal vernietig, na my mening, die

/ versie

20

versie van die mondelinge ooreenkoms soos deur die eiser ge-pleit. Dit, in sigself, doen ernstige afbreuk aan Minnaar se geloofwaardigheid en maak inmenging met die feitebevindinge van die Hof a quo gevaarlik. Indien hierdie Hof teen in-menging met die feitebevindinge sou besluit, het mnr Wessels nogtans betoog dat die ooreenkoms deelbaar is en, aangesien die verweerder twee trekkers aanvaar hct, hy die bedrag van R5 500,00 aan die eiser verskuldig is . Die antwoord op 'n vraag of 'n ooreenkoms ondeelbaar is, hang van die bedoeling van die partye soos afgelei van hulle woorde en optrede en van di e geaardheid van die prestasie af. (Vgl. Collen v Rietfontein Engineering Works, 1948 (1) SA 413 (A) te bl. 435.) Die getuienis van Steenkamp was dat daar nie op afsonderlike pryse

/ooreengekom

21

ooreengekom is vir iedere nuwe en gebruikte trekker nie -

slegs oor die verskil wat inbetaal moes word. Die verweerder

se getuienis, wat tereg deur die Regter a quo aanvaar is,

en die optrede van die partye na die vier trekkers op die
plaas "deurgekyk" was, dui op 'n globale transaksie: vier nuwe
trekkers word gekoop, vier gebruikte trekkers word ingeruil
en 'n enkele ooreengekome bedrag word inbetaal. Die betoog
ten aansien van die beweerde deelbaarheid van die ooreenkoms
slaag gevolglik nie. Steeds is dit nie die einde van die
eiser se betoog nie want voor ons is ook aangevoer dat "indien
hierdie Hof sou bevind dat eiser nie die bepalings van die
kontrak nagekom het deur slegs twee trekkers te lewer nie,
word daar desnieteenstaande betoog dat die eiser geregtig

is op betaling van die bedrag van R4 500,00 op die basis van

/'n kontraktuele
22 'n kontraktuele eis om 'n verminderde kontrakprys". Ter ondersteuning van hierdie kontensie is 'n beroep gedoen op BK Tooling v Scope Precision Engineering, 1979 (1) SA 391 (A). Daar kan ook nie aan hierdie betoog gehoor gegee word nie aangesien die eiser nie sy eis daarop ingestel het om op billikheidsoorwegings 'n verminderde kontrakprys te verhaal nie: eiser het sy eis gegrond op 'n kontraktuele versic wat die Verhoorhof verwerp het. (Kyk DaJinga Beleggings (Pty) Ltd v Antina (Pty) Ltd., 1979 (2) SA 56 (A) pp 63-4 en op pp 434 G - 435 A van die B K Tooling-saak, supra.) Dit volg dus dat die appèl afgewys behoort te word.

Ook die bevinding van die Regter a quo dat 'n "skikking

/ of
23 of wedersydse kwytskeldingsooreenkdms tussen die partye" inderdaad aangegaan is kan, na my mening, nie mee ingemeng word nie. Die gunstiger posisie wat 'n regter van eerste instansie geniet by die beoordeling van feite is oorbekend en behoef geen herhaling nie. Maar, aldus 'n kragtige betoog deur mnr Wessels, bestaan daar tog voldoende materiaal en grondige rede in die vorm van twee briewe, gedateer 5 Maart en 24 April 1979; vir die verwerping van die getuienis van die verweerder en Tomlinson dat 'n kwytskeldingsooreenkoms ooit bereik is en vir die bevinding dat die verweerder die bewyslas in hierdie opsig nie gekwyt het nie. Kort gestel betoog mnr Wessels soos volg. Dit blyk uit die getuienis dat op 30 Oktober 1978 verweerder skriftelik namens eiser aangespreek word vir betaling

/ van

24

van die "outstanding account"; dit het verweerder onthuts
maar hy reageer nie; baie later het 'n skuldinvorderaar
die eis mondeling herhaal; verweerder sê aan hom "ek skuld
die mense niks nie"; erg ontsteld gee hy aan sy prokureur
opdrag om per brief te verduidelik van die skikking en daarna
word die briewe van 5 Maart en 24 April deur die prokureur
geskryf. Eersgenoemde brief lui:

"Ons is gelas deur mnr J J Steenkamp van Vaalzicht, Vredefort, om aan u te skryf in verband met 'n koopooreenkoms gedurende of ongeveer Augustus 1977 deur hom aangegaan met u Bloemfontein afdeling. In terme hiervan het mnr Steenkamp by u vier nuwe McCormick 674 trekkers gekoop en het hy vier oues ingeruil. Die verskil wat hy moet inbetaal is R9 000,00. Dit was 'n verdere onderneming dat gratis diens op sy woonplaas vir hom verrig sal word, wat nie gedoen is nie. Hy het nog net twee van die trekkers ontvang en vereis dat die ander twee nuwe trekkers onmiddellik aan hom

/ afgelewer

25
afgelewer word, en dat besit geneem word van die twee trekkers wat op hulle ingeruil word. Teen lewering van die twee nuwe trekkers sal die koopsom, naamlik R9 000,00 onverwyld aan u oorbetaal word. Dit was 'n uitdruklike en/of impliseerde term van die ooreenkoms dat die R9 000,00 betaalbaar sal wees teen volledige lewering van die vicr trekkers wat aangekoop is. U spoedige aandag sal op prys gestel word."

Die brief van 24 ApriL lui:

"Ons verwys na bostaande aangeleentheid en ons skrywe van 5 laaslede.
U het geensins gereageer op ons skrywe nie en mnr Steenkamp kan nie langer die twee ge-bruikte trekkers tot u beskikking hou nie, want hulle neem daagliks in waarde af. Ons kliënt vereis derhalwe dat die twee nuwe trekkers binne veertien dae na datum hiervan gelewer word en by gebreke daaraan sal ons kliënt verplig wees om die twee tweedehandse trekkers daarna teen so 'n prys as wat hy kan kry sal verkoop en die koopsom sal afgesit word

/ teen

26

teen die bedrag nog aan u verskuldig en die balans sal aan u betaal word sodra u die nuwe trekkers lewer.

Hierdie aangeleentheid kan nie onbepaald oor-gehou word nie en hierdie kennisgewing moet beskou word as finaal."

Dit is ondenkbaar, so betoog mnr Wessels, dat indien daar
werklik 'n skikking was die briewe dit nie sou meld nie
en dat voorgegee sou word dat twee gebruikte trekkers
steeds tot eiser se beskikking gehou word. Die Regter a
quo het hierdie briewe nie oor die hoof gesien nie soos
blyk uit die uitspraak:

"Die Hof het ook in aanmerking geneem dat sy prokureur in die aanmaningsbriewe dit gestel het dat die twee tweedehandse trekkers wat nog op verweerder se plaas gestaan het tot beskikking van eiser gehou word terwyl ver-weerder se eie getuienis openbaar het dat

/ hy

27
hy daardie tweede handse trekkers na verloop van ongeveer sewe maande weer begin gebruik het. Ek is egter oortuig daarvan dat hierdie verskil nie voortspruit uit ongeloofwaardig-heid aan die kant van verweerder nie, maar as oorsaak het dat onnoukeurige taal in sy prokureur se briewe gebruik is óf andersins net dat die posisie nie daarin volledig ver-duidelik is nie."

Verder is dit van belang om voor oë te hou dat ten tye van
die bespreking in Tomlinson se kantoor nuwe trekkers aansien-

lik duurder was as in Augustus 1977 en gebruikte trekkers
toe tussen R700,00 en Rl 000,00 minder werd was. Volgens
die verweerder se getuienis sou dit hom "betaal het om
die trekkers te gekry het, enige tyd daarna, as hulle die
trekkers sou gelewer het." Dus sonder om afstand te doen
van die skikking sou hy bes moontlik geredelik oorweeg

/ het
28 het om die ander twee nuwe trekkers te aanvaar. Ook van belang is die datum van die verdere alternatiewe verweerskrif: 24 Maart 1982 - ongeveer ses weke voor die verhoor toe kon-sultasies ter voorbereiding daarvan waarskynlik plaasgevind het en die deurslaggewende belang van die samespreking in Tomlinson se kantoor duidelik geblyk het. Dit is die waarskynlike rede dat die wysiging eers op so 'n laat tydstip plaasgevind het. Die Verhoorregter het 'n ex tempore uitspraak gelewer toe die indrukke wat hy gevorm het nog vars in sy geheue was en sy uitgesproke oortuiging dat onnoukeurige taal of onvolledige verduideliking eerder as ongeloofwaardig-heid die gebreke in die briewe verduidelik, dra veel gewig. Die enigste oorblywende vraag is of die Regter á

/ qou
29 quo tereg bevind het dat Minnaar wel magtiging gehad het om die skikkingsooreenkoms namens die eiser te sluit. Sy benadering was dat die eiser se eie bewering in die pleit-stukke dat Minnaar magtiging gehad het om twee trekkers te verkoop, dat Minnaar eiser se takbestuurder was, dat hy, volgens verweerder, opgetree het as 'n gevolmagtigde en dat, aldus Minnaar self, hy byvoorbeeld ooreenkomste m.b.t. grondboontjieplukkermasjinerie aangegaan het, minstens prima facie bewys dat die beweerde magtiging wel in Minhaar gesetel het en dat by ontstentenis van getuienis van byvoor-beeld 'n direkteur van die eiser dat Minnaar nie magtiging gehad het nie, diê bewys afdoende word. Met hierdie benadering gaan ek akkoord.

/ Die

30

Die appèl word met koste afgewys.

G.P.C. KOTZE

CILLIÉ AR)

SMUTS Wr. AR) STEM SAAM