South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 128

| Noteup | LawCite

S v Sitoe (138/85) [1985] ZASCA 128 (27 November 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

ERNESTO SITOE Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: KOTZe, MILLER ARR et, CILLIé, Wn AR
Verhoor: 22 November 1985
Gelewer: 27 November 1985

UITSPRAAK

CILLIé, Wn AR :

Die appellant is in die Suid-Oostelike Rond-
gaande Afdeling van die Transvaalse Hooggeregshof op sewe

verskillende / 2

2

verskillende aanklagte skuldig bevind. Die misdrywe was
die volgende: Moord sonder versagtende omstandighede, drie
gevalle van roof met verswarende omstandighede, die on-
wettige rig van 'n vuurwapen, die onwettige besit van 'n vuur-
wapend en van ammunisie. Op die skuldigbevinding aan moord
is hy die doodvonnis opgelê. Op een van die skuldigbe-
vindings aan roof het hy 'n soortgelyke straf ontvang. Die
strawwe met betrekking tot die ander skuldigbevindings is nie
ter sake nie want die appellant kom, met verlof van die
verhoorhof, slegs teen die twee doodvonnisse in hoër beroep.
Die gebeurtenisse met betrekking tot die
misdrywe is kortliks die volgende: Die appellant was 'n
droster uit die leër van Mosambiek. Hy het skynbaar met
die wapen wat deur die owerheid aan hom uitgereik was,

gedros .... / 3

3

gedros; dit was 'n sogenaamde Russiese AK 47. Die misdade

het hy gepleeg in die omgewing van Komatipoort waar hy die

grens tussen Mosambiek en die Republiek van Suid-Afrika

waarskynlik drie keer saam met ander oorgesteek het.
Volgens die getuienis was die eerste geleentheid toe hy in
die nag van 2 Desember, 1984, saam met 'n ander man na die

plaas Volspruit gegaan het. Langs die pad het hulle die
oorledene en twee ander mans voorgekeer. Hulle het hulle
as polisiemanne voorgedoen en om die wanvoorstelling te
versterk het die appellant 'n vuurwapen, die AK 47, te
voorskyn gehaal. Hulle het die oorledene en sy vriende
beveel om hulle bewysboeke te toon. Toe hulle die ant-
woord kry dat die boeke by die kampong gelaat is, is die
oorledene en sy vriende berispe omdat hulle sonder die

boeke .... / 4

4

boeke rondloop. Die appellant het gesê dat hulle vir
dié oortreding doodgeskiet kan word. Hy het die woord
by die daad gevoeg en die oorledene doodgeskiet. Van-
daar af is die appellant en sy metgesel na die kampong.
Daar het hulle hulself weer as polisiemanne voorgestel.
Die appellant het die inwoners bedreig en aan hulle vertel
dat hy die oorledene doodgeskiet het. Die inwoners van
twee van die kamers in die kampong is beroof. Presies
'n week later teen ongeveer middernag het die appellant en
twee ander persone die plaas, Dit Maak Saak, besoek. By
'n kamer in die kampong het hy weer voorgegee dat hy 'n
polisiedienaar was en bewysboeke gevra. Een van die in-
woners het daarin geslaag om die voordeur toe te slaan en
dit toe te hou sodat die appellant en sy maats nie kon

binnekom .... / 5

5

binnekom nie. Die appellant het toe met die wapen wat hy
weer by hom gehad het, verskeie skote op die deur gevuur.
Daar is sewe gate in die deur geskiet. Een van die inwo-
ners is in die pinkie getref. Die inwoners is met die
dood gedreig en beveel om geld deur die venster te gooi.
Dit het hulle gedoen. Die rowers het die geld opgetel
en vertrek.
Op 23 Desember 1984, dit is twee weke na die
laasgenoemde voorval, het die appellant en twee ander die
plaas "The Hippos" in dieselfde omgewing besoek. Daar het
hulle die drie oortredings wat laaste genoem is, gepleeg.
Die appellant is later in die nag deur grenswagte voorgekeer
en aangehou. Die misdrywe wat dié nag gepleeg is en die
vonnisse wat die appellant daarvoor opgelê is, is nie hier

ter .... / 6

6

ter sake nie.
Na sy skuldigbevinding in die verhoorhof
het die appellant geen getuienis afgelê of aangebied om
versagtende omstandighede met betrekking tot die moord en
die ander misdrywe daar te stel nie. Daar is betoog dat
sekere aangeleenthede, wat gemene saak was, wel versag-
tend is. Die betoog is deur die hof a quo verwerp. In
hierdie hof is daar geen bewering van enige mistasting,
wanvoorstelling of onreëlmatigheid gedoen nie, maar die
voormelde feite is in die betoogshoofde herhaal. Hulle
word nou behandel.

Ten eerste is genoem dat die appellant ty-
dens die pleging van die moord nog maar 'n jeugdige was.
Hy was egter reeds 18 jaar en elf maande oud. Tydens

die....../ 7

7

die moord en die pleging van al die ander misdrywe het hy
nie soos 'n jeugdige opgetree nie. Hy was nie onvolwasse
nie en daar is geen aanduiding dat hy onder dwang of be-
ïnvloeding of verleiding die moord, of enige van die ander
misdade gepleeg het nie. Hy was immers die een wat ge-
praat het, wat die wanvoorstellings gedoen het, wat die
eise gestel het, wat die vuurwapen in sy besit gehad het
en wat dit gebruik het. Hy het selfstandig en soos 'n
volwasse misdadiger opgetree.
Ten tweede is aangevoer dat hy 'n gebrekkige
opvoeding en opleiding gehad het en slegs tot by standerd
vier op skool gevorder het. Daar is geen getuienis van
die opleiding wat hy in die Mosambiekse leer ontvang het
nie. Geen gebrekkige opleiding is egter te bespeur by

die .... / 8

8

die misdadige kundigheid waarmee hy die moord, en trouens
ook die ander misdrywe, uitgevoer het nie. Hierdie feite
wat met betrekking tot sy opvoeding genoem is, kan nie
ter versagting dien nie.

Ten slotte is ook betoog dat die appellant
se aanval op die oorledene 'n impulsiewe daad was, "dat hy
wild en wakker geskiet het, dat hy nie presies geweet het
wat hy gedoen het tydens die skietery nie." In hierdie
verband stem ek met die volgende bevinding van die ver-
hoorregter saam:

"There is nothing impulsive about this at all.
It was a coldblooded and deliberate murder. He
went thereafter, almost immediately, and told the
other people, in order to make them fearful, (and)
that made them the readier to give up their goods,
that he in fact had murdered this man."

Soos .... / 9

9

Soos reeds gemeld het die appellant geweet wat hy doen en
het hy kundig opgetree.
Met betrekking tot die vonnis opgelê in die
moordklag is daar derhalwe geen versagtende omstandighede
wat die appellant se optrede minder laakbaar of afkeurens-
waardig maak nie. Die appèl teen die vonnis op hierdie
skuldigbevinding kan dus nie slaag nie.

Ten opsigte van die skuldigbevinding aan
roof met verswarende omstandighede het die verhoorregter
by die vonnisoplegging tereg kennis geneem van die appel-
lant se beweerde jeugdigheid en gebrekkige opvoeding.
Die verhoorregter was geregtig om by die vonnisoplegging
hierdie feite te oorweeg saam met ander moontlike ver-
sagtende feite asook met die verswarende feite wat die

Staat .... / 10

10

Staat met betrekking tot die pleging van die roof bewys

het. In die onderhawige geval het die appellant die

vuurwapen op 'n gevaarlike manier gebruik. Hy het min-

stens sewe skote afgevuur op 'n deur wat vir hom toegeklap

is en waaragter, daarvan was hy bewus, mense geskuil het.
Hy het dan ook een persoon in die vinger gewond; dit was
nie 'n ernsitge wond nie. In hierdie verband wil ek die
opmerking van die verhoorregter steun dat daar geen reël

is of behoort te wees dat die doodvonnis nie in soort-
gelyke gevalle opgelê word nie, maar slegs in gevalle
waar daar ernstige beserings veroorsaak is, opgelê kan
word. Tereg sê die verhoorregter dat die vonnisoplegger
se diskresie nie so aan bande gelê moet word nie. Na
oorweging van al die relevante omstandighede kan ek nie

sê...../ 11

11

sê dat die verhoorregter misgetas het, enige onreëlma-
tigheid begaan het of 'n vonnis opgelê het wat so onvanpas
is dat geen hof dit redelikerwys sou opgelê het nie.
Derhalwe kan die appèl ten opsigte van hierdie vonnis ook
nie slaag nie.

Die appèl word afgewys.

P M CILLIé, Wn AR

Kotzé, AR )

stem saam
Miller, AR )