South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 103
| Noteup
| LawCite
S v Soci (81/1984) [1985] ZASCA 103; [1986] 1 All SA 395 (A) (27 September 1985)
Download original files |
LL Saak No 81/1984
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen:
MICHAEL SOCI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: RABIE HR, BOTHA et HEFER ARR
VERHOORDATUM: 20 SEPTEMBER
1985
LEWERINGSDATUM: 27 SEPTEMBER 1985
UITSPRAAK
/BOTHA AR ...
2.
BOTHA AR:-
Die appellant kom in hoër beroep teen 'n von-
nis van 18 jaar
gevangenisstraf wat hom opgelê is in
die Provinsiale Afdeling Kaap die
Goeie Hoop deur
BAKER R, nadat hy skuldig bevind is aan moord met
ver-
sagtende omstandighede. Verlof om te appelleer is
deur die
Verhoorregter geweier, maar is daarna aan
die appellant toegestaan ten
gevolge van 'n versoekskrif
wat aan die HOOFREGTER gerig is.
Die verhoor van die appellant het soos volg
verloop. Toe die aanklag van
moord aan hom gestel is,
het hy daarop skuldig gepleit. Die advokaat wat
namens
hom by die verhoor opgetree het, mnr Duminy, het
die
Verhoorregter meegedeel dat die pleit in ooreenstemming
was met sy
opdrag, dat hy 'n verklaring opgestel het in-
gevolge artikel 112 (2) van Wet
51 van 1977, en dat hy
die verklaring sou voorlees en dan inlewer. Die
ver-
klaring wat voorgelees en ingelewer is, sien soos volg
/daar ...
3.
daar uit:
"1. Die Beskuldigde in hierdie aangeleent-
heid pleit skuldig aan die
misdaad van
Moord maar pleit dat daar versagtende
omstandighede aanwesig
was.
2. Die feite wat die Beskuldigde erken en
waarop hy soos voormeld pleit,
is die
volgende:
(a) Op Saterdag 28 Maart 1981 en te
Mbekweni, distrik Paarl, het die
Beskuldigde vir ene Mzonke Ninzi
gedood deur hom met 'n mes te steek.(b) Alhoewel die Beskuldigde nie die
direkte opset gehad het om die oor-
ledene te dood nie het hy wel besef
dat hy moontlik deur sy optrede die
oorledene se dood kon veroorsaak,
maar het desnieteenstaande met sy
aanval volhard.(c) Ten tye van die aanval op die oor-
ledene was die Beskuldigde sterk
onder die invloed van sterk drank.
Daarsonder sou die Beskuldigde nie
die misdaad gepleeg het nie.(d) Voorts is die Beskuldigde se optrede
te wyte aan die feit dat hy deur die
oorledene geprovokeer is deurdat die
oorledene sekere van die Beskuldigde
se besittings van hom gesteel het en
later 'n leë drankbottel na die Beskul-
digde gegooi het.
(Get.) W R E
Duminy
Beskuldigde se Advokaat"
/Nadat ...
4.
Nadat die verklaring voorgelees is, het die Verhoorregter
van die appellant verneem of dit reg is wat sy advokaat
gesê het, waarop die appellant bevestigend geantwoord
het. Mnr Rorich, wat namens die Staat opgetree het,
het die Hof meegedeel dat hy die pleit aanvaar. Die
Verhoorregter het daarop gewys dat daar by die klagstaat
'n verdere
verklaring, ingevolge artikel 115 (van Wet 51
van 1977), aangeheg was, en het
verneem of dit "ingehandig"
word. Mnr Rorich het bevestigend
geantwoord en mnr
Duminy het die Hof verwittig dat die verklaring
ooreenstem
met sy opdrag. Daarop het die Verhoorregter aangekondig
dat die
appellant skuldig bevind word. Die inhoud van
die verklaring ingevolge
artikel 115 blyk uit die volgende
uittreksel uit die Verhoorregter se latere
uitspraak
tydens vonnisoplegging:
"Hy het daar verklaar dat hy naby 'n melkery
gesit het saam met 'n ander man wat daar ge-
werk het en hulle was besig om 'n 'nip', dit
is 'n kwart- of 'n agste-bottel, brandewyn te
drink. Die oorledene het daar gekom, sê
hy, en die drank gegryp en daarmee wegge-
/hardloop ...
5.
hardloop. 'Hy het na sy huis toe gehardloop.
Ons het ander drank gekoop en dit gedrink.
Ek het daarna na die oorledene se huis gegaan
saam met 'n seuntjie. Toe ek daar kom het
die oorledene en sy ma uitgekom. Ek het 'n
rapport aan sy ma gemaak. Ek was onder die
invloed van drank en het verby gegaan na my
huis toe. Ek het 'n rukkie by my huis gebly
en toe gaan ek na die oorledene soek. Ek
het hom by 'n smokkelhuis gekry. Toe ek in-
kom het hy probeer weghardloop. Ek sê hom
hy moet my drank gee of my geld. Die oor-
ledene hardloop tussen die mense deur en hy
hardloop uit. Ek het hom gevolg, ingehaal
en ek het hom met 'n broodmes iewers op sy bo-
lyf gesteek en op sy been. Hy het geval en
ek het huis toe geloop. Ek het die mes vir
my pa gegee en hom vertel wat gebeur het.'
Dit blyk dat nadat die beskuldigde be-
wus geword het dat sy slagoffer inderdaad dood
was, het hy berou getoon en die familie gaan
besoek en verskoning gevra vir wat hy gedoen
het."
Nadat die appellant skuldig bevind is, het mnr
Rorich,
met die instemming van mnr Duminy, die
regsgeneeskundige
lykskouingsverslag ten opsigte van die oorledene as
'n
bewysstuk ingelewer. Uit daardie verslag blyk dit dat
die oorledene agt
steekwonde opgedoen het. Twee daar-
van was in die borskas, en was
noodlottige wonde; die
/ander ...
6.
ander was versprei oor die oorledene se liggaam.
Mnr
Rorich het ook die appellant se vorige veroordelings,
wat hy
erken het, aan die Hof voorgelê. Slegs een
daarvan is ter sake: in 1975
is die appellant 'n opge-
skorte vonnis van 6 maande gevangenisstraf
opgelê vir
poging tot roof ten opsigte van 'n seun van 16 jaar
wat
hy met sy vuiste geslaan het. Tydens daardie oortre-
ding moes die
appellant omtrent 17 jaar oud gewees het,
want by sy verhoor in die
onderhawige saak, wat in 1981
plaasgevind het, was hy 23 of 24 jaar oud. Mnr
Rorich
het voorts die Hof meegedeel dat dit gemene saak was
dat die
oorledene se "bloedalkohol 0,27" was. Daarna
het mnre Rorich en
Duminy die Hof toegespreek oor von-
nis, en ten slotte het die
Verhoorregter 'n uitspraak ge-
lewer waarin die reedsgenoemde vonnis van 18
jaar ge-
vangenisstraf die appellant opgelê is.
Ek het hierbo die hele verloop van die verhoor
geskets, omdat ek my
verplig voel om te sê dat die beeld
/wat ...
7.
wat daaruit na vore kom verontrustend is. 'n Vonnis
van 18
jaar gevangenisstraf is 'n geweldige swaar vonnis.
Straftoemeting van hierdie
omvang behoort na my mening
nie te geskied sonder 'n deeglike en diepgaande
ondersoek
na al die tersaaklike faktore nie, onder meer die pre-
siese
omstandighede waaronder die oortreding gepleeg is.
Om so 'n vonnis te vel aan
die hand van die karige soort
gegewens wat in die huidige geval vorendag
gekom het,
slegs by wyse van kort verklarings gemaak deur en namens
'n
beskuldigde, kom my voor onbevredigend en onwenslik te
wees. 'n Verhoorregter
wat in gedagte het om so 'n swaar
straf op te lê, behoort homself te
vergewis daarvan dat
al die feite in verband met die pleeg van die
misdaad
behoorlik uitgepluis is, desnoods deur van die Staat te
verlang om
getuienis voor te lê, waarop die beskuldigde
die geleentheid sal
hê om te antwoord. En as die Ver-
hoorregter nie bereid is om vir die
doeleindes van sy
vonnis die verklaring van die beskuldigde ten volle te
/aanvaar ...
8.
aanvaar in ooreenstemming met wat dit op die oog af
voorgee
om te wees nie, dan spreek dit vanself dat hy
sy bedenkings teenoor die
beskuldigde se advokaat be-
hoort te opper, ten einde hom die geleentheid te
gee
om getuienis aan te bied ter onderskraging van die ver-
klaring.
In die verklaring wat die appellant se advokaat
aan die Verhoorhof
voorgelê het (paragrawe 2 (b), (c) en
(d) soos hierbo aangehaal) word
dit duidelik gestel dat
die appellant nie die direkte opset gehad het om die
oor-
ledene te dood nie, dat hy ten tyde van die aanval op die
oorledene
sterk onder die invloed van drank was, dat hy
daarsonder nie die misdaad sou
gepleeg het nie, en dat
sy optrede te wyte was aan die feit dat hy deur die
oor-
ledene geprovokeer is op die wyse wat genoem word. Op die
grondslag
van hierdie feite alleen is ek van oordeel dat
die vonnis wat die
Verhoorregter opgelê het, buitensporig
swaar was. Daarby kom nog die
volgende tersaaklike
/oorwegings ...
9.
oorwegings wat die Verhoorregter in sy uitspraak noem:
uit
die omvang en aard van die beserings wat die oor-
ledene opgedoen het, soos
blyk uit die lykskouingsver-
slag, is die afleiding geregverdig dat die
appellant
"woedend kwaad" was vir die oorledene; dit tel ten gunste
van
die appellant dat hy ná sy optrede berou daaroor
gehad het en die
familie van die oorledene om verskoning
gaan vra het; en wat die persoonlike
omstandighede van
die appellant betref, blyk dit dat hy 'n stabiele
werks-
rekord gehad het.
Ten spyte van die voorgaande oorwegings, het
die Verhoorregter in die loop
van sy uitspraak opgemerk
dat "hierdie 'n baie ernstige misdaad" is, en ook
gesê:
"daar is inderdaad nie veel wat jy vir die beskuldigde
kan
sê nie". En dan lui die heel laaste gedeelte van
die Verhoorregter se
uitspraak, net voordat hy die vonnis
opgelê het, soos volg:
"Maar, soos ek sê, daar is eintlik baie min
/wat ...
10.
wat vir die man gesê kan word. Hierdie
was 'n doelgerigte aanval met die doel om
die man dood te maak en dit is net die feit
dat daar 'n mate van provokasie was en 'n
mate van dronkenskap wat vir jou vandag van
die galg gered het."
Die aanslag van die appellant se
optrede wat
in hierdie uitlatings van die Verhoorregter vervat is,
is
klaarblyklik nie geregverdig aan die hand van die
gegewens wat voor die Hof
geplaas is nie. Trouens,
dit is in stryd daarmee. Die bevinding dat daar
"'n
doelgerigte aanval met die doel om die man dood te maak"
was, is nie
versoenbaar met die stelling in paragraaf
2 (b) van die verklaring, dat die
appellant nie die
direkte opset gehad het om die oorledene te dood
nie;
die bevinding dat daar "'n mate van dronkenskap" was, wyk
af van die
stelling in paragraaf 2 (c) van die verklaring
dat die appellant sterk onder
die invloed van drank was
en daarsonder nie die misdaad sou gepleeg het nie;
en
die bevinding "dat daar 'n mate van provokasie was", wyk
af van die
stelling in paragraaf 2 (d) van die verklaring
/dat ...
11.
dat die appellant se optrede te wyte was aan
provokasie
van die oorledene, en is bowendien moeilik te rym met
die
Verhoorregter se eie vroeëre bevinding dat die ap-
pellant "woedend
kwaad" was. Dit is duidelik dat die
uiteindelike grondslag waarop die
Verhoorregter die ap-
pellant se vonnis bepaal het, berus het op 'n
ernstige
mistasting.
Met inagneming van al die tersaaklike omstan-
dighede is ek van oordeel
dat 'n vonnis van 10 jaar ge-
vangenisstraf 'n gepaste vonnis is om in die
plek te stel
van dié wat deur die Verhoorregter opgelê is.
Die appèl word gehandhaaf. Die vonnis opgelê
deur die Hof
a quo word tersyde gestel en vervang deur 'n
vonnis van 10 jaar
gevangenisstraf.
A.S. BOTHA AR
RABIE HR
STEM SAAM
HEFER AR