South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 107

| Noteup | LawCite

Blackie Swart Argitekte v Van Heerden (411/1983) [1985] ZASCA 107; [1986] 1 All SA 373 (A) (27 September 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 441/1982

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING

In die saak tussen:

BLACKIE SWART ARGITEKTE Appellant

en

GUSTAV E. VAN HEERDEN Respondent

CORAM: KOTZê, BOTHA, VAN HEERDEN, HEFER

et BOSHOFF ARR

VERHOORDATUM: 2 SEPTEMBER 1985
LEWERINGSDATUM: 27 SEPTEMBER 1985

UITSPRAAK

/BOTHA AR ...

2.

BOTHA AR:-

Die appellant is 'n firma van argitekte van
Pretoria. Die respondent is 'n sakeman van Brits.
Gedurende die tydperk September - November 1980 het
die appellant professionele dienste vir die respondent
verrig in verband met die beplanning van 'n woonstelgebou
wat die respondent beoog het om te laat oprig op sekere
erwe van hom in Brits. Die werk wat die appellant
gedoen het, het hoofsaaklik behels die opstelling van
sketsplanne en werkstekeninge van die beplande gebou.
Van die oprigting van die gebou het daar egter niks gekom
nie.

In Januarie 1981 het die appellant die respon-
dent in die Transvaalse Provinsiale Afdeling gedagvaar
vir die betaling van vergoeding vir die gelewerde dienste.
Die bedrag van die eis was R19 028,13. Die respondent
het die appellant se vordering bestry op 'n tweeledige
grondslag, wat in sy pleitstukke afsonderlik uiteengesit

/is ...

3.

is in 'n "spesiale pleit" en 'n "verweerskrif". Die
kern van die spesiale pleit was dat die appellant reeds
in Desember 1980 'n aksie teen die respondent ingestel
het vir die betaling van 'n bedrag van R5 040,00, gebaseer
op dieselfde eisoorsaak, dat die respondent toe 'n bedrag
van R5 150,63 ter skikking van die dispuut tussen die
partye in volle en finale vereffening van die appellant
se eis en koste betaal het aan die appellant se prokureur,
wat die betaling as sodanig aanvaar het, en dat die
appellant gevolglik nie geregtig was om weer eens aksie
in te stel op dieselfde eisoorsaak nie. Die kern van
die verweerskrif was dat die appellant nie sy opdrag
kragtens die bepalings van die ooreenkoms tussen die
partye behoorlik nagekom het nie en dus nie geregtig
was op enige vergoeding nie.

Die verhoor van die saak het plaasgevind voor
VAN REENEN R. Die spesiale pleit is nie eers as 'n
afsonderlike fase van die verhoor afgehandel nie. In
stede daarvan het die appellant getuienis aangebied oor

/al ...

4.

al die geskilpunte voortspruitende uit sowel die spe-
siale pleit as die verweerskrif, en daarna het die res-
pondent dieselfde gedoen. Na aanhoor van al die ge-
tuienis het VAN REENEN R 'n uitspraak gelewer waarin
hy die spesiale pleit gehandhaaf het, met koste, sonder
om die geskilpunte in verband met die verweerskrif te
behandel. Teen die bevel van die Verhoorhof kom die
appellant nou in hoër beroep. Voor hierdie Hof is
albei aspekte van die saak in die betoë van die advokate
beredeneer. Dit sal dus nodig wees om eers die spe-
siale pleit in oorweging te neem en te beslis of die
Verhoorregter se uitspraak en bevel dienaangaande korrek
was. Indien die beslissing van hierdie aspek van
die saak ten gunste van die appellant is, sal dit nodig
wees om daarna aandag te skenk aan die geskilpunte ver-
bandhoudend met die verweerskrif.

Ter aanvang van 'n bespreking van die spesiale
pleit moet daar verwys word na sekere agtergrondsfeite

/wat ...

5.

wat nie in geskil is nie.

Op 19 November 1980 is daar aan die respondent
'n rekening van die appellant oorhandig, wat gedateer is
17 November 1980. Die rekening is opgestel en aan die
respondent gelewer as gevolg van 'n byeenkoms wat op 14
November 1980 plaasgevind het tussen mnre Swart en Rabie,
van die appellant, en die respondent. By daardie ge-
leentheid is die werkstekeninge van die gebou aan die
respondent oorhandig, nadat hy 'n geruime tyd vantevore
reeds die sketsplanne ontvang het, en dit het toe geblyk
dat die respondent nie sou voortgaan met die oprigting
van die gebou soos beplan nle, aangesien hy vir 'n maksi-
mum koste van oprigting ten bedrae van R420 000,00 be-
groot het, terwyl die werkllke koste van oprigting van
'n gebou volgens die werkstekeninge klaarblyklik aansien-
lik meer as daardie bedrag sou beloop het. Die reken-
ing sien daar soos volg uit:

/"WOONSTELONTWIKKELING ...

6.
"WOONSTELONTWIKKELING: ERWE 373 - 376 en 353
BRITS:
REKENINGSTAAT:
1. Werkstekeninggelde:
1.1 Werkstekeninge vir tender-
doeleindes; 4,5% op begrote
R420 000,00 R18 900,00
2. Afdrukkostes:

2.1 Fakture aangeheg R 128,13

AAN REKENING HIERMEE R19 028,13 "

Op 20 November 1980 reageer die respondent op
die rekening deur 'n lang brief aan die appellant te skryf,
waarin hy onder andere met verwysing na die bedrag van
R18 900 in die rekening sê: "Die skok was geweldig en
die situasie onverstaanbaar." Dit is onnodig om die be-
werings in die brief weer te gee. Vir huidige doel-
eindes hoef slegs die volgende paragraaf daarvan aangehaal
te word:

"By 'n ander instansie het ek egter in besit
gekom van die Wet op Argitekte van 1970 (Wet
35 van 1970). Klousule 5 maak melding van
gelde vir gedeeltelike dienste gelewer en
hoewel nie sodanige opdrag gelewer is nie

/sal ...

7.
sal ek berus by klousule 5.1.1 waarin 1,2%
van die beraamde koste aanbeveel word. Hier-
mee dan ingeslote my tjek van R5 040 (Vyf-
duisend en veertig Rand) in volle en finale
vereffening vir enige professionele argiteks-
dienste gelewer deur die firma BLACKIE SWART
ARGITEKTE tot en met 17 November 1980."

Die respondent se verwysing na "klousule 5.1.1" en ver-
goeding van "1,2% van die beraamde koste" is in der waar-
heid 'n verwysing na die tarief van minimum gelde van
argitekte wat in die Staatskoerant gepubliseer is inge-
volge artikel 7 (6) van die Wet op Argitekte. Die item
waarna hy verwys, het betrekking op die voorbereiding
van sketsplanne. Die bedrag van R5 040, waarvoor hy
'n tjek by sy brief ingesluit het, verteenwoordig die
voorgeskrewe tarief daarvoor, bereken op R420 000. Daar-
teenoor is die berekening van 4,5% op R420 000 (R18 900)
wat in die appellant se rekening vervat is, gebaseer op
item 5.1.3 van die voorgeskrewe tarief, wat (om dit breed
te stel) betrekking het op die voltooiing van werksteken-
inge.

/Op ...

8.

Op 27 November 1980 skryf die respondent 'n
verdere brief, nou gerig aan Swart persoonlik (hy was
in beheer van die appellant). Die brief bevat sekere
berekenings, na aanleiding waarvan die respondent sê:
"Die planne is nie die papier werd waarop hulle geteken
is nie." Verder word daar die volgende gesê:

"Om saam met jou eie gewete te leef wil ek
voorstel dat jy my tjek van R5 040 terugstuur
en net 'n fooi vir julle tyd vra. Al jou
planne kan jy met plesier terugkry."

Op 28 November 1980 skryf 'n prokureursfirma,
Adams en Adams, deur een van hulle vennote, mnr De Beer,
aan die respondent soos volg:

"BLACKIE SWART ARGITEKTE
U brief gedateer 20 November 1980 asook u
tjek ten bedrae van R5 040,00 is aan ons
oorhandig vir beantwoording.
Ons kliënt is nie bereid om die bedrag
van R5 040,00 in volle vereffening te aan-
vaar nie en die tjek word dus hiermee terug-
gestuur.
Ons opdrag is om dagvaarding teen u uit te
reik, welke dagvaarding binnekort op u be-
teken sal word."

/Hierdie ...

9.

Hierdie brief is geskryf voordat Swart in ontvangs gekom
het van die respondent se brief van 27 November 1980.
Laasgenoemde brief is nooit beantwoord nie.

Op 10 Desember 1980 word 'n dagvaarding op die
respondent bestel. Dit is op 5 Desember 1980 uitgereik
deur Adams en Adams en onderteken deur De Beer. Volgens
paragraaf 1 van die bedes vorder die appellant (as die
eiser) van die respondent (as die verweerder):

"Betaling van die bedrag van R5 040,00 ten
opsigte van professionele dienste gelewer
deur die eiser aan die verweerder op laas-
genoemde se spesiale aandrang en versoek
gedurende 1980."

Op 17 Desember 1980 maak die respondent sy
opwagting by die kantore van Adams en Adams, met die
doel om die bedrag van R5 040 geëis in die dagvaarding
en die koste daarvan te betaal. In sy besit het hy
'n bank-gewaarborgde tjekvorm van een van sy maatskappye
gehad, op die agterkant waarvan die volgende woorde getik
was:

/"In ...

10.
"In volle en finale vereffening vir Profes-
sionele dienste gelewer deur Blackie Swart
Argitekte aan Gustav E. van Heerden gedurende
1980. Die bedrag is R5 040 plus kostes
soos uiteengesit in Dagvaarding no. 11018 van
1980."

Hy vra om De Beer te spreek, maar word meegedeel dat
diê nie daar is nie en word verwys na sy persoonlike
sekretaresse, mej Wessels. Laasgenoemde werk toe die
koste verbonde aan die dagvaarding uit en deel die res-
pondent mee dat die totale bedrag van die eis en koste
R5 150,63 beloop. Die respondent vul die bedrag op
die tjek in en oorhandig dit aan mej Wessels. Hy ves-
tig haar aandag op die getikte woorde agter op die tjek
en vra haar om 'n kwitansie uit te reik dat die betaling
in volle en finale vereffening is. Op die firma se
kwitansievorm, waarop die woorde "Without Prejudice"
gedruk is, skryf sy toe die woorde in: "In full and
final settlement". Die tjek is op Adams en Adams se
trustrekening inbetaal.

/Op ...

11.

Op 9 Januarie 1981 rig De Beer namens Adams
en Adams 'n formele kennisgewing van terugtrekking aan
die respondent, waarvolgens die appellant die saak teen
die respondent terugtrek en aanbied om laasgenoemde se
"verkwiste getakseerde party en party koste" te betaal.
Die bedrag wat die respondent betaal het, is later ook
aan hom terug aangebied, maar hy het dit weer terugge-
stuur en dit is tans nog in Adams en Adams se trust-
rekening.

Op 20 Januarie 1981 word daar toe 'n nuwe dag-
vaarding uitgereik - dit is die een waardeur die huidige
geding aanhangig gemaak is en waarin die bedrag van
R19 028,13 geëis is, soos vroeër vermeld. Behalwe vir
die verandering van die bedrag, is die bewoording van
paragraaf 1 van die bede van die huidige dagvaarding
dieselfde as dié van die dagvaarding van 5 Desember 1980.

Om die oënskynlik eienaardige verloop van sake
soos hierbo geskets te verduidelik, moet daar vervolgens

/verwys ...

12.

verwys word na die getuienis wat die betrokke persone
daaroor afgelê het.

Uit die getuienis van Swart en De Beer blyk
dit duidelik dat eersgenoemde aan laasgenoemde 'n on-
dubbelsinnige opdrag gegee het, na aanleiding van die
respondent se brief van 20 November 1980, dat die appel-
lant nie bereid was om die bedrag van R5 040 wat die
respondent aangebied het, te aanvaar nie, en dat die
appellant aangedring het op die betaling deur die respon-
dent van die volle bedrag van die appellant se rekening
(R19 028,13). Vandaar De Beer se brief aan die res-
pondent van 28 November 1980. Swart se opdrag aan
De Beer het nooit verander nie. Daar was nooit sprake
daarvan dat die appellant bereid sou wees om R5 040 te
aanvaar of om die eis vir die volle bedrag van die
rekening op enlge wyse te skik nie. Swart het De Beer
opgedra om die respondent vir die volle bedrag van die
rekening te dagvaar. Vir diê doel het hy op 4 Desember

/1980 ...

13.

1980 by De Beer 'n volmag gaan onderteken. Die volmag
was in 'n gedrukte vorm, soos diê wat normaalweg in die
praktyk van gedingvoering deur prokureurs gebruik word.
Toe Swart dit onderteken het, was dit blanko. Hy het
op De Beer vertrou om dit in te vul in ooreenstemming
met sy opdrag dat daar vir R19 028,13 gedagvaar moes
word.

Inderdaad is die blanko volmag daarna ver-
keerdelik ingevul om 'n eis van slegs R5 040 te weerspieël.
De Beer het in sy getuienis gesê dat hy nie die vaagste
benul het van hoe die fout in die volmag ingesluip het
nie. Mej Wessels, wat ook getuig het, het aanvaar
dat die fout aan haar te wyte was, maar ook sy kon geen
verduideliking gee van hoe die fout ontstaan het nie.
Die fout in die volmag is herhaal toe die dagvaarding
aan die hand daarvan opgestel is. De Beer het die
dagvaarding op 5 Desember 1980 onderteken, sonder om
op te merk dat die bedrag daarin geëis verkeerd was.

/Kort ...

14.

Kort daarna is hy weg met vakansie. Dit was tydens sy
afwesigheid dat mej Wessels die betaling van die respon-
dent op 17 Desember 1980 ontvang het. Sy sê dat 'n kwi-
tansie "in volle en finale vereffening" as 'n reël nie
uitgemaak mag word sonder die goedkeurlng van 'n vennoot
van die firma nie, maar dat sy in hierdie geval bereid
was om aan die respondent se versoek te voldoen omdat
die bedrag wat hy wou betaal in ooreenstemming was met
die bedrag genoem in die dagvaarding, wat sy voor haar
gehad het, tesame met die bedrag van die koste, wat sy
self uitgewerk het. Klaarblyklik het sy die betaling
aanvaar terwyl sy onbewus was daarvan dat die bedrag
in die dagvaarding op 'n fout berus het.

De Beer het op 9 Januarie 1981 van vakansie
teruggekeer en is toe deur sy sekretaresse, mej Wessels,
meegedeel dat in hierdie geval (die lêer daarvan was
op sy lessenaar) "alles betaal is". Tot sy ontstel-
tenis en skok het hy egter vasgestel dat "alles" inder-

/daad ...

15.

daad nie betaal is nie en het hy vir die eerste keer
bewus geword van die fout in die volmag en die dagvaar-
ding. Hy het onmiddellik stappe gedoen om die saak
terug te trek en die geld wat die respondent betaal het
aan hom terug te besorg, en op 16 Januarie 1981 het hy
Swart 'n nuwe, korrekte volmag laat onderteken, waarna
die volgende dagvaarding uitgereik is. Aangaande mej
Wessels se aanvaarding van die respondent se betaling
het De Beer getuig dat sy geen magtiging gehad het om
enige saak te skik of om enige kwitansie "in volle en
finale vereffening" uit te reik nie. Sy was wel gemag-
tig om die volle betaling van 'n bedrag wat in 'n dag-
vaarding geëis is te ontvang, met die koste verbonde
aan die dagvaarding, en om daarvoor 'n kwitansie uit te
reik.

Uit die respondent se getuienis blyk die vol-
gende. Toe hy die eerste dagvaarding op 10 Desember
1980 ontvang het, het hy besef dat die bedrag

/van ...

16.

van R5 040 wat daarin geëis is, betrekking kon gehad het
op die sketsplanne wat die appellant opgestel het, in
teenstelling met die werkstekeninge waarop die vergoed-
ing van nagenoeg R19 000 gebaseer was wat in die appel-
lant se rekening vermeld was. Hy was onseker of, in-
dien hy die R5 040 sou betaal, dit die saak sou afhandel,
dan wel of die appellant geregtig sou wees om daarna
hom weer te dagvaar vir vergoeding ten opsigte van die
werkstekeninge. Hy het sy prokureur oor die vraag
gaan raadpleeg. Diê het hom geadviseer dat dit baie
onwaarskynlik was dat hy 'n verdere dagvaarding sou kry,
maar het aanbeveel dat hy die bedrag van die dagvaarding
by wyse van 'n bank-gewaarborgde tjek moes betaal, op
die agterkant waarvan hy moes laat skrywe dat die betaling
in volle en finale vereffening was van alle moontlike
professionele dienste wat gelewer is. Aan daardle ad-
vies het hy gevolg gegee toe hy op 17 Desember 1980 die
betaling by die kantore van Adams en Adams gaan doen
het. Hy sê dat die gedagte nooit by hom opgekom het

/dat ...

17.

dat daar 'n fout in die dagvaarding kon gekom het nie.
Hy het gedink Swart het moontlik tot ander insigte ge-
kom nadat hy sy brief van 27 November 1980 ontvang het.
Aan die ander kant het hy ook gedink dat die appellant
moontlik gedagvaar het vir R5 040 net om so gou as moont-
lik daardie geld in die hande te kry, en dat hy daarna
vir die balans van die rekening sou dagvaar. Sy opvat-
ting was dat daar 'n 90% vooruitsig was dat die appellant
na die betaling van die dagvaarding die saak daar sou
laat, maar hy was tog bevrees dat die betaling nie die
saak sou finaliseer nie en dat hy later weer gedagvaar
sou word. Om daardie rede wou hy die geskil tussen
hom en die appellant oor die eis van nagenoeg R19 000
skik en uit die weg ruim deur die mindere bedrag van
R5 040 in volle en finale vereffening te betaal.

Teen die agtergrond van die voorgaande feite
en getuienis is dit wenslik om nou die spesiale pleit,
waarvan die kern vroeër reeds genoem is, ten volle aan

/te ...
18.
te haal. Dit lui soos volg:

1.

Gedurende Desember 1980 het eiser aksie in-
gestel teen verweerder vir betaling van die
bedrag van R5 040,00.

2.

Gemelde eis was baseer op dieselfde skuldoor-
saak as waarop eiser verweerder tans aanspreek.

3.

Ter skikking van die dispuut tussen eiser en
verweerder het verweerder op die 17de Desember
1980 die bedrag van R5 150,63 in volle en fi-
nale vereffening van eiser se eis en koste
aan eiser se behoorlik gevolmagtigde prokureur
betaal.

4.

Gemelde prokureur het gemelde bedrag in volle
en finale vereffening ontvang ter skikking
van die dispuut.

5.

Dit is teen die openbare belang dat verweerder
twee keer op dieselfde skuldoorsaak aangespreek
word.

6.

As gevolg van die voormelde feite is eiser

nie geregtig om weer eens aksie teen verweerder

in te stel op dieselfde skuldoorsaak nie en

/versoek ...

19.
versoek verweerder dat eiser se eis met koste
van die hand gewys word."

In antwoord op 'n versoek om nadere besonder-
hede is daar onder meer die volgende bewerings gemaak:

"Die bedrag is per tjek betaal deur verweerder
persoonlik. Eiser se prokureurs is die firma
Adams en Adams en betaling het plaasgevind
aan mnr. De Beer van Adams & Adams se persoon-
like sekretaresse Gemelde prokureurs
was gevolmagtig daartoe om betaling van ge-
melde bedrag in volle en finale vereffening
van eiser se eis te ontvang en aanvaar en daar-
mee % einde aan die dispuut tussen eiser en
verweerder te maak "
"Mnr. De Beer se sekretaresse voormeld het
op 17 Desember 1980 mondeling aan verweerder
persoonlik gemeld dat die bedrag in volle en
finale vereffening aanvaar is ter afhandeling
van die dispuut tussen eiser en verweerder.
Dit is skriftelik bevestig op die kwitansie
wat aan verweerder verskaf is deur gemelde
dame."

Namens die appellant is daar 'n replikasie tot
die spesiale pleit geliasseer. In hoofsaak is die
strekking daarvan dat die respondent hom nie op die be-
taling van 17 Desember 1980 kan beroep nie omdat hy bewus

/was ...

20.

was daarvan dat die bedrag in die dagvaarding as gevolg
van 'n fout verkeerdelik aangegee is as R5 040 in plaas
van R19 028,13. Daarbenewens lui paragraaf 2 (f) van
die replikasie soos volg:

"Die eiser ontken:

(i) Dat gemelde sekretaresse sy agent was;

(ii) (Indien bevind word dat gemelde sekre-
taresse wel die eiser se agent was, wat
ontken word), dat sy magtiging gehad
het om op te tree en om die eiser te
bind soos beweer of hoegenaamd."

Geen verdere pleitstuk is daarop van die respondent se
kant geliasseer nie.

In sy uitspraak stel VAN REENEN R dit as die
vraag wat hy moet beslis, of die appellant "gebonde is
deur die optrede van sy prokureur". In verband met
dié vraag verwys hy na die "gevolge van die gee van 'n
onvoltooide volmag" wat behandel is in Sutter v Scheepers
1932 A D 165. 'n Uittreksel uit die uitspraak van WES-
SELS AR in daardie saak, op 171, word aangehaal, waarin
onder meer gesê word:

/"If ...

21 .

"If a person does sign a blank power

he must take the consequence if his faith in

the grantee has not been justified the

princlple which renders the respondent liable
has often been enunciated in this Court - see
Baumann v Thomas (1920 A D 428 at p. 434 et
seq.)"

Die geleerde Regter sê dan:

"Dit volg dus dat die eiser die gevolge van
sy prokureur se fout moet dra tensy dit duide-
lik is dat die verweerder nie benadeel is deur
die fout nie."

Met betrekking tot die respondent se benadeling kom hy
tot die gevolgtrekking:

"Om nou toe te laat dat hy weer van meet af
aan met die geding opgesaal word sou klaar-
blyklik benadeling meebring."

Die voorgaande is, in wese, die grondslag waar-
op die Verhoorregter die spesiale pleit gehandhaaf het.
Na my mening, met eerbied, kan daardie benadering nie
staande gehou word nie. Die beginsel wat in Sutter
v Scheepers supra ter sprake was, was dië van estoppel,
soos duidelik blyk uit die verwysing na Baumann v Thomas

/supra ...

22.

supra. In die huidige saak is daar egter geen ruimte
vir die toepassing van estoppel nie. In die eerste
plek is die nodige grondslag vir 'n beroep op estoppel
nie in die respondent se pleitstukke gelê nie. In die
tweede plek kan daar in die getuienis wat die respondent
afgelê het geen gronde gevind word vir die aanwending
van estoppel nie. Die respondent het geen woord ge-
rep daarvan dat hy bewus was van die bestaan van 'n
werklike volmag of dat in die algemeen 'n volmag in die
praktyk 'n voorvereiste is vir die uitreiking van 'n dag-
vaarding nie. Daar kan dus nie bevlnd word dat die
bestaan van 'n volmag enige rol gespeel het by die respon-
dent toe hy die bedrag van die dagvaarding by Adams en
Adams gaan betaal het nie. Trouens, die moontlikheid
van 'n beroep op estoppel, afgesien van net in die same-
hang van 'n volmag, stuit voor die onoorkomelike probleem
dat die respondent nêrens in sygetuienis te kenne pro-
beer gee het dat hy, vanweë enige optrede van die kant

/van ...

23.

van die appellant of Swart, geglo het of aanvaar het
dat De Beer of sy sekretaresse gemagtig was om die geskil
tussen die partye te skik deur die aanvaarding van die
betaling van R5 040 nie.

In die loop van sy betoog in hierdie Hof het
die respondent se advokaat aan die hand gedoen dat 'n
prokureur wat opdrag het om 'n bepaalde bedrag in te vor-
der en daarvoor te dagvaar, in die algemeen met magtig-
ing beklee is om 'n mindere bedrag ter skikking van die
eis te aanvaar, hetsy uit hoofde van die bewoording van
die gebruiklike vorm van volmag, hetsy uit hoofde bloot
van sy aanstelling as prokureur vir die betrokke doel.
Dit is onnodig om in te gaan op die vraag of hierdie
submissie reg of verkeerd is, want op die feite van die
huidige saak kom dit nie ter sprake nie. Soos blyk
uit wat vroeër gesê is, het Swart in sy opdrag aan De
Beer pertinent dit duidelik gemaak dat hy nie bereid
was om R5 040 ter vereffening van die appellant se eis

/te ...

24.

te aanvaar nie en dat die volle bedrag van nagenoeg
R19 000 ingevorder moes word. Om R5 040 by wyse van
'n skikking te aanvaar, sou De Beer dus lynreg in stryd
met sy uitdruklike opdrag moes optree. Wat ook al
die bevoegdhede van 'n prokureur in die algemeen mag wees
(waaroor ek geen mening uitspreek nie), kan daar nie
in die huidige saak bevind word dat De Beer magtiging
gehad het om die respondent se betaling namens die appel-
lant te aanvaar nie.

In ieder geval is dit nie De Beer wat die res-
pondent se betaling aanvaar het nie, maar sy sekretaresse,
mej Wessels. As De Beer nie gevolmagtig was om die
saak te skik deur die aanvaarding van die respondent se
betaling nie, dan volg dit vanself dat mej
Wessels ook geen sodanige magtiging gehad het nie. Maar
in ieder geval blyk dit uit De Beer se getuienis, soos
vroeër bespreek, dat mej Wessels inderdaad geen magtiging
gehad het om enige saak te skik nie. Daar is geen

/rede ...

25.

rede om hierdie getuienis te betwyfel nie.

Op die keper beskou, dui die bewoording van
die spesiale pleit en die nadere besonderhede daarby
op 'n verweer dat die appellant se eisoorsaak uitgewis
is as gevolg van 'n skikking van die dispuut tussen die
partye, wat bewerkstellig is by wyse van die betaling
deur die respondent van die bedrag van R5 150,63 aan
mej Wessels in volle en finale vereffening van die ap-
pellant se eis en koste, en die aanvaarding deur mej
Wessels van die betaling op daardie grondslag. Sodra
dit blyk dat mej Wessels geen magtiging gehad het om
namens die appellant die dispuut tussen die partye te
skik nie, sou 'n mens op die oog af dink dat die spesiale
pleit moet misluk. In sy uitspraak het die Verhoor-
regter egter die volgende gesê, met verwysing na die
feit dat die respondent die volle bedrag in die dag-
vaarding geëis en die koste daarvan betaal het:

"In die gewone loop van sake sou sodanige
betaling 'n einde aan enige eis ingestel

/maak ...

26.
maak. Dit sou dus vanselfsprekend 'in volle
en finale vereffening' gewees het. Die by-
voeging van hierdie omskrywing, beide op die
kwitansie sowel as in die pleit, is dus oor-
bodig."

Ek vind dit moeilik, met eerbied, om die trefkrag te
begryp van die Verhoorregter se verwysing na 'n betaling
"in die gewone loop van sake". Die loop van sake in
die onderhawige geval was juis nie "gewoon" nie, soos
blyk uit die relaas van die gebeure hierbo uiteengesit.
Ek kan geen nut daarin sien om na te gaan wat die uit-
werking sou wees van die betaling van die bedrag van
'n dagvaarding en koste in die algemeen, of in samehange
anders as diê van die huidige saak nie. Teen die agter-
grond van die feite hier kan dit na my mening sekerlik
nie met reg gesê word dat die voorwaarde wat die respon-
dent aan sy betaling gekoppel het ("in volle en finale
vereffening vir professionele dienste ") "oorbodig"
was nie. Uit die oogpunt van die respondent was die
feit dat betaling "in volle en finale vereffening" geskied

/het ...

27.

het van kardinale belang, want slegs op dié wyse kon hy
'n skikking van die geskil tussen hom en die appellant
bewerkstellig het.

In hierdie Hof het die respondent se advokaat
ter ondersteuning van die spesiale pleit 'n betoog voor-
gedra wat wesenlik ook 'n verontagsaming behels het van
die woorde "in volle en finale vereffening" in die pleit,
asook van die woord "skikking". Die betoog was toege-
spits op die feit van betaling as sodanig. Ek het
bedenkings daaroor of die betoog gegrond kan word op
die bewoording van die spesiale pleit soos dit staan,
maar aangesien die appellant se advokaat nie bereid of
in staat was om aan te toon dat die getuienis by die
verhoor anders sou verloop het indien daar 'n behoorlike
grondslag vir die betoog in die pleitstukke gelê was
nie, sal ek dit tog in oorweging neem.

Die betoog is gebaseer op 'n verweer van voldoen-
ing. Die breë strekking daarvan was soos volg: deur

/voldoening ...
28.

voldoening word 'n skuld uitgewis; beide De Beer en mej
Wessels was gemagtig om namens die appellant die betaling
van die respondent se skuld teenoor die appellant te
ontvang ter voldoening daarvan; voldoening is 'n twee-
sydige regshandeling wat met die medewerking en wilsoor-
eenstemming van beide skuldeiser en skuldenaar plaasvind;
luidens die dagvaarding van 5 Desember 1980 het die ap-
pellant te kenne gegee dat R5 040 geëis word as vergoed-
ing vir professionele dienste gelewer gedurende 1980,
sonder enige aanduiding dat slegs 'n gedeelte van 'n skuld
gevorder word; die respondent het die presiese bedrag
geëis betaal; daar was dus 'n skyn van consensus ten
opsigte van die betaling van die skuld en die voldoening
van die verbintenis tussen die partye; die appellant
poog om die verweer van voldoening te vermy deur hom
te verlaat op 'n eensydige fout; ten aansien daarvan
is dieselfde beginsels van toepassing as in die geval
van kontraksluiting; volgens die feite van die geval
was die fout waarop die appellant hom wil beroep nie

/'n ...

29.

'n justus error nie en dus kan hy hom nie daarop verlaat
nie; van die respondent se kant bekyk, was hy nie bewus
van die fout nie en kan daar ook nie bevind word, in
die lig van die voorafgaande geskiedenis, dat hy daarvan
bewus behoort te gewees het nie; in die resultaat kan
die appellant nie die verweer van voldoening vermy, wat
berus op die uiterlike handelinge van die partye waardeur
oënskynlike wilsooreenstemming bereik is nie.

Die betoog is 'n vindingryke poging om by die
probleem verby te kom dat mej Wessels nie gemagtig was
om 'n saak te skik nie, deur gebruik te maak van die feit
dat sy wel gemagtig was om die betaling van die volle
bedrag van 'n dagvaarding te ontvang. Na my oordeel
kan die betoog egter nie ingepas word op die werklike
feite van hierdie saak nie, omdat dit berus op 'n beoor-
deling van die uiterlike handelinge van die partye,wat
nie juis is nie. Ek sê dit om die volgende redes. Om mee te begin, is ek van mening dat die betrokke dagvaarding

/nie ...

30.

nie na regte beskou kan word as 'n stelling, of wils-
uiting, van die appellant se kant dat die respondent
se skuld teenoor die appellant R5 040 beloop het nie.
Weliswaar was daar geen uitdruklike aanduiding dat iets
minder as die volle of totale skuld van die respondent
geëis is nie, maar so 'n moontlikheid spruit vanself voort
uit die agtergrondsfeite wat vroeër geskets is. Aan die
hand van daardie feite kon die eis 'n voorlopige eis ge-
wees het ten opsigte van vergoeding slegs vir die skets-
planne, terwyl dle balans verskuldig vir die werksteken-
inge die onderwerp van 'n latere eis kon gewees het. Teen
die agtergrondsfeite was die appellant se ulterlike han-
deling soos vervat in die dagvaarding dubbelsinnig, en
dit word treffend gedemonstreer deur die respondent se
eie onsekere reaksie daarop. Hy self het geen sekerheid
gehad dat die appellant te kenne wou gee dat slegs R5 040
aan hom verskuldig was nie, en hy self was nie bereid
om op enige sodanige "skyn" te handel nie. Dit op
sigself is alreeds 'n afdoende antwoord op die betoog

/van ...

31.

van 'n "skyn van consensus". Maar om die analogie van
kontraksluiting 'n stap verder te neem: die respondent
het geen "aanbod" van die appellant dat die skuld R5 040
beloop "aanvaar" deur daardie bedrag te betaal nie. Wat
hy wel gedoen het, was om 'n "teenaanbod" te maak dat
hy daardie bedrag sou betaal "in volle en finale veref-

fening vir professionele dienste gelewer gedurende
1980", wat klaarblyklik beteken het: "alle professionele
dienste". Die teenaanbod was 'n skikkingsaanbod; as
die appellant dit sou aanvaar, sou hy geen verdere eis
teen die respondent hê nie. Maar omdat mej Wessels
geen magtiging gehad het om die saak te skik nie, kon
sy nie die respondent se skikkingsaanbod namens die appel-
lant aanvaar nie. In hierdie samehang het die blote
betaling van die bedrag en die ontvangs daarvan op sig-
self geen regsgevolg gehad met die oog op 'n "skyn van
consensus" nie, want die respondent se uiterlike handel-
ing, of wilsuiting, was 'n onlosmaaklik saamgestelde een,

/naamlik ...

32.

naamlik betaling plus skikkingsvoorwaarde. Weens mej
Wessels se gebrek aan magtiging ten opsigte van die tweede
element van die respondent se wilsverklaring kan die be-
toog gegrond op 'n beweerde skyn van wilsooreenstemming nie
opgaan nie.
Die spesiale pleit bevat geen bewering betref-
fende die werklike bedrag van die respondent se skuld teen-
oor die appellant (indien enige) uit hoofde van die eisoor-
saak vermeld in die twee dagvaardings nie. Die geldigheid
of andersins van die pleit moet dus beoordeel word in die
veronderstelling dat die respondent se werklike skuld teen-
oor die appellant 'n bedrag van R19 028,13 beloop, soos in
die tweede dagvaarding geëis. Op hierdie grondslag was
die betaling van die bedrag van R5 040 wat in die eerste
dagvaarding geëis is, slegs 'n betaling van wat geëis is,
en slegs 'n betaling van 'n gedeelte van die skuld; omdat
die volle bedrag van die werklike skuld (soos veronderstel
word) nie betaal is nie, het die betaling nie 'n voldoening
van die verbintenis tussen die partye bewerkstellig nie.

/In ...

33. A
In hierdie omstandighede is daar na my mening niks wat
die appellant verhinder het om die eerste dagvaarding
terug te trek teen 'n aanbod van betaling van die respon-
dent se koste, om die reeds betaalde bedrag aan hom te-
rug aan te bied, en opnuut 'n geding aanhangig te maak
deur die uitreiking van 'n nuwe dagvaarding nie.
Om al die voorgaande redes is my gevolgtrekking
dat die Verhoorhof gefouteer het deur die spesiale pleit
te handhaaf.
Soos vroeër in die vooruitsig gestel, word
dit nou nodig om die geskilpunte in oënskou te neem wat
geopper is in die respondent se verweerskrif. Daardie
geskilpunte is suiwer feitelik van aard en berus opbot-
sende getuienis wat by die verhoor deur verskeie getuies
afgelê is. Omdat die Verhoorregter nie hierdie aspek
van die saak behandel het nie, het hierdie Hof nie die
voordeel van kennis van die indruk wat die getuies op
hom gemaak het nie. Die advokate aan beide kante
was dit egter eens dat hierdie Hof aan die hand van die

/gegewens ...
33.B

gegewens wat blyk uit die oorkonde, so goed as wat moont-
lik is, die geskilpunte moet besleg, en dit blyk die
aangewese weg te wees om te volg (vgl Van Aswegen v De
Clercq 1960 (4) S A 875 (A) op 881 G - 882 E). Gelukkig
is dit in die huidige saak nie moeilik om die geskilpunte
te besleg aan die hand van wat in die oorkonde verskyn
nie.

Dit is onnodig om al die bewerings in die ver-
weerskrif uiteen te sit. Twee aspekte daarvan is van
deurslaggewende belang. Albei het betrekking op die
inhoud van die ooreenkoms wat tussen die appellant en
die respondent aangegaan is, ingevolge waarvan die appel-
lant dienste vir die respondent gelewer het. Die appel-
lant se eis is gebaseer op 'n ooreenkoms dat die appellant
vir die respondent 'n woonstelblok sou beplan en die werks-
tekeninge daarvoor sou opstel. Die respondent beweer
dat daar ooreengekom is dat die appellant voorlopige
sketse en later verdere sketsplanne sou opstel, maar

/ontken ...

34.

ontken dat daar ooreengekom is dat werkstekeninge opge-
stel sou word. Daarbenewens beweer die respondent
dat dit uitdruklik tussen die partye ooreengekom is dat
die boukoste van die voorgestelde gebou wat die appellant
sou ontwerp nie 'n bedrag van R420 000 sou oorskry nie.
Dit word deur dle appellant ontken. Dit is gemene saak
dat werkstekeninge van 'n woonstelgebou inderdaad deur
die appellant voltooi is, en dat die boukoste van die
gebou wat daarin ontwerp is, aansienlik meer as R420 000
sou beloop het. Om op te som, dus, is die geskilpunte
voortspruitend uit die verweerskrif: (a) het die par-
tye ooreengekom dat die appellant werkstekeninge van
die voorgestelde woonstelgebou sou opstel?; en (b)
het die partye ooreengekom dat die boukoste van die be-
trokke gebou nle R420 000 te bowe sou gaan nie?

Van die appellant se kant was Swart die hoof-
getuie oor die onderhandelings wat met die respondent
gevoer is en watter stappe die appellant van tyd tot

/tyd ...

35.

tyd gedoen het om uitvoering te gee aan die respondent
se opdragte. Die eerste ontmoeting tussen Swart en
die respondent het plaasgevind op Brits op 3 September
1980. Saam met Swart was Rabie (ook 'n argitek verbonde
aan die appellant) en Feenstra ('n tekenaar wat vir die
appellant werk gedoen het). In daardie stadium het
die respondent twee moontlike bouprojekte in gedagte
gehad: een in verband met 'n sakesentrum en die ander
'n woonstelgebou. Ek bepaal my net by laasgenoemde.
Swart se getuienis was dat die respondent se opdrag aan
hom was om 'n gangbaarheidsondersoek te doen op die grond-
slag van 'n maksimale benutting van die respondent se
erwe. Geen bedrag ten opsigte van boukoste is genoem
nie; die boukoste is hoegenaamd nie bespreek nie.
Daar was ook geen opdrag dat Swart 'n betaalbaarheidstudie
moes doen nie - dit is iets waarmee Swart hom nie besig
hou nie. Al vier die persone wat by die ontmoeting
aanwesig was, is daarna na die kantore van die Stadsraad van

/Brits ...

36.

Brits, waar hulle met die bou-inspekteur, Nel, gepraat
het. Besonderhede is daar verkry van die groottes
van die betrokke erwe, asook van die tersaaklike ver-
ordeninge wat bepalend was van die maksimale ontwikkel-
ing van die terrein. So byvoorbeeld is hulle meege-
deel dat daar 'n 80% dekking sou kon wees van die totale
oppervlakte van drie erwe, dat 'n vierde erf gebruik sou
moes word vir parkeringsdoeleindes, en so meer. Swart
het aantekeninge gemaak van die inligting wat verkry
is, en dit is as 'n bewysstuk by die verhoor ingelewer.
Daarna het Swart uitvoering gegee aan sy opdrag deur
'n gebou te ontwerp aan die hand van die gegewens wat
van Nel verkry was, en deur sketsplanne van die gebou
op te stel. Diê planne is op 19 September 1980 aan
die respondent oorhandig. Hy was baie in sy skik daar-
mee en het aan Swart opdrag gegee om onmiddellik voort
te gaan met die opstel van werkstekeninge van die ge-
bou. Swart het hom meegedeel dat 'n struktuuringenieur

/aangestel ...

37.

aangestel sou moes word; die respondent het ene Van
Tonder voorgestel vir diê doel. Die respondent het
Swart versoek om vas te stel of die Stadsraad die op-
rigting van enkelkamers bo-op die motorhuise sou toe-
laat. Na dié samesprekings is die respondent weg op
'n reis oorsee.

Swart het verder getuig wat die appellant daar-
na gedoen het om uitvoering te gee aan die respondent
se opdrag. Die werkstekeninge is opgestel. Die aan-
stelling van die appellant as die argitekte in verband
met die oprigting van die gebou is per brief teenoor
die respondent bevestig. Van Tonder is skriftelik aan-
gestel as die struktuuringenieur en hy het sy aanstel-
ling skriftelik teenoor die Stadsraad bevestig. Afdrukke
van die werkstekeninge is aan hom afgelewer. Aansoek
is by die Stadsraad gedoen vir die oprigting van enkel-
kamers bo-op die motorhuise; die aansoek is afgekeur.
Planne van die voorgestelde gebou is by die Stadsraad

/ingelewer ...

38.

ingelewer. Die gelde wat in dié verband aan die Stads-
raad betaalbaar was, is betaal by wyse van 'n tjek van
die respondent wat deur Feenstra by die respondent se
kantoor afgehaal is, soos afgespreek met die respondent
voor sy vertrek oorsee. Kennis is aan die Stadsraad
gegee dat die respondent sou aansoek doen om die nodige
toestemming vir die oprigting van 'n woonstelgebou. Die
dokumente wat betrekking het op al die aangeleenthede
hierbo genoem is almal as bewysstukke by die verhoor
ingelewer.

Op 14 November 1980, kort na die respondent
se terugkeer van sy reis oorsee, het Swart en Rabie die
werkstekeninge aan die respondent oorhandig. Kort
voor hierdie ontmoeting het Swart, op versoek van die
respondent, 'n skatting van 'n boufirma verkry van die
koste van die oprlgting van die gebou. Die bedrag was
R578 000 en die respondent is daarvan in kennis gestel.
Tydens die ontmoeting op 14 November 1980, volgens Swart,

/het ...

39.

het die finansiële aspek van die gebou vir die heel eerste
keer ter sprake gekom: die respondent het toe vir die
eerste maal te kenne gegee dat hy nie beoog het om meer
as R420 000 in die projek te belê nie. Dit het toe
vir Swart duidelik geword dat die respondent nie met die
oprigting van die gebou wou voortgaan nie. Vandaar sy
besluit om onverwyld 'n rekening op te stel ten opslgte
van die werk tot op daardie stadium gedoen, en om dit aan
die respondent voor te lê.

Benewens Swart het Rabie en Feenstra namens die
appellant getuig. Hulle het Swart se getuienis in
wesenlike opsigte gestaaf. In die besonder wat betref
die gebeure op 3 September 1980, het hulle bevestig dat
die respondent se opdrag aan Swart was om 'n woonstelgebou
te beplan op die grondslag van maksimale ontwikkeling
van die terrein, dat daar geen bespreking was ten opsigte
van die koste van die oprigting van die gebou en dus geen
maksimum-bedrag genoem is nie, en dat die respondent saam

/met ...

40.

met Swart en hulle twee na die Stadsraad se kantore ge-
gaan het om inligting van Nel te verkry.

Die getuienis wat namens die appellant aange-
bied is, is in net twee opsigte aangeval in die betoog
van die respondent se advokaat in hierdie Hof. Albei
opsigte hou verband met die feit dat die appellant.n
geruime tyd nadat die geding aanhangig gemaak is, aan
'n firma van bourekenaars, Etsebeth en Botha, opdrag ge-
gee het om 'n berekening te doen van die konstruksiekoste
van die gebou aan die hand van die werkstekeninge wat
die appellant opgestel het, welke berekening 'n syfer
voortgebring het van net minder as R530 000. Die eerste
argument wat hieraan gekoppel is, het op die volgende
neergekom: volgens die appellant se saak het hy sy op-
drag om werkstekeninge op te stel, behoorlik nagekom;
volgens die toepaslike item van die tarief van argiteks-
gelde het die appellant gevolglik geregtig geword op
'n vergoeding van 4,5% van die "beraamde koste" van die

/projek ...

41.

projek; die beraamde koste is vasgestel op die genoemde
bedrag van nagenoeg R530 000; ten spyte daarvan het
die appellant steeds slegs 4,5% op die bedrag van R420 000
geëis; daaruit is die afleiding geregverdig dat die
appellant, deur Swart, terdeë bewus was van die feit
dat sy mandaat beperk was tot 'n gebou waarvan die oprig-
tingskoste nie R420 000 sou oorskry nie. Na my mening
het hierdie betoog niks om die lyf nie. Swart is lank
en breed aan kruisondervraging oor hierdie aspek van
die saak onderwerp, en in sy getuienis dienaangaande
kan ek niks wat onwaarskynlik of onbevredigend is be-
speur nie. Hy het onder meer daarop gewys dat volgens
die toepaslike tarief-item 4,5% geëis kon word van die
bedrag van 'n aanvaarde tender, of van die laagste bona
fide tender, of van die beraamde koste van die projek,
na gelang van die omstandighede. Op die stadium toe
die appellant se rekening opgestel en aan die respondent
voorgelê is, was dit onmoontlik om die vergoedlng op

/enige ...

42.

enige van die genoemde grondslae te bereken, omdat daar
geen tenders bestaan het en ook geen beraming van koste
gedoen is nie. Die enigste bedrag wat gebruik kon
word, was die bedrag van die respondent se begroting,
wat hy self genoem het. Om daardie bedrag te gebruik,
was ook in ooreenstemming met Swart se gewone gebruik
om in omstandighede soos wat hier gegeld het, die laagste
moontlike bedrag te neem as die basis van 'n rekening.
Verder blyk dit uit Swart se getuienis dat die berekening
van Etsebeth en Botha hoegenaamd niks te make gehad het
met die bedrag van die appellant se eis nie; dit is
vir 'n gans ander doel verkry, soos hieronder sal blyk.
Dit is duidelik dat Swart deurgaans tevrede was om die
bedrag van die eis te laat bly op die grondslag wat in
die rekening vervat was, en daarin kan ek niks vreemds
raaksien nie. Sekerlik kan dit nie gebruik word nie
as 'n rede om twyfel te werp op Swart se duidelike en
besliste getuienis dat die ontwerp van die gebou nie

/onderworpe ...

43.

onderworpe was aan 'n maksimum-bedrag van boukoste nie,
en dat die bedrag van R420 000 vir die eefste keer ge-
noem is nadat die werkstekeninge reeds voltooi was.

Die tweede aanvalsgrond op die appellant se
getuienis het berus op 'n antwoord wat Swart tydens kruis-
ondervraging gegee het op die vraag waarom Etsebeth en
Botha opgedrais om 'n kosteberekening te doen. Diê
antwoord was dat hy wou "kyk ... of ons buite ons opdrag
gegaan het ...." Daar is betoog dat hierdie woorde
net kan beteken dat Swart geweet het dat die projek on-
derhewig was aan 'n bedrag van maksimum-boukoste en dat
hy gehoop het dat die bourekenaars sou kon aantoon dat
die gebou wel binne daardie perke opgerig sou kon word.
Na my mening het ook hierdie betoog niks om die lyf nie.
Die antwoord waarop gesteun is, is gegee in die loop
van 'n langdurige kruisondervraging oor die rede waarom
die opdrag aan die bourekenaars gegee is, en 'n bestu-
dering van die geheel daarvan toon aan dat die aangehaalde
woorde heeltemal uit hulle verband geruk is. Om dit toe

/te ...

44.

te lig, haal ek by wyse van voorbeeld slegs die betrokke
vraag en die volledige antwoord aan, en een daaropvol-
gende uittreksel uit Swart se getuienis:

"Nou as u nou geweet het wat die waarde

van die gebou was, wat wou u daarmee maak? -

Ek het vir u gesê ek wou kyk of die gebou le-
wensvatbaar is, of ons buite ons opdrag gegaan
het, of ons buitensporig gegaan het.

Wat ek bedoel by 'buite opdrag'

sien ek miskien meer in argiteksterme as u
dit wil koppel aan geld. Ek praat van mak-
simale ontwikkeling op terrein, relatief tot
'n - ek het dit vroeër genoem, die huidige bou-
marksomstandighede. Wat ek wou vasstel,
of ons onverantwoordelik opgetree het deur
buitensporige luukse afwerkings byvoorbeeld
te gee aan die gebou, of ons 'n normale diens
gelewer het soos wat ons dit verstaan het van
die begin af."

Dit sluit aan by die verduideliking wat Rabie in sy getuie-
nis gegee het, dat Etsebeth en Botha se berekenings, wat
n betaalbaarheidstudie ingesluit het, verkry is om aan
, te toon dat die neerhalende kritiek wat die respondent
in sy briewe aan die appellant uitgespreek het (soos dat
die planne nie die papier werd was waarop hulle geteken

/was ...

45.

was nie) nie geregverdig was nie.

In die geheel gesien, kan daar aan die hand
van die oorkonde geen noemenswaardige kritiek uitgespreek
word teen die appellant se getuienis betreffende die
twee tersaaklike geskilpunte nie.

Kom 'n mens by die respondent se getuienis,
sien die prentjie daar heeltemal anders uit. Wat die
geskilpunte betref, het hy beweer dat hy reéds tydens
die eerste ontmoeting met Swart, op 3 September 1980,
aan laasgenoemde dit duidelik gestel het dat die koste
van oprigting van die beoogde woonstelgebou nie meer
moes beloop as R420 000 nie; dat daar nooit enige sprake
was van maksimale ontwikkeling nie; en dat hy nooit
aan Swart 'n opdrag gegee het om werkstekeninge op te
stel nie. 'n Bestudering van sy getuienis as 'n geheel
laat egter geen twyfel nie dat sy getuienis in talle
wesenlike opsigte onbevredigend en onaanvaarbaar is.
Ek sal volstaan met enkele voorbeelde.

/Die ...

46.

Die belangrike kritiek teen die respondent
se getuienis is dat dit onmoontlik is om daaruit 'n ver-
staanbare beeld te verkry van die werklike opdragte wat
hy beweer hy van tyd tot tyd aan Swart sou gegee het.
Met betrekking tot die byeenkoms op 3 September 1980
het die respondent in sy hoofgetuienis gesê dat sy opdrag
aan die appellant was om 'n moontlike woonstelgebou te
"ondersoek", met 'n maksimale bedrag van R420 000; die
appellant moes hom "voorlopige idees" gee; hy het ver-
onderstel dat voorlopige sketsplanne deel van die "be-
rekenings" kon wees, maar die rekenkundige aspek was
vir hom meer belangrik. In kruisondervraging het
die respondent direk teenstrydige verduidelikings gegee
van wat die opdrag behels het. Aanvanklik het hy
gesê dat die appellant se mandaat was om vir hom 'n "ren-
derende gebou" te beplan waarvan die konstruksiekoste
nie meer as R420 000 sou wees nie; dat die beplanning
behels het dat die appellant 'n "voorlopige finansiële

/studie ...

47.

studie" sou doen; dat dit die enigste mandaat was wat
die appellant gehad het; en dat daarvoor nie sketsplanne
of tekeninge gemaak sou hoef te word nie, alhoewel die
appellant dit sou kon doen as hy wou. Teen die einde
van die kruisverhoor was die respondent se getuienis
egter soos volg: hy sou self 'n kosteberekening kon
gedoen het; hy sou verkies het as Swart 'n voorlopige
kosteberaming gedoen het, maar dit is nie aan hom mee-
gedeel nie; daar is geen sodanige opdrag aan die ap-
pellant gegee nie, alhoewel die respondent "verwag" het
en "gehoop" het dat die appellant dit sou doen - hy sou
dit "waardeer" het; die appellant kon vir sy eie te-
vredenheid 'n plan opstel as hy wou; die respondent het
"100% verwag" dat hy "sketsplannetjies" sou kry, maar
dit is nie pertinent genoem nie. Elders in die kruis-
verhoor het die respondent homself weerspreek deur eers
te sê dat die appellant nie 'n gebou hoef te ontwerp het
nie, en later te sê dat 'n gebou wel ontwerp moes word

/wat ...

48.

wat nie meer as R420 000 sou kos nie; daar moes na 'n
"konsepidee" gekyk word. Origens het die respondent
in die loop van kruisondervraging beweer dat daar geen
kontrak tussen die partye was ten opsigte van voorlopige
sketse of berekenings nie. In een stadium het die
respondent selfs pertinent aangevoer dat die appellant
geen opdrag gehad het van hom om iets te doen nie, alhoewel
die appellant wel geweet het dat wat hy doen nie R420 000
mag oorskry niel

Nadat die sketsplanne wat die appellant opge-
stel het aan die respondent oorhandig was, was daar vol-
gens die respondent twee telefoongesprekke tussen hom
en Swart voordat hy oorsee gegaan het. Gedurende die
eerste gesprek het hy nie aan Swart gesê om enige ver-
dere planne of tekeninge voor te berei nie; sy opdrag
was dat Swart na die woonstelgebou "in 'n finansiële lig"
sou moes "kyk", en hy het by hom "aanbeveel" dat hy hom-
self moes vergewis van die "plaaslike dorpsordonnansie";

/hy ...

49.

hy het aan Swart geen mandaat gegee ten opsigte van planne
of werkstekeninge nie, maar wel vir hom gesé hy moet
seker maak wat al die munisipale vereistes is. Ge-
durende die tweede telefoongesprek het hy Swart gevra
om die moontlikheid te ondersoek om enkelkamers bo-op
die garages in te pas; hy het hom geen mandaat gegee
om vir hom werk te doen nie; hy het hom wel "laat voel
dat hy die saak verder kan voer"; hy het nie gesê nie,
maar "gemeen", dit is "alleenlik in die munisipale konteks";
hy moes gaan navrae doen "in verband met die prosedure
van toestemmingsgebruik"; hy het 'n mandaat aan Swart
gegee om "die vereistes na te gaan vir die verkryging
van toestemmingsgebruik"; daar was geen ander opdrag
gegee waarvan hy kan onthou nie.

Die respondent se getuienis het in talle opsigte
die bewerings in sy verweerskrif weerspreek. Ek noem
slegs een voorbeeld. Soos vroeër geblyk het, het die
respondent in die verweerskrif beweer dat daar 'n ooreen-

/koms ...

50.

koms tussen die partye was dat die appellant voorlopige
sketse en later verdere sketsplanne van die gebou sou
opstel. Volgens sy getuienis was daar geen sodanige
ooreenkoms nie. Toe hy oor diê teenstrydigheid ondervra
is, was die respondent se verduideliking dat die appellant
geen mandaat gehad het om sketsplanne op te stel nie,
maar aangesien hy aangebied het om die appellant R5 040
te betaal as vergoeding vir die sketsplanne, het hy besluit
om maar in die verweerskrif te sê dat die appellant moes
sketsplanne opstel. Na my oordeel is hierdie verdui-
deliking kennelik so onbevredigend dat dit verwerp moet
word.

'n Laaste voorbeeld van die onaanvaarbaarheid
van die respondent se getuienis het betrekking op die
betaling van gelde aan die Stadsraad in verband met die
planne wat daar ingelewer is, by wyse van 'n tjek van
die respondent. Soos vroeër geblyk het, was die appel-
lant se getuienis dat daar voor die respondent se vertrek

/oorsee ...

51 .

oorsee gereel was dat 'n tjek by die respondent se kantoor
afgehaal sou word. Die respondent het so 'n reëling
ontken. Volgens hom was dit bloot toevallig dat Feen-
stra 'n tjek van hom by sy kantoor in die hande gekry het,
omdat dit sy gebruik is om by sy sekretaresse 'n aantal
blanko ondertekende tjeks te laat wanneer hy weggaan.
Die respondent se getuienis in hierdie opsig, en in die
besonder sy ontkenning van die aangaan van die genoemde
reëling, is na my oordeel so uiters onwaarskynlik dat
dit as onwaar verwerp moet word.

Uit die oorsig wat ek hierbo gegee het van
die getuienis van die appellant en diê van die respondent
is die gevolgtrekking waartoe daar gekom moet word al-
reeds vanselfsprekend. Aan die een kant is die weergawe
van die appellant logies, standhoudend, en aanvaarbaar.
Aan die ander kant is die weergawe van die respondent
vaag en onbevredigend, en deurspek met teenstrydighede
en onwaarskynlikhede. Inhoudelik, aan die hand van

/die ...

52.

die oorkonde, kan die respondent se getuienis nie opweeg
teen dié van die appellant nie. Die gevolgtrekking
is onvermydelik dat die appellant hom van sy bewyslas
gekwyt het ten opsigte van die twee grondliggende geskil-
punte voortspruitend uit die verweerskrif, en dat daar-
die geskilpunte ten gunste van die appellant en teen
die respondent besleg moet word.

Daar bly nog een argument oor wat deur die
respondent se advokaat geopper is, waarna verwys moet
word. Dié argument was dat die appellant nie in sy
eis kan slaag nie, omdat daar nie bewys is dat die werks-
tekeninge wat die appellant opgestel het, inderdaad ge-
baseer was op die maksimale benutting van die respondent
se grond nie. In hierdie verband is daar gesteun op
die getuienis van Nel, wat deur die respondent geroep
is, en wat getuig het oor die bepalings van die bestaande
en voorgestelde dorpsbeplanningskemas van Brits. Of
Nel se getuienis wel 'n voldoende grondslag bied vir die

/betoog ...

53.

betoog, skyn my twyfelagtig te wees, maar dit is onnodig
om dié vraag te ondersoek. Na my mening is Nel se
getuienis nie ter sake nie. Soos vroeër uiteengesit,
was die getuienis van Swart, Rabie en Feenstra dat die
drie van hulle saam met die respondent na die kantore
van die Stadsraad van Brits gegaan het op 3 September
1980 en dat daar inligting verkry is aangaande die mak-
simale benutting van die respondent se erwe. Daar kan
nie betwyfel word nie dat die werkstekeninge opgestel
is in ooreenstemming met die inligting wat aldus verkry
is. Die respondent het in sy getuienis ontken dat
hy saam met die ander persone na die Stadsraad se kan-
tore gegaan het, maar dit is opmerklik dat aan nie één
van die drie persone, Swart, Rabie of Feenstra, 'n enkele
vraag in kruisondervraging gestel is oor hulle bewering
dat die respondent hulle vergesel het nie. In die
lig van die gehalte van die drie getuies namens die ap-
pellant, en die verwerplikheid van die getuienis van die

/respondent ...

54.

respondent, soos hierbo bespreek, moet daar op 'n oorwig
van waarskynlikhede bevind word dat die respondent wel
saamgegaan het na die Stadsraad se kantore, en dat hy
dus bewus was van die inligting wat daar verkry is. Dit
is verder duidelik dat al die betrokke persone aanvaar
het dat maksimale benutting gebaseer sou word op die
inligting wat verkry is. Dat die respondent in die
besonder dit ook so aanvaar het en daarmee tevrede was,
blyk uit die feit dat hy in sy skik was met die skets-
planne wat op daardie grondslag opgestel is en aan hom
voorgelê is. Die opdrag wat gevolg het, naamlik dat
daar werkstekeninge opgestel moes word, was klaarblyklik
gegrond op wat in die sketsplanne vervat was. Daar is
gevolglik geen ruimte vir 'n betoog dat die appellant in
hierdie opsig nie sy opdrag behoorlik uitgevoer het nie.

Om al die voorgaande redes het die Hof a quo

gefouteer deur nie vonnis ten gunste van die appellant
toe te staan nie.

/Alvorens ...

55.

Alvorens ek die bevel van hierdie Hof formu-
leer, moet daar na twee kleinighede verwys word. Die
appellant se eis was aanvanklik vir 'n bedrag van
R19 028,13, maar in die nadere besonderhede is daar ken-
nis gegee dat dit verminder word tot R19 026,15. Rente
is geëis a tempore morae; die betrokke datum sal vasge-
stel word as diê van die bestelling op die respondent
van die tweede dagvaarding, naamlik 26 Januarie 1981.

Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die appêl word gehandhaaf met koste, in-
sluitende die koste van twee advokate.
2. Die bevel van die Hof a quo word tersyde
gestel en vervang deur die volgende bevel:
"Vonnis word toegestaan ten gunste
van die eiser teen die verweerder
vir die betaling van -
(a)die bedrag van R19 026,15;
(b)rente op die gemelde bedrag
teen 11% per jaar vanaf 26

/Januarie ...

56.

Januarie 1981 tot datum van
betaling;

(c) die koste van die geding, in-
sluitende die koste van twee
advokate."

A.S. BOTHA AR

KOTZé AR

VAN HEERDEN, AR
STEM SAAM
HEFER, AR

BOSHOFF, AR