South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 117
| Noteup
| LawCite
S v Foster en Andere (143/85) [1985] ZASCA 117 (15 November 1985)
Download original files |
LIONEL EOSTER Iste Appellant
PAUL ARENDSE 2de
Appellant
PIETER MOSES 3de Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
LIONEL FOSTER 1ste Appellant
PAUL ARENDSE 2de Appellant
PIETER MOSES 3de Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram: KOTZÉ, TRENGOVE et HOEXTER,
ARR
Verhoor: 16 September 1985
Gelewer: 15 November 1985
i UITSPRAAK
KOTZÉ, AR :
In die provinsiale afdeling Kaap die Goeie Hoop
het /2
-2-
het LATEGAN, R , en twee
assessore die drie appellante skuldig
bevind aan die moord (sonder
versagtende omstandighede) te
Grassy Park op Sondag 22 Mei 1983 van Jan
Johannes Smile (die
oorledene). Benewens dit het gemelde Hof die tweede en
derde
appellante skuldig bevind aan 'n tweede aanklag: dat hulle
die
oorledene op dieselfde datum en plek (met verswarende
omstandighede soos
omskryf in art 1 van Wet 51 van 1977)
beroof het van 'n bedrag kontant-geld.
Wat die moord betref
is al drie ter dood veroordeel en wat die roof betref
is
die tweede en derde appellante onderskeidelik tot agt en
tien jaar
gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die Hof
a quo kom al drie in
hoër beroep na hierdie Hof teen die
skuldigbevindinge en vonnisse.
Die /3
-3-
Die lyk van die oorledene is om 5.10 nm op 23 Mei
1983
deur 'n lid van die polisiemag, Rabie, in 'n beboste ge-
bied in Grassy Park
gevind. Daar was verskeie steekwonde
op die bors en die keel was heeltemal
afgesny. Daar was
geen sleepmerke of tekens van 'n worsteling nie. Ook
nie
enige tekens van bloed nie. 'n Geneeskundige'ondersoek
na die oorsaak
van die dood het benewens 'n gapende snywond
oor die boonste gedeelte van die
nek minstens 16 steek- en
snywonde oor die borskas aan die lig gebring. Die
dood
het ingetree as gevolg van bloeding veroorsaak deur die snywond
aan
die nek en deur die ander snywonde (ongeveer lOcm lank)
wat die hart en longe
getref het. Dit blyk duidelik uit
die getuienis dat die oorledene sterk onder
die invloed van
drank /4
-4-
drank was toe hy gesterf het.
Die getuienis wat by die verhoor afgelê is beslaan
meer as 'n
duisend bladsye. Dit is 'n onbegonne, maar geluk-
kig 'n onnodige, taak om in
besonderhede te verwys na al die
getuienis in die saak en na die ellelange
kruisondervraging
waarin die advokate vir die verdediging en die staat
hul
verlustig het. Die skuldigbevindinge berus in wese op die
getuienis
van een man - Brian Collins (ook bekend as MG).
Hy sowel as die appellante (wat almal getuig het) en nog 'n
paar ander persone wat getuig het, is ongure karakters:
misdadigers, lede
van misdaadbendes (hoofsaaklik die BFK's
- die afkorting vir Born Free Kids -
of faksies van die BFK's)
en onwettige drank- en dwelmhandelaars. Die
appellante
erken /5
-5-
erken dat hulle teenwoordig was op die perseel
waarna
Collins verwys het as die "yard" of jaart waarna later ver-
wys
word, het van die staanspoor af aandadigheid aan die tenlaste-
gelegde
misdade ontken, die ontkennings later onder eed herhaal en
die vraag wat die
Hof a quo op die ou end moes beslis is of die
skuld van die appellante
buite redelike twyfel bewys is.
Soos reeds hierbo gemeld berus die saak teen die
appellante in hoofsaak op
Collins se getuienis. Slegs
in die geval van die eerste appellant word hy tot
'n mate
ook geïnkrimineer deur Ann Cornelius en Eva Felix. Met
hulle
getuienis handel ek terstond. Hierdie twee vrouens
het die eerste appellant
by die saak betrek deur te verklaar
dat hy hulle voorgesê het om die
skuld van die moord op
die /6
-6-
die derde appellant te pak en aan die polisie te sê
dat hy
(die eerste appellant) nie tuis was die naweek toe die
moord
plaasgevind het nie en as hulle dit nie doen nie, hy hulle
sal "laat
seermaak". Daar is geen suggestie dat hierdie
dreigement ernstig opgeneem is
nie. Die Hof a quo het
bevind dat Eva dom en slu is en dat "dit hoogs
gevaarlik
sal wees vir enige Hof om staat te maak op haar
getuienis".
Hierdie oordeel pas in met die indruk wat die deurlees
van
haar getuienis skep. Na my mening vereis oorwegings van
billikheid dat
haar getuienis geïgnoreer word. Ann Cornelius
het die Verhoorhof gunstig
beïndruk as 'n vrou "van ietwat
bo die gemiddelde intelligensie" wat
"haar getuienis reguit,
rustig en baie positief oorgedra" het en "dat daar
...
tydens /7
-7-
tydens indringende kruisverhoor geen werklike tekens
was
dat sy enigiets probeer versin" het nie. Hierdie evaluasie
kom my
bowemate welwillend voor. Ann Cornelius het twee
botsende verklarings aan die
polisie gemaak. In die
eerste verklaring aan speurder Cornelissen het sy
verklaar
dat die derde appellant die oorledene doodgemaak het.
Hierdie
relaas het sy laat voortduur totdat Kapt Van der
Westhuizen die laaste
stadium van die ondersoek oorgeneem
het en hy haar gekonfronteer het met
sekere inligting wat
hy van Collins ontvang het. Sy het toe, volgens Van
der
Westuizen wie se getuienis heel tereg aanvaar is, erken dat
haar eerste verklaring vals is, en het toe met die storie
vorendag gekom
dat die eerste appellant haar voorgesê het
om /8
-8-
om die derde appellant te impliseer. Daarná het sy die
tweede
verklaring gemaak. 'n Persoon wat op betreklik ongedwonge
wyse so h
ernstige leuen ten nadele van h ander kan
vertel, se getuienis behoort, bloot
op grond daarvan, met
hoë agterdog bejeën te word. Dit blyk
hoegenaamd nie uit
die uitspraak dat die Hof a quo so 'n benadering
toegepas
het nie. Daar is minstens een ander aanduiding dat hierdie
getuie
in staat is om op blatante wyse haar aan onwaarheid
skuldig te maak. Die
tweede appellant en sy was intiem
bevriend: hulle het saamgewoon en saamgeslaap totdat die
tweede appellant in hegtenis geneem was. Volgens haar
getuienis wou sy daarna hom nie uit haar eie in die gevange-
nis gaan besoek nie. Gedurende kruisondervraging het sy
gesê /9
-9-
gesê dat sy hom een keer,
op sy versoek omdat hy inligting
aangaande MG wou bekom, by die gevangenis
gaan besoek het..
Die kruisondervraer het dit aan haar gestel dat sy "so
twee
weke" na sy inhegtenisname hom die eerste keer besoek het.
Sy het dit
ontken en as rede aangegee dat sy daardie tyd
vir mev Isaacs gewerk het. Sy
het nie geleentheid om 'n
besoek af te lê, gehad nie want sy "het nooit
'n afdag gekry
nie"; "Saterdae en Sondae ook"; sy het nie eers 'n
"afmiddag"
gehad nie; sy het "dag en nag eintlik" gewerk. Kort daarna,
na
voltooiing van die kruisondervraging, het die Verhoor-
regter 'n aantal vrae
gevra wat antwoorde ontlok het wat heel-
temal onversoenbaar is met die
getuienis gedurende kruisonder-
vraging. Ek haal aan:
"Maar... /10
-10-
"Maar ek het jou verstaan om te sê dat
jy kon nie vir nr 2 gaan
besoek nie,
want jy het daardie tyd vir Mrs Isaacs
gewerk? - Nee
meneer.
Dan het ek verkeerd verstaan,
vir wie het jy dan toe gewerk? -
Daardie tyd het ek vir mev. Boshoff
gewerk.
Mev. Boshoff? - Korrek meneer.
Is dit by haar wat jy nie afgekry
het nie? - By haar het ek elke dag
gewerk, Saterdae, maar Sondae het ek
afgekry.
Saterdae het jy afgekry? - Korrek,
ek het gewerk tot twee-uur toe.
Maar die advokaat het vir jou
gevra maar hoekom het jy nie die man
gaan besoek in die tronk nie? - Want
Saterdae, toe het hulle nog nie straf gehad nie Edelagbare.
Hmm? - Toe was hulle nog nie
gestraf nie Edelagbare.
Maar hulle is toe al in die tronk?
- Korrek Edelagbare.
Waar het jy gewerk daardie eerste
twee maande wat hy in die tronk was?
- Toe /11
-11-
- Toe het ek nog nie gewerk nie.
Toe het jy glad nie werk gehad
nie? - Nee Edelagbare.
Ek sien, maar jy het netnou
gesê jy kon hom nie gaan besoek nie,
want jy het gewerk? - Hoe het
Edelagbare nou die saak verstaan?
Ek het jou netnou verstaan om
te sê jy kon hom nie gaan besoek
nie, want jy het gewerk daardie
tyd? - Ja, daardie tyd toe het
ek -'char'.
-'char'? - Korrek."
Spesifiek in hierdie verband lui die uitspraak as
volg:
"Sy het onder andere ook getuig dat
sy deur nommer 2 beskuldigde,
wat
sal onthou word, haar vriend is,
ontbied
is /12
-12-
is na die tronk toe waar hy aangehou
was te Pollsmoor. Beskuldigde
nommer
2 het 'n opmerklike belangstelling ge-
toon in die doen en late van
'MG' en
haar uitgevra oor sy bewegings. Ter-
loops, hierdie getuienis was
later
deur nommer 2 ontken, in dié sin dat .
hy sê sy was wel
daar maar sy het
hom uit haar eie uit kom besoek en sy
het heeltemal iets anders aan hom kom
vertel as wat sy beweer het.
Toe sy ondervra was oor hoekom
sy nie meer dikwels of dan voor
daardie
geleentheid vir nommer 2 gaan besoek het
nie, het sy gesê
dat sy te besig was
met haar werk en in elk geval het sy
ook 'n afkeur
daarin gehad om vir
beskuldigde nommer 2 in daardie plek
te gaan besoek.
Ons het die indruk
gekry dat wat sy werklik sê is dat sy
haarself gedistansieër het van be-
skuldigde nommer 2 en in haar eie
gemoed
hierdie nouer verbintenis wat tussen
hulle bestaan het verbreek
het. Sy
het egter voortgegaan om te sê dat sy
by /13
-13-
by 'n sekere vrou gewerk het, dat sy
feitlik
elke dag van die week op diens
moes wees en dat sy dus nie die tyd
gevind
het, sy nie kon afkry by haar
werk, om vir nommer 2 te gaan besoek
nie.
Dit het later egter geblyk uit
verdere vrae dat sy op daardie stadium
waar
sy beweer dat sy nie uit haar
werk uit kon afkry nie, inderdaad
nie vir
die vrou gewerk het nie.
Die Hof het ten tye van hierdie
ondervraging die indruk gekry dat
sy
verward was. Dit is kritiek teen die
kwaliteit van haar getuienis
waaroor
ons ernstig besin het. Dit is geldige
kritiek en ons kan nie
ligtelik daaroor
heenskeer nie. Ons is egter oortuig,
geoordeel aan die
hand van die totale
indruk wat sy gemaak het, dat sy aan
ons die waarheid
vertel het in soverre
, sy getuig het oor haar opdragte deur
nommer 1 en ook haar besoek aan nommer
2, selfs in die lig van hierdie
kritiek
wat teen haar gebring kan word dat sy
haarself /14
-14-
haarself weerspreek het oor een van
die redes waarom sy
beskuldigde
nommer 2 nie gaan besoek het nie."
Ek kan met eerbied nie instem met die bevinding dat sy
as 'n
geloofwaardige getuie bestempel kan word nie; na my mening,
soos ek reeds
opgemerk het, is die Hof a quo se beoordeling bowemate
welwillend en
behoort ook haar getuienis geïgnoreer te word. Dit
volg uit voorgaande
dat, ook in sy geval, die saak teen eerste appel-
lant wesentlik staan of val
op Collins se getuienis.
Ek gaan nou oor tot die besprekeing van Collins se
getuienis. Hy het 'n
gruwelike storie vertel wat ek slegs
in breë trekke weergee. Die
bepalings van art 204 van die Strafproses-
wet is vir een of ander rede nie
met betrekking tot hom in werking
gestel /15
-15-
gestel nie. Hy het getuig dat hy
saam met die drie
appellante gewoon het by eerste appellant se huis te
Se-
wendelaan, Lotusrivier. In die jaart van daardie huis
word gedobbel en
drank en dagga verkoop. Op die betrokke
dag het hy "uit 'n hokkie" in die
jaart drank en dagga namens
die eerste appellant verkoop. In die namiddag het
die
oorledene, in 'n beskonke toestand, die potgeld in 'n dobbel-
spel
gewen. Hy het 'n versoek van die tweede en derde
appellante om 'n bydrae uit
sy winste te maak, verwerp. As
gevolg het die derde appellant by 'n afdak in
die jaart
sy béne onder hom uitgeskop en met behulp van die
tweede
appellant hom van sy geld beroof. Die oorledene wou toe
die jaart
verlaat maar die derde appellant het hom terug-
getrek /16
-16-
getrek, die hek agter hom toegemaak en Collins
aangesê om
'n graaf te gaan haal. Collins het dit gedoen en met
die
graaf het die derde appellant 'n paar bakstene waarmee die
afdak
bevloer was,uitgelig en 'n gat in die grond gegrawe.
Teenoor die gat het hy
'n slagplek geïmproviseer deur 'n sink-
plaat op 'n 5 liter verfdrom te
plaas sodat die bo-ent daar-
van in die lug oor die gat hang en die onderent
op die grond
staan. Nadat die oorledene vasgevat was, het die eerste
en
tweede appellant hom op sy rug op die skuins plaat neergelê
met
sy kop aan die hoë kant. Die eerste appellant het op sy bors gaan
sit en
die tweede appellant op sy bene. Die tweede appellant het 'n
mes, 15 duim
lang, te voorskyn gebring en aan die derde appellant
oorhandig. Laasgenoemde het die oorledene
se /17
-17-
se kop agter by die sinkplaat
afgedruk en sy keel "oop" gesny.
Die bloed het in die gat gestroom. Die derde
appellant
het die mes aan die eerste appellant oorhandig en hy het
die
oorledene toe "meer as twee keer" in die bors gesteek.
Na hy "uitgebloei"het,
het al drie appellante hom in 'n kom-
bers toegedraai en by die vuilgoedhoop
agter in die jaart
gaan neersit. Die son was reeds onder. Die
volgende
oggend was die lyk nie meer daár nie. Eers die aand het
hy
die lyk "by die bos" gesien. Dit is gemeensaak dat
hierdie plek ongeveer 'n
halfmyl van die plek af is waar
Collins beweer die slagting plaasgevind het.
Hier was daar
nie tekens van bloed of 'n worsteling nie.
Raymond Davids (sy bynaam is Spyker) is 'n self-
erkende /18
-18-
erkende
polisieberiggewer. Dit is deur sy bemiddeling,
sê Collins, wat hy aan
die polisie inligting verskaf het wat
die appellante by die misdaad betrek
het. Gedurende kruis-
ondervraging van Collins het dit geblyk dat hy self
aanvanklik
as verdagte aangehou was, dat hy vir ongeveer vier maande
lank
die stilswye bewaar het ofskoon hy pertinent deur die
polisie i v m die
misdade ondervra is en dat hy sy inligting
eers aan Spyker oorgedra het nadat
die drie appellante in
verband met 'n ander aangeleentheid, as gevolg van
Spyker
se toedoen, aangehou was. Hy was, so het hy verduidelik,
bang dat
hulle hom sou leed aandoen indien hy hulle betrek
het terwyl hulle nog op
vrye voet was. Volgens Collins
se eie erkenning was hy self 'n deelnemer:
benewens die
graaf /19
-19-
graaf te gaan haal het hy ook wag gestaan terwyl die
moord
ten uitvoer gebring is en mense by die hek van die perseel
af gehou.
Collins was gevra waarom hy ongeveer drie weke
na die pleeg van die moord die
eerste appellant se plek
verlaat het en by 'n naburige plaas gaan woon het -
sy ver-
duideliking was dat die eerste en tweede appellante hom wou
om die
lewe bring en dat hulle dit sou gedoen het "was dit
nie vir die vroumense in
die yard nie". Die rede, so het hy
gesê, waarom hulle hom wou doodmaak
was "om hulle geweet
het ... ek gaan een dag praat ...". Na hy sy intrek
by
die plaas geneem het, het die eerste appellant met sekere
van sy
ondersteuners op 'n geleentheid daarheen gegaan om
hom om die lewe te bring
maar omdat eerste appellant stry
gekry /20
-20-
gekry het met ene Norman Booysen is daardie plan nie
voltrek nie.
Hy (eerste appellant) het padgegee toe
die eienaar van die plaas
ontbied,_is.
Spyker, hierbo reeds na verwys, en Daniel Jacobs -
beter bekend as Kaffer
Des in die kringe wat betrokke is
in hierdie saak - het ook namens die Staat
getuig. Hulle
het insinuasies van en namens die appellante dat
laasgenoemde
die hoofleier van die BFK's is, dat eersgenoemde sy
"agter-
ryer" is en dat hulle twee vanweë hulle bose
gesindheid
teenoor die appellante met MG saamgesweer het om die
appellante
valslik te inkrimineer, ten sterkste ontken. Ofskoon
Spyker en
Kaffer Des nie ruiterlik wou erken dat hulle
vyandiggesind /21
-21-
vyandiggesind teenoor die appellante is nie, kan
daar met
veiligheid aanvaar word dat hulle minstens nie van die
appellante
hou nie: Spyker het vertel dat die eerste appel-
lant "en sy manne" sy motor
by 'n geleentheid aan die brand
gesteek het en dit blyk ook uit Collins se
getuienis dat
Spyker minstens meegewerk het tot die inhegtenisname van
die
appellante in hierdie en 'n ander saak. Kaffer Des het,
op sy beurt,
beweer dat die eerste appellant en nog omtrent
dertig mense hom gedurende
1982 aangerand het.
Omdat Collins 'n enkelgetuie tot die betrokke
misdade is, 'n selferkende
lid van 'n bende is wat oortredings
van die wet pleeg, 'n medepligtige is aan
die tenlastegelegde
oortredings en omdat hy die appellante in samewerking
met
die /22
-22-
die beroepsverklikker, Spyker, by die pleeg van die moord
en die
rowe betrek het word vereis dat daar met uitsonderlike
noukeurigheid
ondersoek word of sy getuienis betroubaar
is en, bo alles, of die Hof a
quo die besondere risiko
verbonde aan sy,getuienis behoorlik besef het by
die aanvaar-
ding daarvan. (Vgl bv Rex v Ncanana, 1948(4) SA 399
op
405-6, R v Bellingham, 1955(2) SA 566(A) op 569; R v
Mokoena,
1956(3) SA 81(A) op 85-86; S v Malinga and others,
1963(1)
SA 692(A) op 693-4; S v Hlapezula and others, 1965(4)
SA
439(A) op 440-1; S v Sauls, 1981(3) SA 172(A) op 180).
Die
veiligste aanduiding dat sodanige besef wel teenwoordig
was, word, soos
SCHREINER, AR opgemerk het in Rex v Manda,
1951(3) SA 158(A) op 163
E-F, gevind in die Hof a quo se
uitgesproke /23
-23-
uitgesproke redes. Dit is nie voldoende dat 'n
verhoorhof
bloot verklaar dat getuienis van hierdie aard
versigtige
benadering ontvang het nie; die verklaarde redes moet
dit
demonstreer en daar bewys van lewer. Of dit in die onder-
hawige saak
met betrekking tot Collins se getuienis gebeur
het, oorweeg ek
onmiddellik.
In sy uitspraak verwys LATEGAN, R na Collins as
'n "jong kêreltjie"
- hy was gedurende Oktober 1984, 22 jaar
oud - en ter stawing van die
bevinding dat hy "die waarheid
gepraat het" verklaar hy by herhaling hoe
versigtig die Hof
sy getuienis oorweeg het: "uiteraard omdat hy 'n
enkelge-
tuie is ... en uiteraard vanweë hierdie bewerings ... oor
sy
verbintenis met Kaffer Des ... het ons van meet af aan hierdie
getuie /24
-24-
getuie met baie groot versigtigheid benader"; "ons
moes
baie deeglik rekening hou met die gebreke van hierdie getuie";
"ons
het oor hierdie getuie ... ons eie gemoed ... en waar-
nemings lank en
ernstig ondersoek"; ons het die getuienis
so deeglik soos wat ons kan
gefynkam en ons het hierdie
waarskuwingsligte wat teen hom flikker baie
deeglik in ag
geneem by die beoordeling van die meriete of gebrek
aan
meriete van sy getuienis"; "ons het in gedagte gehou dat die
suggestie
teen hom basies is dat hy hom geleen het tot 'n
sameswering om drie
onskuldige oudmakkers op 'n valse wyse moontlik
galg toe te laat stuur"; "ons
moet ons self oortuig dat sy
getuienis van so 'n gehalte is dat ons dit met
gerusstelling
in ons eie gemoed kan aanvaar as bewys van die feite
waaroor
hy /25
-25-
hy getuig". (Daar is nog ander voorbeelde). Dit is
opvallend dat,
ten spyte van hierdie herhaalde betuigings
van versigtige benadering en diepe
besinning, die uitspraak
nie juis 'n ontleding van die getuienis van Collins bevat
wat daarop dui dat daar begrip bestaan het vir die gevaar
van valse inkriminasie en dat daar in der waarheid ag ge-
slaan, is op die aandrang, soos neergelê in Ncanana se saak .
(supra), op risiko-verminderde faktore by die beoordeling
van die
getuienis van medepligtiges of getuies van swak
karakter. Volgens Collins se
eie eufemistiese erkenning
het hy as lid van die BFK bende "dinge gedoen wat
hy nie
moes gedoen het nie" soos bv die stukkend slaan van ruite
by mense
se huise en die pleeg van aanrandings. Hy was
gevonnis /26
-26-
gevonnis tot aanhouding in die verbeteringskool te
Tokai
waar sy lidmaatskap van die BFK bende begin het. Daar is
in sy eie
getuienis aanduidings dat hy deel gehad het aan
die steel van skape en die
verberging van oorblyfsels daarvan.
Die uitspraak handel geensins met die
uitwerking wat hierdie
kladde op Collins se karakter op sy getuienis en
geloof-
waardigheid het nie. Dit is, na my mening, 'n ernstige
leemte in
die uitspraak wat daarop dui dat die Hof a quo
nie die inherente
gevare wat in so 'n persoon se getuienis
skuil, na behore ingesien het
nie.
'n Verder leemte in die Hof a quo se benadering
tot en aanvaarding
van Collins se getuienis is dat die
uitspraak nie aantoon dat daar voldoende
besef was vir
Collins /27
-27-
Collins se onopenhartige houding met betrekking
to sy ver-
houding met Spyker nie. Die Verhoorhof het weliswaar inge-
sien
dat dit 'n vraag van kardinale belang is of hy moontlik
beïnvloed kon
gewees het deur Kaffer Des en Spyker maar,
weer eens, bevat die uitspraak nie
'n diepsinnige ontleding
van die relevante getuienis in hierdie verband nie.
So 'n ontleding
dui aan dat Collins nie oop kaarte met die Verhoorhof gespeel
het nie.
By die deurlees van sy getuienis soek 'n mens tevergeefs
na die
werklike rede waarom hy via Spyker by die polisie
uitgekom het. Sy
antwoord is herhaaldelik afwykend en on-
duidelik. Aanvanklik, tydens
kruisondervraging deur eerste
appellant se advokaat, antwoord hy as volg:
"Waarom het jy aan Spyker, waarom het
jy /28
-28-
jy Spyker gekies om die waarheid aan
hom te vertel? - Nee, ek het nie
vir Spyker gekies nie meneer. Ek
het
vir hom gevra meneer, toe sê hy
vir my hy gaan vir my neem na 'n
beter
plek, as ek nie hier by die polisie-
stasie wil praat nie
meneer.
Maar waarom het jy presies Spyker
genader? - Want ek het geweet
hy
gaan my neem tot daar wat ek wil wees
meneer.
Jy het geweet hy gaan
jou neem
waar jy wil gaan? - Ja meneer.
Hoe het jy dit geweet? - Meneer?
Hoe het jy dit geweet? - Hoe
sê meneer nou?
Wat het jou so laat dink dat hy
jou gaan neem na waar jy na toe
wil
gaan? - Meneer, omdat ek die ding
saam met hom gepraat het meneer. Toe
sê hy vir my meneeer.
Dit
was nadat jy met hom gepraat
het? - Ja meneer, toe sê hy ...
Jy het hom net van aansien geken?
Is dit reg? - Ja meneer."
Daarna /29
-29-
Daarna, in antwoord
op vrae van tweede appellant se advokaat:
"Hoekom het hy na Spyker toe gegaan.
Hoekom het jy vir Spyker gaan
vertel?
- Meneer, ek het vir Spyker gaan
vertel meneer,
omdat ek geweet het
Spyker - ek het vir Spyker gesê Spyker
kyk hier,
ek weet van daardie moord
in die 'yard' in, maar ek wil nie na
Grassy Park
se polisiestasie toe gaan
nie. Toe sê Spyker vir my, 'all
right' hy
gaan 'n speurder bel, dan
moet ek die speurder vertel van die ding
meneer. Toe bel hy die
speurder.
Toe kom die speurder tot daar. Toe
sê die speurder vir
Spyker, dat Spyker
my moet Grassy Park se polisiestasie
toe neem. Toe het
Spyker my nie ge-
neem nie, toe vat die baas van die werk
my die
Dinsdagoggend self na Grassy
Park se polisiestasie toe meneer.
Ja, maar dit is nie eintlik die
plek waar jy wou gegaan het nie? -
Ja meneer.
Jy /30
-30-
Jy wou nie soontoe gegaan het
nie? - Ja meneer.
En dit is ook die rede waarom
jy na Spyker toe gegaan het, omdat
jy het
vir hom gevra hy moet jou
bietjie na 'n ander polisiestasie
toe vat? - Ja
meneer.
Maar hoekom dink jy nou juis
Spyker sal jou help? Om jou nie na
Grassy Park toe te vat nie? -- Meneer,
want ek wil nie daarnatoe gegaan het
nie meneer en ek het vir hom gevra
meneer, ek wil nie daarnatoe gegaan
het nie. Toe vra ek vir hom ...
Ja, naar hoekom sal hy nou juis, hoekom
is hy nou juis die man wat vir jou - jy
kan mos self na 'n ander
polisiestasie toe
loop?- Meneer, ek het gehoor Grassy Park
se boere, hy het nie dat Grassy Park
se boere, se polisiemanne vir hulle
optel nie meneer. Hy het by 'n ander
polisiestasie gegaan meneer, dat hulle
moet opgetel gewees het meneer."
Collins het aanvanklik ook 'n leuen vertel in verband met die
feit /31
-31-
feit dat Spyker hom op 17 Oktober 1984 Hof toe gebring
het.
Kort na die aanvang van verrigtinge op gemelde datum is hy
gevra "hoe
het jy vandag hof toe gekom?" Die antwoord was
'n teëvraag: "meneer?"
Die advokaat het die vraag herhaal.
Diê antwoord was: "die speurder wat
ons gisteroggend hof
toe gebring het". 'n Tydjie later, toe 'n ander
advokaat
kruisondervraging voortgesit het, gebeur die volgende:
"Dit is die wit Kombi hier buitekant?
- Ja Meneer.
Wat maak hy hier buitekant? -
Meneer, Spyker het saam met die Kombi
gekom meneer.
Saam met jou ook? - Ja meneer.
Het hy jou gebring vanoggend? -
Ja meneer, die polisieman het gister
wat ons klaargemaak het hier meneer.
Toe sê die speurder wat ons gebring het
meneer, toe vra die speurder vir hom
of /32
-32-
of daar plek is vir ons. Of hy nie vir
ons kan saamvat nie en of hy ons nie
moreoggend weer kan deurbring
nie,
toe sê hy hy kan kyk om vir ons môre-
oggend weer deur te bring, daarvoor
het hy ons vanoggend weer saamgebring
en huis toe gevat meneer.
En het hy jou gister ook gebring?
- Hy het my nie gister
gebring
nie meneer.
O, het hy jou nie gister gebring
nie? - Nee meneer.
Maar jy het dan vir ons nie die
waarheid vertel, toe jy vir ons net-
nou gesê het dat die polisie jou van-
oggend gebring het nie? -- Ek
het nie
gesê, meneer het nie reg geluister
nie. Ek het nie die
storie klaar
vertel nie meneer.
Nee, maar vertel ons dan die storie
klaar? - Meneer, die
polisieman
het vir Spyker gevra meneer, of daar
plek is vir ons meneer en
dat hy vir
ons, as daar plek is vir ons, dan moet
hy vir ons huis toe neem
meneer en
toe vra die polisieman vir hom, of hy
vir /33
-33-
vir ons vanoggend kan optel meneer. Toe
sê hy ja meneer, hy kan vir
ons deurbring
meneer. Toe sê die polisieman vir hom
as daar enige
'mistakes' kom, dan moet hy
vir die speurder bel meneer en toe kom
ons
sommer saam met hom deur.
Goed, jy sê ons het nie eintlik
vir jou
kans gegee om jou antwoord
volledig te gee nie né? - Ja meneer.
En wat was die vraag? - Meneer,
ek kan nie nou onthou .
Wat was die vraag wat my Geleerde
Vriend hier langs my vir jou
gevra
het? - Meneer, hy het gevra hoe ek
hier gekom het vanoggend meneer.
Ja, dit is reg, dit is wat hy
vir jou gevra het? - Toe wil ek
hom
vertel meneer, maar meneer was te
vinnig gewees. Ek kan nie
klaar
vertel het nie, hoe kom dit dat ek saam
met daardie man hier kom
vanoggend nie.
Maar jy praat ook aanmekaar.
So wat was die vraag. Hy het
vir jou
gevra hoe het jy vanoggend hier gekom?
- Ja meneer.
Hoekom het jy nie vir hom gesê
ek /34
-34-
ek het saam met Spyker gekom nie? -
Meneer, ek wil hom vertel het hoekom
ek saam met Spyker gekom het
meneer.
O, jy wil nie gehad het hy moet
dalk verkeerd dink nie? --- Ja
meneer,
ek wil hom vertel het hoekom ek saam
met Spyker gekom het, hoekom
ek sal
nie saam met ...
Nou hoekom sal hy verkeerd dink?
- Meneer, ek sal nie saam met
Spyker gekom het nie, as die speurder
nie gesê het hy moet vir ons
opbring
nie meneer, dan sal ek nie saam met
hom gekom het nie.
Hoekom sal hy verkeerd dink?
Hoekom sal hy verkeerd dink as jy vir
hom sommer net sê jy het saam met Spyker
gekom? - Meneer het te vinnig gevra
meneer.
! Vra ek nou vir jou te
vinnig?
- Daardie vraag vir my te vinnig
gevra.
Jy het nou gesê hy sal dalk ver-
keerd dink as jy vir hom reguit
sê
jy het saam met Spyker gekom, nou
hoekom sal hy verkeerd dink? -
Ek
sê /35
-35-
sê nie hy sal verkeerd dink nie meneer.
Nou wat sal hy gedink het? -
Meneer?
Nou wat sal hy gedink het as jy
vir hom sê jy het saam met Spyker
ge-
kom? - Hy kan niks dink nie meneer."
Collins se afwykende houding in verband met sy aanklop
by Spyker en sy aanvanklike poging om te verswyg dat Spyker
hom aangery
het na die Hof toe, wek, om die minste daarvan
te sê, 'n sterk suspisie
dat hy nou verbind was met Spyker
en met hom meegewerk het. Sy gebrek aan
openhartigheid
en eerlikheid het oënskynlik die Hof a quo nie
ernstig getref
nie en wek twyfel of die bevinding dat hy die waarheid ge-
praat het 'n
korrekte bevinding is.
'n Verdere punt van kritiek teen die aanvaarding van
Collins /36
-36-
Collins se getuienis is die merkwaardige benadering van die
Hof a quo, soos weerspieël in die uitspraak,tot sy rol as
medepligtige. Aan die een kant meld die uitspraak dat dit
uit Collins se eie verhaal blyk dat hy 'n medepligtige was
wat kon
weggehardloop het, geweier het om opdragte uit te
voer en dat dit 'n
"probleem" skep; daarenteen minimaliseer
die Hof a quo tot 'n mate sy medepligtigheid deur klem daarop
te
lê dat hy, volgens sy ipse dixit, nie "in 'n direkte sin
en met direkte begeerte" deelgeneem het aan die moord nie
en dat alhoewel
hy kon weggehardloop het, sy "geredelike
bereidwilligheid om opdragte uit te
voer, 'n aanduiding (is)
van die mate van onderdanigheid waarin hy (die jong
kêrel-
tjie) geleef het vis-a-vis" die appellante. Die
verdere
ontplooiing /37
-37-
ontplooiing van laasgenoemde standpunt openbaar 'n
denkrig-
ting in verband met die versigtigheidsreël sover dit
medeplig-
tiges betref wat nie maklik te begryp is nie:
"Dit het ons dadelik voorgekom, en ek
noem dit onmiddellik, dat 'n
persoon
wat voorgesê word, soos hier beweer
word, om 'n suiwer
opgemaakte storie
soos hierdie te kom vertel, redelik-
erwys geoordeel,
beswaarlik homself
tot dieselfde mate as wat Collins ge-
doen het 'n eie aandeel en medepligtig-
heid in die pleging van die misdryf
sal gee. Dit sou seer sekerlik,
as dit korrek is dat sy storie 'n ver-
sinsel is, vir hom baie makliker gewees
het om homself in 'n rol te plaas waar
hy gedistansieër word van enige aan-
dadigheid in enige vorm tot die pleging
van die misdryf. Ons vind dit vreemd,
uit die hoek van hierdie suggestie
van valse versinsel geoordeel om die
minste /38
-38-
minste te sê, dat dié versinsel ook
'n eie inkriminering van die getuie
self bevat.
Telkens wanneer oor die getuienis
van 'n medepligtige besin moet
word,
moet die Hof teruggaan na die basiese
rede vir die vereistes van
versigtige
benadering. In die geval van 'n mede-
pligtige is dit
klaarblyklik omdat die
gevaar altyd daar bestaan dat hy ander
mense mag
inkrimineer om homself
te veronskuldig of bevoordeel. Ons
vind hier dat
die getuie homself inder-
daad inkrimineer, sonder dat hy, so
lui die Staatsaak, op enige wyse onder
druk geplaas was deur enigiemand,
be-
halwe die seun van die oorledene, om
te openbaar wat hy geweet het van
die
moord. In die normale loop van sake,
met uitsonderings, moet ek
sê, vind
'n mens in die Howe waar medepligtiges
getuienis gee dat
daar vanweë veelvul-
dige persone wat aan 'n misdryf deelge-
neem het
en veelvuldige arrestasies
wat /39
-39-
wat daarna gevolg het en vanweë sekere
prima facie
inkriminerende getuienis
teen die medepligtiges self, dat hy
uiteindelik
dan besluit om as medeplig-
tige getuienis vir die Staat te gee.
Hierdie faktore is tot 'n hoë
mate afwesig by die getuie
Collins.
Hy was weliswaar tot 'n mate onder druk
geplaas deur die seun van
die oorledene,
maar dan sal ook dadelik in gedagte
gehou word dat die
oorledene se seun
geen werklike feite gehad het waarmee
hy hom kon
inkrimineer nie, dit kon
hoogstens die uitspreek van 'n suspisie
teenoor
die polisie gewees het deur die
seun dat 'MG' iets te doen gehad het
met
die moord, maar 'MG' het geweet
die seun van die oorledene was nie by
nie
en hy kan suspisies teenoor die
polisie opper tot hy blóu in sy
gesig
is, maar solank hy nie feite het om
hom te inkrimineer nie kan die
polisie
hom hoogstens daarvan beskuldig dat hy
iets weet en niks verder
nie. In
daardie /40
-40-
daardie sin was die druk wat oorledene
se seun op 'MG' geplaas het om
te
praat nie van dieselfde intensiteit
en gehalte, as ek die woorde
gehalte
mag gebruik, as wat normaalweg bestaan
in die geval van 'n gewone
medepligtige
nie. Trouens; deur aan die polisie
te openbaar dat hy self 'n
mindere rol
gespeel het, maar tog nog altyd 'n
rolgespeel het van
medepligtigheid in
die moord, het 'MG' die risiko geloop
dat hy seer
sekerlik self ook aangekla
mag gewees het aan hierdie moord.
Daar is geen
getuienis voor ons dat 'MG'
die versekering gehad het van enig-
iemand dat
hy hom nie self eventueël
in die beskuldigdebank gaan bevind
nie en
dat wie ook al die vervolgende
gesag was daardie tyd, nie dalk een
van die
ander beskuldigdes vir wie hy
geënkrimineer het as getuie teen
hom
self kon gebruik nie. Daarom, in
ons oordeel, is die feit dat hy
homself
as medepligtige openbaar het in die
misdryf 'n faktor wat op 'n
besondere
wyse /41
-41-
wyse spreek teen die suggestie dat hy
in die uitvoering van "n
sameswering
valse getuienis voor die Hof gebring
het en dat hy dit gedoen
het, op aan-
drang en ter knieval van 'Kaffer Des'
en sy agterryer, 'Spyker'."
Hierdie benadering tref 'n onderskeid tussen Collins in die
onderhawige
saak en die "geval van 'n gewone medepligtige"
en ontleen in werklikheid uit
blote mededaderskap steun
vir die bevinding dat hy nie deel is van 'n
sameswering nie.
As sodanig verontagsaam die Hof a quo die aandrang op
risiko-
verminderende faktore by die beoordeling van
medepligtige
getuienis soos neergelê in Rex v Ncanana, supra.
Die gevaar
in die geval van Collins dat hy ander valslik kan
inkrimineer
en in die plek van werklike boosdoeners plaas of dat hy sy
leuens /42
-42-
leuens so kan inklee dat hulle
'die skyn van waarheid dra is
net so groot as in die geval van enige ander
deelnemer in
'n misdaad. Dit, so kom dit my voor, het die Hof a
quo
nie besef nie en die benadering dat dit "vreemd" is dat hy
homself
inkrimineer gaan nie op nie: die rol wat hy aan
homself toegeken het is 'n
minderwaardige rol. Vermoedelik
sou Collins wel deeglik besef dat in die
kringe waarin hy
beweeg selfs 'n getroue vriend hom geredelik en sonder
veel
gewetenswroeging kan verraai en dat samewerking met die Staat
en
verklikkers aan hom veilige vrywaring kan bied. Dit
blyk nie uit die
uitspraak dat die Hof a quo dit oorweeg het
nie.
'n Laaste punt van kritiek teen die aanvaarding
van /43
-43-
van Collins se getuienis, is dat die Hof a quo ligtelik
sy
verduideliking aanvaar waarom hy vir vier maande lank die
swye bewaar
het ten aansien van die appellante se beweerde
betrokkenheid. In
hiérdie verband lui die uitspraak:
"'n Verdere vraag waarmee ons moes handel
en wat ons trompop moes ontmoet
in
ons beoordeling van hierdie getuie,
is hoekom hy vir vier maande lank
ge-
wag het voordat hy sy kennis aan die
polisie openbaar het? In ons oordeel
het 'MG' oortuigende en aanvaarbare
redes gegee waarom hy hierdie
vier
maande gewag het. Ons het in ag
gehou die feit dat hy 'n jong
kêreltjie
is, dat hy 'n ondergeskikte was, maar
'n klein mannetjie
in hierdie misdadige
kultuur en wêreld waarin hy geleef
het, 'n
wêreld waarin, so kom dit ons
voor, 'n man se lewe ook in elk
geval
nie veel werd was nie en waarin mo-
ralitiet ook nie 'n baie
belangrike
rol /44
-44-
rol gespeel het nie. Dit kom ons
voor dat sy versekering aan
hierdie
Hof dat hy bevrees was, inderdaad op
vaste skroewe gestaan het,
dat daar
inderdaad grondige rede was vir hom,
as ons oordeel aan die hand
van al
die getuienis wat ons hier gehoor het
om te vrees dat hy self ook
uit die
weg geruim gaan word, omdat hy 'n be-
dreiging was en steeds
solank hy geleef
het 'n bedreiging sou wees vir die drie
beskuldigdes, wat
hy sê die moord ge-
pleeg het. Dat daar altyd die gevaar
bestaan het
in die gemoed van daardie
drie manne teen wie hy getuig, dat hy
kon
'praat'.
Dit is so, en dit is al drie van
ons se ervaring, my twee
assessore
synde beide baie ervare en onderlegde
regspraktisyns, dat in
hierdie bendekul-
tuur 'n man se lewe soms verkoop word
vir baie min of
verdiskonteer word
vir 'n baie klein prys. Dit kom ons
voor uit ons eie
ervaring en ook ge-
oordeel aan die hand van die getuienis
voor /45
-45-
voor ons, dat dit inderdaad in daardie
besondere wêreld waarin hy
hom bevind
het groot moed sou kos vir enige man
om op te staan en 'n
vinger te wys.
Om die vinger te lê op een van jou
medebendelede en
om trouens die vinger
te lê op jou leier vir die pleging van
'n
moord, sou 'n onvergeeflike sonde
kon wees, geoordeel die aard van
die
bendestruktuur waarin hy hom bevind het.
Dit kon fataal wees en is
moontlik selfs
nou nog fataal vir hom. In die lig
hiervan is dit dan ook
nie vir ons
vreemd dat dit met groot huiwering en
na baie wroeging was wat hierdie
klein
mannetjie uiteindelik die moed bymekaar
geskraap het, na so 'n lang tydperk,
om sy verhaal aan die polisie te
gaan
vertel nie en dit te gaan vertel op
so 'n wyse dat hy self inderdaad
ge-
Inkrimineer word in die handelinge
waaroor hy verhaal."
Collins het in sy getuienis erken dat hy oorspronklik en
kort /46
-46-
kort na die pleeg van die misdaad aan speurder
Cornelissen
gesê het dat hy "nie 'n dooie woord" van die moord weet
nie.
Daarna,so gee hy uiteindelik voor, het hy vir vier maande
lank met
die kennis dat die drie appellante die boosdoeners
is in sy gemoed
rondgeloop, voor hy hom ontboesem het.
Gedurende hoofondervraging was sy
getuienis dat hy aanvanklik
nie vir die pclisie iets gesê het nie omdat
hy bang was
vir die appellante maar dat hy dit na die verloop van
vier
maande aan Spyker vertel het nadat hy (Spyker) die appellante
"laat
optel het". Gedurende kruisondervraging het sy ge-
tuienis 'n ander kleur
aangeneem. Toe het hy vertel dat hy
op 'n Donderdag in September 1983 gehoor
het dat die appellante
gevang is in verband met 'n ander moordsaak. Op die
Sondag
daarna /47
-47-
daarna het hy aan Spyker en oorledene se seun vertel dat hy
alles
weet. Hy was uiters onseker oor die volgorde waarin
hy hulle vertel het:
aanvanklik dat hy vroeg die oggend vir
Spyker vertel het en daarna om l0vm
vir die seun; kort daarna
het hy die volgorde omgedraai en toe weer sê
hy "ek weet nou
nie of ek vir Spyker eerste gesê het" en feitlik
onmiddellik
daarna dat hy "seker" is dat hy die eerste vir die
seun
gesê het. Op hierdie stadium, d w s gedurende kruisonder-
vraging, het hy 'n ander rede voorgehou waarom hy die inlig-
ting verskaf
het: hy het gesien dat die seun, met wie hy
saamgewerk het "treur" oor sy pa
- "dit is op dié manier
wat ek uitgekom het met die ding". Dit is 'n
heel ander
rede vir sy optrede. Teen die geheel agtergrond van Collins .
se /48
-48-
se getuienis blyk dit dus dat hy verklaar het dat hy
wel
bevrees was en die swye bewaar het tot die appellante agter
slot en
grendel was maar dat sy meegevoel vir die treurende
seun ook 'n daadwerklike
rol gespeel het in sy besluit om
die aap uit die mou te laat. In die passasie
in die uit-
spraak hierbo aangehaal word bevind dat "hierdie
klein
mannetjie" se vrees die "vaste skroewe" is waarop die
ver-
duideliking van sy traagheid aanvaar behoort te word. Indien
Collins
se gevoel van jammerte ook 'n beduidende faktor in
sy besluit was, soos hy
aan die hand doen die geval was,
dan is die verduideliking vir die vertraging
wat die Hof a guo
as "grondige rede" beskou nie ten volle aanvaarbaar
as die
enigste of selfs 'n betekenisvolle rede nie.
Die /49
-49-
Met inagneming van die faktore
hierbo genoem nl die
versuim van die Hof a quo om behoorlik ag te
slaan op Collins se mis-
dadige agtergrond en tekortkominge in sy karakter,
sy redelike
moontlike noue verband met Spyker en sy meegevoel met
die
oorledene se seun sowel as die onbevredigende toepassing
van die
versigtigheidsreël met betrekking tot medepligtiges,
is dit, na my
mening, uiters gevaarlik om saam te stem met
die Hof a quo se bevinding dat daar op Collins se getuienis
staatgemaak kan word. Dit is te meer die geval indien
voor oë gehou word dat daar nie Yi grieseltjie bloed by of naby
die beweerde slagplek of aan enige van die appellante se
klere gevind is
nie en dat die kombers waarin die lyk toege-
draai was en bebloed moes gewees
het, nooit gevind, aan die
Hof /50
-50-
Hof vertoon is of met die appellante verbind is nie.
In sy betoog voor ons het die advokaat vir die Staat
daarop gewys dat die
appellante leuenagtige en swak getuies
deur die Hof a quo bevind is,
en dat dit die saak vir die
Staat versterk. Vir die doeleindes van hierdie uitspraak
kan aanvaar word dat hierdie bevindinge tereg gemaak is.
Leuenagtigheid
tel natuurlik teen 'n beskuldigde en kan bydra
tot sy,skuldigbevinding mits
daar ander gronde vir die
skuldigbevinding bestaan. Die onaanvaarbaarheid van
die
getuienis van Ann Cornelius, Eva Felix en Brian Collins en
die uiters
swak gehalte daarvan skakel egter in hierdie saak
sodanige ander gronde uit.
Die eindresultaat is dat daar
geen geloofwaardige getuienis aangevoer is wat
die appellante
aan /51
-51-
aan die gepleegde misdade verbind nie.
My gevolgtrekking is dus dat die skuld van die
appellante nie buite
redelike twyfel bewys is nie en dat
die appelle behoort te slaag. Die
skuldigbevindinge en
vonnisse word tersyde gestel.
APPÉLREGTER
TRENGOVE, AR)
stem saam
HOEXTER AR)