South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 120
| Noteup
| LawCite
S v Davids (15/85) [1985] ZASCA 120 (19 November 1985)
Download original files |
SIMON DAVIDS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
SAAK NO 15/85
/CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLHOF)
In
die saak tussen
SIMON DAVIDS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: TRENGOVE, BOSHOFF ARR et
CILLIé Wnde AR
VERHOOR: 8 NOVEMBER 1985
GELEWER: 19 NOVEMBER 1985
UITSPRAAK
TRENGOVE, AR:
Die/
Die appellant, 'n negentienjarige Swartman,
is op 6 Desember 1984 in die Suid-Oos Kaapse Plaaslike
Afdeling aan moord, met versagtende omstandighede, op
ene Reginal Mabandla Mkohlo (die oorledene) skuldig be-
vind en hy is gevolglik tot 10 jaar gevangenisstraf ge-
vonnis. Hy kom met verlof van hierdie hof - verleen
kragtens die bepalings van artikel 316(8)(a)(ii) van
die Strafproseswet 51 van 1977 - in hoër beroep teen sy
vonnis. Daar is namens die appellant betoog dat die
vonnis in die lig van al die feitlike omstandighede on-
redelik swaar is en dat dit deur 'n gepaste vonnis
vervang behoort te word. Dit is die enigste werklike
geskilpunt in hierdie appèl.
Die/......
2.
3.
Die verhoorregter het die staatsgetuies se
weergawe van die omstandighede
waarin die oorledene om
die lewe gebring is, aanvaar. Dit is in breë
trekke
soos volg. Teen die vroeë aand van Saterdag 29 Oktober
1983
was die appellant by sy huis in die Swartwoonbuurt
op Humansdorp. Hy was daar
saam met 'n jonger suster en
nog twee meisies. Een van hulle was sy vrymeisie, Sarah
Mandeka. Om ongeveer 18h30 het die oorledene en nog 'n
man heeltemal onverwags daar opgedaag. Laasgenoemde het
net 'n rukkie daar vertoef. Hy was gevolglik nie by die
verdere gebeure
betrokke nie. Die appellant en sy
suster het die oorledene geken maar dit was
blykbaar die
eerste keer wat hy daar by hulle huis aangekom het.
Hy/
4.
Hy was opsigtelik onder die invloed van drank, hy was in
'n
astrante stemming en hy het daarop aangedring dat hy
bier wil hê. Toe
die appellant se suster aan hom sê
dat hulle net sorghumbier het, en
Sarah byvoeg dat hy
hulle blykbaar "try", soos dit in die oorkonde
gestel
is, het die oorledene hom vererg. Hy het vir Sarah
in die gesig
geklap en toegevoeg dat hy nie "daardie
nonsens" drink nie. Soos te begrype
is, het die oor-
ledene se optrede die appellant ontstel en toe hy
die
oorledene vra waarom hy vir Sarah klap, pluk die oor-
ledene 'n mes
uit en snou die appellant toe "ja jy wil
ook kom nonsens aanjaag". Die
appellant probeer toe
om die mes by die oorledene af te neem. Hulle gryp
mekaar/
5.
mekaar vas en begin stoei om die besit van die mes.
Met die gestoei
is hulle naderhand uit die
huis uit waar hulle toe met die gestoei voortgaan
in 'n
gangetjie wat langs die huis na die straat loop. Die
appellant het
daarin geslaag om die mes by die oorledene
af te neem. Toe dit gebeur,
retireer die oorledene in
die rigting van die straat terwyl die appellant
hom
nader met die mes in sy hand. Op daardie tydstip het
die oorledene se
buurman, Elias Tebekana, toevallig
daar verbygekom. Hy het gesien hoedat die
appellant
met die mes na die oorledene steek, maar die'hou het
hom nie
getref nie. Die oorledene het gegly, opgestaan
en weer agteruit beweeg. Die
appellant het hom steeds
met/
6.
met die mes in sy hand genader. Elias Tebekana wou
die
appellant keer. Toe hy ongeveer drie tree van hom
af was, sien hy hoedat die
appellant die oorledene een
hou met die mes in die bors steek. Hy het
tussenbeide
getree, die appellant vasgevat en hom gesê om terug
te
gaan na sy huis. Die appellant het geen weerstand ge-
bied nie en
sonder meer sy aanval op die oorledene ge-
staak. Daarna het Elias Tebekana
'n persoon met 'n bakkie
gekry om die oorledene na die hospitaal te vervoer.
Hy
het op pad daarheen beswyk. Intussen is die appellant
terug na sy huis.
Later het vriende van die oorledene
daar opgedaag. Hulle wou blykbaar die
appellant in
die hande kry. Hy het egter by 'n venster uitgeglip en
na/
7.
na die polisiestasie gehardloop waar hy homself oorge-
gee het.
Die na-doodse ondersoek van die liggaam
van oorledene het getoon dat hy as
gevolg van 'n steekwond
in die hart, en bloeding in die hartsak, gesterf het. 'n
Ondersoek van 'n
bloedmonster van die oorledene het getoon
dat die alkohol-konsentrasie daarin
0,22 gram per 100
milliliter was. Dit beteken dat hy ten tyde van sy
dood
redelik erg onder die invloed van drank was. 'n Soort-
gelyke
ondersoek in die geval van die appellant het ge-
toon dat hy waarskynlik ook
die betrokke aand onder
die invloed van drank was. In sy geval was die
alkohol-
konsentrasie 0,15 gram per 100 milliliter. Dit blyk
ook/
8.
ook dat die appellant 'n aantal vorige veroordelings
het. Hy is op 22
Maart 1978 skuldig bevind aan huis-
braak met die opset om te steel, en
diefstal, by 'n
drankwinkel en op 18 April 1978 gevonnis tot lyfstraf
van
ses houe met 'n ligte rottang. Daarna is hy op 29
Julie 1980 skuldig bevind
op een klagte van openbare
geweld, een klagte van poging tot moord, en
twee
klagtes van aanranding met die opset om ernstig te
beseer. Hy is by
die geleentheid gevonnis tot 2
jaar gevangenisstraf op die eerste klagte en 6
maande
gevangenisstraf op elkeen van die ander klagtes wat
gelyktydig met
die vonnis op die eerste klag uitgedien
moes word. Dit blyk dat hierdie vier
klagtes uit 'n
enkele/
9.
enkele insident voortgespruit het. Wat hierdie
oortredings betref, het die
verhoorregter die
mededeling van die appellant se advokaat daarom-
trent
aanvaar naamlik: "dat die beskuldigde in
hierdie gevalle saam met ander mense
opgetree het
en dat hulle in 'n groep gehandel het. Hulle het
as a groep blykbaar die klaer of klaers met klippe
bestook, met stokke en kieries te lyf gegaan en
hulle geskop." Dit strook met die gegewens wat
op vorm SAP 69 in verband
met die onderskeie klagtes
verstrek word. En dit is waarskynlik ook die
rede
waarom die appellant op die klagte van poging tot
moord slegs ses
maande gevangenisstraf opgelê is.
Die/
10.
Die verhoorhof is ook meegedeel dat die appellant
nooit skoolgegaan het
nie en nie enige opleiding
vir een of ander besondere soort werk ontvang het
nie.
Teen hierdie agtergrond kom ek nou by
die verhoorregter se
benadering tot die moeilike
probleem van straftoemeting. Hy beklemtoon
tereg
dat die appellant aan 'n besondere ernstige misdaad
skuldig bevind
is. Dit is inderdaad die geval. Moord is uiteraard altyd 'n ernstige misdaad.
Die
verhoorregter het verder aanvaar dat die appellant
"redelik onder die
invloed van drank was deurdat hy
'n bloed alkohol bestanddeel gehad het van
,15 gram
per/
11.
per 100 milliliter bloed". Dit blyk nie uit die
oorkonde presies hoe laat in die aand hierdie bloed-
monster getrek is nie. Dit is dus selfs moontlik
dat die alkohol-konsentrasie in die appellant se
bloed ten tyde van die gewraakte voorval hoër kon
gewees het. Die
appellant het getuig dat hy die
betrokke dag 'n halwe bottel, of selfs meer,
"Black
Label Brandy" gedrink het, asook 'n glas wyn. Die
verhoorregter verwys ook
na "die provokasie deur
die oorledene wat ongenooid die beskuldigde se huis
betree het en kom
skoor soek het en wat uiteindelik
'n lang moordadige mes te voorskyn gehaal
het". Na my
oordeel/
12.
oordeel was daar ernstige provokasie in die
onder-
hawige geval. Dit is duidelik dat die oorledene
die aanvanklike
aggressor was. Hy was beledigend
en uittartend, hy het vir Sarah in die gesig
geklap
en toe die appellant hom teregwys, haal hy die mes uit.
In daardie
omstandighede kan dit die appellant nouliks
verkwalik word dat hy probeer het
om die oorledene te
ontwapen. Die fout wat hy gemaak het was ommet
die
aanval aan te gaan nadat hy die mes in die hande gekry
het. Die
verhoorregter het, na my oordeel, ook tereg
bevind dat die appellant nie die
direkte opset gehad het
om die oorledene om die lewe te bring nie. Die
ver-
hoorregter het tereg ook die "jeugdige ouderdom" van
die/
13.
die appellant as 'n versagtende omstandigheid aanvaar.
Hy
was egter ongeneë om te aanvaar dat die appellant
ten tyde van die
verhoor slegs 19 jaar oud was. Na
my mening was dit 'n mistasting wat, soos
ek weldra sal
aantoon, ook die verhoorregter se beoordeling van die
erns
van die appellant se vorige oortredings beïnvloed
het. Die appellant se
ouderdom is in die klagstaat as
19 jaar aangegee. Hy het daarbenewens getuig dat hy
19 jaar oud is en hy is nie daaromtrent ondervra nie.
Die verhoorregter sê egter in dié verband:
"Ek het egter nou my bedenkinge oor daardie
aspek van die saak daar dit
uit die vorige
veroordelings wat deur die beskuldigde
erken is, blyk dat
hy in 1980 twee jaar
gevangenisstraf opgelê is weens sekere
oortredinge./
14.
oortredinge. Dit is reeds 4 jaar gelede
en moet inhou dat hy toe 15 jaar
oud was.
Dit kom my hoogs onwaarskynlik voor dat
enige Hof 'n 15 jaar oue
kind tot 2 jaar
gevangenisstraf sou gevonnis het. Die
beskuldigde is dus
heelwaarskynlik ouer
as 19 jaar."
Ek kan nie met hierdie benadering saamstem nie. As
die verhoorregter vanweë die gegewens in vorm SAP 69
bedenkinge gehad het oor die appellant se ouderdom moes
hy verdere navrae
hieromtrent laat doen het. By ont-
stentenis van enige verdere inligting in
dié verband
moes die verhoorregter, na my mening, ten gunste van
die
appellant aanvaar het dat hy waarskynlik 19 jaar oud is
en dat hy dus
nog baie jonk moes gewees het toe hy die
vorige oortredings begaan het. Wat
laasgenoemde
oortredings/
15.
oortredings betréf sê die verhoorregter verder in
sy
uitspraak: "Dit blyk uit die lys van vorige oortredings
van die
beskuldigde dat hy iemand is wat geweldadige
neigings het..." Na my oordeel is dit ook 'n mis-
tasting. Die feit dat 'n jong seun by een geleentheid
in 'n voorval van geweld, soos hierbo bestryf, betrokke
was, regverdig nie die afleiding dat hy 'n persoon met
"geweldadige
neigings" is nie.
Om saam te vat. Hoewel die verhoorregter
die onderskeie versagtende omstandighede by die straf-
toemeting in ag geneem het, het hy hulle, na my oor-
deel, nie behoorlik na waarde beoordeel nie. Hy het
hulle nie swaar genoeg ten gunste van die appellant
laat/
16.
laat tel nie. Daarenteen het hy die erns van
die
appellant se vorige oortredings oorbeklemtoon.
Hierdie hof is dus
geregtig om in te gryp en 'n
gepaste vonnis op te lê. Alles in ag
genome, sal
'n vonnis van ses jaar gevangenisstraf, na my pordeel,
'n
gepaste vonnis wees:
Die appèl slaag. Die vonnis word ter
syde gestel en vervang deur 'n vonnis van 6 jaar ge-
vangenisstraf.
TRENGOVE, AR
BOSHOFF, AR )
Stem saam
CILLIé, Wnde AR)