South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 127
| Noteup
| LawCite
Plaaslike Boeredienste (Edms) Bpk. v Chemfos Bpk. (90/83) [1985] ZASCA 127; [1985] 2 All SA 155 (A); [1986] 2 All SA 42 (A) (28 November 1985)
Download original files |
Saak nommer 90/83
E du P.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PLAASLIKE BOEREDIENSTE (EIENDOMS) BEPERK Appellant
En
CHEMFOS BEPERK Respondent
Coram: RABIE, HR, MILLER, HOEXTER, BOTHA, et VAN HEERDEN, ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
9 September 1985. 28 November 1985.
UITSPRAAK
RABIE, HR:
Appellant en respondent het op 24 Februarie 1974 'n skriftelike ooreenkoms met mekaar aangegaan waarvolgens appellant, teen vergoeding soos in die ooreenkoms bepaal, kunsmisstowwe wat deur respondent vervaardig word, sou vervoer, opberg en op boere se landerye sou strooi. Die ooreenkoms is tot 1 November 1972 terugwerkend gemaak en sou op 31 Oktober 1977 verstryk, maar appellant kon dit vir 'n verdere tydperk van 5 jaar hernu. Volgens die ooreenkoms sou geskille wat tussen die partye ontstaan by wyse van arbitrasie ingevolge die bepalings van die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet no. 42 van 1965) besleg word. Appellant het die ooreenkoms hernu toe dit verstryk het. Teen die einde van November 1977 het appellant beweer dat respondent die ooreenkoms verbreek het en dat hy (appellant) as gevolg daarvan skade gely het. Die geskil is na arbitrasie verwys, en op die dag waarop die verrigtinge voor die arbiter sou begin (16 Julie 1979), het respondent toegegee dat hy die ooreenkoms verbreek het en dat appellant op die betaling van skadevergoeding geregtig was. Die partye het toe met mekaar ooreengekom dat twee rekenmeesters (die een deur appellant aangewys te word,en die ander deur respondent) as skeidsregters ("referees") sou optree om die bedrag van die skadevergoeding te bepaal en, verder, dat indien respondent sou versuim om die bedrag van hulle toekenning binne 14 dae ná die datum daarvan te betaal, appellant die toekenning 'n bevel van die hof kon laat maak. Die skeidsregters het op 7 Desember 1979 'n toekenning van Rl 542 500-00 gemaak en verklaar dat die toekenning geskied het op die grondslag dat die bedrag "constitutes taxable income in the hands of Plaaslike Boeredienste (Eiendoms) Beperk". Appellant het op 15 Januarie 1980 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aansoek gedoen om 'n bevel dat die toekenning 'n bevel van die hof gemaak word. Respondent het die aansoek teengestaan en beweer dat hy, op gronde wat later in die uitspraak sal blyk, geregtig was om die bogemelde ooreenkoms van 24 Februarie 1974, asook die verwysing van die geskil na arbitrasie en die toekenning van die skeidsregters, te verwerp.
Vanweë die feitegeskille wat uit die stukke voor die hof geblyk het, is die saak na verhoor verwys. Appellant se aansoek sou as dagvaarding bly staan en die verhoor is by ooreenkoms na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling oorgeplaas. In sy deklarasie het appellant die hof gevra om die skeidsregters se toekenning 'n bevel van die hof te maak en om respondent te gelas om die toegekende bedrag (Rl 542 500) aan hom te betaal. Respondent het in sy pleit twee verwere geopper, maar die hof is by die verhoor deur albei partye gevra om vir eers net oor een daarvan te beslis. Dié verweer, waarvan díe besonder- hede hieronder weergegee word, is ook die enigste verweer wat by hierdie appél ter sake is. In 'n teeneis het respondent, op gronde wat hierha sal blyk, skadevergoeding ten bedrae van R117 072-00 (welke bedrag later tot Rll0 870-0C verminder is) van appellant geëis, asook 'n bevel wat die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 en die toekenning van die skeidsregters nietig verklaar. Die verhoorregter (McEwan, R.) het appellant se eis met koste afgewys en respondent se teeneis met koste toegestaan. Appellant appelleer nou, met die toestemming van die verhoorhof, teen die geheel van hierdie bevele.
Respondent se verweer teen appellant se eis word soos volg in paragraaf 2 van sy pleit uiteengesit:
"2. Ad paragraphs 3,4,5 & 6
(a) (i) In or about 1970 defendant was a subsidiary company of the holding company AMCOR LIMITED ("AMCOR").
(ii) A company known as SENTRAMARK LIMITED ("SENTRAMARK") was a subsidiary of AMCOR in or during 1970 and up to 1975.
(b) The administrative, secretarial and commercial services for companies in the AMCOR group were provided by another subsidiary company called AMCOR MANAGEMENT SERVICES (PROPRIETARY) LIMITED ('SERVICES').
(c) In or about 1975 AMCOR and SOUTH AFRICAN MANGANESE LIMITED were merged to form SA MANGANESE AMCOR LIMITED ('SAMANCOR') the holding company of what became and is known as the SAMANCOR group of companies and the defendant became and is a subsidiary thereof.
(i) At all times material hereto, one THOMAS MOODIE was employed in the AMCOR GROUP (and in particular by SERVICES after it was in- corporated on 15 September 1970) as Divisional Marketing Manager of Phosphate Products from 1st November 1969 until 31st March 1975.
(ii) The said Moodie's duties were for and on behalf of AMCOR or its subsidiary companies to procure the sale and distribution of phosphate products manufactured, acquired and/or produced by the said AMCOR or its subsidiary companies.
(e) In or about August 1970 and at a time when to his knowledge the said Moodie was employed as aforesaid, one Jacob Hendrik Beyers commenced and concluded negotiations with the said Moodie acting in his capacity aforesaid in order for Beyers to obtain for himself and/or a company to be formed by him, a contract for reward for the spreading of phosphate products for AMCOR and/or its subsidiary companies.
(f) In or about 1971 the plaintiff was registered with limited liability in accordance with the company laws of the Republic of South Africa, the said Beyers, being the sole or controlling beneficial shareholder and managing director thereof. One of the objects of the plaintiff was and continued to be the spreading of phosphate pursuant to the negotiations commenced and conducted with the said Moodie acting as aforesaid.
(g) (i) From or about November 1972 the plaintiff, on an informal basis and at the instance of the said Moodie, still employed as aforesaid, spread fertilisers for reward for and on behalf of AMCOR and/or its subsidiary company SENTRAMARK.
(ii) The said Moodie was during the period 8 January 1971 to April/May 1975 a director of SENTRAMARK.
(h) In or about 1972 and August 1973, whilst the said Moodie was still employed as aforesaid, the said Beyers, with the object of inducing Moodie to persuade the AMCOR group and/or one of its subsidiaries to enter into a formal contract for spreading fertilisers for a period of time with the plaintiff, agreed with. Moodie to grant him an option to acquire within a period of three years from 1 October 1972, 25% of the shares in the plaintiff together with 50% of the voting rights in the plaintiff. A copy of the said contract is annexed hereto marked 'AA'.
(i) The granting of the said option was a bribe to the said Moodie to exercise his influence as aforesaid and was accepted by Moodie secretly and without the knowledge of SERVICES, the AMCOR group and/or its subsidiaries, including the defendant and SENTRAMARK.
(j) The said contract, Annexure 'AA' was dated 3 August 1973 but the option was granted for a period of three years from 1 October 1972.
(k) The said Moodie became a director of the defendant on or about 11 October 1972 and remained a director of the defendant until 22 November 1973, and did not disclose to the defendant and/or AMCOR group or any of its subsidiaries including SENTRA- MARK the existence of the contract Annexure 'AA'.
(1) Moreover pursuant to the aforesaid contract Annexure 'AA' and in particular paragraph 4 thereof, the plaintiff caused the life of the said Moodie to be insured on the 1st November 1972 with itself as beneficiary for a sum of R100 000-00. The benefits under the said policy were cedable at the instance of the plaintiff. A copý of the said policy is attached hereto marked 'BB'.
(m) The said option and policy were of considerable value to the said Moodie who on or about the 2nd November 1973, sold the option back to the said Beyers for R100 000-00 which was paid and received by the said Moodie as follows:
R20 000-00 in or about November 1973
R20 000-00 in or about 30 January 1974
R50 000-00 in or about 1 April 1974
R 5 000-00 in or about 24 October 1974
R 5 000-00 in or about 21 November 1974.
The defendant is unaware who paid the first three amounts but states that the last two amounts of R5 000-00 each were paid by the plaintiff to the said Moodie.
(n) The said Moodie did in fact, pursuant to the bribe referred to above, use his influence to bring about the agreement which was entered into between the plaintif and the defendant and which is annexed to the Plaintiff's Further Particulars as Annexure 'C'.
(o) The defendant, SERVICES, AMCOR and SAMANCOR were unaware of the bribe or any of the matters set out above until the end of 1979 and the beginning of 1980.
(p) In or about November 1977 the defendant cancelled the said agreement Annexure 'C' on grounds which were not valid and conceded this point at arbitration proceedings which had been instituted by the plaintiff for which damages were claimed against the defendant for breach of this contract.
(q) In the belief that the said contract Annexure 'C' was binding on the defendant the defendant entered into the agreement, Annexure 'A' to the declaration, and agreed to submit the question of damages to the referees who purported to make a determination pursuant to the said agreement.
(r) Had the defendant been aware of the fraudulent conduct of the said Moodie and/or the plaintiff referred to above, the defendant would never have entered into the agreement Annexure 'C' but would have cancelled same as it was entitled to do and the matter would not have been referred to arbitration as the defendant would/nave consented thereto.
(s) In the premises the defendant has cancelled the contract, Annexure 'C', and as such the agreement entered on the 16th July 1979, Annexure 'A', and the purported determination are of no force and effect."
In antwoord op 'n versoek om nadere besonderhede betreffende die hierbo/aangehaalde paragraaf 2(n) van sy pleit, het respondent beweer:
"Moodie being an employee of Services and a director of Defendant and Sentramark as well as the Divisional Marketing Manager of phosphate products abused his position of trust and it was his influence upon the Defendant which resulted in the agreement being entered into between the Plaintiff and the Defendant."
Die opsie waarna daar in paragraaf 2(h) van respondent se pleit verwys word, is beliggaam in 'n ooreenkoms wat op 3 Augustus 1973 deur Beyers en Moodie onderteken is. (Beyers word in paragraaf 2(e) van die pleit genoem. Hy was die enigste aandeelhouer in appellant- maatskappy en ook die enigste direkteur daarvan. Moodie word in paragraaf 2(d)(i) van die pleit genoem.) Die ooreenkoms bepaal dat Beyers aan Moodie 'n opsie verleen om binne 3 jaar vanaf 10 Oktober 1972 25% van die uitge- reikte aandelekapitaal in appellant teen pari (Rl per aandeel) te verkry. (Die gemagtigde aandelekapitaal van appellant-maatskappy was 4 000 aandele van Rl elk, maar ten tyde van die ooreenkoms was daar nog net 2 aandele uitgereik.) Indien Moodie sou sterf voordat hy die opsie uitgeoefen het, sou sy dood as 'n uitoefening van die opsie beskou word, maar sy boedel sou dan verplig wees om die aandele wat hy bekom het aan Beyers oor te maak. Volgens die ooreenkoms sou Beyers en Moodie dieselfde stemkrag in die maatskappy hê, al sou Beyers ook drie maal soveel aan- dele as Moodie hê. ("It is intended", word daar in die ooreenkoms gesê, "that on a poll each party shall have the same number of votes.") Beyers en Moodie sou ook albei geregtig wees om direkteur van appellant te wees. In hierdie verband word o.m. ook bepaal: "In the event that the said Moodie is not employed by the Company (d.w.s. appellant) at the time that he exercises this option, it shall not be necessary for him to hold the appointment of Director personally, but he shall be entitled to appoint a nominee in his place and stead." (Die belangrikheid van hierdie bepaling sal later blyk.) Nòg Beyers nòg Moodie sou sy regte ingevolge die ooreenkoms aan enigiemand anders kon sedeer. In die ooreenkoms word ook verklaar dat Beyers se lewe vir 'n tydperk van 15 jaar vir R200 000 deur appellant - die begunstigde onder die polis – verseker is, en Moodie se lewe vir 'n dergelike tydperk vir R100 000. Die ooreenkoms bepaal dat indien enige van die partye sy aandele in appellant van die hand sou sit, hy geregtig sou wees om appellant se regte ten opsigte van die polis oor te neem sonder om enige vergoeding aan appellant te betaal, en sonder dat appellant enige bedrag aan hom sou hoef te betaal. Die aanvangsdatum van die polis was 1 November 1972. Appellant het nie 'n repliek op respondent se pleit ingedien nie, maar het in 'n pleit op respondent se teeneis op respondent se pleit geantwoord. Besonderhede van die teeneis word later in die uitspraak gegee. Appellant het die bewerings in paragraaf 2(a)-(d) van respondent se pleit (hierbo aangehaal) ontken, maar dié bewerings is by die verhoor bewys sonder dat appellant dit probeer weerlê het. In antwoord op die bewerings in paragraaf 2(e) van respondent se pleit aangaande die onderhandelinge wat sedert Augustus 1970 tussen Beyers en Moodie gevoer is met die oog daarop om vir Beyers en/of 'n maatskappy wat deur hom gestig sou word 'n kontrak vir die verspreiding van Amcor en/of sy filiale (in paragraaf 2(a)-(d) van respondent se pleit vermeld) se fosfaat-produkte te verkry, het appellant soos volg geantwoord:
"Ad sub-paragraaf (e)
(i) Die eiser verklaar dat, in die tydperk 1970 tot 1974, Jacob Hendrik Beyers (wat ná inlywing van die eiser namens die eiser opgetree het) onderhandelings gevoer het met verskeie persone, insluitende Moodie, welke persone as verteenwoordigers vir een of meer maatskappye in die AMCOR groep van maatskappye opgetree het, en dat hierdie onderhandelings finaal volvoer is deur die sluiting van 'n skriftelike ooreenkoms in Februarie 1974
(ii) Behalwe soos voormeld, ontken die eiser die bewerings in hierdie sub-paragraaf gemaak."
In nadere besonderhede het appellant beweer dat in die onderhandelinge "mnre Moodie, Marshall, De Waal, Rossouw, De Kock en personeellede van gemelde groep se bemarkings-afdeling wie se name Eiser tans nie in staat is om te verskaf nie" namens "die Amcor-groep maatskappye" opgetree het.
Appellant het erken dat Beyers die gemelde opsie aan Moodie gegee het, maar het ontken dat dit enigsins omkopery was. Appellant het ook ontken dat Moodie vanweë die beweerde omkopery sy invloed by respondent gebruik het om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 aan te gaan, asook dat beïnvloeding deur Moodie daartoe gelei het dat respondent die gemelde ooreenkoms aangegaan het. Ek haal appellant se antwoord op paragraaf 2(h) van respondent se pleit met betrekking tot die gee van die opsie aan:
"Ad sub-paragraaf (h):
(i) In 1970 het die vermelde Beyers en Moodie ooreengekom dat eersgenoemde vir laasgenoemde 'n opsie sou gee om 'n kwart van die aandele in 'n deur Beyers te stigte maatskappy (wat in die somer-reënstreek sake sou doen) te bekom, en hierdie ooreenkoms is in Augustus 1973, met wysigings en byvoegings, op skrif gestel, en vorm aanhangsel AA tot die verweerder se verweerskrif.
(ii) Behalwe soos voormeld, ontken die eiser die bewerings in hierdie sub-paragraaf gemaak."
Appellant het die bewering in paragraaf 2(o) van respondent se pleit dat respondent eers teen die einde van 1979 of aan die begín van 1980 van die opsie gehoor het, ontken, asook die bewering in paragraaf 2(r) van die pleit dat respondent nie die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 sou aangegaan het as hy van die "fraudulent conduct" van Moodie en/of appellant bewus was nie. Die bewering in paragraaf 2(m) van die pleit dat Moodie op 2 November 1973 "sold the option back to the said Beyers for R100 000", is deur appellant erken. Appellant het ook erken dat die bedrag van R100 000 aan Moodie betaal is soos deur respondent beweer, behalwe dat hy sê dat die eerste bedrag van R20 000 in of ongeveer Januarie 1974 "by wyse van kwytskelding en deels by wyse van betaling" vereffen is. Respondent se bewerings in paragraaf 2(1) van sy pleit betreffende die polis wat appellant op die lewe van Moodie en Beyers uitgeneem het, is ook deur appellant erken. Ek kom nou by respondent se teeneis. Dit bestaan uit drie paragrawe. In die eerste daarvan herhaal respondent die bewerings in sy bogemelde pleit, en in die besonder dié in sub-paragrawe (p), (q), (r), (s) en (t) van paragraaf 2 daarvan. Sub-paragrawe (p), (q), (r) en (s) is hierbo aangehaal. Sub-paragraaf (t) het betrekking op die verweer wat nie by hierdie appêl ter sake is nie. Die tweede en derde paragraaf van die teeneis lui soos volg:
"2. As a result of the said arbitration proceedings on or about 16 July 1979 and the reference to the umpire and referees for the determination of the amount allegedly due to the plaintiff, the defendant incurred legal and other professional expenses in an amount of R117 072-00.
3. The said amount was incurred as a result of the aforesaid unlawful conduct of the plaintiff and in the premises the defendant has sustained damages in that amount, which the plaintiff is liable to pay to the defendant."
Appellant se pleit op paragraaf 1 van respondent se teeneis is eintlik 'n repliek op respondent se pleit op appellant se deklarasie. Die inhoud daarvan is, vir sover ter sake, hierbo weergegee toe ek aangedui het wat appellant se antwoord op dié bewerings in respondent se pleit was. Appellant se pleit op paragrawe 2 en 3 van die teeneis lui soos volg:
"2. Ad paragraaf 2 van Teeneis:
Die eiser dra geen kennis van die bedrag onkostes deur die verweerder aangegaan nie, en ontken derhalwe dat die verweerder R117 072 of enige bedrag onkostes aange- gaan het.
3. Ad paragraaf 3 van Teeneis:
Die eiser ontken ieder en elke bewering in hierdie paragraaf gemaak, asof spesifiek weerlê."
Wat respondent se verweer betref, het die verhoorregter bevind dat die gee van die opsie omkopery was deurdat Beyers dit, sonder die medewete van respondent, aan Moodie, 'n beampte en direkteur van respondent, gegee het om hom te oorreed om respondent te beïnvloed om die ooreenkoms wat op 24 Februarie 1974 gesluit is, met appellant aan te gaan. Hy het verder bevind dat respondent op grond van hierdie handeling van Beyers geregtig was om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974, asook diearbitrasie-verrigtinge en die toekenning van die skeidsregters wat daaruit voortgevloei het, te verwerp, en dat dit nie vir respondent nodig was om te bewys dat Moodie wel vir respondent beïnvloed het om die ooreenkoms met appellant te sluit nie. Die geleerde regter het egter ook beslis dat selfs indien dit vir respondent nodig was om te bewys dat hy deur Moodie beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan, hy dit wel bewys het. Mnr Mostert, wat sowel in hierdie hof as in die hof a quo namens appellant verskyn het, het in sy betoog voor ons aanvaar dat respondent by bewys van al die bewerings in sy pleit geregtig sou wees om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974, asook die arbitrasie-verrigtinge en die skeidsregters se toekenning, te verwerp. Hy het egter betoog dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat respondent al die bewerings in sy pleit bewys het. Ek is van mening dat mnr Mostert tereg aanvaar het dat respondent, by bewys van die feitlike bewerings in sy pleit, geregtig sou wees om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974, tesame met die arbitrasie-verrigtinge en die skeidsregters se toekenning, te repudieer. Die vraag van die regsgrondslag waarop die verweer gehandhaaf behoort te word, sal ek later in die uitspraak bespreek, nadat ek eers mnr Mostert se betoog aangaande die feite van die saak en die verhoorhof se bevindings in verband daarmee behandel het. Hierdie betoog is onder die volgende hoofde gelewer:
(A) Die verhoorhof het verkeerdelik bevind dat die gee van die opsie deur Beyers aan Moodie 'n omkoopgeskenk ("bribe") was, in die sin dat Beyers beoog het om Moodie om te koop; (B) Die gee van die opsie kan nie as omkopery beskou word nie aangesien respondent van die bestaan van die opsie bewus was; (C) Die gee van die opsie kan nie as omkopery gesien word nie aangesien Beyers geglo het dat Moodie vir Amcor (en dus ook respondent) daarvan vertel het; en (D) Selfs indien die gee van die opsie omkopery was, is daar nie bewys dat Moodie respondent beïnvloed het en dat hierdie beïnvloeding tot die totstandkoming van die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 aanleiding gegee het nie. Ek sal die betoog met verwysing na hierdie hoofde bespreek.
Ad (A_): Die betoog dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat die gee van die opsie 'n omkoopgeskenk was, in die sin dat Beyers beoog het om Moodie om te koop. Mnr Mostert het dit beklemtoon dat, om die ware aard en doel van die opsie van 3 Augustus 1973 te verstaan, 'n mens nie net na die betrokke dokument en die omstandighede wat daar geheers het toe dit opgestel is,moet kyk nie. Hierdie opsie, lui die betoog, is wesenlik dieselfde as 'n mondelinge opsie wat Beyers in 1970 aan Moodie gegee het, en 'n mens moet kyk na die omstandighede waarin, en die rede waarom, daardie vroeë opsie gegee is om die opsie van 3 Augustus 1973 in die regte perspektief te sien. Die relevante feite en omstandighede, sê mnr Mostert, kom op die volgende neer. Moodie het Beyers in 1970 opgesoek. Amcor het in daardie tyd moeilikheid met die bemarking van sy kunsmis-produkte ondervind en Moodie het gemeen dat die problem opgelos sou kon word indien die produkte beter versprei word, Amcor kon nie die nodige verspreiding self doen nie. Beyers het in daardie tyd landboukalk in Wes-Kaapland versprei, en Moodie het gemeen dat Beyers die enigste persoon was wat die nodige verspreidingsdiens vir Amcor kon lewer. Moodie (wat, volgens sy getuienis, in daardie tyd daaraan gedink het om Amcor se diens te verlaat) en Beyers het toe, na verskeie samesprekings, besluit om saam sake te doen. Beyers sou vir daardie doel 'n maatskappy stig waarby albei van hulle betrokke sou wees. Beyers sou aan Moodie 'n 25%-belang in die maatskappy gee en Moodie sou, ten spyte van sy mindere aandeelhouding, gelyke stemreg met Beyers hê. Dit was, aldus mnr Mostert, 'n heel onskuldige transaksie. Moodie sou niks vir die verkryging van die belang in die maatskappy hoef te betaal het nie, maar daar het niks sinisters in dié feit geskuil nie: daar was in daardie stadium immers weinig waarvoor geld gevra kon word. Daar was in daardie tyd, betoog mnr Mostert, geen rede waarom Beyers vir Moodie sou wou omgekoop het nie, want, soos Beyers getuig het, Amcor was oor hom "verlee" en nie hy oor Amcor nie. Die rede waarom hy die opsie aan Moodie gegee het, sê Beyers, was dat Moodie "by die maatskappy op 'n voltydse basis sou aansluit".
Moodie sou, volgens Beyers, "'n direkteur wees sowel as 'n aandeelhouer." Die mondelinge opsie is (aldus Beyers) in ongeveer November 1971 op skrif gestel. (Die betrokkedokument het, volgens sowel Moodie as Beyers, verlore geraak.) Die plan om 'n maatskappy te stig, soos hierbo genoem, is nie uitgevoer nie. Appellant (vroeër 'n dormante maatskappy met 'n ander naam as wat dit tans het) het die nodige verspreidingsdiens gelewer en met verloop van tyd het die omvang van die sake wat hy en Amcor (eintlik Sentramark,'n filiaal van Amcor) met mekaar gedoen het, aansienlik toegeneem. Toe die opsie van 3 Augustus 1973 verleen is, was dit, volgens Beyers, eintlik maar net 'n "bevestiging" van die vroeëre opsie. Hierdie opsie van 1973 is, volgens Beyers, met dieselfde doel gegee as die vroeëre opsie. Die doel was, sê hy, dat "Moodie sou aansluit by die maatskappy."
In die lig van die bogemelde omstandighede, betoog mnr Mostert, kan die gee van die opsie hoogstens as 'n poging tot sg. "executive poaching" beskou word, d.w.s. 'n daad wat daarop gerig was om Moodie te oorreed om Amcor se diens te verlaat en hom heeltyds by Beyers se maatskappy (appellant) aan te sluit. Hierdie betoog kan nie aanvaar word nie. Appellant en Sentramark het ná 1970 steeds groter sake met mekaar gedoen, en teen die tyd toe die opsie in Augustus 1973 gegee is, was die omvang daarvan aansienlik.' Die sake wat appellant met Sentramark gedoen het, het, volgens Beyers se eie getuiehis, naderhand ruim 90%, en selfs meer, van appellant se besigheidsaktiwiteite uitgemaak. In hierdie omstandighede is dit hoogs waarskynlik dat die voortsetting van sy besigheid met Sentramark en die verkryging van 'n kontrak wat oor 'n aantal jare sou strek, belangrike oorwegings by appellant sou gewees het. Moodie was in staat om appellant te help om so 'n kontrak te verkry, en Beyers se getuienis dat die gee van die opsie, wat in daardie tyd 'n waardevolle reg was, en die kans om so 'n kontrak te verkry niks met mekaar te doen gehad het nie, is so onwaarskynlik dat dit geensins aanvaarbaar is nie.
Beyers het by herhaling gesê dat die enigste doel van die opsie was dat Moodie hom heeltyds by appellant sou aansluit. Daar is egter getuienis waaruit na my mening duidelik blyk dat dit nie inderdaad Beyers se oogmerk met die opsie was nie. Dit blyk in die eerste plek uit wat namens appellant aan die versekeringsmaatskappy gesê is toe appellant om die hierbo vermelde polis op die lewe van Moodie aansoek gedoen het. In 'n brief van 1 November 1972, wat deur Beyers onderteken is, word naamlik gesê:
"We wish to take out a policy for R100 000-00 on the life of Mr T. Moodie, because he is an executive director of Sentramark Ltd., which company is closely associated with our business activities. Mr Moodie's premature death could endanger our financial stability."
Die verhoorregter het die volgende bevinding in verband met hierdie brief gemaak:
"I agree with the argument that whatever protestations may have been made by Beyers to the effect that the option was designed solely to.induce Moodie to join the service of Boeredienste, the documents now mentioned in connection with the insurance policy show that it was considered of vital importance to the business of Boeredienste that Moodie should continue to occupy the position of executive director of Sentramark...".
Dit is 'n geregverdigde bevinding. Beyers het hierdie brief probeer wegpraat deur te sê dat dit nie deur hom opgestel is nie, maar deur sy versekeringsmakelaar, ene Sinclair, en dat hy (Beyers) dit onderteken het sonder om dit te lees aangesien hy Engels nie goed magtig was nie. Die bewering dat Sinclair die brief opgestel het, is nie 'n aanvaarbare verduideliking nie. As Sinclair dit opgestel het, moes hy sy inligting by Beyers (of Moodie, of albei) gekry het. Verder, dit het in die loop van die verhoor duidelik geblyk dat Beyers Engels goed magtig was. Die rede wat hy gegee het oor waarom hy die brief onder- teken het sonder om dit te lees, is dus onwaar. Daar is ook ander oorwegings wat toon dat dit nie werklik Beyers se bedoeling met die opsie was dat Moodie in die diens van appellant sou tree nie. Volgens Beyers het die verlening van die opsie "wrywing tot gevolg gehad" en het Moodie by hom "die indruk gelaat dat hy nie meer geneë is om aan te sluit nie." (Wat hierdie bewerings betref, moet daarop gelet word dat in die opsie-ooreenkoms voorsien is dat Moodie moontlik nie in appellant se diens sou tree nie. Dit blyk uit die sin in die oor- eenkoms wat ek hierbo aangehaal het.) In daardie tyd, sê Beyers, het appellant "probleme" met "kontantvloei" gehad en sy vader, mnr H.P. Beyers, was toe bereid om aan hom geld te leen op voorwaarde dat "slegs Beyerse die maatskappy moet beheer en besit." Hy (Beyers) het toe besluit "om van Moodie ontslae te raak uit hierdie kontrak uit." Hy het toe met Moodie ooreengekom dat Moodie 'n opsie op sy opsie aan Beyers se vader sou gee. Beyers het toe 'n dokument opgestel wat die transaksie beliggaam en Moodie het dit onderteken. Dit lui soos volg:
"Hiermee bevestig ek, Thomas Moodie, dat die aandele opsie ten opsigte van 25% aandele tesame met 'n 50% stemkrag in Plaaslike Boeredienste (Edms) Beperk, kragtens 'n bestaande ooreenkoms tussen J.H. Beyers en myself aangebied word aan Hendrik Phillipus Beyers teen die volgende voorwaardes –
Hy verkry 'n opsie op bostaande aandele en stemkrag vir 'n periode van drie maande vanaf datum teen R100 000. Indien die opsie uitgeoefen word, sal 'n skuldbewys tot bevrediging van Moodie uitgereik word betaalbaar 2 November 1974, rentevry. 'n Assuransiepolis vir R100 000 op Moodie se lewe sal dan op 2 November 1974 ingevolge die opsie ooreenkoms met J. H. Beyers oorgedra word na Moodie. Aanvaarding van hierdie opsie moet voor 31 Januarie 1974 skriftelik uitgeoefen en deur Moodie skriftelik van ontvangs erken word. Aldus gedoen, Vrydag, 2 November 1973.
T. Moodie."
Hoewel hierdie opsie, volgens die bewoording daarvan, aan Beyers se vader verleen is, het Beyers dit self uitgeoefen - binne 'n dag of twee nadat dit verleen is. Verder, hoewel die R100 000 nie voor 2 November 1974 betaalbaar was nie, het Beyers lank voor daardie tyd begin om die bedrag te betaal. (Besonderhede van die betalings blyk uit paragraaf 2(m) van respondent se pleit, hierbo aangehaal.) Beyers het nog verder gegaan om Moodie ter wille te wees. Dit blyk naamlik duidelik uit die getuienis dat hy met Moodie (wat glo gevrees het dat die R100 000 belasbaar sou wees) saamgespan het om die tjeks wat ter betaling van die bedrag afgegee is op so 'n wyse uit te maak dat die Ontvanger van Inkomste nie moes agterkom dat die betalings aan Moodie gemaak is nie.
Soos reeds gesê is, het Beyers getuig dat die opsie aan Moodie gegee is met die oog daarop dat Moodie die diens van Amcor sou verlaat en in appellant se diens sou tree. Moodie het die opsie ook op hierdie grondslag van Beyers ontvang, hoewel hy in die loop van sy getuienis te kenne gegee het dat sy eintiike bedoeling was om die opsie aan Amcor oor te dra. Toe Moodie nou, volgens Beyers, laat blyk het dat hy nie meer in appellant se diens wou tree nie, het die hele grondslag waarop die opsie aan Moodie gegee is, en waarop Moodie dit ontvang het, weggeval. Beyers moes ongetwyfeld geweet het dat Moodie toe nie meer geregtig sou gewees het om die opsie uit te oefen nie, en die feit dat hy daarna nogtans R100 000 aan Moodie betaal het, kan kwalik enige ander gevolgtrekking regverdig as dat die betaling vergoeding was vir wat Moodie vir hom met betrekking tot die ooreenkoms wat in Februarie 1974 onderteken sou word, gedoen het. In hierdie verband moet daarop gelet word dat Amcor, wat die ooreenkoms tussen appellant en respondent moes goedkeur, op 27 September 1973 op 'n direksievergadering besluit het dat respondent die ooreenkoms kon aangaan. Moodie het ongetwyfeld van hierdie goedkeuring geweet. Beyers het getuig dat hy nie daarvan geweet het nie. Dit is egter ondenkbaar dat Moodie hom nie daarvan sou vertel het nie, en daar kan dus na my mening met veiligheid aanvaar word dat hy van die goedkeuring van die ooreenkoms geweet het toe hy in November 1973 onderneem het om R100 000 aan Moodie te betaal.
Uit hoofde van die voorgaande is ek van mening dat die verhoorhof tereg bevind het dat Beyers die opsie aan Moodie gegee het om hom te beweeg om respondent te beïnvloed om die ooreenkoms wat op 24 Februarie 1974 onderteken is, met appellant aan te gaan.
Ad (B): Die betoog dat die gee van die opsie nie as omkopery beskou kan word nie aangesien respondent van die bestaan van die opsie bewus was.
Moodie het getuig dat hy beamptes van respondent by drie geleenthede vertel het van die opsie wat aan hom gegee is: die eerste keer in 1970, aan mnr Bernard Marshall; die tweede keer in die middel van 1972, aan Dr. J.P. Kearney; en die derde keer in Augustus, September of Oktober 1973, aan Dr. Kearney, mnr N.F. Britten en mnr T. Ramage. (Marshall was die bestuurder van Amcor se fosfaatprodukte-afdeling. Hy is in 1970 deur Moodie in hierdie pos opgevolg. Kearney was die voorsitter en besturende direkteur van Amcor. Hy was van Julie 1971 af ook die voorsitter van Sentramark, wat in 1970 gestig is. Britten het in Julie 1970 administratiewe bestuurder van Amcor geword. Hy was 'n direkteur van respondent, wat in Maart 1970 ingelyf is. Ramage was sedert Augustus 1970 die sekretaris en regsadviseur van die Amcor-groep.) Volgens die verhoorregter se uitspraak het mnr Mostert in die hpf a quo nie op hierdie getuienis van Moodie, wat deur die hof as 'n onbetroubare getuie beskou is, gesteun nie. Mnr Mostert beroep hom egter op hierdie getuienis in sy skriftelike betoogpunte in hierdie hof, hoewel dit terselfdertyd blyk dat hy dit nie met veel vertroue doen nie. Ek sal die getuienis dus net kortliks behandel. Volgens Moodie het hy Marshall teen die middel van 1970 van die mondelinge opsie vertel. Dit blyk egter uit die getuienis dat Marshall, wat later oorlede is, teen daardie tyd siek was en nie op kantoor was nie, en dat hy ook nie weer na sy werk teruggekeer het nie. Wat die beweerde bekendmaking van die opsie aan Kearney in die middel van 1972 betref, het Moodie getuig dat hy Kearney om sy toestemming om 'n kunsgalery te koop, gaan vra het; dat hy Kearney toe ook van sy opsie vertel het, en dat hy die opsie aan Kearney (namens Amcor) aangebied het. In kruisverhoor het Moodie sy getuienis dat hy die opsie aan Kearney aangebied het, weerspreek: hy het toe gesê dat hy die opsie nie aan Kearney aangebied het nie, maar hom daarvan vertel het. Toe hy op die weerspreking gewys is, het hy dit probeer verduidelik deur te sê dat sy mededeling aan Kearney dat hy die opsie het op 'n aanbieding daarvan aan Kearney "neerkom". Kearney het ontken dat Moodie hom ooit van die opsie vertel het en het bygevoeg dat hy in 1974 vir die eerste maal van Moodie se kunsgalery gehoor het toe Uritten hom daarvan vertel het.
Moodie se getuienis kan klaarblykiik nie voor dié van Kearney aanvaar word nie. Wat die derde beweerde bekend-making van die opsie betref, het Moodie getuig dat hy in Augustus of September, of dalk in Oktober, 1973 vir Kearney, Britten en Ramage v.an die opsie vertel het. Dit het gebeur, sê hy, by 'n byeenkoms waar hy en die drie here die ooreenkoms wat appellant en respondent in Februarie 1974 sou sluit, "deurgewerk" het. Hy het toe ook aan hulle gesê, het hy getuig, dat dit in Amcor se belang was dat "ons hierdie opsie uitoefen". Hierdie getuienis van Moodie is nie in kruisverhoor aan Kearney gestel nie. Dit is ook nie aan Ramage gestel nie. Aan Britten is bloot die volgende algemene stelling gemaak: "Mr Britten, Mr Moodie will give evidence later in this trial and he will tell his Lordship that you knew full well of the option. You deny that of course?" Die antwoord was: "I deny that." Afgesien van die feit dat die getuienis wat Moodie sou gee nie behoorlik aan die getuies gestel is nie, is daar die verdere oorweging dat dit hoogs onwaarskynlik is dat Moodie die drie here in die tyd deur hom beweer van die opsie sou vertel het, en ook dat hulle, soos deur hom getuig, niks sou gesê het nie oor sy bewering dat hy 'n opsie het om 'n belang te verkry in die maatskappy met wie respondent op die punt gestaan het om die ooreenkoms waaraan hulle gewerk het, aan te gaan.
Hoewel mnr Mostert, soos hierbo gesê, blykbaar die nie veel vertroue in/bogemelde getuienis van Moodie het nie, steun hy sterk op die getuienis wat ene Van Wyk gegee het oor 'n geleentheid in November 1971 toe hy, as Beyers se prokureur, saam met Beyers en Moodie in Johannesburg met Kearney en 'n paar ander beamptes van Amcor samesprekings gevoer het. Die samesprekings, wat in Moodie se kantoor plaasgevind het, het betrekking gehad op 'n konsep van 'n ooreenkoms wat appellant en Sentramark met mekaar sou sluit en wat o.m. daarvoor voorsiening gemaak het dat Amcor 51% van die aandele in appellant, of in 'n maatskappy wat Beyers sou stig (die getuienis hieroor is nie duidelik nie), sou verkry. Beyers (of Moodie), het Van Wyk gesê, het aan hom 'n dokument gegee waaruit geblyk het dat Beyers aan Moodie 'n opsie verleen het om 25% van die aandele in die betrokke maatskappy op te neem. Hy (Van Wyk) kon toe, volgens sy getuienis, nie verstaan hoe Beyers 25% van die aandele aan Moodie kon aanbied nie, want, as die opsie uitgeoefen sou word, sou dit Beyers met net 'n klein persentasie van die aandele in die maatskappy laat. Hy het. toe, tydens die samesprekings, na die opsie verwys om helderheid oor die saak te verkry. Toe hy van die opsie praat, het Van Wyk getuig, het Moodie en Kearney "betekenisvol" na mekaar gekyk en Moodie het toe gesê dat hy (Van Wyk) maar van die opsie kan vergeet aangesien dit nie ter sake is nie. Hy het die "indruk" gekry, sê Van Wyk, "dat die Amcor-verteenwoordigers bewus was van die een of ander opsie-reëling met betrekking tot Moodie". Op grond van hierdie getuienis van Van Wyk, betoog mnr Mostert, moet bevind word dat Amcor (en dus ook respondent) van die opsie geweet het. Die verhoorhof het bedenkinge oor die getuienis van Van Wyk gehad en het verder bevind dat dit in ieder geval so vaag is dat dit nie as bewys van die beweerde openbaring van die opsie aan respondent kan dien nie. Na my mening is daar verskeie oorwegings wak toon dat Van Wyk se getuienis nie aanvaarbaar is nie. Moodie, wat volgens Van Wyk sou gesê het dat die opsie nie ter sake is nie, kon hom die insident nie herinner nie. Beyers, wat volgens Van Wyk teenwoordig was toe van die opsie gepraat is, kon ook nie so iets onthou nie. Kearney het ontken dat hy van 'n opsie vertel is. Die getuienis dat Moodie en Kearney "betekenisvol" na mekaar gekyk het en die indruk gewek het dat hulle van die opsie weet, kan kwalik enige waarde hê, want volgens Moodie het hy Kearney nie voor die middel van 1972 vertel van die opsie wat aan hom gegee is nie. Verder is daar na my mening ook sterk twyfel oor die vraag of daar in November 1971 'n opsie-dokument bestaan het. Ten tyde van die verhoor het daar nie so 'n dokument bestaan nie. Volgens Beyers en Moodie het dit verlore geraak. In die verrigtinge voor die skeidsregters het hulle niks van so 'n opsie gesê nie. In die mosie-verrigtinge het hulle ook nie van dié opsie gepraat nie. In appellant se pleit op respondent se teeneis word gepraat van 'n mondelinge opsie van 1970, en dan word gesê dat dit in 1973 op skrif gestel is. Dit was eers by die verhoor dat vir die eerste maal van 'n skriftelike opsie van 1971 gepraat is.
'n Verdere punt wat ek wil noem, is die volgende: Van Wyk het 'n paar maal gesê dat dit 'n opsie was om aandele in appellant te verkry, maar toe hy daarop gewys is dat dit volgens Moodie en Beyers nie 'n opsie was om aandele in appellant te verkry nie, maar'wel in 'n maatskappy wat Beyers sou stig, het dit geblyk dat hy nie seker van sy saak was nie. Hy het toe gesê: "Ek kan nie sê dat dit Plaaslike Boeredienste was nie...".
Uit hoofde van die voorgaande kan m.i. nie gesê word dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat respondent nie van die bestaan van die opsie bewus was nie.
Ad (C): Die betoog dat die gee van die opsie nie as omkopery beskou kan word nie aangesien Beyers geglo het dat Amcor van die opsie geweet het.
Daar is namens appellant betoog dat Beyers geglo het dat Moodie Amcor van die opsie vertel het; dat daar dus nie 'n korruptiewe oogmerk by Beyers aanwesig was nie, en dat die gee van die opsie gevolglik nie as omkopery gesien kan word nie. Die verhoorhof, lui die betoog, het verkeerdelik bevind dat Beyers nie so 'n geloof gehad het nie.
Beyers het getuig dat Moodie aan hom gesê het dat Amcor van die opsie weet en dat hy (Beyers) dit geglo het. Die verhoorregter het, op grond van oorwegings wat hy in sy uitspraak uiteensit, bevind dat Beyers nie 'n betroubare en eerlike getuie was nie en het sy getuienis dat hy geglo het dat Moodie sy werkgewer van die opsie vertel het, nie geglo nie. Ek is geensins daarvan oortuig dat die geleerde regter se bevinding nie geregverdig was nie, en ek vind dit nie nodig om die redes vir sy beslissing hier te herhaal nie. Hy het bevind dat ook Moodie 'n onbevredigende en onbetroubare getuie was, en ook hierdie bevinding kan na my mening nie as verkeerd beskou word nie. Dit is hoogs onwaarskynlik, het die hof bevind, dat Moodie so onversigtig sou gewees het om aan Beyers te sê dat hy Amcor van die opsie vertel het, aangesien hy sou geweet het dat, as hy dit doen, daar altyd die gevaar sou bestaan dat Beyers dalk met 'n beampte van Amcor oor die opsie kon praat en daardeur vir hom (Moodie) in die moeilikheid kon laat beland.
Met betrekking tot die betoog dat Beyers geglo het dat Moodie vir Amcor van die opsie vertel het, het mnr Mostert ook gesteun op getuienis wat Van Wyk gelewer het in verband met die geleentheid (hierbo genoem) toe hy in November 1971 na Johannesburg toe gegaan het om Beyers in samesprekings met beamptes van Amcor te verteen- woordig. Van Wyk het o.m. getuig dat terwyl hulle in 'n motor van die lughawe af na Johannesburg toe gery het, hy vir Beyers gevra het of Amcor "bewus is van die opsie" en dat Beyers "ja" geantwoord het. Moodie, het Van Wyk in kruisondervraging gesê, "het ook so bevestig". Kort nadat hy hierdie antwoord met betrekking tot Moodie gegee het, kon Van Wyk in verdere kruisondervraging nie sê of hulle in die motor was toe Moodie Beyers se antwoord "bevestig" het nie. Dit kon, het hy toe gesê, "met die aankoms, of tydens die onderhandelinge" gebeur het. Ook wat betref die vraag wanneer Beyers aan hom gesê het dat Amcor van die opsie weet, het Van Wyk se getuienis nie deurgaans dieselfde gebly nie, soos uit die volgende passasie in sy kruisondervraging blyk:
"Het mnr Beyers u gevra wat is hierdie dokument? Ek het hom gevra of dit ter sake is in hulle besprekings en of Amcor se mense weet van die opsie en toe sê hy ja.
Wanneer het jy hom gevra? - Dit was tydens die onderhandelinge want ek wou die dokumente uitbring.
Toe hy dit aan u oorhandig, het u hom gevra wat is hierdie dokument? - Ek kon sien dit is 'n opsie-dokument.
My vraag is, het jy hom gevra? - Nie miskien in die motor nie, maar ek het hom definitief gevra, òf in die motor, òf in die kantoor, maar ek het hom gevra. Want hy het absoluut niks daarvan gesê in die getuiebank nie. - Ek kan nie daar help nie....".
Die getuienis van Van Wyk oor wat Beyers en Moodie aan hom sou gesê het, is na my mening nie oortuigend nie. Daar is ook nog die volgende oorweging: al sou Beyers en Moodie ook aan Van Wyk gesê het dat Amcor van die opsie weet, beteken dit nog nie dat hulle vir hom die waarheid vertel het of dat hulle geglo het wat hulle aan hom vertel het nie. Hulle was, soos die verhoorhof bevind het, onbetroubare getuies, en indien hulle wel aan Van Wyk gesê het dat Amcor van die opsie weet, kon hulle dit gedoen het (soos namens respondent betoog is) om die waarheid vir Van Wyk, wat 'n prokureur is, te verberg.
Met betrekking tot Beyers se getuienis dat Moodie hom vertel het dat Amcor van die opsie weet, het die verhoorhof ook beslis dat, al sou Beyers geglo het wat Moodie aan hom gesê het, sy geloof regtens irrelevant sou wees indien Amcor inderdaad nie van die opsie geweet het nie. Die geleerde regter het tot hierdie bevinding geraak op grond van wat in sekere Engelse beslissings gesê is, o.a. in Grant v. The Gold Exploration and Development Syndicate Ltd, (1900) 1 Q.B. 233, op bl. 248,waar Collins, L.J., die volgende gesê het in 'n passasie wat in die uitspraak van die hof a quo aangehaal word:
"In my opinion, if a vendor pays a commission to a buyer's agent in order to secure his help in bringing about the sale, and does not inform the buyer of the fact, he cannot defend the transaction if impeached by the buyer, who has, in fact, had no notice, by proving that hebelieved that the agent had disclosed the circumstances to his principal. I think it is clearly established that in such circumstances the buyer would be entitled to rescind the purchase...".
Die geleerde regter het verder gesê dat na sy mening "the rule is based on sound common sense", want -
"If it were otherwise, and the briber could avoid the consequences of the bribe by saying that he was informed by the agent that the payment or other benefit had been disclosed to the principal, it would be almost impossible from a practical point of view for the complaining party to prove collusion and so to obtain redress, because he normally would have no knowledge of the communications that had passed between the two."
In die lig van wat ek hierbo in verband met Beyers en Moodie se getuienis gesê het, vind ek dit nie nodig om respondent se betoog dat die verhoorregter se bevinding betreffende die reg verkeerd is, te bespreek nie.
Ad (D): Die betoog dat, selfs indien die gee van die opsie omkopery was, daar nie bewys is dat Moodie respondent beïnvloed het en hierdie beïnvloeding tot die totstandkoming van die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 aanleiding gegee het nie.
Ek het vroeër in die uitspraak daarop gewys dat die verhoorregter beslis het dat die gee van die opsie deur Beyers aan Moodie omkopery daargestel het en dat respondent op grond daarvan geregtig was om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 te repudieer, en dat dit nie vir respondent nodig was om te bewys dat Moodie hom beïnvloed het om die ooreenkoms te sluit nie. Ek het ook daarop gewys dat die geleerde regter ook bevind het dat selfs indien dit vir respondent nodig was om te bewys dat Moodie hom beïnvloed het om die ooreenkoms aan te gaan, hy dit wel bewys het. Die verhoorhof het die eerste bevinding, d.w.s., dat, by/bewys van die omkopery, respondent die ooreenkoms kon repudieer sonder om te bewys dat hy deur Moodie beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan, gegrond op Engelse beslissings waarin gesê is dat waar 'n agent 'n ooreenkoms namens sy prinsipaal met 'n derde sluit en dit bewys word dat die derde omkoopgeld aan die agent gegee het, die prinsipaal die ooreenkoms kan verwerp sonder dat hy hoef te bewys dat die agent deur die omkoopgeld beïnvloed is. Sodanige bewys is, volgens dié beslissings, onnodig omdat daar onweerlegbaar vermoed word dat die agent beïnvloed is deur die omkoopgeld wat aan hom gegee is. Daar is in twee Suid-Afrikaanse sake, nl. Davies v. Donald, 1923 C.P.D. 295 en Mangold Bros. Ltd v, Minnaar and Minnaar, 1936 T.P.D. 48, na sommige van hierdie Engelse beslissings verwys. In laasgenoemde saak het De Wet, R., bv. op die volgende passasie in die uitspraak van Romer, L.J., in die saak Hovenden & Sons v. Millhoff, 83 L.T. 41 gewys:
"If a bribe be once established to the Court's satisfaction, then certain rules apply. Amongst them the following are now established, and, in my opinion, rightly established. in the interests of morality with the view of discouraging the practice of bribery. First, the Court will not inquire into the donor's motive in giving the bribe, nor allow evidence to be gone into as to the motive. Secondly, the Court will presume in favour of the principal and as against the briber and the agent bribed, that the agent was influenced by the bribe; and this presumption is irrebuttable."
(Hierdie woorde van Romer, L.J., is met goedkeuring aangehaal in die betreklik onlangse sake Industries & General Mortgage Co. Ltd v. Lewis, (1949) 2 All E.R. 573 (K.B.D.) en Taylor v. Walker and Others, (1958) 1 Lloyd's List Law Reports 490.) McEwan, R., wys in sy uitspraak daarop dat daar blykbaar nie 'n Engelse saak is waarin gesê word dat waar 'n prinsipaal self 'n ooreenkoms sluit en dit dan wil repudieer omdat sy agent omgekoop is, hy nie hoef te bewys dat hy deur die agent beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan nie. Die geleerde regter het beslis dat die sake wat sê dat dit nie nodig is om te bewys dat 'n omkoopgeskenk aan 'n agent hom beïnvloed het toe hy namens sy prinsipaal 'n ooreenkoms gesluit het nie aangesien sodanige beïnvloeding onweerlegbaar vermoed word, die gevolgtrekking regverdig dat 'n prinsipaal wat self 'n ooreenkoms sluit ook nie hoef te bewys dat hy onder die invloed van die agent gehandel het toe hy die ooreenkoms gesluit het nie.
Mnr Mostert het betoog dat die reel wat in die Engelse sake genoem word dat 'n prinsipaal 'n ooreenkoms kan verwerp op grond daarvan dat aan sy agent omkoopgeld gegee is, beperk is tót die geval waar die agent die ooreenkoms namens sy prinsipaal gesluit het, en dat dit nie geld waar die prinsipaal self - soos in die onderhawige geval - die ooreenkoms aangegaan het nie. Waar die prinsipaal self die ooreenkoms aangegaan het, lui die betoog, moet hy bewys dat hy deur die agent aan wie omkoopgeld betáal is, beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan.
Sodanige bewys is noodsaaklik, lui die betoog, aangesien dit bv. denkbaar is dat 'n agent omkoopgeld kan aanneem en niks doen om enige invloed op sy prinsipaal uit te oefen wanneer hy 'n ooreenkoms met die omkoper sluit nie. In so 'n geval, sê mnr Mostert, sou die betaling van die omkoopgeld irrelevant wees wat die totstandkoming van die ooreenkoms betref en dus nie as grond vir die repudiëring van die ooreenkoms kan dien nie. Daar is verder betoog dat indien daar nie van 'n prinsipaal verlang word om te bewys dat hy deur sy agent aan wie daar omkoopgeld betaal is, beïnvloed is om 'n ooreenkoms te sluit nie, dit sal beteken dat hy 'n mindere bewyslas sal dra as iemand wat op grond van bedrieglike wanvoorstellings wat daar aan hom gemaak sou gewees het, uit 'n ooreenkoms wil tree. Vir so 'n verskil in die bewyslas in die twee gevalle is daar, aldus die betoog, nie regverdiging nie.
Ek vind dit nie nodig om te beslis oor die juistheid van die betoog dat die verhoorhof regtens fouteer het deur te bevind dat dit nie vir respondent nodig was om te bewys dat hy deur Moodie beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan nie, aangesien ek van oordeel is dat die hof tereg bevind het dat daar bewys is dat beïnvloeding deur Moodie tot die totstand- koming van die ooreenkoms aanleiding gegee het. (Ek sal later in die uitspraak weer na die Engelse reg en die kwessie van die repudiëring van ooreenkomste op grond van omkopery terugkeer.) Die feite spreek myns insiens so duidelik van sodanige beïnvloeding dat dit nie nodig is om die aangeleentheid enigsins in besonderhede te behandel nie. Moodie het Amcor van die begin af probeer oortuig dat hy die bemarking van sy kunsmisprodukte konverbeter deur van appellant se verspreidingsdiens gebruik te maak. Sy pogings het geslaag en albei partye het daarby gebaat. Hy het oor 'n tydperk van 2-3 jaar gereël, sonder dat enige skriftelike kontrak opgestel is, dat Amcor (eintlik Sentramark) van appellant se diens gebruik maak, en met die onderhandelinge wat uiteindelik op die sluit van die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 uitgeloop het, was hy, tot heel aan die einde, die vernaamste skakel tussen appellant en Amcor. Amcor het op 'n raadsvergadering op 27 September 1973 besluit dat respondent die ooreenkoms met appellant sou aangaan.Op daardie vergadering is twee dokumente oorweeg voordat die besluit geneem is. Die een was 'n verslag van Moodie, en die ander 'n memorandum wat deur Ramage opgestel is. In Moodie se verslag word o.m. die volgende gesê oor die sukses wat Sentramark behaal het deur van appellant se diens gebruik te maak:
"Die belangrikste sukses lê egter daarin opgesluit dat Sentramark vir die eerste maal in die Suid-Afrikaanse landbou dienste kon vestig wat misstowwe werklik grootskaals in massa hanteer. Hierdie diens word allerweë deur die boerderysektor aangeprys en skep gedurig nuwe besigheid. Op hierdie terrein het Sentramark 'n voorsprong opgebou wat AMCOR se bedingingskrag en markposisie baie versterk het."
Ramage se memorandum het 'n kort uiteensetting gegee van die "understanding" wat daar sedert 1970 tussen appellant en Sentramark bestaan het, asook van die bepalings van die ooreenkoms wat deur appellant en respondent gesluit sou word. Ramage het getuig dat sy memorandum gegrond was op inligting wat hy van Moodie gekry het, en dit is nie betwis nie. Daar is namens appellant betoog dat Kearney self graag wou gehad het dat die ooreenkoms gesluit moes word aangesien hy gemeen het dat dit vir Amcor voordelig sou wees. Kearney het dit nie ontken nie, maar hy het getuig dat sy mening gegrond was op wat Moodie aan hom gesê het en dat hy Moodie vertrou het. Die verhoorhof het Kearney geglo en na my mening kan nie gesê word dat die hof fouteer het nie.
Wat die kwessie van beïnvloeding deur Moodie betref, het mnr Mostert ook betoog dat dit nie as 'n aanleidende oorsaak van die ooreenkoms beskou kan word nie aangesien Amcor die ooreenkoms sou goedgekeur het selfs indien hy van die opsie geweet het. Die betoog is dat respondent se getuienis op hierdie punt verwerp moet word. Kearney het getuig dat indien hy tydens die onderhandelinge wat die ooreenkoms voorafgegaan het van die opsie geweet het, "I would have stopped negotiations immediately and fired Mr Moodie", en hy het die suggestie ontken dat hy die ooreenkoms as so voordelig vir Amcor (of respondent) beskou het dat hy dit sou goedgekeur het selfs as hy van die opsie of die betaling van R100 000 aan Moodie geweet het. Mnr Mostert se betoog is dat die ooreenkoms baie voordelig vir Amcor (en respondent) was, dat Amcor se besigheidsmoraal hoofsaaklik deur 'oorwegings van geldelike gewin bepaal word, en dat kennis van die opsie hom nie van die sluit van die ooreenkoms sou weerhou het nie.
Volgens die betoog is daar drie dinge wat van hierdie besigheidsmoraal van respondent getuig. Al drie punte is ook voor die verhoorhof geopper. Die eerste hiervan is die vvyse waarop respondent hom van die ooreenkoms wat op 24 Februarie 1974 aangegaan is, probeer losmaak het. Die geleerde regter behandel die aangeleentheid soos volg in sy uitspraak:
"The contract included as Annexure 'A' a schedule of the products to which it applied. Clause l(a) contained a provision that Chemfos should have the right to amend the products listed in Annexure 'A' from time to time. As I understand the position the repudiation was effected by means of a notice deleting all the items in the schedule. At the commencement of the arbitration it was conceded that that amounted in effect to a wrongful repudiation and that the defendant (as then advised) was liable for damages. According to the evidence, when the supply of fertilisers was proving to be unprofitable, the defendant made approaches to Boeredienste to terminate the contract, but without success. It then received legal advice (which proved to be wrong) that it was entitled in terms of the contract to terminate it in the way in which it did. It does not appear to me to be justifiable to describe the fact that it acted upon such advice as a 'robust business practice'".
Ek meen nie dat gesê kan word dat dit 'n verkeerdesiening van die saak is nie. Die tweede aangeleentheid waarna mnr Mostert verwys het, is die stelsel van sg. "vooruit-fakturering" wat in een stadium deur Sentramark gevolg is en wat daartoe gelei het dat die subsidiebetalings ten opsigte van kunsmis wat verkoop is vanaf 'n vroeëre datum as waarop die kunsmis gelewer is, geëis is. Dit is nie nodig om besonderhede van die praktyk hier weer te gee nie. Dit is inderdaad so dat die praktyk onreëlmatig was. Daar moet egter terselfdertyd gesê word dat toe Amcor van die onreëlmatigheid bewus geword het, hy die saak laat ondersoek het en, nadat hy regsadvies ingewin het, die stelsel gewysig het. Mnr Mostert het aangevoer dat die gewysigde reëling ook nie van onreëlmatigheid vry te spreek is nie, maar selfs indien dit so sou wees, kan dit Amcor, wat volgens regsadvies opgetree het, nouliks ten kwade gereken word. Die verhoorhof het bevind dat Amcor behoorlik opgetree het nadat hy van die onreëlmatige praktyk bewus geword het, en na my mening kan nie gese word dat hierdie bevinding verkeerd is nie.
Die derde punt wat geopper is, is dat Amcor, nadat hy van die opsie gehoor het (volgens respondent was dit teen die einde van 1979), voortgegaan het om sake te doen met 'n maatskappy waarvan Beyers en sy broer die aandeelhouers en direkteure was. Hierdie optrede toon, lui die betoog, dat goeie besigheid vir Amcor swaarder as morele oorwegings weeg. Die verhoorhof het die aangeleentheid soos volg in sy uitspraak behandel:
"It appears that the defendant has continued to do business with a company or companies of which Beyers and his brother are directors. That fact was said to give the lie to Dr Kearney's evidence to the effect that Amcor, if it had known of the bribe, would not have been prepared to do business with a person or persons who turned out to be bribers.
The force of this point, however, is lost, in my view, when the nature of the continuing business is examined. Amcor has continued to sell fertilisers to one or more of Beyers' companies against a banker's guarantee for payment. In other words the transactions are straight-forward sales, without any reliance having to be placed upon the good faith of the Beyers company concerned. That is a very different case from that where the person bribed (Moodie) was the executive director of Sentramark (the defendant's selling organisation) and was going to be directly in charge of the operation of the spreading contract, which involved the continuous rendering of services. Further- more, the contract involved placing Boeredienste in possession of stockpiles of the defendant's fertilisers over a period of ten years, for which Boeredienste had to account. That involved placing considerable trust in Boeredienste and it seems by no means far-fetched to say that one would not place that sort of trust in a person who turned out to be bribing one's employee behind one's back."
Mnr Mostert het aangevoer dat die geleerde regter se redenasie foutief is aangesien nie een van respondent se getuies te kenne gegee het dat hulle weens bedenkinge oor appellant se kredietwaardigheid nie met hom sou sake gedoen het as hulle van die opsie geweet het nie. Ek meen egter nie dat die geleerde regter te kenne gegee het dat respondent oor appellant se kredietwaardigheid bedenkinge gehad het nie. Hy het van "good faith" en "trust", d.w.s. vertroue in 'n persoon, gepraat. Ek moet sê dat dit vir my ietwat vreemd voorkom dat Amcor aangehou het om met Beyers sake te doen, maar ek is terselfdertyd nie bereid om te sê dat die verhooregter se siening van die aangeleentheid nie geregverdig is nie. Ek is in ieder geval, in die lig van al die getuienis, geensins daarvan oortuig dat die verhoorhof verdeerdelik bevind het dat respondent nie die ooreenkoms sou aangegaan het as hy van die opsie geweet het nie.
Uit hoofde van wat hierbo gesê is, is ek van mening dat appellant se aanval op die verhoorhof se feitebevindings nie kan slaag nie. Hieruit volg dat bevind moet word dat respondent die feitlike bewerings in paragraaf 2 van sy pleit op appellant se eis bewys het.
Voordat ek verder gaan, wil ek daarop wys dat wanneer ek sê dat respondent die feitlike bewerings in paragraaf 2 van sy pleit op appellant se eis bewys het, ek nie daarmee te kenne gee dat dit my bevinding is dat respondent die las gedra het om al daardie bewerings te bewys nie. Soos reeds hierbo in die loop van my bespreking van appellant se betoog oor die verhoorhof se feitebevindings aangedui is, is die posisie in die Engelse reg dat, wanneer daar bewys word dat die een party by 'n ooreenkoms 'n omkoopgeskenk aan die agent van die ander party gegee het, daar ten gunste van die agent se prinsipaal, en teen die omkoper en die agent, onweerlegbaar vermoed word dat die agent deur die geskenk beïnvloed is. Hierdie vermoede berus, volgens wat in sekere beslissings gesê word, op praktiese oorwegings rakende bewyslewering en op oorwegings van openbare belang. "A contrary doctrine", het Chitty, L.J., in Shipway v. Broadwood, (1899) 1 O.B.D. 369 gesê, "would be most dangerous, for it would be almost impossible to ascertain what had.been the effect of the bribe", en in Hovenden & Sons v. Millhoff, supra, het Romer, L.J., gesê die vermoede word "in the interests of morality with the view of discouraging the practice of bribery" deur die howe aanvaar. Ons reg ken nie 'n vermoede soos die bogemelde nie, maar oorwegings van die aard wat tot die aanvaarding daarvan in die Engelse reg gelei het, sou m.i. moontlik in ons reg regverdiging kon bied vir die beskouing dat, waar dit blyk dat een party by 'n ooreenkoms 'n omkoopgeskenk aan die agent van die ander party gegee het, hy die las behoort te dra om te bewys dat sy omkopery nie die beoogde beïnvloeding van die agent en sy prinsipaal bewerkstellig het nie. Dit is egter nie nodig om in hierdie saak 'n beslissing oor hiérdie vraag te gee nie. Mnr Mostert het, soos hierbo gesê, na my mening tereg aanvaar dat indien daar bewys van die bewerings in paragraaf 2 van respondent se pleit gelewer word, respondent se verweer moet slaag. Ek bespreek vervolgens die vraag van die regs- grondslag waarop die verweer in ons reg gehandhaaf kan word. Omkopery in die siviele reg bestaan in die praktyk meesal daarin dat iemand 'n geskenk of vergoeding aan sonder aan die agent van 'n ander persoon gee, of beloof,/dat daardie ander persoon (d.w.s. die agent se prinsipaal) daarvan weet, met die doel om die agent te beïnvloed om met betrekking tot die sake van sy prinsipaal 'n voordeel vir die skenker te verkry. Die woord "agent" in hierdie verband het.'n wye betekenis en is nie beperk tot iemand wat die bevoegdheid het om 'n ooreenkoms namens 'n ander aan te gaan nie. In Mangold Bros. Ltd v. Minnaar and Minnaar; 1936 T.P.D. 48, waarna reeds hierbo verwys is, is bv. bevind dat die respondente, wat 'n trekker en dorsmasjien van die appellant gekoop het, geregtig was om die ooreenkoms te repudieer omdat daar omkoopgeld betaal is aan 'n persoon wat deur hulle gevra was om die trekker en dorsmasjien te ondcrsoek en hulle dan te adviseer oor die vraag of hulle dit moes koop. Kyk ook die Engelse saak Alexander v. Webber, (1922) l.K.B. 642, waar die eiser 'n gebruikte motor op advies van sy chauffeur gekoop het en toegelaat is om die ooreenkoms te verwerp nadat dit aan die lig gekom het dat die verkoper heimlik vergoeding aan die chauffeur betaal het.
Om terug te keer na die vraag wat omkopery behels. In Davies v. Donald, 1923 C.P.D. 295, waarna ek reeds hierbo verwys het, het Watermeyer, R., in hierdie verband gesê (op bl. 299.):
"The cases quoted by Mr Centlivres (Shipway v. Broadwood, 1898, 1 Q.B.; Panama Telegraph Co. v. India Rubber Telegraph Works Co. 10 Ch 515; Hovenden & Sons v. Millhoff, 83 L.T. 43) seem to lay down a broad general rule that any secret benefit given by one contracting party to the agent of another with the intention of influencing his mind in favour of the donor is a bribe, which entitles the other contracting party to certain remedies against the agent and the donor ".
(Die verwysing na Shipway v. Broadwood, 1898, 1 O.B. is nie korrek nie. Die saak is in (1899) 1 O.B. 369 gedierapporteer. Die verslag van/Panama Telegraph Co.-saak is in (1875) 10 Ch. App. te vind.)
In Manqold Bros. Ltd. v. Minnaar and Minnaar, supra, op bl. 55, het De Wet, R., die volgende passasie in die uitspraak van Romer, L.J., in die saak Hovenden & Sons v. Millhoff, supra, met be- trekking tot die vraag wat 'n "bribe" is, aangehaal:
"It may, therefore, be well to point out what is a bribe in the eyes of the law. Without attempting an exhaustive definition I may say that the following is one statement of what constitutes a bribe. If a gift be made to a confidential agent with the view of inducing the agent in favour of the donor in relation to transactions between the donor and the agent's principal and that gift is secret as between the donor and the agent - that is to say, without the knowledge and consent of the principal - then the gift is a bribe in the view of the law."
In Industrial and General Mortgage Co. Ltd. v. Lewis, (1949) 2 All E.R. 573 het Slade, R., die volgende gesê (op bl. 575 G):
"For the purposes of the civil law a bribe means the payment of a secret commission, which only means (i) that the person making the payment makes it to the agent of the other person with whom he is dealing; (ii) that he makes it to that person knowing that that person is acting as the agent of the other person with whom he is dealing; and (iii) that he fails to disclose to the other person with whom he is dealing that he has made that payment to the person whom he knows to be the other person's agent."
Slade, R., het verder gesê dat "proof of corruptness or corrupt motive is unnecessary in a civil action." Hy het dit gesê op grond van die woorde van Romer, L.J., in Hovenden & Sons v. Millhoff, supra, dat "If a bribe be established to the Court's satisfaction the Court will not inquire into the donor's motive in giving the bribe, nor allow evidence to be gone into as to the motive." Volgens Slade, R., het Romer, L.J., met hierdie woorde te kenne gegee dat "once the bribe is established, there is an irrebuttable presumption that it was given with an intention to induce the agent to act favourably to the payer....". Dit is m.i. egtcr 'n vraag of Romer, L.J., so iets te kenne wou gegee het.
Hy het 'n "bribe" omskryf as "a gift ... made .... with the view of inducing the agent to act in favour of the donor ....", en gevolglik is dit nie duidelik dat hy bedoel het dat wanneer daar van 'n "bribe" bewys gelewer is, daar vermoed word dat "it was given vvith an intention to induce the agent to act favourably to the payer....".
Hierdie vraag kan egter daargelaat word, aangesien daar in die geval voor ons bewys gelewer is van omkopery soos omskryf deur Romer, L.J., in die passasie in Hovenden & Sons v. Millhoff wat hierbo aangehaal is. In die onderhawige saak is daar bewys dat die gee van die opsie deur Beyers aan respondent se werknemer, Moodie, 'n geskenk was wat bedoel was om Moodie te beweeg om respondent te beïnvloed om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 met appellant aan te gaan, en dat Moodie respondent beïnvloed het om die ooreenkoms met appellant te sluit. Volgens die reëls van die Engelse reg sou respondent die ooreenkoms kon verwerp, en ek is van oordeel dat hy dit volgens ons reg ook kan doen. Volgens die Engelse reg, soos hierbo aangedui, sou appellant skynbaar die ooreenkoms kon verwerp sonder dat bewys hoef te word dat Moodie deur die omkoopgeskenk beïnvloed is, of dat respondent deur Moodie beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan. Wat die posisie in ons reg sou wees in 'n geval waar dit nie blyk dat die agent deur die omkoopgeskenk beïnvloed is nie, of nie blyk dat die prinsipaal deur die agent beïnvloed is nie, is vrae wat nie in die onderhawige saak ontstaan nie en wat gevolglik nie beantwoord hoef te word nie. In sowel Davies v. Donald as Mangold Uros. Ltd v. Minnaar and Minnaar, hierbo genoem, wil ek hier kortliks sê, het die hof verwys na die Engelsregtelike reël dat waar 'n omkoopgeskenk aan 'n party se agent gegee is, die party die ooreenkoms op grond daarvan kan verwerp en dat dit nie saak maak of die agent deur die geskenk beïnvloed is nie. Dit blyk egter dat in albei hierdie sake die agent aan wie die geskenk gegee is daardeur beïnvloed is en, verder, dat die prinsipaal deur die agent beïnvloed is. In hierdie omstandighede sou ek hierdie sake nie beskou as 'n erkenning van die bestaan in ons reg van 'n reël soos die pas gemelde reël wat in die Engelse reg geld nie. Die grondslag waarop die Engelse reg toelaat dat 'n party by 'n ooreenkoms aan wie se agent daar deur die ander party 'n omkoopgeskenk gegee is die ooreenkoms kan repudieer, is dat die gee van die geskenk "fraud" teenoor die eersgenoemde party is. Hierdie "fraud" bestaan daarin dat die omkoper inbreuk maak op die vertrouensverhouding wat daar tussen 'n prinsipaal en sy agent bestaan deurdat hy die agent in 'n posisie plaas waar sy eie belange in stryd met sy plig teenoor sy prinsipaal kom. In Davies v. Donald, supra, het Watermeyer, R., met verwysing na sekere Engelse sake en die reël dat 'n prinsipaal 'n ooreenkoms kan verwerp as daar 'n omkoopgeskenk aan sy agent gegee is, gesê (op bl. 300):
"The reason f or the rule seems to me to be founded upon the general principle that an agent is never allowed to act in a matter, where his duty to his principal confiicts with his own interest, and if one contracting party knowingly places the agent of the other contracting party in a position, where his ciuty and his interest are in conflict, he commits a fraud upon the other contracting party, if the other contracting party is ignorant of the arrangement."
In die Panama Telesraph Co.-saak hierbo genoem, het Sir W.M. James,. L.J., gesê (op bl. 526):
"... I take it to be clear that any surreptitious dealing between one principal and the agent of the other principal is a fraud on such other principal, cognizable in this Court. That I take to be a clear proposition, and I take it, according to my view, to be equally clear that the defrauded principal, if he comes in time, is entitled, at his option, to have the contract rescinded, or, if he elects not to have it rescinded,to have such other adequate relief as the Court may think right to give him."
Dat "fraud" in die Engelse reg as die grondslag beskou word van 'n prinsipaal se reg om 'n ooreenkoms te repudieer as daar 'n omkoopgeskenk aan sy agent gegee is, blyk ook uit In re A Debtor, (1927) 2 Ch. D. 367, op bl. 376, waar Scrutton, L.J., o.m. gesê het:
"A man who is the agent of A. in a transaction between A. and B., and who also acts secretly for B. in the same trasaction, is presumed to act corruptly. Common law authorities require the Court to hold that that is a corrupt practice, and, in my opinion, the Court ought to presume fraud in such circumstances."
En ook, op bl. 377, met betrekking tot die ooreenkoms wat in daardie saak ter sprake was:
"I feel therefore that there is no difficulty in holding that there was here fraud by which the contract sued on was secured."
Kyk ook Alexander v. Webber, hierbo genoem, waarna daar in Mangold Bros. Ltd. v. Minnaar and Minnaar, supra, op bl. 57 verwys word. Dit is duidelik dat die "fraud" waarvan daar in hierdie Engelse sake gepraat word as die grond waarop 'n prinsipaal aan wie se agent 'n omkoopgeskenk gegee is, uit 'n ooreenkoms kan tree, nie dieselfde inhoud het as die bedrog waarmee 'n mens gewooniik in ons reg te doen het wanneer een party by 'n kontrak toegelaat word om weens die bedrog van die ander party ui t 'n ooreenkoms te tree nie, d.w.s., bedrog wat daarin bestaan dat 'n party as gevolg van bedrieglike wanvoorstellings wat daar aan hom gemaak is, beweeg is om 'n ooreenkoms aan te gaan wat hy andersins nie sou aangegaan het nie. (Kyk bv. Karroo & Eastern Board of Executors & Trust Co. v. Farr and Others, 1921 A.D. 413; Frost v. Leslie, 1923 A.D. 276.) "Fraud" kan blykbaar 'n baie wye betekenis in die Engelse reg hê, soos in die volgende passasie in Kerr on the Law of Fraud and Mistake (7de uitg., bl. 1) aangedui word:
"It is not easy to give a definition of what constitutes fraud in the extensive signification in which that term is understood by Civil Courts of Justice .... Fraud, in the contemplation of a Civil Court of Justice, may be said to include properly all acts, omissions, and concealments which involve a breach of legal or equitable duty, trust or confidence, justly reposed, and are injurious to another, or by which an undue or unconscientious advantage is taken of another. All surprise, trick, cunning, dissembling and other unfair way that is used to cheat anyone is considered as fraud."
'n Ontleding van die Engelse beslissihgs oor die onderhawige onderwerp toon m.i. dat die werklike grondslag van die reg wat 'n party het om die ooreenkoms te repudieer indien daar aan sy agent 'n omkoopgeskenk deur die ander party gegee is, daarin bestaan dat die reg omkopery as 'n immorele en ongeoorloofde handeling beskou en derhalwe nie toelaat dat die omkoper die ooreenkoms kan afdwing, of dat die ander party daaraan gebonde gehou moet word nie. In die lig van wat hierbo gesê is, meen ek dat, wat ons reg betref, dit nie juis is om, soos in Davies v. Donald, supra, en Mangold Bros. Ltd v. Minnaar and Minnaar, supra, in navolging van Engelse sake gedoen is, die reg van 'n prinsipaal om 'n ooreenkoms wat deur die omkoop van sy agent verkry is, te repudieer op bedrog ("fraud") te gron nie. 'n Mens moet sê, meen ek, altans wat 'n geval soos die onderhawige betref, dat die prinsipaal se reg om die ooreenkoms te verwerp, gegrond is op die ongeoorloofdheid van die metode, nl. omkopery, waarvan die ander party gebruik gemaak het om hom te beïnvloed om die ooreenkoms aan te gaan. Wat betref die partye wat die omkoopgeskenk aan die agent van die ander party gegee het, moet om 'n mens m.i. sê dat die reg hom nie toelaat/teen die wil van die ander party 'n ooreenkoms af te dwing wat hy deur middel van ongeoorloofde gedrag, nl. omkopery, verkry het nie.
Dit is in hierdie verband ook nuttig om op die bepalings van die Wet op die Voorkoming van Korrupsie, No. 6 van 1958, te let. Art. 2 van die Wet (wat wesenlik dieselfde bepalings as diá van sy voorganger, die Korruptie Verhinderings Wet, No. 4 van 1918, bevat) bepaal o.m.:
"(2) Iemand wat –
(a) in die geval van 'n agent, op korrupte wyse van iemand anders 'n geskenk of vergoeding ontvang of verkry of tot die ontvangs daarvan instem of dit probeer verkry, hetsy vir homself of vir 'n ander persoon, by wyse van aansporing of beloning vir die verrig of nalaat van 'n handeling met betrekking tot die sake of besigheid van sy prinsipaal... ; of
(b) op korrupte wyse 'n geskenk of vergoeding aan 'n agent gee of instem om dit te gee of dit aanbied, by wyse van aansporing of beloning om 'n handeling met betrekking tot sy prinsipaal se sake of besigheid te verrig of na te laat .... ; of
(c) is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met die strawwe wat regtens vir die misdryf omkopery opgelê is."
(Die "misdryf omkopery" waarna hier verwys word, is die gemeenregtelike misdaad omkopery. Die straf wat genoem word, is deur art. 1 van Wet No. 43 van 1982 ingevoer. Vóór dié wysiging was die voorgeskrewe straf 'n boete van hoogstens R2 000 of gevangenisstraf vir hoogstens 5 jaar, of beide sodanige boete of gevangenisstraf.) Volgens art. 1 van die wet beteken "agent" o.m. "iemand wat by 'n ander in diens is of vir hom optree", en "vergoeding" beteken "ook waardevolle vergoeding van watter aard ook al."
Daar kan weinig twyfel bestaan dat Moodie en Beyers se gedrag binne die bepalings van onderskeidelik sub-art. (a) en sub-art. (b) van art. 2 van die bg. wet val. Indien in ag geneem word dat Beyers 'n omkoopgeskenk aan Moodie gegee het en dat Moodie, soos deur Beyers beoog, respondent beweeg het om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 met appellant aan te gaan, beteken dit dat gedrag wat 'n oortreding van art. 2(a) en (b) van die bg. wet uitmaak, tot die sluit van die ooreenkoms gelei het. Die reg kan, na my mening, weens oorwegings van openbare belang, appellant(ten behoewe van wie Beyers opgetree het) nie toelaat om 'n ooreenkoms wat op so 'n wyse tot stand gekom het, teenoor respondent af te dwing indien hy besluit om dit te verwerp nie.
Ek kom nou by die appèl teen die verhoorhof se handhawing van respondent se teeneis. Die relevante paragrawe van die teeneis en appellant se pleit daarop is hierbo aangehaal. Die partye het vóór die aanvang van die verhoor ooreengekom dat respondent se regs- en ander professionele koste R110 870-00 bedra het. Paragraaf 3 van die teeneis, wat soos volg lui (ek herhaal dit geriefshalwe) -
"3. The said amount was incurred as a result of the aforesaid unlawful conduct of the plaintiff and in the premises the defendant has sustained damages in that amount, which the plaintiff is liable to pay to the defendant.", is in paragraaf 3 van appellant se pleit op die teeneis ontken. Die ontkenning lui soos volg:
"3. Die eiser ontken ieder en elke bewering in hierdie paragraaf gemaak, asof spesifiek weerlê."
Mnr Mostert het aan die einde van die verhoor in die hof a quo betoog dat, selfs indien respondent se verweer op appellant se eis sou slaag, respondent nie opskadevergoeding geregtig sou wees nie aangesien hy nie bewys het dat hy RllO 870-00,of enige ander bedrag, skade gely het nie. Sy betoog was - net soos in hierdie hof - dat die teeneis 'n eis ex delicto is; dat by so 'n eis die eiser kan eis dat die delikpleger hom in die posisie moet plaas waarin hy sou gewees het as die delik nie gepleeg was nie; dat die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 respondent in 'n beter finansiële posisie geplaas het as waarin hy vóór die aangaan van die ooreenkoms was, en dat die omvang van respondent se skade nie bepaal kan word as daar nie rekening gehou word met die winste wat hy vanweë die bestaan van die ooreenkoms gemaak het nie. Respondent, is daar aangevoer, het nie aangetoon welke winste die ooreenkoms vir hom meegebring het nie en gevolglik het hy nie bewys dat hy skade gely het nie, of, indien hy wel skade gely het, wat die skade beloop het nie. Die verhoorhof het hierdie betoog vanweë verskeie oorwegings nie aanvaar nie. Die eerste hiervan is dat die ooreenkoms net vir die vervoer, opberg en strooi van kunsmis voorsiening maak en dat dit twyfelagtig is of gesê kan word dat winste wat respondent met die verkoop van kunsmis gemaak het deur die ooreenkoms meegebring is.
Die tweede is dat die moontlikheid dat die ooreenkoms wel vir respondent voordelig was vanweë die groter hoeveelheid kunsmis wat hy verkoop het, "too remote" was "to be taken into account in assessing the diminution of the defendant's patrimony resulting from the plaintiff's unlawful conduct." Die derde oorweging is dat appellant nie gepleit het dat: respondent sy skade op 'n verkeerde manier bereken het deurdat hy nie die voordeel wat hy vanweë die bestaan van die ooreenkoms behaal het, in ag geneem het nie.
Ek is daarvan oortuig, soos hieronder nader aangedui word, dat appellant, in die lig van sy pleit op die teeneis, en ook in die lig van wat sy advokaat in die loop van die verhoor aan die verhoorregter gesê het toe daar namens respondent teen sekere kruisondervraging van die getuie Britten beswaar gemaak is, nie kan betoog dat respondent nie sy skade bewys het nie. Ek vind dit gevolglik nie nodig om op die ander oorwegings wat by die verhoorhof gegeld het, in te gaan nie. Paragraaf 2 van die pleit op die teeneis bevat 'n ontkenning van die bedrag van respondent se regskoste, maar daar is later - vóór die verhoor - ooreengekom dat die koste Rll0 870-00 beloop het. Paragraaf 3 van die pleit bevat 'n ontkenning van die bewerings in paragraaf 3 van die teeneis. Dié bewerings is (i) dat die onkoste as gevolg van appellant se onregmatige gedrag aangegaan is, en (ii) dat respondent daardie bedrag skade gely het. Paragraaf 3 van die pleit bevat m.i. geen aanduiding van 'n verweer dat daar, bo en behalwe appellant se ontkenning van die onregmatige optrede waarvan hy deur respondent beskuldig word, nog 'n ander rede bestaan waarom respondent nie op betaling van die'geëiste bedrag geregtig is nie. Om dit anders te stel: daar is niks in paragraaf 3 van die pleit wat aandui dat appellant die verweer opper dat selfs indien hy hom aan die beweerde onregmatige optrede skuldig gemaak het, en selfs indien respondent onkoste as gevolg van daardie onregmatige optrede aangegaan het, hy (appellant) nogtans nie verplig is om respondent vir dié onkoste te vergoed nie. As appellant beoog het om so 'n verweer te opper moes hy dit in duidelike taal gepleit het.
Daar is nog 'n verdere oorweging. In die loop van die kruisondervraging van Britten is hy in 'n stadium ondervra oor voordele wat die ooreenkoms vir respondent meegebring het en oor profyte wat respondent met die verkoop van kunsmis gemaak het. Mnr Maisels, namens respondent, het teen hierdie vrae beswaar gemaak en aan die hof gesê:
"M'lord, before my learned friend continues cross-examination of this witness, I wish to raise a point. M'lord, my learned friend, your lordship will recall, was cross-examining the witness on a document Exhibit 'G' which was handed in yesterday, which I assume was intended to show, I am not quite clear what it was intended to show, that there was a profit .... (Witness Dritten requested to leave the Court.) M'lord, if this cross-examination ... your lordship will recall the document was headed 'opsomming' and if this cross-examination was directed to show that the Defendant thought that the association with the Plaintiff would be profitable or that it was profitable and that therefore as a matter of probability, the – Moodie would have told certain persons in the Defendant's employ, or directors, of this arrangement he had with Mn Beyers, then of course there is no objection to that course of cross-examination, that line of cross-examination at all, that would tend, as I understand it, .... (inaudible) ... of probabilities. Your lordship would have observed from the pleadings, that as far as we've been able to ascertain, where there is only one defence raised, and that is that it wasn't a bribe because inter alia, it wasn't a bribe or the option, or the buying of the option and the insurance policy, there weren't bribes at all, because the defendants or certain of his officials and directors, knew of the fact that Mr. Moodie had an option to acquire those shares, to acquire an interest in the Plaintiff company. M'lord that appears quite clearly from the pleadings ".
En:
So, ... on the pleadings as they stand, the issues as we have understood them, are, was there a bribe in the sense not that the option to take up the shares was not given, not that the policy was not given, not that the R100 000 was not paid, but was there a bribe which was not known to the Defendant. That is the issue of the pleadings and M'lord if one looks at the application papers that was the defence raised ".
En ook:
"M'lord that was the defence. Now m'lord, insofar as my learned friend seeks to break down our claim that we did not know by showing that this was a profitable, or may have been profitable or was a profitable transaction or was a good thing, from our point of view, I have no objection whatsoever to the cross-examination. It's perfectly legitimate, but if there is some other purpose, some other legal defence of which we are unaware, then m'lord that's not been pleaded and if my learned friend intends making any use of it, then m'lord our submission is, if there is some other legal ground, I don't know of it, then that must have been pleaded, and m'lord I ínvite my learned friend to tell us if he stands by his pleadings as they are."
Hierop het mnr Mostert soos volg geantwoord:
"To answer my learned friend's last question first, we stand by our pleadings as they are. On the relevancy m'lord of this cross-examination the limits allowed the cross-examiner generally, may I refer your lordship to page 355 of the latest issue of Hoffmann, 3rd Edition Although it's under the title 'Cross-examination to credit', m'lord, the principle applies universally in our submission."
Mnr Mostert het toe die volgende passasie uit Hoffmann en Zeffert, South African Law of Evidence, 3de uitg, bl. 355, aangehaal. (Ek haal die passasie aan soos dit in die boek verskyn, met weglating van die advokaat se kommentaar tussenin terwyl hy die passasie gelees het.):
"Relevance to credit is a very elastic concept. A witness's credit means not only his honesty but also his powers of perception, his memory and his accuracy of narration. Judges have frequently emphasised that the parties and their representatives should be allowed a wide latitude in asking questions which may be relevant to any of these matters. Thus Trollip J A in Shatz Investments (Pty) Ltd v. Kalovyrnas (1976 (2) S.A. 545 (A) at 560), in commenting on the fact that there had been an inordinately long cross-examination that appeared to be irrelevant, remarked that 'one should bear in mind that usually a wide latitude should be afforded a defendant in presenting his defence, especially when he is confronted with a substantial claim for damages'. The cross-examiner should be allowed as far as possible to question the witness without interruption from the Court. It should not be necessary for him to indicate in advance the possible relevance of each question, since the cross-examiner may not wish to disclose this to the witness until after he has committed himself to an answer."
Mnr Mostert het verder o.m. gesê:
".... I give
your lordship the assurance ..... that the questions that I am asking
of this witness, are relevant and I do so
in the full knowledge that
I will be called upon to justify this later to your lordship when I
address you in counsel's address
I ask your lordship to allow me to
continue on the basis indicated and on the assurance that the
questions are relevant to issues
in this case."
Hierna het mnr Mostert voortgegaan en vrae van dieselfde aard as dié waarteen mnr Maisels beswaar gemaak het, gevra. Dit blyk dat mnr Maisels van mening was dat vrae oor die voordeligheid van die ooreenkoms toelaatbaar kon wees met betrekking tot die vraag of respondent die ooreenkoms sou verwerp het as hy van die opsie geweet het (soos hy beweer het dat hy sou gedoen het), maar nie, gesien appellant se pleit, vir 'n ander doel nie. Dit moes vir mnr Mostert ook duidelik gewees het hoe mnr Maisels die aangeleentheid verstaan het. In al die omstandighede moes daar na my mening 'n duidelike, open-hartige antwoord aan die hof gegee gewees het oor wat, volgens appellant, die relevantheid van die vrae van sy advokaat was. Die eerste drie sinne van die passasie wat mnr Mostert uit Hoffmann en Zeffert se werk aangehaal het, het klaarblyklik nie betrekking op die geval voor die hof gehad nie. Die verwysing na Shatz se saak in die aangehaalde passasie was ook nie ván toepassing op die saak nie. Die woorde van Trollip, A.R., wat in die passasie verskyn, is gebesig met betrekking tot kruisondervraging oor 'n som geld wat die huurder van 'n sakeperseel aan "fixtures and fittings" sou bestee het. Die bedrag was 'n item wat in geskil was tussen die partye, en die lang kruisondervraging waarvan die geleerde regter gepraat het,was dus kruisondervraging in verband met 'n punt wat ter sake was - al het dit dan ook geblyk dat sommige vrae wat gevra is nie relevant was nie. In die onderhawige geval het 'n mens met iets anders te doen, nl. kruisondervraging oor 'n punt wat nie behoorlik in appellant se pleit op die teeneis geopper is nie.
Uit die voorgaande volg dat ek van mening is dat die appél teen die verhoorhof se bevinding oor respondent se teeneis nie kan slaag nie. Uit hoofde van/die voorgaande is ek van mening dat die appèl in sy geheel afgewys moet word. Wat die koste van die appèl betref, het respondent aangevoer dat indien die appèl afgewys word, appellant gelas moet word om respondent se koste op 'n prokureur-en-kliënt-basis te betaal, insluitende die koste van drie advokate.
Met betrekking tot die betoog aangaande prokureur-en-kliënt-koste, blyk dit uit die verhoorregter se uitspraak dat hy dit op grond van veral twee oorwegings ernstig oorweeg het om so 'n bevel teen appellant te gee.
Hy het in hierdie verband gesê:
"What has concerned me mainly in this connection is plaintiff's argument based on :
(1) the allegation that the defendant was so keen on the spreading contract that it would have overlooked the/fact that Moodie had been bribed, if it had discovered that; and
(2) the allegation that the defendant's own robust business practices were such that it would have tolerated a little amount of non-disclosure by Beyers and Moodie, if it had found out about it; so that there was no necessity to disclose the bribe.These arguments, in my view, border on the impudent; and an enormous amount of time was consumed with the evidence led in an attempt to substantiate them. These considerations have almost persuaded me that costs on the attorney and client scale should be awarded."
Die geleerde regter het egter besluit om nie so 'n koste-bevel te gee nie en het gesê:
"However, after consideration of the case as a whole, I have come to the conclusion that this is not a case where the court's disapproval should be marked by an order for attorney and client costs. The trial was conducted at times with a certain degree of acrimony and on occasion exaggerated language may have been used. Issues were raised which occupied a considerable amount of time, but later turned out to be unsuccessful. It would, however, in my view, be unjustified to stigmatise the conduct of the case as having been improper. The costs will therefore be confined to costs on the party and party scale."
Respondent het voor ons betoog dat hierdie hof, ten spyte van die bevinding van die verhoorhof, sy misnoeë met die feit dat appellant na hierdie hof geappelleer het, moet te kenne gee deur die appêl met prokureur-en-kliënt-koste af te wys. Ek het hierdie betoog ernstig oorweeg, maar vind my nie bereid om daaraan gehoor te gee nie. Die verhoorregter, wat al die getuienis in die saak aangehoor het en persoonlik waargeneem het op welke wyse en in welke gees die saak voor hom gevoer is, het, ten spyte van oorwegings wat hom byna beweeg het om appellant met 'n bevel van prokureur-en-kliënt-koste te straf, ná ernstige oorweging besluit om dit nie te doen nie, en ek is nie daarvan oortuig dat hierdie hof nou, vanweë die feit dat appellant geappelleer het, verder moet gaan as wat die verhoorregter bereid was om te gaan nie.
Met betrekking tot die betoog dat respondent die koste van drie advokate toegelaat moet word, blyk dit dat albei partye by die verhoor deur drie advokate verteenwoordig is; dat albei partye van mening was dat die party wat slaag die koste van drie advokate toege- laat moet word, en dat die verhoorregter van oordeel was dat die saak vanweë sy "complexity" die gebruik van die dienste van drie advokate geregverdig het. Appellant, wat in hierdie hof deur net twee advokate verteenwoordig is, het betoog dat 'n bevel wat die koste van drie advokate toelaat, nie geregverdig sou wees nie. Ek stem hiermee saam. Die saak het by die verhoor, wat etlike dae geduur het, 'n veel groter omvang as in hierdie hof gehad. Die appèl is in één dag af-gehandel, en by oorweging van respondent se skriftelike betoogpunte en sy mondelinge betoog in hierdie hof is ek geensins daarvan oortuig dat 'n bevel wat die koste van drie advokate toelaat, geregverdig sou wees nie.
Die appèl word met koste afgewys, insluitende die koste van twee advokate.
P J RABIE
HOOFREGTER.
MILLER, AR.
HOEXTER, AR.
Stem saam.
BOTHA, AR.
VAN HEERDEN, AR.