South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 125
| Noteup
| LawCite
S v Abrahams (96/85) [1985] ZASCA 125 (26 November 1985)
Download original files |
ANITA ABRAHAMS
en
DIE STAAT
Saaknommer 96/85
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
ANITA ABRAHAMS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, BOTHA et GROSSKOPF, ARR.
VERHOOR: 7 November 1985
GELEWER: 26 November 1985
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR,
Dit is 'n appèl teen 'n vonnis in 'n
strafsaak.
In die streekhof te Johannesburg was die appellante een
van
drie mede-beskuldigdes wat op 'n aanklag van diefstal
van R70 400, op 26
April 1983 gepleeg, tereggestaan het.
Ten tye van die verhoor was die
appellante 22 jaar oud en
die moeder van 'n jong kind. Haar twee
mede-beskuldigdes was
manspersone, Swartz en Lekoma, wat onderskeidelik 20
jaar
en 34 jaar oud was. By die verhoor het al drie beskuldig=
des skuldig
gepleit en elkeen is soos aangekla skuldig
bevind. Die verhoorhof het die
appellante 'n vonnis van
ses jaar gevangenisstraf opgelê. Swartz en
Lekoma is tot
vyf en sewe jaar gevangenisstraf respektiewelik
gevonnis.
Teen voormelde vonnisse het die drie beskuldigdes sonder
welslae
na die Transvaalse Provinsiale Afdeling ge-appelleer.
As gevolg van 'n
versoekskrif wat sy aan die HOOFREGTER
gerig het, het hierdie Afdeling verlof
om teen haar vonnis
te
3.
te appelleer aan die appellante verleen.
Die wesenlike feite is die volgende. Na haar
skoolopleiding wou die
appellante haar as maatskaplike
werkster bekwaam en het sy twee jaar aan die
Universiteit
van Wes-Kaapland studeer. Weens geldnood enersyds en
haar
swangerskap andersyds het sy haar studies gestaak en in
Johannesburg
werk gekry. Daar bestaan 'n verhouding tussen
die appellante en Swartz, en
laasgenoemde is die vader van
haar kleuter. Die appellante en haar kind en
Swartz het
by Swartz se moeder in Johannesburg ingewoon, alwaar Lekoma
en
sy gesin ook loseerders was. Die appellante het by die
Norwoordtak van 'n
bank as teller gewerk. Na die betrokke
tak sal geriefshalwe as "die bank"
verwys word. Swartz is
'n elektrisiën en Lekoma is 'n sweiser. Aan huis
van Swartz
se moeder het die drie beskuldigdes saamgekonkel om, deur
die
skyn van 'n bankroof te wek, geld van die bank te steel.
Die plan was dat
Lekoma en die appellante die sleutelrolle
sou
4.
sou vertolk. Lekoma sou met 'n tas na die appellante se
toonbank by
die bank gaan waar hy as kamtige bankrower 'n
briefie met die onheilspellende
woorde -
"Beware or I shoot, hand over all paper money"
aan die appellante sou voorlê, waarop sy dan banknote aan
Lekoma sou
oorhandig. Lekoma sou die geld in die tas plaas
en vinnig spore maak met die
buit wat die drie beskuldigdes
daarna gelykop sou deel.
Uitvoering van die plan het egter skeefgéloop.
Soos afgespreek het
Lekoma sy opwagting by die appellante
se toonbank gemaak, en is die briefie
bevattende die
dreigement en die banknote verwissel. Lekoma het die
bank
met die gesteelde geld in die tas verlaat en, om die bank
se verlies
te verklaar, is die appellante in aller yl met
die briefie na die
bankbestuurderes. Die appellante se
relaas is nie sonder meer aanvaar nie.
Die petalje by
die
5.
'die toonbank het hom afgespeel ten aanskoue van 'n man wat
agter Lekoma
gestaan het om sy beurt by die appellante se
toonbank af te wag. Vir hierdie
waarnemer van die gesimu=
leerde roof was die appellante se toneelspelery
onoortuigend;
en hy het sy bedenkinge gelug. By aankoms van die
polisie
het die appellante aanvanklik met haar storie van die
bankrower
volhard, maar kort daarna het sy besin en alles
bely. Die polisie het snel
toegeslaan en Lekoma het hulle
geneem na die plek waar hy die tas met die
gesteelde geld
versteek het. In die verbygaan noem ek dat die
getuienis
van die ondersoekbeampte 'n suggestie bevat dat die geld in
die
tas toe R6 413 minder was as R70 400, maar geen toelaat=
bare getuienis met
betrekking tot die presiese bedrag geld
in die tas gevind, is aangevoer nie.
Dit is verder
gemeensaak dat indien daar enige tekort was die
appellante
nie die verwyt daarvan gemaak kan word nie.
Na
6.
Na skuldigbevinding het elkeen van die drie
beskuldigdes ter
strafversagting getuig. Volgens die
appellante en Swartz het die gedagte om
die bank te besteel
by Lekoma ontstaan. Omdat die appellante en Swartz
huiwerig
was, aldus hul getuienis, het Lekoma hulle na 'n
waarsêer
geneem. Laasgenoemde het aangedui dat die voorgestelde
'
onderneming veel beloof as gevolg waarvan die beskuldigdes
besluit het
om daarmee aan te gaan. In sy getuienis het
Lekoma toegegee dat die
waarsêer geraadpleeg is maar hy het
volgehou dat die hele idee van die
diefstal van die appellante
afkomstig was.
Rakende hierdie botsende bewerings was dit vir
die verhoorhof nie moontlik
om uitsluitsel te gee oor die
vraag wie die werklike aanvoerder van die
misdaad was nie.
By vonnisoorweging het die streeklanddros genoem dat
geeneen
van die drie beskuldigdes in die getuiebank n swak figuur
geslaan
het nie, en daarby gevoeg dat 'n beoordeling van die
waarskynlikhede
8.
hom toevertrou is nie redelik uitgeoefen het nie.
Dat die appellante die verwyt van 'n ernstige
misdaad dra en dat sy swaar
gestraf moet word, val nie te
betwyfel nie. Eweneens is die omvang van haar
vergryp
sodanig dat gevangenisstraf as die enigste gepaste straf
beskou
moet word. Daarenteen moet as 'n gemeenplaas aanvaar
word dat in die geval
van 'n eerste oortreder die hof sover
moontlik 'n straf sal nastreef wat die
veroordeelde nie
verpletter nie; en wat eerder sal dien as 'n
aansporing
om 'n tweede botsing met die gereg te vermy. In die
onderhawige
geval gaan dit om h eerste oortreder wat
betreklik jonk is en 'n persoon wat
verder - haar redelike
opvoedingspeil ten spyt - ietwat naïef en
onvolwasse is.
Daarvan getuig haar liggelowige aanvaarding van die
dolos=
gooier se strelende voorspellings. Verder moet ter
versagting in
die weegskaal gewerp word die belangrike
faktor dat die appellante die moeder
is van 'n jong kind wat
as
9.
as gevolg van die strafsaak nou die versorging van albei sy
ouers moet
ontbeer. In hierdie hele situasie, so meen ek,
was die verhoorhof daartoe
geroepe om die wenslikheid van
voorwaardelike opskorting van 'n gedeelte van
die appellante
se gevangenisstraf noukeurig te oorweeg. Met inagneming
van
al die omstandighede van die geval sou, na my beskeie
oordeel,voorwaardelike
opskorting van die helfte van die
termyn van ses jaar gevangenisstraf 'n
billike en gepaste
vonnis wees. Tussen die gewraakte vonnis en dié
wat
hierdie Hof as verhoorhof sou opgelê het, bestaan daar
bygevolg
'n steurende ongelykheid. Dit bring mee dat
hierdie Hof regtens verplig is om
met die opgelegde vonnis
in te gryp.
Die appèl slaag. Die vonnis deur die
verhoorhoof opgelê word
gewysig om soos volg te lees:-
"Gevangenisstraf
10.
"Gevangenisstraf vir ses jaar waarvan drie
jaar vir 'n tydperk van vyf
jaar opgeskort
word op voorwaarde dat sy nie skuldig
bevind word nie aan
bedrog of diefstal, of
aan 'n misdaad waarvan 'n skuldigbevinding op
'n
aanklag van diefstal geoorloof is, en
ten opsigte waarvan onopgeskorte
gevangenis=
straf as vonnis opgelê word, binne die
tydperk van
opskorting gepleeg."
G G HOEXTER, AR
BOTHA, AR )
GROSSKOPF, AR ) Stem saam