South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 106

| Noteup | LawCite

S v Bezuidenhout (263/1984) [1985] ZASCA 106 (27 September 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 263/1984

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING

Insake die appèl van:

ADAM JOHANNES BEZUIDENHOUT Appellant
teen
DIE STAAT Respondent

CORAM: RABIE, HR, VAN HEERDEN et BOSHOFF, ARR
VERHOORDATUM: 17 SEPTEMBER 1985
LEWERINGSDATUM: 27 SEPTEMBER 1985

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN, AR ...

2.

VAN HEERDEN, AR:

Die appellant het ten tyde van die gebeure wat
hieronder vermeld word as radioloog op Vereeniging ge-
praktiseer. Hy en ene mev Leeuwner, 'n radiografiste,
is as eerste en tweede beskuldigdes in 'n streekhof aan-
gekla van strafbare manslag met betrekking tot die dood
van 'n baba van 6 weke. Beide is skuldig bevind. Op
appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is die
radiografiste se skuldigbevinding tersyde gestel maar
die appellant se appèl afgewys. Verlof is egter aan
die appellant verleen om na hierdie hof teen sy skuldig-
bevinding te appelleer. Die vonnis wat die appellant
opgelê is, is gevolglik nie ter sake nie.

Omdat vermoed is dat die baba h urologiese
probleem gehad het, is gereël dat hy radiologies deur
die appellant ondersoek sou word. Met dié doel is die
baba die oggend van 5 Junie 1981 na die X-straalkamer
van die Vereenigingse hospitaal geneem. Daar is 'n

/kontrasmiddel ...

3.

kontrasmiddel, Urografien, binneaars toegedien en is 'n
aantal X-straalfoto's geneem. Mettertyd het die baba
aanhoudend begin ruk. Hy is teruggeneem na die kinder-
saal waar hy teen stuiptrekkings behandel is. Later
dié dag is hy vervoer na 'n intensiewe sorgeenheid in
Johannesburg waar hy op 10 Junie beswyk het.

Die streeklanddros het bevind dat 'n oordosis
Urografien toegedien is; dat dit die oorsaak van die
stuiptrekkings was wat op hul beurt tot die dood van die
baba gelei het, en dat die toediening van die oordosis
aan die nalatigheid van die appellant (en die radiogra-
fiste) te wyte was. In hierdie hof het die appellant
se advokaat tereg nie betwis dat die baba se oorlye aan
die inname van die kontrasmiddel toegeskryf moet word
nie. Onder andere is egter betoog dat die Staat nie
bewys het dat 'n oordosis toegedien is nie.

Die aanbevole dosis vir 'n baba met die liggaams-
gewig van die oorledene is 6 - 12 ml van die middel. Dr

/Isdale ...

4.

Isdale, wat 'n meestersgraad in radiologie het, se ge-
tuienis dat die maksimum hoeveelheid wat die oorledene
toegedien behoort te gewees het, nie 30 ml moes oorskry
nie, is nooit in twyfel getrek nie. Die gevaar van
die middel lê daarin dat dit 'n vloeistof met 'n hoë
osmolariteit is en dat 'n oordosis die sentrale senustel-
sel van die betrokke persoon kan aantas.

Na die radiologiese ondersoek het die appellant
'n skriftelike verslag gestuur aan die uroloog wat die baba
na hom verwys het. Daarin is o a gesê:

"This patient has been hydrated before
the radiographic examination and it was con-
sidered necessary to administer a relatively
large amount of contrast material. This
was done over a period of approximately two
hours."

Die verslag moet gelees word in die lig van die
getuienis van dr Van Rensburg wat destyds 'n vennoot van
die appellant was. Hy sê dat hy die appellant die mid-
dag van 5 Junie 1981 by hul spreekkamers teengekom het.

/Die ...

5.

Die appellant het genoem dat hy dit as redelik beskou
het om meer as die normale hoeveelheid kontrasmiddel
vir die baba te gebruik en dat toe ongeveer 'n halwe bot-
tel Urografien binneaars ingeloop het die kind stuip-
trekkings begin kry het. 'n Bottel Urografien bevat
250 ml en volgens die appellant se mededeling aan dr
Van Rensburg is dus ongeveer 125 ml vloeistof toegedien.

Bogenoemde weergawe van dr Van Rensburg is
nie deur direkte getuienis betwis nie. Die appellant
(asook die radiografiste) het trouens glad nie getuig
nie. Indien dr Van Rensburg se getuienis aanvaar word,
soos die landdros blykbaar wel gedoen het, is daar by
ontstentenis van 'n verontskuldigende verduideliking geen
twyfel nie dat die baba 'n massiewe oordosis Urografien ont-
vang het.

Die appellant se advokaat het egter op sterkte
van 'n deskundige mening betoog dat daar 'n redelike twyfel
oor die aanvaarbaarheid van bedoelde weergawe bestaan.

/Dit ...

6.

Dit blyk uit die getuienis dat die baba se stuiptrek-
kings te wyte kon gewees het aan 6f 'n oordosis Urogra-
fien òf 'n hipersensitiwiteit vir die middel òf 'n aange-
bore geneigdheid tot epilepsie, en dat in geval van
enige van laasgenoemde twee moontlikhede selfs die in-
name van 'n normale dosis Urografien rukkings kon ver-
oorsaak het. Volgens dr Botha, 'n patoloog wat ten
behoewe van die appellant getuig het, was die baba se
stuiptrekkings aan òf hipersensitiwiteit òf 'n aangebore
abnormaliteit toe te skryf. Die vernaamste rede vir
sy mening was dat 'n oordosis van ongeveer 125 ml Urogra-
fien 'n versteuring van die elektroliete in die baba se
bloed sou veroorsaak het, en dat dié na die radiologiese
ondersoek normaal was.

Die Staat het geen getuienis oor die al of nie
abnormaliteit van die elektroliete gelei nie. Gedurende
kruisverhoor van 'n Staatsgetuie, dr Jacobs, het dit egter
aan die lig gekom dat toe die baba na die neem van die

/X-straalfoto's ...

7.

X-straalfoto's in die teater van die Vereenigingse hos-
pitaal behandel is, 'n bloedmonster getrek is en dat dié
vir ontleding na 'n laboratorium gestuur is. Volgens
'n verslag wat kort daarna ontvang is, was die elektro-
liete normaal behalwe vir verlaagde bikarbonate wat in
elk geval weens die geskokte toestand van die baba te
verwagte was.

Die ontleding is deur dr Soldin, 'n chemiese
patoloog, gedoen. Hy het nie by die verhoor getuig nie,
sy verslag is nie ingehandig nie en die Staat het nòg uit-
druklik nog stilswyend 'n erkenning aangaande die toestand
van die elektroliete in die baba se bloed gemaak. Die
appellant se advokaat moes dus toegee dat die eerste
grond vir dr Botha se mening nie op 'n aanvaarbare sub-
straat (nl dat die elektroliete normaal was) fundeer
was nie.

Ek kom by die tweede stut vir dr Botha se ge-
volgtrekking. Volgens hom sou 'n longedeem ontwikkel het

/indien ...

8.

indien die baba 125 ml of meer van die kontrasmiddel toe-
gedien is en sou die simptome daarvan klinies waarneem-
baar gewees het. Onder andere sou die baba opgeswel
het en sou hy rukkerig en ongereeld asem gehaal het. Om-
dat die geneeshere wat die baba net na die radiologiese
ondersoek behandel het nie sodanige simptome opgemerk het
nie, kon die baba volgens die getuie dus nie die genoemde
hoeveelheid Urografien ingeneem het nie.

Dr Botha se mening aangaande die ontwikkeling
van pulmonale simptome was in stryd met dié van die hoof-
Staatspatoloog, prof Scheepers, wat 'n lykskouing op die
liggaam van die baba uitgevoer het. Die deskundiges
was dit eens dat die binneaarse inname van Urografien
die niere prikkel en 'n verhoogde uitskeiding van vog ver-
oorsaak. Prof Scheepers was dan ook van mening dat
selfs indien die baba 250 ml Urografien oor 'n tydperk
van 'n uur toegedien was sy niere die oormaat vog sou
afgeskei het en dat daar nie tekens van oorhidrasie sou

/gewees ...

9.

gewees het nie. Dr Klugman, 'n kinderdokter, was
nie so positief soos prof Scheepers nie, maar sy was
tog van mening dat die baba se niere moontlik 'n inname
van 250 ml van die kontrasmiddel sou kon verwerk het.
Om redes wat sal blyk, vind ek dit egter onnodig om die
menings van dié twee getuies verder in oënskou te neem.

Gedurende kruisverhoor wou dr Botha hom nie
uitlaat oor die omvang van die verhoogde afskeiding van
vog wat deur die binneaarse inname van Urografien teweeg
gebring word nie. Hy het gesê dat daar 'n aansienlike
individuele variasie kan wees. Indien die baba se
niere egter wel 'n aansienlike hoeveelheid vog afgeskei
het, sou die kardiopulmonale simptome van die toediening
van 125 - 250 ml Urografien "less prominent" gewees het.
Hy het ook getuig:

"... increased excretion would lessen the
cardio-pulmonary signs but I don't think
that the kidneys can cope with that amount
of fluid and entirely eliminate the cardio-
pulmonary aspects of an overdosage." (My

/kursivering ...

10.
kursivering.)

Hoe opsigtelik die genoemde simptome sou ge-
wees het indien die baba se niere 'n relatiewe groot hoe-
veelheid vog afgeskei het, blyk nie uit dr Botha se ge-
tuienis nie. Dit is derhalwe belangrik om in gedagte
te hou dat die twee geneeshere wat die baba kort na die
radiologiese ondersoek behandel het, met 'n noodgeval
gekonfronteer was. Die kind was blou en het aanhoudend
stuiptrekkings gekry, en die eerste prioriteit was om
dié onder beheer te probeer bring. Dr Jacobs sê dan
ook dat weens die stuiptrekkings dit "haas onmoontlik"
was om klinies te bepaal of die baba oorhidreer was.

Die appellant se advokaat het tereg toegegee
dat dr Botha se getuienis, en die feit dat die simptome
onder bespreking nie waargeneem is nie, nie die moontlik-
heid uitsluit dat ongeveer 125 ml Urografien toegedien
is nie. Hy het egter betoog dat dit onwaarskynlik is
dat dit wel gebeur het. Dit synde so, is voorts aange-

/voer ...

11.

voer, moet daar 'n redelike twyfel wees oor die aanvaar-
baarheid van dr Van Rensburg se weergawe aangaande sy
gesprek met die appellant. Ek kan nie akkoord gaan
nie. Soos opgemerk in Mapota v Santamversekerings-
maatskappy Bpk 1977 (4) S A 515 (A) 527, kan direkte
geloofwaardige getuienis aanvaar word al sou dit indruis
teen waarskynlikhede wat voortspruit uit o a wetenskap-
like menings.

By die verhoor is 'n poging aangewend om deur
middel van die getuienis van ene dr Stander aan te toon
dat dr Van Rensburg vyandiggesind teenoor die appellant
was. Die landdros het egter vir dr Stander as 'n on-
indrukwekkende getuie beskou en die appellant se advokaat
het tereg nie in hierdie hof op sy getuienis probeer peil
trek nie. Dr Van Rensburg se weergawe was nie inherent
onwaarskynlik nie en is, soos reeds genoem, nie deur die
appellant weerspreek nie. En aangesien dr Botha se ge-
tuienis nie die redelike moontlikheid uitsluit dat die

/baba ...

12.

baba wel ongeveer 125 ml Urografien toegedien is nie,
was bedoelde weergawe derhalwe wel aanvaarbaar.

Die appellant het op geen stadium te kenne
gegee dat hy 'n foutiewe erkenning aan dr Van Rensburg
gemaak het nie. Aangesien die appellant by uitstek
die persoon was wat sou geweet het.welke hoeveelheid
Urografien toegedien is, is dit trouens moeilik om aan
'n rede te dink waarom hy verkeerde inligting aan dr Van
Rensburg sou oorgedra het. Dit volg dus dat die Staat
wel bewys het datdie baba ongeveer 125 ml van die kon-
trasmiddel ingeneem het.

Die appellant se advokaat het ook betoog dat
dit nie buite redelike twyfel blyk dat die oordosis die
oorsaak van die stuiptrekkings was nie. Aangesien
hipersensitiwiteit of 'n aangebore abnormaliteit selfs
by inname van 'n normale dosis Urografien stuipe tot ge-
volg kan hê, is aangevoer dat daar moontlik nie 'n kousale
verband tussen die toediening van die oordosis en die

/intree ...

13.

intree van die stuiptrekkings was nie. Na my mening
steek daar geen pit in dié betoog nie. Dr Isdale het
getuig dat sy oor 'n tydperk van 12 jaar reeds ongeveer
2 400 babas 'n kontrasmiddel toegedien het en dat nie
een van hulle allergies daarvoor was nie. Selfs dr
Botha het 'n hipersensitiewe reaksie by babas gedurende
die toediening van Urografien as "exceedingly uncommon"
bestempel. Aangenome dat die oorledene wel 'n oordosis
ingeneem het, was hy dan ook van mening dat die stuip-
trekkings deur die hoeveelheid vloeistof, in teenstelling
tot 'n allergiese reaksie, veroorsaak is. Gevolglik is
die moontlikheid dat die baba se stuiptrekkings aan 'n
allergiese reaksie, en nie aan die bewese oordosis nie,
te wyte was so gering dat dit buite rekening gelaat kan
word.

Wat aangebore geneigdheid tot stuipe betref,
is nooit twyfel gewerp nie op prof Scheepers se getuienis
dat indien in casu die inname van 'n normale dosis Urografien

/as ...

14.

as sneller vir 'n aanval van epilepsie gedien het, dit
van korte duur en kontroleerbaar sou gewees het. Op
sy beste vir die appellant was die toediening van die
oordosis dus ten minste 'n bydraende faktor tot die in-
trede van die baba se langdurige en onbeheerbare stuip-
trekkings.

Ten slotte is betoog dat nie bewys is dat die
appellant vir die oordosis verantwoordelik was nie. In
besonder is geargumenteer dat die radiografiste kon be-
sluit het om 'n groter dosis as die normale toe te dien,
en is gesteun op getuienis dat sy op 'n stadium die klep
wat die invloei van die Urografien beheer het wyer oop-
gedraai het.

Volgens die onbetwiste getuienis van drr Van
Rensburg en Isdale word die volume en toedienings-
tempo van 'n middel soos Urografien deur die radioloog
bepaal. Dit blyk nie dat die appellant te eniger tyd
gedurende die radiologiese ondersoek nie by die hospitaal

/of ...
15.

of nie beskikbaar was nie. Die verpleegster wat deur-
gaans in die X-straalkamer was, maak trouens geen meld-
ing van enige vergeefse poging van die radiografiste om
met die appellant in verbinding te tree nie. Ek vind
dit dus moeilik om te aanvaar dat die radiografiste uit
eie beweging strydig met die appellant se instruksies sou
gehandel het. Wat die volume van die dosis betref, is
daar inderdaad 'n baie sterk aanduiding dat die radio-
grafiste dit nie self bepaal het nie. Soos blyk uit
wat reeds gesê is, het die appellant aan dr Van Rensburg
gemeld dat hy dit as redelik beskou het om meer as die
normale dosis Urografien toe te dien, en dat ongeveer
'n halwe bottel gebruik is. Hy het glad nie gesuggereer
dat die oordosis sonder sy goedkeuring toegedien is nie.
Op daardie stadium het hy al geweet dat die baba stuip-
trekkings gekry het en indien die radiografiste in stryd
met sy instruksies ongeveer 125 ml Urografien aangewend
het, is dit uiters onwaarskynlik dat hy hom nie teenoor

/sy ...

16.

sy vennoot sou verontskuldig het nie.

In die veronderstelling dat die appellant wel die genoemde oordosis aan die baba toegedien of laat
toedien het, was dit nie in geskil dat hy nalatig opge-
tree het nie. Dié nalatigheid het die baba se dood
veroorsaak en die appellant is dus tereg aan strafbare
manslag skuldig bevind.

Die appèl word afgewys.

H.J.O. VAN HEERDEN, AR

RABIE, HR
STEM SAAM
BOSHOFF, AR