South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 9

| Noteup | LawCite

S v Mkhonto (267/83) [1984] ZASCA 9 (8 March 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak Nr. 267/83

M.C.

OUPA FRANK MKHONTO

- en -
DIE STAAT GROSSKOPF Wnd. AR.

Saak Nr 267/83
M C

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen

OUPA FRANK MKHONTO ... Appellant

- en -

DIE STAAT ... Respondent

Coram: RABIE HR et CILLIÉ, NICHOLAS

ARR et SMUTS, GROSSKOPF Wnd ARR.

Verhoor: 21 Februarie 1984.
Gelewer: 8 Maart 1984.

2. GROSSKOPF Wnd. AR :-

Joseph Mokaba ("die oorledene") was 'n

blokman by 'n groothandelslagter. In sy vrye tyd
het hy by sy woning in Meadowlands, distrik
Johannesburg, vleis verkoop vir sy eie voordeel.
Gedurende Saterdagaand 29 Mei 1982 was die oorledene
in sy kombuis saam met sy vrou Grace, sy moeder, 'n

jong meisie, Elizabeth Leopeng,wat by hulle gewoon
het, en 'n ander vriendin. Tussen half-sewe en
sewe-uur het twee mans by die kombuisdeur ingekom.
Een van hulle het gesê dat hulle gekom het om vleis
te koop. Grace het voorbereidings getref om vleis af
te weeg toe een van die nuwe aankomelinge gesê het

dat /
3. dat hulle eerder geld wou hê. Op daardie stadium het hulle elkeen 'n vuurwapen in die hand gehad. Feitlik onmiddellik hierna het hulle losgebrand op die oorledene, wat in 'n stoel gesit het met 'n drie= jarige kind op sy skoot. Na die skietery het die aanvallers weggehardloop sonder om enigiets te buit. Die oorledene het vier koeëlwonde opgedoen en het gesterf op pad hospitaal toe.

Die wesentlike vraag voor die verhoorhof was of die appellant een van die oorledene se aanvallers was. Die verhoorhof (GOLDSTONE R met assessore in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling) het bevind dat hy een van hulle was, en het hom skuldig

bevind /

4.

bevind aan die twee misdrywe waarvan hy aangekla was, t.w. moord en poging tot roof met verswarende omstan= dighede. Wat die moordklag betref is geen versagtende omstandighede bevind nie, en is die doodvonnis ge= volglik opgelê. Die vonnis op die klagte van poging

tot roof was twaalf jaar gevangenisstraf. Met die

verlof van die verhoorregter kom die appellant nou in
hoër beroep teen sy skuldigbevindinge en teen die
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede by
die moord aanwesig was nie.

Namens die Staat is die volgende getuienis

van identifikasie voorgelê. Grace Mokaba en
Elizabeth Leopeng het getuig dat hulle die appellant
herken het. Volgens hulle was die appellant 'n

gereelde / ....
5. gereelde klant wat gedurende 1981 tot twee- of driemaal per week by die oorledene vleis gekoop het. Gedurende 1982 het hulle hom egter nie voor die betrokke aand gesien nie. Dit word nie betwis nie dat die kombuis helder verlig was en dat hierdie getuies voldoende geleentheid gehad het om die oorledene se aanvallers duidelik te sien. Die oorledene se familielid Richard Mokaba (wat na die oorledene verwys het as sy broer maar wat eintlik sy neef was) het getuig dat hy naby die oorledene gewoon het. Hy het die appellant geken beide as sy "broer" se klant en as 'n huurmotoreienaar, van wie se dienste hy soms gebruik gemaak het. Op die betrokke aand

het /

6.

het Richard, terwyl hy op pad huis toe was, die appellant in sy geparkeerde motor 'n entjie van sy (d.w.s. Richard se) huis gesien. Voordat Richard sy huis bereik het, het die appellant se motor sonder ligte verby hom gery in die rigting van die oorledene se huis. Nadat Richard 'n rukkie tuis was het hy Grace hoor skree. Hy het uitgehardloop, uitgevind wat aangaan, en gehelp om die oorledene hospitaal toe te vervoer. Soos reeds gemeld,het die oorledene op pad soontoe beswyk.

Behalwe hierdie direkte getuienis was daar getuienis dat die appellant 'n inkriminerende verklaring

aan /
7.. aan luit. (tans kaptein) Pretorius gemaak het. Die appellant het die vrywilligheid van die verklaring betwis, en dit is dus nodig om kortliks in te gaan op die omstandighede waaronder dit gemaak is. Die staatsgetuienis hieromtrent was dat Grace Mokaba op 4 Junie 1982 vroeg in die middag saam met twee polisiesersante, sers. Sithebe en sers. Gatsha, na haar man se aanvaller gaan soek het. Hulle was eers by 'n huurmotorstaanplek maar hul verdagte was nie daar nie. Daarvandaan het hulle na die appellant se huis gegaan waar hulle die appellant by sy motor gevind het. Grace Mokaba het hom uitgeken as een van haar man se aan= vallers, en hy is in hegtenis geneem. Hiervandaan

is / .....

8.

is die appellant geneem na die Protea-polisiekantoor,

waar hy aangehou is. Die ondersoekbeampte, adj.-

offisier Mpeke, was nie toe op kantoor nie. Adj.-

offisier Mpeke het nagenoeg 5 nm. teruggekeer, en het

die appellant gewaarsku en ondervra. Die appellant
was bereid om 'n verklaring te maak. Daar is gereël
dat luit. Pretorius van die Brixtonse polisiekantoor
die verklaring sou afneem. Adj.-offisier Mpeke
en ene konstabel Sithole het die appellant na
Brixton geneem. Konstabel Sithole het die
appellant na luit. Pretorius geneem terwyl adj.-
offisier Mpeke in die motor gebly het. Sithole het
die appellant aan luit. Pretorius oorhandig, en weer
die kantoor verlaat. Tydens aflegging van die ver=

klaring /
9. klaring was net luit. Pretorius, die appellant en 'n tolk, speurder adjudant-offisier Monene, in die kantoor. Daarna het konst. Sithole weer die appellant na adj.-offisier Mpeke geneem, en hulle het die appellant na Moroka-polisiekantoor vervoer waar hy aangehou is. Hierdie relaas van wat op 4 Junie gebeur het, is bevestig in getuienis deur elke persoon wie se naam ek hierbo genoem het, insoverre sodanige persoon daarby betrokke was.

Die appellant se weergawe was dat drie polisiemanne gedurende die oggend van 4 Junie by sy

huis /
10. huis gekom het. Hulle het hom aangerand en in hegtenis geneem. Gedurende die volgende drie dae is hy aanhoudend aangerand totdat hy op 6 Junie ingestem het om 'n verklaring te maak. Die polisie het ten dele aan hom voorgesê wat hy in sy verklaring moes meld en verder het hy maar sy verbeelding gebruik. Terwyl die verklaring geneem is, was sy aanranders in die kantoor saam met luit. Pretorius. Om daardie rede het hy die verklaring gemaak, maar hy het darem vir luit. Pretorius gesê dat hy aangerand was. Laasgenoemde het die appellant laat uittrek, maar net belang getoon in 'n tatoeëermerk, hoewel daar sigbare tekens van die aanranding was.

Behalwe / ....

11.

Behalwe die appellant het sy vrou, Kongi Mkhonto, en twee jong mans wat hom met sy motor gehelp het, getuienis afgelê oor wat gebeur het toe die polisie= manne die appellant by sy huis kom haal het. Tot 'n mate staaf hul getuienis dié van die appellant.

Na 'n verhoor binne 'n verhoor het die verhoorhof, sonder om op daardie stadium redes te gee, beslis dat die verklaring toelaatbaar was.

Aan die einde van die staatsaak was daar dus die volgende getuienis om die appellant met die misdaad te verbind: die positiewe uitkenning deur Grace Mokaba en Elizabeth Leopeng, die getuienis van

Richard / ....

12. Richard Mokaba dat die appellant kort voor die

insident in die nabyheid van die oorledene se huis

was, en die appellant se verklaring aan luit.

Pretorius.

In antwoord op die staatsaak het die appel= lant getuig dat hy en sy vrou op die betrokke aand tussen half-ses en ses-uur met hul kinders Potchefstroom toe gery het om die kinders na hul ouma te neem vir die skoolvakansie. Hy kon dus nie die oorledene se moordenaar gewees het nie. Hierdie alibi is bevestig deur sy vrou, behalwe dat haar weergawe was dat die kinders bloot vir die langnaweek gaan kuier het.

In 'n deeglike uitspraak het die verhoorhof

die /

13.
die getuienis ontleed met betrekking tot beide die toelaatbaarheid van die verklaring en die meriete. Op albei geskilpunte het die hof bevind dat die staatsgetuienis bo redelike twyfel aanvaar moet word en dat die getuienis namens die appellant verwerp moet word. Die hof se belangrikste redes vir hierdie bevindings is soos volg. Wat die toelaat= baarheid van die verklaring betref, het die staats= getuies hul getuienis bevredigend afgelê. Daar was onomstootlike dokumentêre stawing vir die getuienis dat die verklaring inderdaad op 4 Junie gemaak is, en nie op 6 Junie soos beweer deur die appellant nie. Daarbenewens is kapt. Pretorius hoegenaamd nie

gekruisvra/
14. gekruisvra oor belangrike aspekte van sy getuienis nie, soos byv. dat hy en die tolk alleen in 'n kantoor met die appellant was toe die verklaring afgeneem is, dat die appellant nie gekla het oor aanrandings nie, en dat die appellant geen sigbare beserings gehad het nie. Verder het die appellant, volgens hom bloot uit sy verbeelding, besonderhede verstrek wat duidelik kennis getoon het van die omstandighede van die misdaad. Die getuienis van die appellant en sy ander getuies was ook in ander opsigte onbevredigend. Ook die waarskynlikhede was, volgens die verhoorhof se oordeel, in die guns van die staat.

Wat /
15. Wat die meriete van die saak betref, het die verhoorhof die getuienis van Grace Mokaba, Elizabeth Leopeng en Richard Mokaba, tenspyte van geringe teenstrydighede, as waar en betroubaar aanvaar. By die beoordeling van die gewig wat geheg kon word aan die appellant se verklaring het die verhoorhof in ag geneem dat daar verskille tussen die verklaring en die staatsgetuienis was. Aan die ander kant het die verklaring stellings bevat wat net afkomstig kon gewees het van iemand wat op die betrokke aand op die toneel van die misdaad was. Die hof het dus bevind dat die verklaring "provides some corroboration for the identification of the accused by the three

State /
16. State witnesses who positively identified him". Daarteenoor het die verhoorhof sonder aarseling die appellant se alibi verwerp as "false and untruthful beyond a reasonable doubt". Hierdie verwerping is gefundeer op teenstrydighede in die getuienis van die appellant en sy vrou, asook op die indruk wat hulle in die getuiebank gemaak het.

Ten slotte het die hof ingegaan op die motief vir die misdaad. In die appellant se verklaring het hy gesê dat hy geld wou hê om 'n Kombi te koop. In getuienis het hy erken dat hierdie begeerte wel bestaan het, en die Hof het dus aanvaar

dat /

17. dat dit die rede was waarom die appellant en sy metgesel die oorledene probeer beroof het. Die rede waarom geen geld geneem is nie, het die hof bevind, was waarskynlik dat die twee rowers geskrik het.
Mnr Kotzé, wat namens die appellant in hierdie Hof (maar nie in die verhoorhof nie) opgetree het, kon weinig kritiek op die verhoorhof se uitspraak lewer. Hy het slegs twee punte geopper wat nie uitdruklik in die verhoorhof se uitspraak behandel was nie. Ten eerste het hy betoog dat dit onwaar= skynlik is dat die appellant sonder vermomming 'n rooftog sou uitvoer op mense wat hom hoogs waarskynlik

sou /

18. sou herken. Ek aanvaar dat 'n redelike mens nie

so sou opgetree het nie, maar die getuienis van

identifikasie was so sterk dat hierdie faktor nie
wesentlik aan die gewig daarvan kon afdoen nie.

Dit was miskien ook die appellant se besef dat die
persone in die kombuis hom sou kon uitken wat daartoe
gelei het dat die appellant en sy maat bang geword
het en onverrigter sake weggehardloop het.

Dan het mnr Kotzé verwys na die appellant se

lys vorige veroordelings wat ná skuldigbevinding
bewys was. Hiervolgens was die appellant gedurende
1981 in die gevangenis tot 25 Julie. Hy kon dus nie
gedurende daardie hele jaar die oorledene se klant

gewees /
19. gewees het nie. Mnr Kotzé het egter terselfdertyd toegegee, myns insiens tereg, dat hierdie punt eintlik gedurende die verhoor geopper moes gewees het, en veral by wyse van kruisverhoor van die staatsgetuies. Of dit die appellant se saak enigsins sou bevoordeel het, is hoogs twyfelagtig. Inderdaad het die betrokke staatsgetuies losweg gesê dat die appellant gedurende 1981 'n gereelde klant van die oorledene was. Nie een van hulle het ondubbelsinnig te kenne gegee dat hy dit dwarsdeur die hele jaar was nie. Wat hulle onder kruisverhoor sou gesê het as hierdie aspek pertinent geopper was, is natuurlik onbepaalbaar. Selfs al sou een of meer van hulle egter verkeerdelik gesê het dat

die /

20. die appellant ook in die eerste helfte van die jaar vleis by die oorledene gekoop het, kan ek nie glo dat dit enigsins 'n verskil aan die uitslag van die saak sou gemaak het nie.
Benewens bogemelde punte het mnr Kotzé gewys op 'n paar weersprekings in die staatsgetuienis asook op teenstrydighede tussen, aan die een kant, besonderhede in die appellant se verklaring en, aan die ander kant, die getuienis van staatsgetuies. Hy het ook beklem= toon dat die posisie van die wonde op die oorledene se lyf dit moeilik maak om te aanvaar dat 'n kind wat op die oorledene se skoot gesit het terwyl hy die wonde opgedoen het, ongedeerd daarvan sou afgekom het.

Hierdie /
21. Hierdie onwaarskynlikheid het natuurlik geen betrekking op die identiteit van die persoon wat die skote afgevuur het nie, en 'n mens kan aan geen rede dink waarom die getuies hieromtrent sou versin nie. Daarbenewens was die verhoorhof ten volle bewus van hierdie eienaardige aspek van die saak, soos ook van die weersprekings en teenstrydighede waarna mnr Kotzé verwys het. Die verhoorhof het bevind dat hierdie tekortkominge in die staatsaak nie tot enige wesentlike mate afdoen aan die sterkte daarvan nie. Na bestudering van die oorkonde stem ek met respek hiermee saam.

Myns insiens is daar dus niks voor ons

geopper /

22.
geopper wat enige twyfel werp op die juistheid van die verhoorhof se bevinding dat die appellant een van die oorledene se aanvallers was nie, en ek kon ook niks vind nie. Dit is gemene saak dat, as hierdie bevinding korrek is, die appellant tereg skuldig bevind was aan moord en poging tot roof met verswarende omstandighede.
In die appellant se betoogshoofde is daar in die alternatief aan die hand gedoen dat die hof a quo moes bevind het dat daar versagtende omstandig= hede by die moord aanwesig was. In hierdie verband is daar betoog dat die dood van die oorledene nie vooraf beplan was nie maar gevolg het uit impulsiewe

optrede / ....

23.

optrede vanweë 'n skielike paniek, en dat die

appellant nie die direkte opset gehad het om te dood
nie. Hierdie argumente is ook in die hof a quo
geopper, en is as volg beantwoord :-

"In the present case we have found that the accused and his companion went to the home of the deceased to commit an armed robbery. They were in possession of loaded firearms. The accused shot the deceased on the evidence of the State witnesses, which we have accepted, not less than twice. The forseeability that the firearms might be used by one or both of the accused and his companion must, as a probability, have been present to the mind of the accused. Why else did they take loaded firearms with them? Had they, in those circumstances, fired impulsively upon meeting physical resistance from the deceased it could hardly have been argued or found that the impulsiveness of

such /

24.

such firing constituted an extenuating circumstances. I fail to understand then how the shooting of the deceased, even though upon an impulse, in the circumstances of this case, where no resistance was offered, can constitute an extenuating circumstance."

Ek stem met respek hiermee saam.
Myns insiens was die appellant dus tereg skuldig bevind aan moord sonder versagtende omstan= dighede en aan poging tot roof met verswarende omstandighede. Bygevolg word die appèl van die hand gewys.

E.M. GROSSKOPF, Wnd. AR.

RABIE, HR )
CILLIé, AR ) Stem saam.
NICHOLAS, AR)
SMUTS, Wnd. AR)