South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 85

| Noteup | LawCite

S v Links (438/83) [1984] ZASCA 85 (3 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


MCB

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
JOSEPH LINKS Appellant

en
DIE STAAT Respondent

CORAM: VILJOEN, HEFER, ARR et VIVIER, WAR
VERHOORDATUM: 20 AUGUSTUS 1984 LEWERINGSDATUM: 3 SEPTEMBER 1984

UITSPRAAK VILJOEN, AR:
Die appellant het voor die Noord-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof tereg gestaan op 'n

aanklag/

2
aanklag van moord en 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Dit is hom ten laste gelê dat hy op 20 Oktober 1982 in Galeshewe naby Kimberley vir Sarah Mathews, 'n kleurlingvrou, (hierna die oorledene genoem) vermoor het en dat hy op dieselfde datum vir Solomon Swartz aangerand het met die opset om hom ernstig te beseer. Hy is op albei aanklagte skuldig bevind en 'n bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie, het die doodvonnis op die eerste aanklag tot gevolg gehad. Op die tweede aanklag is hy 'n vonnis van ses jaar gevangenisstraf opgelê. Verlof is deur die verhoorregter aan hom toegestaan om te appelleer teen die skuldig-bevinding op aanklagte 1 en 2, teen die bevinding dat

daar/

3

daar geen versagtende omstandighede bestaan nie en teen die vonnis op aanklag 2.
In Galeshewe, 'n kleurlingwoongebied in Kimberley waar die betrokke gebeure afgespeel het, het daar op die relevante datum, in huis 3060 aan die suidekant van Mitistraat, drie geslagte van een gesin gewoon. Dit was die huis van Lizzie Swartz, 'n bejaarde pensioenaresse. Saam met haar het haar invalide dogter Hester gewoon asook 'n ander dogter Sanah Swartz, wat met haar man (of haar hou-man), James Kganejego, een kamer bewoon het. 'n Ander dogter van Lizzie, Feita, het sporadies en nie gereeld nie daar ingewoon. Feita se jong seun Willem, 14 jaar oud, het egter daar gewoon asook 'n ander kleinseun van Lizzie, Solomon Swartz,

'n volwasse/

2
'n volwasse man wat by 'n firma Stewart Plumbers gewerk het. Die appellant was geen familielid nie maar hy het op een stadium ook by Lizzie gewoon. Hy het nog dik-wels die huis besoek.
Die oorledene was tydelik in Kimberley. Sy het van die platteland gekom na Kimberley om sekere dokumente ("papiere") in orde te kry of te bekom aangesien sy van voorneme was om met 'n man met wie sy saam gewoon het en by wie sy reeds kinders gehad het, in die huwelik te tree. Vir 'n tydperk van ongeveer drie maande voor haar dood het sy ingewoon by George Blom te 3115 Mitistraat aan die noordekant van die straat in 'n oostelike rigting van Lizzie Swartz se huis, maar nie ver daarvandaan nie.

Kronologies het, volgens die getuienis, die

gebeure/

5

gebeure waarby Solomon Swartz, die klaer in die tweede aanklag betrokke was, eerste afgespeel. Ek sal dus na die getuienis wat betrekking het op aanklag 2 eerste verwys en daarna na die getuienis wat in verband staan met die moordaanklag.
Die getuienis van Solomon, Willem, Sanah en Lizzie Swartz kan, wat die tweede aanklag betref, soos volg saamgevat en opgesom word. Solomon was teen ongeveer 18h30 van 20 Oktober 1982 in die kombuis van Lizzie se huis toe die appellant by die kombuis inkom, deurloop na Sanah en James se kamer waar hy vir hulle gevra het waar Feita is. Toe hulle hom nie antwoord nie is hy terug na die kombuis waar Solomon op daardie tydstip gebukkend by die stoof gestaan het en 'n sigaret

aangesteek/

6
aangesteek het. Terwyl die appellant die woorde "Ja Solomon" uiter, het hy op Solomon afgestap en hom twee steekhoue met 'n mes, wat hy uit sy sak tevoorskyn gehaal het, toegedien. Hy het vir Solomon teen die kop bokant sy oor en agter sy nek gesteek. Solomon het uitgeroep "Ousie, kyk vir Joseph" en het ylings gevlug deur 'n venster van die huis. (Almal in die huis het vir Sanah aangespreek as Ousie). Solomon is vandaar na die polisie-stasie waar hy die aanranding op hom aanhangig gemaak het. Die mes wat die appellant gebruik het was, volgens die beskrywing, 'n besondere soort mes. Die swart hef het uit twee dele bestaan wat weerskante toe geskarnier het. Wanneer die mes oop was

het die/

7

het die twee dele saam die hef gevorm en wanneer dit toe was het die twee dele om die lem gevou. Die lem het een snykant en 'n skerp punt gehad.
Na die voorval waarby Solomon betrokke was het die appellant die huis verlaat en oomblikke later het hy vir die oorledene om die lewe gebring aan die oorkant van die straat deur haar nie minder nie as agt messteke toe te dien wat nege wonde veroorsaak het en waar hy 'n groot klip op die oorledene se bors gewerp het met die woorde "Vark. Ek maak jou dood" of woorde met dié strekking. Die getuienis wat hierdie eerste aanklag betref was, afgesien van die polisie-getuies, George Blom, Jeanette Ntsetho en Sarah Notuku. Volgens George Blom by wie die oorledene tydens haar verblyf in Kimberley

ingewoon/

8. ingewoon het, het die oorledene die huis daardie aand

verlaat om een of ander ritueel waarna in die getuienis

verwys is as 'n "lykhuis" te gaan bywoon. Oomblikke

daarna het George by sy voorhek gaan staan en gesien

hoedat die appellant 'n groot klip omhoog hou en, terwyl

hy die woorde uiter waarna ek hierbo verwys het, dit

afgooi op die oorledene wat op die grond gelê het.

George het nader gegaan maar het bang geword en terug
gedraai en die ambulans en die polisie ontbied.

Sarah Notuku wat gewoon het in huis 3108,
Mitistraat, wes van die toneel waar George Blom die
appellant en die oorledene opgemerk het, het getuig dat

sy net na 20h00, toe sy van die werk af kom, verby die
toneel geloop het van oos na wes, en dat sy gesien het dat

die/

9.
die appellant bo-oor die oorledene, wat gelê het, staan en het sy 'n mes gesien blink in die hand van die appellant - 'n mes wat hy omhoog gehou het in 'n stekende posisie. 'n Groot klip is op die toneel gevind wat as bewysstuk in die hof gedien het. Beide Solomon en Lizzie Swartz het getuig dat die klip van die perseel van die Swartzse. gekom het. Solomon het gesê dat die klip by 'n riool-put in die agterplaas gelê het terwyl Lizzie getuig het dat die kinders die klip uit die veld aangedra het vir die doel om hout daarop te kap. Jeanette Ntsetho het getuig dat die appellant daardie aand by hulle huis, 3118 Mitistraat, opgedaag het en aan haar broer Time meegedeel het dat hy 'n vrou doodgemaak het. Hy het aan Time, op 'n vraag van laasgenoemde, vertel dat hy haar met 'n mes

doodgemaak/....

10. doodgemaak het en het aan hom die swarthefmes,wat vol

bloed was, getoon. By hulle huis het die polisie wat

intussen ontbied is, die appellant gearresteer en het

hulle beslag gelê op die mes. Toe die polisie met die

appellant by die polisie-stasie opdaag, was Solomon nog
daar gewees en het hy die mes waarop die polisie by
Jeanette se huis beslag gelê het, geëien as die mes
waarmee die appellant hom gesteek het.

Die appellant se verweer is soos volg uit-
eengesit in 'n verklaring ingevolge a 115(2) van Wet 51
van 1977 wat namens hom ingelewer is:

"Ek, die beskuldigde, verklaar soos volg:

1. Op 20 Oktober 1982 het ek van my huis af na 'n drinkplek gegaan wat bekend is as die Rooi Stoep. Dit was ongeveer 12 uur middag en daar was baie mense. Ook Solomon Swartz en oorledene was daar.

2. Ek het/

11

2.Ek het oorledene R 10 gegee, en sy het Bantoe-bier gaan koop. Ek, sy en Solomon het toe gedrink. Sy het vir ongeveer R2 bier gekoop Dit is 4 skale.
3.Ek en oorledene het ooreengekom om saam te slaap. Ons sou by my tannie Lizzie Swartz se huis in Mitistraat, Vergenoeg ontmoet. Daarom het sy die res van die kleingeld gehou.
4.Ons is na een uur uitmekaar, en ek is toe na nr 4 biersaal in Vergenoeg. Ek het 4 kartonne en 'n groot skaal bier gekoop.
5.Daar het, terwyl ek daar gesit het, nog mense gekom wat ek ken. Ons het saam gedrink, en hulle het ook drank gekoop. Ek het ook 'n halwe bottel brandewyn gekoop.
6.Ek en die mense aldaar het dagga ook gerook. Ek het dagga gehad en daarwas ander mense ook wat dagga gehad het. Ek kan nie onthou wie dit was nie.
7.Nadat ek reeds by die biersaal was, het Solomon ook daar aangekom. Hy het ook gedrink, maar nie dagga gerook nie.

8. Solomon/

12
8. Solomon het later geloop. Ek is ook laat die middag daar weg. Ek is toe na 'n meisie se huis toe. Ek het haar nie tuis gekry nie. Ek is toe na my tannie se huis te Mitistraat, Vergenoeg, Kimberley.
9. Toe ek by my tannie se huis kom, toe kry ek vir Solomon in die kombuisdeur wat na buite lei.
Hy sê toe ek kom net na my tannie se huis as sy geld gekry het.
10. Toe ek vir hom vra hoekom hy so sê, wou hy my met 'n mes steek. 'n Knipmes. Ek gryp toe 'n mes wat op die tafel in die kombuis gelê het.
11. Hy het die mes in sy hand langs sy sy gehad. Toe steek ek hom 2 keer. Die eerste hou was naby die nek. Hy is toe in die voorhuis in, en ek is agter hom aan en het hom 'n 2de hou teen die sy gesteek. Hy was voor my.
12. Solomon hardloop toe in my tannie se kamer in en ek hardloop by die voordeur uit. Ek het nog die mes in my hande gehad.
13. Die oorledene kom toe in die straat af. Sy het op my geskel, en gesê ek is 'n leeglêer

("Loafer")/...

13
(Loafer"). Sy het nog dinge gesê wat ek nie kan onthou nie. Sy het ook gesê sy sal nie meer saam met my slaap nie, en dit nadat sy reeds my geld gevat het.
14. Ek het toe baie kwaad geword. Soos reeds beskryf, het ek ook gedrink en dagga gerook.
15. Ek kan glad nie onthou wat verder gebeur het nie.
16. My geheue en volle positiewe het ek eers die Vrydag in Galeshewe-polisiestasie gekry. Die dinge het op 'n Woensdag gebeur.
17. Daar was baie mense in my tannie se slaapkamer. Ek weet nie wie hulle almal was nie. "Feita" en "Ambulance" was in die voorhuis."

Ambulance is die bynaam van Sanah Swartz omdat sy, volgens oorlewering, in 'n ambulans gebore is.
Die appellant se getuienis het, hoewel dit in den brede ooreenstem met die verweer soos hierbo uit-eengesit wat besonderhede betref aansienlik daarvan

verskil/

14.
verskil. Volgens sy hoofgetuienis het hy die oggend van Woensdag, 20 Oktober 1982, na 'n kroeg bekend as die Rooi Stoep in die dorpsgebied Vergenoeg gegaan. Hy het daar teen iets oor llh00 aangekom. Daar het hy vir Solomon Swartz en die oorledene raakgeloop. Vir die oorledene het hy 'n R10 noot gegee waarmee sy R2 se bier (vier skale) gaan koop het. Hy, die oorledene en Solomon het drie skale uitgedrink en hy het die vierde skaal vir hulle gelaat toe hy hulle verlaat het. Die R8 kleingeld het die oorledene gehou omdat hulle ooreengekom het dat hy haar daardie aand om 20h00 by Lizzie se huis sou ontmoet waar hulle geslagtelike gemeenskap sou hê. Van die Rooi Stoep is hy ongeveer 12h00 weg na 'n ander biersaal in Vergenoeg waar hy die middag saam met vriende gedrink

het en/

15
het en waar hy ook dagga gerook het. Solomon het ook by hierdie biersaal opgedaag. Volgens hom het Solomon ook daar bier gedrink maar hy het nie dagga gerook nie. Van hierdie biersaal is hy teen ongeveer 19h00 weg na Lizzie se huis toe. Hy is by die kombuis-deur in en het vir Solomon in die kombuis aangetref. Solomon het hom onmiddellik daarvan beskuldig dat hy altyd na Lizzie se huis kom wanneer Lizzie haar pensloen-geld ontvang het. Hieroor het hy sleg ("'n bietjie af " ) gevoel. Solomon het 'n knipmes uit sy sak gehaal en hom met die mes genader. Hy (die appellant) het 'n mes op die buffet ("sideboard") sien lê en dit geneem en vir Solomon daarmee twee houe gesteek. Hy het homself verdedig. Hy was "oor boos" gewees vanweë die woorde

wat/

16.

wat Solomon hom toegevoeg het. Sanah en Feita was in die huis gewees toe die stekery plaasgevind het. Hy is by die voordeur uit die huis uit. Wat van Solomon geword het, weet hy nie. Hy wou vandaar na sy huis gegaan het.
Toe hy buite kom hoor hy 'n "gedruis". Die gedruis was die "geskel en gevloek" van 'n vroumens. Op 'n vraag van sy advokaat watse skelwoorde die vrou gebruik het, het hy geantwoord: "Sy gaan nie meer gemeenskap hou met my nie." Op 'n verdere vraag "En nog?" het hy geantwoord "Kan nie so baie onthou nie" . Op 'n vraag "Wie was die vroumens?" het hy geantwoord "Die vroumens, in daardie stadium ek kan nou nie so baie onthou is dit die oorledene of wie was dit nie". Na die gedruis het hy "nie meer geweet wat aangegaan het nie". Hy het eers

sy/

17.

sy "gedagte" gekry die Vrydag in Galeshewe. Die klip voor die Hof ken hy nie. "Ek het klippe gesien, die plek het klippe, maar ek ken nie daardie klip nie".
Op vrae van die hof het hy geantwoord dat dit die tweede keer was, die betrokke Woensdag, dat hy vir die oorledene gesien het. Met die eerste geleentheid het hy haar in die straat verby geloop en het hy uit haar vriendelike houding en die wyse waarop sy hom agterna gekyk het, afgelei dat sy nie ongeneë sou wees tot nadere kennismaking nie. Hy het toe met haar gepraat. Daarna het hy haar toe weer gesien op hierdie betrokke dag.
Toe die advokaat vir die Staat hom begin kruisondervra het hy dadelik 'n weerbarstige houding

ingeneem/

18.

ingeneem en het hy later eenvoudig geweier om vrae te beantwoord. Sy saak is dan ook onder daardie omstandig-hede gesluit. Sy advokaat het egter, op versoek van die hof, voortgegaan om in sy belang op te tree, en verskyn ook namens hom in hierdie appèl waarvoor hierdie hof haar wil bedank.
Namens hom het sy advokaat betoog dat, wat sy verweer op die tweede aanklag betref,sy relaas van die gebeure in Lizzie se huis redelik moontlik waar kan wees omdat, wat die teenwoordigheid van Solomon by die twee drinkplekke op daardie dag betref, die getuienis van die appellant in 'n mate gestaaf word deur Willem se getuienis dat Solomon op daardie betrokke dag nie werk toe gegaan het nie en omdat, wat die insinuasie betref

dat die/

19.

dat die appellant daar kom aas het nadat Lizzie pensioen

ontvang het, dit bestaanbaar is met Lizzie se getuienis

dat sy in kort maande op die 17e van die maand en in

lang maande op die 18e pensioen ontvang. Oktober was

'n lang maand en sy het dus haar pensioengeld twee dae

voor die gebeure ontvang.

Die redelike moontlikheid dat die relaas van
die appellant van wat by Lizzie se huis gebeur het die
waarheid was, is deur die appellant se advokaat ook
toegepas op die moordaanklag. Sy het betoog dat indien
Solomon die onwaarheid gepraat het oor die feit of hy by
die werk was, aldan nie, dan is dit ook redelik moontlik
dat die appellant die afspraak met die oorledene kon
gemaak het. Die oorledene was ook nie so onskuldig as

wat/

20.
wat George Blom haar voorgestel het nie, is verder betoog. Daar is betoog dat dit onwaarskynlik is dat sy vir 3 maande lank vir haar papiere moes wag terwyl haár aanstaande man en kinders op die plaas is. Dit blyk ook, so wys die advokaat daarop, dat sy maar sporadies en weinig gewerk het solank sy in Kimberley was; dat sy, volgens George Blom, ofskoon sy 'n gereëlde kerkganger was, tog gereeld haar "doppie" geneem het wat ook die geval was die betrokke aand voor sy die huis verlaat het en dat George nie kon sê waar sy die geld gekry het om drank te koop nie. Dit blyk verder uit George se getuienis dat die appellant baie kwaad was, wat bestaanbaar is met sy eie getuienis dat hy "oor boos" was en dus, so is betoog, is dit moontlik dat hy nie die

vermoë/

21.

vermoë gehad het om die nodige opset te vorm nie. 'n Verdere verdagte aspek van George, Solomon en Lizzie se getuienis is dié in verband met die groot klip wat die appellant op die oorledene se liggaam gegooi het. Solomon en Lizzie was ten aansien van die herkoms van die klip dit nie met mekaar eens nie en die mediese getuienis is negatief wat betref 'n aanranding met die klip.
Dat Solomon op daardie dag gewerk het is deur homself getuig. Volgens hom het die gebeure by Lizzie se huis plaasgevind nadat hy die middag tuis gekom het van die werk af. Die volgende dag, 21 Oktober 1982, was hy wel van die werk afwesig as gevolg van die beserings wat hy opgedoen het, het hy getuig. Lizzie en Sanah het getuig dat hy nie by die huis was op daardie dag nie.

Volgens/

22.

Volgens willem, egter, het Solomon nie daardie dag

gaan werk nie. Willem het getuig dat hy die oggend

vroeg na sy vriende toe gegaan het. Toe hy terugkom

teen ongeveer lOhOO het hy vir Solomon by die huis
aangetref. Om 12h00 toe hy skool toe is was Solomon

nog daar en toe hy om 17h00 van die skool terugkom het
hy vir Solomon by die huis aangetref.

Om hierdie geskilpunt wat vanweë die appellant

se pleitverduideliking na vore getree het, die hoof te
bied, het die Staat 'n getuie, Pretorius, die eienaar van
die saak Stewart Plumbers, se getuienis aangebied. Hy
het nie vir Solomon persoonlik geken nie, maar volgens 'n

inskrywing in die teenwoordigheidsregister van sy firma
wat as tydstaat gedien het, het Solomon op Dinsdag,

19 Oktober/....

23.
19 Oktober 1982, nie gewerk nie maar was hy wel teenwoordig by die werk op 20 Oktober Hy kon nie sê of Solomon op 21 Oktober gewerk het nie want die register wat hy na die hof gebring het se inskrywings het geëindig by 20 Oktober. Wat die getuienis van Pretorius betref, het die geleerde verhoorregter gerede-neer dat dit hoogs onwaarskynlik is dat hierdie inskrywing 'n vervalsing is, of dat dit 'n foutiewe inskrywing sou wees, want die hof aanvaar dat die inskrywing vir die firma dien as bewys van arbeid gelewer waarop betaling deur die betaalmeester of rekenpligtige gedoen sou word. Dit is waarskynlik 'n korrekte inskrywing, bevind die hof. In hierdie Hof is daar namens die appellant betoog dat Pretorius getuig het van 'n inskrywing

wat/

24.

wat 'n ander gemaak het, en dat dit dus geen gewig dra

nie. Streng gesproke is dit hoorsê-getuienis en dit

is nie deur die Staat betoog dat die getuienis toelaat-

baar is ooreenkomstig een of ander uitsondering op die
hoorsê-reël nie. Na my oordeel, egter, help hierdie
oorweging nie juis vir die appellant nie. Die verhoor-
regter wys daarop dat in sy stelling dat Solomon by die
huis sou gewees het om 12h00 willem deur niemand anders
gesteun word nie - nie eers deur die appellant se eie
getuienis nie- want volgens sy getuienis sou Solomon
om llh30 reeds by die Rooi Stoep gewees het. Die hof
het Solomon, Sanah en Lizzie se getuienis op hierdie
geskilpunt aanvaar en het bevind dat willem heelwaarskyn-
lik 19 met 20 Oktober verwar het. In die lig van die

appellant/

25.
appellant se leuenagtige getuienis het die hof, na my oordeel, heeltemal tereg die appellant se getuienis verwerp. Volgens al die staatsgetuies wat oor die gebeure by Lizzie se huis getuig het, insluitende Willem, was Feita die aand nie by Lizzie se huis nie en het die appellant daar aangekom en gevra waar is Feita. Volgens die appellant was Feita wel daar. Daar skyn geen goeie rede te wees waarom die staats-getuies in hierdie verband 'n onwaarheid sou vertel nie. Vir die appellant was dit wel van belang dat Feita daar moes wees want,in die eerste plek, sou sy navraag na Feita onbestaanbaar wees met 'n afspraak met die oorledene en sou daar verwag word dat hy na die oorledene sou verneem het en nie na Feita nie en,tweedens,sou afgelei

kon/

26.
kon word dat die afwesigheid van Feita waarskynlik aanleiding gegee het tot 'n gevoel van frustrasie by hom wat hy toe op Solomon uitgehaal het. Sy relaas dat hy die besondere mes in die kombuis geneem het is ook 'n klaarblyklike leuen. Niemand in die huis het daardie mes geken nie en indien dit nie sy mes was nie was daar geen rede waarom hy die mes saam met hom moes neem en gebruik om die oorledene te steek nie. Daar is origens die teensprake in sy verklaring ingevolge a 115(2) van Wet 51 van 1977 en sy getuienis waarop die verhoorhof gewys het. In laasgenoemde verklaring het hy gesê dat hy eers na die huis van 'n meisie vir wie hy nie tuis gekry het nie was voordat hy na Lizzie se huis is. In sy getuienis het hy gesê dat hy reguit van die drinkplek

na/

27.
na Lizzie se huis is. In sy verklaring was daar geen twyfel by hom dat dit die oorledene was vir wie hy teegekom het in die straat nie. In sy getuienis was hy glad nie seker of dit die oorledene was nie. 'n Ander onbevredigende aspek van sy getuienis was dat hy nie een naam kon noem van mense wat, uitgesonderd Solomon en die oorledene, saam met hom gedrink het by die twee drinkplekke nie. Volgens Lizzie se getuienis het sy wel op 18 Oktober haar pensioengeld ontvang maar het sy nooit vir die appellant van haar pensioengeld gegee nie. Dit is dus onwaarskynlik dat Solomon hom sou be-skuldig dat hy daar kom om van Lizzie se pensioengeld te ontvang. Dit moes vir die appellant maklik gewees het om so 'n opmerking aan Solomon toe te dig want, as 'n

persoon/

28. persoon wat self daar gewoon het, het hy waarskynlik goed geweet wanneer Lizzie haar pensioengeld ontvang. Die verhoorhof het, na my oordeel, tereg die relaas van die appellant ten aansien van die aanval op Solomon verwerp as nie redelik moontlik waar nie.

Wat die aanval op die oorledene betref is daar geen twyfel dat hy die aanvaller was nie. Dit is af te lei dat hy haar eers gesteek het en daarna, toe sy alreeds dood of sterwend op die grond gelê het, met die klip gegooi het. Waar die klip vandaan gekom het is van minder belang. Wat sy motief was, is duister. Die verhoorhof het bespiegel dat hy daardie aand na 'n vrou gesoek het met wie hy kon verkeer want hy was eers

na 'n/

29.

na 'n ander meisie se huis waar hy moes vind dat sy nie

tuis was nie, daarna het hy 'n verdere bloutjie geloop

by Lizzie se huis toe Feita nie daar was nie en is hy
heel moontlik deur die oorledene afgejak toe hy
aan haar sekere voorstelle gedoen het. Dat dit is wat
gebeur het klink baie waarskynlik maar na my oordeel
het die verhoorhof tereg bevind dat wat daar ookal
tussen hom en die oorledene gebeur het nie gebeur het
as gevolg van 'n afspraak wat hulle by die Rooi Stoep
gemaak het en wat sy toe nie wou nakom nie. So 'n
onmenslike wreedaardige aanval soos wat hy op die oor-
ledene uitgevoer het lyk op die oog af nie bestaanbaar
te wees met die optrede van 'n normale mens nie maar
dat hy so "boos" was dat hy nie 'n opset kon vorm nie

is/

30.

is tereg, na my oordeel, nie deur die verhoorhof aan-

vaar nie. Hy was uiteraard 'n geweldenaar. Volgens

die getuienis het hy altyd deur sy aggressiewe geaard-

heid oorlas van homself gemaak waar hy ookal beweeg

het. Die verhoorregter het hom beskrýf as iemand wat

vir die hof voorkom as kortgebonde, hardgebak en

impulsief-aggressief. Dit skyn vir my 'n raak beskrywing

te wees. Sy getuienis dat hy nie kan onthou wat presies

gebeur het en dat hy slegs 'n "gedruis" gehoor het en
daarna, so begryp ek sy getuienis, outomaties gehandel
het, gaan ook nie op nie. Hy het goed geweet dat hy 'n
vrou om die lewe gebring het want hy het kort daarna
vir Time so meegedeel en ook die bebloede mes gewys
waarmee hy dit gedoen het. Sy appèl teen die

skuldigbevinding/....

31. skuldigbevinding op die eerste aanklag slaag nie.

Hierdie hof kan ook nie ingryp wat die

bevinding dat daar geen versagtende omstandighede

bestaan,betref nie. Deur sy advokaat is aangevoer

dat daar iets moes gebeur het tussen hom en die

oorledene wat die laakbaarheid van sy optrede getemper

het. Sy het verwys na die getuienis dat sy oë groot
was en dat hy verskrik gelyk het daarna. Die bewyslas
was egter op hom om versagtende omstandighede te bewys.
Hy het nie die hof in sy vertroue geneem en getuig wat
daar werklik gebeur het nie. Weliswaar kan 'n hof op 'n
beoordeling van al die getuienis, insluitende getuienis
wat die Staat aanvoer, tot die gevolgtrekking kom dat
versagtende omstandighede bestaan maar in die onderhawige

geval/

32.

geval is daar geen getuienis waarop die hof so 'n

bevinding kan grond nie. Die uitdrukking in sy oë

kan bestaanbaar wees met 'n besef agterna van die

enormiteit van sy oortreding. Sy getuienis dat hy
onder die invloed van dagga en drank was, is afdoende
weerlê deur konstabel Louis Motlhaoleng wat 'n ervare
konstabel was in hierdie verband. Die appèl teen die
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan
nie, moet dus insgelyks afgewys word.

Laastens is daar sy appèl teen die vonnis van

ses jaar op die tweede aanklag. Die wonde wat Solomon
Swartz opgedoen het was nie ernstig nie. Volgens alle
aanduidings was dit oppervlakkige wonde - een bokant die
oor en een teen die nek. Solomon het vir een dag uit

die/

33.

die werk gebly. Na my oordeel is 'n vonnis van ses jaar vir so 'n aanranding buitensporig swaar en behoort die vonnis vervang te word met een van twee jaar gevangenis-straf.

Die uitslag van hierdie appèl is dus:

1. Die appèl teen die skuldigbevinding op beide aanklagte, sowel as teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie, word afgewys.
2. Die appèl teen die vonnis op aanklag 2 slaag; die vonnis van 6 jaar gevangenisstraf word vervang met een van 'n vonnis van twee jaar gevangenisstraf.
APPèLREGTER

Hefer AR)
Stem saam Vivier WAR)