South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 87
| Noteup
| LawCite
S v Khaola (83/84) [1984] ZASCA 87 (3 September 1984)
Download original files |
THABO ISAAC KHAOLA
EN
DIE STAAT
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
THABO ISAAC KHAOLA Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: CILLIé, HOEXTER et
HEFER, ARR Verhoor: 17 Augustus 1984 Gelewer: 3 September 1984
UITSPRAAK CILLIé, AR :
Op Dinsdagoggend, 1 Maart 1983, kort
na agtuur het Michael Thaele (die oorledene) en Thabo
Khaola .... / 2
2
Khaola (die appellant) saam in 'n huurmotor uit Wel-kom vertrek. Die
oorledene was die bestuurder en die appellant sy enigste passasier.
Die voertuig
was een van 'n vloot huurmotors wat behoort het aan 'n man, in die omgang bekend
as Salut; dit was 'n Toyota Hi-Ace
bussie (hierna die bussie genoem) en twee
naamplate met besonderhede van die eienaar was aan sy buitekant aangebring. Die
appellant
was tot kort tevore ook 'n huurmotorbestuurder in Welkom; hy was in
diens van 'n sekere Kodisang.
'n Derde huurmotorbestuurder van die omgewing,
Paulos Morapedi, was dieselfde oggend teen ongeveer twaalfuur op pad van Welkom
na
Hennenman.
Na aan die laasgenoemde dorp kry hy die appellant by
die .... / 3
3
die bussie langs die pad. Die appellant het hulp
gevra want die motor van die bussie wou nie loop nie.
Morapedi het
vasgestel dat die fout by die vergasser
lê en nadat hy die petrolfiltreerder skoongemaak het,
het die
masjien weer gewerk. Op 'n vraag van Morape-
di het die appellant geantwoord
dat hy in Salut se
diens was; Moraredi het aan die naamplate gesien
dat
die bussie aan Salut behoort. Terwyl hy met die her-
stelwerk besig
was, hetorapedi he hy by een geleentheid die bus-
sie se voordeur aan die
bestuurderskant oopgemaak.
Aan die middelste stoel, dit is die
passasiersitplek
langs die bestuurder s'n, het hy bloed opgemerk.
Hy het getuig:
"Hierdie bloed was op die sitplek waar
die .... / 4
4
die passasier sit, maar by die om-gewing wat hy sit was daar nie meer bloed nie. Net na die kante toe, jy kon sien dat die bloed daar uitge-
loop het."
Die bloed was reeds droog gewees. Morapedi het die
appellant gevra waar die bloed vandaan kom en die
antwoord was dat die mense wat hy, die appellant,
die vorige aand opgelaai het, baklei het.
Met sy vertrek het Morapedi ge-
sê die appellant moet voor hom ry "so as daar enige
moeilikheid kom kan ek hom help." Op die pad na
Hennenman het die appellant eers stadig gery en toe
skielik vinniger. Hoewel Morapedi sy motor se
flikkerligte aangeskakel en
sy spoed vermeerder
het, kon hy die appellant nie inhaal nie. Hy het
agterdogtig .... / 5
5
agterdogtig geraak en die aangeleentheid by die
polisiestasie op Hennenman aangemeld.
Tussen een- en tweeuur die-
selfde Dinsdagmiddag het 'n jong skoolseun op die
lyk van die oorledene afgekom. Dit het in lang
gras gelê, ses tot sewe meter van die teerpad af
wat van Welkom na Kroonstad loop; die besondere
plek is sowat 20 kilometer van Kroonstad geleë.
Die eienaar van die plaas waaroor die pad loop, het
die polisie ontbied. Hy het ook getuig dat die
vel van die lyk op plekke nerf-af was maar dat daar
in die omtrek geen teken van onlangse gras- of veld-
brande was nie. Die
speurdersersant wat later in
die middag die lyk kom haal het, het verklaar
dat
dit...../ 6
6
dit ten volle gekleed was behalwe dat een voet nie
'n skoen aangehad het nie. Omtrent die toestand
van die klere sê hy:
"Daar was nie baie bloed aan die hemp nie. Die meeste van die bloed was aan die broek. Af met die linkerbeen, dit is die voet wat nie 'n skoen aange-
had het nie."
Sy getuienis was verder dat die hemp twee gate gehad
het, een aan die linkerkant van die bors in die omge-
wing van die tepel
en die ander net regs van die mid-
dellyn van die liggaam onderkant die ribbes. Hier-
die getuie het ook geen
tekens van brand in die om-
gewing of aan die klere van die lyk opgemerk nie
maar
wel gesien "dat die vleis op sy liggaam begin afgaan."
Die distriksgeneesheer, dr F M
Peters .... / 7
7
Peters, het met die lykskouing twee steekwonde reg
van voor aan die liggaam gevind. Die eerste was
in die linkerbors by die sesde ribspasie; dit het
tot in die hart gedring en sou onmiddellik sterk
bloeding veroorsaak het, so sterk dat dit sou uit-
spuit. Hierdie wond was die oorsaak van die dood.
Die tweede wond was regs van voor onder die ribband.
Dit het tot in die maag gedring. Die dood sou
waarskynlik na vyftien
minute ingetree het. Die
geneesheer het bevind dat die wapen, dit was 'n
mes,
met die stekery dwars gedraai was. Na die genees-
heer se mening kon
die meswonde toegedien gewees het
terwyl die oorledene agter die stuurwiel
van die
bussie gesit het; as hulle toegedien was terwyl die
aanvaller .... / 8
8
aanvaller en die slagoffer gestaan het, sou hy
'n
ander vorm van ingangswond verwag het. Verder
het hy ook 'n aantal vry
ernstige brandwonde aan die
lyk opgemerk, aan die nek, bors, boarms en bo-op
die een voet. Daar
bestaan, volgens sy getuienis,
'n sterk vermoede dat die liggaam se klere
uitge-
trek is, 'n ontvlambare stof op die liggaam uitgegooi
en ontbrand
is, en die klere toe weer aangetrek is.
Die appellant het ongeveer agt-
uur die betrokke aand by sy suster in
Namahadistad,
Qwa Qwa, opgedaag. Hy het onverwags en alleen in
die bussie
daar aangekom en aan sy suster gesê dat
hy maar net kom groet het. Hy
het ook aan haar ver-
tel dat dit sy voertuig was, dat hy dit gekoop het
vir .... / 9
9
vir R8000 en R3000 as 'n deposito betaal het; die
balans het hy ook reg gehad om te betaal. Hy het
nie by haar oorgebly nie en het skynbaar nie daar
klere kom haal nie.
Van Qwa Qwa het die appellant
na die Witwatersrand gegaan. In die
bussie was
'n sakkie met geld wat deur die oorledene ingesamel
en gebruik
was; die appellant het die geld geneem
om, onder andere, petrol te koop. Die
draadloos-
stel wat in die bussie ingebou was, het hy uitge-
haal, verkoop en nie
vervang nie. Ongeveer tien
weke lank het hy die bussie as huurmotor aan
die
Witwatersrand en tot sover as Zeerust gebruik.
Daar ontmoet hy 'n ou
vriend, Benjamin Tolo, wat
namens .... / 10
10
namens die Staat getuig het dat hy en die appellant
saam by Tolo se ouers gewoon het. Aan Tolo het hy
vertel dat die bussie aan sy pa behoort. Hy het ook
aan Tolo 'n slagtersmes gegee om te bewaar. Die lem
van die mes was 15 sentimeters lank en die hef amper
tien sentimeters. Dit is die mes waarmee die oorle-
dene doodgesteek is en wat later as bewysstuk in die
Verhoorhof gedien
het. Daar was ook sprake van 'n
knuppel in die bussie maar dit kon later nie
gevind
word nie.
In opvolging van inligting wat
ontvang is, het konstabel Patrick
Mdhluli van die
Spoorwegpolisie die appellant op Vrydagaand, 13 Mei
1983, by die Johannesburgse stasie opgespoor. Die
bussie .... / 11
11
bussie was geparkeer op die terrein vanwaar busse
passasiers na die tuislande vervoer. Konstabel
Mdhluli het gewag totdat die appellant in die bus-
sie geklim het en hom toe genader. Op vrae van die
konstabel het die appellant geantwoord dat dit sy
bussie was en dat die dokumente met betrekking tot
die voertuig by die huis was. Toe het konstabel
Mdhluli die appellant in
hegtenis geneem. Volgens
die bussie se afstandsmeter het dit bykans 6000
kilo-
meter afgelê sedert die oorledene en die appellant
Welkom
verlaat het. Die voertuig was erg beskadig
en dit sou ongeveer R1200 gekos
het om al die skade
te herstel.
Later, in November 1983, het die
appellant .... / 12
12
appellant in die Rondgaande Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof te Virginia tereggestaan op aanklag-te van moord en roof met verswarende omstandighede. Hy is op albei klagte skuldig bevind. Na 'n bevind-ing dat daar geen versagtende omstandighede by die pleging van die moord teenwoordig was nie, is hy op die eerste aanklag ter dood veroordeel; op die tweede skuldigbevinding is hy 'n vonnis van twaalf jaar ge-vangenisstraf opgelê. Met verlof van die Verhoorhof kom hy in hoër beroep teen die skuldigbevinding aan moord, die bevinding dat daar geen versagtende om-standighede was nie, die skuldigbevinding aan roof met verswarende omstandighede en die opgelegde vonnis in dié verband.
Die..../ 13
13
Die appellant se verweer was 'n
poging om die erkende en bewese feite te laat pas
in 'n agtergrond van beweerde diefstal en bedrog.
Die hooftrekke van die
verweer is die volgende:
Toe die appellant nog 'n huurmotor bestuur het,
het
hy en die oorledene besluit - en die besluit met 'n
eed bekragtig,
sê hy - om 'n huurmotor wat deur die
een of die ander bestuur word, te
steel en tot hul
eie voordeel saam te gebruik in die omgewing van
die
Witwatersrand. Nadat hy, die appellant, uit
sy werk ontslaan is, het hulle,
desnieteenstaande,
besluit om met hulle plan voort te gaan. Dit
sou
beteken dat die voertuig wat die oorledene be-
stuur, gesteel moes word. Die
appellant het die
oorledene .... / 14
14
oorledene versoek om hom die betrokke Dinsdagoggend
na 'n plaas in die omgewing van Welkom te neem waar
hy 'n slagskaap wou koop. Die skaap moes geslag
word in verband met 'n
reinigingseremonie; sy vader
het sowat twintig jaar te vore gesterf en hy
het
toe nie die reinigingseremonie bygewoon nie. Sy
oom het hom vertel dat
dít die rede was waarom hy
nie weer werk kon kry nie en dat nog 'n
seremonie
wat hy sou bywoon, gehou moes word. Uit sy getuie-
nis blyk dit
dat hy die mes, waarna reeds verwys is,
vir sy eie beskerming aangeskaf het
toe hy nog 'n
huurmotor bestuur het. Aanvanklik het dit gelyk
of hy die
slagmes die besondere oggend saamgeneem
het om die skaap mee te slag. Volgens
later
getuienis .... / 15
15
getuienis, egter, sou die slagtery eers by die huis
op Welkom plaasvind. Daar was inderdaad geen rede
waarom hy die mes moes saamneem nie en hy sê dat
hy dit sommer uit gewoonte geneem het toe hy dit
tussen sy klere gekry het.
Volgens die appellant het hy en
die oorledene die besondere oggend sterk
drank ge-
bruik. Voor hulle vertrek uit Welkom het hulle
een bottel
Klipdrift-brandewyn en ses blikkies
bier gekoop. Hy het vir die aankope R5
bygedra en
die oorledene R10. In die ry het hy drie blik-
kies bier en
helfte van die brandewyn, en die oor-
ledene die res van die brandewyn en twee blikkies
bier gedrink. Hulle het
die plan bespreek. Die
oorledene .... /16
16
oorledene wou nie daarmee voortgaan nie. Hulle
was albei dronk, hulle het gestry en mekaar uitge-
vloek. Die oorledene het die appellant geklap en
toe het hulle mekaar met vuiste bygedam. Die bus-
sie het van die pad af geloop en teen 'n draadheining
tot stilstand gekom. Die oorledene het 'n knuppel
agter sy sitplek uitgetrek, uitgeklim en agter om
die bussie geloop om die
appellant te gaan slaan.
Die appellant het aan sy kant uitgeklim terwyl
hy
die mes uit sy sak trek om homself te verdedig.
Toe die oorledene sy
regterhand lig om die appellant
met die knuppel te slaan, het laasgenoemde
met sy
linkerhand die oorledene se regterhand gegryp en
vasgehou. Toe het hy die
oorledene tweekeer met
die.../ 17
17
die mes gesteek. Die oorledene het geval.
Omdat die oorledene nog geluide
gemaak het, het die appellant hom voor in die bus-
sie getel en op die sitplekke laat lê. Met moeite
het hy die bussie weer op die pad gekry en toe weg-
gedraai in die rigting van Kroonstad sodat hy die
oorledene gou by 'n hospitaal kon bring. Hy het
egter na 'n kort rukkie opgemerk dat die oorledene
geen geluide meer maak nie en dood was. Hy het
toe stil gehou en die lyk afgelaai op die plek waar
dit later gevind is. Die naamplate aan die bus-
sie het hy ook afgehaal en in die veld weggegooi.
Kort na sy vertrek het
die bussie gaan staan en
Morapedi het hom te hulp gekom. Hy is toe eers
na .... / 18
18
na sy suster in Qwa Qwa om klere te gaaan haal en
daarna het hy en Tolo saam die bussie aan die Wit-
watersrand en in Wes-Transvaal as huurmotor gebruik.
Die volgende aspekte en besonder-
hede van die appellant se getuienis is van belang
by 'n oorweging yan die korrektheid van die Verhoor-
hof se afleidings en bevinding dat sy skuld bo re-
delike twyfel bewys is. Die hoeksteen van die
appellant se saak is die beweerde ooreenkoms tussen
hom en die oorledene. Hy het verklaar dat die
oorledene aanvanklik met die dieftige voorstel na
hom toe gekom het en
bereid was om die plan deur te
voer selfs nadat hy, die appellant, uit sy
werk
ontslaan is. Die vraag waarom die oorledene dan
op..../ 19
19
op die betrokke Dinsdag wou kop uittrek, bly on-
beantwoord. Dit is onwaarskynlik dat 'n man soos
die oorledene so'n plan
sou beraam of selfs daar-
aan sou deelneem. Al word toegegee dat daar
mak-
lik van 'n afgestorwene goed gepraat word, kan sy
werkgewer se onbetwiste
en herhaalde getuienis dat
hy die oorledene vertrou het, nie geringskat
word
nie. Die Verhoorhof het tereg tot die gevolgtrek-
king gekom dat die
oorledene volgens getuienis 'n "be-
troubare en verantwoordelike werknemer
van Salut" was.
Die vraag kan gestel word waarom hy sy werk sou prys-
gee
vir 'n gevaarlike onderneming waarin hy en die
appellant as diewe en die
bussie as gesteel uitgeken
kon word, en hy dan nog sy inkomste met die
appellant
sou .... / 20
20
moes deel. Hieraan kan nog toegevoeg word dat die
appellant volgens die
Verhoorhof nie 'n gunstige in-
druk as getuie geskep het nie; hy steek nie sy
on-
eerlikheid, onder andere in verband met die sakkie
geld en die
draadloosstel, weg nie en het getuig
dat hy alleen met die plan sou
voortgegaan het as
die oorledene nie langer wou saamwerk nie. Na my
mening
het die Verhoorhof tereg bevind dat die be-
staan van die ooreenkoms "uiters
onwaarskynlik" is.
Die appellant het as mede-oorsaak
van die bakleiery in die bussie genoem
dat hy en
die oorledene onder die invloed van sterk drank was.
Dit is
opvallend dat hy in die Verhoorhof getuig
het dat hy in 'n "volledige
verklaring" voor 'n land-
dros .... / 21
21
dros nagelaat het om te meld "dat ons daardie tyd
dronk was". Dan is daar die onbetwiste getuienis
van Albert Thaele dat sy
broer, die oorledene, nie
sterk drank gebruik het nie. Hy sê:
"Hy het heeltemal nie gedrink nie. Ek het hom nog nooit gesien drink nie."
In die omstandighede is dit onwaarskynlik dat die
oorledene op die
bepaalde oggend, soos die appellant
getuig het, sou aangedring het op die
koop van drank
en dit dan later die oggend sou opdrink terwyl hy be-
sig
was om die bussie met 'n passasier te bestuur.
Indien die appellant so veel
gedrink het as wat hy
voorgegee het, kon verwag word dat Morapedi wat
hom
later die oggend gehelp het, sou agterkom dat hy
sterk drank gedrink
het. Morapedi het nie so iets
opgemerk .... / 22
23
Volgens die getuienis het hulle by geen plaas aangegaan en geen skaap gekoop nie. Die appel-lant se bewerings oor die feit dat hy 'n groot mes in sy besit gehad het, is reeds genoem. Hieroor hoef net die volgende gesê word. By onsten-tenis van 'n aanvaarbare verklaring waarom hy 'n slagtersmes van hierdie formaat in sy besit ge-had het, het daar 'n sterk vermoede ontstaan dat dit saamgeneem is as 'n wapen, nie net vir verde-diging nie maar ook vir aanval.
'n Knuppel waarmee die oorledene
hom .... / 24
22
opgemerk nie. Die geneesheer wat die lykskouing
onderneem het, het getuig dat hy geen spore van
drankinname by die lyk van die oorledene bespeur
het nie maar daarop gewys dat die drank by een van
die wonde kon uitgeloop het. Omtrent die getuie-
nis oor drankgebruik sê die Verhoorhof:
"Dit is na ons mening geheel en al onaanvaarbaar."
Hiermee stem ek saam.
Behalwe die appellant se getuie-
nis dat hy die borledene gevra het om hom na 'n plaas
te neem waar hy 'n slagskaap wou koop, is daar geen
aanduiding waarom hy
en die oorledene die betrokke
oggend saam in die bussie op die pad was
nie.
Volgens .... / 23
24
hom sou gedreig het, was, volgens die appellant,
deur die oorledene as beskerming teen opstandige
passasiers gebruik. Terloops kan net genoem word
dat nog die oorledene se broer, nog sy werkgewer,
iets van so'n wapen geweet het. Na die bakleiery
sou die appellant dit op die grond opgetel en in
die bussie gegooi het.
Gedurende die volgende
paar maande was dit in die bussie totdat hy, so
is
getuig, dit áan 'n passasier as geskenk gegee het.
Na sy getuienis oor hoe die oor-
ledene met die knuppel na hom toe gekom het, ver-
klaar die appellant: "Ek
het toe ook afgeklim omdat
ek wou self hierdie man baklei". Nogtans is
sy
verweer dat hy homself moes verdedig. Hy het eg-
ter.../ 25
25
ter nie verduidelik waarom hy die oorledene twee
keer gesteek het nie.
Melding is reeds gemaak
van die geneesheer se bevindings en afleidings
met
betrekking tot die steekwonde aan die lyk.
Toe die appellant in die
getuiebank was, is hy
gevra om noukeurig te wys hoe hy die wonde
toe-
gedien het. Die uitspraak hieroor lui:
"Volgens beskuldigde se demonstrasie het hy die mes met sy regterhand ho-risontaal vanaf sy regterkant na sy linkerkant beweeg op die hoogte van sy middellyf of sy broek se band en op so'n wyse dat dit oorledene se liggaam vanaf laasgenoemde se linker-kant na sy regterkant moes binnege-dring het op 'n hoogte laer as sy broek se band omdat hy langer as be-skuldigde was. Ten tye van die stekery sou hulle reg teenoor mekaar gestaan het met hulle gesigte na,
mekaar .... / 26
26
mekaar toe. Beskuldigde het hier-die demonstrasie tweemaal gedoen en dit is onversoenbaar met die mediese getuienis."
As die leuens oor die bloed in die bussie ook in
aanmerking geneem word, is dit hoogs waarskynlik
dat die stekery binne in
die bussie plaasgevind
het, soos volgens die geneesheer wel kon
gebeur
het.
Die appellant het verklaar dat
hy met die gewonde man hospitaal toe gejaag
het.
Dat hy nie die pad na die naaste hospitaal in Wel-
kom nie maar die
een na Kroonstad gekies het,ver-
duidelik hy met die bewering dat hy geskok
en onder
die invloed van drank was. Met inagneming van die
feite kan
hierdie verskoning nie as bêvredigend
beskou / 27
27
beskou word nie. In hierdie verband is die
Verhoorhof se bevinding dat die appellant ook ver-
antwoordelik was vir die brandmerke aan die lyk,
myns insiens korrek.
Die appellant het Morapedi se
getuienis oor die naamplate aan die bussie, die
appellant se verduideliking van die bloed in die
bussie, die versoek aan
hom om stadig te ry, dat
hy weggejaag het en dat die ontmoeting op die
pad
tussen Welkom en Hennenman was, betwis. Hy het
beweer dat hy
gesê het dat dit die bloed was van
'n persoon wat saam met hom was en
dat die ont-
moeting op die pad van Welkom na Kroonstad was.
Die
Verhoorhof het, na my mening, tereg die getuie-
nis ......./ 28
28
nis van Morapedi bo dié van die appellant aanvaar.
Die Verhoorhof het ondersoek
ingestel na die moontlikheid van versagtende om-
standighede by die pleging van die moord. Die
volgende aangeleenthede is genoem: Die appellant
se jeugdigheid - hy was 23 jaar oud; sy opleidings-
peil; moontlike provokasie deur die oorledene;
en die appellant se opset by die aanval op die
oorledene. Daar is bevind dat hierdie aangeleent-
hede nie genoegsaam was
om op 'n oorwig van waarskyn-
likhede versagtende omstandighede by die pleging
van die moord daar te
stel nie. Hierdie bevinding
is myns insiens korrek. Die getuienis met
betrekking
tot die tweede aanklag, toon onteenseglik dat die
appellant .... / 29
29
appellant die bussie geneem het met die doel om
die eienaar van sy regte daarin te ontneem en in
omstandighede wat ongetwyfeld verswarend was.
Na oorweging van al die getuienis
en toelaatbare afleidings is die onvermydelike slot-
som dat die appellant se relaas nie redelik moont-
lik waar kan wees nie en, soos die Verhoorhof gedoen
het, as vals verwerp moet word. Daarteenoor is die
getuienis namens die Staat aanvaarbaar. Die enigste
moontlike afleiding bo
redelike twyfel is dat die
appellant die oorledene om die lewe gebring het
met die opset om hom dood
te maak, dat daar geen
versagtende omstandighede by die pleging van
die
misdaad teenwoordig was nie, en dat hy, onder
verswarende .... / 30
30
verswarende omstandighede, die bussie van die oor-ledene geroof het. Dit is die bevinding van die Verhoorhof; daar bestaan geen regverdiging om met hierdie skuldigbevindings en die daaropvolgende strawwe in te meng nie.
Derhalwe word die appèl afgewys.
P M CILLIé, AR
HOEXTER, AR )
stem saam HEFER, AR )