South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 1
| Noteup
| LawCite
S v Speedy (444/83) [1985] ZASCA 1; [1985] 2 All SA 112 (A) (12 March 1985)
Download original files |
SAAK NO 444/83
GILBERT SPEEDY.
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
J J F HEFER, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen
GILBERT SPEEDY Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM : KOTZé, JOUBERT, BOTHA, HEFER, ARR, et ELOFF, Wrn AR,
AANGEHOOR : 1 Maart 1985
GELEWER
: 12 Maart 1985
HEFER, AR :
UITSPRAAK
Appellant en sy vader is beesboere op Zoetvlei
in
2.
in die Vryburg-distrik. Vir meer as 23 jaar het hulle 'n
doring in die vlees gehad - hulle buurman, Scholtz, se
klompie skape en boerbokke. Of die naam van die plaas
iets daarmee te doen gehad het, weet ek nie maar om een
of ander rede kon niks hulle weghou van Zoetvlei se wei-
velde nie - nie Scholtz se veewagter nie en allermins die
grensdraad tussen dié twee plase. En Scholtz het volstrek
geweier om diê draad te help verbeter en so sy diere tuis
te hou. Hulle kon eerder geskut word; wat tweemaal gebeur
het totdat die skut so ver verskuif is, dat dit nie lonend
was om hulle soontoe te jaag nie. Praat het ook nie gehelp
nie. Telkens wanneer Scholtz aangespreek is oor sy hals-
starrige vee was hy vol verskonings en beloftes. Sy vee
sou .........
3.
sou hy verkoop, het hy gesê, maar daarvan het niks gekom
nie; hulle het gebly en hulle strooptogte op Zoetvlei het
voortgeduur. Ten einde raad het appellant se vader op 'n
keer twee van Scholtz se skape laat slag en het appellant
hom gewaarsku dat die "boete" by 'n volgende oortreding
vier stuks vee sou wees. Vir 'n rukkie het hierdie eie-
regtigheid die gewenste uitwerking gehad. Dog dit was
van korte duur
So het sake dan jaar na jaar verloop,
Appellant en sy vader het gekla en Scholtz het belowe maar
niks het verder gebeur nié. Tot 2 Oktober 1982. Daardie
dag is 108 bokke weer deur die draad. Appellant het op
hulle afgekom. En hy is 'n man van sy woord. Gedagtig
aan.........4
4.
aan sy vorige waarskuwing het hy vier van sy werknemers aan-
gesê om elkeen 'n bok te slag en die vleis te neem. Geen
plaaswerker sou hom tweemaal laat nooi nie; appellant se
werkslui ook nie.
Tevrede was Scholtz ongelukkig nie. Die
polisie is verwittig en die gevolg was dat appellant en
die betrokke vier werknemers in die landdroshof verskyn
het op 'n aanklag van diefstal van vier bokke. Sy werk-
nemers is vrygespreek maar appellant is skuldig bevind.
Sy appèl na die Noord-Kaapse Afdeling is verwerp (met 'n
meerderheidsbeslissing) en met verlof van daardie Afdeling
kom hy nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding
In sy pleitverduideliking in die landdros-
hof...........5
5.
hof het appellant se advokaat te kenne gegee dat die
ver-
weer was dat "daar was 'n afwesigheid van animus
furandi".
Dit was deurentyd die enigste geskilpunt. Appellant
het
getuig dat hy nie bedoel het om enige misdaad te pleeg nie
en, in die
lig van die vorige gebeure, vas geglo het dat
hy geregtig was om die bokke te
laat slag. Wat verder
gebeur het na sy waarskuwing aan Scholtz dat van sy
vee
weer geslag sou word indien hulle weer oortree, het hy
soos volg
beskryf:
"And what did he say? He said
I cannot do that.
Yes, and carry on with what you then
said? I said Mr Scholtz the choice
is yours. If you keep your stock off
our property we will not do
that.
And if your stock comes on our pro-
perty? Then we will do that.
And 6
6.
And did the conversation then end?
I told Mr Scholtz, I reminded
him of an incident when one of his
herders had previously told me
that
he had instructions to let stock
graze on Zoetvlei. I reminded
him
of this and said that with regard
to that I am going to regard it
as
a deliberate trespass."
Daar was dus 'n duidelike verstandhouding tussen hom en
Scholtz, so het hy
getuig, betreffende wat sou gebeur in-
dien die vee weer oortree en hy was
vas van voorneme om sy
dreigement uit te voer anders "for ever and ever Mr
Scholtz
would have the run of our property". Gevra in kruisverhoor
of hy
werklik geglo het dat so 'n verstandhouding sy optrede
kon regverdig, was sy
antwoord:
"when a man has been told asked and
begged time after time and already
had 7
7.
had an example I imagined it was
alright."
Sy doel met die slag van die bokke was om dit vir eens
en vir altyd by
Scholtz tuis te bring "that I took this
seriously and I wanted his stock to
be kept off my pro-
perty".
Dit kom my heel duidelik voor dat die
werk-
like basis van die verweer was dat appellant onbewus was
van die
wederregtelikheid van sy optrede en, inteendeel, ge-
glo het in die
regmatigheid daarvan. Dit was dan ook die
basis waarop die appèl in
hierdie Hof beredeneer is. Die
Staat se advokaat het, in die lig van
beslissings soos diè
in S v De Blom 1977(3) S A 513 (A D ) op p
532 en S v Pot-
wane 1983(1) S A 868 (A D) op p 871, aanvaar dat die
skul-
digbevinding 8
8.
digbevinding nie geregverdig kan word nie indien 'n rede-
like moontlikheid bestaan dat die appellant geglo het dat
sy optrede regmatig was. Sy hele betoog was daarop toe-
gespits om die Hof te oortuig dat so 'n moontlikheid nie
bestaan nie.
'n Wesenlike probleem wat die Staat in die
gesig staar is egter die feit dat dié landdros geen nadelige
geloofwaardigheidsbevinding teen appellant gemaak het nie.
Aanvanklik het hy blykbaar nie besef wat dié verweer werk-
lik behels het nie; sy volledig genotuleerde mondelinge
uitspraak bevat geen verwysing na appellant se beweerde ge-
loof in dié regmatigheid van sy optrede nie en eers toe
die betrokke punt pertinent geopper is in die kennisgewing
van..........9
9.
appèl, het hy daarmee gehandel. Maar hoewel
die
mondelinge uitspraak geen geloofwaardigheidsbevinding be-
vat nie, is
dit insiggewend dat die landdros deurgaans
daarin gesteun het op appellant en
sy vader se getuienis
oor die gebeure van die verlede. Nêrens is daar
'n sweem
van twyfel te bespeur oor hulle geloofwaardigheid nie. En
ook nie
in die skriftelike redes vir die skuldigbevinding
wat ingehandig is nadat die
appèl genoteer is nie. Daarin
verskyn wel 'n bevinding dat
appellant
"goed geweet(het) wat hy be-oog,
nie gedoen mag word nie en hy het
wat
die hof aanbetref mala fide op-
getree."
Maar dit blyk heel duidelik uit die res van die redes dat
hierdie bevinding nie gebaseer is op die verwerping van
appellant 10
10.
appellant se getuienis nie, maar op 'n vorige bevinding
dat Scholtz nooit toegestem het dat sy bokke geslag word
nie (wat in elk geval gemene saak was). Die landdros se
redenasie was eenvoudig dat appellant geweet het dat wat
hy be-oog het, nie gedoen mag word nie omdat hy geweet het
dat Scholtz nie toegestem het nie; daarom het hy"mala fide"
opgetree. (Soos in sy mondelinge uitspraak waarin die af
wesigheid van toestenuning ook 'n deurslaggewende rol gespeel
het, het die landdros uit die oog verloor dat dit groten-
deels nie ter sake was nie; appellant se saak was juis
dat hy geglo het dat sy optrede geoorloof was, ten spyte
daarvan dat Scholtz nie toegestem het nie, op grond van
die verstandhouding waarna vroeër'verwys is.)
Daarom 11
11
Daarom kan ek nie met die meerderheid van die
Hof a quo (by monde van ERASMUS W R P) saamstem dat die
landdros die appellant "klaarblyklik ook nie geglo het nie"
Indien dit die geval was , vind ek dit eienaardig dat die
landdros dit nóg in die mondelinge uitspraak nóg in die
skriftelike redes gesê het en al sy bevindings juis op ap-
pellant se getuienis gebaseer het.
Ewe-min is ek bereid om saam te stem met
die meerderheid van die Hof a quo en met die betoog van die
Staat dat appellant se beweerde geloof in elk geval so on-
redelik was, dat hy dit nooit kon gekoester het nie. Myns
insiens is die teendeel eerder die geval. In die gesprek
tydens die episode met die twee skape is Scholtz dit duidelik
aan 12
12.
aan die verstand gebring (a) dat appellant nie geglo
het
dat Scholtz nie self verantwoordelik was vir die oortre-
dings van sy
vee nie en (b) dat die keuse voortaan syne
sou wees: óf hy hou sy vee
weg van Zoetvlei óf hy neem
vir lief met die "boete" wat appellant sou
oplê aangesien
verdere oortredings as "deliberate trespass" beskou
sou
word. Of appellant geregtig was om Scholtz voor so 'n
keuse te stel,
is natuurlik 'n ander vraag raaar ek beskou
dit nie as onredelik dat hy onder
die indruk kon verkeer
het dat hy voortaan geregtig sou wees om sy "boete" op
te
lê nie.
Boonop is daar sterk steun te vind
vir so 'n indruk in Scholtz se
getuienis. Eerstens, het
hy 13
13.
hy gemeen dat appellant nie diefstal gepleeg het nié en,
tweedens, het hy getuig dat hy die lot wat sy bokke getref
het, die dag na die voorval telefonies met appellant be-
spreek het. Tydens die gesprek, het hy getuig, het appel-
lant hom gevra "of ek onthou dat ons vroeër tyd 'n ooreen-
koms gehad, 'n ou ooreenkoms waar as hy my bokke in sy veld
vang, dat hy hulle kan slag". Scholtz het ontken dat daar
so 'n ooreenkoms was en appellant het erken dat die vorige
gesprek nie 'n ooreenkoms tot stand gebring het nie maar
sy verwysing teenoor Scholtz na 'n ooreenkoms was klaarblyk-
lik 'n verwysing na wat hy in sy getuienis 'n verstandhouding
genoem het. Die feit dat hy hom teenoor Scholtz self daar-
op beroep het op die eerste die beste geleentheid toe daar
nog 14
14
nog geen sprake was van 'n vervolging nie, is 'n sterk aan-
duiding dat hy inderdaad geglo het dat dit sy optrede ver-
oorloof het. Waarom anders sou hy hom daarop beroep?
Word verder in ag geneem dat appellant
eers vir Scholtz probeer skakel het voordat hy die bokke
laat slag het - waarskynlik om hom in te lig wat hy voor-
nemens was om te doen - en dat hy daarna heeltemal openlik
opgetree het en Scholtz die volgende dag ingelig het oor
wat hy gedoen het (hy het Scholtz selfs gesê dat die velle
van die bokke by hom op die plaas was), is die gevolgtrek-
king bykans onafwendbaar dat hy inderdaad geglo het dat hy
niks verkeerd gedoen het nie. Op die swakste gestel, is
sy optrede eerder vereenselwigbaar met so 'n geloof as met
die 15
15.
die wete dat hy onwettig opgetree het.
Myns insiens het die Staat nie daarin ge-
slaag om te bewys dat appellant bewus was van die weder-
regtelikheid van sy daad nie.
Die appèl slaag en die skuldigbevinding
en vonnis word tersyde gestel.
J J F HEFER, AR
KOTZé, AR. )
JOUBERT,AR. )
STEM SAAM.
BOTHA,AR. )
ELOFF, WRn AR. )