South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 115
| Noteup
| LawCite
S v Oosthuizen (311/84) [1985] ZASCA 115 (12 November 1985)
Download original files |
Saaknommer: 311/84
WHN
PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: JANSEN, JOUBERT, ARR. et NICHOLAS Wn. AR.
Verhoor: 17 September 1985
Gelewer: 12 November 1985
UITSPRAAK
JOUBERT, AR.
/Op
2
Op 7 September 1983 is die appellant, 'n 25
jarige
Kleurlingman, saam met drie ander Kleurlingmans
in die Kaap die Goeie Hoop
Provinsiale Afdeling voor 'n hof
bestaande uit VIVIER R en twee assessore op
twee aan=
klagte aangekla waarop hulle almal onskuldig gepleit het.
Die
eerste aanklag is een van poging tot moord ten aansien
waarvan die appellant
onskuldig bevind is. Die tweede
aanklag is dat hulle Saterdagoggend 8 Mei
1982 die oor=
ledene Jacobus Scheepers in die woonbuurt Riverview in die
distrik
Worcester vermoor het. Die appellant is op 21
September 1983 skuldig bevind
aan moord met versagtende
omstandighede waarvoor hy op 22 September 1983 17
jaar
/gevangenisstraf ...
3
gevangenisstraf opgelê is. Met verlof ingevolge
art
316(8)(c)(ii) van die Strafproseswet 51 van 1977 kom die
appellant na
hierdie Hof in hoër beroep teen sy skuldig=
bevinding en vonnis.
OP 10 Mei 1982 het die distriksgeneesheer dr
Van Heerden 'n nadoodse
ondersoek op die liggaam van die
oorledene gedoen. Die oorledene het 'n hele aantal
erg
steekwonde opgedoen sodat „hy redelik verniel is". Dit
het gepaard gegaan met aansienlike bloeding. Die
hoofoorsaak van die
oorledene se dood was die insakking
van sy twee longe wat deur steekwonde nrs
8 en 18 ver=
oorsaak is. Steekwond nr 8 wat die regterlong binne=
gedring het, was voor op die bors toegedien. Steekwond 18
/wat
4
wat die linkerlong binnegedring het, was links agter
op die rug toegedien. Enigeen van hierdie twee steek=
wonde kon die dood van die oorledene veroorsaak het.
In hierdie hof het Advokaat Pretorius
namens die appellant, tereg na my mening, nie die verhoor=
regter se bevindings betreffende geloofwaardigheid van
getuies bevraagteken nie. Volgens die verhoorregter
was die appellant 'n
baie swak en onoortuigende getuie.
Advokaat Pretorius het ook nie die
verhoorregter se
evaluasie van die getuienis aangeveg nie. Hy het
toegegee
dat die verhoorregter tereg die appellant se
alibi as verweer verwerp het as
nie redelik moontlik
waar nie.
/Dit
5
Dit was gemene saak dat die twee strydende
bendes, die Born
Free Kids en die Cape Town Scorpions,
die betrokke aand met aanval en
teenaanval in die woon=
buurt Riverview en omgewing bedrywig was. Die
oorledene
het na bewerihg met die Cape Town Scorpions geheul terwyl
die
appellant 'n leidende rol by die Born Free Kids sou
gespeel het.
Die oorledene het saam met sy moeder Sophie
Scheepers in woonstel 4 op die
grondvloer van Riverview=
woonstelblok N gewoon. Die voordeur van die
woonstel is
te sien op foto E 1. Die voordeur verleen direk toegang
tot
die voorhuis of voorkamer. Vanuit laasgenoemde is
daar 'n kamerdeur wat
toegang verleen tot die enigste
/slaapkamer
6
slaapkamer in die woonstel. Punt A op foto E 1 is
die
venster van die voorhuis terwyl punt B die slaap=
kamer se venster is. Indien
mens by die kamerdeur
uitgaan, kan mens òf regs deur die voorhuis na
die voor=
deur òf links deur die voorhuis na die kombuis gaan.
Daar
is 'n gang tussen die kombuis en die voorhuis met
'n opening in die deurgang wat omtrent 3 voet breed is
sonder 'n deur. Die
agterdeur/kombuisdeur is te sien
Op foto E 2.
Volgens die aanvaarbare getuienis was
die relevante gebeure betreffende
die doodslag van
die oorledene kortliks soos volg. Die betrokke aand
het
die oorledene en sy vriendin Sylvia Boer saam in
/'n
7
'n bed in die voorhuis geslaap terwyl Sophie Scheepers
nog
in die kombuis doenig was. Geduld Swarts het in
die slaapkamer geslaap. Daar
was 'n geklop aan die
agterdeur en toe Sophie Scheepers dit oopmaak, het
die
appellant die kombuis betree en gevra waar die oorledene
was. Agter
die appellant was 'n groep manne wat agter
hom die kombuis binnegestorm het.
Hulle het almal
skerp wapens in hul hande gehad. Sy het geweldig geskrik.
Sy het die oorledene wakker geskree. Sy het by die voor=
deur uitgevlug.
Haar geskree het Sylvia Boer en die
oorledene wakker gemaak en hulle het toe
op die bed ge=
staan. Die appellant was voor hul bed met 'n mes in
sy
hand. Die appellant het haar van die bed geruk en
die oorledene met sy mes
gesteek. Sy het by die
/voordeur ........
8
voordeur uitgevlug toe ander persone die voorhuis vanuit
die kombuis
binnestorm. Geduld Swarts het wakker ge=
word toe die elektriese lig in sy
kamer aangeskakel word
en die oorledene in sy slaapkamer is. Daar was 'n
gat
in die oorledene se kop en sy been het gebloei. Die
oorledene was van groot vrees bevange. Wat van
belang is, soos ek sal aantoon, is dat Geduld Swarts die
kamerdeur net toegedruk het sonder om dit te grendel of
te sluit. Hy het 'n rumoer in die woonstel gehoor.
Iemand het 'n ruit van
die slaapkamer se venster gebreek
en probeer om die slaapkamer binne te kom.
Die oor=
ledene het uit die slaapkamer gehardloop om by die
kombuisdeur uit te vlug
terwyl Geduld Swarts deur die
/voorhuis
9
voorhuis by die voordeur uitgehardloop het. Toe hy
buitekant
die woonstel is, het hy na 'n rukkie gesien
hoe die oorledene om die hoek van
die woonstelblok waar
die bloekombome is, hardloop en die trappe opgaan
na
waar punt E op foto E 1 is. Drie persone was kort op
die hakke van die
oorledene. Hulle het die oorledene
in die hardloop van agter gesteek. Hulle
is saam met
die oorledene die trappe op waar hulle hom gesteek het.
Daar
het toe 'n groep van ongeveer 15 gewapende manne om
dieselfde hoek van die
woonstelblok gekom maar hulle het
nie die trappe opgehardloop nie. Hulle het
onder op
die grond by die trappe gewag totdat die drie aanvallers
van die oorledene die trappe afgekom het. Hulle het toe
almal saam die toneel verlaat. Die oorledene het bo
/die
10
die trappe gelê vanwaar hy verwyder is om per
ambulans
vervoer te word na 'n hospitaal.
Na my oordeel het die verhoorhof tereg aan die
hand van die aanvaarbare
getuienis bevind dat die appellant
die betrokke aand die woonstel binnegegaan
het aan die spits
van 'n groep persone en dat die appellant in die voorhuis
die oorledene met 'n mes gesteek het. Die verhoorhof het
ook tereg bevind dat die aanval op die oorledene in die
woonstel gedoen is in die uitvoering van 'n gemeenskaplike
doel om die
oorledene aan te rand. Hierdie aanval op
die oorledene in die woonstel was die eerste fase van die
aanval op hom.
Die verhoorhof het egter nie voldoende
/rekening..
11
rekening gehou met die getuienis van Geduld Swarts dat
die
oorledene slegs 'n gat in sy kop en in sy been gehad
het toe die oorledene by
hom in die slaapkamer gekom het
nie. Op die stadium toe die oorledene in die
slaap=
kamer was, het hy volgens Geduld Swarts se getuienis
nog nie een van die noodlottige steekwonde nrs 8 en 18
opgedoen nie. Insgelyks het die verhoorhof geen ag
geslaan op die getuienis van Geduld Swarts nie dat hy die
kamerdeur slegs
toegedruk het en nie gesluit het nie
nadat die oorledene die slaapkamer
binnegestorm het.
Hierdie getuienis is van die uiterste belang omdat
daar
niks was om die appellant te verhinder om die slaapkamer
/binne
12
binne te gaan indien hy sy aanval op die oorledene
wou
voortsit deur hom na die slaapkamer te agtervolg nie.
Hierdie
getuienis dien as feitebasis vir die enigste
redelike afleiding dat die
appellant op daardie stadium
nie van voorneme was om die oorledene te
agtervolg en
aan te rand nie. Hierdie getuienis dien ook as feite-
basis vir die verdere redelike afleiding dat die appellant
nie die opset gehad het om die oorledene te vermoor nie.
Vergelyk in hierdie opsig die feite wat uitgelaat is uit
die uitspraak in
S v Benjamin en 'n Ander, 1980(1) SA
950 (A) soos dit in die
Hofverslag gerapporteer is. Die
uitgelate feite wat betrekking gehad het op
die omstandig=
hede waarvolgens die beweerde poging tot moord gepleeg
/sou
13
sou gewees het, is aangehaal in S v Moloto, 1982(1)
SA 844 (A) soos
blyk op bl 854 H tot 856 C.
Daar is geen getuienis voorhande dat, toe
die oorledene uit die slaapkamer
en die woonstel gevlug
het en die tweede fase van die aanranding op hom
plaas=
gevind het, die appellant die oorledene agtervolg en
aangerand het nie. Ofskoon Geduld Swarts by punt D
foto E 1 gestaan het en ofskoon daar 'n elektriese
lig op die trappe by punt E op foto E 1 geskyn het, het
hy nie die appellant onder die drie agtervolgers van die
oorledene bespeur
nie. Windvogel wat vir
die appellant getuig het en die appellant ken, het die drie
agtervolgers
identifiseer en die appellant was nie een
/van
14
van hulle nie. Daar is ook geen getuienis voorhande
dat die
appellant homself bevind het in die groep van 15
persone wat om die
woonstelblok se hoek tot onder by die
trappe gekom het nie. Insgelyks is daar
geen getuienis
voorhande dat die appellant die 3 agtervolgers op
enige
wyse ondersteun, aangemoedig of gehelp het nie. Geen
getuienis toon aan dat die appellant hom met die optrede
van die 3
agtervolgers op enige wyse vereenselwig het nie.
Na my oordeel het die
verhoorhof derhalwe fouteer deur te
bevind dat die Staat daarin geslaag het
om te bewys dat
daar 'n kousale verband tussen die optrede van
die
appellant en die dood van die oorledene bestaan het.
/Gevolglik
15
Gevolglik het die verhoorhof fouteer om die appellant
skuldig te bevind aan moord op die oorledene. Waarin
die Stáat wel geslaag het, is om te bewys dat die appellant
skuldig is aan aanranding met die opset om die oorledene
ernstig te beseer. Dit is in terme van art 258(b) van
die Strafproseswet 51 van 1977 'n geoorloofde skuldigbevind=
ing op die tweede aanklag van moord in die onderhawige
geval.
In die lig van hierdie foute deur die ver=
!
hoorhof by die skuldigbevinding van die appellant op
die tweede aanklag
van moord is hierdie Hof bevoeg in
terme van art 322(1) van die
Strafproseswet 51 van 1977
/om
16
om in te gryp wat die skuldigbevinding en vonnis
betref
deur sy eie mening vir die van die verhoorhof
te substitueer. Die persoonlike
omstandighede van
die appellant asook sy vorige veroordelings is
volledig
voor hierdie Hof sodat hierdie Hof bevoeg is om self 'n
bevoegde
vonnis op te lê sonder om dit na die verhoorhof
terug te verwys. Die
appellant is sedert 15 Junie 1984
op borg vrygelaat. Na inagneming van al die
relevante
faktore wat op die appellant betrekking het asook al
die
tersaaklike feite in die onderhawige geval met inbegrip
van die belange van
die samelewing is ek van oordeel dat
hierdie Hof 'n vonnis van 3 jaar
gevangenisstraf as 'n
behoorlike en gepaste vonnis behoort op te
lê.
/Die
17
Die resultaat is dan soos volg:
Die appellant se
skuldigbevinding aan moord en sy
vonnis van 17 jaar gevangenisstraf met
betrekking tot
aanklag 2 word tersyde gestel en vervang deur 'n
skuldig=
bevinding aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer
waarvoor gevangenisstraf van 3 iaar opgelê word.
C P JOUBERT, AR.
JANSEN AR )
Stem saam.
NICHOLAS Wn AR )