South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 110
| Noteup
| LawCite
S v Rive (31/84) [1985] ZASCA 110 (27 September 1985)
Download original files |
LOUIS FRANCOIS RIVE
en
DIE STAAT
Saak Nr 31/84
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
LOUIS FRANCOIS RIVE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JANSEN, HOEXTER ARR
et NICHOLAS WAR
VERHOOR: 13 September 1985
GELEWER: 27 September 1985
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR,
Dit is 'n appèl teen vonnis in 'n strafsaak.
Die appellant is 'n
25-jarige mynwerker. Op 13 Mei 1982
is hy in die landdroshof te Klerksdorp
aan 'n oortreding
van art 2(b) van Wet 41 van 1971 skuldig bevind. Uit die
aangevoerde getuienis blyk dat die appellant met 1½ gram
dagga in sy besit deur die polisie betrap is. Hom is 'n
vonnis van twee
jaar gevangenisstraf opgelê. Die appellant
se daaropvolgende
appèl teen sowel skuldigbevinding as
vonnis is na 'n voltallige
regbank van die Transvaalse
Provinsiale Afdeling verwys. Laasgenoemde het die
appèl
afgewys. Verlof om teen die vonnis alleen te appelleer
is
egter deur die HOOFREGTER verleen.
Voor vonnisoplegging is daar by die verhoor
drie vorige veroordelings
weens oortreding van art 2(b)
van Wet 41 van 1971 teen die appellant bewys.
Ten opsigte
van gemelde vorige veroordelings is die volgende
vonnisse
onderskeidelik opgelê:-
(1) Op
3.
(1) Op 10 Januarie 1974 lyfstraf van ses
houe met 'n ligte rottang.(2) Op 5 November 1974 twee jaar gevangenis=
straf in geheel voorwaardelik opgeskort
vir drie jaar.(3) Op 22 Oktober 1977 twee jaar gevangenis=
straf in geheel opgeskort vir drie jaar.
Een van die opskortingsvoorwaardes was -
"dat hy
nie die behandeling by
Springkell Kliniek staak alvorens
hy vrygestel word
deur die psigiater
in bevel van die saak nie."
Wat betref die vonnis op 22 Oktober 1977 opgelê en met
betrekking
tot die hierbo aangehaalde opskortingsvoorwaarde
het die landdros by
vonnisoorweging die aandag gevestig op
die "rehabilitasie-oogmerk" daarvan en
hom toe soos volg
uitgelaat:-
"Maar dit is ook duidelik dat hierdie
opgeskorte vonnis nie tot enige nut
was nie."
In sy redes vir vonnis het die landdros vervolgens sekere
faktore teen
mekaar opgeweeg:-
"Dit is so dat getrag moet word by vonnis=
oplegging om so min moontlik
inbreuk te maak
op
4.
op kosbare mense materiaal, op
ekonomiese
gebied asook sosiale gebied. Nou is dit so
dat die belange van
die gemeenskap ook op 'n
sekere stadium sterk na vore moet tree en
wat
daar dus nou hier dus inbreuk gemaak is op
belange van die gemeenskap,
as die belange
van die gemeenskap gesteur word soos in
hierdie geval, dan
is dit so dat die belange
van die individu, van die persoon, dan
vaagweg
later in die agtergrond geskuif moet word.
Die Hof is van oordeel
dat gevangenisstraf
in u geval 'n onafwendbare gevolg moet wees.
Onder die
omstandighede word u gevonnis tot
twee jaar gevangenisstraf".
Mnr Ebersohn wat op bekwame wyse die appèl namens
die
appellant beredeneer het, het betoog dat uit hoofde van
sekere
beweerde mistastings by straftoemeting deur die verhoor=
hof begaan hierdie
Hof met die opgelegde vonnis moet inmeng.
In die eerste plek het hy aangevoer
dat die verhoorhof se
redes vir vonnis op die gevolgtrekking dui enersyds dat
daar
by vonnisoorweging 'n oor-aksentuering van die gemeenskaps=
belang
was, en andersyds dat daar aan die appellant se
besondere posisie nie
behoorlik oorweging geskenk is nie.
Hierby
5.
Hierby aansluitend is dan ook betoog dat met inagneming
van
al die omstandighede van die geval beskerming van die
publiek nouliks die
verwydering van die appellant uit die
maatskappy geverg het; en dat die
landdros ietwat onkrities
gevangenisstraf as die aangewese en onvermybare
straf
aangemerk het sonder dat hy meer gepaste alternatiewe (en in besonder
die moontlikheid òf van verwysing na 'n rehabi=
litasiesentrum
ingevolge art 296(1) òf van periodieke
gevangenisstraf ingevolge art
285 van die Strafproseswet,
51 van 1977) oorweeg het. Tweedens het die
appellant se
advokaat ter oorweging gegee dat die ppgelegde vonnis
so
buitensporig swaar is dat geen redelike hof dit sou opgelê
het
nie.
Wat betref die verhoofhof se opweging van die
gemeenskapsbelang teen
dié van die veroordeelde in die saak
is dit natuurlik korrek dat, na
gelang van omstandighede,
eersgenoemde
6.
eersgenoemde belangriker as laasgenoemde mag wees.
Wat
egter beklemtoon moet word is dat gemeenskapsbelang as
verswarende
faktor sterker na vore tree wanneer die misdaad
in sy wese sodanig is dat
beskerming van die gemeenskap
daarteen noodsaaklik is. Kyk: Du Toit, Straf
in Suid-Afrika,
bl 92. Gaan dit oor 'n misdaad wat vir die
gemeenskap
inherent verderflik is (soos bv die kweek van of smous
met
dagga) sal die belange van die maatskappy klaarblyklik meer
gewig dra
as by die geval van 'n misdaad waardeur die ge=
meenskapsbelang nie so direk
en nadelig getref word nie
(soos bv die blote besit van dagga). Met hierdie
oorwegings
in gedagte moet die kernfeite van die onderhawige geval
in
oënskou geneem word. Ofskoon sy vorige veroordelings die
afleiding
veroorloof dat die appellant na alle waarskynlik=
heid 'n gewoonteroker van
dagga is, is die massa van die
dagga in sy besit gevind uiters gering. Die
appellant
staan in 'n vaste diensbetrekking as 'n mynwerker. Dit is
oorbekend
7.
oorbekend dat ons land 'n nypende tekort aan
geskoolde
werkskragte ondervind. Die appellant onderhou sy moeder.
In
hierdie omstandighede, so meen ek, sal die gemeenskaps=
belang allermins
gedien word deur die ononderbroke gevange=
houding van die appellant vir 'n
tydperk van twee jaar.
Ek hou deeglik voor oë dat die appellant drie
vorige veroordelings
weens dieselfde misdryf op sy kerfstok
het; en dat strafoplegging 'n funksie
is wat hom nie tot
maklike formulering leen nie. Desnietemin is ek van
oordeel
dat die appellant se advokaat gelyk het en dat die verhoorhof
by
vonnisoorweging dermate die maatskappybelang oorbeklemtoon
en die besondere
posisie van die appellant geringgeskat het
dat hy by straftoemeting nie 'n
behoorlike diskresie uitgeoefen
het nie. Dit bring'mee dat hierdie Hof
regtens verplig is
om met die vonnis in te gryp en om in verband daarmee 'n
eie
en ongedwonge diskresie te laat geld. In die lig van laas=
genoemde
bevinding is dit onnodig om oorweging te skenk aan
mnr
8.
mnr Ebersohn se betoog dat die opgelegde vonnis van
twee jaar
gevangenisstraf teenoor die vonnis wat hierdie Hof as
verhoorhof
sou opgelê het, in growwe wanverhouding staan.
By die voorwaardelike opskorting van die vonnis
wat die appellant op 22
Oktober 1977 opgelê is, was psigia=
triese behandeling van die
appellant juis een van die
opskortingsvoorwaardes. Met die oog daarop is ek
van oordeel
dat in die onderhawige geval verwysing na 'n
rehabilitasie=
sentrum ingevolge art 296(1) van die Strafproseswet nie
as
vonnis sou deug nie. Periodieke gevangenisstraf beteken
gewoonlik in
die praktyk dat 'n veroordeelde sy straf oor
naweke, wanneer hy nie werk nie,
sal uitdien. Hierdie vorm
van gevangenisstraf is bygevolg uiters geskik vir
veroordeeldes
wat gewoonweg gedurende naweke nie in diens staan nie.
Die
appellant se advokaat het ons meegedeel.dat die appellant
met sy
werkgewer sy werksure sodanig sal kan reel dat hy nie
oor naweke aan diens
sal wees nie. In S v Erwee 1982(3)
SA 1057 (A)
9.
SA 1057(A) het dit gegaan oor vonnis by 'n derde
oortreding
weens motorbestuur onder die invloed van sterk drank.
Hierdie
Hof het die opgelegde vonnis van een jaar gevangnisstraf
tersyde
gestel en met 'n vonnis van 700 ure periodieke ge=
vangenlsstraf vervang. Met
verwysing na die beslissings in
S v Nagel 1970(2) SA 483(T) op 484 en
S v Bhadoo 1971(1)
SA 53 (N) op 54, laat DIEMONT, Wn AR hom op 1064H
soos volg
uit:-
"Die Howe het al meermale in die verlede in
gewysdes aangemoedig om meer
dikwels van
periodieke gevangenisstraf gebruik te maak,
al skep dit
somtyds administratiewe probleme."
Met inagneming van al die omstandighede van die onderhawige
geval is ek
van mening dat periodieke gevangenisstraf veel
eerder as ononderbroke
gevangehouding 'n gepaste strafvonnis
daarstel; en dat geregtigheid sou
geskied as 'n periode van
500 ure bepaal was.
Die
10.
Die appèl slaag. Die vonnis van twee
jaar
gevangenisstraf word vervang deur 'n bevel dat die
appellant
ingevolge art 285 van die Strafproseswet, 51 van 1977,
500 ure
periodieke gevangenisstraf moet ondergaan.
G G HOEXTER, AR
JANSEN, AR )
Stem saam
NICHOLAS, WAR )