South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 121

| Noteup | LawCite

Setsokotsane Busdiens (Edms) Bpk v Voorsitter van die Nasionale Vervoerkommissie en 'n Ander (61/84) [1985] ZASCA 121 (21 November 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


61/84

/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA.
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen

SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK APPELLANT

en

DIE VOORSITTER VAN DIE NASIONALE
VERVOERKOMMISSIE 1STE RESPONDENT

TEBOHO KENNETH LEBAKA h/a TEBOHO

TOURING BUS SERVICE 2DE RESPONDENT

CORAM : RABIE, HR, MILLER, HEFER, GROSSKOPF,

BOSHOFF, ARR

VERHOORDATUM : 16 AUGUSTUS 1985
LEWERINGSDATUM: 21 NOVEMBER 1985

UITSPRAAK

BOSHOFF, AR
Die appellant-maatskappy, applikant in die
hof benede, kom in hoër beroep teen die uitspraak van

van Coller R,/

2.
van Coller, R, (waarmee van der Merwe R saamgestem
het) in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling,
ter afwysing met koste van "n aansoek vir die her-
siening en tersydestelling van 'n beslissing van die
eerste respondent, die Nasionale Vervoerkommissie, ook
die eerste respondent in die hof benede, gemaak bp
13 Julie 1981. Ingevolge hierdie beslissing het die
genoemde kommissie 'n aansoek van die tweede respondent,
ook tweede respondent in die hof benede, kragtens die
Wet op Padvervoer nr 74 van 1977, hierna genoem "die Wet",
toegestaan vir 'n openbare padvervoerpermit ten opsigte
van 'n nege-en-sestig-persone passasiersbus, wat nog
aangeskaf moes word. Die permit is vir die vervoer van
"Black persons who have organised themselves into a party

and/

3.

and their personal baggage, from Qwaqwa to places
situated within the Republic of South Africa and
back to the place where the party was picked up
in the first instance: Subject to the express
condition that the conveyance of such a party may
only be undertaken if the same party undertakes
the forward and return journey as a unit with the
sole purpose of attending one or more of the
following:
(i) a wedding (ii) a funeral (iii) a
religious gathering (iv) a sport meeting, whether
as participants or as spectators; (v) a picnic
or any similar kind of organised entertainment or
recreation."

Die/

4.
Die verdere voorwaardes van die permit is

op die oomblik nie van belang nie.

Die appellant bedryf die besigheid van

openbare padvervoerdiens en verskaf dienste in

die gebied van Qwaqwa, voorheen bekend as Witsies-
hoek. Die appellant is die houer van 56 openbare
padvervoerpermitte ten opsigte van 56 passasiers-
busse. Een van die permitte is vir wat in die permit
as roete 20 aangedui word, vir nie-blanke persone wat
hulleself in 'n groep georganiseer het en hulle per-
soonlike bagasie, vanaf Witsieshoek en vanaf Domi-depots
op Harrismith en Bethlehem na punte geleë binne 'n
radius van 480 kilometers vanaf die Hoofposkantoor
op Witsieshoek en terug, onderhewig aan die uitdruklike

voorwaarde/

5.
voorwaarde dat:

(i) die vervoer van so 'n groep persone slegs

onderneem mag word indien dieselfde groep as 'n

eenheid die heen- en terugreis onderneem met

die uitsluitlike gemeenskaplike doel om 'n troue,

begrafnis, godsdienstige byeenkoms, 'n sportbyeen-
koms (hetsy as deelnemers of as toeskouers), 'n
piekniek of enige ander soortgelyke vorm van ge-
organiseerde vermaak of ontspanning by te woon;

(ii) die terugreis binne 24 uur na voltooiing
van die heenreis onderneem moet word.

Die appellant het in die hof benede
aansoek gedoen vir die hersiening en tersyde-
stelling van die kommissie se beslissing op die
grond dat die kommissie, volgens die bewerings

van die/

6.
van die appellant, nie die voorgeskrewe wetsvoor-

skrifte behoorlik nagekom het nie en die beslissing

dus ongeldig en nietig is.

Die kommissie en die tweede respondent

het hierdie aansoek bestry oa op die grond dat daar
'n onredelike vertraging was voordat die appellant
die aansoek gebring het. Die hof benede het bevind
dat, alhoewel daar nie 'n buitensporige lang vertraging
was nie en alhoewel daar nie benadeling vir enigeen
van die respondente skyn te wees nie, die vertraging
onredelik lank was en nie oor die hoof gesien behoort
te word nie. Die hof benede het gevolglik, sonder
om die meriete van die aansoek te oorweeg, die aan-
soek van die hand gewys met koste.

Die/

7.
Die appellant voer nou aan dat die hof be-

nede gefouteer het deur te bevind dat daar met die

bring van die hersieningsverrigtinge 'n onredelike

vertraging was en verder dat die hof benede sekere

mistastings begaan het toe die hof in die uit-

oefening van sy regterlike diskresie beslis het

dat die vertraging nie oor die hoof gesien behoort

te word nie en die aansoek van die hand gewys moet
word.
Beide die kommissie en die tweede respondent
steun die beslissing van die hof benede.
Vir 'n behoorlike begrip van die saak en die
geskilspunte wat ter sprake kom is dit nodig om eers
na die volgende te verwys.

Die/

8-9.
Die kommissie word deur art 3(1) (c) van die

Wet gemagtig om ooreenkomstig die bepalings van die

Wet oorweging te skenk aan en 'n beslissing te gee of

andersins te handel met 'n aansoek wat kragtens die
Wet by hom gedoen word om die toestaan van 'n permit.

Die Minister van Vervoerwese word deur art

30(1) (a) (i) en (ii) van die Wet gemagtig om regula-
sies uit te vaardig met betrekking tot die inligting
wat met 'n aansoek by die kommissie om die toestaan
van 'n permit ingedien moet word en die prosedure wat
deur die kommissie by die behandeling van so 'n aansoek
gevolg moet word.

Ingevolge art 13(1) moet die kommissie 'n
aansoek om die toestaan van 'n openbare padvervoer-

permit/

10.

permit, wat by hom gedoen word, ontvang en oorweeg
en kan dan daarna, na goeddunke, die aansoek in
sy geheel of gedeeltelik toestaan of dit in sy
geheel of gedeeltelik onderworpe aan die voorwaar-
des of vereistes wat hy nodig ag, toestaan, of die
aansoek weier. Voordat die kommissie 'n aansoek
oorweeg, moet hy luidens art 14(1)(a) die by
regulasie voorgeskrewe besonderhede van die aan-
soek in die Staatskoerant publiseer. Enige belang-
hebbende wat vertoë ter bestryding of ondersteuning
van so 'n gepubliseerde aansoek tot die kommissie
wil rig, moet sodanige vertoë op die wyse eh
binne die tydperk by regulasie voorgeskryf tot die

kommissie/

11.

kommissie rig. Die kommissie moet dan so iemand
toelaat om die voltooide aansoekvorm van die
aansoeker, tesame met enige ander stuk wat die aan-
soeker saam met sy aansoekvorm ingedien het,
kosteloos in te sien en om afskrifte daarvan te
maak by die kantoor van die kommissie waar daardie
aansoekvorm of so 'n ander stuk gehou word, en die
kommissie kan, op versoek van so iemand wat sodanige
vertoë aldus rig, afskrifte van voornoemde stukke aan
hom teen betaling van voorgeskrewe gelde voorsien.

Art 15(1) bepaal watter aangeleenthede die
kommissie by die afhandeling van 'n aansoek in aan-

merking/

12.
merking moet neem. Dit sluit in onder andere, die

mate waarin die vervoer wat verskaf staan te word

in die openbare belang nodig of wenslik is, die

vervoerbehoeftes van die publiek in die gebied of

langs die roete of tussen die punte waarin of waarop
of waartussen die aansoeker voornemens is om vervoer
te onderneem en die bestaande vervoergeriewe wat in
daardie gebied of op daardie roete of tussen daardie
punte vir die publiek beskikbaar is.

Wanneer 'n aansoeker aansoek doen om 'n
openbare permit binne 'n gebied of op 'n roete of
tussen twee of meer punte wat reeds deur bestaande
vervoergeriewe bedien word, rus daar in terme van
subartikel (2) op die aansoeker die las om te bewys

onder/

13.
onder andere dat sodanige bestaande vervoergeriewe

nie bevredigend en voldoende is om in die vervoer-

behoeftes van die publiek in daardie gebied of

langs daardie roete of tussen daardie punte te

voorsien nie en dit met inagneming van die omstan-
dighede in die openbare belang dienstig is om die per-
mit aan hom toe te staan.

Die Wet of die regulasies bepaal nie wie
as 'n belanghebbende by so 'n aansoek ingevolge die
Wet gereken word nie. Dit is ook nie nodig vir
doeleindes van hierdie saak om 'n belanghebbende te
probeer omskryf nie. Op die oog af sluit dit in
enige persoon wat vertoë kan rig tot die kommissie
ter bestryding of ondersteuning van 'n aansoek op
gronde wat luidens die bepalings van die Wet tersake

kan/

14.
kan wees by die oorweging of 'n aansoek toegestaan

of geweier moet word in terme van die bepalings

van die Wet.

Om belanghebbendes die geleentheid te gee
om vertoë tot die kommissie te rig, verg art 14(1)
van die Wet dat die kommissie die by regulasie
voorgeskrewe besonderhede van die aansoek in die
Staatskoerant publiseer, voordat hy 'n aansoek oorweeg.
Die Minister het regulasies uitgevaardig
kragtens die bevoegdheid aan hom verleen by art 30(1)
wat in die Staatskoerant nr 5843 van 30 Desember 1977,
gepubliseer is en deur hom daarna gewysig is. In
terme van regulasie 3(1) daarvan moet 'n aansoek op
die toepaslike aansoekvorm wat deur die kommissie

voorgeskryf/......

15.
voorgeskryf word by die kommissie ingedien word en

'n duidelike antwoord op elke vraag wat op die aansoek

betrekking het moet verskaf word. Ingevolge onder-

regulasie (lA) moet die kommissie, alvorens 'n aansoek

oorweeg word, die volgende besonderhede van die aan-

soek in die Staatskoerant publiseer, (i) die naam
van die aansoeker; (ii) die plek waar die aansoeker

sy besigheid wil dryf; (iii) die aard van die aansoek;

(iv) die aantal en tipe voertuie wat by die aansoek
betrokke is, en (v) die aard van die voorgenome pad-
vervoer.

Soos blyk uit die voorrede van die Wet
is dit die bedoeling van die wetgewer om met die
bepalings van die Wet padvervoer te beheer. Die

toestaan/

16.
toestaan van 'n openbare permit word aan die kommissie

toevertrou en 'n aansoek om so 'n permit mag oorweeg

word slegs nadat alle belanghebbendes 'n geleentheid

gegee is om vertoë ter bestryding of ter onder-

steuning van so 'n aansoek tot die kommissie te rig.
Om te verseker dat belanghebbendes so 'n geleentheid
kry moet die kommissie voorskryf watter inligting

in 'n aansoek verstrek moet word en die kommissie
moet toesien dat die besonderhede van die aansoek
wat in die regulasies voorgeskryf is gepubliseer word

in die Staatskoerant. Die oogmerk van die wetgewer
kan bereik word alleen as die besonderhede volledig
genoeg is om enige persoon wat dit in die Staatskoerant

sien, in die posisie te plaas om te kan oordeel

of hy/

17.
of hy vanweë die bepalings van art 15 van die Wet,

'n belang by die aansoek het om dit te bestry of te

ondersteun. Die besonderhede wat in die aansoek-

vorm verstrek word of in die stukke wat saam met

die aansoek ingedien word, verskyn, is vir hom van

geen hulp op daardie stadium nie want hy mag insae
daartoe hê slegs nadat hy sy vertoë ter bestryding
of ter ondersteuning van die aansoek tot die kommissie
gerig het.

Indien die kommissie hierdie wetsvoorskrifte
nie behoorlik nakom nie word die oogmerke van die
Wetgewer verydel en is sy beslissing onderhewig aan
hersiening onder die tweede soort gevalle waarna

Innes HR verwys in Johannesburg Consolidated Invest-
ment Co Ltd v Johannesburg Town Council 1903 TS 111

op/

18. op Bl 115 en 121.

Op 23 September 1980 het die tweede res-
pondent op die voorgeskrewe aansoekvorm aansoek
gedoen vir 'n openbare permit vir 'n nege-en-sestig-
persone-passasiersbus om swart persone in georgani-
seerde groepe of as toeriste te vervoer. In die
aansoekvorm word o a die volgende besonderhede ver-
lang en verskaf:

"1. (d) Full business address (not postal
address) .. Matsieng Village,
P 0 Mokodumela 9868.
(e) Full postal address .. P 0 Box 24,
Witsieshoek 9870.
4. State in detail between which points and
within which area you wish to undertake
conveyance...

I promise to abide with the Transport
Board's Regulations with all information
needed of my forward and return journeys

as/

19.

as well as the route map; happen my
application succeed for places such
as Bloemfontein, Kimberley, Welkom,
Bethlehem, Secunda, Sasolburg, Ver-
eeniging, Kroonstad, Pretoria, Pieters-
burg, Transkei, Durban, Sun City,
Manzini.

6. State reason why existing transport

facilities cannot be used. Letters and
documents in support of the application

may be submitted The existing

transport facilities, namely Setsokotsane
Bus Service which is the only existing
transport and few taxis within the
homeland can really not coup (sic) with
the heavy population demand on organised
parties, church services and tourism etc."

Ter ondersteuning van sy aansoek het die
tweede respondent briewe van 7 organisasies in die
Qwaqwa gebied, wat melding maak van 'n behoefte aan
vervoergeriewe in die gebied, saam met sy aansoek
ingedien.

Op/

20.
Op 7 Januarie 1981 het die Voorsitter

van die kommissie, met verwysing na die tweede

respondent se aansoek, in 'n brief aan die tweede

respondent verklaar dat dit nie duidelik is in
watter gebied hy die vervoerdienste wil onderneem

nie en gevra dat hy meer spesifiek moet wees,soos
byvoorbeeld"binne die Republiek van Suid-Afrika."
Op 19 Januarie 1981 het die tweede respondent
toe in 'n brief geantwoord dat hy graag die vervoer-
dienste binne die Republiek van Suid Afrika sou wou
onderneem.
Die kommissie het besonderhede van die
aansoek, tesame met besonderhede van ander aansoeke,
in die Staatskoerant nr 7441 van 27 Februarie 1981

gepubliseer/
21.
gepubliseer onder die opskrif "Aansoek om openbare

padvervoerpermitte." In die eerste paragraaf verskyn

die volgende verduideliking en voorskrif:

"Die onderstaande aansoeke om openbare pad-
vervoerpermitte, met aanduiding van (1)
verwysingsnommer en plek waar die aansoeker
sy besigheid wil bedryf, (2) naam van
aansoeker en die aard van die aansoek,
(3) die aantal en tipe voertuie, (4) die
aard van die voorgenome padvervoer, en
(5) plekke waartussen en roetes waaroor
of gebied waarin die voorgestelde vervoer
sal plaasvind, word kragtens die bepalings
van artikel 14(1) van die Wet op Pad-
vervoer, 1977 (Wet 74 van 1977) gepubli-
seer.
Ingevolge regulasie 4 van die Padvervoer-
regulasies, 1977, moet skriftelike vertoë
ter ondersteuning of bestryding van hierdie
aansoeke in viervoud binne 21 dae vanaf die
datum van hierdie publikasie aan die aan-
geduide adres gerig word."

In die geval van tweede respondent se

aansoek/

22.

aansoek moes die vertoë gerig word aan Die

Direkteur-generaal, Vervoer, Afdeling Padvervoer,

Privaatsak X193, Pretoria, 0001. Die besonderhede

van die aansoek word as volg uiteengesit:

"Dl8/6/1637(A8/4) -BL0EMF0NTEIN.(2) Teboho
Kenneth Lebaka, trading as Teboho Touring
Bus service, Mokodumela; application for
public carrier permit. (3) One 69-passenger-
bus to be acquired. (4) Black tourists and
their personal effects and Black organised
parties and personal effects. (5) Within
the Republic of South Africa."

Dit dien hier gemeld te word dat Mokodumela
die amptelike naam van die poskantoor in die woon-
gebied Manguang in die gebied van Qwaqwa is en
volgens die tweede respondent gebruik hy Mokodumela
as sy besigheidsadres omdat dit die plek is waar hy

sy/

23.
sy pos en telefoonoproepe ontvang.

Eddie Molingoane, die assistentbestuurder

van die appellant, wat die hersieningsverrigtinge

namens die appellant ingestel het, is die persoon
wat vir die appellant die kennisgewings in die

Staatskoerant weekliks nagaan om vas te stel of
daar aansoeke is wat, indien hulle toegestaan word,
die appellant se openbare permit nadelig mag affek-
teer. Hy het van die besonderhede van die betrokke
aansoek van die tweede respondent, soos dit gepubli-
seer was in die Staatskoerant, verstaan dat die
tweede respondent sy besigheid ten opsigte van die
aangevraagde permit vanuit Bloemfontein wou bedryf
en dat die padvervoer wat hy wou onderneem binne

die/

24.
die gebied van die Republiek van Suid-Afrika sou

plaasvind. Hy het geen nadeel vir die appellant,

wat sy besigheid in Qwaqwa bedryf en sy padvervoer

vanaf Qwaqwa laat plaasvind, in die toekenning van

die aansoek gesien nie. Appellant het gevolglik
geen stappe gedoen om vertoë teen die toestaan van
die aansoek te rig nie.

Omdat die gepubliseerde besonderhede aan-
gedui het dat die vervoer binne so 'n uitgebreide
gebied soos binne die Republiek van Suid-Afrika
sou plaasvind, het twaalf instansies van oor die hele
land skriftelike vertoe gerig teen die toestaan van
die aansoek aangesien elkeen van hulle bekommerd was
dat die toestaan van so 'n openbare permit op hulle

passasiersbusdienste/....

25.
passasiersbusdienste inbreuk sou doen. Toe die

kommissie die aansoek op 13 Julie 1981 moes aanhoor,

het tien van hierdie beswaarmakers opgedaag om hulle

besware voor die kommissie te lê. Met die aanhoor

van die aansoek het die tweede respondent aan die
kommissie gesê dat hy graag toeriste wou vervoer
vanaf Qwaqwa na punte binne die Republiek van
Suid-Afrika en terug aangesien daar 'n groot behoefte
vir sodanige soort padvervoer is. Dit het daartoe
aanleiding gegee dat die voorsitter van die kommissie
die volgende opmerking teenoor die tweede respondent
gemaak het: "Jy wil net vanaf die Qwaqwa af vervoer.
Hoekom het jy nie aansoek gedoen nie, want al die
beswaarmakers het van ver af gekom." Die voorsitter

het/

26.
het hom toegelaat om sy aansoek te wysig. Nege

van die tien beswaarmakers het toe hulle besware

teruggetrek. Die kommissie het bygevolg die aan-

soek in die gewysigde vorm toegestaan en 'n open-

bare permit uitgereik in die voeë wat reeds genoem

is.

Die kommissie was in 'n groot mate te blameer
vir die onbevredigende posisie waarin die beswaar-
makers hulle bevind het. Die besonderhede wat in
die aansoekvorm verstrek is en wat ook gepubliseer
is, maak dit onmoontlik vir enigeen om enige idee
te vorm van wat die aansoek in werklikheid behels
en of hy daardeur geraak gaan word. Dit is ook
moeilik om te begryp hoe die kommissie ooit in
staat kon wees om die bepalings van art 15 met die

aanhoor/
27.
aanhoor van so 'n vae aansoek behoorlik te kon toepas.
Indien die kommissie vooraf behoorlike aandag aan
die besonderhede van die aansoek en die stukke wat .
daarmee saam ingedien is, gegee het, sou die kom-
missie opgemerk het dat die tweede respondent
'n vervoerdiens wou verskaf waar die vervoerdienste
van die appellant tesame met 'n paar taxis in die
tuisland, vermoedelik Qwaqwa , die bestaande ver-
voergeriewe is. Die stukke wat ingedien is han-
del ook uitsluitlik met die behoefte aan die beson-
dere soort vervoergeriewe wat die appellant in die
Qwaqwa gebied verskaf. Die aansoekvorm toon ook nie
'n plek aan waar die tweede respondent sy besigheid
wil bedryf nie. Indien enige, toon dit net 'n

posadres/

28.
posadres aan. Met 'n bietjie navraag kon die

kommissie presies vasgestel het by watter plek

hy sy padvervoerdiens wou bedryf.

In die gepubliseerde besonderhede was

daar gevolglik niks wat enige aanduiding kon gegee

het dat die tweede respondent 'n openbare permit
wou gehad het om binne en vanuit die Qwaqwa gebied

'n padvervoerdiens te bedryf nie. Daar was ook niks

waarvan afgelei kon word dat 'n openbare permit vir

daardie gebied moontlik, in die voeë waarin dit
wel toegestaan is, toegestaan kon word nie. Die
gebeure met die aanhoor van die aansoek het getoon
hoe belangrik dit is dat die aansoek self en ook die
besonderhede daarvan wat gepubliseer word, 'n taamlike

getroue/

29.

getroue idee gee van die plek waar en vanwaar

die padvervoerdiens gaan bedryf word.
Molingoane beweer dat die gepubliseerde
besonderhede hom mislei het en laat verstaan het
dat die tweede respondent sy besigheid by Bloem-
fontein wou bedryf. Volgens hom is die plek vanwaar
die permithouer van 'n permit vir vervoerdienste van
die betrokke aard sy besigheid bedryf van deurslag-
gewende belang wat kompetisie met ander permit-
houers betref. Dit is die plek waar hy aan 'n
behoefte aan vervoergeriewe voorsien en hoofsaaklik
sy klandisie werf.
Ondanks die betoë tot die teendeel van
Adv Visser namens die kommissie en Adv Geldenhuys

namens/

30.
namens die tweede respondent, is dit

waarskynlik dat Molingoane inderdaad deur die

besonderhede mislei was. Die genommerde besonder-

hede is eintlik onduidelik soos dit verskyn tensy

daar verwys word na die verduideliking in die eerste

paragraaf van die Staatskoerant. Daarvolgens dui

(1) op die verwysingsnommer en die plek waar die

aansoeker sy besigheid wil bedryf en (2) op die naam

van die aansoeker en die aard van die aansoek. Aan

die hand hiervan is dit redelik om te aanvaar dat

wat in die Staatskoerant gepubliseer was as:

"D18/6/1637 (A8/4) - BLOEMFONTEIN (2) Teboho Kenneth

Lebaka, trading as Teboho Touring Bus Service,

Mokodumela; application for public carrier permit."

dui/

31.
dui op (1) die verwysingsnommer en plek waar die aan-
soeker sy besigheid wil bedryf en (2) op die naam
van die aansoeker en die aard van die aansoek.
Namens die respondente is aangevoer dat
Bloemfontein deel van die verwysingsnommer is. Dit
is egter eerder 'n plek as 'n nommer en Molingoane kan
nie verkwalik word as hy verstaan het dat Bloemfontein
die plek is waar die tweede respondent sy besigheid
wou bedryf nie.

Inderdaad was die Tweede respondent nooit van

plan om sy besigheid in Bloemfontein te bedryf nie. Trouens
daar was ook niks in die gepubliseerde besonderhede nie
wat enigsins 'n aanduiding aan Molingoane gegee het dat
die aansoek vir die soort van padvervoer was waarvoor
uiteindelik aansoek gedoen was en wat toegestaan is.

Appellant/
32.
Appellant, as die permithouer van 'n be-
staande vervoerdiens wat onder die bepalings van
art 15(1) beskerm word, het as gevolg van die
publikasie van die misleidende en gebrekkige beson-
derhede nie vertoë tot die kommissie gerig nie en
die kommissie het dus sonder dat die appellant 'n
geleentheid gehad het om vertoë te rig, die aansoek
van die tweede respondent aangehoor, die wysiging
tot die aansoek toegestaan en aan tweede respondent
'n openbare permit toegestaan om 'n vervoerdiens te
lewer, moontlik in kompetisie met die appellant.

Dit volg hieruit dat die kommissie nie die

voorskrifte van die Wet behoorlik nagekom het nie en
dat adv van der Walt namens die appellant gelyk gegee

moet/

33.
moet word dat die beslissing van die kommissie

ongeldig is en onderhewig is aan hersiening.
Die vraag wat nou beantwoord moet word
is of die hof benede geregverdig was om te bevind
dat daar so 'n onredelike vertraging was met die bring
van die aansoek om hersiening van die beslissing van
die kommissie dat dit nie aangehoor behoort te word
nie en afgewys moet word.
Voordat daar verwys word na die verloop
van gebeure nadat die kommissie sy beslissing gemaak
het op 13 Julie 1981, is dit nodig om aan te merk
dat, omdat die appellant geen vertoë ter bestryding
van die aansoek tot die kommissie gerig het nie,
die appellant se verteenwoordigers nie insae tot die

aansoek/

34.
aansoek en die meegaande stukke gehad het nie
en ook nie by die aanhoor van die aansoek teen-
woordig was nie. Die appellant se verteenwoordigers
het gevolglik nie eerstehandse kennis gehad van die
presiese aard van die vervoerdienste waarop die
toegestane permit betrekking gehad het nie.
Op 16 Julie 1981 het Molingoane vir ene
de Klerk, 'n prokureur op Pretoria,gevra om by die
kommissie 'n afskrif te kry van die kommissie se
beslissing in die tweede respondent se aansoek.
De Klerk het op 22 Julie 1981 'n brief aan die kommissie
gerig en vir so 'n afskrif gevra en terselfdertyd ver-
duidelik dat die appellant nie teen die aansoek beswaar
gemaak het nie en dat dit nou blyk dat die toestaan

van die/

35.
van die aansoek die appellant ernstig kan benadeel.

Die kommissie het nie op hierdie brief geantwoord

nie en op 11 Augustus 1981 het de Klerk weer 'n brief

geskryf om die kommissie te herinner aan die versoek

in die vorige brief. Die kommissie het toe op

13 Augustus 1981 'n afskrif van die beslissing aan
de Klerk gestuur. Omdat die permit wat toegestaan

is heeltemal afgewyk het van die besonderhede van
die aansoek wat in die Staatskoerant gepubliseer is,
het de Klerk op 20 Augustus 1981 'n afskrif van die
beslissing aan Molingoane gestuur en voorgestel dat
'n advokaatsopinie verkry word oor die moontlikheid
om die beslissing in die Hooggeregshof op hersiening
te neem. Op 21 Augustus 1981 het Molingoane vir

de Klerk/

36.
de Klerk telefonies versoek om die voorgestelde

opinie te verkry. Voordat de Klerk vir die advo-

kaat die nodige opdrag kon gee moes hy eers sekere

stukke in die hande kry, insluitend 'n afskrif van

die appellant se permitte. Op 5 Oktober 1981 het
hy toe die opdrag aan 'n plaaslike advokaat gegee.
Op 27 Oktober 1981 het die advokaat telefonies vir
de Klerk vir 'n afskrif van die tweede respondent se
oorspronklike aansoek om die openbare vervoerpermit
gevra. Op 30 Oktober 1981 het de Klerk vir die
kommissie skriftelik gevra vir so 'n afskrif. Op
10 November 1981 het de Klerk mnr Geringer by die
kantoor van die kommissie geskakel en hom verwys na
sy brief van 30 Augustus en gevra of hy die gevraagde

afskrif/

37.
afskrif by sy kantoor kon laat afhaal. Geringer

het geantwoord dat die kommissie nog nie besluit

het of de Klerk 'n afskrif kan kry nie. Dit het

daartoe aanleiding gegee dat de Klerk dit gerade

geag het om op 17 November 'n brief aan die tweede

respondent te rig en hom in kennis te stel van die
appellant se voorneme om die toekenning van die
openbare padvervoerpermit deur die kommissie aan
hom deur die Hooggeregshof te laat hersien vanweë
die gebrekkige kennisgewing van sy aansoek in die
Staatskoerant.

Aan die einde van November 1981 was

de Klerk weer telefonies in verbinding met Geringer
en is toe meegedeel dat hy of die appellant nie

geregtig/

38.
geregtig is op 'n afskrif van die tweede respondent

se oorspronklike aansoek nie omdat die appellant

nie ingevolge art 14(2) van die Wet teen die aan-

soek beswaar gemaak het nie. De Klerk het die

advokaat hiervan gesê en hom gevra vir sy opinie

so gou as doenlik.

De Klerk het die skriftelike opinie op

8 Desember 1981 ontvang en dit op 10 Desember 1981

aan Molingoane gestuur en gevra of met die aansoek

in die Hooggeregshof, soos aanbeveel in die opinie,
voortgegaan moet word. Hy is ook ingelig dat beëdig-
de verklarings opgestel sal moet word vir sulke
verrigtinge en dat hy vir die doel na Pretoria sal
moet kom. Op 30 Desember 1981 het die kommissie

vir/

39.
vir de Klerk skriftelik in kennis gestel dat hy

nie'insae tot die aansoek van tweede respondent

mag hê nie aangesien appellant nie beswaar teen

die aansoek gemaak het nie.
Op 7 Januarie 1982 het Molingoane vir
de Klerk op sy kantoor in Pretoria gespreek en
opdrag gegee om met die aansoek vir hersiening in
die Hooggeregshof voort te gaan.
De Klerk het 'n konsep kennisgewing van
mosie en stawende eedsverklarings voorberei en dit
op 5 Maart 1982 aan die advokaat besorg om nagesien
te word. De Klerk het die nagesiende stukke teen
die middel van Maart 1982 ontvang en onmiddellik vir
Molingoane laat weet om dit te kom teken,wat hy toe

gedoen/

40.
gedoen het op 26 Maart 1982.

In die tussentyd het de Klerk reeds op

24 Maart 1982 'n brief aan sy korrespondent in

Bloemfontein gerig gehad om 'n saaknommer en ver-

hoordatum vir die aangeleentheid gereël te kry en
te vra dat hy reël vir die betekening van 'n afskrif
van die kennisgewing van mosie aan die tweede respon-
dent. Die korrespondent is verder meegedeel dat
die aangeleentheid dringend is en dat de Klerk so
spoedig doenlik van hom sal wil hoor. Op 14 April 1982
het de Klerk geskakel om te verneem of 'n afskrif van
die kennisgewing van mosie aan tweede respondent be-
teken is. De Klerk is meegedeel dat dit in die proses
van betekening was. Dit is toe inderdaad op 26 April 1982

deur die/

41.
deur die Adjunk-Balju van Harrismith op Harrismith

aan tweede respondent beteken.
Dit dien daarop gelet te word dat die
appellant en die tweede respondent in die Qwaqwa-
gebied woon en ook daar hulle vervoerbesighede bedryf.
Die appellant se prokureur en advokaat was in Pretoria
gevestig en die hersieningsaansoek moes voor die hof
in Bloemfontein gebring word.
Die openbare permit van die tweede
respondent is ingevolge art 16 van die Wet vir 'n
onbepaalde tydperk en, ondanks die feit dat dit
kragtens 'n ongeldige beslissing van die kommissie
aan hom uitgereik is, is daar niks om hom te ver-
hinder sou hy waarskynlik voortgegaan het om sy
padvervoerdiens voort te sit totdat die beslissing deur

'n hof fersyde gestel word. Soos hierbo aangetoon is het

die/....

42.
die appellant en enige ander lid van die publiek

as belanghebbendes wat deur die beslissing geraak

word die reg om die beslissing op hersiening te

laat neem en te vra vir die tersydestelling daarvan.

Omdat daar geen wetsvoorskrifte in hierdie verband

bestaan nie bepaal reel 53 van die eenvormige
hofreëls van die hooggeregshof watter prosedure
gevolg moet word om sulke hersieningsverrigtinge
voor die hof te bring. Daar word geen tydsbeperking
gestel waarin sulke verrigtinge voor die hof gebring
moet word nie. Aangesien so iets by die prosesreg
tuishoort en elke hof geregtig is om sy eie
prosedures te bepaal,is dit 'n aangeleentheid ten
opsigte waarvan die hof 'n diskresie het; kyk,

West Rand/
43.
West Rand Estates Ltd v New Zealand Insurance Co
Ltd 1926 AD 173 op bl 185 en 193. So 'n
diskresie is nie 'n absolute diskresie wat op enige
gronde wat as geskik gereken mag word, uitgeoefen
word nie maar 'n regterlike diskresie. Die woord
"diskresie" dui op die afwesigheid van enige vaste
reël. Indien daar 'n vaste reël sou bestaan sou
daar geen sprake van 'n diskresie kan wees nie. 'n
Regterlike diskresie is 'n diskresie wat volgens er-
kende regsreëls en praktykreëls en op geregtelike
gronde, nie om wispelturige nie maar gegronde redes,
uitgeoefen word om reg te laat geskied; kyk
Britten and Others v Pope 1916 AD 150 op bladsye

157/
44.
157 en 173, Johannesburg Town Council v Norman
Anstey and Co 1928 AD 335 op bl 341, Penny v Walker
1936 AD 241 op bl 260, R v Zackey 1945 AD 505 op bl
513, Kathrada v Arbitration Tribunal and Another 1975
(2) SA 673
(A) op bl 678. In hierdie sin het die
hof 'n onbelemmerde diskresie wat buigsaam na gelang
van al die feite van 'n besondere geval uitgeoefen word.
Waar 'n hof dus moet beslis of hersienings-
verrigtinge binne 'n redelike tyd gebring word, sal dit
gedoen moet word aan die hand van al die tersaaklike
feite. Die tersaaklike feite van 'n besondere saak
kan nooit presies dieselfde wees as dié van ander sake
waaroor daar reeds beslissings gegee is nie en gevolglik

kan/

45.
kan daar nie met veel vrug na sulke ander sake

verwys word om vas te stel wat daar as redelike (of

onredelike) tydperke geag was nie. Daar kan miskien
wel na beslissings in ander sake gekyk word om te sien
watter soort feite in aanmerking geneem word en watter
gewig daaraan geheg word.

Voordat daar gekyk word na die soort

oorwegings wat in ander sake gegeld het is dit miskien
gerade om eers kortliks te verwys na die wyse waarop
die hof sy diskresie uitoefen waar 'n tydsbeperking
in 'n prosesreël oorskry word. In so 'n geval het
die skuldige litigant nie die reg om met die besondere
proses voort te gaan voordat hy nie eers 'n vergunning
verkry het nie van of sy teenparty of die hof,wat ook al
die geval mag wees. Waar 'n ligitant die hof nader om

vergunning/

46 .
vergunning moet hy die hof tevrede stel dat daar genoeg-

same redes bestaan vir die verskoning van sy nie-

nakoming van die prosesreël. Die uitgangspunt van die

hof in so 'n geval is dat die hofreëls termyne stel om

nagekom te word, nie slegs vir die gerief van die hof

en om in belang van die regsadministrasie onnodige
vertraging by gedinge uit te skakel nie, maar ook omdat
die partye, met inbegrip van die teenparty,daar belang
by het. Waar 'n litigant dus vind dat hy in versuim
geraak het, is dit sy plig om sonder verdere uitstel
aansoek om kondonasie te doen; kyk Commissioner for

Inland Revenue v Burger 1956(4) SA 446 (A) op bl 449,
Meintjies v H D Combrinck (Edms) Bpk 1961(1) SA 262(A)
op bl 264. Dit volg hieruit dat wanneer daar aansoek
om kondonasie gedoen word die duur van die versuim en

die/

47.
die omstandighede wat die versuim veroorsaak het d w s

die verduideliking vir die versuim belangrike oor-
wegings by die hof sal wees. In die saak van United

Plant Hire (Pty) Ltd v Hills and others 1976(1) 717(A)
op bladsy 720 vat Holmes AR die posisie in hierdie

verband as volg saam:

"It is well settled that, in considering
applications for condonation, the court has
a discretion, to be exercised judicially upon
a consideration of all the facts; and that
in essence it is a question of fairness to
both sides. In this enquiry, relevant
considerations may include the degree of
non-compliance with the rules, the explana-
tion therefore, the prospects of success on
appeal, the importance of the case, the
respondent's interest in finality of his
judgment, the convenience of the Court, and the
avoidance of unnecessary delay in the admini-
stration of justice. The list is not exhaustive.
These factors are not individually decisive

but/

48.

but are interrelated and must be weighed one

against the other; thus a slight delay and

a good explanation may help to compensate

for prospects of success which are not strong;

See Liquidators , Myburgh, Krone and Co Ltd

v Standard Bank of SA Lbd and Another 1924 AD

226, Melane v Santam Insurance Co Ltd 1962(4)

SA 531(AD) at p 532; Federated Employers Fire

and Generál Insurance Co Ltd and Another v McKenzie

1969 (3) SA 360 (AD); Glazer v Glazer N 0 1963(4)

SA 694 (AD)."

In die geval waar 'n gegriefde persoon na die
hof kom om verrigtinge op hersiening te laat neem,oefen
hy 'n reg uit en is hy in 'n heel ander posisie as die
persoon wat 'n prosesreël nie nagekom het nie en daar-
deur 'n reg verloor het en die hof om 'n vergunning moet
nader vir die reg om weer met sy proses voort te kan
gaan. In die laasgenoemde geval is die duur van die
versuim en die verduideliking daarvoor 'n belangrike
deel van sy aansoek om vergunning. In die eersgenoemde

geval/

49.
geval daarenteen,moet die hof slegs 'n diskresie

uitoefen of die gegriefde weens verloop van tyd ver-

bied behoort te word om die hersieningsverrigtinge

te bring. Dit sien ons dan ook uit die soort van

oorwegings wat in die meeste van die vorige beslissings
gegeld het waar daar geen tydsbeperkings was nie.

Die vroegste saak in hierdie verband is

Immelman v Keller and the Resident Magistrate of Fraser-
burg 20 S C 63. Uitspraak was gegee teen 'n verweerder
in sy afwesigheid sonder dat die dagvaarding aan hom
beteken was. Die bedrag waarvoor vonnis gegee was het
ook die regsbevoegdheid van die magistraatshof oorskry.
Daar was ook 'n uitwinningslasbrief uitgereik. Toe die
verweerder van die vonnis teen hom verneem,het hy die
hof gevra om die verrigtinge voor die magistraat in

hersiening te neem en tersyde te stel. Die hof het

hom/

50.
hom tot hulp gekom en verklaar: "If there had

been any evidence that the applicant had notice

of the proceedings, and had allowed some time to

elapse, and had lain by and had allowed these pro-

ceedings to continue, then the Court would not have

assisted him; but there is no evidence to that effect."

By die hersiening van kosterekenings kan

daar met voordeel na die volgende paar sake verwys word.

In die saak van Policansky Bros v Hermann & Canard

1911 T P D 319 blyk dit op bladsy 321 dat daar in die
hof benede beswaar gemaak was teen die hersiening van
h kosterekening omdat die hersieningsverrigtinge nie
binne 14 dae na afhandeling van die taksasie daarvan
ingestel was nie. Inderdaad was die statuut waaronder

die termynbeperking van 14 dae ingestel was herroep en

was/

51. was daar nie meer 'n termynbeperking wat gegeld het nie.

Wessels R het die houding ingeneem dat die hof sal

moet bepaal of die versuim in daardie geval redelik

was of nie. Die hof het toe in ag geneem dat die saak

kort voor die reses verhoor was en dat die taksasie
gedurende die reses plaasgevind het. Die hof het

toe onder die omstandighede die vertraging van een maand
nie as buitensporig beskou nie.

In die saak van Patel v Ismail Mia and Co

1912 TPD 650 was 'n kosterekening op 25 April getakseer
en kennisgewing van hersiening daarvan op 21 Junie gegee.
Bristowe R het verwys na die termynbeperking van 14 dae
wat voorheen gegeld het, die termynbeperking van een
maand wat gegeld het vir die hersiening van kostereke-

nings in die magistraatshowe en die termynbeperking

van/.....

52 .
van ses weke waarin vanaf die magistraatshowe

geappelleer mag word en die mening uitgespreek dat

van hierdie termynbeperkings afgelei kan word wat

die wetgewer in sulke gevalle as 'n redelike tyd ge-

reken het. Die geleerde regter het toe as volg ver-

klaar: "But the delay here is wholly unexplained.
The case is perfectly simple, substantially the only
point being whether the cost of briefing counsel
should be allowed when his services are dispensed
with. I do not think that a man is entitled to
remain inactive for a long time and then come to
Court and say, 'now I wish to appeal.' He is bound
to be vigilant and having regard to the time fixed by
the Legislature in the cases to which I have referred

I think/

53.
I think two months is too long in simple cases like

the present."

In die saak van Francis v Dutch Reformed

Church George, and another 1913 CPD 179 was die koste-

rekening op 20 Desember 1912 getakseer en op 14 Maart 1913

op hersiening gebring. Die respondent het beswaar gemaak
teen die aanhoor van die hersiening op grond van onredelike
versuim aan die kant van die applikant. Die hersiening
het gegaan oor die vertolking van 'n hofbevel en geen
verduideliking was gegee vir die versuim nie. Die hof
het die beswaar afgewys omdat die hof nie kon insien
hoe die respondent deur die versuim kon benadeel geword
het nie. Die hof het egter in die loop van die uitspraak
gesê dat hierdie soort hersienings binne 'n redelike tyd
gebring moet word omdat dit nie billik teenoor die

takseermeester/

54 .
takseermeester is om dit na 'n lang vertraging te doen

nie. 'n Takseermeester is 'n besige beampte van die hof

en waar hy die besonderhede van 'n saak ondersoek het,

soms ingewikkelde besonderhede, en daarna 'n beslissing

gegee het, is dit onbillik teenoor hom om sy beslissing

op hersiening te neem wanneer sy herinneringe en die
van die partye nie meer so helder is as wat dit sou
gewees het as die hersieningsverrigtinge dadelik ingestel
was nie.

In die saak van Maseto and others v Pleskus and

others 1917 TPD 366 was die versuim om 'n kosterekening
op hersiening te bring een maánd en twintig dae,wat
Wessels R nie as onredelik lank beskou het nie omdat
die hersiening bloot om 'n saak van beginsel gegaan het.
Die geleerde regter het egter te kenne gegee dat dit

duidelik/

55 .
duidelik is dat daar een of ander beperking moet wees.

'n Kosterekening kan nie lank na dit getakseer is op

hersiening gebring word nie; wanneer persone hulle

posisie verander het en die takseermeester al mag ver-

geet het wat werklik voor hom plaasgevind het. Dit sou
onredelik wees om van 'n takseermeester, wat gedurig
besig is met kosterekenings, te verwag om vir 'n lang
tydperk te onthou wat by elke besondere geval gebeur het.

In die saak van Hepworths Ltd v Thornloe
and Clarkson Ltd 1922 TPD 336 het 'n volle regbank 'n appèl
aangehoor teen die uitspraak van de Waal R in die kamer-
hof. 'n Plaaslike prokureur was van mening dat 'n koste-
rekening op hersiening geneem moes word en het so aanbe-
veel aan sy korrespondent, 'n prokureursfirma in Kaapstad.
Die prokureur wat met die aangeleentheid gehandel het

was/

56. was uitstedig met vakansie en daar is toe vir hom

gewag om terug te keer. Dit het 'n vertraging van

8 Februarie tot 2 Maart veroorsaak met die gevolg

dat kennisgewing van die aansoek om hersiening eers

twee maande na taksasie van die kosterekening gegee
was. Wessels RP het die standpunt ingeneem dat die
plaaslike prokureur in 'n beter posisie was as die
korrespondent om te oordeel of die kosterekening op
hersiening geneem moet word en dat al wat in Kaapstad
nodig was, was om van die kliënt te verneem of hy
bereid was om die koste verbonde aan die hersiening
aan te gaan. Die firma in Kaapstad het dus heeltemal
onredelik opgetree deur te wag van 8 Februarie tot
2 Maart vir die terugkeer van die prokureur wat met

vakansie/

57.
vakansie was. Wessels RP was bygevolg nie bereid om

te bevind nie dat de Waal R sy diskresie onbehoorlik

uitgeoefen het deur te beslis dat twee maande 'n te lang

versuim was om die hersieningsverrigtinge te bring.

Gregorowski R het in 'n afsonderlike uitspraak om

basies dieselfde redes tot dieselfde gevolgtrekking
gekom. Hy het voortgegaan om te verklaar dat die
hersiening van 'n kosterekening gou behoort plaas te
vind omdat dit onbillik teenoor die teenparty is om

lank te wag na die taksasie en hom dan skielik in
kennis te stel dat die kosterekening hersien gaan word.
Hy het die mening uitgespreek dat in die geval van 'n
hersiening waar daar nie ingewikkelde stukke is wat
voorberei moet word nie of nuwe feite is wat ondersoek
moet word nie, 'n maand oorgenoeg tyd was.om 'n hersiening

te/

58 .
te bring. Stratford R het bloot gesê dat hy saamstem

dat die vertraging onredelik was.
Dit mag hier gemeld word dat de Waal R in
sy uitspraak in die hof benede onder andere gesê het
dat dit noodwendig afhang van die omstandighede van
elke besondere saak wat as 'n redelike tydperk beskou
word. Dit is in belang van alle litigante sowel as
hofbeamptes dat, waar uitspraak gegee word en 'n party
daaroor gegrief voel, hy onmiddellik en gou aan die
teenparty kennis gee daarvan en voort gaan met sy appèl
of hersiening, wat ookal die geval mag wees, sodat die
teenparty kan weet waar hy staan en finaliteit bereik
kan word.

By die ander soort sake waar verrigtinge voor

statutêre liggame op hersiening geneem word kry ons die

volgende/

59.
volgende voorbeelde.

In die saak van Hassan and Co v Potchefstroom
Municipality 1928 TPD 827 het dit gegaan oor die her-
siening van verrigtinge voor 'n munisipale raad wat 'n
aansoek om 'n sertifikaat vir 'n handelslisensie oorweeg
het.

'n Preliminêre punt is voor 'n volle regbank
geneem dat daar 'n onredelike vertraging was met die
bring van die hersieningsverrigtinge. Stratford R
het daarna verwys dat daar alreeds voorheen beslis
was dat 'n hof sal weier om sulke verrigtinge aan te
hoor waar (1) daar onredelike versuim was en (2) dit
weens die aard en omstandighede van die saak die teen-
party waarskynlik sal benadeel. Op bladsy 828 verklaar
die geleerde regter as volg:

"Therefore/

60.

"Therefore the proper time within which review
proceedings should be brought is a matter which
in each case must be considered on its merits.
I have read the papers in this case, and there
is no circumstance, so far as I can judge, in
which the issue for determination is at all
obscured or prejudiced by the delay of three
and a half months, and no argument has been
addressed to us on the score of prejudice.
And prejudice, in my view, is the all important
consideration. If the delay is of such a
character as will seriously embarrass the
respondent the Court should exercise its
discretion to refuse to hear the proceedings.
But this is not the case here, and it is not
contended that it is. Mere lapse of time
is relied upon."

Dit blyk nie uit die hofverslag hoe lank
die versuim in daardie geval was nie maar die verduideliking
wat die advokaat van die applikant aan die hof gegee
het vir die versuim was dat die geldigheid van die
betrokke ordonnansie die aandag van 'n ander hof geniet het

en daar/

61.
en daar vele weke gewag was vir die beslissing

voordat die hersieningsverrigtinge begin is. Die

hof het die verduideliking aanvaar en die preliminêre

punt van die hand gewys.

In die saak van Sampson v SA Railways and
Harbours 1933 CPD 152 het 'n spoorwegamptenaar die
verrigtinge voor 'n raad van ondersoek as gevolg waarvan
hy uit sy pos ontslaan was op hersiening gebring. Die
raad het sy beslissing in September 1928 gegee en die
aansoek om hersiening is vier jaar later in Oktober 1932
gebring. Beswaar is gemaak omdat daar te lank gewag
is om die hersieningsverrigtinge in te stel. Die beswaar
is gehandhaaf en Gardiner RP het hom op bladsy 154
as volg uitgelaat:

"This/

62.

"This Court has certain powers of review in
proceedings of inferior tribunals, and they may
be reviewed on the grounds of irregularity, but
the extent of the irregularity required I need
not deal with. It is important, when the court
is to be asked to exercise these powers, that no
unreasonable time should be allowed to elapse,
because, especially in the case of tribunals which
are not courts of law, or conducted by legal men.,
it is important that proceedings should be taken
promptly. There is not always the same careful or
full record in proceedings which are not courts of
law, and where the ground of review is irregularity
in the proceedings, then, even in the case of a
court of law, there may not be anything on the
record to show an irregularity. In fact an irre-
gularity may sometimes consist in refusing to put
something on the record, refusing to record an
exception taken, or something like that. It is
therefore important that proceedings for review
should be taken while the matter is fresh in the
minds of the persons concerned, and while those

persons are available to give testimony It
seems to me that the Court cannot allow such an
extremely lengthy period as four years to elapse,
and must hold that an unreasonable time has been
allowed to pass without proceedings being taken."

Op appèl, in die saak Sampson v S A Railways and

Harbours 1933 CPD 335, het die hof verwys na die aard

van die/

63.
van die onreëlmatighede wat na bewering voor die raad van

ondersoek plaasgevind het en die moeilikhede wat ontstaan

om na 'n lang verloop van tyd weer daarmee te handel.

Van Zyl R het daarna op bladsy 338 as volg verklaar:

"Under these circumstances the Court will,
by reason of the long lapse of time, be at a
great disadvantage in going into the questions
raised by the appellant,and it is right that
it should refuse to do so, unless very excep-
tional circumstances are placed before it. It
seems to me that it must be a matter of impor-
tance in the proper running of the railway
service that there should be , except in ex-
ceptional circumstances, finality in matters of
this nature after a lapse of a certain time."

In die saak van Stoner v S A Railways and

Harbours 1933 T P D 265 was 'n spoorwegamptenaar uit sy

diens ontslaan op grond van wangedrag na verrigtinge

voor die spoorwegappèlraad. Die verrigtinge was in
Januarie 1932 en hersieningsverrigtinge was nie gebring

voor/

64.
voor Februarie 1933 nie. Die verduideliking van die

versuim was dat die amptenaar eers vertoë tot die

Minister gerig het.en besluit het om die hersienings-

verrigtinge in te stel toe dit geblyk het dat sy

vertoe vrugteloos was. Hy het egter nie die nodige

fondse gehad nie en moes eers geld bymekaar maak om

die hersieningsverrigtinge te kon bring. Daar kon

nie aangetoon word dat die spoorwee deur die ver-
traging enigsins benadeel was nie en die hof het
gevolglik beslis dat die vertraging nie onredelik
was nie.

Dit blyk uit 'n reeks beslissings na die

voornoemde Hassan saak dat blote versuim nie afsonder-

lik en op sigself oorweeg was om vaste stel of dit

redelik/

65.
redelik of onredelik was nie. Dit was altyd oorweeg

saam met al die ander feite wat deur die versuim ge-

raak kon word, kyk byvoorbeeld Rossouw v Norton N 0

and Others 1950(2) SA 1(C) op bladsy 3, Chesterfield

House (Pty) Ltd v Administrator of the Transvaal and

Others 1951 (4) SA 421 (T) op bladsye 424 tot 425,

Sibert v City of Cape Town 1952 (2) SA 113 (C) op
bladsy 119, Shepherd v Mossel Bay Liquor Licensing
Board 1954 (3) SA 852(C) op bladsy 857, Kingsborough
Town Council v Thirlwell and Another 1957 (4) SA 533

(N) op bladsye 535 tot 539, Van Zyl and Another v
Steenkamp and Others 1964 (2) SA 79 (C) op bladsy 83,
Harnaker v Minister of the Interior 1965(1) 372 (C)
op bladsy 380.

Hierdie hof het die geleentheid gehad om

vas te/

66.

vas te stel of daar binne 'n redelike tyd gehandel
was in 'n ietwat besondere geval. In die saak West
Rand Estates, Ltd v New Zealand Insurance Co Ltd
1926 A D 173 het hierdie hof 'n appèl gehandhaaf en
die appellant, naamlik die eiser se vordering vir 'n
geldbedrag toegelaat maar as gevolg van 'n fout nie
sy bede vir rente a tempore morae toegestaan nie.
Die appellant het toe na die hof teruggekom om die
fout te laat regstel. Volgens die bronne waarna
verwys is het die hof regsbevoegdheid om op die dag
wanneer die uitspraak gelewer word sy bevel aan te
vul deur enige iets by te voeg wat volg uit die
uitspraak self soos byvoorbeeld in daardie geval
die rente op die bedrag waarvoor uitspraak gegee was.

In sy/

67.

In sy uitspraak op blasy 185 verklaar appèlregter

Solomon as volg:

"The only question is whether that right
has been lost by reason of the fact that
the order was not amended on the same day
on which judgment was given, as required
by the Roman-Dutch authorities. We are
not, however, necessarily bound by the
limit of time observed in the Courts
of Holland. The matter is not one of
principle or of substantive law, but
purely one of procedure, and we are en-
titled to regulate the procedure of our
own Courts. In the cases to which I
have already referred in which this
Court has amended its orders,the appli-
cations to it were not made on the same
day on which judgment was pronounced,
but the court did not hesitate on that
account to amend its orders. On princi-
ple there seems to be no good ground for
limiting the right of the Court in this
respect to the day on which the order
was made. If it can be supplemented on
that day, there is no reason why this

should/

68.

should not be done at any time after
judgment has been given, provided that
there has been no unreasonable delay in
applying to the Court. There undoubted-
ly would be a failure of justice in this
case if we were forced to hold that we
were impotent to give relief, and it is
satisfactory to find that we are not
driven to that conclusion."

In sy uitspraak op bladsy 193 verwys
appèlregter Kotzé daarna dat die Romeinse juriste
'n termyn van een dag as genoegsaam gereken het
vir 'n hof om op aansoek sy bevel aan te vul. Die
geleerde regter stel sy standpunt as volg:

"But it does not follow that what was
an expedient or reasonable time limit
in Roman jurisprudence is equally
suitable at the present day. Time and
circumstances bring about change and
development; and modern exigencies and
conditions may well require the obser-
vance of a longer period of prescription.

The/

69.

The present case is an apt illu-
stration of this. After the appeal
had been heard, this Court took
time to consider its judgment. When
judgment was subsequently pronounced
without any mention of the interest
claimed having been made by the Court,
the term was over, and counsel, who.
were members of the Transvaal bar and
had argued the case, had returned to
the Transvaal Province, whence the
suit originated. Application, under
these circumstances, could not possibly
have been made on the same day to the
Court to award the omitted interest to
the successful appellant. It cannot
with reason be said that he had lost
his right, and it therefore follows
that the only course to pursue is to
adopt the one which justice demands,
and to grant the application for the
payment of the omitted interest claimed
by the plaintiff "
Alhoewel die hof van oordeel was dat

die aansoek binne 'n redelike tyd gebring moes word,

het die/

70.
het die hof nie in die betrokke saak probeer vasstel

wat die vroegste tyd was wat die appellant die aan-

soek kon gebring het nie.

Wanneer in gedagte gehou word dat 'n hof

'n onbelemmerde diskresie het en in elke geval van

versuim sy diskresie volgens die besondere feite van
daardie geval uitoefen, kan bogenoemde gewysdes slegs
dien as voorbeelde van die soort oorwegings wat
deur die howe in aanmerking geneem was. Soos uit die
voorbeelde blyk was die mate waarin die versuim die
behoorlike hersiening van die betrokke verrigtinge
mag benadeel het 'n belangrike oorweging. Hier was
in hoofsaak in aanmerking geneem die aard (i) van die
verrigtinge, (ii) die aanval teen die verrigtinge, en

(iii) die betrokkenheid van die partye. 'n Verdere

belangrike/.....

71.
belangrike oorweging was die nadeel of waarskynlike

nadeel wat die versuim die teenparty kon veroorsaak

het. Dit blyk nie altyd duidelik uit die gewysdes

watter soort nadeel die howe in die betrokke ge-

wysdes in gedagte gehad het nie maar dit mag betrekking

gehad het op die vermoë van die teenparty om sy saak
behoorlik voor die hof te lê en miskien ook op die

feit dat hy sy posisie in die tussentyd so verander
het dat dit onbillik sou wees om hom in die posisie
te plaas waarin hy sou wees as die hersiening sou
slaag. Die wenslikheid van finaliteit en die spoedige
afhandeling van geskille was ook 'n oorweging maar soos
geblyk het uit die West Rand Estates Ltd saak kan die
reg van die veronregte van so 'n aard wees dat 'n onreg

sal/

72.
sal geskied as hy sy reg ontsê word.

In die saak Wolgroeiers Afslaers (Edms) 8pk v
Munisipaliteit van Kaapstad 1978(1) SA 13(A) het
die vraag spesifiek opgeduik op appèl of 'n hof
'n aansoek om hersiening van 'n administratiewe daad
kan afwys bloot op grond daarvan dat, na die hof se
oordeel, die appellant onredelik versuim het voordat
hy die hof genader het en dit wel sonder dat daar
enige bewyse is dat die respondent of enige ander
persoon deur die versuim wat daar was benadeel is,
of waarskynlik benadeel sal word.

Rumpff HR het saamgestem met Miller AR

(met wie Hofmeyr AR saamgestem het) dat die appellant
hom skuldig gemaak het aan buitensporige vertraging
en bygevoeg dat die laaste deel daarvan, naamlik

Maart 1973/

73.
Maart 1973 tot November 1974 na sy mening alleen

toegeskryf kan word aan totale onverskilligheid.

Volgens die geleerde hoofregter kon dit nie van

h hof redelikerwys verwag word om beskikbaar te

wees wanneer op so 'n manier en so lank gesloer

word nie.

Miller AR het in sy uitspraak verwys na

sommige van die gewysdes waarna reeds in hierdie
uitspraak verwys is, en tot die slotsom gekom dat
deur die howe voorgeskryf is dat verrigtinge binne
'n redelike tyd ingestel moet word en dat dit die
hof vry staan om na gelang van omstandighede en by
uitoefening van sy diskresie onredelike vertraging
oor die hoof te sien in geskikte gevalle. Die ge-

leerde/

74.
leerde regter was nie bereid om te aanvaar nie dat

by die daarstelling van die vereiste dat verrig-

tinge binne 'n redelike tyd ingestel moet word, daar

bedoel is om die hof se diskresie aan bande te lê

in die mate dat selfs waar 'n gedingvoerder die hof

se voorskrif verontagsaam deur onnodige en buiten-

sporige versuim om verrigtinge in te stel, die hof

nie by magte is om die aansoek te weier nie slegs

omdat dit nie bewys is of kan word dat respondent

nie wesenlik benadeel is nie, al sou daar, op 'n
oorsig van al die omstandighede, ander grondige redes

wees vir die uitoefening van sy diskresie teen die

aansoeker. Die geleerde regter het aanvaar dat

benadeling van die respondent en die graad daarvan

'n relevante/

75.
'n relevante faktor is by die oorweging of onredelike

versuim oor die hoof gesien behoort te word, en dat

dit soms die deurslaggewende faktor kan wees, veral

in gevalle van betreklik geringe versuim. Die ge-

leerde regter het, met verwysing na die appèl wat toe

voor die hof gedien het, bevind dat hulle met 'n geval
te doen het nie slegs van onredelike maar wel van

buitensporige vertraging van so 'n aard dat, in die
afwesigheid van 'n bevredigende verduideliking of ander
buitengewone omstandighede, dit nie oor die hoof gesien
behoort te word nie. Om anders te beslis sou na die
geleerde regter se mening neerkom op ontsenuwing van
'n reël wat uit gesonde beginsel voortspruit.

Die geleerde regter het verder verwys na
oorwegings wat noemenswaardig is en in aanmerking

geneem/

76.
geneem behoort te word by die uitoefening van die

hof se diskresie. Dit het ingesluit die feit dat

dit twyfelagtig is of die appellant sal skade ly en

ook die nadeel wat die respondent sal ly indien die

hersieningsverrigtinge sou slaag.

Muller AR (met wie Jansen AR saamgestem het)

het in sy minderheidsuitspraak aan die hand van sommige
van die gewysdes waarna reeds in hierdie uitspraak
verwys is, tot die gevolgtrekking gekom dat versuim
in sigself aan die kant van die appellant, en sonder
bewys van enige benadeling, nie genoegsame rede was
waarom die hersieningsverrigtinge deur die hof a quo
afgewys sou kon gewees het nie. Volgens die geleerde
regter was versuim in sigself nie 'n genoegsame rede

vir/

77.
vir afwysing van die appèl nie. As die versuim wat

daar was geen nadeel teweeggebring het nie, kon

daar, volgens die geleerde regter, geen grondige

rede wees waarom die hersieningsverrigtinge afgewys

behoort te gewees het nie. Die howe het telkemale
voorgeskryf dat by hersieningsverrigtinge daar nie
onredelike versuim moet wees om die hof te nader
nie, maar, soos blyk uit die beslissings wat die ge-

leerde regter aangehaal het, word daardie voorskrif
nie vertolk om los te staan van die vraag of daar
benadeling was al dan nie.

Hierdie uitsprake moet gelees en gesien

word teen die agtergrond wat algemeen aanvaar en
onderskryf word, naamlik dat die hof in hierdie

prosesregtelike/....

78.
prosesregtelike aangeleentheid 'n onbelemmerde dis-

kresie het wat hy uitoefen met inagneming van al die

omstandighede vah 'n besondere geval om reg te laat

geskied. Die verloop van tyd na 'n gewraakte beslissing

gegee is kan benadeling veroorsaak in die verskeie
opsigte waarna alreeds verwys is in die vorige gewysdes
en in miskien nog vele ander opsigte.Waar die howe

in die verlede veel klem gelê het op besondere oor-
wegings kan en behoort dit met eerbied teenoor die

laasgenoemde twee regters nie vertolk te word as voor-
skrifte of vaste reëls nie. Dit is slegs belangrike
oorwegings wat in elke besondere saak teen ander
oorwegings opgeweeg behoort te word en in'n
besondere saak deurslaggewendmag wees.Die howe kon
nie bedoel het om vaste reëls neer te lê en die uit-

oefening/

79.
oefening van 'n diskresie in hierdie opsig te belemmer

nie. Dit sou ook nie 'n korrekte weergawe van vorige

gewysdes wees om "onredelike tyd" in hierdie verband

waar geen prosestydsbeperking is nie as 'n feitlike

begrip wat bloot aan die hand van die verloop van tyd

beoordeel word te sien nie. Die begrippe redelik
en onredelik is elk 'n relatiewe waardebegrip. Tyd kan
redelik of onredelik wees slegs met betrekking tot 'n
definitiewe termynbepaling of ander feite. In die
vorige gewysdes het die howe vasgestel of 'n onredelike
tyd verstryk het na 'n beslissing gevel is aan die
hand van al die omstandighede van die geval wat inge-
sluit het die duur van die versuim en die verduideliking
daarvoor. Dit is onrealisties om in elke saak van

hierdie/

80.
hierdie soort die dae te tel om vas te stel of 'n

onredelike tyd verstryk het of om na ander gewysdes

te verwys net om vas te stel watter tydperk in

daardie sake as 'n onredelike tydperk bestempel was.

Trouens dit is juis die benadering dat 'n onredelike

tyd 'n feitlike begrip is wat die soort probleem

skep waarmee Baker R te kampe gehad het toe hy ver-
klaar het dat dit onmoontlik is om enige eenvoudige
of algemeen toepaslike maatstaf te vind; kyk Schoultz
v Voorsitter Personeel-Advieskomitee van die Munisipale
Raad van Georqe en 'n ander 1983(4) SA 689(C) op bladsy 700.

Om nou weer terug te keer na die feite
van die onderhawige saak sien ons dat die hof benede
as uitgangspunt eers gekyk het na die duur van die

tydsverloop/

81.
tydsverloop vanaf die tydstip wat die appellant

bewus geword het daarvan dat die openbare permit

aan die tweede respondent toegestaan is totdat

die hersieningsaansoek gebring was. Die hof was

toe van mening dat daar prima facie n onredelike

lang tydsverloop was. Daarna is ondersoek ingestel
of die onredelike vertraging oor die hoof gesien
behoort te word. Die hof het gekyk na die appellant
se verduideliking en was nie heeltemal tevrede daarmee
nie. Trouens die hof het gevoel dat daar geen ver-
duideliking was vir die tydperk 7 Januarie tot 5 Maart
nie; dit was die tydperk waarin die petisie vir die
aansoek om hersiening opgestel was; 'n te lang tyd
vir die opstel van 'n eenvoudige petisie. Die hof

het/

82.
het tot die gevolgtrekking gekom dat op hierdie .

aspek van die saak daar weinig te sê was vir die

appellant. Die hof het daarna ondersoek ingestel

of daar enige benadeling vir die tweede respondent
was wat deur die versuim kon veroorsaak gewees het

en tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen nadeel
was nie. Die hof was nie so seker of die appellant
enigsins benadeel was deur die toestaan van die
openbare permit aan die tweede respondent nie. Die
hof het toe oorweeg of die versuim van die appellant
om beswaar te maak by die kommissie teen die toestaan
van die openbare permit redelik was en tot die gevolg-
trekking gekom dat dit wel onredelik was en dit ondanks
die feit dat die hof self verwys het na die onbevredigen-

de wyse/

83.

de wyse waarop die aansoek van die tweede respondent

in die Staatskoerant gepubliseer was. Volgens die

hof moes Molingoane van die tweede respondent se

posadres kon afgelei het dat hy 'n fisiese teenwoor-

digheid in Qwaqwa het en moes hy kon voorsien het

dat die tweede respondent Swart mense vanaf Qwaqwa

sou vervoer. Die hof het bygevolg beslis dat die
appellant se versuim nie oor die hoof gesien behoort
te word nie en die aansoek om hersiening van die
kommissie se beslissing afgewys.

Die advokate namens die kommissie en die
tweede respondent het die beslissing van die hof benede
gesteun op die voornoemde gronde. Namens die kommissie
is verder aangevoer dat die beslissing van die kommissie
die belange van die publiek vooropgestel het en dat

die/

84.
die tersydestelling daarvan die publiek sal bena-

deel. Namens die tweede respondent is verder aange-

voer dat die appellant nie deur die beslissing van

die kommissie benadeel was nie en ook dat hy versuim

het om enige getuienis voor die hof te lê van wat

sy benadeling was.

Die advokaat van die appellant het betoog
dat die hof benede verskeie mistastings begaan het
met die redes wat hierbo aangevoer word. Hy moet
gelyk gegee word dat die besonderhede van die tweede
respondent se aansoek om 'n permit wat in die Staats-
koerant gepubliseer was so ontoereikend en onduidelik
was dat Molingoane daardeur mislei was en veroorsaak
het dat die appellant nie vertoë tot die kommissie

gerig/

85.
gerig het om die aansoek te bestry nie. As gevolg

daarvan is die aansoek in die afwesigheid van die

appellant verhoor en toegestaan en volgens die

notule van die kommissie van die aanhoor van die
aansoek het die kommissie bygevolg nie toegesien
dat die bepalings van Art 15 van die Wet behoorlik
nagekom word nie. Hy moet ook gelyk gegee word dat
die hof benede misgetas het deur die waarskynlikheid
in oorweging te neem dat die tweede respondent weer
sou aansoek doen om 'n openbare permit indien die be-
slissing van die kommissie ter syde gestel sou word
en dat dit nie uitgesluit is dat dit weer toegestaan
sal word nie. Dit is redelik om te aanvaar dat
indien dit sou gebeur die tweede respondent weer

sal/

86.
sal moet aansoek doen om 'n permit, die kommissie

aandag sal gee aan die appellant se vertoë en ook

die bepalings van Art 15 van die Wet sal nakom.

Dit is basies die doel van die hersieningsverrigtinge

om die appellant die geleentheid te bied om vertoë

tot die kommissie te rig alvorens die tweede respon-
dent se aansoek weer toegestaan word. Die welslae
van die aansoek behoprt redelikerwys af te hang van
die aard van die besware van die appellant. Indien
sy besware nie sou slaag nie mag dit selfs die gevolg
hê dat 'n gekwalifiseerde openbare permit aan die
tweede respondent toegestaan word.

Daar is verdere belangrike oorwegings wat
die hof benede uit die oog verloor het. Die beslissing

van die/

87.
van die kommissie was weens die onreëlmatige optrede

van die kommissie in die afwesigheid van die appellant

gevel. Hy is daardeur ernstig benadeel omdat hy

nie vertoë tot die kommissie kon rig nie en die

beslissing die gevolg het dat 'n padvervoerdiens in-

gestel is wat sy bestaande padvervoerdiens kan benadeel

omdat beide afhanklik is van besigheid van dieselfde

aard uit een besondere gebied.

Die wetgewer het die verantwoordelikheid
om padvervoer te reël in die hande van die kommissie
geplaas om dit in die openbare belang te doen. Om
te verseker dat dit gedoen word skryf die Wet voor
wat alles nodig is vir die kommissie om te doen.
Die kommissie het versuim om die wetsvoorskrifte

behoorlik/

88.
behoorlik na te kom en met 'n ongeldige beslissing

'n openbare permit vir 'n onbepaalde tydperk tot

stand laat kom. Afgesien van die nadeel wat die

appellant as belanghebbende ly, het die wetgewer

en die publiek daarby belang dat openbare permitte

volgens die wetsvoorskrifte toegestaan word en dat

ongeldige permitte nie toegelaat word om voort te

bestaan nie. Dit is moeilik om die argument namens
die kommissie te begryp dat die kommissie in hierdie
geval die belange van die publiek vooropgestel het en
dat die tersydestelling van die beslissing die publiek
sal benadeel.

Vanweë die nadeel wat die appellant gely
het, het hy 'n reg om na die hof te kom vir behoorlike

beregting/

89.
beregting van sy klagte.

Die hof benede het alreeds bevind dat
die aard van die appellant se klagte van so 'n aard
is dat die versuim in hierdie geval niemand kan be-
nadeel met die voorbereiding en voorlê van sy kant
van die saak by die hersieningsverrigtinge nie.

Die bogenoemde belangrike oorwegings aan-
gaande die ongeldigheid van die openbare permit, die
nadeel wat die appellant mag ly, die genoemde belang van
die publiek en die reg wat die appellant het om na
die hof te kom om sy saak te laat bereg,moet opgeweeg
word teen ander tersaaklike oorwegings soos die wens-

likheid om finaliteit te hê by die beslissings van
statutêre liggame, die versuim van die appellant om

eerder/

90.
eerder stappe te gedoen het en sy verduideliking

vir sy versuim. Die advokaat van die appellant moet

gelyk gegee word dat die versuim in die huidige saak,

indien enige, gering was. Die prokureur het van die

begin af redelik stiptelik opgetree en was in 'n groot
mate gedwarsboom deur die onwilligheid van die kommissie
om hom die stukke te laat kry wat nodig was vir die
besluit om hersieningsverrigtinge te begin. Vir 'n
onbegryplike rede het die kommissie die houding inge-
neem dat hy toegang tot die stukke sal hê wanneer
hy ingevolge hofreël 53 die hersieningsverrigtinge
ingestel het. Die geringe tydperk waarin die
petisie opgestel is, was deur die hof benede as onver-
duidelik veroordeel maar was eintlik niksbeduidend

wanneer/

91.
wanneer dit opgeweeg word teen die ander belangrike

oorwegings soos byvoorbeeld die belang wat die publiek

daarby het dat ongeldige openbare permitte nie toege-

laat behoort te word om gebruik te word vir openbare

padvervoer nie.
Onder al die omstandighede het ek tot die
gevolgtrekking gekom dat die hof benede homself wan-
ingelig het en sy diskresie nie behoorlik uitgeoefen
het nie deur te bevind dat daar onredelike versuim
was en die hersieningsaansoek van die appellant op
daardie grond af te wys met koste.
Die hof benede het in sy uitspraak verwys
na die getuienis wat betrekking het op die meriete van
die hersieningsaansoek maar dit nie nodig geag om 'n

beslissing/

92.
beslissing daaroor te vel nie en die aansoek van die

hand gewys bloot net op grond van onredelike versuim.

Hierdie hof het nou die geleentheid gehad om die meriete

van die aansoek ook te ondersoek en tot die gevolg-

trekking gekom dat die kommissie nie die betrokke
wetsvoorskrifte behoorlik nagekom het nie en dat sy

beslissing bygevolg ongeldig is. Dit sal dus geen
doel dien om die saak terug te verwys na die hof benede
om die meriete van die aansoek te oorweeg nie.

Bygevolg slaag die appél met koste. Die
bevel van die hof benede word tersyde gestel en dit
word deur die volgende bevele vervang:

(a) Die beslissing van die eerste res-
pondent geneem op 13 Julie 1981,
word tersyde gestel;

(b) Die/

93.

(b) Die eerste en tweede respondent
moet die koste van die aansoek
gesamentlik en afsonderlik betaal.

APPeLREGTER